3 minute read

Die eerstespan rugbykapteins gesels...

Next Article
HISTORIESE UITSLAE

HISTORIESE UITSLAE

Daneil Potgieter

Wat is die hoogtepunt van jou rugbyloopbaan tot dusver?

Advertisement

Om kaptein van die eerste rugbyspan te wees is hoog op die lys, maar ek sal sê toe ek die jaar as stut vir die Cravenweek- oefengroep gekies is.

Hoe motiveer jy jou span?

Ek probeer my span motiveer deur hulle moed in te praat, maar hoofsaaklik deur te lei deur `n voorbeeld te stel. Ek sien nie my spanmaats as my mede-spelers nie, hulle is my broers op die veld, saam met wie ek kan bly veg en my rugbydrome uitleef.

Wie is julle onderkaptein en hoe staan hy jou by?

Dewald Lubbe is my sewe flank, onderkaptein, hoofseun en een van my beste vriende. Hy is regtig ‘n pilaar op wie ek kan steun en ‘n goeie leier. Dewald maak dit lekker om rugby te speel en te oefen, ‘n oefening saam met hom is altyd interessant.

Waarna sien julle as ‘n span die meeste hierdie jaar uit?

Gimmie-Volkie is altyd een van die hoogtepunte van ‘n seisoen, maar as alles goed gaan, sal dit wees om die Noordvaal-finaal te wen.

Wie is jou gunsteling Springbokrugbyspeler en hoekom?

Jasper Wiese, die fisiese impak wat hy op die spel het en hoe hard hy bal dra, is iets waarna ek opkyk en nastreef.

Wat is jou planne vir die toekoms?

Op die korttermyn is dit net om matriek deur te kom, maar ek het onlangs voorlopige keuring vir bedryfs ingenieurswese gekry, so ek wil ingenieurswese studeer en ook baie graag vir die NWU rugby speel en kyk waarheen dit my vat.

Wiaan Alberts

Wat is die hoogtepunt van jou rugbyloopbaan tot dusver?

Alhoewel ek aan baie hoogtepunte kan dink, is daar een hoogtepunt wat ek nooit sal vergeet nie en dit was toe ek die voorreg gehad het om vir die eerstespan teen Gimmies tydens Volkie-Gimmie in Volkies se eeujaar te kon speel. Dit was vir my `n groot voorreg en eer. Dit was `n onvergeetlike dag en oorwinning.

Hoe motiveer jy jou span?

Ek motiveer hulle deur te wys dat ek in elkeen van hulle glo. Ek probeer om `n goeie voorbeeld vir hulle te stel. Ek ondersteun waar ek kan of waar hulle my nodig het en probeer hulle help om hulle beste weergawe na vore te bring.

Wie is jou onderkaptein en hoe staan hy jou by?

Andre Zeelie is die onderkaptein. Hy ondersteun my deur my keuses by elke oefening te “back”. Hy maak my rol as kaptein makliker, omdat hy my help om die span op die veld te lei.

Waarna sien julle as n span uit die meeste hierdie jaar uit?

Defnitief die Volkie-Gimmie Classic Clash!!! Ons is reg om uit te haal en te wys. Ons as span sien ook daarna uit om ons volle potensiaal en talent te ontwikkel en uit te leef.

Wie is jou gunstelling Springbok rugbyspeler en hoekom?

As ek een moet kies is dit Pieter-Steph du Toit. Hy is my gunstelling rugbyspeler, omdat hy baie nederig is, hy doen die harde “donkey” werk wat almal nie altyd sien nie, maar wel `n groot verskil in die spel maak.

Wat is jou planne vir die toekoms?

Ek los my toekoms in die Here se hande. Ek sal wel graag wil studeer.

John-Ross Jackson

Wat kan die skool en ouers hierdie jaar te wagte wees van julle span?

Die jaar het nie begin soos wat ons graag sou wou gehad het dit moet nie. Daar was ongelukkig baie beserings op kritiese posisies, maar ons wil graag hardlooprugby speel waar seuns die geleentheid kry om hulleself uit te leef.

Hoe is die samestelling van die span?

Daar is goeie balans tussen die voor- en agterspelers. Op die oomblik is daar nog ‘n paar seuns met beserings, maar die meeste is darem nou weer reg en fiks om te speel.

Waar sal jy sê lê julle krag die jaar?

Definitief by die voorspelers en ons het genoeg spoed op die punte.

In jou opinie, wat is die eienskappe van ‘n goeie rugbyspeler?

Dit is iemand met attitude wat gedissiplineerd in alle aspekte van die lewe is. Iemand wat nooit opgee of oorgee nie. Iemand wat sy man kan staan, al moet hy alleen staan. Hy moet altyd respek hê vir homself, sy spanmaats en opponente.

Wat is jou filosofie as ‘n afrigter?

My filosofie is dat niemand perfek is nie, maar ons kan ALTYD ‘n perfekte “effort” gee om jong manne ten volle op, en af van die veld af, te ontwikkel, sodat hulle eendag rolmodelle kan wees in die samelewing. Om kinders te leer dat ‘n mens nooit tou opgooi as dinge moeilik gaan nie. Om altyd nog een keer op te staan.

Na watter afrigters kyk jy op? My hoërskoolafrigter, mnr. Marius van Heerden.

This article is from: