Jaargang 1
3de Uitgawe 2014
Dietrich K端hn en Delouise Pretorius
Dans, dans, dans
0/14A netbal en mev. Appel
Gasvryheidstudies: Master chefs
Landloop
Mej. N Labuschagne en 0/16 hokkie
Dinamiet
3de Uitgawe - 2014
TSUNAMIE-LAND SPORT VLIEG HOOG Tsunamie Netbal Twee van ons 2014 Eerste span spelers het uitstekende prestasies behaal. ONS SPRINGBOK Amorie du Ru het as lid van die Gauteng span die SA Skole Netbalspan gehaal en sal later vanjaar op toer gaan. Ons is baie trots op jou Amorie! ONS NETBALBOKKIE Samantha Slatter is ingesluit in die Bokkkiespan. Hulle gaan ook op toer, o.a. na Malaysië en Singapoer. Baie geluk en bon voyage!
Kwartaalprogram (4e) OKTOBER 2
Matriekdans
3
Skole sluit
3-4
Landloop : S A Kampioenskappe – Richardsbaai / Durban
13
Skole Open
15
Bloedbank
16 17
Uitvoerende en Finansiële Komiteevergadering : 18:00 Bekroning: Graad 12 Matriekfunksie
20
Gr 12: RTT Prakties
21
Bekroning: Graad 8 - 11
JUNIOR NETBALSPAN BREEK KLANKGRENS Mev. Appel lei talentvolle 0/14 A’s tot nasionale hoogtes. SWEMMER VAN TSUNAMIESE KALIBER Francois Snyman (Gr. 11) het in Italië gaan resies-swem. Hy het 50m en 100m rugslag, vryslag en borsslag items deelgeneem en baie goed gevaar by Pascara en Pasaro, Italië. Hou so aan, of moet ek eerder sê, Swem, Francois, swem! Sport Redaksie, Danélle Els
Gr 12 : IT Prakties 22 - 24
Gr 12 Kuns Prakties
23
Beheerliggaamvergadering : 18:00
27
Gr 12 : Eindeksamen begin
29
Gr 8 – 11 Eindeksamen begin
30
Algemene Jaarvergadering
NOVEMBER 13
Uitvoerende en Finansiële Komiteevergadering : 18:00
20
Beheerliggaamvergadering : 18:00
27
Gr 12 – Eindeksamen eindig
HARTlike krieket voorspoed! Julle is sterre, manne!
DESEMBER 10
Skole sluit
Ciao!
Au Revoir!
Adios! !
0/16 HOKKIE MEISIES SKITTER VERBY LIGA-WEN: Julle is STERRE, van die Spur gees-aksie af, Noord! JUKSKEI-TSUNAMI Dinamika se Jukskei is altyd iets besonders. Vanjaar is daar weereens ráák gegooi en het die golf gegroei van skole-liga, verby SA Skole tot by die tsunami kruin van Sentraal en Noord Gauteng provinsiale spanne. Tydens die skoleliga het 2 meisie- en 3 seunspanne 2 goue en ‘n silwer medalje huis toe gebring. Die SA Skoletoernooi en die jukskeitoer was hope pret (en Namietrots) en die O/16 seuns het reeds gewys dat hulle ‘n golf is om mee rekening te hou. Hulle wen goud. Die jukskei trefpunt van die jaar was die tuiswedstryde teen Affies, Pretoria, waartydens seuns en meisies speel. Dinamika wen 5 uit die 6 wedstryde. Namie jukskei is TOPS! Tsunamiese gelukwense aan die Gauteng Noord (Blou Bul-) spelers: Nicje Hand, 0/19 en Zané Hand en Michelle Lerm, 0/16 en ook aan al die jukskeispelers: Julle hou Dinamika se naam hoog. Sterkte vorentoe en baie dankie vir die uitstekende jukskei seisoen. Nicje Hand
Jessica Venter tree op in die voorskou van ‘n Elvis Blue vertoning. (Trots op die sonvanger!)
REDENAARS Geagte Voorsitter, onderwysers en medeskoliere… Vanjaar se span redenaars was beslis ‘n mondvol! En as jy daar was, sou jy verstaan wat ek bedoel. Al die feite, skerp sê-goed en humor sou definitief jou dag kon maak. Soos julle weet, het ons skool van die beste onderwysers. Mevrou Ronel Marais is geen uitsondering nie. Sonder haar sou ons sinne en praatjies futloos gewees het. Drie van ons skool se spanne het deelgeneem aan die Suid-Gauteng spanredenaars kompetisie. Die senior prestige span was: Nico Walker, Arnu van Wyk en Lindie Janse- van Rensburg. In die Senior span was: Suryka Pretorius, Nicje Hand, Morné Ritz en Danelle Els. Die junior span, Bella Breytenbach, Gina Adendorf, Antoinette Bezuidenhout en Nikki Banks het goed gevaar met 74%. “Ek was bevoorreg om `n lid van die graad 11 span te wees.Die Auf onderwerp van ons toespraak Wiedersehn was tyd… elke ding het `n vaste ! tyd, soos Prediker 3 so mooi stel.” Morné Ritz
OP JULLE MERKE… GEREED… LANDLOOP … en daar hardloop Antoinette Bezuidenhout (0/14)) vir Dinamika ‘n distrikskampioenskap los! Om net te dink aan landloop maak sommige van ons al klaar moeg. Dit is ‘n sport wat meer as harde werk verg: vasbyt, deurbyt en glo in jouself is die wenresep. Ander uitblinkers by die Alberton Dam distrikskampioenskappe is: Melissa van den Berg, O/16 en Morné Ritz, O/17. GELUK, JULLE! Morné Ritz.
ToodleDoo!
`n Oomblik terug in tyd…. Jy het die ruimtetuig terug in tyd verpas, maar die graad 11 Lewenswetenskapklas kan jou inlig oor hul pre-historiese reis van 26 Junie 2014. Ons het vir die dinosourusse, wat by die Sandton Convention Centre op uitstalling was, gaan kuier. Die lewensgrootte, bewegende ondiere, wetenskaplik rekonstrueer, was ‘n biologiese belewenis! Ons wil baie dankie sê aan juffrou Schroeder, wat die uitstappie gereël en dit moontlik gemaak het. Dit was werklik groot pret. Baie dankie aan Robert en oom Piet wat ons heel vriendelik daarheen vervoer het ! Suryka Pretorius
Dinamiet groet mevrou Madelein Young, wat na KwaZulu Natal verhuis: Baie dankie vir baie dinge en mooi wense vir voorspoed en geluk. Omtrent elke liewe Namie in die skool het op ‘n stadium ‘n draai in die Teg-klas gemaak!
Aan die matrieks: “Wees gegroet, Grotes.” Bladsy 2
Dinamiet
3de Uitgawe - 2014 RUILHANDEL?
Onnies in Namieland Spesie #1 Darth Vader Hierdie onderwysers is baie eentonig. Al wat hulle doen is Skree. As periode een jou dag begin met Darth Vader, gaan jy heel waarskynlik @ 12 voel asof jy ook uit Dagobah moeras gesleep moet word. May the force be with you! Spesie #2 Die Kleurpotlood Daar is 500 posters op hulle mure, hulle klaskamers is so helder soos ons reënboog nasie. Jy voel soos 'n Picasso as jy in die klaskamer inloop en jy voel na musiek of om sommer ‘n Joie De Vivre (Die Vreugde van Lewe) rock opera in Afrikaans te komponeer. ‘n Perfekte afsluiting van die dag.
Spesie #3 Die Babbelkous Hierdie onnie praat hopeloos té veel en jy hoor te veel van die boetie en die ouma se agterkleinkind. Elke storie is dramaties en asemrowend ennnnn uitputtend. Spesie #4 Die People-Pleaser Die persoon het duisende van die beertjies met die '#1 teacher' en 'Best Teacher in the World' op. Almal hou van hierdie onnie en maak nie saak watse vak hier gegee word nie, jy sal hard werk. Spesie #5 Die Chill-Factor Hy / sy sit heeldag (nie dat jy kla nie). Net die werk word gedoen en die res van die tyd word gerus. Duidelik doen die onnies in Dinamika die Muse, die Jedi Meester of die onderwys-ding wat hulle doen , baie goed, want soos elke kwartaal, blink die Namies uit: Die akadimaikis ploiarchos (dit is Grieks vir akademiese uitblinkers) is:
