Hs nuusbrief 18 julie 2014

Page 1

LEEUWENHOF AKADEMIE HOĂŤRSKOOL 18 Julie 2014

INHOUD Uit die Hoof se pen

2

Uit die Hoof se pen (vervolg)

3

Dagaktiwiteite/Akademie/Eksamenrooster

4

Sport

5

Kontak ons

6

Leeuwenhof Akademie Christelike Afrikaanse Privaatskool


Uit die Hoof se pen ... Geagte Ouers / Dear Parents Ek vertrou dat dit met elke leerder goed gaan in die eksamen. Dit is nou die tyd dat ons leerders toewyding, dissipline en volharding aan die dag moet lê. Indien daar by enige kind ‘n krisis gedurende die eksamen is, moet u dit asseblief onder my aandag bring. Ek wil graag met die omsendskrywe twee belangrike skoolreëls beklemtoon: 1. Geen selfone mag in die klasse gebruik word nie. Indien leerders hulle daaraan skuldig maak, sal ons ongelukkig u kind se selfoon moet inneem. Ek doen ‘n beroep op ons ouers om my asseblief hierin te ondersteun. 2. Leerders mag gedurende die eksamen slegs die skoolgronde tussen 08:00 en 14:00 verlaat, indien hulle persoonlik deur hul ouers kom haal word. Daar is onderriglokale en toesig beskikbaar vir leerders wat die tweede sessie nie eksamen skryf nie. I trust that all is going well with our learners during the exams. Now is the time for our learners focus on applying themselves to their word with discipline and perseverance. If any child should experience a crisis of any sort during the exam time, please do make sure to bring it to my attention. In this letter I would like to place emphasis on two important school rules: No cell phones may be used during class time. Should a learner be guilty of doing so, we will unfortunately have to confiscate that child’s cell phone. I thus appeal to our parents for your support in this matter. During 08:00 and 14:00 learners will only be permitted to leave the school grounds if they are personally fetched by their parents. Classrooms have been allocated for supervised study for any learners who are at school but not writing an exam during the second sessions.

Multimedia—Inligtingsentrum / Multimedia Information Centre Baie dankie en geluk aan die volgende leerders wat met die vak Toerisme ‘n fondsinsamelingsprojek geloods het en R1600 ingesamel het vir die multimedia-inligtingsentrum / Many thanks to the following learners who collected R1600 for this centre during their Tourism Fundraising project.  Menante Esterhuizen  Charné Raubenheimer  Chantell Fourie  Samantha Coetzer  Billy Page


Uit die Hoof se pen … vervolg Verblyf vir busbestuurder / Accommodation for Bus Driver Een van die skool se busbestuurders, Vincent Khumalo is opsoek na blyplek in die omgewing van die skool. Indien u ons behulpsaam kan wees in hierdie verband sal ons dit baie waardeer. One of the school’s bus drivers, Mr Vincent Khumalo, is seeking accommodation near the school. Should you be able to assist in this matter, we would be most grateful.

Wêreldbekerrugby / World Cup Rugby Ons skool bied ‘n reuse fondsinsamelingsprojek aan deur kaartjies te verkoop vir die Wêreldbekerrugby toernooi in 2015. Ons sal dit waardeer indien u die projek na buite kan bemark en die projek asseblief te ondersteun. Aangeheg is die advertensie van die projek. Our school is presenting a gigantic fund raising project through the sale of tickets for the 2015 Rugby World Cup. We would be most grateful if our parent body would support the project and market it more broadly i.e. beyond the Leeuwenhof community. Please find attached the advertisement for the project.

Baie dankie aan ouers wat alreeds ‘n Wêreldbekerkaartjie gekoop of verkoop het. Many thanks to parents who have already bought or sold a World Cup Rugby ticket.

Berig: Mnr. J Bezuidenhout

LEEUWENHOF AKADEMIE - SEKURITEIT MOTORBESTUURDERS BINNE SKOOLGRONDE Ons vra dat persone wat met voertuie binne die skoolgronde ry asb. baie versigtig binne die skoolgronde sal bestuur. Enige leerder het voorrang van beweging omdat die leerders dit nie as ‘n pad beskou nie, maar as skoolgrond. Wees asb. bedag daarop dat die tweede spoedhobbel vanaf die hoofingang by ‘n voetoorgang is en dat motorbestuurders baie versigtig moet wees vir leerders wat oor die pad loop. U almal se samewerking in hierdie verband sal hoog op prys gestel word. Ons kinders is ons kosbaarste besittings en ons wil verseker dat hulle onder alle omstandighede veilig binne die skoolgronde sal wees.

HS LINNE—ONDERHOUD

Met skoolfunksies en -geleenthede het die skool onderhoud van breekware en linne. Ons het 20 tafeldoeke wat omgesoom moet word. Indien ons ’n paar mammas kan kry wat ons hiermee kan help, sal ons dit hoog op prys stel. Kontak gerus vir Ruth du Toit of Jufr Martignone. Baie dankie

Berig: G Lottering


Page 4

Leeuwenhof Akademie Hoërskool

DAGAKTIWITEITE ...

14 - 29 Julie :

AKADEMIE

Eksamen vir Gr 8—12

Eksamentyd is ‘n stresvolle tydperk en dan het ons ook nog al die wintergoggas wat ons kinders siek maak. Indien ‘n leerder afwesig is vir ‘n eksamenvraestel moet ‘n doktersbrief asb. ingehandig word anders moet ons volgens die beleid vir die leerder nul gee vir die vraestel. Daar is nie tyd om die vraestelle te probeer inhaal nie en daarom sal die punt van daardie vraestel uitgewerk word vir die leerder gegrond op die leerder se gemiddeld in vergelyking met die graadgemiddeld vir die toetse en eksamenvraestelle wat ons wel het.

Wetenskap expo vir jong wetenskaplikes / Science expo for young scientists Streek / Regional Datum / Date: 2 Aug. Plek / Place : Curro School, Serengeti. Inskrywingsvorms / Entry forms : Mr. A.Smith Koste / Cost : R20 Projekte moet reeds teen 8 uur opgeslaan wees. Prysuitdeling ongeveer teen 5 uur nm. Projects must be already setup at 8 o’clock. Prize giving at about 5 o’clock pm. Eie vervoer / Own transport. Enige leerder kan inskryf / Any learner may enter.

Onthou, busse ry op normale tye in hierdie eksamen omdat die Laerskool nog buitemuurs het en nie eksamen skryf nie. Sterkte aan almal in hierdie tyd. Lekker leer.

Berig: Me D Kruger

EKSAMENROOSTER DATUM

Gr.8

Gr.9

Gr.10

Gr.11

Gr.12

Vr 18/7

Bst

IGO

Afr P2 IGO P2

Lew P2

IGO P1

Ma 21/7

Gesk

Lewenswet

Wisk P2

Wisk/ Litt P2

Fis Wet P2

Di 22/7

Geo

Fisiese Wet

IT/ Cat Teorie

Afr P2

BS P1

LO

BS P2

Wo 23/7

LO

Rek

FisieseWet P2

Fisiese Wet P2

Eng P2

Do 24/7

Rek

Kuns

Eng P2

Rek P1

CAT / IT Teorie Kuns prakties

Rek P2

Kuns prakties

Eng P2

IGO P2

Vr 25/7

Kuns

Geo

Bst P1 Bst P2

Maths Litt P2

Ma 28/7

Lewenswet

LO

IT/ Cat Prakties

Kuns/ Ekon

Wisk P2

Di 29/7

IGO

Bst

Drama en Kuns Prakties

Drama en Kuns Prakties

Lewenswet P2


Leeuwenhof Akademie Hoërskool

Page 5

SPORT:

onder leiding van L van Heerden

Golfdag Beste Leeuwenhof Akademie Hoërskoolouer Ons benodig asb alle ouers om ons behulpsaam te wees met PRYSE – so ‘n dag is net ‘n sukses as ons genoeg en Goeie pryse het vir die golfers. Ons benodig indien moontlik 4 van ‘n soort. ENIGE iets kan ‘n prys wees.. van geskenkbewyse tot wyn, elektriese toestelle tot vakansies.. abosluut enige iets waaraan u kan dink om vir ons te stuur. Dankie ouers - ons waardeer julle bydraes baie. Dear Leeuwenhof Parent, We are asking parents to please assist us with prizes – a day like this is really only a big success if we have GREAT prizes… we require ANYTHING…… (4 items of a kind if possible)– vouchers/ wines/holidays/ electrical appliances/ clothing/ virtually anything….. Thanks to all – we appreciate your contributions. Stuur asseblief alle pryse na Mnr L. van Heerden voor of op Dinsdag, 15 Julie 2014. Baie dankie. Rugby: Dit is voorwaar ‘n groot prestasie vir ons skool om drie spanne in die Goue Leeus Mediumskole Finaal te hê. Ons wil ook aan elke span, speler en afrigter sterkte toewens vir die wedstryde en glo dit sal goedgaan. Program vir Saterdag 26 Julie 2014 by UJ Rugby Stadion is: TYD

A- VELD

B- VELD

08::00 – 09:15

-

O/14

09:15 – 10:30

O/16

10:30 – 12:00

Leeuwenhof vs Bekker -

Leeuwenhof vs Fochville

O/15 Leeuwenhof vs Trinity

Datums van die Beeldtrofee wedstryde: Saterdag, Saterdag, Saterdag, Saterdag,

2 Augustus 2014 9 Augustus 2014 16 Augustus 2014 23 Augustus 2014

Kwalifiserende ronde Kwartfinaal Semi-Finaal Finaal

Plek onbekend onbekend onbekend onbekend

2. Gimnastiek: John-Luke verteenwoordig Suid Afrika by die Indo Pacific Kampioenskappe te Sun City. Hy is saam met sy spanmaat, Cherise, die algehele wenners in die “Mixed Pair” 10-18 jaar groep – Acro Gymnastics en verwerf ‘n goue medalje. Lande wat aan die Kampioenskappe deelgeneem het was Nieu-Seeland; Australië; Namibië; Kanada en Suid-Afrika. Baie geluk.

3. Judo: Kerri-Anne van Gaalen has been selected to represent Eastern Gauteng Judo Association at the South African Judo Open Championships. Congratulations.


Page 6

Leeuwenhof Akademie Hoërskool

Kontak ons Bestuur: Waarnemende hoof HS/Uitvoerende hoof:Mnr J Bezuidenhout—johanbez@leeuwenhof.co.za Adjunkhoof Akademie Me D Kruger delianak@leeuwenhof.co.za Afdelingshoof Akademie Me E Nel esther@leeuwenhof.co.za Waarnemend Sport Mnr L v Heerden lamberth@leeuwenhof.co.za Afdelingshoof Kultuur Mnr G Lottering gideon@leeuwenhof.co.za Afdelingshoof Dissipline Me J Steyn jakkie@leeuwenhof.co.za Afdelingshoof Logistiek Mnr G Williams gerhardw@leeuwenhof.co.za GRAADVOOGDE: Afdelingshoof Gr 12 Mnr G Williams gerhardw@leeuwenhof.co.za Afdelingshoof Gr 11 Me M Nieuwoudt marna@leeuwenhof.co.za Afdelingshoof Gr 10 Me G Swart gerdas@leeuwenhof.co.za Afdelingshoof Gr 9 Me J Steyn jakkie@leeuwenhof.co.za Afelingshoof Gr 8 Mnr G Lottering gideon@leeuwenhof.co.za SKOOLSIELKUNDIGE: Dr Elzette Fritz 083 325 1794 elzette@elzettefritz.com ADMINISTRASIE: Hoërskool sekretaresse Me Ruth du Toit ruthv@leeuwenhof.co.za Buskaartjies en roetes Me Margaret Bothma margaretb@leeuwenhof.co.za Finansies—Skoolfooie Me Yvonne Bergström yvonneb@leeuwenhof.co.za

Kontak ons: SKOOLADRES: SPORTTERREIN: Tel: Faks: WEBADRES: GPS:

H/V Geldenhuis & Antonstraat; Posbus 2573; Bedfordview; 2008 H/V Ixia & Japonicastraat, Wychwood, Primrose 011 622 1806 x 5 011 615 5669 www.leeuwenhof.co.za

Leeuwenhof Akademie Christelike Afrikaanse Privaatskool



BUY YOUR RUGBY TICKET TODAY &

WIN!

Leeuwenhof Akademie Afrikaanse Privaatskool English Parallel Medium High School

CLICK HERE TO buY YOUr TICKET

A trip for 4 to the 2015 Rugby World Cup in London to the value of

R770,000

PRIZE INCLUDES: • Match tickets for 2 Quarter-finals – 17 en 18 Oct 2015 2 Semi-finals – 24 en 25 Oct 2015 • All matches at Twickenham (London) • Business Class Air Tickets • 9 nights 4 star Bed & Breakfast • Big Bus Hop on Hop off Tour (3 routes)

ACT NOW!

ONLY 5000 TICKETS AVAILABLE

R1000 per

Rugby ticket

PriZe for four! For more information please go to our facebook page or our website www.leeuwenhof.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.