Welpienuusbrief 29 2014

Page 1

2014 September 30 Nuusbrief 29 Saamgestel deur Wilna van Rooyen 083 454 2843 wilnav@leeuwenhof.co.za

Oupa—en Oumadag Dit was darem net ’n voorreg om saam met ons mooi kleuters se oupas en oumas te kuier! Baie dankie aan elkeen wat die geleentheid bygewoon het! Baie dankie aan juffroue Jeannine en Zuanéll wat die dag vir ons gereël het! Ons het dit as ’n heerlike fees beleef. Baie dankie aan elke juffrou vir insette en aktiwiteite, wat die dag besonders gemaak het!

OUPAS EN OUMAS, liefde en lente!: Moet nooit die waarde van jou voorbeeld onderskat wanneer jy vir jou kleinkinders verdraagsaamheid, genade, vergifnis, vrygewigheid of geduld illustreer nie. Dit is nooit te laat in die lewe om vir iemand anders ’n inspirasie te wees nie!

Ted O’Neal Mense word vernuwe deur die liefde. Soos sondige begeertes hulle verouder, so werk liefde om hulle jonk te maak.

Augustinus Maak nuut my dink oor U, ander en myself. Maak nuut my hart. My siel. Ja! Laat blom my manier van leef. Dag na dag na dag. Milanie Vosloo


Page 2

GRADEPLEGTIGHEID 7 OKTOBER: Ons graad nulle se gradeplegtigheid vind op 7 Oktober om 18:30 in die Hoërskoolsaal plaas. Dit is ’n baie spesiale geleentheid vir ons mooi maatjies en ons nooi ouers, grootouers familie en vriende om ons kleuters se vreugde met hulle te kom deel. Onthou asseblief om per SMS te laat weet hoeveel gaste u gaan wees!

KAALVOET: Ons kleuters is baie welkom om kaalvoet skool toe te kom, gedurende die heerlike lente- en somermaande!

FANTASIETUIN: Ons het begin met ’n ―fantasietuintjie‖ onder die groot klim– en klouterapparaat. Ons vra dat u asb. oortollige plantjies, enige tuinversierings, trapklippe, ens. wat u nie gebruik nie, na die skool sal stuur—ons sal dit verwelkom! Ons kleuters is vreeslik trots op die tuintjie, u hulp daarmee sal wonderlik wees! VERJAARSDAE IN OKTOBER: Baie geluk aan: Carlo Bricalli, Kaden Geldenhuys, Shiloh Gooding, Welton Botha, Megan de Vaal, Hanno Pienaar, Helen Hunt, Lia Grobler en Margueriterite met jul verjaarsdae! Mag die Heer elkeen in besonder seën en koester in Sy liefde en genade.


Belangrike datums:

Page 3

7 Oktober om 18:30 Gradeplegtigheid in die HoÍrskoolsaal 10 Oktober: Bandanadag—almal dra kopdoeke 16 Oktober: Skool sluit om 12:00 vir reses en open weer op 21 Oktober 24 Oktober: Wieledag

Ons Oupas en Oumas maak die mooiste artikels saam met ons kleuters!


KLEINKINDERS : Kopiereg Voorebehou

Kleinkinders is vir grootouers ’n gawe, maar so ook is grootouers vir kleinkinders ’n genade. Oupas en oumas maak die wêreld net so ’n bietjie sagter, so ’n bietjie warmer. En kleinkinders doen dit ook: hulle aanvaar ouma soos selfs haar ouers, man of hul kinders haar nie aanvaar het nie. En niks maak ’n kind slimmer, ouliker en meer spesiaal as om ’n liefdevolle ouma se kleinkind te wees nie. Niemand kan vir kinders gee wat oupas en oumas kan nie—soveel liefde, tyd, aandag, bewondering en alles sonder kritiek of haas. Geniet u kleinkind met volle oorgawe! Vriendelike groete! Wilna van Rooyen en die Voorskoolpersoneel

Telefoon: 011 622-1806 Wilna: 083 454-2843 wilnav@leeuwenhof.co.za

Liefde Liefde is onsigbaar—dit kan nie gemeet of gesien word nie en tog is dit magtig genoeg om jou in ’n oomblik te transformeer en jou meer vreugde te bied as enige materiële besittings.

Barbara de Angelis

Vier pilare: Christelikheid en dissipline, Uitnemende Akademie, Kultuur en Sport Professionaliteit


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.