1 minute read

Hoërskool Garsfontein, 263

102-Jaar Eeufeesdinee

Afrikaanse Hoër Meisieskool het haar 102-jarige bestaan met ‘n Eeufeesdinee gevier die 27 Januarie. Almal wat teenwoordig was, is met een gedagte gelaat, en dit is dat die Afrikaanse Hoër Meisieskool ‘n baie besonderse skool is. Dit het baie duidelik geblyk uit juf. Marna Jordaan se toespraak oor die skool en haar roemryke geskiedenis.

Die skool se Eeufees Gedenkblad is tydens die Eeufeesdinee bekend gestel. Dit was onmoontlik om ‘n 100 jaar se geskiedenis in ‘n boek vas te vang. Die skool wou graag ‘n gedenkblad uitgee wat eerder die ‘hart’, of essensie van die skool vasvang. Daarom is die Gedenkblad nie ‘n narratiewe weergawe van elke jaar se gebeure en al die persone verbonde aan die skool nie.

Afrikaanse Hoër Meisieskool se hoofmeisie, Megan Kruger saam met haar ma Mev. Doreen Kruger, tydens die skool se Eeufeesdinee.

We work with schools across S.A printing school diaries, yearbooks, workbooks and more.

This article is from: