Boland OCT High

Page 1

OCTOBER 2013

BOLAND

HOËRSKOOL

FREE

NEWS

HIGH SCHOOL

Branch Manager - Paarl Stationery IT Supplies Office Furniture

Tel: 021 872 4425 Specialised Filing Catering & Hygiene Scholastic Supplies

Tel: 021 872 3880 2 Lifestyle

NUUS

GRATIS

Adele Murray

awsum@tiemedia.co.za

4 Health

6 AWSUM Kombuis

www.awsum.co.za 7 Op die

Spyskaart

8 Schools

Fax: 086 574 4798 21 Trends

Speel jou kaarte reg hierdie eksamen Desember is om die draai en dit beteken gewoonlik dat elke familie weer tydens die vakansie om die kampvuur kaartspeel, maar eers moet jy jou kaarte reg speel tydens die opkomende eksamen. Speel die King en neem beheer oor jou spasie waar jy studeer: Kry jou prioriteite reg deur ’n lys van al die dinge wat jy moet doen te maak en breek jou werklas in hanteerbare kategorieë op. Mense wat sê skool is maklik, is die mense wat hulle werk kan organiseer: • Hulle kan op hulle eie werk • Hulle stel studieroosters op • Hulle hou by die rooster wat hulle uitgesit het Om jou tyd goed te bestuur is die sleutel tot sukses. Kyk na die betrokke vak se leerplan, handboeke en notas. Bepaal wat die belangrikste onderwerpe is en watter dele van die werk jy steeds nie begryp nie. Pas hierdie metode by jou eie styl en leerwerk aan en spring weg.

Speel die Jack-kaart en onthou jou werk Maak notas om jou te help om te onthou. Wanneer jy dit oorskryf, dink jy ook waaroor jy skryf en dit help jou om dit beter te onthou. Dit verfris jou geheue en sal dus verseker dat jy jou werk makliker en vinniger sal onthou tydens jou voorbereiding vir die eksamen.

Wees die koningin van voorbereiding: Dit is belangrik om die hele jaar deur daagliks hersiening te doen van dit wat jy in die klas geleer het. ’n Mens onthou die beste wanneer jou leertyd oor ’n tydperk versprei is. Natuurlik is studeer vir die eksamen meer intensief as in die res van die jaar. Begin dus met ’n uur of twee per dag sowat ’n week voor die eksamen en vermeerder jou studietyd namate die eksamen nader kom.

Speel die Joker en behou konsentrasie: Raak aktief betrokke by die teks terwyl jy dit lees. Vra jouself af: ``Wat is belangrik om te onthou van hierdie gedeelte?’’ Maak notas of onderstreep sleutelkonsepte. Bespreek die stof met ander leerders in jou klas. Wees reg ingestel, veral met stof wat jy nie interessant vind nie. As jy dit bloot sit en lees, kan jy sekere belangrike punte miskyk. Om te keer dat jy verveeld raak met die werk, deel jou sessies op sodat jy jou konsentrasie kan behou. Deur dit te doen stoor jou brein die inligting in jou langtermyn geheue.

Baie sterkte met die eksamen! Van die AWSUM-span


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.