Catrin Julia Hefel, een van die nuwe leerlinge by Hoërskool Dinamika, is ‘n uitruilstudent van Oostenryk en sal vir ‘n jaar in Suid Afrika wees. Interessante feite oor Catrin: Taal: Duitse dialek Ouderdom: 17, verjaar 29 Augustus Vakke: Kuns Toerisme Gasvryheidstudies Dag van aankoms: 7 Augustus 2014 Dag van vertrek: 20 Junie 2015 Gunsteling aktiwiteit: Ski, draf, bergfietsry, swem Sy hou daarvan om te: Reis, eet, inkopies te doen, te ontspan en fliek. Hoekom Suid-Afrika: Sy wil ‘n nuwe taal en kultuur leer en die land beleef uit ons oogpunt. Sy hou ook van die diere. Wat is anders?: Huise is omhein Hier is geen sneeu in die winter nie. Skooluniforms Al die reëls Sy kan hier vakke kies. Wat sy dink van Afrikaans: Dit is moeilik om uit te spreek en anders, veral die letter ‘g’ Duitse woorde: Ich liebe dich →Ek is lief vir jou Gruazi →Hello Auf Wiedersehen→Tot siens Liori Louw
Melandré van Lill
Leiers van Formaat Op 15 Augustus het die spanning hoog geloop onder van die graad 10 en 11 leerders. Die dagbestuur vir 2015 is aangekondig. Baie geluk aan volgende jaar se leiers. In 2014 is hoë standaarde gestel en daarop moet voortgebou word. Dian Vermaak en Nerisha Williams neem die leisels oor. Die dagbestuur het ‘n leierskamp by Konka bygewoon. Dit was darem nie net "all work and no play" nie. Hulle 'n inspirerende tyd gehad. Hulle het geleer om as 'n span saam te werk en hoe om uitdagings te hanteer. Dan was daar die hindernisbaan waar hulle deur die ottergat moes gaan. Definitief 'n ervaring vir die meisies, maar ook vir die seuns. As 'n groep het hulle nader aan mekaar gegroei. Die gesellige atmofeer deur die kamp het ook baie grappies en goeie herinneringe voortgebring wat ons vir altyd sal onthou. Die dagbestuur gaan al die kennis van die kamp gebruik om die skool vir almal 'n aangenamer plek te maak. Dankie aan mevrou Spies en meneer Schutte vir die ongelooflike ervaring. Ons neem afkeid van die ou dagbestuur en dank hul vir die bydrae wat hulle regdeur die jaar gelewer het. Sterke aan die nuwe dagbestuur met hul taak wat voorlê. Lindie Janse van Rensburg English Festival 2014 Hierdie jaar se ‘Gauteng 1 English Festival', wat jaarliks deur die Grahamstown Foundation by WITS aangebied word, is deur agt graad 11 leerlinge bygewoon. Uzanenkosi Mahlangu, skepper van die drama InterSEXions, vertel in ‘n motiveringsrede hoe kreatiwiteit sy lewe al beïnvloed het. Van die werkswinkels wat aangebied is, was 'Drumming', 'An intro to journalism', 'Vocal Aerobics', 'Dance', ‘Working with Film' en nog vele meer, wat deur bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars gelei is. Die kunstefees is perfek vir enige iemand wat belangstel in die kunste, of dit nou as loopbaan of as stokperdjie is. Ons het ander insigte rakende die skryf van Engelse en selfs Afrikaanse opstelle gekry, oor die verstaan van klaswerk, ‘n begrip vir ander kulture en heerlike interaksie met ander graad elfs ondervind. Die toneelstukke was uit die boonste rakke. Dankie aan mevrou de Kock wat hierdie geleentheid moontlik gemaak het en elke dag saam ons geniet het en veral aan mevrou de Beer wat ons kwart oor vyf soggens help karwei het en vir Robert, wat met begeesterde passasiers die verkeersknope moes oorleef. Ons hoop om volgende jaar meer leerlinge wat Dinamika verteenwoordig daar te sien . El-mè Raubenheimer.
Stap vir stap gids: Hoe om 'n taak te voltooi. 1. Sit op 'n regop, gemaklike stoel in 'n goed verligte vertrek met voldoende suurstof. 2. Lees die opdrag aandagtig deur en maak seker dat jy dit verstaan. 3. Maak koffie, wat jou help om te konsentreer. 4. Bel jou vriend en hoor of hy al begin het: -indien nie, kyk 7de laan (maak seker hy kyk ook 7de laan). -as hy wel begin het, eet iets wat jou gaan help om te konsentreer. 5. Na 7de laan, sit op 'n regop, gemaklike stoel in 'n goed verligte vertrek met voldoende suurstof. 6. Lees jou opdrag aandagtig deur en maak doodseker dat jy dit verstaan. 7. Eet. 8. Bel jou vriend en ruil jou gevoellens oor die taak uit, en lewer kommentaar oor Suid-Afrika se ekonomie. 9. Maak koffie wat jou gaan help om te konsentreer. 10. Sit op 'n regop, gemaklike stoel in 'n goed beligte vertrek met voldoende suurstof EN BEGIN!!! Clarissa Bellinghan
Bladsy 3
Dinamiet
3de Uitgawe - 2014
Die vlug vertrek … Dames en Here, baie welkom op Vlug Namies 2014. Maak assebelief u sitplekgordel vas en geniet die vlug saam met ons…” So begin Hoërskool Dinamika se onvergeetlike reis om die wêreld. Na maande se harde werk, laataand-oefeninge, baie trane, van lag - en soms ook van frustrasie - het ons uiteindelik dίe meesterstuk op die planke gebring. Die ‘oefenkamp’? Wat `n lekker naweek! Ons het die Vrydag, toe die skool sluit, begin en die hele naweek hard geoefen. Die kos was baie lekker, dankie tannie Amanda! Ons het omtrent ons vingers afgelek. Die Saterdag laat-aand, nadat GEOEFEN is, het al die pret begin… Elke groep moes `n kreet maak. Ons het die lantern bekruip en die onderwysers mal gemaak tot 2 uur die Sondagoggend! Dié wat saam met my deelgeneem het, maar ook die toeskouers , sal saamstem dat dit beslis ‘n hoërskool -hoogtepunt was: vol pret en spesiale herhinneringe. Baie dankie aan almal wat bygedra het tot die sukses van die revue, veral die ondersteuners. `n Heel groot dankie aan elke ouer, wat ons rondgery het en soms gepamperlang het. Maar die trofee van die revue gaan beslis aan die MAMMAS van die revue groepe: Groep 1, juffrou Van Wyk; groep 2: juffrou Bouwer; groep 3: mevrou van der Mescht en groep 4, Mevrou Schutte. Dankie vir al julle moeite en bydrae tot `n onvergeetlike belewenis. JULLE is die ware SUPERSTARS. Chantelle Weerheim
WERK MAAK STERK EN RUS ROES
Verveeld (en vervelig), nou dat jy nie meer revue oefening het nie? Hier is 10 dinge om jou te help: 1. Gooi ses lepels suiker in jou koffie een korrel op `n slag… 2. Tel hardop al die sekondes in `n volle dag. 3. Laat iemand `n naald in `n hooimied wegsteek sodat jy dit kan soek. 4.Lees elke naam en nommer in die telefoonboek. 5. Maak `n lysie met 50 woorde wat met `n ‘h’ begin en gebruik hulle daarna in een sin 6. Spel die hele dag lank, letter vir letter, alles wat jy sê. 7. Moenie roer nie! Kyk hoe lank jy tjoepstil kan lê. 8. Skryf die hele Lord of the Rings in jou dagboek oor. 9. Sing al jou gunsetling liedjies agterstevoor. 10.Gaan doen tog maar jou huiswerk Of wag….nee… Dis mos nou `n simpel idee! Clarissa van Rooyen
Ek sal nooit vergeet toe my seun in graad 8 by die huis kom en vertel dat sy Afrikaanse juffrou, me Marais sê: “Werk maak sterk en rus roes” nie. Hierdie gesegde het by my en ook by my huis vasgesteek en een van ons lewens “motto’s” geword. Sien dit sal lekker wees om super slim of ‘n absolute sport frats te wees. Dit sal die lewe vir my baie makliker maak as ek ‘n volwassene is eendag. Ek behoort vinnig ‘n graad te kry, ‘n goeie werk te kry met redelik baie geld en lekker te kan lewe. Die probleem is net dat dit net met ‘n baie, baie klein persentasie van die samelewing gebeur. Seker 90 – 95% van die samelewing is gewone gemiddelde mense. Hierdie mense kan ook ’n goeie toekoms hê. Hulle moet net een ding doen en dit is hard werk. Ons sukkel egter met baie kinders op skool wat niks wil werk nie. Die rede daarvoor is seker ook nie eenvoudig nie, maar in baie gevalle hoor ek dat hierdie kinders se ouers alles vir hulle by die huis doen. Hulle doen dit omdat hulle vir hulle lief is en vir hulle ‘n makliker en beter lewe en toekoms wil gee. Ongelukkig het dit die teenoorgestelde uitwerking op ons kindertjies as wat die goed bedoelende ouers beplan het. Hierdie kindertjies word net al hoe luier en na ‘n rukkie wil hulle niks meer doen nie. Kinders moet by die huis werk soos tuin of huis skoonmaak, skottelgoed en kar was. Ja, pappa en mamma kan hulle ‘n geldjie daarvoor betaal en dit hoef nie ‘n strafkamp te wees nie, maar hulle moet WERKSETIEK by die huis leer. Werksetiek is iets wat kinders by hulle ouers moet leer en dit behoort oor te spoel na die skool toe waar hulle dan huiswerk, leer-werk en portefeulje-werk sal doen. Onthou ook, werk is nie ‘n straf op die sonde alleen nie. Al in Genesis 2 : 5, nog voor die sondeval, het God al beplan dat die mens moet werk en so kreatief en gestimuleer moet word. “Want die Here het dit nog nie op die aarde laat reën nie, en daar was nog nie ‘n mens om die grond te bewerk nie.” Doen hulle ‘n guns mamma en pappa : “Gee vir hulle werk”, want werk maak sterk en rus roes!!! CHRIS VAN DER SCHYF
Bladsy 4