Leeu primary

Page 1

2014 Julie 15 Nuusbrief 22 Saamgestel deur Wilna van Rooyen 083 454 2843 wilnav@leeuwenhof.co.za

Wêreldbekerrugbyprojek BAIE Dankie, aan elkeen wat al ’n kaartjie gekoop het! Dit is ’n fantastiese geleentheid om vir net R1000 ’n prys wat R770,000 werd is los te slaan. Daar is slegs 5,000 kaartjies beskikbaar, wat u kanse soveel beter maak om die wenner te wees! Hoe lekker dat vier mense die prys saam kan geniet. Maak seker dat u so gou moontlik u kaartjie koop!

UITSTAPPIE NA DIE DINOSOURUSSE BY SANDTON!: Dit was nou ’n onvergeetlike dag! Dankie, aan juf. Zuanéll vir die reëlings wat sy daarvoor getref het! OUERMIDDAG 30 Julie: Ons ouermiddag vind op 30 Julie plaas. Tydens hierdie geleentheid sal u kleuter se vorderingsverslaggie voorsien word en kan u met u kleuter se klasjuffrou gesels. Die kunsstukke van die kleuters kan ook dié middag afgehaal word! Bespreek asb. plekkie deur u naam in die tydgleuf wat u verkies in te vul, op die vorms wat teen die klasdeure aan– gebring is.


Page 2

GR. 0 LEERDERS: Dit is ’n baie goeie idee om alle gr. 0 leerders se ogies en ore te laat toets, voordat hul volgende jaar skool toe gaan! Dit voorkom dikwels ernstige leerprobleme. Prof. Jannie Ferreira 011 675-2638 is ’n puik opsie!

BAIE Dankie aan Marnus van der Westhuizen en Hanré Pillman vir die boeke wat hul aan ons geskenk het om hul verjaarsdae te vier! Dit maak lees voorwaar lekker by die Voorskool! UITSTAPPIE gr. 000 25 Julie: Op 25 Julie gaan die Bytjies, die Hasies en die Vissies na Kids Unleashed, in Alberton. Die koste van die uitstappie beloop R55 per kind, wat die dag se kossies insluit.

DIE WELPIES SING EN DANS SO LEKKER , ALMAL WIL SAAM WALS!!

Vul asb. ook net vir hulle die afskeurstrokie in, op bladsy 4 en stuur aan die skool. E-posse is welkom!

DVD’S VAN DIE KONSERT: DVD’s van die konsert sal een van die dae beskikbaar wees! GHOLFDAG 1 Augustus: Ons ouers gaan ’n onvergeetlike dag geniet! Onthou asseblief van al die pryse wat u nog vir ons kan stuur! Van sambrele tot flitse, wit wyn tot rooi wyn, sjokolade tot sjerrie, glas tot metaal, enige prys is welkom! Stuur sommer Voorskool toe, asb.! Baie dankie aan ouers wat al sulke interessante pryse vir ons gestuur het! So saai die beertjies daai waatlemoen!

Enige wit– of rooiwyn kan ook na die skool gestuur word, asb. MAAK SEKER DAT U DIE GEBEURTE-

NIS NIE MISLOOP NIE!


Belangrike datums: 17 Julie: Brandweerman besoek ons! (Koste van R20 per kleuter word deur die skool gedra.) 18 Julie: Balledag 22 Julie: Ilona du Preez reël vir ons kinders ‘n fantastiese pretdag! 25 Julie: Uitstappie Kids Unleashed gr. 000 en Bytjies R55 29 Julie: Beoordeling van ons kunsstukke 30 Julie: Ouermiddag—afhaal van kunsstukke, asook vorderingsverslae 1 Augustus: Leeuwenhof Akademie Gholfdag by Glenvista 8 Augustus: Skool sluit om 11:00 en open op 9 September

Page 3

TERAPIE: Hoe vroeër jy uitvalle identifiseer, hoe gouer kan jy daadwerklik optree om latere leerprobleme uit te skakel. Elke soort terapie het spesifieke voordele vir jou kind.

TERAPIE saam met diere: Kinders kan ongelooflike ondersteuning kry deur terapie in samewerking met diere, veral kinders met spesiale behoeftes en emosionele probleme. Hul konsentrasie en selfdissipline ontwikkel en hul vorm ’n band met die dier, wat ook ’n proses van vertroue is. Kinders leer om verantwoordelikheid vir die dier te aanvaar en om by die dier se behoeftes aan te pas. Hul leer om die diere kos te gee en te versorg—gewoonlik aktiwiteite wat deur ander mense vir die kind verrig word. Dit laat die kind bemagtig voel, omdat hy die mag het om keuses te maak oor hoe die dier versorg moet word. Verder leer die kind ook emosionele beheer om die samewerking van die dier te verseker. VIR WIE HELP DIT? Kinders met ’n lae selfbeeld of probleme met selfvertroue Kinders wat sukkel om te fokus en te konsentreer, leerprobleme het of aan aandaggebrek ly Kinders met emosionele probleme of wat trauma beleef het Kinders met fisiese of verstandelike gestremdhede Kinders met Asperger-sindroom, outisme en ander psigiatriese toestande (www.horseworx.co.za)


Kopiereg Voorebehou

DANKBAARHEID,: Frances Ridley Havergal (1836-1879) was uitsonderlik begaafd. Op die ouderdom van vier kon sy reeds lees en skryf. Sy het haar eerste bundel gedigte op die ouderdom van sewe jaar geskryf. Sy was vlot in Latyn, Grieks, Hebreeus, Wallies en Frans. Sy was dol oor ski in die Switserse Alpe – 'n ongewone ontspanningsaktiwiteit in die negentiende eeu. Sy was 'n begaafde musikus. Sy was 'n geliefde skrywer en mense het haar boeke wyd gelees – sy was die eerste vrou voor die twintigste eeu van wie se boeke daar meer as 'n miljoen eksemplare gedruk is. Sy het ook baie Christelike liedere geskryf wat steeds deur Christene regoor die wêreld gesing word.

Telefoon: 011 622-1806 Een van Havergal se mees bekende liedere is "Neem my lewe laat dit Heer". Ten spyte van al haar talente en opvoeWilna: 083 454-2843 ding het Frances Havergal 'n kinderlike geloof gehad en het sy volkome op haar Here vertrou. Dit blyk duidelik uit die wilnav@leeuwenhof.co.z volgende reël: Neem my lewe, laat dit, Heer, U gewy wees meer en meer; laat my hart gedurig juig en van dankbaarheid getuig! Sy het haar geld en goed uit dankbaarheid gewy aan die Here en groot vrug op haar offers beleef.

Mens is nooit te oud of te jonk om te leer om ’n lewe van dankbaarheid te lewe nie! Laat ons maar by die kindertjies leer! Baie dankie! Vriendelike groete! Wilna van Rooyen en die Voorskoolpersoneel

Vier pilare: Christelikheid en dissipline Uitnemende Akademie Kultuur en Sport Professionaliteit

Toestemmingsbriefie vir die uitstappie na Kids Unleashed in Alberton (Bytjies en gr. 000) Hiermee gee ____________________ toestemming dat my kind _________________________ die uitstappie op 25 Julie 2014 mag meemaak en sluit hierby die bedrag van R55 in.

Geteken: __________________________

Datum: _______________________


LEEUWENHOF KALENDER 2015 ISASA / SAHISA CENTRAL REGION

BEGIN SLUIT SLUIT: 12:00 OPEN: 08:00

BEGIN SLUIT SLUIT: 12:00 OPEN: 08:00 SKOOLVAKANSIE

BEGIN SLUIT SLUIT: 12:00 OPEN: 08:00 SKOOLVAKANSIE

TERMYN 1 WOENSDAG VRYDAG RESES DONDERDAG DINSDAG TERMYN 2 DINSDAG VRYDAG RESES VRYDAG MAANDAG SKOOLVAKANSIE MAANDAG TERMYN 3 DINSDAG VRYDAG RESES DONDERDAG DINSDAG SKOOLVAKANSIE VRYDAG

14 JANUARIE 2015 17 APRIL 2015 26 FEBRUARIE 2015 3 MAART 2015

5 MEI 2015 31 JULIE 2015 26 JUNIE 2015 6 JULIE 2015 15 JUNIE 2015

1 SEPTEMBER 2015 4 DESEMBER 2015 22 OKTOBER 2015 27 OKTOBER 2015 25 SEPTEMBER 2015

Neem kennis dat die Kalender vir 2015 onderhewig is aan geringe veranderinge, soos besluit word deur die Uitvoerende Bestuur van Leeuwenhof Akademie.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.