Dinamiet 4 fin

Page 1

Jaargang 1

School’s OUT scream and shout…

Dit is hoe namies Rugby ondersteun


Dinamiet

4de Uitgawe 2014

Namies braai met

“eishh”

Op 3 Oktober 2014 het die Dagbestuur van 2014/15 se sosiale komitee ‘n braaidag op die planke gebring.

4 GOLDREEF CITY kaartjies is uitgeloot Baie geluk aan Marius Cordier wat die Gold Reef City kaartjies in sy sak kon druk…

Hoërskool… ‘n nuwe avontuur. Ek het nooit verwag dat dit so sou wees nie! Die onderwysers en kinders is so anders as by die laerskool. Hier is ‘n paar ‘tips’ om jou graad 8 jaar te oorleef.  Jy sê Ja vir als wat die ‘onnies’ jou vra.  Bly positief, hou jou kop hoog en moenie jou steur aan rondloop stories nie.  Kies die regte vriende, en omring jouself met mense wat jou gelukkig maak.  Maak seker jou take is betyds in. Werk hard. Werk slim.  Moenie jou probleme iemand anders s’n maak nie. Dit is basies hoe ek die jaar oorleef het. Die belangrikste van alles is GENIET dit, ‘just go with the flow’. -Mariska Joubert P.S. Ek hoor die geheim in graad 9 is om jou energie te bestuur en as jy ‘n glips begaan: erken dit, vra ekskuus en ‘move on, bru.’

Die graad 8’s van ons skool is baie entoesiasties. Simion en Zamion van Staden het glad nie “stage fright” nie. Hulle danspassies het ons asems weggeslaan.

`n Meisie is n komplekse spesie en soms speel sy moeilik om te kry (hard to get) maar ná die berig weet ek sommer dat julle maklik `n ‘date’ vir die Desember vakansie sal ‘vang’…

Riglyne om te volg:  Die eerste indrukke is definitief die belangrikste!  Maak seker jou hare is netjies gekam en dat jy jou tande twee maal geborsel het.

Ons skool se onnies is beslis die beste!

“ALS ice bucket challenge” Ons het ander skole in die omgewing nomineer! Baie dankie aan AL die deelnemers…

Dit was AWESOME!

Mev de Kock

Mnr Vollaard

Mnr de Wet

Juf Bouwer

Mev Barnard

Die dag was baie lekker en ons almal het dit baie geniet. -Nicje Hand

Bladsy 2

 Studies bevind dat meisies baie van komplimente hou en as jy so ‘n paar kan inkry voor jy haar op ‘n ‘date’ vra sal jou kanse vir haar om ja te sê met 95 persent verbeter.  Dit is noodsaaklik om jou woorde goed deur te dink en dit ‘n paar keer voor die spieël te oefen. Meisies hou van ouens wat goed reguit kan sê.  MOET NIE staan en hakkel of woorde verkeerd uitspreek nie. Moenie jok nie.  `n Bos blomme of `n boks sjokolade sal haar hart laat smelt.  Beplan julle aand strategies en maak seker dat dit foutloos sal wees.  Gooi `n knipoog of twee ook in die ‘deal’ net om die vissie in die vangnet te skep! Waar daar `n wil is, is `n weg. Waarvoor wag jy? Jou droommeisie wag vir jou. ~Morné Ritz


Dinamiet

4de Uitgawe 2014 TYD VIR ‘N BIETJIE PRET… Vreemde vrae… vreemde antwoorde

Oukei, wees nou eerlik: lyk ek vet in die kleure?

1) Indien Meneer die kans gehad het om vir een dag terug te gaan in tyd, na Meneer se gunsteling ouderdom toe ... Wat sou dit wees en hoekom die spesifieke jaar?

Partye dae wil ‘n mens by die huis wees, maar dit raak stil en mens voel alleen. Hier is ‘n paar goed waarmee jy jou kan besig hou: 1. Loop heel vakansie op jou tone, sodat jy kuite soos Chandré Pretorius s’n kan kry. 2. Ontwerp vir jou ‘n nuwe skooltas, een waarvan net jy sal hou. 3. Doen ‘n bietjie wiskunde, werk vraestelle uit en leer jou familie hoe om TRIG te handhaaf. 4. Gaan loop rond en tel al die huisnommers in jou straat bymekaar. 5. As jy alleen by die huis is, haal jou pa of ma se kar se enjin uitmekaar en kyk of jy hom reg kan terugsit. 6. As jy moeg raak vir dieselfde ou, vervelige huis, maak ‘n paar veranderings, soos verf die yskas ‘n kleur van jou keuse, maak ‘n unieke kunswerk teen die muur of ruil jou en jou ouers se kamers om. 7.Toets ‘n bietjie wie in die huis se foon of skootrekenaar is waterdig, skryf dan ‘n verslag … asook jou testament daarna. 8. Maak al jou pa of ma se kleingeld bymekaar en koop vir julle ‘n nuwe troeteldier soos ‘n muis of hamster. Waar is ek? 9. Lees ‘n bietjie meer oor die land se geskiedenis. Jy sal my nie glo nie. 10.Laastens, was jou ma se sitkamerstel met JIK. Ons hoop hierdie ‘tips’ gaan gebruik word. Gedra jou gedurende die vakansie en geniet dit. - Michael Botha en Nicje Hand

“16. Ek was 16 in matriek en die HOOFMEISIE het my gevra om saam met haar matriekafskeid toe te gaan. In daardie tyd, as `n ou saam met ‘n meisie gegaan het was hy `n “moffie” toe se ek maar NEE. Tot vandag toe is ek spyt want ek droom so af en toe nog oor wat sou gebeur het as ek ja gesê het. ” -Mnr Coetzer 2) As Juffrou vernoem kon word na ‘n land/stad/dorp, watter land sou dit wees en

hoekom?

“New York, die stad wat nooit slaap nie.”

ding om geld op te spandeer? “Beslis geskenke vir ander. Dis vrek lekker om vir ander te gee. ’n uitverkoping kan ook deurgaan as my absolute swakpunt!” -Mev Schutte 4) As Jufrou in die geskiedenis kon terug gaan en een persoon kies om hom/haar ‘n vraag te vra… wie sou dit wees en wat sou Juffrou die persoon vra? “Moeder Theresa, hoe het u nooit moeg geword om aan te hou en uit te hou nie?” -Mev Barnard 5) Indien Juffrou die kans sou kry om weer ‘n beroep te kies, wat sou dit wees? “ ‘n Kleuterskool onderwyser? Indien dit nie werk nie… Wiskundige administratiewe werk. Iets met syfers te doen.” -Mev Tomes 6) Indien Juffrou ons ouderdom was, by watter onderwyser sou Juffrou wou klas kry en hoekom? Let wel… die teenoorgestelde geslag) “Ag nee. Die teenoorgeslelde geslag…die mans is net goed met sportafrigting. Wat van mnr de Kock? … Ja beslis mnr de Kock, want hy is sag op die oog. Hy mag maar ‘n kort broek ook dra… ek is ‘n kuite-vrou!” -Mev R Marias 7) Wat verkies Juffrou…Juffrou se groottoon wat jeuk terwyl Juffrou toe skoene aanhet of iemand wat juffrou aanhoudend kielie? “Iemand wat my aanhoudend kielie. As dit die regte persoon is…is dit lekker…!” -Juf Lambrecht 8) Meneer se gunsteling speelding uit Meneer se kinderdae? “Karretjies… nee. As dit gebreek het kon ek dit nie weer regmaak nie. Dalk ‘n rugbybal? Nee wag… Dan was ek verantwoordelik vir die gebreekte vensters. Dan sal dit maar lego’s moet wees… dit het my kreatiewe brein ontwikkel!” -Mnr. De Wet 9) Wat is die vreemdste gebeurtenis wat Meneer nog beleef het vandat Meneer begin skoolhou het? “Daar is so baie, maar ek dink as ek die mees onlangste een kon noem… ‘n dogter stap in my kantoor in, in ‘n toestand en baie ontsteld, met ‘n toiletdeksel in haar hand. Sy het dit per ongeluk gebreek en dit goed gedink om te kom verskoning vra… met die stukkende toiletdeksel en al!” -Mnr Vollaard 10) Wat is Meneer se gunsteling midnight-snack ? “Ek het nie so iets nie… ek eet wat ook al die yskas my bied…!” -Mnr Schutte ‘n Vraag vir jou: -Chantelle Weerheim

Bobaas kolwers in Tsunami-land Namies se eerste krieketspan het ‘n besondere wedstryd gehad teen Leeuwenhof Akademie. Hulle het ‘n total van 452 lopies geslaan. Die beste kolwers was Marko du Toit met ‘n telling van 215 (nie uit nie) en Oliver Hart met 153 (nun), ‘n vennotskap van 399 lopies! Leeuwenhof Akademie is vir 128 uitgehaal. Namies is trots op julle. Julle het ons uit die park geslaan met die goeie wen! -Danelle Els

En so het nog 'n jaar sy dinges gesien

Dit is die einde van die jaar en al wat jy nou het is jou finale raport (hopelik is daar 'n happy-ending vir ons almal) dan is dit kersfees en dan die nuwe jaar. 5...4...3...2...1...HAPPY NEW YEAR!!! En soos wat jy vir die verblindende vuurwerke kyk, besef jy dat jy dankbaar is vir die jaar wat verby is. Jy is tot dankbaar vir die plastiek kersboom en jou gatvlieg niggie met wie jy kersdag opgeskeep gesit het! So, geniet elke oomblik. Elke dag is nog 'n uitdaging. Probeer net jou bes, en vergeet van die res! Sien julle volgende jaar. -Melandré van Lill

→Kies: Jy’s lelik maar jy kan vir ewig lewe… of jy is mooi en jy lewe net ‘n jaar? →Sou jy eerder slim en lelik of mooi en dom wou wees?

Die MatriekAfskeid was weer eens een van die hoogtepunte van die skooljaar. Van diamantè, glitter, oorbelle, haarsproei, grimering, krulle, naels en nog naels het almal mooi gelyk. Tot die onderwysers was aan getrek vir die rooi tapyt. Elke paartjie het definitief by mekaar gepas, elk met n glimlag. Elke meisie het soos n prinses gelyk met haar prins aan haar sy. Daar was karre wat gebrul het soos nooit tevore nie en ‘n was ‘n vertoning in die kleine . Gelukkig het niemand geval nie. (Dit sou nou vir jou n tameletjie gewees het.) Die aand was ‘n sukses. Die kos was lekker en die atmosfeer iets om te beleef. ‘n Onvergeetlike aand. Dankie aan mevrou Feenstra! Ons is bly almal het veilig by die huis gekom na hulle BAIE L-A-NG AAND wat tien teen een ook n L-A-N-G OGGEND geword het. Ons (Graad 11 dogters) het definitief n paar idees gekry oor wat om volgende jaar te doen en nie te doen nie! Ons mikpunt: Almal moet snak na hulle Asems! -Liori Louw

Bladsy 3

-Juf Calitz

3) Wat is Juffrou se gunsteling

‘Pick up lines’ wat jou kan help om dalk voor die vakansie ‘n kêrel of 'n meisie aan jou sy te hê:  Hou jy van krieket? Want jy’s ‘n ‘keeper’!  Is jy moeg? Want jy hardloop heeltyd in my drome rond.  Was jou pa 'n bokser? Jy’s 'n ‘knock-out’!  Is jy ‘n kamera? Want elke keer as ek vir jou kyk ‘smile’ ek.  Is jy Google? Want jy’s alles waarna ek soek. ‘Pick up lines’ om te vermy: o Is jou Bluetooth aan? Want ek voel 'n konneksie. o Was dit seer toe jy uit die hemel geval het? o Het jy vir my 'n pleister? Want ek het my knieg geskraap toe ek vir jou geval het. -Lindie Janse-van Rensburg


Dinamiet

4de Uitgawe 2014

1e KWARTAAL 2015 Sport

Kultuur

Rugby →Ricardo Steenkamp speel Goue Leeus

Kunswedstryd →177 diplomas - itemwenners Redenaars

Swem →2 leerders is deel van SA’s en die Direkteure span Atletiek →7 atlete neem deel aan die Gautengkampioenskappe

→ ATKV →2 deur na semifinaal Revue

Netbal →wen sportreeks →0/14's behaal 2 e plek in Gauteng →3 Gauteng netbalspelers →SA skole netbalspeelster Hokkie →3 spelers is gekies vir Oos-Gauteng span

-Me Spies Koerant Dinamiet gebore

Landloop →3 Landloopatlete dring deur na Gauteng Kampioenskappe →Antionette Bezuidenhout wen Alberton Distriskampioenskappe Noodhulp →3 leerders vorder tot by vlak 3

Akademie →Top 10 van elke graad word aangekondig →Top 20 geniet ‘n genotvolle kuier-aand by Harvard Café

Sosiaal

Braaidag →"Ice-bucket" -challenge Dagbestuurbal Dagbestuur 2014/2015

The words GOOD BYE have within them the word GOOD because no matter how bad a good-bye might feel, always appreciate the good that once was, the good that’s left behind and the good to come. Dinamika groet mnr de Waal, mejj Godsil, Bouwer, Calitz, Laryn Labuschagne en mev Knoblauch. Danke schön. Via con Dios. Aan die matrieks van 2014 ook: Wees gegroet, grotes.

Meeste van ons is bang vir die magie wat ons dalk kan optel die vakansie met al ouma se lekker bederfies. Hier is `n program wat jy kan volg om te voorkom dat Ouma se lekker kos op die heupe gaan sit en dan kan Ma ophou kla dat sy moet groter klere koop:

Warm op vir ten minste 5 minute voordat jy begin oefen. As jy reeds fiks is kan die program aangepas word. Program: Stasie

Oefening

Tydsduur

1. Bors en arms

Push-ups

50-75

2. Aërobies

Draf

60 sekondes

3. Boude en bobene

Lunges

50-75

4. Aërobies

Trappe klim

60 sekondes

5. Skouers

Lig gewigte sywaarts op tot

100

skouerhoogte 6. Aërobies

Touspring

60 sekondes

7. Bobene en boude

Hurke (squats)

50-100

8. Aërobies

draf

60 sekondes

9. Bo-arms

Trisep dips

50-75

10. Aërobies

trapklim

60 sekondes

11. Kuite

Staan op jou tone op ’n

150

trappie en laat sak jou hake. Op en af.

Bladsy 4

Touspring,

16 17 20 21 – 24

“2014…hoendervleis lekker.”

GOOD-BYE

12. Aërobies

13 14 15

60 sekondes

Suryka -Suryka Pretorius

26 – 29

JANUARIE 2015 Gr 8 l Atletiekuitdunne / Waterspele Skole open Gr 12 : Oueraand Gr 8 : Verrykingsklasse Gr 8 : Diagnostiese Toetse Krieket : 1stes & 0/15 (Crawford) Krieket : 0/14 Atletiek : Interhuis Graad 8-kamp Krieket : 1stes (KDL) Krieket : 0/15 (Bye) Krieket : 0/14 - Johannesburg Liga Noodhulp : Prysuitdeling Gr 8 : Verrykingsklasse oefen vir Groentjiekonsert

31 31

Gr 9 – 12 : Bekroning (Akademies) Gr 7 : Akademiese aand Atletiek : Vriendskaplik (UJ Stadion) Gr 8 : Diagnostiese Toetse Krieket : 1stes & 0/15 (De La Salle) Krieket : 0/14

2-4 5 6 7

FEBRUARIE 2015 Gr 8 : Groentjiekonsertoefening Groentjiekonsert Atletiek te Goudrif (slegs atlete) Krieket : 1stes & 0/15 (Roodepoort)

28 29 30

7 10 11 11 – 13

Krieket : 0/14 Atletiek : Prestige Byeenkoms Atletiek : Top 15 UJ (slegs atlete) Gr 9.1 : Veldskool

12

16 - 18

Gr 8 : Kleure-aand : oorhandiging van baadjies Krieket : 1ste (Florida) Krieket : 0/15 (Hydepark) Krieket : 0/14 Gr 9.2 : Veldskool

17 18 – 20

Atletiek : Alberton Inter Gr 9.3 : Veldskool

19 21 23 - 25

Atletiek : Groter Alberton Krieket : 1stes & 0/15 (Redhill) Krieket : 0/14 Gr 9.4 : Veldskool

25 – 27

Gr 9.5 : Veldskool

28

Borge-aand Krieket : 1stes & 0/15 (Leeuwenhof) Krieket : 0/14

14

2 2–4 7 12 14 21 25

MAART 2015 Gr 8 – 12 : Toetsreeks begin Gr 9.6 : Veldskool Sportreeks : Bergsig Beheerliggaamverkiesing Sportreeks : Jan Viljoen (Tuis) Menseregtedag Sportreeks : Ligbron Skole Sluit

Dinamiese onderwysers maak mocktails… Skool is nίe vir sissies nie! Daarom het die Dagbestuur 2014/2015 besluit: 28 Oktober is Mocktail (cocktailsonder-alchohol)–dag! Die onderwysers, opgedeel in 7 spanne, moes hul kreatiwiteit inspan en ‘n mocktail aanmekaar slaan met die bestandele tot hul beskiking. (Roomys, sjokolade sous, appels, piesangs,pynappel ens). Die smaak, spanwerk en die algehele ‘display’ van die mocktail is maar net ‘n paar van dinge waarna die beoordeelaars gekyk het. Baie geluk aan die oranje span, wat wegge-’mock’ het met eerste prys. Baie dankie ook aan die onderwysers, leerders sowel as die Dagbestuur wat hand by gesit het en sodoende ook bydra tot die skool se gees. Ons maak weer so! -Chantelle Weerheim

“Advanced Driving” Verlede naweek kom haal my vriend Roelf vir my en my seun, Tiaan, vir ‘n toetsrit. Hy werk vir BMW en stop by ons huis in ‘n splinternuwe M750, silwer, vier-deur-sedan. Ek is soos ‘n klein seuntjie! Sedert die fliek “Transporter” is ek verlief op die R1 400 00 se vuurwa. Ons spandeer seker ‘n uur by ons huis dat hy vir ons al die tegnologie kan verduidelik. Ja, hy kan homself parkeer, ja hy kan die spoedbeperkings op die borde langs die pad lees. Ja hy kan self ‘n veilige volgafstand handhaaf, ja, sy instrumente is alles digitaal en verander afhangende van watter tipe aandrywing jy kies om maar enkeles te noem. Dit is alles egter niks. Toe ons regs in Swartkoppies indraai sit hy voet in die hoek. Die 4.81 met twee turbines neem ons na 140 km in seker 4 sekondes. Ons sit vasgepleister teen die sitplekke en toe spring hy op die briek en sonder om te gly stop ons seker 15-20m. Buiten dat die vuurwa my verstom tref een ding van die dag my ontsettend. Roelf sê dat hy baie “advanced driving” kursusse moes doen om so te kan bestuur. Hy sê jou grootste vyand hier is jou instink. Hy verduidelik as jou voertuig sou gly, jy nooit moet skrik en instinktiewelik rem trap nie. Dit sal net maak dat jou voertuig meer gly. Jy moet kalm bly, teen die gly stuur en eerder brandstof gee om die gly teë te werk. Dit laat my dadelik dink aan die oomblikke as ons kinders ‘gly’. Daagliks storm daar ouers woedend by skole in aangesien daar iets met hulle kinders gebeur het. Hulle instink maak dat hulle skrik en die skool, die onderwysers, die ander leerlinge of ouers wil kom uitsorteer. Die problem hiermee is egter dat ons kinders nie leer om hul eie konflik mooi uit te sorteer nie. Hulle leer nie om die foute in hulleself raak te sien nie. Hulle leer dat papa en mamma hulle probleme vir hulle sal uitsorteer. Iets wat egter nie moontlik gaan wees as hulle volwasse is nie. Alhoewel dit baie, baie moeilik is, moet ons as ouers Romeine 5:3 gaan mediteer vir ons kinders. “Ons jubbel selfs vir die swaarkry, want ons besef dat swaarkry ons leer om te volhard, op sy beurt kweek volharding betroubaarheid van karakter.” -Mnr van der Schyf


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.