11 minute read

Cornwall Hill College, 261

12 Affie-atlete het op 9 Februarie aan die jaarlikse Top10 kompetisie vir seuns deelgeneem en kon daarin slaag om dit vir die sewende keer in ‘n ry te wen.

Dit is moontlik die grootste Top10-byeenkoms met 1886 atlete wat deelgeneem het. Die span het ‘n telling van 9037 behaal, met ‘n gemiddeld van 904 punte per atleet.

• Francois Boshoff (o.14), Verspring, 400m • Lucan Kotze (o.14), 100m, 100m Hekkies • Jordan Meyer (o.15), Gewigstoot, Diskus • Werner Gouws (o.15), 400m, 1500m • Andru van Zyl (o.15), Diskus • Tylo Fisher (o.15), 100m Hekkies, 300m Hekkies • Justin van Vuuren (o.16), 400m, 400m Hekkies • Hencu Lamberts (o.16), Gewigstoot, Diskus • Charles Nel (o.17), 110m Hekkies, 100m • Dieter Schubert (o.17), Gewigstoot, Diskus • Johandré Pienaar (o.17), Spiesgooi • Anru van Zyl (o.19) Gewigstoot, Diskus

Eerstespan Gholf Affies wen swem-interhoër

Die swemspan het vandag die seunsafdeling van die Pretoria A-bondinterhoër by die Hillcrest-swembad gewen. Baie geluk aan Christiaan Esterhuizen wat as die Junior Victor Ludorum aangewys is. Finale puntestand:

1. Affies, 395 2. Die Hoërskool Menlopark, 345 3. Pretoria Boys` High, 331 4. Hoërskool Zwartkop, 324 5. Midstream College, 313 6. Hoërskool Garsfontein, 263 7. Cornwall Hill College, 261

LAERSKOOL GARSFONTEIN

Distrik Atletiekbyeenkoms

Laerskool Witpoort was bevoorreg om die jaar 25 atlete te hê wat aan die Distrik atletiekbyeenkoms deelgeneem het by Hoërskool Erasmus. Laerskool Witpoort se atlete het kragte gemeet teen Laerskool Rayton, Balmoral, Du Preez van Wyk en skole van Pretoria. Ons atlete het weggestap met 4 goue medaljes, 7 silwer medaljes en 10 brons medaljes. Na afloop van die Distrik Atletiekbyeenkoms het 9 van ons atlete gekwalifiseer vir die Gauteng kampioenskappe.

Judo boeties Daegan Webster, Graad 6 en Kallan Webster, Graad 1 het albei deelgeneem aan die Gauteng Ope in Johannesburg. Beide Daegen en Kallan is deel van die PMA groep. Daegan het goud verwerf in sy gewigsgroep en Kallan het brons verwerf in sy gewigsgroep.

Perdry

Die Witties ruiters het by Eaton Farm in Johannesburg deelgeneem aan hulle eerste perdrykompetisie van die jaar. Zanica Grobler het 2 puik eerste plekke verwerf en Ne-Reike Smith het ‘n 8ste plek verwerf.

Chantoné Buckle in Graad 3 is genooi om Saterdag 15 Januarie ‘n oudisie by te woon vir ABS produksies en Via KykNet. Sy is een uit 20 finaliste wat gekies is om ‘n “acting” kursus by te woon en sy is ook ‘n rol verseker in ‘n kort film waar sy saam ‘n paar bekends gaan optree.

Janike Kuyshaar Jeanette Buloze Zanica Grobler Juffrou Nadia Stieger, Ne-Reike Smith en Zanica Grobler

Tinitia van Tonder een van Witties se Graad 3 leerders het aan die Noord-Gauteng karatekompetisie deelgeneem. Tinitia spog met 2 goue medaljes. Daegen Webster Kallan Webster Tini van Tonder

Atletiek - Distrik Kampioenskappe

Laerskool Garsfortein behaal die volgende prestasies:

• Lenique Vogel, verower 3 goue medaljes by Distrik Kampioenskappe en ‘n nuwe rekord vir die 100m en 200m dogters onder 13. • Lorenco Scott, verower ‘n goue, silwer en brons medalje tydens Distrik Kampioenskappe en ‘n nuwe rekord vir verspring seuns onder 12. • Megan Maree, verower ‘n goue en silwer medajie by Distrik Kampioenskappe en ‘n rekord op kort hekkies dogters onder 13. • Jean-Jacques Thom, verower ‘n goue medalje tydens Distrik Kampioenskappe en ‘n nuwe rekord op kort hekkies seuns onder 13. • Daniël Janse van Rensburg, verower ‘n goue medalje tydens Distrik Kampioenskappe en ‘n nuwe rekord met 1500m stap seuns onder 13.

Kultuur

Chantoné Buckle

Daniël Jv Rensburg

Tennis - First Team Boys

Megan Maree Lorenco Scott Lenique Vogel

Tennis - First Team Girls

Jean-Jacques Thom

Garries se Aflosspan Maak Geskiedenis

Garsies se o.19 meisies-aflosspan het Vrydag tydens Pretoria A-Bond Interhoër geskiedenis gemaak deur die eerste o.19 meisies-aflosspan van dié skool te word om as kampioen van die byeeenkoms gekroon te word.

Die viertal – Tanche Labuschagne, Karli Slabbert, Yave Collins en Chane Kok het die wedloop in ‘n skitterende tyd van 49.60 sekondes gewen om geskiedenis te maak. Garsfontein is al sedert 1994 deel van Pretoria se A-bond Interhoër. Dié skool se atlete meet dus al vir 28 jaar lank teen die beste in die Jakarandastad hul talente.

Garsies se o.19 aflosspan het in 2010, 2013 en 2017 wel ook daarin geslaag om silwer medaljes op dié byeenkoms los te nael. FOTO: Andries Kruger Tanche Labuschagne, Karli Slabbert, Yave Collins en Chane Kok

Garsfontein die Beste in Gauteng

Die Hoërskool Garsfontein spog vanjaar weer met ‘n 100% slaagsyfer en is ook deur die Departement van Onderwys as die beste akademiese skool vir 2021 matriek-eindeksamen aangewys.

100% slaagsyfer: • 345 kandidate het met Universiteitstoelating geslaag (Meeste deur ‘n skool in Gauteng) • 803 onderskeidings (2.2 onderskeidings per kandidaat) • 8A’s = 6 kandidate • 7A’s = 10 kandidate • 6A’s = 22 kandidate • 5A’s = 18 kandidate • 4A’s = 30 kandidate

Oosthuizen Skitter in Ruiterkuns

Garsies se Tharien Oosthuizen het onlangs uitstekend in die gebied van ruiterkuns gevaar deur by die Menloskou wat op die The Burgh-ruiterkunssentrum aangebied is.

Sy het ‘n eerste plek vir 80-90cm ruiterskap (equitation) en ‘n derde plek in 90cm perdespring (showjumping) tydens die kompetisie verwerf. Tharien Oosthuizen

Twizza Super-reeks

Brian Raats het Saterdag in die Ruimsig-stadion in Krugersdorp tydens die Twizza Super-reeks se nasionale-atletiekbyeenkoms met ‘n allemintige sprong van 2.20m die hoogspring-titel vir seuns o.19 ingepalm. FOTO: Marius Nortjé

Matriekklas van 2021 Brian Raats

Interhoër Atletiek

Die Hoërskool Menlopark het as wenners van die Pretoria interhoër uit die stryd getree en hier volg die hoogtepunte:

Senior victrix ludorum: Alicia Khunou Senior victor ludorum: Ruan Oosthuizen

Rekords wat na dese agter Parkie-name staan: Alicia Khunou o. 16 Gewigstoot 15.43 m Diskus 44.60 m Cellonika vd Berg o. 16 Gewigstoot 14.94 m Hanru Potgieter o. 17 Spiesgooi 70.72 m Leskin Samuels o. 15 Hoogspring 1.95 m Ruan Oosthuizen o. 19 400 m 46.94 sek Taelyn Smith o. 14 Hoogspring 1.83 m Niel van der Merwe o. 19 3 000 m 08:35:65 min Lesedi Khunou o. 19 Diskus 47.61 m Aiden Smith o. 19 Gewigstoot 19.21 m

Redenaars 2022

Juandré, en die span dring deur na die finale. Juandré wen sy afdeling en die span eindig 3de.

Ons Menlo-Swemspan het tydens Woensdag, 2 Maart se A-liga swemgala behoorlik laat water spat. Weerlig, donderweer en storm reën kon ons nie terug hou nie. Ons swemmers het hul liefde vir swem geopenbaar en die spangees was aansteeklik onder die ander skole.

Carla van Wyk

Hanru Potgieter

Ruan Oosthuizen Taelyn Smit

Thinus Pretorius

Menlo-kultuur: veelsydig, dinamies, briljant!

Menlo-kultuur laat hom nie sommer definieer nie. Dit is asof die kunstenaars se emosie en die gehoor se reaksie in die spasies tussen woorde ontsnap en die enigste manier om Menlo-kultuur te karakteriseer, is om dit in lewende lywe te beleef. Dit is eers wanneer Menlo-talent homself in verskillende gedaantes voor jou afspeel dat jy besef dat woorde nie reg aan die meesterlike vertolkings geskied nie en dit is die rede waarom ons kultuurkorps die Menlo-bodem een maal per jaar vir die Atterbury Teater verruil. Dit is hier waar ons redenaars die gehoor met woordkuns oortuig, waar die kunstenaars jou woordeloos verstom, waar die dansers ‘n storie met stilswye vertel en waar musici, soms sonder taal en soms selfs in vreemde tale, kleur aan die swart en wit note gee. Menlo-prestige kultuuraand is elke jaar ‘n uitsonderlike geleentheid waar ‘n groot verskeidenheid deelnemers die gehoor bekoor. Baie geluk aan elkeen! Luané Erasmus, Liané de Wet, Juandré Gerber & Ben Schomper.

Menlo-Swemspan

Menlo behaal die volgende prestasies: Individuele prestasies: 7 brons medaljes 4 silwer medaljes 5 goue medaljes Aflosse: Brons linte vir O/9 Dogters Vryslagaflos en O/9-13 Ouderdomsaflos Silwer linte vir O/13 Seuns Vryslagaflos Goue linte vir O/9 Seuns Vryslag- en Wisselslagaflos Menlo behaal algeheel 5de plek onder 8 skole.

Met afloop van die huissport word die Victor en Victrix Ludorum vir die junior en senior atlete bepaal. Baie geluk aan die volgende atlete:

Bernu Pieters Chantelle Ferreira Dannhauser vd Merwe Dinah Retief Jana Retief Klaradyn Moolman

Voorreg val Menlo-krieket te beurt

In die lied, Kringe om die maan, beskryf Coenie de Villiers die prag van die randjiesveld se blou. Menlo se krieketspelers het ‘n blou skynsel van ‘n ander aard aan die randjiesveld verleen toe hulle hulle slag teen die Oppenheimer XI-tal op Randjiesfontein gewys het. Nes ‘n arend in die bekende lied om sy niksvermoedende prooi wen-tel, het die Menlo-spelers die opponente omsingel en die paaltjies met puik kolf- en boulwerk laat kantel. ‘n Uitnodiging om teen die Oppenheimer XI-tal op die veld te stap, is skaarser as ‘n reënbui in die Karoo, aangesien die eer slegs een skool per jaar te beurt val en dit is daarom absolut noodsaaklik om die kans te benut... en dit is presies wat Menlopark gedoen het. Baie geluk aan Menlo se eerstespan wat hierdie geleentheid met albei hande aange-gryp het en die opponente met puik spel beïndruk het. Hierdie goeie nuus is slegs die punt van die ysberg, want die skool het verder verneem dat Menlo se naam boaan die Finsbury-ranglys staan. Agter Menlo-krieket staan reeds name soos Heinrich Klaasen, Rassie van der Dussen en Suné Luus. Ons kan nie wag om te sien watter van hierdie krieketmanne se name een van die dae ook in groen en goud sal pryk.

Victor & Victrix

Anrich Kruger (Junior Victor) Liane van Wyk (Junior Victrix)

SITHI WENA

YOU DESERVE IT

Dover Grey EcoTec Recti ed 10990

Anrich Mors (Senior Victor) Inge Schoeman (Senior Victrix)

MENLYN

012 365 3070

38 Palala Road, Ashlea Gardens, Pretoria

Interhoër Atletiek - Aflos

Kloof se seunsaflosspan eindig algeheel eerste tydens die interhoër van 2022. Die meisies het algeheel tweede geëindig. Baie geluk aan al die aflosse vir die spanpoging - ons is baie trots op julle!

Eerste krieketspan wen die Finsbury-reeks

Baie geluk aan die eerste krieketspan wat die Finsbury-reeks gewen het teen Die Hoërskool Menlopark. Ons is ongelooflik trots op Kloof se krieket! Welgedaan, manne!

Mnr & Mej Waterkloof 2022

Ons stel graag aan julle bekend, Mnr. & Mej. Waterkloof 2022:

Guillaume Marais & Chevanne Willemse

Interhoër Atletiek - Diskus

Die graad 10 leerder, het met die Prestige byeenkoms die Pilditch rekord gebreek met `n afstand van 56.47m. Wesley spog met `n persoonlike rekord van 59.76m.

Wesley Badenhorst

This article is from: