1 minute read

HISTORIESE UITSLAE

Gimmie-Volkie kragmeting 2023

Min gemeenskappe het steeds die absolute voorreg om met twee kompeterende en presterende skole in dieselfde dorp te kan spog.

Advertisement

Daarom is die kragmeting tussen twee vooraanstaande skole soos Gimnasium en Volkskool in Potchefstroom ‘n geleentheid wat gekoester moet word. Ons twyfel geensins dat die intrinsieke trots en kompeterende aard van die leerders van die onderskeie skole sal verseker dat die wedstryde kliphard gaan wees, maar ook met die nodige wedersydse respek vir mekaar hanteer sal word. Mag elke deelnemer sy Godgegewe talent uitleef en elke oomblik geniet. Mag daar ook nuwe vriendskapsbande tussen opponente gesmee word - bande wat vir jare wat kom steeds sterk sal wees. Die lewe is kort, leef dit; sport is lekker, geniet dit; vriendskappe is skaars, koester dit; woede is onnodig, los dit; herinneringe is soet, bewaar dit; respek is bemagtigend, verdien dit.

Ons wens is dat hierdie geleentheid ook die gemeenskap sal verenig in die meelewing en ondersteuning van ons skole en ons jeug. Ons erken die belangrike rol wat ouers, die sakesektor en die gemeenskap in ons skole speel. Mag die breër gemeenskap deurgaans ons skole koester, dra in hulle gebede en die belangrikheid van opvoedende onderwys besef en waardeer.

Our Team

Head Office

Share this edition with someone digitally

WhatsApp your name to 063 028 3966 and we will send you the PDF

This article is from: