BREEDE VALLEY
PRIMARY SCHOOLS & HIGH SCHOOLS | LAERSKOLE & HOËRSKOLE
KOELKAMERS | AIR CONDITIONING VRIESKAMERS | WHIRLEY BIRDS | VERKOELING
NEWS
Entrance 1, Mountain Mill, Worcester
SALES, SERVICE AND REPAIRS
Tel: 023 347 6623 (Call & Collect)
6 HUGENOTE SQUARE WORCESTER Landline: 023-342-0458 accounts@vsrefrigair.co.za (na ure) - 079 936 7099 | 082 445 0824
(Opposite Wimpy)
worcester@romanspizza.co.za
MARCH 2017
Since 1979
FREE / GRATIS
www.awsum.co.za | Tel: 021 872 3880 Home
Lifestyle
Health
Competitions
Recipes
LIKE US ON
School News
Over 100 shops • 10 Restaurants Ample free parking space 5 Movie Theatres • 24h Security In the heart of the Breede River Valley
Tel: 023 347 0415 | www.mountainmill.co.za
FOR THE FOODIES
Pieter-Steph du Toit
YUMMY YOGA KITCHEN
FASHION
TICK THESE TRENDZ
SARU
PHOTOGRAPH © Steve Haag
Rugby Player of the Year
AWSUMCelebrity Interview
Pieter-Steph du Toit
Die groot 24-jaar-oue slot Pieter-Steph du Toit het die gesogte Suid-Afrikaanse Rugbyspeler van die Jaar-toekenning vir 2016 ontvang na ‘n deurlopende briljante vertoning in die groen-en-goud te midde van ‘n moeilike seisoen vir Bokrugby. In die woorde van vorige assistant-Bokafrigter, Alan Solomons: “Du Toit is ‘n wêreldklasspeler en ‘n fenomenale atleet. Hy is ‘n enorme man, maar is tog atleties en goed-gekoördineer. Verder skrum hy uitstekend, is ‘n wonderlike lynstaan-voorspeler en is ‘n intelligente rugbyspeler. In my opinie is Du Toit die volledige rugbyspeler.” V: Hoe het dit gevoel om as SA se Rugbyspeler van die Jaar aangekondig te word? Wat het die toekenning vir jou beteken? A: Dit was ‘n ongelooflike eer om die toekenning te ontvang, meer nog so omdat die publiek stem vir die toekenning. Dit is die grootste voorreg waarvoor mens kan hoop om die steun van die mense van Suid-Afrika te hê. Die toekenning beteken vir my dat wat ek doen, die harde werk en stampe en stote die moeite werd maak. V: Wat motiveer jou om jou beste te gee, wedstryd na wedstryd na wedstryd? A: Ek probeer om op my doel gefokus te bly – ek wil altyd my beste gee want ek wil die beste wees. V: Wat was die hoogtepunt van jou loopbaan to dusver? A: Ek het al baie hoogtepunte in my loopbaan gehad – om SA Rugbyspeler van die Jaar te wees is definitief een, en ook om deel te kon wees van die 2015 Wêreldbekerspan. V: Jy was Speler van die Toernooi in die Stormers se eerste Super Rugbywedstryd dié seisoen. Hoe dink jy gaan die Stormers vanjaar vaar? A: Dit is nog vroeg in die seisoen en ons moet dit wedstryd-vir-wedstryd aanpak. Ek glo wel die Stomers het die motivering, die kameraadskap en die wedstrydplan om te vorder tot die uitspeelstadium en sodra ons daar is, is ons kanse so goed soos dié van enige ander span om die Super Rugbytoernooi te wen.
