THE APOSTOLIC FAITH MISSION OF SA DIE APOSTOLIESE GELOOFSENDING VAN SA
Nuusflits | 21 Oktober 2016 AGS Kollegas, Ek vertrou dit gaan goed. Terwyl ons dankbaar is vir die reën wat die afgelope week in verskeie dele van ons land geval het, besef ons dat daar nog steeds spesifieke areas is waar water ‘n krisis is. Ek wil graag versoek dat ons sal aanhou bid saam met ons lidmate gedurende ons Sondag dienste. Met die einde van 2016 wat vinnig nader staan, wil ek graag hierdie Nuusflits gebruik om jou aandag te rig op ‘n paar belangrike punte. MG MAHLOBO 1. AGS JAARLIKSE KALENDER 2017 Klik op die onderstaande skakel om die AGS jaarlikse kalender in PDF formaat af te laai: http://www.afm-ags.org/pastoral-communication 2. PCD Ek wil jou graag aanmoedig om nie te wag tot die einde van die jaar om ‘n boekverslag/oorsig in te stuur nie. Indien jy die krediete oor ‘n tydperk versprei, kan 50 krediete maklik bereik word sonder baie moeite. Vir verdere navraag rondom die PCD proses stuur gerus vir ons ‘n e-pos na pcdafm@gmail.com of rig ‘n navraag op ons Facebook blad: https://www.facebook.com/pcd.afm?hc_ref=SEARCH&fref=nf. Pastors Continuous Development (PCD) se fokus is om ‘n kultuur van lewenslange groei en ontwikkeling onder ons pastore te weeg te bring! Dr.Henri Weideman 3. MIL – MINISTRY INTEGRATED LEARNING ‘n Webblad vir die MIL program is nou beskikbaar vir die aflaai van tersaaklike MIL dokumente (o.a. die aansoekvorm vir MIL 2017), en verleen ook toegang tot alle ander relevante inligting met betrekking tot die program: www.milafm.co.za
Die nuwe MIL webblad kan ook bereik word deur die Education & Training bladsy op die AGS se webblad: www.afm-ags.org/education-training 4. GBM FOTOS 2016 www.afm-ags.org/gallery
DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA NASIONALE KANTOOR Gebou nr.14 | Central Office Park | Jeanlaan 257 | Centurion Gauteng Suid Afrika Posbus 9450 Centurion 0046 Tel: 27 12 644 0490 | Faks: 27 12 644 0732/4 | www.afm-ags.org Nuusbrief Redakteur: Past. M.G. Mahlobo (President of the AFM) mmahlobo@afm-ags.org Navrae: Chantalle Schutte (Interne Kommunikasie Spesialis) chantalle@afm-ags.org
The WHOLE church taking the WHOLE Gospel to the WHOLE world.