9 Februarie 2018

Page 1

THE APOSTOLIC FAITH MISSION OF SA DIE APOSTOLIESE GELOOFSENDING VAN SA

NUUSFLITS / 9 FEBRUARIE 2018

Geagte Kollega,

• 27 FEBRUARIE 2015 •

Ek vertrou dat dit goed gaan met jou in die nuwe jaar! Neem asseblief kennis dat landlyn telefone a.g.v kabeldiefstal, in en rondom die AGS Hoofkantoor af is. Volgens Telkom sal dit ongelukkig tussen 3-5 weke neem om te herstel. Ons het ‘n alternatiewe reëling getref waarvolgens daar steeds na die bestaande landlyn nommers gebel kan word en na ‘n selfoon herlei word. Ons ontvangsdame (Letta) sal ‘n boodskap neem en die betrokke personeel lid sal per selfoon terugskakel. Ons is jammer oor die ongerief en vertrou dat hierdie inligting meer duidelikheid verskaf. Ek wil hierdie geleentheid gebruik om jou aandag op 2 sake te rig: VERKLARING DEUR SARS Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het onlangs 'n verklaring uitgereik oor sy plan om moontlike belastingversuim in die godsdienstige sektor te ondersoek. Dit sluit kerke in. Pastore, Beheerliggame en Streekkomitees moet bewus wees van die belastingverpligtinge van kerke en hul werknemers. Om verder te lees, klik op die onderstaande skakel om die volledige artikel in PDF-formaat af te laai: http://www.afm-ags.org/pastoral-communication EDUCATION & TRAINING: KORREKTE AANSOEK PROSESSE Die afgelope paar weke het ons 'n aantal navrae ontvang oor die korrekte aansoekprosedures vir teologiese studies. Om die korrekte aansoekprosedures te sien, klik asseblief op die onderstaande skakel en laai die inligting in PDF-formaat af: http://www.afm-ags.org/pastoral-communication Vir opgedateerde aansoekvorms: http://www.afm-ags.org/education-training


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.