LEEUWENHOF AKADEMIE NUUSBRIEF NR. 27 VAN 2014 8 SEPTEMBER 2014 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Geagte ouers en personeel Baie welkom terug na die vakansie. Ek vertrou dat elkeen lekker uitgerus en reg is vir die nuwe termyn. Mag dit vir elkeen ‘n geseënde termyn wees. In die lig van nuus in die media rondom Christenskap in skole is dit duidelik dat die Christendom erg aangeval word. Ons is so bevoorreg by Leeuwenhof Akademie dat ons Christenskap openlik kan verklaar en bely dat Jesus Christus ons Verlosser is. Kom ons bid vir skole wat onder druk is om hul etos rondom Christenskap te verander.
PERSONALIA Baie welkom aan me. Annemie Meyer wat weer terug is na haar bevallingsverlof. Mag jy ‘n geseënde termyn by die skool beleef. Baie geluk aan me. Cherie van den Heever en haar man met die geboorte van hul pragtige dogtertjie, Lumé. Mag sy vir julle net vreugde bring en tot groot seën wees.
AKADEMIE Uitbreiding van tegnologie Tydens die vakansie is daar in elke klas ‘n dataprojektor en magnetiese witbord geïnstalleer. Personeel ontvang binne die volgende week elkeen ‘n skootrekenaar. Hierdie projek sou nie moontlik gewees het sonder die fantastiese bydraes van ons ouergemeenskap en personeel, nie. Baie dankie aan ons ouers en personeel wat hierdie reuse verbetering in die skool moontlik gemaak het. Meningsopname oor termyntoetse: Gr. 4 tot 7 Baie dankie vir ouers en personeel wat deelgeneem het aan die meningsopname rondom die toetse. Die uitslag is as volg: 60% van die stemme is vir termyntoetse op ‘n VRYDAG 40% van die stemme is vir termyntoetse op ‘n DINSDAG 1
Termyntoetse sal tydens die derde termyn op Vrydae geskryf word. Termyntoetse word net in Wiskunde, Afrikaans en Engels geskryf tydens die termyn. Ekstraklasse met die oog op Benchmark: Gr. 7 leerders Ons gr. 7 leerders skryf in November Benchmark in Wiskunde en Engels. Daar is twee Vrydae ekstra klasse vir al die gr. 7 - leerders. Die verwagting is dat al die gr. 7 leerders hierdie klasse sal bywoon. Datums en tye van ekstra klasse is as volg Vrydag, 19 September: 14:00 tot 16:00 Vrydag, 3 Oktober: 14:00 tot 16:00 Spelathon Baie geluk aan Anri Otto wat 10de geëindig het by die Gauteng Spelathon se provinsiale kompetisie. Ons is baie trots op haar.
SPORT Oos-Rand rugbyklinieke Die volgende seuns het tydens die vakansie aan die Oos-Rand rugbyklinieke deelgeneem in die volgende spanne: 0/11 A: Christiaan Steyn 0/12 A: Sheldon Diemieniet, Jacques Raath en Christiaan van der Merwe 0/12 B: Armand Grobler, Tiaan Lange, Migael Lombaard en Steven Maritz Goue Leeus 7’s Provinsiale span Baie geluk aan Ruan Nortje wat opgeneem is in die Gauteng Provinsiale o/13 sewesspan. Hierdie span neem in November deel aan die Nasionale toernooi. Skaak Baie geluk aan die volgende spelers wat opgeneem is in die Ekhuruleni skaakspanne. o Dian Smit: 0/12A o Uwen du Plessis: 0/12B Die skool is baie trots op elkeen. Baie sterkte vir die Nasionale toernooi wat binnekort gespeel word.
2
Terwyl me. Cherié van den Heever op bevallingsverlof is, gaan mnr. Johan Hartman die Junior skaakspelers onder sy vlerk neem. Me. Elize Language is verantwoordelik vir die kommunikasie aan die Junior skaakspan. Krieket Wedstryde voor vakansie: o Baie geluk aan die 0/10 en 0/11 krieketspanne wat albei hul wedstryde teen L/s Elspark en L/s President Steyn voor die vakansie gewen het. Ons is baie trots op hierdie twee spanne. Suidoos-Rand streekspanne: Baie geluk aan die volgende seuns wat in die streekkrieketspanne opgeneem is. -
Emile Pretorius: 0/9 Blouspan Matthew van der Mescht: 0/10 Groenspan Carl Janse van Rensburg: 0/10 Witspan Christo Breytenbach: 0/11 Blouspan Piero Du Toit: 0/11 Rooispan Sheldon Diemieniet: 0/12 Rooispan Hanno Nel:0/12 Blouspan Jarett Lynch: 0/13 Geelspan
Sterkte vir die Gautengtoernooie in Oktober. Landloop Ons is baie trots op die skool se Landloopspan wat tydens die vakansie deelgeneem het aan verskeie byeenkomste: 35 leerders het deurgedring na die D-17 Landloopkampioenskappe. Baie geluk aan die volgende landlopers wat opgeneem is in die D-17 Streek landloopspan: Ninke Otto: 0/10 dogters Emile Pretorius: 0/9 seuns Nico Pieters: 0/13 seuns Ons is baie trots op elkeen van julle. Baie sterkte vir die Gautengkampioenskappe.
KULTUUR Ons het heelwat leerders gehad wat aan die Kunswedstryde en Eisteddfod’s deelgeneem het. Alle uitslae moet aan me. Elizna de Korte gestuur word sodat ons dit eenmalig kan uitdeel. 3
TOERE Die toere het baie suksesvol verloop. Baie dankie aan die personeel wat so mooi na ons leerders omgesien het. Dankie vir ons leerders wat goeie dissipline gehandhaaf het tydens die toere.
LEESOPVOERINGS Die Leesopvoerings kom nou vinnig nader en hier is belangrike datums oor die oefeninge optredes:
Oefening: 23 September vanaf 14:00 tot 16:00 (Alle leerders teenwoordig) Oefening: 25 September vanaf 14:00 tot 16:00 (Alle leerders teenwoordig) Kleedrepetisie: 29 Oktober vanaf 14:00 tot 16:00 Optredes: 30 September tot 2 Oktober om 18:30
GHOLFDAG Aangeheg aan hierdie nuusbrief is daar ‘n brief vanaf die Reëlingskomitee aan die ouergemeenskap. Syfers vir Gholfdag word eersdaags bekend gemaak.
MANDELADAG Aangeheg aan hierdie nuusbrief is ‘n bedankingsbrief van een van die organisasies waar ons leerders ‘n uitreikaksie geloods het.
ADHD - SIMPOSIUM Ouers en personeel moet asseblief kennis neem van ‘n ADHD - simposium wat vir die skoolgemeenskap aangebied word op die 22 ste September by Leeuwenhof Akademie. Inligting word eersdaags aan ouers uitgestuur.
SPEEL SO MET JOU KIND Aangeheg is daar ‘n artikel uit die Huisgenoot met oulike wenke hoe om met jou kind te speel.
FOTODAG Klas en individuele foto’s word op Vrydag, 12 September, geneem.
WHATS APP – GROEPE Tydens die vorige termyn was daar kere gewees waar ‘n ouer of ouers hul ontevredenheid of ongelukkigheid op ‘n groep bespreek het. Ouers moet asseblief ongelukkighede met die betrokke personeellid opneem en die probleem so oplos. Dit is nie aanvaarbaar dat ouers hul
4
ongelukkigheid op ‘n sosiale platform in ‘n groep bespreek nie. Ouers moet asseblief ook hierdie inligting met hul kinders wat op sosiale netwerke is, bespreek.
SKOOLDRAG Baie dankie dat ouers altyd sorg dat ons leerders so netjies skool toe kom. Leerders trek volledige somersdrag aan wanneer die skool op 9 September begin.
GEBOUE EN TERREIN Tydens die vakansie is al die klasse en vensters van die skool skoongemaak.
BELANGRIKE DATUMS 8 September 9 September
10 September
11 September
12 September 13 September 15 September
16 September 18 September 19 September
20 September 21 September
Krieket: 0/9 vs. L/s Randhart Skool begin om 08:00 Krieket: 0/10 vs. L/s Oosterkruin Krieket: 0/11 vs. L/s Oosterkruin Krieket: 1 stes vs. L/s Oosterkruin Krieket: 2 des vs. L/s Oosterkruin Moontlike semi-finale vir 0/10 en 0/11 krieketspanne wanneer laaste ligawedstryde gewen word Gewyde sang Krieket: 0/9 vs. L/s Oosterkruin Public Speaking by Bishop Bavin Klas en individuele foto’s Assesseringsplanne aan ouers Immergroen ouerskap Skaak vs. L/s Oosterkruin Krieket: 0/9 vs. L/s Orion Moontlike krieketfinaal: o/10 en o/11 Krieket: 0/9 vs. L/s Elspark WIJ Krieket: 0/9 vs. L/s President Steyn Die skryfster Karmen Wiid besoek die skool Ekstra klasse: Gr. 7 leerders Studiekursus Tromspan: Optrede by NG Kerk Primrose Heuwel
Leeuwenhof - groete
5
____________________ MNR W UYS LAERSKOOL HOOF
6