Bloemfontein(November 2016) Primary - High Schools

Page 1

BLOEMFONTEIN

PRIMARY SCHOOLS & HIGH SCHOOLS | LAERSKOLE & HOËRSKOLE

NEWS

See Page 3 NOVEMBER 2016

FREE / GRATIS

www.awsum.co.za | Tel: 021 872 3880 Home

Lifestyle

Health

Competitions

Recipes

LIKE US ON

School News

Minki

van der Westhuizen In s pi ri ng n e w v e n t u re s !

FRESH EGGS

NOURISH THE BODY www.icoachbjorn.co.za & Awsum Hope Challenge


Welkom, Somer!! Editorial team

Somer is uiteindelik hier, en daar is reeds ‘n somervakansiegevoel in die lug. Sterkte aan almal wat nog eksamen skryf - kinders en ouers!

Editor Marika Truter | 021 872 3880 marika@tiemedia.co.za Fashion editor Pepe Sofianos | 083 300 2068 pepesofianos@gmail.com Designers Rowan Engledoe | rowan@tiemedia.co.za Jade Bushby | jade@tiemedia.co.za Nadia Matthee | nadia@tiemedia.co.za Aniena Keller | aniena@tiemedia.co.za Ruveix Venter | ruveix@tiemedia.co.za Editorial coordinator Ryno Wolfaardt | 021 872 3880 ryno@tiemedia.co.za Advertising coordinator Samantha Marshall | 021 872 3880 sam@tiemedia.co.za

Advertising Susan Potgieter | 078 346 6796 susan@tiemedia.co.za

Distribution AWSUM News is distributed to the following schools in BLOEMFONTEIN:

Primary Schools: Jim Fouché, Willem Postma, Eduplus Independent School, Fichardtpark, President Brand, Kyrios Independent School, Bloemfontein. High Schools: Sentraal, Fichardtpark, Grey College, Jim Fouché, Martie du Plessis, St Andrew’s. AWSUM News is published by the TieMedia Group, Jock de Villiers Office Building, 376 Main Road, Paarl, 7646. 021 872 3880 | www.awsum.co.za

Somer is in volle gang, and wie is beter om op ons voorblad te hê as die lieflike Minki van der Westhuizen, in sagte, koel somerkleure! Lees oor Minki, moederskap en Boer Soek ‘n Vrou hier onder. Ons het so ‘n fantastiese reaksie gehad op ons Jan Braaiartikel en resepte ‘n paar maande gelede, dat ons dit goedgedink het om nog braai-aksie vir ons lesers te bring deur ‘n klompie resepte op ons Facebook-blad /AWSUM Bloemfontein te plaas. Geniet julle tyd om die braaivleisvuur met gourmet-resepte uit More Braai, the Beloved Country – en wen ook een van drie kopieë wat ons het om aan ons lesers weg te gee, om julle braai hierdie somer beter as ooit te maak. Geniet die laaste klompie weke van skool en regmaak vir die lang vakansie wat voorlê! Marika & jul toegewyde AWSUM-span

We have three copies of MORE Braai, the Beloved Country up for grabs!! If you want one, email us at info@tiemedia with Braai in the subject line and your name and contact details. See our FB page /AWSUM Bloemfontein for scrumptious recipes from the book.

Join our AWSUM Facebook pages #socialmedia #joinourpage We share AWSUM news on our regional specific Facebook pages, so don’t miss out and make sure you join us!

AWSUM Bloemfontein

AWSUMCelebrity Interview

Minki van der Westhuizen Minki van der Westhuizen is een van Suid-Afrika se mees herkenbare persoonlikhede. As ‘n topmodel het sy op ontelbare tydskrifvoorblaaie verskyn. Meer onlangs het sy egter bekendheid verwerf as gewilde televisieaanbieder. Ons het met haar gesels oor Boer Soek ‘n Vrou, moederskap, en die lewe terug in Suid-Afrika. V: Jy is wêreldwyd bekend as topmodel. Hoe het dit gebeur dat jy televisie-aanbieder geraak het, eers vir Pasella en nou vir die realiteitsreeks Boer Soek ‘n Vrou? A: Pasella se vervaardiger het my in 2007 gevra of ek sou belangstel in TV-aanbieding. Ek het nie eens twee keer gedink nie! Ek wou nog altyd in die televisiebedryf werk, en toe die geleentheid kom om die aanbieder te wees vir die nuwe seisoen van Boer Soek ‘n Vrou, was ek in die hemel. V: Wat geniet jy die meeste van Boer Soek ‘n Vrou? Watter boer sou jy sê is AWSUM? A: Om al die mooi dele van die land te sien – ek het net weer besef hoe stunning en divers ons land is! Die boere is almal AWSUM! V: Nog ‘n Boer Soek ‘n Vrou-vraag … die vraag op almal se lippe is of enige van die boere jou probeer beïndruk het eerder as die vroue op die plaas? A: Neeeee, ek het nooit die gevoel gekry nie! Hulle weet mos ek is nie beskikbaar nie. Die boere is almal baie trots op hulle plase en ek het dit geniet om vir ’n dag deel te wees van hulle boerderye.

Page 2

AWSUM NEWS NOVEMBER 2016

V: Wat is jou raad vir eerste afsprake? Tel eerste indrukke? A: Eerste indrukke is baie belangrik – jy sien dalk die persoon nooit weer nie en dan is dit die prentjie wat die persoon van jou het. Wees net jouself – dan kan jy nooit verkeerd gaan nie. V: Jy en jou jong gesin het einde verlede jaar teruggekeer na Suid-Afrika na amper ses jaar in Londen. Hoe was die lewe daar? Wat het jy gemis van Suid-Afrika? Hoe het jy weer aangepas in SuidAfrika? A: Ons was baie gelukkig in Londen, en Engeland sal altyd baie spesiaal wees vir ons. Niks kan egter ons vreugde terug in Suid-Afrika oortref nie. Ons almal floreer en ek dink die dogtertjies het al vergeet van die UK. Ons het baie maklik aangepas – dis asof ons nooit weg was nie. Ek het my ouers baie gemis, en ook die weer en lekker kultuur. En natuurlik ook die mooi natuurskoon en berge. V: Jy het twee dogtertjies, Katerien (3) en Elise (2). Hoe het moederskap jou lewe verander? Wat is die beste ding van ma-wees vir jou? A: Die liefde en aandag en oulike woordjies en drukkies en nat soentjies en vuil handjies … ek is mal oor elke oomblik van mamma wees! Moederskap het my geleer om nie meer so ingestel op myself te wees nie. En dit het my geduld geleer. V: Jou man, Ernst Joubert, was bekend as rugbyspeler. Wat doen hy deesdae? A: Hy is Head of Operations by Stellenbosch Academy of Sport Rugby Institute.


GREY COLLEGE (t) 051 444 1513 (e) post@gc.co.za Sport results Cricket 1st team Die eerste krieketspan van Grey het teen HTS Bloemfontein en Jim Fouche gespeel. • Grey vs HTS Grey kolf eerste en teken 152/6 in 20 beurte aan. Die beste kolwers was Christopher Schreuder 70 (52) en Benje Pienaar 30 (21). HTS teken 78/7 in hulle 20 beurte aan. Graham Carr neem 3 paaltjies vir slegs 3 lopies. Grey wen die wedstryd met 74 lopies. • Grey vs Jim Fouche Christopher Schreuder lei die kolfaanval en Grey teken 184/2 in hulle 20 beurte aan. Die beste kolwers was Christopher Schreuder 109* (66) en CP Klijnhans 68 (49). Jim Fouche teken 59/6 in hul 20 beurte aan. Benje Pienaar neem 3 paaltjies vir slegs 8 lopies in sy 4 boulbeurte. Grey wen die wedstryd met 125 lopies. Chess During 2016 Chess league the u/17A team won 1st place. Athletics Die Gideonsbende van 11 atlete wat aan die byeekoms by Paul Roos Gimnasium deelgeneem het, kwyt hul skitterend van hul taak! Eerste Plekke: Tielman Niewoudt (Gewigstoot), Herman Aggenbag (Hamergooi), Jannes Schlebusch (Spiesgooi). Tweede Plekke: Petrus Jacobs (110m Hekkies), Janco van Heyningen (100m), Herman Aggenbach (Gewigstoot en Diskus), Johan Cronje (800m). Derde Plekke: Marnich Tessner (Diskus), Jacques Lotriet (Gewigstoot en Diskus), Tielman Niewoudt (Diskus).

School leaders for 2017 Christopher Schreuder in aksie met die kolf.

Henk Cilliers (Vice School Captain – City), Mr Deon Scheepers (Principal), Rikus Pretorius (School Captain 2017) and Lebo Molefe (Vice School Captain – Hostels).

AWSUM NEWS NOVEMBER 2016

Page 3


FICHARDTPARK PRIMÊRE SKOOL (t) 051 522 8166 (e) info@fichies.co.za Smurfies en sterretjies word bederf! Die jaarlikse SWK (Spelwoordekompetisie) was ‘n reuse sukses. Die sterretjieklas van Juffro Hettie was die wenners en Juffrou Emsie se Smurfieklas was in die tweede plek. Harde werk word altyd beloon.

Hoofleiers 2017 Fichies se Hoofleiers 2016 het harte laat warm klop tydens die Leerderraadseremonie. Hoofleiers het die tradisies voortgedra deur ‘n vlammetjie aan die Hoofleiers van 2017 te oorhandig. Baie geluk aan Lourens van Niekerk (Hoofseun), Carla Bredenkamp (Hoofdogter), Henco Coetzee (Onderhoofseun) en Alicia van der Merwe (Onderhoofdogter) wat verkies is.

Fichies hou fees tydens Markiedag Lekker … lekker … lekker … dis prettig by die Markiedag. Graad 1 tot 7 kon deelneem aan die Ope Markiedag. Fichies het gewys dat daar entrepreneurskap in hulle bloed is. Daar was vanaf lekkergoed, speelgoed, tot by speletjies, juwele en nog baie meer.

Lourens van Niekerk (Hoofseun) en Carla Bredenkamp (Hoofdogter).

GREY COLLEGE PRIMARY (t) 051 444 3150/2 (e)gcb@gcpb.co.za 2017 Grey College Primary Leaders Baie geluk aan ons drie hoofleiers vir 2017. May you continue to be an example to the rest of the school. We wish you only the best for the year to come.

Gerrie Henning, Albrecht Botha and Aron Alvarez Aranda.

Cricket Team Receives 8 Grey’t Players Congratulations to our eight cricket players who were selected to represent the Free State cricket teams this year. • U/13A Team: GJ Maree, Marco Fouche, Zander Rasmussen and Nelius Volschenk • U/13B Team: Marco Botha • U/11A team: Armand Fourie, Cornel Liebenberg, Letlotlo Likhi, Ian van der Merwe Good luck with the upcoming matches due to take place late November as well as early December.

Don Butler Redenaarskompetisie Ons twee top Senior Redenaarsprekers, Christi Myburgh en Joshua Lowe, het op 20 Oktober Grey Kollege verteenwoordig by Willem Postma se jaarlikse redenaarskompetisie. Christi het ‘n eerste plek verwerf en Joshua ‘n vierde plek.

Atletiek Woensdag, 19 Oktober was die jaarlikse Grey Kollege Primêr Kleureatletiekbyeenkoms op die Vrystaatstadion. Om en by 700 atlete het deelgeneem aan die byeenkoms. Nege rekords is ook op die dag verbeter.

PRIMÊRE SKOOL JIM FOUCHÉ (t) 051 522 5951 (e) info@psjf.co.za Eskom Young Scientists Expo Keatan Lombard presteer op die Eskom Young Scientists Expo deur ‘n Goud op die Streek Expo en Brons op die Nasionale Expo te verwerf. Keaton het ook Ereklere ontvang vir die puik prestasie! JF is trots op jou!

Page 4

AWSUM NEWS NOVEMBER 2016


LAERSKOOL PRESIDENT BRAND (t) 051 422 4941 (e) mariana@presidentbrand.co.za w

Voortrekkerleiers 2017 Mia König en Jeanre Coetzee.

Voortrekker Jeugleiers 2017 Mia König en Jeanre Coetzee.

Kriekettoer na Betlehem

Leerderraad 2017 Hoofleiers VOOR: Jurie Human (onderhoofseun), Dean Lategan (hoofseun). AGTER: Amy Jacobs (onderhoofdogter), Imché Venter (hoofdogter).

PBS se krieketspelers het aan Jordania se 7-aan-‘n-kant kriekettoernooi in Betlehem deelgeneem. Die seuns was ware ambassadeurs en het 3 van hul 5 wedstryde gewen. President Brand Krieket is bobaas!

Kaalvoetdag By PBS mag leerders gedurende die somermaande kaalvoet skooltoe gaan, maar op Vrydag, 28 Oktober het die hele skool, personeel en skoolhoof, mnr. Louis Smith, inkluis, die dag tot groot vermaak van die leerders kaalvoet aangedurf!

VOOR: Stefan Coetzer, Jarique du Plessis, Edwin Coetzer. AGTER: Shaun Schietekat, Dihan van Schalkwyk, Franco Rautenbach, Tristan Heckroodt.

PRIMÊRE SKOOL WILLEM POSTMA (t) 051 436 2730/1 (e) pthysn@wpps.co.za Don Butler-redenaarskompetisie Die jaarlikse Don Butler-redenaarskompetisie het oo 20 September by Willem Postma Primêre Skool plaasgevind. Dit was ‘n uiters suksesvolle aand met 18 top redenaars van nege Bloemfonteinskole wat teen mekaar meegeding het. Die uislae was soos volg: Seuns 1ste Christi Myburgh (Grey) 2de Rickus Prinsloo (WP) 3de John Shaw (Universitas) Dogters 1ste Helene Janse van Rensburg (WP) 2de Vianke Herbst (WP) 3de Marne Clase (OMS)

Hoofleiers 2017

Sportvrou

Tennis

Chante Olivier is gekies as Sportvrou van die jaar vir Vrystaat fietsry.

Lizmarie Schoeman is gekies as die beste meisiespeler tydens die jaarliks Graaff-Reinettennistoernooi.

Swemmers by African Championships

Rickus Prinsloo en Carla Fourie.

Willem Postma-swemmers saam met Kaylene Corbett (Goue medalje-wenner by die African Championships).

Willem Postma-swemmers en personeel by die African Championships.

JIM FOUCHÉ HIGH SCHOOL (t) 051 1760/1 (e) admin@jf.co.za Hoofleiers 2017 Hoërskool Jim Fouché het onlangs sy nuwe hoofleiers vir 2017 aangewys.

Hanjo du Randt (ondervoorsitter), Marli Kotzé (ondervoorsitter), Anja Kotzé (voorsitter) en Andrew Vorster (voorsitter).

AWSUM NEWS NOVEMBER 2016

Page 5


EDUPLUS INDEPENDENT SCHOOL (t) 051 446 0527 (e) eduplusprimary@

LAERSKOOL BLOEMFONTEIN (t) 051 433 1913 (e) info@lsbfn.com

Hoofleiers vir 2017

gmail.com

Police visit A policeman recently gave a demonstration of his K-9’s ability to smell out certain substances. Everyone was amazed at what Rocky could do, and the policeman had to answer hundreds of questions. And Rocky? He loved showing off his sniffing skills and getting lots of attention!

Athletics The results of the Independent Schools’ Athletics were announced today. Eduplus received 24 Gold, 14 Silver and 11 Bronze medals. Eduplus was placed 3rd overall. Well done, everyone!

Night Fun Run Eduplus runners don’t shy away from lightning, hail, mud, wind and rain. Our Night Run took place amidst unfavourable weather conditions, but everyone seemed to enjoy the downpour just as much as they enjoyed the race! Well done to all the runners!

Chrisan Jordaan (Onderhoofdogter), Marno Victor (Hoofseun), Marné du Plessis (Hoofdogter) en Hendré Botha (Onderhoofseun).

MARTIE DU PLESSIS SKOOL (t) (051) 5226801 (e) algkantoor@mdup.co.za

KYRIOS INDEPENDENT SCHOOL (t) 051 250 4050 (e) admin@kyriosschool.co.za

Hoofleiers van 2017

Kyrios staff encourage all our learners

Met Martie du Plessis skool se jaarlikse prysuitdeling is ons hoofleiers van 2017 aangewys.

The Kyrios staff would like to encourage all our learners to put their all into the last stretch of the year and to aim for only the best in their academics!

Christmas celebrations At Kyrios, our Christmas celebrations started with a hugely successful Nativity play. It is always an honour to develop a child in another sphere outside academics and we look forward to further drama successes.

Ruhandre Donogue (Onder-hoofleier) en Kyle Badenhorst (Hoofleier).

Page 6

AWSUM NEWS NOVEMBER 2016


HOËRSKOOL FICHARDTPARK (t) 051 522 6927 (e) fichpos@fpark.co.za Fichardtpark se eerste krieketspan vir 2016

VOOR: F Jonker, J Rautenbach, S Klopper (afrigter), M Alberts, PJ Rothner. AGTER: J Scott, R Allen, M du Toit, T Roberts, mnr. P van der Westhuizen (afrigter), N du Buisson, T Housego, M Roux en D Gericke.

HOËRSKOOL SENTRAAL (t) 051 410 1800 (e) mail@sentraal.co.za Atletiek Baie geluk aan die volgende atlete van Sentraal wat 1ste plekke behaal het tydens die Paul Roos-byeenkoms in Stellenbosch op Vrydag, 21 Oktober. Sentraal is trots op julle!

Sport en Jag Federasie Baie geluk aan Elandri du Plessis van Hoërskool Sentraal wat ‘n 1ste plek behaal het in die kleingeweer- (.22) afdeling vir Knypkop dogters in baanskiet. Sy verdien dus haar Vrystaat-kleure. Sy behaal ook ‘n 1ste plek in die geweerjagafdeling vir Knypkop dogters. Sentraal is trots op jou prestasies.

Vrystaat 0/15 krieket

Lu-Zahn Janse van Rensburg (100m en 400m Hekkies), Arné Fourie (Hoogspring) en Keleshia du Plessis (100m en 200m).

Baie geluk aan Keeno Orlein van Hoërskool Sentraal wat ingesluit is in die 0/15 Vrystaatkrieketspan. Die span gaan vanaf 9 tot 13 Desember aan die Nasionale 0/15-krieketweek in Potchefstroom deelneem.

AWSUM NEWS NOVEMBER 2016

Page 7


ST ANDREW’S SCHOOL

(t) 051-444 1612 (e) oba@sasb.co.za

Saint Andrew’s Sports Awards Saint Andrew’s celebrated the achievements of its sportsmen on Saturday, 15 October at the annual Saints’ Sports Awards Dinner, with old boy and wheelchair rugby international Jared McIntyre delivering an inspirational address as guest speaker. John Kuhn received the Fred S Webber Award for Best Sporting Achievement and Dilivio Ridgard was named the Len Tuckett Sportsman of the Year. Kuhn, who is ranked the number one under-19 squash player in South Africa, represented South Africa at the World Junior Squash Championships in Poland, where he finished as runner-up in the consolation plate. He was unbeaten at the Interprovincial Schools tournament and helped Saint Andrew’s to once again be crowned Free State champions. Ridgard captained the Saints’ 1st XI cricket side, which achieved a top 10 ranking in South Africa. He and Gerald Coetzee have been included in the South African under-19 Invitational cricket side and Ridgard is also a member of the Knights’ under-19 squad. The Deputy Head Boy, Ridgard further captained the Saint Andrew’s 1st hockey side with distinction The all-round excellence of Vicario Crouch and Jayden Davids was recognised when the pair shared the

Page 8

Junior Sportsman of the Year Award. Crouch received his Free State colours for rugby, while Davids was awarded Free State colours in cricket. Michael Davids was acknowledged for receiving his South African colours in karate and Chris Smit received his provincial colours in fencing. Meanwhile, Josh Lawrence was crowned karate kumite world champion in the under-14 to under-17 age group on the weekend in Johannesburg. Twelve Saints’ squash players received Free State colours, as did six cricketers and 16 hockey players, while Southern Free State colours were awarded to a further nine squash players, 16 cricketers, and six hockey players.

Kumite world champion at World Martial Arts Games St Andrew’s schoolboy Joshua Lawrence came away from the 10th World Martial Arts Games a world champion after winning the kumite in the under-14 to under-17 age group in Johannesburg. It took a measured performance to capture the gold in the final. He explains, “I was really controlled. All my points were clean. I was in and out.” Competing in front of a proSouth African crowd was a wonderful experience, he adds. “The support was great. There were a lot of South Africans there. Stepping onto the floor for your country is really amazing.” Lawrence, a junior black belt, previously enjoyed international success at the Okinawa Open in 2015 when he was the lone South African to medal, picking up bronze in the Kobudo (weapons) for the under-15 age group.

Ocean Bed

Ocean Bed Self-Catering

MELINDA PETZER

SELF CATERING

Gonubie

Dilivio Ridgard

AWSUM NEWS NOVEMBER 2016

Sun Surf Sand

3Hart Street Gonubie EAST LONDON GPS co-ordinates: 28°56’38.76”S, 28°01’28.86”E Phone: 082 732 0239 Email: oceanbedselfcat@gmail.com Website: www.gonubieselfcatering.co.za

Phone Johan 082 859 7744 051 430 6435 1 Monument Road • Oranjesig • Bloemfontein


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.