PORT ELIZABETH
This could be you advertising here
All schools in AWSUM News get free exposure. Show your support by advertising in this newspaper.
All schools in AWSUM News get free exposure. Show your support by advertising in this newspaper.
It’s time to hit the right target market!
It’s time to hit the right target market!
Book now!
Book now!
Stacey Ikin: 072 956 2382 | staceyinkin2@gmail.com
Tel: 021 872 3880
awsum@tiemedia.co.za
WHAT TO FIND INSIDE In & around the house
Health
P1 Warm winterhart-projek
P2 6 Ways to keep your kids...
P2 Music to your ears
P3 4 Handy home hints
P3 Yes, you can!
P4 - P8 School NEWS
Lifestyle
WHO WE ARE
To advertise in this newspaper - Contact: Karryn Pillay - (076) 526 5246 - karryn@tiemedia.co.za
Editor Tenille Swanepoel - 021 872 3880 | tenille@tiemedia.co.za
Graphic Designer
Rowan Engledoe - 021 872 3880 | rowan@tiemedia.co.za Jade Bushby - 021 872 3880 | jade@tiemedia.co.za AWSUM News is distributed to the following schools: PORT ELIZABETH: Primary schools: Laerskool Moregrove, Laerskool Kabega, Lorraine Primary, Willow Academy, Summerwood Primary, Laerskool Verkenner, Westering Primary, Herbert Hurb, Walmer West & Mount Pleasant. High Schools: Hoërskool DF Malherbe, Hoërskool Framesby, Grey Senior, Victoria Parl High, Pearson High, Hoërskool Cillie, Willow Academy, Hoërskool Andrew Rabie & Linkside High.
PRINTED BY - Paarl Coldset
www.awsum.co.za
Stacey Ikin: 072 956 2382 | staceyinkin2@gmail.com
NEWS
FREE
This could be you advertising here
GRATIS
LAERSKOOL
NUUS
JUNE 2014
PRIMARY SCHOOL
AWSUM News
Vol magies, warm lyfies en ’n GRÓÓT PLAN
Idees vir ’n Warm Winterhart-projek
D
ie winter is hier! Die koue klop aan die venster, dit is tyd vir lekker pannekoek en sop, en die Kaapse reëns betrap ons gereeld sonder ’n sambreel. Maar … wat van hulle wat nie ’n sambreel het nie – ook nie ’n huis met vensters of ’n ietsie warm om te eet nie? Vir talle minderbevoorregtes hier in ons streek is die winter vreesaanjaend. Ons hart bloei wanneer ons ’n man, vrou of kind op straat sien wat in wind en weer staan en bedel. Die meeste van ons wil graag iets vir hulle doen … maar ons weet dat om geld te gee nié ’n goeie idee is nie. Hier is wel ’n klompie goeie idees; dit is prakties en dit kan maklik saam met jou gesin, jou vriende of jou klasmaats aangepak word. Só kan julle ’n verskil maak: MAAK MAGIES VOL! Maak blikkieskos bymekaar, en rys, bone, pap, langlewe-melk en ander nie-bederfbare produkte, en begin ’n kosbank. Daar is altyd gesinne wat daardie kos bitter nodig het, én organisasies wat na sulke gesinne probeer omsien. Julle kan hier ’n groot verskil maak – en só ander se magies so vol soos julle s’n kry! ÓÚGOED IS WARMGOED Die koue en nat weer kry ons almal onder – maar het jy al daaraan gedink dat daar mense is wat in hierdie nat winter nie skoene het om aan te trek nie? Gaan kyk ’n bietjie in jou kas – en loer sommer in jou broer of suster of ma of pa s’n – en tel ’n bietjie
die pare skoene en tekkies wat nooit meer gebruik word nie. En die jeans wat nooit meer gedra word nie (omdat dit te styf sit!). En wat van die opgevoude kombers wat al twee jaar lank ongebruik daar lê? Dit is tyd dat daai goed ’n nuwe huis kry! En onthou sommer ook daardie serp wat nie meer cool is nie. Daar sál iemand wees wat dit sal LOVE! Onthou die Engelse spreekwoord: “One man’s junk is another man’s treasure!” MAAK KLEINGELD GROOT! Kies ’n organisasie wat jy wil ondersteun – en doen dit dan! Kyk, ’n mens het mos altyd ’n klomp kleingeld in jou beursie (dalk gooi julle dit in ’n bottel wat iewers in die huis staan). Moedig jou bure, ouers en die res van die familie aan om van daardie swáár sente – én die ewe swaar blink geld – ontslae te raak.
Stuur vir ons fo to’s van júlle Warm Winterha rtprojek!
Stel dan ’n doelwit: Hoeveel geld WIL jy insamel? En: Wanneer wil jy die projek voltooi? Vertel al wat leef en beef daarvan op Facebook en whatsapp. Kry nou sommer jou hele skool hierby betrokke. Gaan teken dan ’n prent of die skoolwapen met bordkryt op ’n parkeerterrein of sommer op die netbalbaan (hoe groter die prent, hoe meer plek vir die geld!). Op ’n spesifieke dag – of by ’n spesiale geleentheid wat jy met die onderwysers gereël het – bring almal dan hulle kleingeld en pak dit binne-in die getekende prent. Jy sal jou verstom oor hoe groot kleingeld word! Daar is ’n KLOMP maniere om in hierdie winter ’n verskil te maak. Hierbo is maar drie idees.