Leeuwenhof akademie

Page 1

LEEUWENHOF AKADEMIE NUUSBRIEF NR. 21 VAN 2014 23 JUNIE 2014 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Geagte ouers en personeel Die afgelope week het ek ‘n gesprek met ‘n ouerpaartjie gehad wie se seun in gr. 3 by ons pragtige skool is. Wat die ouers baie beïndruk is dat hul seun baie geestelike gesprekke met hulle voer oor Christenskap en dat sy hartjie aan Jesus Christus behoort. In 2 Timoteus 1 vers 7 en 8 staan die volgende: ” Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing. Jy moenie skaam wees om die boodskap van die Here te verkondig nie ………………..” Net soos hierdie gr. 3- seuntjie moet ons nie skaam wees om ons Christenskap te verkondig nie. Ons moet ons kinders leer om nie skaam te wees vir hul Christenskap nie. Al hoe ons kinders hul Christenskap gaan verklaar, is wanneer hulle dit by ons as ouers hoor. In die werkplek en huis moet dit vir ons belangrik wees om ons Christenskap uit te leef. Spreek die Woord van die Here in ones werkplek uit en leef sodat ander die Here deur ons lewens kan ervaar.

AKADEMIE Personeel is besig om die assessering vir die termyn af te sluit. Ek verwag dat leerders tot die einde hard sal werk op akademiese gebied. Assesserings word eers na die reses afgehandel.

LEESPROJEK Ons het almal nou al fluks gelees. In elke storieboek wat ons lees is daar altyd een karakter wat uitstaan, of aan wie ons baie dink, of soos wie ons graag wil wees. Vrydag het jy ‘n wonderlike geleentheid om vir ons te kom wys van watter karakter jy die meeste gehou het. Jy hoef nie ‘n uitrusting te huur nie, maar kan lekker in die kaste by die huis rondkyk en wys vir ons hoe kreatief jy is. NS. Onthou dat die Leesjag eindig op 20 Julie. Handig jou voltooide vorm by jou klasonderwyser met die datum waarop jy dit inhandig het, duidelik aangedui, in.

1


SPORT Netbal Die netbalspanne het die week teen Jan Celliers gespeel en die uitslae was as volg: Span 0/9A 0/9B 0/10A 0/10B 0/11A 0/11B 0/12A 0/12B 1 ste span 2 de span

Telling Verloor 11-0 Verloor 4-0 Verloor 10-4 Wen 5-4 Verloor 11-6 Wen 11-5 Verloor 10-8 Wen 12-10 Wen 24-13 Gelykop 10-10

Baie sterkte aan die spanne wat eerskomende Donderdag in die ISASA finale gaan speel. Ons vertrou dat elkeen net haar beste sal gee. Sterkte aan die afrigters!!!!!!!!

Ondersteunersbus vir ISASA finale: 26 Junie Die bestuur wil graag ondersteuners na die finale neem. U sal vroeg in die week ‘n brief ontvang waar reëlings aan u deurgegee word. Waardering vir leerders en ouers wat bereid is om opofferings te maak.

Mini netbal by St. Catherines Baie geluk aan die mini-netbal spannetjies wat verlede Vrydag deelgeneem het aan ‘n toernooi:  Die 0/7 spannetjies speel 8 wedstryde, wen 5, speel 1 gelykop en verloor 2  Die 0/8 spannetjies speel ook 8 wedstryde, wen 7 en speel 1 gelykop Die mini-netbalseisoen het dan ook verlede Vrydag tot ‘n einde gekom. Baie dankie aan die afrigters wat hard met die dogtertjies gewerk het en mammas en pappas wat pragtig ondersteun het.

Rugby Die 0/11 rugbyspan het deurgedring na die Goue Leeus finale wat op Vrydag, 20 Junie, plaasgevind het. Ongelukkig het die spannetjie met 19-11 verloor. Die skool is baie trots op hierdie spannetjie wat baie goeie rugby gespeel het tydens die finaal. Baie dankie aan leerders, personeel en ouers wat die span ondersteun het tydens die finaal. Ek het groot waardering daarvoor.

2


Goue Leeus rugbyweke Sterkte aan die volgende seuns wat eerskomende naweek en tydens die reses aan verskillende nasionale toernooie gaan deelneem:    

Jacques Raath: 0/12A Sheldon Diemieniet: 0/12B Christiaan van der Merwe: 0/12B Ruan Nortje: 0/13 XV – 7 tot 11 Julie

Welpierugby by L/s Orion Die Welpies het hul laaste wedstryde verlede Saterdag gespeel en die uitslae was as volg:  0/7 – 3 gewen en 3 verloor  0/8 – 3 gewen en 3 verloor Baie dankie aan die afrigters wat soveel moeite gedoen het met die seuntjies en kosbare tyd afgestaan het om die seuns af te rig. Dankie aan Riaan Raaths en Martin Koen wat die 0/7 spannetjies afgerig het en Jaco Meyer wat die 0/8 spannetjies afgerig het. Dankie aan Hyla Meyer wat as sameroeper opgetree het in 2014. Ons het groot waardering vir elkeen se moeite en opoffering.

Welpierugby se afsluiting Verlede Saterdag was ook die afsluiting van ons Welpies. Ouers het heerlik om die braaivleis vure gekuier. Baie dankie aan elkeen wat gehelp het met die reëlings om die dag moontlik te maak.

SKAAK Die skaakspanne presteer pragtig hierdie jaar. Saterdag het die Junior en Senior skaakspanne aan ‘n toernooi deelgeneem by L/s Concordia. Hierdie toernooi is deel van die liga en het die spanne teen L/s Concordia, Baanbreker, Elspark en Elsburg gespeel. Baie geluk aan die Juniorspan wat teen al die skole gewen het. Die skool is baie trots op julle. Die Seniorspan het teen al die skole behalwe Baanbreker, gewen

KULTUUR Die Snuitersimfoniekonsert is vir my persoonlik altyd ‘n hoogtepunt op die kalender. Baie dankie aan ouers en leerders wat moeite gedoen het om die konsert by te woon. Die tromme en die kore was pragtig gewees. Geluk aan Jonathan Shawe en Adriaan Grobbelaar wat die geleentheid gehad het om die simfonie-orkes te dirigeer

3


GOLFDAG – PRYSE Sien aangehegte skrywe.

WÊRELDBEKERKOMPETISIE 2015 Verlede week Vrydag, is die projek bekend gestel. Ek vra vir elke ouer om asb. hierdie projek ten volle te ondersteun. Ek weet dat ons weer kan staatmaak op ons ouergemeenskap soos in die verlede. Aangeheg aan die nuusbrief is die advertensie weer aangeheg.

SPOGHOEKIE 0/11 rugbyspan se semi-finale Ek was verlede Dinsdag baie trots op die 0/11 rugbyspan en hul afrigter. Die span het in die Goue Leeus semi-finaal teen L/s Unika te staan gekom. Van die begin van die wedstryd het Leeuwenhof die wedstryd dikteer met goeie voorspelerspel en die agterlyn wat soos tiere verdedig het. Die telling het die hele wedstryd wipplank gery en een minuut voor die einde van die wedstryd het Unika ‘n drie gedruk en ons spannetjie was met 5 punte agter. Agter die pale het mnr. Evans vir die seuns gesê dat die tyd amper verby is en dat hy in hulle glo om weer agter die opponent se doellyn te gaan kuier. Met speeltyd verstreke het ons spannetjie ‘n drie gedruk en die doelskop was deur die pale. Wat my beïndruk het van die spannetjie is dat die seuns nooit moed opgegee het nie en aangehou het om hard te speel. Hierdie seuns en hul afrigter is vir almal ‘n voorbeeld van deursettingsvermoë. Baie dankie aan ouers wat hierdie span altyd ondersteun en hul seuns positief motiveer. Julle belê definitief in die lewens van hierdie pragtige seuns. Trots Leeuwenhof!!!!!!!!!!!!!!!!

Hoërskool se rugbyspanne presteer Baie geluk aan die 0/14, 0/15 en 0/16 rugbyspanne wat gekwalifiseer het vir die Goue Leeus finale in die Mediumskole se afdeling. Ons is baie trots op die Hoërskoolmanne en afrigters. Baie sterkte met die voorbereiding vir die Finale aan die einde van Julie.

RESES Die skool sluit eerskomende Vrydag om 11:00 vir die reses. Die Hoërskool sluit eers 12:00. Ons sluit vroeër om die opeenhoping van verkeer te voorkom.

WARM WINTERKOMBERSIES Die winterkoue het uiteindelik aangebreek, en die weervoorspelling lyk nie goed nie. Daar lê vir ons nog meer bittere koue voor! Om jou te pantser teen hierdie koue is daar lieflike, warm geweefde Leeuwenhof komberse te koop direk vanaf die Bemarkingskantoor teen R200 ‘n kombers! Kom plaas jou bestelling saam met jou geld, om teleurstelling te voorkom! Om meer uit te vind hieroor kontak gerus vir Marsha Wagner by marketing@leeuwenhof.co.za 4


BUITESKOOL PRESTASIES Naam van leerder Graad Aktiwiteit Christiaan v/d Watt

4

Karate

Dillon Geary

6

Fietsry

Prestasie Hy het ‘n 1ste plek gekry vir Kumite by die Ekurhuleni Masakhane Games vir Goju Karate. Hy het deelgeneem aan die PPC Kremetart Fietsry Wedren van 175km.

BELANGRIKE DATUMS DATUM AKTIWITEITE 24 Junie 26 Junie

27 Junie 7 Julie 8 Julie 9 Julie 10 Julie

Akademiese ondersteuning om 07:30 WETENSKAP TERMYNTOETS ISASA Netbalfinale Leerders en personeel trek aan soos ‘n karakter uit ‘n boek Skool sluit om 11:00 vir RESES Skool begin om 08:00 Krieket en –landloopproewe begin ALGEMENE JAARVERGADERING SAKESTUDIES TERMYNTOETS Sport en -kultuurprysuitdeling

Leeuwenhof - groete

_____________________ MNR W UYS LAERSKOOL HOOF (Waarnemend)

5


Beste Leeuwenhof ouer,

Net 6 weke na ons wonderlike gholf en familie kuierdag oor !!!!!!!! Wanneer: 1 Augustus 2014 Waar:

Glenvista buiteklub

Daar is nog net 3 Vierballe oor vir die dag… so stuur asb u inskrywingsvorm so gou moontlik aan ons terug om teleurstelling te voorkom. ( aansoekvorm op die skool se webwerf of epos golf@leeuwenhof.co.za / gholf@leeuwenhof.co.za om jou inskrywingsvorm te verkry.

Ons benodig asb alle ouers om ons behulpsaam te wees met PRYSE – so n dag is net n sukses as ons genoeg en GOEIE pryse het vir die golfers. Ons benodig indien moontlik 4 van n soort -. ENIGE iets kan n prys wees.. van geskenkbewyse tot wyn elektriese toestelle tot vakansies.. abosluut enige iets waaraan u kan dink om vir ons te stuur. Dankie ouers - ons waardeer julle bydraes baie…. Die middag is ook spesiaal vir Mamma waar sy heerlik kan kom ontspan met n skemerkelkie in die hand en n massering . Die aand word vir jongklomp heerlike pret aangebied – n sokkie vir die seniors en n fliek vir ons juniors. Ons vra dat ons dit sommer n heerlike familie kuieraand sal maak en die ouers van ons skool mekaar ook bietjie beter kan leer ken… Alle inligting is op die webblad van die skool en u is welkom om te skakel Madelyn Senekal: 0824496917 Madeleen van den Berg: 0827840852 Sien jou daar!!!!!


Dear Leeuwenhof Parent,

Only six weeks to go to our Prestige Golfday When: 1 August 2014 Where: Glenvista Country Club We only have 3 spaces left for a fourball entry – so to all our keen golfers – HURRY … please complete the form and send back to us urgently to avoid disappointment. Obtain this form from the schools website or email us on golf@leeuwenhof.co.za or gholf@leeuwenhof.co.za and we will forward you one.

We are asking parents to please assist us with prizes – a day like this is really only a big success if we have GREAT prizes… we require ANYTHING…… (4 items of a kind if possible)– vouchers/ wines/holidays/electrical appliances/ clothing/ virtually anything….. Thanks to all – we appreciate your contributions. The afternoon will be a special time for MOM to break away with a massage and a cocktail and the evening is filled with loads of fun for our juniors with a movie popcorn and a pizza, and our seniors with a “sokkie” and hamburger evening Make a Friday Family evening out and support our school !!! All information is on our the schools website or you can contact us Madelyn Senekal: 0824496917 Madeleen van den Berg: 0827840852


See you there‌.



Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.