5 AUGUSTUS 2016 - ONS KONTREI * 3
Dienssentrum help immigrante wettig word Berig en foto: Mariaan Smuts CLANWILLIAM: Die Clanwilliam Werkers Dienssentrum (CWDS) is Woensdag, 27 Julie bekendgestel vanuit 'n kantoor wat voorlopig deur DF Strydom Makelaars bewillig is. Die sentrum het ontstaan deur middel van 'n inisiatief vanuit die gemeenskap. Jan Oosthuizen wat reeds noue kontak met die mense van Khayalitsha het, het as sameroeper opgetree en die nodige vergaderings en samesprekings met die inwoners gereël. Willie en Wena Botha hanteer die administrasie van die kantoor. Die Bothas behartig al die aanlyn aansoeke vir werks- en verblyfpermitte en reël aansoekers se afsprake by Binnelandse Sake. Hul staan die arbeidsmakelaars in Khayalitsha by met betrekking tot registrasie, wetgewing en vaardighede. Daar word in dié verband saamgewerk met Departement van Arbeid. Hul beplan ook om 'n plaaslik werknemers datalys saam met die departement op te stel. Die Werkers Dienssentrum doen al die registrasies en help mense om wettige dokumente te bekom. Hul lewer 'n diens aan die werkers en verseker dat die boere werkers kry met 'n geldige ID, die regte dokumente, asook 'n bankrekening. Sodoende weet die boere die mense wat hy in diens neem, is wettig in die land. Werkers wat nie deur 'n makelaar werk nie, moet 'n administrasiefooi van R100 betaal, 'n wettige ID asook 'n afskrif hiervan wat deur die SAPD gestempel is en 'n geldige paspoort met dieselfde geboortedatum wat op sy/haar ID dokument verskyn, verskaf. Indien die persoon minder as 'n jaar in die land is, word 'n klaringsertifikaat van die SAPD van hul land van herkoms benodig. Werkgewers moet ook 'n brief gee waarin hy bevestig dat die persoon by hom werksaam is.
Eers word elke aansoek aanlyn gedoen, waarna die fisiese afspraak dan deur die kantoor by Binnelandse Sake gemaak word. 'n Aansoek vir die Lesotho permit by Binnelandse Sake kos R970 en aansoekers kan tot twee maande wag om hul permitte te bekom. Aansoekers kan 'n makelaar/verteenwoordiger vra om sy dokumente te gaan afhaal in die Kaap, maar moet 'n kwitansie van sy afspraak verskaf en eers 'n toestemmingsvorm by die CWDS kantoor afhaal. Wellington Nkebetwine is gekies as voorsitter vir die Khayalitsha komitee. Samuel Kopung, Hans Mzwandile en Moeketsi Pane is van die arbeidsmakelaars wat alreeds betrokke is. Wena bedryf ook die WORK4aLiving program, waardeur sy mense oplei om geskik te wees vir die werksplek. Die program is baie gewild onder jong-,
sowel as ouer mense, die werkloses asook werkendes. Hierdie (NGO) organisasie het 'n Facebookblad, WORK4aLiving Clanwilliam. Navrae en registrasies vir dié kursusse, kan ook by die CWDS kantoor gedoen word. Die Bothas wil graag die boere, die makelaars en werkers van diens wees. Die visie is om 'n standaard te stel waar indiensneming korrek uitgevoer word, wat weer groot voordeel vir die landbougemeenskap inhou. Die CWDS kantoor is oop van Maandae tot Vrydae van 09:00 tot 12:00 en van 14:00 tot 17:00. Dit is geleë op die hoek van Visser- en Voortrekkerstraat en kan gekontak word by 081 837 8664. Boere wat advies benodig of belangstel om werkers te bekom, kan ook 'n epos rig aan werkersdiensentrum@gmail.com.
Kiesers kom en gaan rustig.
Stemdag in Cederberg Berig en foto: Mariaan Smuts CLANWILLIAM: Stemmery het oral in die Cederberg goed begin en stempunte was rustig. By Clanwilliam Senior Sekondêre Skool was daar sterk SAPD en wetstoepassers verteenwoordiging vir beheer.
Joernalis die naweek aan diens: Tossie Beukes 074 149 6145
Wena en Willie Botha (CWDS), Hans Mzwandile, Samuel Kopung en Wellington Nkebetwine (arbeidsmakelaars) en Tobias Basson (boer).
Olifantsrivier oorstroom Berig: Tossie Beukes
~ Berig vervolg van voorblad ~ VREDENDAL: Inwoners is die week met ‘n onverwagte prentjie begroet. Die Olifantsrivier het begin om sy walle te oorstroom en in die wingerde op te dam. Motoriste wat elke dag oor die brug ry het skielik stadiger gery om die gesig te bewonder. Alhoewel daar vir Dinsdagnag en Woensdag weer ‘n kouefront voorspel is, het daar nie veel reën in die Matzikama geval nie. En volgens Johan Matthee, van Laer Olifantsrivier Watergebruikers Vereniging (LORWUA) is daar steeds slegs twee sluise van die Clanwilliam dam oop. Hy was ook self Dinsdag op Klawer en het gesê dat die water reeds besig is om af te loop. Wydverspreide berigte van goeie reëns is laasweek ontvang.
Onthou!!! VREDENDAL TEHUIS BASAAR 26 & 27 Augustus 2016 Potjiekos Wegneem Aandetes: Vrydag, 26 Augustus 2016. Navrae @ 027 213 3040. Kaartjies vooraf te koop by Tehuis.