V: Hoe was jou eerste Rugby Wêreldbeker-ondervinding, nadat julle van ‘n skoknederlaag teen Japan tot die halfeindstryd teen Nieu-Seeland gevorder het? A: Die nederlaag teen Japan was ‘n groot teleurstelling. Japan was baie goed op die dag en het verdien om te wen. Ons moes besluit of ons gaan toelaat dat die nederlaag ons veldtog ontspoor of dit gebruik as brandstof om dit te dryf en dinge om te draai. Ons het daarin geslaag om laasgenoemde te doen. Dit was onaanvaarbaar dat ons teen die All Blacks verloor het, maar ons het ‘n kompeterende vertoning gelewer op die dag en die spelers op die veld daardie dag het almal geweet die uitslag kon enige kant toe gaan. Albei wedstryde was ‘n teleurstelling op die einde, want Springbokke gaan na ‘n Wêreldbeker toe om te wen. Enigiets minder as dit is ‘n gefaalde missie. Q: Afrigter Heyneke Meyer het ten tye van die Wêreldbeker gesê dat jou posisieverandering van slot tot flank na die nederlaag teen Japan ‘n ‘wedstrydwen-effek’ gehad het. Wat is jou verkose posisie, en hoekom? A: Ek verkies om slot te speel. Ek het uitgeblink in atletiek vanaf ‘n jong ouderdom en ek glo dit het my ‘n voordeel gegee in rugby deurdat dit my ekstra vlugheid, spoed en uithouvermoë gegee het. My wens was altyd en is nog steeds om ‘n vaste vyf-voorspeler te wees met die werkstempo van ‘n los voorspeler, maar met die suiwer fisiese teenwoordigheid en krag van ‘n vaste vyf-speler. Ek wil graag eendag ophou rugby speel met die wete dat ek my absolute beste gelewer het. ‘n Deel van om dit te bereik sal wees om te kan terugkyk en te sê dat ek my beste moontlike bydrae gelewer het tot die spanne waarvoor ek gespeel het deur ‘n vaste voorspeler te wees wat dinge kon doen wat nie van ‘n slot verwag is nie.
Editorial team
Advertising
Editor Marika Truter
Quintus Brand | 074 684 4390 quintus@tiemedia.co.za Wynand Fourie | 082 920 1109 wynand@tiemedia.co.za
Designers Rowan Engledoe Jade Bushby Nadia Matthee Aniena Keller Ruveix Venter Coordinator Samantha Marshall Distribution Ryno Wolfaardt
Page 2
Distribution AWSUM News is distributed to the following schools in BREEDE VALLEY: Worcester-
Noord, Worcester-Oos, Montagu, Voorbereidingskool Robertson, Victoria Park, Worcester Primêre Skool, Worcester Voorbereidingskool.
AWSUM NEWS MARCH 2017
V: Vertel ons ‘n bietjie van jou gesin en hoe jy grootgeword het. A: Ek is deel van ‘n gesin van ses. Ek het drie jonger broers. Ons ouers het ons grootgemaak in ‘n huis waar ons onvoorwaardelike liefde, ondersteuning en aanmoediging gekry het, en ek kan God slegs dank daarvoor. Ek het grootgeword op ‘n plaas in die Boland en was geseënd om die meeste van my dae buite in die natuur deur te bring. Ons is ‘n baie gehegte gesin en my gesin is my rots. V: Jy het aan die Hoërskool Swartland matrikuleer. Wat was die voor- en nadele daarvan om nie by een van die groot rugbyskole soos Paarl Gim of die Paul Roos op skool te wees nie. A: Wat bedoel jy dis nie ‘n groot rugbyskool nie? Ons het ook ‘n Franse internasionele spele gelewer in Pieter de Villiers, iets wat geen ander beroemde skool wat jy noem gedoen het nie! Grappies op ‘n stokkie – HS Swartland is ‘n ongelooflike skool en ek sal nie anders kies as ek my skoolloopbaan moes oorhê nie. Ek kan nie aan nadele dink nie, behalwe vir die feit dat ons nie die rugbydiepte van die groter skole gehad het nie, met meer seuns wat beserings deur ‘n seisoen kon absorbeer. Daar is baie voordele, maar die een wat uitstaan is dat ek geleer het om hard te baklei vir wat ek wil hê in rugby en dat dit harde werk verg om bo uit te kom. Jy kan nie op die roem en prestasies van dié voor jou staatmaak om sukses te behaal nie – jy moet dit self doen, op meriete alleen. V: Wat is jou toekomsdrome vir jou loobpaan? Wat is die een droom wat jy werklik graag wil bereik? A: Ek wil graag ‘n baie suksesvolle rugbyspeler word, een wat onthou sal word vir hoe hy die spel gespeel het wat ek liefhet, en ook hopelik ‘n suksesvolle besigheidsman in die toekoms. V: Jy was in Graad 7 en jou vrou, Willemien, in Graad 8 toe julle op skool ontmoet het, maar julle het eers begin uitgaan na julle klaar met skool was. Vertel ons julle verhaal. A: Ons was beste vriende op skool. Na skool is sy na Stellenbosch Universiteit toe en ek is Durban toe, maar ons het altyd kontak behou. Ons liefdesverhaal het begin in 2012 toe die Junior Wêreldbeker in Kaapstad gehou is. Baie vliegtuigkaartjies tussen Kaapstad en Durban later het ons op 28 November 2015 getrou. Ons troudag was die beste dag van my lewe, gevier saam met ons beste vriende en familie. Q: Wat is jou wens vir die Stormers? En vir die Bokke? A: Om die beste provinsiale span in die wêreld te wees, en die nommer een-toetsspan in die wêreld.
High Schools: De la Bat School, Montana, Worcester Gymnasium, Hexrivier Opvoedkundige Sentrum. AWSUM News is published by the TieMedia Group, Jock de Villiers Office Building, 376 Main Road, Paarl, 7646. 021 872 3880 | www.awsum.co.za
Join our AWSUM Facebook pages #socialmedia #joinourpage We share AWSUM news on our regional specific Facebook pages, so don’t miss out and make sure you join us!
AWSUM BREEDE VALLEI
FOTOGRAAF © Steve Haag
V: Jy is die kleinseun van die legendariese sterkmanstut Piet ‘Spiere’ du Toit, wat vir Suid-Afrika as vaskopstut tussen 1958 en 1961 gespeel het, insluitende die reeks teen die All Blacks in 1960, wat die Bokke gewen het. Wat beteken hierdie nalatenskap vir jou? A: As ‘n jong seun het ek daarvan gedroom om Suid-Afrika in die Springboktrui te verteenwoordig. Die feit dat my oupa ‘n Springbok was het my ‘n sterker geloof daarin gegee dat my drome moontlik is, maar dit het ook ekstra druk geplaas en verwagtinge geskep. Die nalatenskap is dus een wat my met beide dankbaarheid en verligting vul. Meer as enigiets anders herinner dit my aan die voorreg om my land te verteenwoordig en die verantwoordelikheid om ‘n ware rolmodel en individu te wees wat respek sal verdien vir die mens wat ek is en die waardes wat ek verteenwoordig.
Yummy yoga kitchen
by Jenny Morris @jennymorrischef
Buddha Bowls
The Yoga Kitchen will inspire you to create delicious, simple, satisfying and These attractive and delicious Buddha bowls are one of my favourite lunches to create from nutritious meals that will appeal to the leftovers. The ingredients are listed in the order of assembling of each bowl – in other words, the whole family, as it has already appealed to mine. first ingredient listed is the first one to go into the bowl. All bowls serve 1. All the recipes are gluten, grain and Top left: Buddha Bowl | Top right: Cleansing Bowl | Bottom left: Nourishing Bowl | Bottom right: Glow Bowl dairy free, and are based on the food combining principles that promote good digestion and nutrient absorption, weight loss, and an alkaline body. In this collection of recipes you indd will 63 find: essential pantry ingredients, a 21-day meal plan to reboot your metabolism, and an A–Z guide to the sources and roles of vitamins, minerals and phytonutrients. The book contains gluten-, grainand dairy-free recipes, traditional recipes for bone broth, cultured recipes and sprouting – now that’s just up my alley! Also included are highlighted health benefits of each recipe and what I always find of interest – lifestyle tips. The Yoga Kitchen has 100 easy superfood recipes. Buddha Bowl Cleansing Bowl Buddha Bowl Serves 1 • 1 cup of cooked quinoa • ½ cup of blanched green peas (frozen is fine) • ½ cup of pea shoots (or other micro salad leaves) • 1 roasted (in the skin) orange sweet potato Gluten, grain & dairy free. Vegan & paleo friendly.
Cleansing Bowl Serves 1 • 1 small aubergine, washed and sliced, and roasted • 3 baby beetroots, washed and halved • ½ cup of micro salad leaves • 60 g (about 8) fine green beans (blanched or flash boiled) • 1 ripe avocado, peeled and sliced • Coriander Pesto (see page 34) • Coriander leaves Gluten, grain & dairy free. Vegan & paleo friendly.
201
© Jacana Media © Jenny Morris
Win a copy of this delicious cookbook! Send your name and contact details to info@ tiemedia.co.za with Yoga in the subject line.
FRESH EGGS
Top left: Buddha Bowl | Top right: Cleansing Bowl | Bottom left: Nourishing Bowl | Bottom right: Glow Bowl
NOURISH THE BODY YOGA TEXT.indd 63
www.icoachbjorn.co.za & Awsum Hope Challenge AWSUM NEWS MARCH 2017
Page 3
FASHION
Boo hoo. So summer’s seeping away……. Pepe Sofianos says save your tears and gear up in trends that will keep you looking super-sassy. Tick your fashion boxes right here.
TICK THES E TRENDZ WHAT’S H OT RN? The deets
--- smokin’ hot bombe jackets, plu r sh and plain or with exo embroidery tic and flowers for guys an dolls. Then d there’s toe -tapping ne for girls wit ws h ballet bab e shoes and blushing sn eakers. Wh at’s not to like?
@ PEPE SAYS
Think of the pink sneaker as your white takkies cooler big sister. Although white sneakers are the classic go- with- everything option, rosy sneakers are just a bit edgier and more sophisticated worn with ankle grazing jeans and chic prints.
Top Guess model and fashion blogger Olivia Palermo has the souvenir bomber sorted.
Pretty in PINK
these are the must-have pink sneakers of the season. Backless, R449, Cotton On; joggers, R249.99, The Fix; slinky satin, R299, Woolworths; soft suede, R460, Truworths; hightops R299.95, Edgars.
PUMP IT UP! Ballet pumps are not just for little girls in tutus. The ballerina flat is taking your shoerobe by storm. It’s all about wrapping ankles in pretty ribbons and walking on air in classic flat pumps. Ballet flats are the new go-to shoes that work with absolutely everything --- from shredded jeans to workout wear and everything dressedup as well. Rock it with ballerina pumps tied with shiny ribbons or cute bow-ties. They are pretty and chic and gloriously easy on your feet. Yes, girls sometimes just want to be comfy!
FROM THIS
Black pumps with ankle ribbons, R159.95, Edgars and pink ballet flats with crisscross trim and ties, R89.99, Mr Price.
TO THIS …
Suede ballet flats with bows, R150, Woolworths.
BOMBED OUT Floral bombers or embroidered souvenir jackets will be spilling out of your fave stores from this week! Bomber jackets have simply taken over the world. But now there’s a new version to lust after ---the souvenir embroidered satin jacket that you’ll want so badly. This jackets has a history. After WW2 ended, an American GI stationed in occupied Japan, had the light bulb idea to have his regulation bomber jacket embroidered with eagles, tigers and flowers, transforming a symbol of war time combat clothing into a peace time souvenir. They were so popular that Japanese tailors created these former flight jackets from leftover parachute silk and satin fabrics. They are full of messages of war and peace so they come with an extra kick. Yet they are simply stunning and are now the biggest street wear of choice for guys and girls. Kimye latched onto it and now the souvenir bomber jacket has gone viral. Get yours fast!
I’M LOVING… Gorgeous, glam and oh-so-girly sneakers in every shade of pink from bubblegum to dusty rose. C’mon, sneak a peek!
What to wea r now
Silver metallic pumps with checked ribbon ties, R249, Cotton On.
Vogue model Alexa Chung is on point in ballet flats complete with ankle ribbons, a pretty alternative to sneakers when wearing jeans.
Girls, here’s a perfect way to spend a sleep-over. Have a mask party – not only is it all-out fun, plus you get to clear up your skin, it’s also a rad opportunity to post weird and wonderful Instagram pics! If you have dull, oily or acne-prone skin, clay masks are a must and L’Oréal Pure Clay Masks, R149.95 each have just what you need. They soak up all traces of dirt and grease and leave you with smoother, fresher, brighter skin in only 10 minutes. But there’s more……. Have you ever heard of multimasking? It’s the new way to target all your face hassles in one go .You simply apply a different Pure Clay Mask at the same time to each of the problem areas of your face. 1. There’s a gorge reddish Pure Clay Glow Mask, super-charged with Red Algae to exfoliate and refine rough skin areas. 2. Pure Clay Detox Mask, with Charcoal to clean up pores drawing out all those baddies like dirt, oil, and pollution. 3. Say so long to oily, spotty skin down your T-zone with Pure Clay Purity Mask which is loaded with Eucalyptus. So.....good clean skin finally unmasked!
Trust Pharrell Williams to nail the top trend for autumn --- he rocks that floral bomber jacket like a man on a mission.
Come out and clay!
Cinnamon satin bomber jacket, R329.99, Legit.
Black satin bomber with oriental embroidery, R925, Truworths.
Guy’s satin bomber jacket with embroidered tiger front and back, R299.99,Mr Price.
