1 minute read

Dink nuut oor drukwerk by

jou skool!

Die Skole Ondersteuningsentrum het onlangs die voorbeeld gebruik: om klein veranderinge aan die manier waarop inhoud oorgedra word te maak, is soos om `n kamer aan `n ou huis aan te bou. Ja, dit lyk goed, en elke kamer het sy funksie en ons doen ons bes met wat ons het. Wanneer jy egter uit die staanspoor en vir ‘n spesifieke doel ‘n nuwe, moderne, ontwerpte huis binnestap, sal jy nie terugtrek na jou ou huis toe nie, maar eerder die ou huis afbreek en van nuuts af bou.

Hoe vernuwe jy drukwerk by jou skool?

Werksboeke, addisionele leermateriaal of skryfboeke is `n kopseer vir elke skool. Nie net neem dit ure om dit by die skool te bind nie, maar dit kan ook binne `n paar weke uitmekaar val. Met vandag se tegnologie is die prys vir swart en wit boeke basies dieselfde as vir kleur.

Die bindwerk verseker ook dat jou boeke waaraan jy so hard gewerk het, die hele jaar sal hou!

Raak kreatief met voorblaaie!

Het jy geweet skole kan deesdae die skryfboeke van die leerders laat druk met die skool se kleure op die voorblad? Dit skep nie net eenvormigheid by die skool nie, maar is reeds gelamineer en daarom hoef dié boeke nie oorgetrek te word nie. Die skool kan self besluit hoe breed die lyne moet wees en verkoop dan dié boeke weer aan die leerders as deel van `n fondsinsameling vir die skool.

Voorbeeld van skryfboeke:

Die prys vir die boeke hang af van die hoeveelheid boeke wat bestel word. Jy sal nie glo hoe bekostigbaar dit is nie.

Alle grootte boeke is beskikbaar - van die 32-blad tot die 192-blad boeke.

Welcome To The Fnb Classic Clash Between Nch And Diamantveld

We feel honoured to be part of the FNB Classic Clashes, especially this year, as we will be the hosting school. A lot of hard work and preparation is put into such a big event, so we know it will be a great success. All our teams are eager for their matches and are motivated to do their best.

We would like to wish all our players good luck as well as those players of Diamandveld High

We look forward to seeing everyone.

Trots Groen!

This article is from: