1 minute read
Riaan Barnard kry opgeskorte vonnis
‘n OUD Ceres inwoner wat sedert verlede jaar in en uit die hofsaal is weens gesinsgeweld en die verbreking van beskermingsbevele, se saak is verlede Vrydag in die Ceres landdroshof afgehandel.
Riaan Barnard (41) het Vrydag 24 Maart voor landdros Z.B. Sogwagwa skuldig gepleit op drie klagtes van die oortredings van regulasie 103 van wet 60 van 2000 (minagting van beskermingsbevele en gesinsgeweldoortredings).
Advertisement
Vier klagtes, ondermeer roekelose bestuur met sy motorfiets, is teen hom teruggetrek.
Barnard is 3 jaar gevangenisstraf opgelê wat in geheel vir drie jaar opgeskort is.
Indien hy hom in die volgende drie jaar weer skuldig maak aan dieselfde oortredings, sal die opgeskorte vonnis in werking tree. Barnard is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit of te hanteer. Hy is na dié vonnis vrygelaat. neel maar is later daar weg sonder dat hulle iets moes doen.
Barnard het sedert Julie 2022 op talle aanklagte in die Ceres landdroshof verskyn.
Hy was tot Vrydag vir byna sewe maande in aanhouding. Of dit nie genoeg trauma vir sy familie was nie, is daar einde verlede jaar by ‘n familielid se woning op Wolseley ingebreek waar diewe twee trekklaviere en sy Toyota Fortuner gesteel het.
Die SAPD ondersoek ‘n voertuigdiefstalsaak asook klagtes van huisbraak en diefstal. Die voertuig is deur die polisie geskut en kan moontlik teruggegee word noudat Barnard vrygelaat is.
Toe die polisie weg is, is Xhantibe blykbaar met stokke en kieries aangerand.
Die polisie is weer ontbied waarna ‘n ambulans vir Xhantibe na Ceres hospitaal toe geneem het.
Ondersoek gevra
Die familie het met Ceres SAPD vergader en wil ook hê ‘n klag moet deur OPOD ondersoek word.