7 minute read

Stappers gered

‘n STAPGROEP is die naweek gered nadat hulle deur swaar reën oorval en deur ‘n stygende rivier op ‘n staproete in die Waaihoekberge bokant Michellspas vasgekeer was.

Twee Kaapse families was deel van dié stapgroep en het Saterdag 18 Maart die gewilde Witels staproete na Michellspas aangepak.

Advertisement

Op die roete moet stappers riviere en bergstrome kruis en oorswem en teen berghange afklim. Die groep moes teen Donderdag 23 Maart die eindpunt in Michellspas bereik het maar swaar reën wat vanaf Laingsburg, die Ceres Karoo tot Ceres uitgesak het, het riviere laat afkom en die stappers in die berg vasgekeer.

In ‘n verklaring van WSAR word gemeld dat ‘n lid van die groep familielede via ‘n satellietfoon in kennis gestel dat hulle eers ‘n dag later by hulle eindbestemming sou aankom.

staan met ‘n AMS noodhelikopter, ‘n polisie helikopter en rubberbote.

‘n Klein groepie reddingswerkers is met die AMS helikopter na die kloof geneem waar die agt stappers vasgekeer was.

‘n Paar reddingswerkers is met toue laat sak om die stappers te bereik. Die agt stappers is daarna opgehys en na ‘n landingsarea by die naby geleë Winterberg Mountain Inn geneem.

Die res van die reddingswerkers wat lede van die SAPD se duikeenheid en hondeeenheid insluit, het die ander twee stappers met rubberbote oor die Breederivier na veiligheid gebring.

Wydverspreide reën

Van Donderdag 23 Maart tot Sondag 26 Maart is byna 70mm reën in die Ceres omgewing gemeet. In die Koue Bokkeveld is 28.2 mm gemeet en in die Bo-Swaarmoed omgewing ongeveer 53 mm.

‘n STAPGROEP is die naweek gered nadat hulle deur swaar reën oorval en deur ‘n stygende rivier op die Witels staproete in die Waaihoekberge bokant Michellspas vasgekeer was.

Met die rivier wat sterker begin afkom het en die groep hul kampterrein moes verskuif, het die groep teen Donderdag weer ‘n familielid laat weet dat hulle nog langer op die staproete gaan wees.

Stappers op die roete moet hul eie kosvoorraad en slaapgoed saamdra. Maar met die ekstra dae op die roete het hul kos begin min raak. Twee vriende van die stappers het later probeer om oor die Breederivier te swem om die vasgekeerde stappers te bereik en vir hulle kos te bring.

Reddingspoging geloods

Wildernis-soek-en-redding (WSAR) is Saterdag 25 Maart ontbied en ‘n reddingspoging is geloods met 20-30 reddingswerkers van die Wildernis-soek-en-redding (WSAR), die SAPD se duik- en honde-eenheid en lede van EMS.

Donkerte, die slegte weer en ‘n rivier invloed het egter verhoed dat die stapgroep bereik kon word.

Sondagoggend vroeg het reddingswerkers weer bymekaar gekom en is die groep byge-

Bedankings

John Davids (leier van die span reddingswerkers) het al die reddingswerkers, vrywilligers en die SAPD en EMS bedank wat in moeilike omstandighede gehelp het met die reddingsoperasie. WSAR het ook Winterberg Mountain Inn bedank wat almal geakkommodeer het en die Witzenberg Guest Farm wat Saterdagaand slaapplek vir die reddingswerkers verskaf het.

Noodnommer van Ceres het Saterdag 25 Maart ‘n derde plek in Worcester by die AGS Boland Sang en Dans kompetisie behaal. Wat die prestasie so spesiaal maak is dat die Bolandstreek uit 43 gemeentes bestaan. ‘n Trotse dr. Cupido Rhode (afrigter) afgeneem saam met die kinders en hul trofee. hou die Togryers Museum ‘n boekvoorlesing by Huis Peter Strauss. Verlede week het sowat 20 inwoners bankvas gesit en luister na vertellinge uit die 1969 Aardbewingboek - Ons Onthou. jaarlikse CANSA Relay for Life Witzenberg het van 25-26 Maart op Victoria Park, Ceres plaasgevind. Stappers het van 18:00 tot 06:00 gestap en koue en reën getrotseer. Die Ockhuis-familie het ook deelgeneem om almal te ondersteun wat deur kanker geraak is.

Die WSAR se noodnommer is (021) 9370300 en is 24-uur beskikbaar.

Hierdie aanstelling

GROENTEBESTUURDER (DE KEUR LANDGOED)

Hierdie is ‘n permanente aanstelling, onderhewig aan die suksesvolle aflegging van proeftydperk.

Doel van pos: Oorhoofs verantwoordelik vir die effektiewe produsering en koördinering van prosesse wat gepaard gaan met die produksie van ±200ha groente.

Opleiding en ondervinding: • Toepaslike landbou kwalifikasie • 10 Jaar ondervinding in groente produksiebestuur • Goeie rekenaar- en Excel ondervinding.

Verantwoordelikhede: • Verseker dat produksieprosesse optimaal en met die nodige kwaliteit uitgevoer word • Opstel en bestuur van begroting asook optimale lonebestuur • Beplanning van plaag- en onkruidbeheer asook bemesting toediening • Beplan en skeduleer besproeiing • Navorsing en ontwikkeling • Bestuur wisselbougewasse.

Vaardighede: • Organiseringsvermoë • Uitstekende leier- en kommunikasievaardighede • Tegnologiese boerdery vaardighede • Moet goed met personeel, in spanverband en met ander plase/afdelings kan werk.

Vergoeding: Markverwante vergoeding en byvoordele sal aan hierdie pos gekoppel word, sowel as verpligte deelname aan die maatskappy se pensioen- en mediese skema is ‘n voorvereiste aan die aanstelling.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 14 April 2023

Aanstellingsdatum: So spoedig moontlik

Navrae en aansoeke : Stuur asb. u CV, met vermelding van u huidige salarispakket, ID-afskrif en drie verwysings aan Johan du Plessis by recruitment@dekeur.co.za

De Keur Landgoed is ‘n gelyke geleentheid werkgewer

VRIENDE van die Togryers Museum vereniging op Ceres, het Sondag 26 Maart ‘n suksesvolle historiese toer deur P.A. Hamlet se strate meegemaak. Nagenoeg 40 belangstellendes het verskillende dele besoek met Jos Kahn as toergids. Ouer inwoners het lekker saamgesels en na afloop van die toer, het gaste by Mon Desir gekuier.

20 - 26 March 2023

Nuusbrokkies

BIBLIOTEKE in die Witzenberg bied weer hul Boetevrye tydperk aan. Geen biblioteekgebruiker sal tussen 20 Maart en 21 April ‘n boete op laat boeke betaal nie. Die biblioteke vra dat almal wat biblioteekboeke by hulle het, dit tussen die datums kom ingee.

CERES netbalklub het weer met oefeninge begin op Maandae en Woensdae. Begintyd is vanaf 17:45 -18:00 op Laerskool Gericke se netbalbane. Nuwe lede is welkom om aan te sluit. Skakel Marelize by 073-318-7638

DIE PPK Ceres se Pelgrimstog (toer) na Israel vind weer plaas vanaf 23 November 2023. Beperkte plekke is beskikbaar en navrae hieroor kan gerig word aan pastoor Jacobs by 084-657- 4673 of stuur ‘n epos na: isaacjacobs50@yahoo.com. * Deposito is betaalbaar voor of op 15 April 2023.

YOUNG Good Hope RVK speel Saterdag 1 April teen Lovedales RVK. Die wedstryd vind op die Bella Vista sportgronde plaas. Wedstryde begin om 14:00 en toegang beloop R20 vir volwassenes en R10 vir kinders en motors.

Fine free period to return library books & materials extended until 21 April 2023

Fine free period to return library books & materials extended until 21 April 2023

Visit our public libraries at: Ceres, Wolseley, Tubagh, P.A. Hamlet Mini libraries: Rural Op-die-Berg, Laastedrif, Agter Witzenberg Library hours: Monday - Friday 07:30 - 13:00 and 13:30 - 16:00

DIE algemene jaarvergadering van Ceres Besigheids Inisiatief (CBI) is Dinsdagaand gehou. Hier is ‘n paar van die sprekers afgeneem. VOOR: Khanya Dingilizwe (Witzenberg munisipaliteit). AGTER: Heinie Joubert (CBI Fund), Naas van der Merwe (CBI voorsitter), Jurie Joubert (geoloog en Ceres Bergfynbosreservaat), David Nasson (munisipale bestuurder) en Anton Reinecke (CBI ondervoorsitter).

CBI hou jaarvergadering

DIE jaarvergadering van die Ceres Besigheids Inisiatief (CBI) is Dinsdag 28 Maart gehou.

Meer as 100 sakelui het die vergadering in die Ceresvallei kerksaal bygewoon.

Heinie Joubert het sakelui meer oor die CBI Fund se werksaamhede ingelig en by watter projekte hulle betrokke is.

CBI Fund is die afgelope drie jaar betrokke by St. Marks primêr op P.A. Hamlet (opvoeding), die entrepreneurs projek, voedselprojek Food4Witzenberg en die ondersteuning van David Fortuin se sopkombuis en die estetiese komitee.

Enige inwoner of sakepersoon kan betrokke raak by enigeen van dié projekte. Daar is geen vasgestelde bedrag nie.

Jurie Joubert (geoloog) het sakelui meer vertel oor die nuwe Ceres Bergfynbosreservaat wat saam met die Witzenberg munisipaliteit aangepak word. Hy het uitgebrei oor die planne wat beskikbaar is om dié area beter te bestuur, toegangsbeheer toe te pas, die damstaproetes te ontwikkel, by swempoele nuwe piekniekareas te maak en om die Witels piekniekarea te ontwikkel aangesien dit een van die beste vlieghengel areas in die streek is.

Probleme soos die groterwordende getal bergbewoners moet aangespreek word aangesien dit binne ‘n reservaat is en die bewoners skade aan die natuur aanrig.

Meer inligting is by CBI bestuurder, Jannie Conradie, beskikbaar.

Anton Reinecke (CBI ondervoorsitter en Skoonveld koördineerder) het oor volhoubare befondsing deur maatskappye deur implimentering van etiese komitees, gesels.

Khanya Dingilizwe, bestuurder elektrotegniese dienste Witzenberg munisipaliteit, het sakelui ‘n opsomming oor alternatiewe elektrisiteit gegee en gesê by watter projekte hulle betrokke is.

David Nasson, Witzenberg munisipale bestuurder, het by Khanya se praatjie aangesluit en gesê die Witzenberg munisipaliteit is 1 van die munisipaliteite in die Wes-Kaap wat geoogmerk is deur die Wes-Kaapse regering vir hulp om Ceres dorp te ondersteun in ‘n poging om die dorp minder afhanklik van Eskom elektrisiteit te maak. Meer besonderhede hieroor sal binnekort gepubliseer word sodra verdere inligting bekom is.

Nasson het ook sakelui meer vertel oor die

Verdagte bly in aanhouding tot R20 000 borg betaal word

DIE Wolseley SAPD het onlangs op ‘n plaaslike dwelmsmous toegeslaan en byna 25 000 mandrax pille met ‘n geraamde straatwaarde van byna R1.5 miljoen, gekonfiskeer.

Die polisie het Vrydag 18 Maart op drie persele in Madanistraat, Pine Valley, toegeslaan en beslag gelê op 25 plastieksakke met nagenoeg 24 700 mandrax pille in.

Nicolette Samuels (46) wat op die perseel was ten tye van die klopjag, is gearresteer. Sy het op 20 en 23 Maart in die landdroshof verskyn op klagtes van handel in dwelms of alternatiewe klagtes van die die besit van dwelms en/of die gebruik van dwelms.

vordering van Van Bredabrug en gesê die projek sal nou in Maart 2024 voltooi word teen ‘n koste van R66 miljoen - 80% hiervan word deur Wes-Kaap provinsie voorsien en 20% deur die Witzenberg munisipaliteit.

Hy het ook uitgebrei oor die nuwe MRF-oorlaaistasie en gevra dat inwoners huisvullis moet herwin en dit by die oorlaaistasie sal aflaai.

Hy het ook gesê dat eiendomswaardasies gestyg het. Die munisipaliteit poog om in die komende finansiële jaar die tarief aan te pas sodat die impak van die waardasie-stygings nie so hewig op die belastingbetaler is nie. Daar is steeds tyd indien inwoners beswaar wil aanteken teen hul waardasies.

Nasson het ook gemeld dat vlak 4 waterbeperkings reeds ‘n geruime tyd op Tulbagh ingestel is. Indien die Koekedouwdam se watervlak tot 39% daal, dan sal vlak 1 waterbeperkings op Ceres ingestel moet word. Inwoners word gevra om water spaarsamig te gebruik. Die damvlak het die week met 1% gestyg en staan nou op 40.4%.

CBI verslag

Naas van der Merwe (CBI voorsitter) het namens CBI bietjie terugvoering gegee oor die projekte soos die intrepreneursprojek, die Witzenberg sekuriteitsprojek en WAPLOG - ‘n inisiatief van die departement van landelike ontwikkeling.

Hy het die aand se verrigtinge afgesluit en gesê die Witzenberg munisipaliteit doen goeie werk, word goed bestuur, werk goed saam met CBI en kyk goed na die dorp se finansies.

Daar is min munisipaliteite in Suid-Afrika wat so goeie samewerkingsooreenkoms het soos Witzenberg munisipaliteit en CBI.

Die Witzenberg munisipaliteit het in 2018/ 2019 finansiële jaar ‘n begroting van R616 miljoen gehad teenoor die R900 miljoen van 2023/2024.

In die nuwe begroting word 72% van die munisipaliteit se inkomste bygedra deur besigheid (41%), residensieel (28%) en plase (3%).

Verder dra elektrisiteit dienstekostes 24% by tot die munisipaliteit se inkomste, water dienstekostes 6% en eiendomsbelasting slegs 5%.

Die twee grootste uitgawes is elektrisiteit (40%) en salarisse (28%).

Borg

Borgtog van R20 000 is verlede Donderdag aan haar toegestaan.

Volgens inligting is die borg nog nie betaal nie en bly sy in aanhouding tot haar volgende verskyning op 4 Mei.

Ander optredes

Die polisie het al paar keer klopjagte op Wolseley uitgevoer en buitelanders vir die besit van dwelms aangekeer.

This article is from: