



WITH UP TO 40% OFF OUR TILES, TAPS, SANWARE & BATHROOM FURNITURE.

TILL YOU POP! SHOP







































WITH UP TO 40% OFF OUR TILES, TAPS, SANWARE & BATHROOM FURNITURE.
TILL YOU POP! SHOP
HEAD COACH OF BOYS HOCKEY: PAARL BOYS’ HIGH
What can the school and parents expect from your team this year at Interschools?
I think that, regardless of the result, the school and parents will see a team that never gives up and that shows good character on the field.
Where is your strength as a team?
Our strength lies in our ability to trust each player to fulfil their role.
What is the most difficult part of coaching a school team?
The main thing would be managing external forces and distractions.
SUPPORT THE FIRST TEAM BOYS HOCKEY TEAMS ON SATURDAY, 5 AUGUST AT 10:15.
FOR OVER 75 YEARS!
For more information please contact: Tel: 021 872 8868
Email: info@malansdairy.co.za Website: www.malansdairy.co.za
Voor: Rosco Jansen, Gareth van Deventer, Nicolaz Burden, Hozay America, Markus Muller (k), Christiaan Burger, Zheemo Isaacs, Tian Conradie en Armand Brand.
Agter: Carel Koegelenberg, Johan Kleynhans, Quintin Potgieter, Jardus Senekal, Alain Voges, Stiaan de Goede, Migael Turner, Hanco Botha, Dawid Badenhorst, Adriaan van der Lingen, Pieta Cilliers en Jeerahno Jagers.
Voor: Lehan Niewoudt, Niel du Toit, Monroe Julies, Charles Whitehead (K), Thomas Saunders, Mickyle Booise en Corné Niemand.
Agter: Dirk Hugo, Ethan Barker, Jaden Steyl, Ruan Lindeque, Jean Dreyer, Louis Koen, Sebastiaan Bekker en Waldimar de Klerk.
Voor: Lourens Pretorius, Christiaan Walters, Christian Rosslee, Adrian Conradie, Wynand Gouws, Thomas Wiersma, Corné Ferreira, Luka van der Westhuizen, Simon Coetzee, Gideon Lesch en Hanno Grundlingh.
Agter: Quade Matjan, Jan Malan, Philip Faure, Jacobus van der Merwe, Malan Mostert, Rowan Schoeman, Dirk van Velden, Werner De Bruin, Jean Serfontein, Derrick Groenewald, Noah van Niekerk, Gideon Boonzaaier, Werner Steyn, De Waal Viviers en Armand van Wyk.
Voor: Jeneall Davids, Mark Grindlay, Joshua le Roux, Iwan Jordaan, Steph van der Merwe (k), Francois van der Merwe (o.k), Gavie Kok, Bernard du Toit, Jordan Jooste, Dylan Welcome.
Agter: Leighton Carelse, Cole Moultrie, Wege van Zyl, Pieter Bergh, Christiaan Grundling, Alwyn van Jaarsveld, Matthys Laubscher, Tristan Joubert, Owen Botha, Jayden Joubert, Gershom Pieters, Juan van der Merwe, Dieter du Toit, Henré du Plessis.
Voor: Wian Delport, Ruben de Jager, Tian Tolken, Liam de Villiers, De Wet Nel (o.k), Chris Nel (k), Wian van Zyl, Bash Hardman, Bates Winshaw, Isham Moerat.
Agter: Thomas van der Walt, Elijah Woodhouse, Jacques Hutton, Chris-Tian Odendaal, Trichardt van Tonder, Adrian Faul, Bertus Versfeld, Max Malan, Ben de Villiers, Louis Marais, Ethan Venter, Skyler van der Merwe, Jayden Pekeur.
Voor: Micah Africa, Stephan Grundling, Luke van Tonder, Dieter Naudé, Samuel Cross, Daniel Meder, Wilhelm van Zuydam, Xavier Cleophas, Francesco Tasso, Luca Preller.
Agter: Janco Adriaanse, Latham Domoney, Peter Krige, Ruben Bosman, Kean van Zyl, Ronald de Reuck, Lijan Horne, Bradley Boynton, Henré Valentyn, Stefan de Klerk, Liam Philander, Daniel Meissenheimer, Danté Davids, Ewaldt Clift.
We offer a wide range of industry leading automation services and solutions. Over our 25 years of operation, we have developed a keen sense of the problems that our clients face and how best to solve them. We are a certified Gold System Integrator for Rockwell Automation, specialising in control and power solutions. This means that our solutions are backed and supported giving you piece of mind that we provide the best solutions in the industry.
Voor: Kian Truter, Pieter von Maltitz, JC Swarts, Gerrie van Deventer (K), Tiaan Walters, Conrad Rabie en Dihan Landman.
Agter: Daniel Bothma, Reynard Buys, Josua von Mollendorf, Ruben Postma, Philip Viljoen en Corné Nieuwoudt.
Voor: Rikus de Kock, Johannes Nieuwoudt, Ebert Sabbagha, John Coetzee (K), Martin Ferreira, Gideon Cronje en Phillip Barnard.
Agter: Stefan Wiehahn, Marnich Dippenaar, Logan du Plessis, Joe van Coller, Reinhardt Honniball, Josh Smit, Charles King en Philip du Preez.
Voor: Joshua van der Berg, Jordan White, Erik van Zyl, Benjamin du Toit (K), Ryan Folscher, Divan Burger en Zander Kruger.
Agter: Joshua Brand, Conrad Groenewald, Cornell Taljard, Werner du Bruin, Alexander Wedgwood, Karl Makkink en Werné Potgieter.
Voor: : Douw Hanekom, James Roberts, Reinhard Barnard, Xander Boonzaaier (o.k.), Cleto van Rooi (k), Liam Coetzee, Xander Kotzé, Paul Pretorius.
Agter: Gideon Pienaar, Gysbert le Roux, Zandré Grobler, Anko Gouws, Joshua le Roux, Dian van der Westhuizen, Pauniel Ogadi, Tristan van der Merwe.
o.16A
Voor: Ryan Swanepoel, Ethan Lowe, Martin de Bruyn, Gideon du Toit (o.k), Joel Martini (k), Nelius Swart, Wilhelm Mostert, Da-Niell Willemse.
Agter: Luka King, AJ Fourie, Günther van Tonder, NW Robbertze, Ullrich Drotschie, Milani Tisana, Nicholas Swanepoel, Brody Dazel.
o.15A
Voor: Christoff Prins, Charl van der Merwe, Leo O’Grady, Jan-Pieter Avenant, Bailey Tunney, Roald Coetzee, Liam Jaggi-Wright, Izak Bergh.
Agter: Kyle Tippoo, Peter Botha, Ethan van Heerden, Schalk van der Merwe, Matthew Oelrich, Sebastian Heyns, Brannon Solomons.
o.14A
Voor: Jacques van der Merwe, Sebastian Mostert, Laubscher van Loggerenberg, Alex Lategan (k), Bruwer Bornman (o.k), Le Roux Terblanche, Arthur Sales, Ben Haarhoff.
Agter: Danny Bezuidenhout, Jamie Kock, Daniel Mocke, Willem Nolte, Niel Joubert, Oscar Baehnisch, Ruben Oosthuizen, Mijan Herholdt.
Voor: Sumari Rademeyer, Danielle Viljoen, Zanne Botha, Leoné Hugo, Eriné Lategan, Carla Hanekom en Zané Steynberg.
Agter: Nicole Africa, Alette Stofberg, Nina Fölscher, Méke Mostert, Anje Grobellaar, Mia Brandson, Marné Arlow en Zanika Lotz.
Voor: Karli van Deventer, Hannah-Claire Lees, Anya Swanepoel, Minke Botha (K), Karea de Ridder, Marili Walters en Ghita Husselman.
Agter: Aliska Swart, Bea Dorfling, Carla Tranter, Isabella Nel, Ellabelle Buys, Annabelle Smith en Kehara Human.
Voor: Lua van Wyk, Nicola Ackerman, Sanmari Barnard, Annika Mouton (K), Danelle Fourie, Xulé Engelbrecht en Adri Hugo.
Agter: Imke Koegelenberg, Alanda Rademeyer, Milana Stickling, Jordan-Leigh Heyns, Carli Meintjes, Marilu Hamman, Micha Bakkes en Elanie de Jager.
Laborie
As part of The Wine Hive experience, our daily offering will include twenty different wines available by the glass, paired with classic Italian platters and authentic ITALIAN pizza! The Wine Hive is open from Wednesday to Saturday between 12:00 and 19:00. On Wednesday and Friday afternoons, visitors can look forward to themed wine tasting events. This will be an opportunity for wine lovers to meet the winemaker, compare grape varietals grown globally, and taste how other winemaking countries express their terroir in unique wines. Of course there will be authentic food like artisanal meats and cheeses to complement your tailormade experience!
DIGITAL
Hoe het jy by rugby betrokke geraak en hoe het jou pad geloop vanaf jou eerste betrokkenheid tot by Bokafrigter?
Na ek fisioterapie op Bloemfontein studeer het, het ek by `n fisioterapiepraktyk in Bloem begin en is ek gevra om die fisioterapeut vir die Vrystaat o.19 en o.21 rugbyspan te wees. Ek is `n paar jaar daarna aangestel as die fisio van die Cats in die Super Rugby-reeks. Rassie was toe nog `n speler by die Cats en het baie keer in die fisio - kamer video analises op sy “black box” (‘n analiseringsprogram wat hy by die WNNR gekoop het) gedoen. Hy sou my van tyd-tottyd roep om vir my te wys wat hy ontleed het, en so is my belangstelling geprikkel.
