Nuusbrief nr 24 2014 doc

Page 1

LEEUWENHOF AKADEMIE NUUSBRIEF NR. 24 VAN 2014 21 JULIE 2014 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Geagte ouers en personeel Die afgelope week het ek so ‘n kykie gekry in die akademie van ‘n prominente staatskool in in ‘n naburige dorp. Dit het my opnuut laat besef dat ons by Leeuwenhof Akademie ‘n baie hoë akademiese standaard handhaaf. Ek is trots op ons personeel en leerders wat baie hard werk by ons pragtige skool. Ons as personeel besef dat ons ouers baie diep in hul sakke moet delf om die skoolfonds te betaal. Ons het groot waardering dat u by verskeie skole verby ry om u kind in Leeuwenhof Akademie te laat onderrig. Ons het groot waardering vir ouers wat belê in Afrikaanse Christelike onderwys en so ook ‘n erfenis nalaat vir ons kinders se kinders.

AKADEMIE Vorderingsverslae Hierdie week ontvang die leerders hul rapporte. Ek is trots op leerders wat baie hard werk in hul akademie en wil ons leerders en hul ouers komplimenteer daarvoor. Die prestasies moet nooit gekoppel word aan persentasies of punte nie maar eerder die hoeveelheid harde werk wat ons leerders insit. Met my eie dogter wat op universiteit is het ek gesien dat sy by Leeuwenhof geleer het om hard te werk vir die punte wat sy gekry het. Die Laerskool het haar voorberei om die IEB - kursus by die Hoërskool suksesvol te voltooi. Ons Laer en – Hoërskool het haar gestaal om ure voor die boeke te kan spandeer. Sy pluk nou die vrugte as eerstejaar deur haarself baie goed te handhaaf op akademiese gebied. Lees tot 11 Eerskomende Vrydag, 25 Julie, vind hierdie baie interessante funksie by die skool plaas. Heerlike aktiwiteite word beplan om leerders konstruktief te laat deelneem aan die aand se pret en plesier. Die verwagting is dat al ons leerders hierdie funksie sal bywoon. ‘n Brief met die reëlings gaan vroeg in die week aan die ouers gestuur word. Die laerskool sluit Vrydag om 13:00. Die leerders moet dan weer 18:00 by hul registerklasse aanmeld. Busse vertrek normaalweg soos elke Vrydag.

1


Uitbreiding van tegnologie Ons is alreeds in die finale beplanningsfase vir die projek en behoort in die Augustusvakansie alreeds te begin met die installering van projektors. Rekenaars vir die personeel word voor die vakansie alreeds aangekoop.

SPORT Krieket Hierdie week begin die ligawedstryde. Baie sterkte aan al die krieketseuns en afrigters. Elke seun moet ten alle tye sy beste gee. Die verwagting is dat die spelers reg geklee sal wees soos wat in die kommunikasie uiteengesit is. Krieketoefeninge tydens vakansie Ouers moet asseblief daarop let dat al die krieketspanne vanaf 0/9 tot 0/13 op die volgende datums oefen:  3 September  4 September  5 September SOR Krieketproewe Spelers, wat deur afrigters genomineer gaan word vir streekkrieketproewe moet die volgende datums beskikbaar wees asseblief:  1 Augustus  15 Augustus  22 en 23 Augustus

MANDELADAG Baie dankie aan ouers wat hul beursies, klerekaste en koskaste oopgemaak het ter ondersteuning van die verskillende uitreikaksies. Ek is trots op ons leerders se pragtige dissipline en uitreik tydens die aksies. Pragtige komplimente is alreeds ontvang oor ons leerders se gedrag en uitreik. Trots Leeuwenhof!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

HOËRSKOOLRUGBY Die 0/14, 0/15 en 0/16 rugbyspanne speel eerskomende Saterdag, 26 Julie in die Goue Leeus finale. Ons wens elke seun en afrigter baie sterkte toe vir die finale. Laerskoolleerders wat gaan ondersteun moet in volle wintersdrag geklee wees.

GHOLFDAG Ons groot Gholfdag is op hande. Ons het groot waardering vir die reëlingskomitee wat al ure spandeer het rondom die beplanning en organisering van hierdie groot dag. Baie dankie vir ouers wat alreeds reuse bydraes gelewer het deur in te skryf om te speel en pryse te skenk. Indien ouers ons kan help met nog enige pryse sal dit hoog op prys gestel word. Kontak gerus vir Disney Evans op 0833194984 of by disney@leeuwenhof.co.za 2


WÊRELDBEKERKOMPETISIE Ons maak baie staat op ons ouers se samewerking in hierdie verband. Ouers moet asb. hierdie aangehegte advertensie uitstuur aan mense op u e-pos se adreslyste.

ALGEMENE JAARVERGADERING Die Algemene Jaarvergadering vind op 22 Julie om 18:30 in die Laerskool se saal plaas. Indien u nie die vergadering kan bywoon nie, vra ons dat u ‘n Volmagvorm sal invul en saamstuur skool toe asseblief. Volmagvorms is verlede week elektronies aan u gestuur. Volmagvorms is ook by die Laerskool se ontvangs beskikbaar.

JAARKALENDER 2015 Aangeheg aan hierdie nuusbrief is die Jaarkalender vir 2015. Ouers moet hulself deeglik vergewis van die termyne se datums vir 2015

BUITESKOOL PRESTASIES Naam van leerder Michaela Janse van Rensburg

Graad 6

Aktiwiteit Perdry

Prestasie Michaela het oor 7 dae tydens die reses aan die SA Pony Rider Championship in Kyalami deelgeneem, en het die volgende prestasies behaal: Twee eerste plekke, ‘n 6de, twee 8ste plekke en ‘n twaalfde vir showjumping en ‘n 5de vir Equitation. Veels geluk aan Michaela, veral omdat dit ‘n Nasionale Kompetisie was!

BELANGRIKE DATUMS 21 Julie 22 Julie

24 Julie

Skaak teen L/s Elsburg Akademiese ondersteuning om 07:30 Tafelolimpiade Krieket vs. L/s Randhart: 1 ste s en 2 des ALGEMENE JAARVERGADERING Gewyde sang Rapporte na ouers Krieket vs. L/s Randhart: 0/10 en 0/11

3


25 Julie

Lees tot 11(23:00) Alle leerders moet teenwoordig wees asb. Krieket vs. L/s President Steyn: 1 stes en 2 des

28 Julie 29 Julie

Instrumentale kunswedstryd Akademiese ondersteuning om 07:30 Algemene Kennis: Toets Oueraand WIJ Oueraand Fanie Viljoen besoek die skool Leeuwenhof Gholfdag Klankemodeparade: Graad 1

30 Julie 31 Julie 1 Augustus 2 Augustus Leeuwenhof - groete ____________________ MNR W UYS LAERSKOOL HOOF (Waarnemend)

4


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.