1 minute read

HOËRSKOOL VOLKSRUST HIGH SCHOOL

Volkies matriekuitslae

En daar doen Volkies dit weer! Ons omgee-skool help ons 107 leerders om hulle volle potensiaal te bereik en nou kan elke Volkie en onderwyser met trots terugkyk na ‘n fantastiese 2022 met uitsonderlike uitslae.

Met ‘n totaal van 45 onderskeidings en 109 B-simbole is daar nie minder nie as 69% van ons matrikulante wat met universiteitsvrystelling slaag. Die slaagsyfer is 97%.

Afrikaans Eerste Addisionele Taal spog vanjaar weer eens met die meeste onderskeidings, naamlik 9. Besigheidstudies behaal 6 onderskeidings, Engels Eerste Addisionele Taal en Wiskundige Geletterdheid behaal elk 5, asook Lewensoriëntering. Rekeningkunde, Rekenaartoepassingstegnologie en Lewenswetenskappe behaal elk 3 onderskeidings. Toerisme behaal 2 onderskeidings en 1 elk vir Afrikaans Huistaal, Wiskunde, Landbouwetenskap en Fisiese Wetenskap. Baie geluk aan elke

Of

This article is from: