• 3de KWARTAAL 2017 • DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA NASIONALE KANTOOR Gebou nr. 14, Central Office Park, Jeanlaan 257, Centurion, Gauteng, Suid-Afrika Posbus 9450, Centurion 0046 Tel: 27 12 644-0490 | Faks: 27 12 644-0732/4 www.afm-ags.org https://issuu.com/afm_ags Geagte Kollega,
INHOUD • Geagte Kollega - 1 • Bewaar Eenheid Deur Die Band Van Vrede Te Behou - 2-4 • Om Te Leef In ‘n Sekulariserende Samelewing – Dinge Is Aan Die Verander - 4-6 • Onderrig, Lei Op En Bemagtig Gelowiges – ‘n Verslag Van Die AGS Sunnyside Gemeente- 7-8 • Slot- 8
Groete in Jesus se Naam. Ek is dankbaar vir die geleentheid om deur middel van die Pastorale Brief met jou te kommunikeer. Ek wil graag almal bedank wat my vorige brief gelees het en vir my terugvoer gegee het. Hierdie uitgawe is ‘n spesiale konferensie-uitgawe wat fokus op die hooftema van ons AGS Nasionale Konferensie: Kohesie (Samehorigheid) – Leef as mense van die Gees in ‘n sekulariserende samelewing.
Spesiale Uitgawe
BEWAAR EENHEID DEUR DIE BAND VAN VREDE TE BEHOU Past. M.G. Mahlobo – President
EFESIËRS 4:1-6 (NLV): “1Ek doen dus ’n beroep op julle, ek wat ’n gevangene in diens van die Here is: Leef ’n 3 2 lewe wat pas by die waardigheid van die roeping waarmee julle geroep is. 2Met totale beskeidenheid en 4 sagmoedigheid, ja, met geduld moet julle mekaar in liefde verdra. 3Deur in vrede met mekaar te lewe, 5 5 moet julle julle daarop toelê om die eenheidsband te bewaar wat die Gees bewerk het. 4Daar is net één Gees, net soos julle net één toekomsverwagting het op grond van julle roeping – 5één Here, één geloof, één doop, 6één God, ons almal se Vader; Hy heers oor almal, werk deur almal en woon in almal.” ‘n Lewenstyl wat ons roeping waardig is Dit is belangrik om daarop te let dat Paulus die gelowiges as geroepenes aangespreek het. Hierdie idee het verlore geraak die oomblik toe die Christenkerk onderskeid begin tref het tussen sogenaamde "geestelikes" en "leke". Die roeping tot die bediening was beperk tot die"geestelikes" (predikante) wat 'n minderheid is in vergelyking met die sogenaamde leke (of lidmate). Ons moet terugkeer na die idee dat daar van alle gelowiges, insluitend predikante en lidmate, verwag word om God se roeping te vervul. Ons is almal geroepenes!
“Ons moet terugkeer na die idee dat daar van alle gelowiges, insluitend predikante en lidmate, verwag word om God se roeping te vervul. Ons is almal geroepenes! ” Eienskappe van die lewenstyl wat by ons roeping pas Paulus moedig die Christen-gelowiges in Efese aan om te leef op 'n wyse wat spreek van hulle roeping. In hierdie verband noem hy vier spesifieke eienskappe: nederigheid, sagmoedigheid, geduld en verdraagsaamheid in die liefde. Die kerk in Efese het bestaan uit mense van beide Joodse en heidense oorsprong. Hierdie aspek alleen het potensiaal om spanning te veroorsaak. ‘n Mens sou verwag dat sommige van die Joodse lede sou aandring daarop dat nie-Joodse lede in die gemeente die juk en las van die Mosaïese wet ook moet te dra. Kulturele verskille kan harmonie versteur as kulturele diversiteit nie goed bestuur word nie. Paulus dring daarop aan om alles te doen om die eenheid in die band van vrede te behou. Eenheid van die Gees Die verwysing na die eenheid van die Gees in die teks dui eerstens aan dat die eenheid waarvan gepraat word deur die Heilige Gees moontlik gemaak word. Met ander woorde, dit is iets wat reeds gegee is. Tweedens is dit die verantwoordelikheid van die gelowiges om eenheid in die band van vrede te handhaaf. Verhoudings wat gekenmerk word deur nederigheid, sagmoedigheid, geduld en liefde is goeie aanwysers dat eenheid wel gehandhaaf word.
“Verhoudings wat gekenmerk word deur nederigheid, sagmoedigheid, geduld en liefde is goeie aanwysers dat eenheid wel gehandhaaf word.” -2-
BEWAAR EENHEID DEUR DIE BAND VAN VREDE TE BEHOU verv Die AGS van Suid-Afrika is een kerk wat bestaan uit 'n diverse lidmaatskap in terme van ras, taal, geslag, ouderdom en kultuur - om slegs enkele aspekte van diversiteit te noem. Ons is verbind deur een belydenis, een embleem, gehoorsaamheid aan die gesag van die Bybel en ons groot begeerte om ‘n Matteus 28:18-20-kerk (Missionale Kerk) te wees. Die Groot Opdrag definieer ons rede vir bestaan. Ons is die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika.
“Ons is verbind deur een belydenis, een embleem, gehoorsaamheid aan die gesag van die Bybel en ons groot begeerte om ‘n Matteus 28:18-20-kerk (Missionale Kerk) te wees.” Ons vroeë pioniers wou die apostoliese idee in die naam van die beweging inkorporeer. Hulle wou 'n kerk soos die een in die boek van Handelinge hê. Hulle het gedroom van 'n kerk wat lyk soos in die dae van die apostels. Net soos die vroeë kerk 'n kerk van aksie was, 'n uitgaande kerk, 'n kerk vir die nasies, 'n sendingkerk, wou hulle dieselfde wees. Die naam "Apostoliese Geloofsending" maak nie net teologiese sin nie, dit wys ons ware DNA. Ons geskiedenis bied nie 'n goeie prentjie van eenheid nie. Ons het ‘n goeie begin gehad maar soos tyd aanbeweeg het, het ons toegelaat dat ras, kultuur, taal en selfs geslag ons verdeel. In 1996 het ons deur God se genade weer een geword. Dit was op grond van een konstitusie, een belydenis en een embleem. Die eenwordingsproses was 'n leerkurwe vir ons almal. Die belangrikste les uit hierdie proses was die noodsaaklikheid vir gelowiges van verskillende kulturele agtergronde om na mekaar te luister. Dit sou wedersydse begrip en vertroue bevorder. By drie geleenthede (2002, 2006 en 2013) het die Nasionale Leierskapsforum van die kerk persepsies oor eenheid bespreek. Een persepsie was dat geen eenheid bereik is nie, omdat dit nie op plaaslike gemeente vlak sigbaar was nie. Die ander een was dat daar belangrike aanduidings was dat eenheid stadig maar seker op pastorale leierskap vlak sigbaar begin word het. Die feit van die saak is dat daar nog baie werk is wat gedoen moet word om ons eenheid te verdiep. Efesiërs 4: 3-6 doen ‘n beroep op almal van ons om die eenheid van die Gees in die band van vrede te hou.
-3-
BEWAAR EENHEID DEUR DIE BAND VAN VREDE TE BEHOU verv Kritiese gesprekke Eenheid is nie eenvormigheid nie. Dit is ook nie homogeniteit of duplisering van mekaar nie. Dit gaan oor gedeelde Goddelike waardes, oortuigings en doelwitte.
“Eenheid is nie eenvormigheid nie.” Een van die maniere waarop ons die eenheid van die Gees in die band van vrede kan bewaar, is deur eerlike gesprekke oor kwessies wat kohesie/samehorigheid kan bevorder. Sulke gesprekke moet op leierskapsvlak begin en dan na lidmaatskapvlak deursyfer. Sommige van die belangrikste kwessies vir bespreking is ons kollektiewe missie, ons gedeelde waardes (integriteit, verhoudings, aanspreeklikheid en uitnemendheid) en die daarstel van ‘n atmosfeer waar elke gelowige voel hulle behoort in die AGS. Die hoofdoel moet wees om kohesie in die kerk te bevorder. My gebed is dat ons almal deel van hierdie gesprekke sal wees.
OM TE LEEF IN ‘N SEKULARISERENDE SAMELEWING – DINGE IS AAN DIE VERANDER
Dr. H.J. Weideman – Algemene Sekretaris
Die samelewing is anders as wat dit 20 of 30 jaar gelede was, en ek verwys nie na politiek of demografie nie. Daar was 'n tyd toe die meeste mense hul identiteit en verwysingsraamwerk in Christelike norme en beginsels sou vind. Baie mense het hul lewens as deel van 'n godsdienstige gemeenskap geleef en was deur hul eweknieë gerespekteer weens hul betrokkenheid by die kerk. Hierdie is nie altyd meer die geval nie.
“In baie kringe is dit normaal om ongelowig te wees en daar is geen respek of status wat gegee word aan godsdiensbeoefening nie.” Godsdiens is besig om sy sosiale en kulturele betekenis te verloor en in sommige gemeenskappe het dit onbelangrik (of marginaal) geword. In baie kringe is dit normaal om ongelowig te wees en daar is geen respek of status wat gegee word aan godsdiensbeoefening nie. Geloof in God is nie meer vanselfsprekend nie en daar is baie ander alternatiewe. Alhoewel daar definitiewe Christelike fondamente is, in onder andere ons opvoedkundige- en regstelsels, word die samelewing nou anders gevorm. Ons leef nie meer in 'n samelewing waar Christelike waardes en norme die alledaagse lewe beheer nie (ook bekend as die Christendom). Die Christendom is vinnig besig om 'n sub-kultuur te word, en dit word baie soos die vroeë Christene in die klassieke wêreld. Ons word 'n "eiesoortige volk" as gevolg van ons kenmerkende en onderskeidende oortuigings en waardes. Ons moet onsself vra of hierdie realiteit noodwendig sleg is. -4-
OM TE LEEF IN ‘N SEKULARISERENDE SAMELEWING – DINGE IS AAN DIE VERANDER verv ‘n Verlange na die verlede Sommige van ons vind die deurlopende, vinnige en dikwels chaotiese veranderinge rondom ons moeilik om te hanteer. Ons is geneig om te lewe asof Christendom steeds die samelewing beheer en kultuur bepaal. Alhoewel ons bedoelings goed is, is dit nie realisties nie en op sommige maniere verhinder dit die ware sending van die kerk. Om voortdurend in 'n gemoedstemming te leef wat fokus op die sogenaamde "goeie ou dae", kan selfs 'n negatiewe impak hê op ons rol as Christene in die samelewing. Toekomsgerig en -gedrewe... Ek glo dat ons geloof in sy aard ons rig tot die toekoms. Die verslag van die lewens van die geloofshelde in 13 Hebreërs 11, vertel ons dat hulle uitgesien het na die beloftes wat gemaak is: “ Terwyl hulle nog steeds geglo het, het hulle almal gesterf sonder om die vervulling van God se belofte te beleef. Hulle het dit egter in die verte gesien en begroet, en erken dat hulle hier net vreemdelinge en bywoners is.” Hebreërs 11:13 (NLV). Paulus was duidelik oor hoe hy sy lewe gefokus het: “ 13Nee, broers en susters, ek reken self nie dat ek al is wat ek moet wees nie, maar een ding is seker: ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat 14 voorlê. Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys wat God deur Christus Jesus aan my gee.” Filippense 3: 13-14 (NLV).
“... die manier waarop ons die kultuur en elke sfeer van die samelewing daagliks beïnvloed, deur die manier waarop ons leef, maak ‘n baie groter impak.” Die teenwoordigheid van kerke, Christene-skole en ‘n "Christelike" wet, maak 'n land nie Christen nie. Inteendeel, die manier waarop ons die kultuur en elke sfeer van die samelewing daagliks beïnvloed, deur die manier waarop ons leef, maak ‘n baie groter impak. Lewe in die hede as toekomsgedrewe mense Ons is nie in die 18de of 19de eeu nie. God het ons hier en nou vir 'n rede geplaas. Ons is nie veronderstel om ons tyd te spandeer aan die dae van gister nie, of om net te fokus op die hemel en wanneer ons daarheen kan “ontsnap”. Ons is hier op 'n MISSIE: "Gaan en maak dissipels van alle nasies." Matteus 28:19 (NLV).