* All prices are correct at time of going to print. Merchandise from selected stores. Stocks may be limited.
LAERSKOOL MONTAGU (t) 023 614 1640 (e) monties@telkomsa.net Boland-atletiekspan Baie geluk aan Anke Burger, Stefanie Burger en Lorenzo Herling wat in die Boland-atletiekspan opgeneem is. Hulle het aan die Wes-Kaap-kampioenskappe in die Paarl deelgeneem, waar hulle Boland verteenwoordig het teen die WP en SWD.
Afrika-boogskietkompetisie Zaria Janse van Rensburg het besonder goed presteer tydens die Afrika-boogskietkompetisie. Sy het drie goue medaljes in die Junior-klas verower.
Landsdiens Die Landsdiensklub van Laerskool Montagu is baie aktief en het reeds vanjaar die twee naweekkampe wat aangebied is deur Wes-Kaap Landsdiens, bygewoon. Die Monties het ook hul eie oorslaapkamp op die skoolterrein aangebied. Die Landsdienslede is ook besig met ‘n projek in samewerking met die Montagu Natuurtuin waar ons plantjies kweek en grootmaak. Wanneer die plantjies sterk genoeg is, word dit dan weer hervestig in die Natuurtuin.
VOORBEREIDINGSKOOL ROBERTSON (t) 023 626 3139 (e) admin@rvs.co.za Jaarlikse Kaskar en Toutrek
Atletiek
SA Tweekamp Rial de Wet neem tydens April aan die SA Tweekampkompetisie deel as lid van die Boland-span.
Breyton Jaars maak RVS trots en breek verskeie rekords hierdie afgelope atletiekseisoen. Hy is waarlik ons eie Wayde van Niekerk!
Trompoppies tree na 8 jaar weer op tydens die Kaskar en laat almal se harte warm klop.
Bulryers wys hulle uithouvermoë tydens ons jaarlikse Kaskar.
RVS se jaarlikse Kaskar en Toutrek sorg weer vir baie opwinding in die eerste kwartaal.
WORCESTER PRIMÊRE SKOOL (t) 023 347 0663 (e) psw@psworcester.wcape.school.za Noord-Boland-skaak
VOOR: Alakhe Mapingana, Sean Neethling, Eduard Kriel. MIDDEL: Jaeden Beukes, Rafael Davids, Gillmore Africa, Logan Mercuur. AGTER: Angie Harris, Aidan Steyn, Robin Brand.
Noord-Boland-atletiek
VOOR: Ruan Goosen, Imke Preuss, Anke Deetlefs, Jacobus Taljaard. TWEEDE RY: Chenique Richards, Armand Croeser, Medayaah Cader Jamy Mahoney, Kruger Vorster, T’Neal Titus, Kaytlin Visser. DERDE RY: Carick Kustoor, Mampho Mrobongwana, Aidan Steyn, Karl Klüsmann, Cameron Gertse. AGTER: Caslynn Gertse, Lisekho Yabo, Auren Rosenkrants.
Boland-atletiek
VOOR: Ruan Goosen, Jacobus Taljaard. MIDDEL: T’Neal Titus, Medayaah Cader, Jamy Mahoney, Kaytlin Visser. AGTER: Caslynn Gertse, Karl Klüsmann, Auren Rosenkrants.
AWSUM NEWS MARCH 2017
Page 5
VICTORIAPARK PRIMARY SCHOOL (t) 023 342 0770 (e) admin@vpp.wcape.school.za
Boland-kleure in atletiek Teshwin Solomons, Johayren November, O’Ryan Scheepers en Jo-Eke Haas het Boland-kleure in atletiek verwerf en ook deelgeneem aan die onlangse Wes-Kaap-atletiekkampioenskappe. Teshwin beklee tans die 3de beste plek in verspring, 0/12 in die Wes-Kaap. Jo-Eke is tans die beste dames atleet 0/13 in die 75m en 150m hekkies in die WesKaap nadat sy albei hekkie-items se rekords verbeter het. Albei is opgeneem in die Wes-Kaapspan en gaan op 24 en 25 Maart deelneem aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe wat sal plaasvind in Potchefstroom.
