THE APOSTOLIC FAITH MISSION OF SA DIE APOSTOLIESE GELOOFSENDING VAN SA
Nuusflits | 7 Oktober 2016 AGS Kollegas, Laat my toe om weereens my opregte waardering uit te spreek teenoor elke afgevaardigde wat die 2016 Algemene Besigheids Vergadering bygewoon het. Dankie vir die vertroue wat daar in my geplaas is om die kerk te lei in die rol van President nadat Dr. Isak Burger die leisels met waardigheid en eer neergelê het. My gebed is dat die Here sal voortgaan om hom en sy familie ryklik te seën! Hiermee wil ek ook my mede-Nasionale Ampsdraers gelukwens met hulle verkiesing tot die volgende leierskaps rolle: Dr. Japie La Poorta (Adjunk President), Dr. Henri Weideman (Algemene Sekretaris) en Past. Barend Petersen (Tesourier). Die afgelope twee weke het ons ‘n groot aantal navrae ontvang met betrekking to spesifieke hulpbronne wat ontwikkel was vir die Algemene Besigheids Vergadering. In hierdie Nuusflits deel ons graag ‘n hele paar van hierdie hulpbronne. Jy is welkom om dit af te laai en te gebruik soos nodig. MG Mahlobo 1. 20 JAAR VAN EENHEID IN DIE AGS Laai gerus die volgende ontwerpe af: 20 Jaar van Eenheid Logo en Bannier: http://www.afm-ags.org/pastoral-communication Kyk ‘n video clip op YouTube wat die AGS se storie rondom eenwording vertel: https://www.youtube.com/watch?v=9fI5ylB5GKw&t=5s Kyk ‘n video clip op YouTube wat vertel van Dr. Isak Burger se bediening in die AGS: https://www.youtube.com/watch?v=9KmwiY_HUBg Lees gerus Dr. Isak Burger se finale Pastorale Brief aan die kerk: http://www.afm-ags.org/pastoral-communication AGS Tafeldoeke: Na die Algemene Besigheids Vergadering ontvang ons baie versoeke rondom die AGS tafeldoeke wat gebruik was tydens die konferensie. Die Nasionale Kantoor sal graag op grootmaat ‘n bestelling wil plaas by die verskaffer om sodoende ‘n laer koste per tafeldoek te bekom. Indien jou gemeente belangstel om so ‘n tafeldoek te bestel, stuur gerus ‘n e-pos kommunikasie aan sales@afm-ags.org met jou kontak besonderhede asook hoeveel tafeldoeke jy wil bestel. Dit sal die Nasionale Kantoor help om ‘n kwantiteit vas te stel.
2. ONE AFM GAME PLAN HULPBRONNE Laai gerus die Game Plan aanbieding af soos aangebied deur Past. Barend Petersen: http://www.afm-ags.org/pastoral-communication Kyk na ‘n video clip op YouTube waar Dr. Isak Burger direk gesels oor Game Plan uitdagings: https://www.youtube.com/watch?v=gmUjvhDnD8k&t=15s Game Plan DVD: Neem asseblief kennis dat die Game Plan DVD’s wat by die Algemene Besigheids Vergadering uitgegee moes word, nou aan elke streek/netwerk komitee gestuur is per koerier. Die idee is om elke AGS gemeente toe te rus met hierdie hulpbron. Doen dus asseblief navraag by jou betrokke streek/netwerk komitee. Die doel van die Game Plan DVD is om die AGS se Missionale Kerk Strategie in 4 verskillende tale aan te bied: Afrikaans, Engels, isiZulu en Sesotho. Die DVD bevat ook verskeie formate waarin hierdie inligting aangebied word: • Artikels • Video Clips • Fotos • ‘n Praktiese Hulpmiddel vir Lidmaat Kommunikasie • ‘n Video Clip waar Dr. Isak Burger gesels oor huidige uitdagings t.o.v. die Game Plan. Ons vertrou werklik dat hierdie hulpbron ons pastore se verstaan van die Game Plan sal verdiep asook self-vertroue te versterk om met ander hieroor te kommunikeer en op te lei. 3. AGS PERSVERKLARING Neem asseblief kennis van die AGS se nuutste persverklaring rondom die situasie by universiteite: http://www.afm-ags.org/media/statement-current-situation-some-our-tertiary-institutions 4. VRAELYS Tydens die Algemene Besigheids Vergadering is afgevaardigdes versoek om deel te neem aan ‘n hoogs relevante vraelys wat deel vorm van ‘n doktorale studie. Die vraelys samel inligting in oor die AGS se 20 jaar van eenheid asook die rol en roeping van AGS gemeentes binne hulle plaaslike gemeenskappe. Indien jy nie die geleentheid gehad het om hierdie vraelys te voltooi nie, deel ons graag die aanlyn weergawe daarvan: https://goo.gl/aXtEHR
DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA NASIONALE KANTOOR Gebou nr.14 | Central Office Park | Jeanlaan 257 | Centurion Gauteng Suid Afrika Posbus 9450 Centurion 0046 Tel: 27 12 644 0490 | Faks: 27 12 644 0732/4 | www.afm-ags.org Nuusbrief Redakteur: Dr. Isak Burger (President of the AFM) iburger@afm-ags.org Navrae: Chantalle Schutte (Interne Kommunikasie Spesialis) chantalle@afm-ags.org
The WHOLE church taking the WHOLE Gospel to the WHOLE world.