“God het ons hier en nou vir 'n rede geplaas.”
-5-
OM TE LEEF IN ‘N SEKULARISERENDE SAMELEWING – DINGE IS AAN DIE VERANDER verv Terwyl ons hier is, is God se woorde aan Israel wat in ballingskap in Babel gebly het, ook van toepassing op 5 6 ons: “ Bou huise en woon daarin. Plant tuine en eet die kos wat dit oplewer. Trou en verwek kinders. Sorg dat julle kinders ook trou sodat julle baie kleinkinders sal hê! Sorg dat julle getalle daar vermeerder en nie 7 verminder nie. Dra ook julle deel by vir vrede in Babel waarheen Ek julle in ballingskap laat gaan het. Bid tot die Here sodat dit goed sal gaan met die stad waarin julle bly. As dit met Babel goed gaan, sal dit ook met julle goed gaan.” Jeremia 29: 5-7.
“Bid tot die Here sodat dit goed sal gaan met die stad waarin julle bly.” 15
Ons is hier om te getuig: “ ...As julle dit doen, en iemand vra julle uit oor die hoop wat in julle leef, wees 16 altyd reg om te reageer. Doen dit egter taktvol en eerbiedig.” 1 Petrus 3: 15-16 (NIV). Ons is hier om die gemeenskappe waarin ons leef en werk met die beginsels en waardes van God se 25 koninkryk te beinvloed, deur 'n ware Gees-gevulde lewenstyl te handhaaf: “ Ons lewe deur die Gees; daarom moet die Gees ook ons leefstyl bepaal.” Galasiërs 5: 25. ‘n Leefstyl met persoonlike integriteit, Goddelike karakter en morele moed - ons optrede bemagtig deur die Heilige Gees. Uitsonderlike geleenthede 'n Sekulariserende samelewing is dalk nie wat ons voor gehoop het nie, maar ons moet dit sien vir die realiteit wat dit is - en ook vir die uitsonderlike geleentheid wat dit vir ons as volgelinge van Jesus bied, om SOUT en LIG te wees op ‘n werklike en praktiese manier.
-6-
ONDERRIG, LEI OP EN BEMAGTIG GELOWIGES – ‘N VERSLAG VAN DIE AGS SUNNYSIDE GEMEENTE
Mev. C. Schutte – Kommunikasie Bestuurder
Die bemagtiging van ons lidmate word as deel van ons visie verklaar: “We see a church accessible to all people, celebrating our unity and God-given diversity, empowering our members for caring and transforming our communities to the glory of God”. In 'n tyd waar die samelewing al hoe verder weg beweeg van Bybelse waardes, en kennis oor Koninkryk-beginsels beperk is – kan die belangrikheid van opleiding en bemagtiging nie onderskat word nie. Gebaseer in Pretoria onder leiding van Dr. Thomas Swift, bedien die AGS Sunnyside Gemeente 'n multi-kulturele gemeenskap. Dienste word aangebied in 6 verskillende tale, wat ongeveer 18 verskillende nasionaliteite en 28 kulture bereik. Vroeër die jaar het daar ‘n behoefte aan opleiding vir die jeug van die gemeente ontstaan. Die AGS Sunnyside Gemeente se leierskap het navraag gedoen by ‘n naburige AGS Gemeente rondom die beskikbaarheid van kursusmateriaal. Nuwe kursusmateriaal is verkry van ‘n Doxa Deo Gemeente en onmiddelik aangepas en herskryf om aan die behoeftes van die AGS Sunnyside jeug te voldoen. Die nuwe kursus se titel was “IN TUNE” en het die volgende temas aangespreek: Ontdek jou Geestelike Ore
God is Getrou en Verewig
Die Stem van God
Maniere om God se Stem te Hoor
Hoe Luister ek?
Twee leiers in die gemeente is as fasiliteerders geïdentifiseer en het ingestem om die kursus aan te bied vir die jeug. Jeuglede is ingelig en gemotiveer deur middel van verskeie kommunikasie kanale, om die "IN TUNE" - opleiding by te woon. Daar was in totaal 60 jeuglede wat die opleiding bygewoon het. Om die impak van hierdie bemagtiging beter te verstaan, het ons besluit om met een lidmaat individueel te gaan gesels. Fadzai (32) noem die AGS Sunnyside Gemeente haar "tuiste" en 'n plek waar sy voortdurend na God kan soek en meer van Hom kan leer. Sy is 'n dinamiese jong vrou wat verskillende rolle vervul in haar gemeenskap. Sy is onlangs aangestel as die bestuurder van 'n bruidswinkel, waar sy optree as verkoopskonsultant vir voornemende bruide. Sy woon in die omliggende Sunnyside-gebied in ‘n woonstel wat sy gesamentlik huur met twee ander persone. In haar gemeente is sy deel van die “Vroue Departement” en het sy ook ‘n nuwe bediening op die been gebring: “Women of Essence” (hoofsaaklik vir ongetroude vroue vanaf die ouderdom 25 en ouer). Fadzai is ook in kontak met haar familie in die buiteland - en is 'n dogter vir haar ma en pa, en 'n suster vir haar broers en susters. Dit is al die areas van invloed wat God aan haar toevertrou het.
“Volgens Fadzai is haar gemeente 'n “pakhuis” van Goddelike kennis.” -7-
ONDERRIG, LEI OP EN BEMAGTIG GELOWIGES – ‘N VERSLAG VAN DIE AGS SUNNYSIDE GEMEENTE verv Volgens Fadzai is haar gemeente 'n “pakhuis” van Goddelike kennis. Opleiding is deel van die "manier waarop dinge gedoen word" by die gemeente, en wanneer daar 'n opleidingsgeleentheid is (soos die "IN TUNE" kursus) woon sy dit graag by! Fadzai glo sterk dat deurlopende opleiding haar invloed in die verskillende rolle wat sy vervul, verhoog. Die "IN TUNE" kursus het spesifiek vir haar gewys hoe om daagliks welwillend met mense werk en hoe om lief te hê in hierdie verhoudings. In haar werk as verkoopskonsultant het sy gevind dat sommige bruide spesifiek na háár vra omdat sy vir hulle bid en met hulle praat oor God se siening van die huwelik. Fadzai se woonstelmaats kom gereeld na haar toe vir gebed en staan in 'n vertrouensverhouding met haar. Sy het ook bevind dat sy nie in die "Vroue Departement" van haar gemeente kan dien as sy self nie gevul word met kennis nie. Gereelde beleggings in opleiding en bemagtiging verhoog haar invloed en impak as leier in haar gemeente. Verder staan Fadzai ook bekend as die gebedsvegter van haar familie en tree gereeld in gebed vir verskeie uitdagings. Fadzai beskou haarself as 'n voltydse werker van die Koninkryk en haar gemeente as die plek waar sy opgelei en toegerus word met Goddelike kennis en wysheid. Sy erken dat daar nog baie werk in die omliggende Sunnyside-gemeenskap gedoen moet word. Sy geniet dit om deel te wees van 'n dinamiese missionêre gemeente waar lidmate voortdurend opgelei en aangemoedig word om uit te gaan en kerk te wees! Fadzai het ook aangedui dat sy soms foute maak en dan ondersteuning en aanmoediging van haar gemeente, pastore en leiers ontvang. Sy is opgewonde oor die volgende bemagtigingsgeleentheid wat in September aangebied word.
“Fadzai beskou haarself as 'n voltydse werker van die Koninkryk en haar gemeente as die plek waar sy opgelei en toegerus word met Goddelike kennis en wysheid.”
SLOT
Fadzai Chingombe (32), AGS Sunnyside Gemeente
My gebed is dat die Here die salwing op jou bediening sal verhoog en jou die deurbrake sal gee in alle uitdagings wat jou in die gesig staar. Soos altyd sal jou terugvoer oor sake wat in hierdie Pastorale Brief aangespreek word, waardeer word. Seëninge! M. G. Mahlobo