Jacques was kondisioneringsafrigter van die Cheetahs vanaf 2004 tot 2007, verdedigingsafrigter van verskeie Unies tussen 2008 en 2014, onder andere van die Stormers en ook in 2011 vir die Springbokke. Hy was ook Munster se assistent en senior afrigter vanaf 2016 tot 2017 voordat hy teruggekom het na SA en sy reis by die Springbokke voortgesit het.
Vertel ons meer van jou skooldae. Waar was jy op skool en in watter posisie het jy gespeel?
Ek was in Laerskool Riebeeckstad in Welkom en is toe koshuis toe by Grey College tot in graad 11. My ouers het toe Bloem toe getrek en ek is in graad 12 terug huis toe. Dit was nogal `n jammerte om my seniorjaar in die koshuis mis te loop. Atletiek (800m en 1500m) en landloop was my hoofsport, maar ek het ook rugby vir die lekkerte saam my vriende vir die laer spanne gespeel en dit nie so ernstig opgeneem nie. Ek het meestal flank gespeel.
Spelers oefen deesdae met swaar gewigte van`n jong ouderdom af. Wat is jou mening daaroor?
Dit is `n belangrike onderwerp. Mens moet onderskeid tref tussen gewigte (weights) en jou eie liggaamsgewig en rekke waarmee jy kan oefen. Enige oefening waar jy jou liggaamsgewig gebruik, is 100% en kan net `n goeie bydrae tot jou kondisionering lewer. Sodra dit kom by gewigte in die gimnasium moet jy baie versigtig oefen omdat dit jou groeiplate kan beskadig. As daar met gewigte geoefen word, sal ek toesighouding en advies van `n spesialis of ‘n kenner aanbeveel. Sommige jongmense se groeiplate gaan op ‘n vroeë (veertien- en vyftienjarige) ouderdom toe en ander eers op ‘n latere ouderdom (sewentien- tot agtienjarige ouerderdom). Wees daarom baie versigtig om te vroeg, sonder toesig en advies van ‘n kenner, met gewigte te begin oefen.
Hoe belangrik is rugbystatistiek soos die aantal duikslae, meters gehardloop, ens. vir jong spelers?
Ek dink vir laerskoolspelers moet dit net gaan om die spel te geniet en selfs tot in die hoërskool ook, maar as jy `n meer ernstige rugbyspeler is, dan raak statistiek al hoe belangriker en kan dit vir jou belangrike dinge uitwys. Dit moet egter nie só belangrik raak dat dit die lekkerte uit rugby haal nie. Wat is daardie lekkerte? Dis die tye saam met jou vriende, in die tokkamer, die spangees, die kringetjie voor en na die tyd, die Maandag se praat oor Saterdag se wedstryd. Dís die goed wat mens onthou.
Wat sou jy sê is ouers se rol op laerskool en op hoërskool?
Ouers moenie die lekkerte uit die sport vir hulle kinders haal deurdat hulle te ernstig daaroor is nie. Volgens my is ‘n ouer se belangrikste rol om hulle kinders te ondersteun. Probeer die afrigting vir die afrigters los, en as jou kind ernstig is oor sy sport, leer hom dan dat dit harde werk vat om bo uit te kom. Daar is niks verkeerd om ekstra tyd in te sit nie. Weer eens is dit die belangrikste dat hulle rugby geniet. Die ou wat dit maak, is die ou wat rugby ongelooflik baie geniet, want die opofferings wat jy moet maak, kan jy nie maak as jy nie lief is vir rugby nie en sonder daardie liefde vir die spel, gaan jy nooit genoeg dryfkrag hê nie. Jy moet as speler eienaarskap neem. Wat is eienaarskap? Dis nie die afrigter se werk alleen om seker te maak jy raak beter nie, dis jou werk om seker te maak dat jy elke dag verbeter. Afrigters is net daar om jou te help en te fasiliteer. Dis nie jou ouers se werk om seker te maak jy gaan oefen nie, dis jóú werk. Is daar ‘n ouderdom waar jong spelers hulself in ‘n posisie moet begin vestig?
Daar is nie `n vaste resep nie. Jy moenie senuweeagtig raak as jy nie in `n posisie vestig nie – it will come to you. Daar is internasionale spelers wat tot in matriek nog in ander posisies gespeel het as toe hulle hul nasionale span gehaal het. In Frankryk speel `n ou soos Mathieu Bastareaud flank vir Toulon in sommige wedstryde en senter vir Toulon in ander. Hy het Frankryk op senter verteenwoordig.
Wat dink jy is die vlak van skole rugby in S.A in vergelyking met die res van die wêreld?
Ek dink ons skole rugby is op `n hoë en professionele vlak. Daar is baie min ander lande se skole wat met ons kan meeding. As jy kyk wat party skole oorsee aan hulle rugbyprogramme spandeer, is daar party van daardie skole wat meer aan hulle rugby spandeer as party van ons kleiner plaaslike Currie Cup - unies. In vergelyking daarmee is dit dan eintlik ongelooflik hoe goed ons is. Daar is verskillende ontwikkelingsprogramme vir jong spelers wat gevolg kan word en dit verskil van land tot land. Baie van ons sukses op seniorvlak is omdat ons kontakvaardighede reeds baie vroeg op skool ontwikkel word. Sommige oorsese lande se ontwikkelingsprogramme vir jong spelers fokus op skool egter meer op balvaardighede en individuele vaardighede. Dit is belangrik om te noem dat daar nie ‘n regte of verkeerde jong speler ontwikkelingsprogram is nie. Elke land doen wat vir hulle die beste is.
Waarop dink jy moet laerskoolleerders en hoërskoolleerders in terme van spel en tegniekontwikkeling fokus?
Werk maar net aan jou vaardighede soveel as wat jy kan. Jy kan nooit te veel vaardighede hê nie. Jy kan nie té veel tyd aan vaardigheidsontwikkeling spandeer nie. Spelers met visie word beslis raakgesien. Kyk byvoorbeeld na Lionel Messi. Hy het 676 keer in die wêreldbekersokkerfinaal gescan waar die spasie is en wat om hom aangaan. Leer van vroeg af die gewoonte aan om die heeltyd te kyk wat op die veld aangaan en waar daar moontlike geleenthede en spasie is om te speel. Dis seker die beste vaardigheid waaraan jy as `n speler aan kan werk.
Scan die QR kode en kyk die video van Lionel Messi se scanning vaardighede:
Kom ons praat Springbokrugby. Daar is onlangs genoem dat julle as ‘n groep eintlik destyds meer op 2023 gefokus was, en dat 2019 se wen ‘n bonus was. Wat sê jy?
Jy is 100% korrek. Toe ons afrigtingspan in 2018 begin het, was Bok-rugby op die veld (resultaat-gewys) in daardie stadium op`n laagtepunt en om dinge te kon omdraai en `n kans te staan om die 2019 Wêreldbeker te kon wen, moes ons `n plan bymekaar sit wat ons `n kans sou gee. Ons het besluit om met die Bokke se sterk punte te speel en dit was om fisies te wees. Dit is nou vyf jaar later, en al het ons baie tyd tydens Covid verloor, het ons kans gehad om spelers se diepte in alle posisies te vergroot, om aan individuele vaardighede te werk. Baie faktore speel `n rol en daarom kan sukses nie verseker word nie, maar ons is in `n goeie posisie. Daar lê egter nog harde werk voor om die laaste dinge in plek te sit voor die Wêreldbeker se afskop.
Ek dink ons skole rugby is op `n hoë en professionele vlak. Daar is baie min ander lande se skole wat met ons kan meeding.
In aanloop tot die Wêreldbeker-toernooi, het ons eksklusief met Jacques Nienaber gesels oor sy lewensreis, die Springbokke se aanloop tot die Wêreldbeker, asook bietjie skolerugby.
Die wêreldbeker lê voor. Wat was jou hoogtepunt tot sover as Springbokafrigter?
Op die veld, as hoofafrigter, was dit verseker om die Britse en Ierse Leeus te kon klop. Vir twintig maande het die spelers mekaar nie gesien nie, en om op so `n kort kennisgewing bymekaar te kon kom, saam met al die uitdagings wat met Covid gepaardgegaan het, en die reeks te wen, was `n baie groot hoogtepunt. Omdat ons net elke twaalf jaar teen die Britse Leeus speel, kry min afrigters die kans om die Bokke teen die Britse en Ierse Leeus af te rig. Dit was dus vir my as afrigter `n groot voorreg. Neem ook in ag dat die Leeus teen Australië geseëvier het en die reeks teen die All Blacks gedeel het. Sou ons verloor het, sou die Leeus onoorwonne teen die drie Suidelike Nasies gewees het en dis wat hierdie oorwinning soveel lekkerder gemaak het.
Af van die veld is my hoogtepunt om te sien hoe spelers ontwikkel en hoe hulle gemaklik raak in die span; hoe hulle groei as mense binne spanverband; as volwassenes en met die media, asook hoe hulle meer verantwoordelik raak en hoe hulle profiel ontwikkel.
Elke speler in die groep is uiteraard besonders talentvol. Wat is jou fokus ten opsigte van afrigting per individu, asook om die spelers te bestuur aangesien hulle almal hoë profiele het?
Ek glo nie dis ons afrigtingspan se rol om die individuele spelers se profiele te bestuur nie. Hulle is volwasse mans met hulle eie families en dit is hulle eie verantwoordelikheid om na hulle profiele om te sien. Al wat ons bestuur, is hulle rolle in die span en om oop en eerlik met ons spelers te wees ten opsigte van hul eie spel - die positiewe en negatiewe dinge uit te wys, aspekte uit te wys waaraan hulle kan werk en dit saam met hulle te monitor. Ons ondersteun hulle as individue, maar aan die einde van die dag is geen indiviuele spelersprofiel groter as die Bokke se profiel nie.
Ons probeer die spelers ook leer dat dit hulle keuse is om kommentaar op sosiale media te lees, maar uiteindelik is dit die speler se eie keuse dat indien hy die goeie kommentaar wil glo, moet hy die slegte kommentaar ook aanvaar. Ons verkies daarom dat spelers nie eintlik sosiale media volg nie en eerder ons as afrigters se kommentaar en opinie oor hulle spel moet glo. Sosiale media is nie die realiteit nie.
Uiteraard is julle mikpunt om die wêreldbeker te wen. Is julle tevrede dat julle op hierdie stadium daar is waar jy wil hê julle moet wees?
Ek dink ons is. Ons het baie goed gedoen in ag genome dat ons baie tyd in 2020/2021 met Covid verloor het. Ons plan na 2019 was om aan spanontwikkeling en groei te werk, want daar was nie so baie tyd daarvoor voor die 2019 Wêreldbeker nie (net 18 toetse). Met spanontwikkeling bedoel ek die diepte per posisie en vaardighede van die individuele spelers. Hierdie proses het veroorsaak dat die uitslae op die veld soms daaronder gely het, maar dit het ons ook in `n baie beter posisie geplaas, deurdat ons spanontwikkeling en individuele vaardighede op `n beter vlak as in 2019 is. Deur hierdie roete te volg, het ons veral in 2022 baie spelers gesien wat na vore getree het en wat Bok-rugby soveel sterker gemaak het.
Hoe belangrik is jou wenrekord, aangesien dit op `n gereelde basis saam met vorige afrigters se rekords gepubliseer word?
Uit die aard van die saak verloor jy jou werk as die span nie wen of presteer nie. Die uitdaging is altyd om genoeg spelersontwikkeling te doen sodat jy nie net `n spelersdiepte van 15-22 spelers het nie. Indien jy dit kan regkry om as span te presteer, maar ter selfder tyd spelersdiepte te vergroot, vaardighede te verbeter en meer wedstrydstrategië in jou arsenaal te hê, dink ek is `n mens op die regte pad, want die einddoel om `n potensiële Wêreldbeker te wen, bly tog die belangrikste.
Baie mense wonder wat jou rol is en wat Rassie se rol is?
Die Direkteur van Rugby en die hoofafrigter van die Springbokke het verskillende pligte en rolle. Die maklikste beskrywing is dat ek verantwoordelik is vir wat op die veld gebeur en Rassie is verantwoordelik vir dit wat van die veld af gebeur. Dit is egter baie simplisties en bietjie meer kompleks as dit, maar dit is die maklikste om ons rol en pligte verdeling te beskryf. Ek en Rassie kom al `n lang pad saam. Ons het `n goeie werksverhouding en deur wedersydse respek beteken dit ons lewer insae oor en weer in mekaar se rolle, maar aan die einde van die dag staan ons elkeen pa vir ons resultate in ons onderskeie afdelings.
Hoe is die aanloop van Saterdag tot Saterdag voor ‘n toets?
Die Sondag na die Saterdag se wedstryd begin ons die Sondagoggend met medicals. Sondae is ook gewoonlik ons reisdag na ons volgende bestemming. Dit is die verantwoordelikheid van die spelers om dan hulle eie spel te analiseer (wat al die Saterdagaand vir hulle aangestuur word), waarna hulle deur die loop van die Sondagaand individueel met ons afrigters kan ontmoet om dit te bespreek, sou dit nodig wees. Sondagaande kom die afrigters bymekaar om die komende Saterdag se strategie te bespreek. Maandagoggende hou ons videosessies saam met die span, waar die vorige wedstryd ontleed word. Van Maandag tot Woensdag word daar geoefen. Die spelers se “naweek” begin Woensdagmiddae tot Donderdae waartydens hulle kan ontspan en hulle eie ding doen. Vrydae is kapteinsoefening afhangende van wanneer die veld beskikbaar is wat dan deur die kaptein gelei word. Dit neem nie sommer langer as 30 minute nie. Op `n wedstryddag begin ons al ses ure voor afskop met ons interne programme.
Jy was voor Springbokrugby betrokke by Munster. Wat het jou laat besluit op Leinster (hulle grootste vyand)?
Man, dis maar soos enige werk. Daar was `n pos oop en ek is genader en het die pos gekry.
Kan ons jou eendag terug verwag?
Definitief. `n Rugbyafrigter se paaie kan deur baie spanne en lande loop, maar op die ou einde is ek `n Suid-Afrikaner en `n trotse Bok-ondersteuner en as die geleentheid hom voordoen, dan kom ek terug. Oorsese afrigting stel `n mens bloot aan ander afrigtingstyle en nuwe tegnieke wat goed is vir my as afrigter en hopelik kan mens dit weer eendag in jou eie land terugploeg.
Baie sterkte aan julle. Ons wil vir jou dankie sê vir die rol wat jy in Springbokrugby gespeel het, die voorbeeld wat jy gestel het, asook jou nederigheid en die manier waarop jy jouself in hierdie groot pos dra. NET EEN VERSOEK ASSEBLIEF: Bring die Wêreldbeker huis toe!
Services Offered:
ORTHOTICS
* Innersoles * Moonboots * Ankle braces (Speed braces) * Orthopedic shoes
* OsteoArthrits knee braces * Knee sleeve
* Compression stockings * Wrist braces (Carpal tunnel) * Neck pillows * All fracture braces * Commodes * Crutches * Walking frames * Wheelchairs and many many more
PROSTHETICS
* Partial foot toe spaces * Below and aboveknee prosthetics * Breast prosthetics * Hand prosthetics * Custom-made Shoes and Shoe Build ups
Wat sal jy altyd van jou skooldae onthou?
Ek onthou net goeie tye met vriende in die koshuis en klaskamer, asook op die sportveld. Dis baie lekker herinneringe wat ek lewenslank sal koester.
Wat sal onderwysers van jou vertel? Watter tipe ou was jy op skool?
Ha-ha… Ek dink dit hang af van watter onderwysers jy vra, seker maar dat ek elke nou en dan die water getoets het, maar nogsteeds `n leerder was wat my onderwysers gerespekteer het.
Wat sal jy altyd van Interskole op skool onthou? Is daar enige hoogtepunte?
Ek sal altyd die Interskole-week onthou met alles wat deur die week gebeur en die lekker gees. Nóg `n hoogtepunt wat uitstaan is 2011 toe ek vir die derde span gespeel het.
Wat inspireer jou in die lewe?
Dat ek `n talent gegee is en dat ek dit net so baie wil geniet soos wat ek kan, terwyl ek nog kan.
Wat is die belangrikste lewensles wat jou skool vir jou geleer het?
Respek. Respek vir myself en vir ander.
Uit die aard van die saak het jy baie rugbytalent. Wat sou jy sê vat dit van `n speler om die hoogste vlak van `n sportsoort te bereik en daar te bly?
Om liefde vir die sport te hê en alles wat gepaard daarmee gaan soos die harde werk en opoffering.
As jy nie `n rugbyspeler was nie, watter sport sou jy wou beoefen?
Ek sou seker goed in krieket ook gevaar het, maar as ek kon kies, sou dit seker sokker of gholf wees.
As jy nie in jou posisie gespeel het nie, in watter ander posisie sou jy graag wou speel?
Ek is maar `n losskakel. Ek sou nie omgegee het om `n senter te wees nie. Ek wil graag naby aan die aksie en besluitneming wees.
Ek sal altyd die Interskoleweek onthou met alles wat deur die week gebeur en die lekker gees.
Wat is die beste raad wat jy al ooit ontvang het en wat jy vandag met die Paarl-leerders wil deel?
Om altyd in myself te glo en om te speel asof elke oomblik tel.
Wat maak Paarl Boys’ great?
Die skool het `n fantastiese geskiedenis met goeie waardes wat belangrik is en daar is `n spesiale gees in die skool.
We’re throwing out these tired old phrases and redefining what it means to be a girl in all our fierce glory.
This free-to-download mini-magazine has been created for the girls of South Africa, by the women of Virgin Active.
We want you to see the opportunities that are available to you and be the inspiration for the next generation of girls. Referee a FIFA Soccer World Cup game? Like a boss. Coach a varsity football team? In your sleep.
Women play soccer, full contact rugby. We box, we run, we jump, we play cricket. And we want to send a clear message that girls won’t be side-lined.
It starts with embracing our strength and celebrating our achievements, and so in this special magazine for girls only, we’re showcasing the women who dominate our national sports. By highlighting their incredible skills, unwavering determination and unapologetic confidence.
Movement is a powerful tool for personal growth, empowerment and overall well-being. When girls participate in sports, we learn valuable lessons that extend far beyond the field or court. We develop resilience, teamwork, discipline and determination – traits that are instrumental in achieving success in any field we choose to pursue. Sport provides girls with a platform to challenge societal norms, break barriers and shatter glass ceilings. By embracing sports, girls not only become physically strong but also mentally and emotionally resilient.
So please read about these incredible South African women, what they have achieved and the obstacles they have overcome, and be inspired. Let this motivate you to take up a sport you didn’t know girls could play, choose a career in sport you didn’t know about, or simply be a voice for change in this world.
Women play soccer, full contact rugby. We box, we run, we jump, we play cricket. And we want to send a clear message that girls won’t be side-lined
Let’s crush stereotypes, break boundaries and show the world what it really means to “play like a girl”, because we’re in this together and we’ve got game!
With fierce determination,
All the women of Virgin Active
“Run like a girl”, “punch like a girl”, “throw like a girl”… No more! “ “
PAARL GIMNASIUM
Wat is die hoogtepunt van jou rugbyloopbaan tot dusver en wat is die hoogtepunt van jou span se seisoen sover?
My hoogtepunt is toe ek as kaptein van Paarl Gim se o.13A-span gekies is. Die hoogtepunt van my span se seisoen sover is om te sien hoeveel ons as ‘n span gegroei het en dat ons nog net een wedstryd die seisoen verloor het.
Hoe motiveer jy jou span?
Deur nooit my span uit te trap nie en elkeen 100% te “back” om sy deel op die veld te doen. Ek probeer ook soveel as moontlik die voorbeeld te stel en só die span te lei.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan hy jou by?
Zeke Finck, ons losskakel. Dit help baie dat Zeke in die agterlyn speel en hy help met “calls” en besluitneming vir die agterlyn.
Hoe is die samestelling van die span vir Interskole?
Ons het ‘n baie geballanseerde span hierdie jaar tussen voor- en agterspelers. Ons het defnitief ook ‘n hele paar wedstryd-wenners wat enige tyd die wedstryd in ons guns kan tel met hulle individuele “skills”.
Enige beserings?
Ons het gelukkig geen beserings op die stadium nie (“Touch wood”).
Wat wil jul as `n span die jaar bereik?
Om Interskole te wen sal vir enige Gimmie die hoogtepunt van sy rugbyseisoen beteken.
Wat sal jou trots maak?
Net om die Gimmie-trui oor jou kop te trek en saam 14 pêlle op die veld jou skool te verteenwoordig, om ons beste te gee en nooit op te hou speel totdat die eindfluitjie geblaas het nie.
Wat is jou planne vir die toekoms?
Ek sien baie uit na die volgende paar jaar om my skoolloopbaan by Hoërskool Paarl Gimnasium voort te sit en ek wil bitter graag eendag vir Hoërskool Gimnasium se eerstepan speel.
What can the school and parents expect from your team this year at Interschools?
They can expect an entertaining brand of rugby.
Where is your strength as a team?
The ability to adapt to any condition.
What is the most difficult part of coaching a school team?
The hardest task in coaching is to create that perfect storm of certainty and uncertainty during the whole session, for every player.
Why, in your opinion, does school rugby get more competitive each year?
I believe rugby is one of the best life learning environments for pupils.
Ver vaardig kwaliteit handgemaakte
Edelsteen en diamant handelaar.
Juweliers- en horlosie herstelwerk/Gravering.
Inskiet van oorbelle (ear piercing).
Verskeidenheid horlosies, bandjies, batter ye asook silwer juweliersware.
Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover?
Ons hoogtepunt is om te sien hoeveel ons die jaar as ‘n span gegroei het en hoe ons band met mekaar versterk het.
Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover?
Ek dink die George/Knysna toer was definitief ‘n hoogtepunt. Ons het baie geleer, goeie hokkie gespeel en dit was ook lekker.
Adelé
O.13A HOKKIEDOGTERS AFRIGTERS: PAARL GIMNASIUM
Hoe motiveer jy jou span?
Ek motiveer hulle om positief te bly en hulle daarop te wys dat as een persoon ‘n fout gemaak het, is dit nie net daai persoon wat die fout moet regmaak nie, daar is tien ander spelers op die veld wat kan help om die fout reg te maak.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan sy jou by?
Miné King. Ek en Miné is baie goeie vriende so dit help dat ons nie vreemdelinge vir mekaar is nie. Sy is nie bang om goeie leiding te neem nie.
Hoe is die samestelling van die span vir die Interskole? Enige beserings?
Ons het geen beserings nie. Ons almal kom baie goed oor die weg en ons bring mekaar se sterkpunte uit.
Wat wil jul as `n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak?
Om Interskole te wen sal natuurlik ‘n hoogtepunt wees, maar as ons nie wen nie, moet elkeen van ons nogsteeds kan sê ek het my alles gegee en met ‘n glimlag van die veld af stap.
Wat is jou planne vir die toekoms?
Ek is aanvaar by Hoërskool Gimnasium, so ek gaan daar verder aan my sportloopbaan werk.
Wat kan die skool en ouers hierdie jaar by Interskole te wagte wees van julle span?
Ons wil nie te veel verklap nie, maar ons daag almal uit om Maandag, 31 Augustus by Hoërskool Gimnasium te kom kyk hoe “Gimmie Guts” lyk!
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar? Die manier hoe ons saam as ‘n span funksioneer en net doelbewus nooit opgee nie.
Wat is die moeilikste aspek van `n skole afrigter se taak? Om genoeg tyd te kan hê om almal se vaardighede te ontwikkel. Vir ons is dit belangrik dat elke speler sy volle potensiaal bereik. Om uitdagings te oorkom vereis sterk luister- en kommmunikasievaardighede, empatie, aanpasbaarheid en diepgaande begrip van elke speler. Ons as afrigters erken en aanvaar hierdie uitdagings as ‘n geleentheid vir groei vir nie net ons as afrigters nie, maar ook vir ons spelers.
O.13A HOKKIESEUNS AFRIGTERS: PAARL GIMNASIUM
Hoe motiveer jy jou span?
Ek prober seker maak dat almal in die span weet hulle is daar vir ‘n rede en ‘n doel en is goed genoeg om daar te wees.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan hy jou by?
Ons onderkaptein is Auret Germishuys. Hy sal altyd saam met my staan om die span te help en hy het ook baie leierskapseienskappe.
Hoe is die samestelling van die span vir die Interskole? Enige beserings?
Ons span is volledig met geen beserings nie
Wat wil jul as `n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak?
Ek dink as ons iets wil bereik sal dit definitief wees om Interskole te wen of selfs net ons beste te gee.
Wat is jou planne vir die toekoms?
Ek gaan volgende jaar Hoërskool Gimnasium toe en wil daar nog verder verbeter.
Wat kan die skool en ouers hierdie jaar by Interskole te wagte wees van julle span? Hulle sal as span hul beste gee om hul skool se naam hoog te hou.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar?
Ons het ‘n goed gebalanseerde span.
Wat is die moeilikste aspek van `n skole afrigter se taak?
Een van die moeilikste aspekte van afrigting is om die individue te help om hul eie selfbeperkende oortuigings en weerstand teen verandering te oorkom, maar steeds ‘n wen-kultuur te skep.
Agter:
Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover?
Dit was vir ons ‘n hoogtepunt om eerste by die Gimfees te eindig. Ons het toe besef dat ons nie iets kan wen sonder om in mekaar te glo nie.
Hoe motiveer jy jou span?
Ek moedig hulle aan om altyd positief te bly en net die spel te geniet. Ek herinner hulle ook om nooit op te gee nie.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan sy jou by?
Mieke van Rooyen. Sy is altyd vol energie en bring lewe na die span. Sy ondersteun ook al my besluite.
Hoe is die samestelling van die span vir die Interskole? Enige beserings?
Die samestelling van die span is baie goed en bring die sterkpunte in ons uit. Gelukkig het ons geen beserings nie.
Wat wil jul as `n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak? Natuurlik wil ons Interskole wen, maar dis ook belangrik om dit te geniet. Dit sal my trots maak as ons as span met goeie sportmanskap van die baan kan afstap.
Wat is jou planne vir die toekoms?
Ek gaan volgende jaar Hoërskool Paarl Gimnasium toe en sien baie uit om deel te bly van die Gim-familie.
Wat kan die skool en ouers hierdie jaar by Interskole te wagte wees van julle span?
Hierdie jaar kan die ouers fenominale netbal verwag met baie goeie vaardighede en diepte! `n Spanningsvolle spel!
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar?
Die span se sterkte lê nie net in een speler of kant nie. Daar is ‘n briljante aanvallende kant met uitstekende doelle. Ons het ook lang verdedigers met spelers wat Boland-spanne verteenwoordig het.
Wat is die moeilikste aspek van `n skole afrigter se taak?
Uitdagings is natuurlik jong spelers wat baie emosioneel is en waar daar nog baie ontwikkeling plaasvind.
Hoër Jongenskool Paarl
Sjampanjenooi: Milcah Visser.
Hoofdirigent: Hein-Willem Rabbets.
Eerstespanrugbykaptein: Van Heerden Pretorius.
Gelukbringer: Rouxben Jansen van Rensberg.
WED 9 AUGUST 2023
Hoërskool Paarl Gimnasium
Eerstespanrugbykaptein: Kyle Smith.
Gelukbringer: Nols.
Hoofdirigent: Brynard (Pottie) Potgieter.
Sjampanjenooi: Anke Kriel.