Breede Vallei (Augustus) Laer Hoërskole

Page 1

BREEDE VALLEI

LAERSKOOL & HOËRSKOOL Want to read this paper online? Scan this code with your smartphone and voila!

GRATIS

Scan this code with your smartphone and like us on facebook!

Tel: 021 872 3880

news@tiemedia.co.za

www.awsum.co.za

NEWS

AUGUST 2014

NUUS

FREE

PRIMARY & HIGH SCHOOLS

AWSUM News

WHAT TO FIND INSIDE AWSUM Kombuis

Lifestyle

In and around the house

P2 Garden & Home

P3 Cruises-forAfrica

P3 - P12 School News

WHO WE ARE

To advertise in this newspaper - Contact: Johann Raath - 023 342 6030 - woes@mweb.co.za Wynand Fourie - 082 920 1109 - wynand@tiemedia.co.za Editor Tenille Swanepoel - 021 872 3880 | tenille@tiemedia.co.za

Graphic Designer Rowan Engledoe - 021 872 3880 | rowan@tiemedia.co.za Jade Bushby - 021 872 3880 | jade@tiemedia.co.za

Editorial Assistant Ryno Wolfaardt - 021 872 3880 | ryno@tiemedia.co.za AWSUM News is distributed to the following schools: BREEDE VALLEI: Primary schools: Worcester Noord, Worcester Oos, Worcester Voorbereiding, Worcester Primary School, Laerskool Montagu, Bonnivale Primêr, Laerskool Robertson, De La Bat School. High Schools: Hoërskool Robertson, HTS Drostdy, Hoërskool Montana, Worcester Gimnasium, Hoërskool Bonnievale, Hoërskool Montagu, De La Bat School. PRINTED BY - Paarl Coldset

Dit is deesdae mode om jou kind ná matriek een “af” jaar te gun – om ’n jaar lank oorsee te gaan werk, of om bloot ’n klompie los werkies te doen ... of om sommer net leeg te lê. Is dit die regte ding om te doen? Baat jou kind daarby? My kind is vanjaar in matriek en hy het geen idee watter beroep hy wil volg nie. Hy is goed in tale én in wiskunde en wetenskap. Hy is verslaaf daaraan om dinge op rekenaars te doen, maar wil dit nie noodwendig sy beroep maak nie. Dink hy aan joernalistiek? Miskien. Om aktuaris te word? Miskien. Dit is vir my ’n reuseprobleem. Ek wil nie hê hy moet ten alle koste universi-teit toe gaan en dan – soos ek – ná die eerste jaar besluit dat hy eintlik ’n ander rigting wil volg nie. Maar ek het ook nie die geld om hom vir altyd te onderhou nie. Wat staan my te doen? As bogenoemde ook jóú dilemma is, sal jy presies weet waarvan ek praat. Ons almal wil hê ons kinders moet ’n besluit oor ’n loopbaan neem, maar terselfdertyd wil ons nie geld mors nie. Hulle moet verantwoordelik wees, maar ons wil hulle ook nie in ’n blik druk nie. Wat Nou? Só dink die jonges - Michael van Rensburg, vanjaar in matriek, se belangstellingsveld is baie wyd. “Ek voel nie ek is gereed om nou al ’n besluit te neem wat die res van my lewe gaan raak nie,” sê hy. “Ek gaan dus volgende jaar ’n kort kursus doen ten einde nie-Engelssprekende kinders oorsee te kan gaan Engels leer. Só sal ek te doen kry met die werklikheid van die beroepslewe, en terselfdertyd reis én geld verdien. “Ek dink ek moet eers meer selfstandig en meer volwasse word voordat ek ’n finale besluit oor ’n loopbaan neem.

Een jaar is maar kort in vergelyking met die sowat 40 jaar wat ’n mens gaan werk – en dalk sielsongelukkig gaan wees as gevolg van ’n verkeerde beroepskeuse,” sê Michael. Anelda Scheepers het verlede jaar gematrikuleer. “Ek het argitektuur gaan swot, maar binne die eerste ses maande het ek besef dat ek ’n skewe prentjie van die beroep gehad het. Dit is nie wat ek wou doen nie,” sê sy. “Ek gaan hierdie jaar se studies voltooi, maar aanstaande jaar gaan ek met grafiese ontwerp-studies begin. “Ek dink die ideaal is om ’n jaar lank ’n internskap te doen in die rigting waarin jy belangstel, sodat jy ’n realistiese prentjie kan vorm van dit wat dié beroep werklik behels,” sê Anelda. Só sê die kenner Andrea Silber, ’n beroepsvoorligter in Benoni, reken dat daar verskeie faktore is wat in ag geneem moet word wanneer iemand besluit of hy of sy dadelik moet gaan studeer, of om liefs eers ’n sogenaamde “gap”-jaar te neem. “Sommige mense het van jongs af reeds ’n passie vir ’n sekere rigting. Hulle is as ’t ware ‘gebore’ vir ’n bepaalde beroep.” Wat staan onseker ouers en hulle twyfelende kind te doen? Andrea sê: “Ongelukkig is ’n blote aanlegtoets nie genoeg nie. Jy moet ook

iemand se persoonlikheid in ag neem by die keuse van ’n beroep. En baie ouers oefen – dalk onbewustelik – druk uit op ’n kind om ’n sekere rigting te volg.” Andrea is daarvan oortuig dat ’n “gap”-jaar die aange-wese weg is om te volg as ’n kind nie doodseker is watter rigting hy of sy wil inslaan nie. “Dit is egter noodsaaklik,” sê sy, “dat ’n jongmens nie ’n jaar lank níks moet doen nie. Ek hou baie van die idee dat jongmense ’n jaar lank werk – énige werk – en sodoende geld verdien om tot hulle uiteindelike studies by te dra. “Om oorsee te gaan, maak só ’n jongmens selfstandig. Jy het nie vir Ma of Pa byderhand om jou ‘gou-gou’ te kan help nie. Jy moet sélf jou weg vind, en dan in ’n vreemde omgewing. Dít laat jou gou grootword. Om oorsee te gaan werk, is egter nie vir almal beskore nie. “Ek hou ook van die idee dat jy by ’n klompie verskillende plekke gaan werk en só te doene kry met verskillende aspekte van die beroepslewe. “Dit gebeur soms dat mense in hulle dertigs en selfs veertigs by my kom aanklop omdat hulle ongelukkig is in hulle gekose beroep. Maak dus liewer seker dat jou kind gereed is om ’n besluit oor sy of haar beroepstoekoms te neem – dit is een van die belangrikste besluite in ’n mens se lewe. “Jy gaan vier of meer dekades lank werk, en die meeste van jou tyd by die werk deurbring. Daarom is dit belangrik dat jy daar gelukkig moet wees,” sê Andrea.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.