Noodinligting oor konsert op bladsy 4! NB! NB!
2014 Julie 8 Nuusbrief 21 Saamgestel deur Wilna van Rooyen 083 454 2843 wilnav@leeuwenhof.co.za
KONSERT ! BAIE Dankie, aan u elkeen vir die ondersteuning, bywoning en hulp met die konsert! Ons waardeer dit oneindig baie! U maak van ons funksies ’n sukses en ons kan u nie genoeg prys vir die gehalte ouers wat u is nie! Ons kleuters kan so dankbaar en trots wees op hul ouers, grootouers, familie en vriende, wat so diep in hul belangstel en vir hul omgee. U is waarlik merkwaardig! UITSTAPPIE NA DIE DINOSOURUSSE BY SANDTON!: Ons herinner u graag aan die gr. 00 en gr. 0 uitstappie, wat hierdie Vrydag, 11 Julie, plaasvind! OUERMIDDAG 30 Julie: Ons ouermiddag vind op 30 Julie plaas. Tydens hierdie geleentheid sal u kleuter se vorderingsverslaggie voorsien word en u kan met u kleuter se klasjuffrou gesels. Die kunsstukke van die kleuters kan ook tydens diÊ geleentheid afgehaal word! BAIE Dankie! AAN: Hyla Meyer, vir die fietsies en netbalring en Bertha Franken vir die lessenaars en trollie wat hul aan ons geskenk het! Ons het groot waardering vir jul welwillendheid en mededeelsaamheid!
Page 2
GR. 0 LEERDERS: Dit is ’n baie goeie idee om alle gr. 0 leerders se ogies en ore te laat toets, voordat hul volgende jaar skool toe gaan!
ONS EIE PRIMA
Dit voorkom dikwels ernstige leerprobleme.
BALLERINA!
BAIE Dankie aan Jayden Smit vir die boekie wat hy aan ons geskenk het om sy verjaarsdag te vier! Ons gaan so lekker lees aan die oulike boekie! UITSTAPPIE gr. 000 25 Julie: Op 25 Julie gaan die Bytjies, die Hasies en die Vissies na Kids Unleashed, in Alberton, aangesien hul op 11 Julie vol is as gevolg van die openbare skole se vakansie. Die koste van die uitstappie beloop R55 per kind, wat die dag se kossies insluit. Vul asb. ook net vir hulle die afskeurstrokie in, op bladsy 4 en stuur aan die skool. E-posse is welkom!
DVD’S VAN DIE KONSERT: DVD’s van die konsert sal een van die dae beskikbaar wees! Daar is ook individuele foto’s van die kleuters op, wat ’n wonderlike aandenking is aan die sorglose kleutertyd, ’n tyd wat so belangrik en kosbaar vir ons kleuters is! GHOLFDAG 1 Augustus: Ons ouers gaan ’n onvergeetlike dag geniet! Onthou asseblief van al die pryse wat u nog vir ons kan stuur! Van sambrele tot flitse, wit wyn tot rooi wyn, sjokolade tot sjerrie, glas tot metaal, enige prys is welkom! Baie dankie aan ouers wat al sulke interessante pryse vir ons gestuur het, van lekker bederf gesigsbehandelings tot vakansies op wildsplase! Ons is bevoorreg!
Belangrike datums:
Page 3
11 Julie: Uitstappie Dinosourus gr. 00 en 0 R85 18 Julie: Balledag 25 Julie: Uitstappie Kids Unleashed gr. 000 en Bytjies R55 29 Julie: Beoordeling van ons kunsstukke 30 Julie: Ouermiddag—afhaal van kunsstukke, asook vorderingsverslae 1 Augustus: Leeuwenhof Akademie Gholfdag by Glenvista 8 Augustus: Skool sluit om 11:00
TERAPIE: Hoe vroeër jy uitvalle identifiseer, hoe gouer kan jy daadwerklik optree om latere leerprobleme uit te skakel. Elke soort terapie het spesifieke voordele vir jou kind.
KUNSTERAPIE: Hierdie terapie gee kinders ’n veilige en ondersteunende metode om hul gedagtes en gevoelens weer te gee, met die hulp van verf, klei, kryte of enige ander item wat omskep kan word in ’n kunswerk. WAAR IS MAMMA EN PAPPA DAN??
Die werk word nie geïnterpreteer of beoordeel nie—die skep van die werk is belangrik, nie die werk self nie. Die kind kan hom of haar uitdruk sonder enige reëls en bekommernisse oor struktuur en vorm. Die terapeut gebruik die proses om ’n verhouding met die kind te bou en die kind ontwikkel mettertyd ’n “stem” waarmee na buite gekommunikeer word. Die teorie agter kunsterapie word gedeeltelik gegrond op die veronderstelling dat kreatiwiteit en genesing van dieselfde plek af kom. VIR WIE HELP DIT? Kinders wat getraumatiseer of mishandel is. Kinders met ontwikkelingsprobleme of ander probleme soos outisme, aandaggebrek en hipersensitiwiteit. Kinders wat ly aan angstigheid, depressie of nagmerries. Baie soorte terapeute span kuns in hul terapie in, as hulpmiddel. Vir verdere inligting, skakel juffrou Wilna.
Kopiereg Voorebehou
MY BELANGRIKE PAPPA!
Telefoon: 011 622-1806 Wilna: 083 454-2843 wilnav@leeuwenhof.co.z
’n Pappa vervul ’n onvervangbare belangrike rol in ’n seuntjie EN dogtertjie se lewe! ’n Kind se geslagsidentifikasie hang grootliks van ’n pappa af. ’n Kind—dogtertjie en seuntjie, het nodig dat pappa fisies by hul betrokke is deur spel! Pappa kan maar rof speel—ook met sussie! ’n Dogtertjie se eerste ervaring van liefde teenoor die teenoorgestelde geslag, behoort haar pappa te wees. Die gesonde verhouding wat sy met pappa het, sal ’n integrale rol speel in haar verdere verhoudings met mense, van albei geslagte. ’n Dogtertjie smag na die bevestiging van haar pappa of pafiguur. Elke dogtertjie verlang na ’n hegte band met die belangrikste man in haar lewe—haar pappa! Lees gerus Dr. James Dobson se boeke; “Om dogters groot te maak” en “ Om seuns groot te maak”. Baie dankie! Vriendelike groete! Wilna van Rooyen en die Voorskoolpersoneel
A dad’s leadership at home should be a model of strength and authority, but always tempered by love and compassion. Harsh discipline tends to close down a sensitive feminine spirit, but permissiveness and capriciousness can create lifelong disdain for men.
James Dobson
Vier pilare: Christelikheid en dissipline Uitnemende Akademie Kultuur en Sport Professionaliteit
Toestemmingsbriefie vir die uitstappie na Kids Unleashed in Alberton (Bytjies en gr. 000) Hiermee gee ____________________ toestemming dat my kind _________________________ die uitstappie op 25 Julie 2014 mag meemaak en sluit hierby die bedrag van R55 in.
Geteken: __________________________
Datum: _______________________
BUY YOUR RUGBY TICKET TODAY &
WIN!
Leeuwenhof Akademie Afrikaanse Privaatskool English Parallel Medium High School
CLICK HERE TO buY YOUr TICKET
A trip for 4 to the 2015 Rugby World Cup in London to the value of
R770,000
PRIZE INCLUDES: • Match tickets for 2 Quarter-finals – 17 en 18 Oct 2015 2 Semi-finals – 24 en 25 Oct 2015 • All matches at Twickenham (London) • Business Class Air Tickets • 9 nights 4 star Bed & Breakfast • Big Bus Hop on Hop off Tour (3 routes)
ACT NOW!
ONLY 5000 TICKETS AVAILABLE
R1000 per
Rugby ticket
PriZe for four! For more information please go to our facebook page or our website www.leeuwenhof.co.za