HEXRIVIER OPVOEDKUNDIGE SENTRUM (t) 023 354 8800 (e) hexrivier.sentrum@gmail.com
Shakespeare Festival
Boland Christelike Privaatskole Atletiekbyeenkoms
Ons leerders het op 11 Maart hul debuut gemaak as amateur-Shakespeare-toneelspelers en het deelgeneem aan die Shakespeare Festival in Kaapstad wat plaasgevind het in die ArtsCape-teater. Hulle was die enigste primêre skool wat deelgeneem het saam met ander sekondêre skole en het hulle baie goed van hulle taak gekwyt. Groot dank gaan ook aan me. Cindy Pillay (verbonde aan Educape, wat drama en kunste by skole bevorder), asook opvoeders mnr. N Wentzel, me. B Bailey en me. D Abrahams.
Op 25 Februarie het leerders van Hexrivier Opvoedkundige Sentrum deelgeneem aan die Boland Christelike Privaatskole se atletiekbyeenkoms te Worcester. Ons atlete het uitstekend gevaar in hul onderskeie ouderdomsgroepe: • 1200m: Cerise Jacobs – 3de plek, • 60m: Nina van Zyl – 2de plek, Armand Möller – 1ste plek, Cara-Mia Nel – 1ste plek, Lelanie van Schalkwyk – 3de plek en Luca van Zyl – 1ste plek • 100m: Lomé Brand – 3de plek • Gewigstoot: Danelle Theron – 3de plek, Wihan Kotze – 1ste plek • 80m: Juan Dippenaar – 1ste plek, Nina van Zyl – 1ste plek, Armand Möller – 3de plek, Cara-Mia Nel – 1ste plek, Luca van Zyl – 1ste plek, Wihan Kotze – 2de plek • 200m: Lomé Brand – 3de plek • Verspring: Wihan Kotze – 2de plek, Dané van Zyl – 3de plek Ouers en kinders het die dag baie geniet saam met die ander sewe skole wat ook deelgeneem het.
Hardwerkende opsigters Ons hardwerkende opsigters doen altyd hul bes om ons skoolterrein netjies te hou en te verfraai.
HEEL VOOR: Armand Möller (6 jaar). VOOR: Nina van Zyl (6 jaar), Juan Dippenaar (6 jaar). MIDDEL: Luca van Zyl (8 jaar), Cara-Mia Nel (7 jaar), Lelanie van Schalkwyk (7 jaar). AGTER: Dané van Zyl (11 jaar), Wihan Kotze (11 jaar), Lomé Brand (13 jaar), Danelle Theron (13 jaar), Cerise Jacobs (12 jaar.)
WORCESTER VOORBEREIDINGSKOOL
(t) 023 347 1160 (e) voorbereiding@telkomsa.net
DE LA BAT SCHOOL
(t) 023 342 2560 (e) development@delabatskool.co.za
Annual fun and games once again enjoyed by all
Nutsmanopleiding Ses van ons multi-gestremde leerders skakel in by die Nutsmanopleiding wat deur mnr. L Carstens aangebied word. Hulle het die kwartaal oulike lampies gemaak. Lesley Neels, Siviwe Ndema, Kevin Bentley, Aubrey Koopman, Duran Plaatjies en Jayden Olkers.
Bederf by Kleinplasie Leerders wat die naweek van 11 Maart ingebly het by die koshuis was bederf deur die Autozone-span wat die ‘Oval event’ by Kleinplasie geborg het. Baie dankie aan mnr. Coenie Visser van Agri Mega wat die De La Bat Skool se kaartjies geborg het. Dankie aan mnr. Deon Burger wat die reëlings getref het dat ons dowes deel kon wees van so ‘n wonderlike geleentheid. Die leerders sowel as toesighoudende personeel het dit baie geniet.
Sun City Charity Cycling Club The Sun City Charity Cycling Club has organised an annual cycling tour from Sun City (North West) to Cape Town (Western Cape) successfully since 2003. A total distance of 1 749 km is cycled in eight days. That equals an average of about 218 km every day for eight consecutive days. R25 000 was donated to three charities in Worcester, of which De La Bat school had the privilege to be one. Our donation will go towards repairing and maintaining their sandpit as well as putting a sail over their swimming pool so as to help prevent it evaporating too quickly in this drought.
Page 6
AWSUM NEWS MARCH 2017
LAERSKOOL WORCESTER-OOS (t) 023 347 0453 (e) admin@lswo.wcape.school.za/ SA Junior Swem Bertus Roux het aan die SA Junior Swemkampioenskappe in Durban deel-geneem. Baie geluk, Bertus, ons is baie trots op jou!
Waterprojek: Red ons Rugbyveld Ons is baie trots op ons leerders wat gryswater skool toe bring om ons rugbyveld te help om die droogte te oorleef.
Beesloop Ons het ‘n heerlike en uiters suksesvolle Beesloop aangebied.
Level 3 Swem Baie geluk aan Rudolph de Wet en Zoë Botha en wat aan die Level 3 Swemkampioenskappe in Port Elizabeth deelgeneem het.
WORCESTER-NOORD PRIMÊRE SKOOL Wes-Kaap-atletiekspan WNPS is baie trots op drie van ons atlete wat op 24 en 25 Maart aan die SA Kampioenskappe in Potchefstroom deelneem. Aneldi Nieuwoudt is WesKaap-kampioen met ‘n rekord in gewigstoot D0/11! Elzé Barry neem deel in 1500m stap D0/13 en Nadia du Plessis neem deel in hoogspring D0/13.
(t) 023 347 0325 (e) admin@lswn.wcape.school.za
Cross Country-kleure
Noordjie-onnies presteer Juffrou Marzé Jacobs is opgeneem in die Weskaap Vroue A2jukskeispan wat in April aan die SA Kampioenskappe gaan deelneem. Mnr. Ruan Terblanche is aangestel as die Boland-Oos 0/15-krieketafrigter. Ons is baie trots op ons Noordjie-personeel!
Noord-Boland-skaakspan
ATKV-redenaars
Ons skaakspelers maak ons baie trots.
Die Noordjie-span wat na afloop van die plaaslike ronde deurdring om aan die ATKV-redenaars deel te neem.
Robert Nieuwenhuizen het streekskleure verwerf in die maratonafdeling van Cross Country MTB deur algeheel tweede te kom in die Nipperklas oor vier wedrenne met ‘n afstand van 15km+. Robert lê 29ste uit 355 ryers van alle ouderdomme.
AWSUM NEWS MARCH 2017
Page 7
HOËRSKOOL MONTANA (t) 023 347 0476 (e) sarihana.montana@gmail.com Hs Montana reik uit HS Montana se VRL, onder leiding van Johan Lombard, het geskenke by die skool se leerders ontvang om dit aan Nuwe Hoop Sentrum (Leerders met Doofheid) uit te deel.
Firdows Latoe en Johan Lombaard.
Johan Lombaard met baie opgewonde gesiggies
Matrieks 2016: Hernasien 108 Matrikulante het die afgelope NSS-eksamen voltooi. Montana se leerders het weer eens puik presteer, soos voorheen reeds berig. Sommige leerders het hulle vraestelle laat hernasien. Philip Steenkamp Nog drie leerders spog nou met ‘n A-gemiddeld na afloop van die hernasien. Dus kom die totale aantal A-gemiddeldes nou op 12 te staan. Die leerders wat ook nou ‘n A-gemiddeld Aletia Basson behaal het, is: • Pierré Müller met 81,0% • Lendl Ontong met 80,6% • Aletia Basson met 80,0% Philip Steenkamp (Dux-leerder) verbeter van 89,7% na 90,4%. Vyf van die vorige A-kandidate se punte het ook verbeter. 30 Ander leerders se punte het ook na afloop van die hernasien verbeter.
HS Montana se Boland-atlete
Emile de la Harpe (110m hekkies) en Hanru Colling (10km stap).
Mnr. & Mej. Montana • Mnr. Montana: Jeanri Botha • Mej. Montana: Joré van Wyk • Eerste Prins: William Higgs • Eerste Prinses: Chanel de la Rosa • Tweede Prins: Hanru Colling • Tweede Prinses: Louwna Pienaar
HS Montana presteer in somersport Atletiek – Bolandbyeenkoms • Hanru Colling (Graad 12) behaal ‘n eerste plek (goue medalje) in 10km stap met ‘n tyd van 51 minute. • Emile de la Harpe (Graad 12) behaal ‘n tweede plek (silwer medalje) in 110m hekkies met ‘n tyd van 15,5sek (sy persoonlike beste). Fietsry • Johann Trotzky (Graad 12) het op Saterdag, 25 Februarie deelgeneem aan die SA Cross Countrykampioenskappe. Hy het uitsonderlik presteer deur ‘n algehele tweede plek te behaal na ‘n fietsryer van Duitsland. Hy was dus ook die eerste Suid-Afrikaner om die wedren te voltooi en is ook tans die voorste WPfietsryer in sy ouderdomsgroep. • Johann Trotzky het ook aan die 40km Cape Argus MTBwedren deelgeneem en behaal ‘n eerste plek. • WG van der Walt (Graad 9) het aan die 30km Cape Argus MTB-wedren deelgeneem en behaal ‘n eerste plek. Tweekamp André Venter (Graad 11) is opgeneem in die Bolandspan en neem op 8 April aan die SA Kampioenskappe in die Paarl deel. Johann Trotzky
Pierre Müller
Hanru Colling
Lendl Ontong
André Venter
Emile de la Harpe
WORCESTER GYMNASIUM (t) 023 347 0426 (e) wg@worcgim.co.za Rogail Joseph Worcester Gimnasium se Springbok-atleet, Rogail Joseph, het in Desember deelgeneem aan die Region 5-kampioenskappe in Luanda (Angola). Sy wen die 0.17 400m hekkies die goue medalje. In Januarie word sy by die Interskole-atletiek aangewys as Beste Baanatleet Senior meisies en ook as Senior Victrix Ludorum. Sy is die 4x Boland- en Wes-Kaap-kampioen in die 100m, 100m hekkies, 400m en 400m hekkies. Sy hardloop in die 400m hekkies ‘n wêreldjeug kwalifiserende tyd. As gevolg van hierdie prestasies beklee sy tans die 3de plek op die IAAF Wêreldranglys 0.17 400m hekkies. Hou hierdie atleet dop – ons verwag groot dinge van haar in die toekoms.
Worcester Gim wen 2017 se Interskolegala!
Interskolespan 2017 VOOR: Natalie van der Vyver, Pieter Mienie, Dawid Kock, Christie Roux, Willem-Pierre Viljoen, Jean Niemand en Lu-Ann Viljoen. MIDDEL: Marianne Barry, Willvid Filander, Marli Neethling, Dané du Plessis, Ivan Roodbol, Christine van der Merwe en Cecil le Roux. AGTER: Hané van der Merwe, Isabella Boshoff, Ian Steyn, Zak du Toit, Louise Breytenbach en Anja Joubert.
Boland-atletiek Ons is baie trots om aan te kondig dat 17 atlete van Worcester Gimnasium in die Bolandspan opgeneem is. Baie geluk aan die volgende atlete en ook hul afrigters. Dit was ure se harde werk en ons wens jul voorspoed en sterkte toe met die Wes-Kaap-kampioenskappe.
Kwalifiserende atlete vir SASA en ASA atletiek kampioenskappe Worcester Gimnasium het vanjaar tien atlete wat kwalifiseer om aan die SASA- en ASA-atletiekkampioenskappe te gaan deelneem. 0.19 • Lundi Msenge: 100m • Anro van Eeden: Spiesgooi o.17 • Enthinique Adams: 400m Hekkies • Francois Prinsloo: Diskus • Rogail Joseph: 100m, 100m Hekkies, 400m en 400m Hekkies • Leandré Ketch: Hoogspring en Diskus • Hilda du Toit: 5000m Stap o.15 • Leoné Pieterse: 5000m Stap • Moesha Eksteen: 5000m Stap o.14 • Hané van der Merwe: Spiesgooi
Ererol van uitblinkers in musiekteorie Die volgende leerlinge se name sal op Unisa se Ererol van Uitblinkers vir Musiekteorie 2016 verskyn: • Emily Voigt: Musiekteorie Graad 4 – 94% • Gaby Jacobs: Musiekteorie Graad 3 – 100% • Carla van Niekerk: Musiekteorie Graad 3 – 97%
Page 8
AWSUM NEWS MARCH 2017
VOOR: Leoné Pieterse, Moesha Eksteen, Hané van der Merwe, Cailin Papier, Elize-Mari Jacobs. MIDDEL: Lucian Abrahams, Hilda du Toit, Mari Pretorius, Arné Coetzee, Phillip Basson, mev. D van Wyk (atletiekhoof). AGTER: Leandré Ketch, Lundi Msenge, Rehane Adams, Anro van Eeden, Francois Prinsloo, Ethinique Adams, Rogail Joseph.
VOOR: Leandré Ketch, Hané van der Merwe, Leoné Pieterse, Moesha Eksteen, Hilda du Toit. AGTER: Lundi Msenge, Ethinique Adams, Francois Prinsloo, Anro van Eeden, Rogail Joseph.