GBI105 - inleiding tot Bedryfsinligtingstelsels

Page 1

Inleiding tot Bedryfsinligtingstelsels

Johann Smith


c Kopiereg 2017 Onder redaksie van: Paul JN Steyn, BA (PU vir CHO), THOC (POK), DEd (Unisa) Skrywer: Johann Smith Onderwysontwerp, bladuitleg en taalversorging: Dr. Daleen van Niekerk ’n Publikasie van Akademia. Alle regte voorbehou. Adres: Von Willichlaan 284, Die Hoewes, Centurion Posadres: Posbus 11760, Centurion, 0046 Tel: 0861 222 888 E-pos: diens@akademia.ac.za Webtuiste: www.akademia.ac.za

Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder die skriftelike toestemming van die uitgewers gereproduseer of in enige vorm of deur enige middel weergegee word nie, hetsy elektronies of deur fotokopiëring, plaat- of bandopnames, vermikrofilming of enige ander stelsel van inligtingsbewaring nie. Enige ongemagtigde weergawe van hierdie werk sal as ’n skending van kopiereg beskou word en die dader sal aanspreeklik gehou word onder siviele asook strafreg.

www.akademia.ac.za


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

INHOUDSOPGAWE Inleiding ............................................................................................................................... 3 Vakleeruitkomste ................................................................................................................ 5 Woordomskrywing vir evaluering ...................................................................................... 6

Studie-eenheid 1: Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels .................................................. 7 1.1

Studie-eenheid leeruitkomste.................................................................................. 7

1.2

Voorgeskrewe handboek ........................................................................................ 7

1.3

Verrykende bronne ................................................................................................. 8

1.4

Hoe kan jy jou begrip verbeter? .............................................................................. 8

1.5

Inleiding ................................................................................................................ 10

1.6

ʼn Inleiding tot inligtigstelsels ................................................................................. 11

1.6.1

Wat is ʼn inligtingstelsel? .................................................................................... 11

1.6.2

Bedryfsinligtingstelsels ...................................................................................... 16

1.6.3

Stelselontleding ................................................................................................. 18

1.6.4

Inligtingstelsels in die samelewing ..................................................................... 19

1.7

Bedryfsinligtingstelsels in organisasies ................................................................. 22

1.7.1

Inleiding tot organisasies ................................................................................... 23

1.7.2

Mededingende voordeel .................................................................................... 27

1.7.3

Hoe word ʼn inligtingstelsel geëvalueer? ............................................................ 29

1.8

Die wye teenwoordigheid van rekenaars............................................................... 31

1.8.1

Die internet en draagbare toestelle .................................................................... 32

1.8.2

Tegnologie wat samewerking in die werksplek moontlik maak .......................... 39

1.9

Samevatting .......................................................................................................... 41

1.10

Selfevaluering ....................................................................................................... 42

1.11

Selfevalueringsriglyne ........................................................................................... 42

Studie-eenheid 2: Inligtingstegnologiekonsepte ........................................................... 43 2.1

Studie-eenheid leeruitkomste................................................................................ 43

2.2

Voorgeskrewe handboek ...................................................................................... 43

2.3

Verrykende bronne ............................................................................................... 44

2.4

Hoe kan jy jou begrip verbeter? ............................................................................ 44

2.5

Inleiding ................................................................................................................ 46

2.6

Apparatuur ............................................................................................................ 47

Inhoudsopgawe

Bladsy 1


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels 2.6.1

ʼn Kort agtergrond oor die eerste rekenaars ....................................................... 47

2.6.2

Integrasie van die krag van tegnologie .............................................................. 49

2.6.3

Verwerking en primĂŞre geheue.......................................................................... 52

2.6.4

Toevoer- en afvoertoestelle ............................................................................... 55

2.6.5

Tipes rekenaarstelsels....................................................................................... 57

2.7

Programmatuur ..................................................................................................... 59

2.7.1

Stelselprogrammatuur ....................................................................................... 60

2.7.2

Toepassingsprogrammatuur .............................................................................. 64

2.7.3

Programmeertale............................................................................................... 66

2.7.4

Kwessies en tendense verbonde aan programmatuur ....................................... 67

2.8

Organisering en stoor van data ............................................................................. 68

2.8.1

Wat is ʼn databasis? ........................................................................................... 68

2.8.2

Skep en bestuur van databasisse ...................................................................... 70

2.8.3

Databasisbestuurstelsels................................................................................... 71

2.8.4

Toepassings van databasisse ........................................................................... 76

2.9

Rekenaarnetwerke ................................................................................................ 77

2.9.1

Telekommunikasie ............................................................................................ 78

2.9.2

Netwerke en verspreide verwerking................................................................... 81

2.9.3

Die internet ........................................................................................................ 83

2.10

Samevatting .......................................................................................................... 85

2.11

Selfevaluering ....................................................................................................... 86

2.12

Selfevalueringsriglyne ........................................................................................... 86

Woordelys in Afrikaans en Engels................................................................................... 87

Bladsy 2

Inhoudsopgawe


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

INLEIDING Hierdie vak verskaf ʼn oorsig van bedryfsinligtingstelsels vir sakestudente. Dit is belangrik vir enige bestuurder of entrepreneur om oor ʼn basiese kennis van inligtingstegnologie en -stelsels te beskik. Hierdie stelsels is ʼn onlosmaaklike deel van enige bestuurder se daaglikse werksomgewing. Die bestuurder beïnvloed hierdie stelsels en word deur bedryfsinligtingstelsels beïnvloed. Die begeleidingsgids word in twee dele aangebied: DEEL I Hierdie begeleidingsgids bestaan uit vier dele. Eerstens word ʼn oorsig oor bedryfsinligtingstelsels verskaf. Hierdie stelsels word gedefinieer en dan in die konteks van ʼn organisasie geplaas. Die eerste studie-eenheid bespreek ook die wyse waarop inligtingstegnologie deel van ons daaglikse lewens geword het. Die tweede studie-eenheid bespreek inligtingstegnologie-infrastruktuur. Daar word eerstens na apparatuur gekyk. Toevoer-, afvoer-, verwerkings- en stoorapparatuur word bespreek. Dan word programmatuur en die kategorieë van programmatuur ondersoek. In die derde plek word stoormedia en die wyse waarop data en inligting gestoor word, aangeraak. Laastens word die verskillende wyses waarop rekenaars aan mekaar verbind word (netwerke) uiteengesit. DEEL II Die derde studie-eenheid fokus op die tipes bedryfsinligtingstelsels wat aangetref kan word. Operasionele stelsels wat op die dag-tot-dag aktiwiteite van ʼn onderneming fokus word eerstens uitgelig. Daarna verskuif die fokus na stelsels wat geskep is om besluitneming te ondersteun: Bestuursinligtingstelsels en besluitnemingsondersteuningstelsels is van die hoofkategorieë wat bespreek word. Kennisbestuur en gespesialiseerde inligtingstelsels (insluitende kunsmatige intelligensie) vorm deel van hierdie studie-eenheid. In die laaste studie-eenheid word die ontwikkeling van bedryfsinligtingstelsels, stelselontleding en -ontwerp, asook sekuriteit, privaatheid en etiese kwessies wat met inligtingstegnologie verband hou, bespreek. Vir hierdie vak is die volgende handboek voorgeskryf: Stair, R., Reynolds, G. & Chesney, T. 2015. Principles of business information systems. 2e uitgawe. Hampshire: Cengage Learning EMEA.

Inleiding

Bladsy 3


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels Die gedeeltes wat betrekking het op die inhoud van die studie-eenhede sal telkens aangedui word. Die gids sal jou dan deur die handboek begelei en poog om moeilike gedeeltes toe te lig; om aan te vul waar nodig en om die belangrike gedeeltes uit te wys. Vir eksamendoeleindes moet jy dus die voorgeskrewe gedeeltes in die handboek, asook hierdie begeleidingsgids bestudeer.

Bladsy 4

Inleiding


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

VAKLEERUITKOMSTE

Kennis en begrip Na voltooiing van die vak INLEIDING TOT BEDRYFSINLIGTINGSTELSELS sal jy in staat wees om jou kennis en begrip te demonstreer van: •

Inligtings- en organisatoriese stelsels

Basiese konsepte van inligtingstegnologie

Kategorieë van bedryfsinligtingstelsels

Die ontwikkeling van bedryfsinligtingstelsels

Sekuriteits-, privaatheids-, en etiese kwessies ten opsigte van inligtingstegnologie

Vaardighede Jy sal ook in staat wees om: •

die interaksie tussen apparatuur, programmatuur, databasisse en netwerke om besluitneming te ondersteun, te beskryf;

bedryfsinligtingstelsels te identifiseer en te kategoriseer volgens funksionaliteit en die vlakke van besluitneming wat daardeur ondersteun word;

die proses verbonde aan die ontleding van stelsels en die skep van nuwe bedryfsinligtingstelsels, te beskryf;

sekuriteits-, privaatheids- en etiese kwessies ten opsigte van inligtingstegnologie te analiseer en te bespreek.

Vakleeruitkomste

Bladsy 5


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

WOORDOMSKRYWING VIR EVALUERING In die afdeling oor selfevaluering, asook in die werkopdragte sal daar van jou verwag word om sekere take te verrig. Dit is belangrik dat jy presies weet wat van jou verwag word. Die woordelys hieronder sal jou hiermee help. Werkwoord Wanneer daar van jou

Omskrywing Moet jy die volgende doen:

verwag word om te: Lys

Lys die name/items wat bymekaar hoort

Identifiseer

Eien (ken uit) en selekteer die regte antwoorde

Verduidelik

Ondersoek die moontlikhede, oorweeg en skryf dan jou antwoord (verklaring/verduideliking) neer

Beskryf

Omskryf die konsep of woorde duidelik

Kategoriseer/

Bepaal tot watter klas, groep, afdeling bepaalde

klassifiseer

items/voorwerpe behoort

Analiseer

Om iets te ontleed

Evalueer

Bepaal die waarde van ʼn stelling/stelsel/beleid/ens

Toepas

Pas die teoretiese beginsels toe in ʼn praktiese probleem

Hersien

Evalueer, verbeter en/of wysig ʼn beleid/dokument/stelsel/ens

Bladsy 6

Woordomskrywing vir evaluering


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

STUDIE-EENHEID 1: INLEIDING TOT BEDRYFSINLIGTINGSTELSELS

1.1

Studie-eenheid leeruitkomste

Kennis en begrip Na voltooiing van Studie-eenheid 1 sal jy in staat wees om jou kennis en begrip te demonstreer van die volgende: •

Inligtingstelsels

Inligtingstelsels in organisasies

Die wye teenwoordigheid van tegnologie

Vaardighede Jy sal ook in staat wees om: •

die terme “stelsels, inligting, inligtingstelsels en organisasies” te definieer en te omskryf.

tussen verskillende bedryfsinligtingstelsels te onderskei.

die wyse waarop ondernemings bedryfsinligtingstelsels kan aanwend om ʼn mededingende voordeel te verkry, beskryf.

die wyses waarop ʼn onderneming die bydrae van bedryfsinligtingstelsels kan meet, te identifiseer

bedryfsinligtingstelsels in die konteks van die organisasie te beskryf.

te verduidelik hoe bedryfsinligtingstelsels tot die sukses van ʼn organisasie kan bydra.

• 1.2

die nuutste tendense in drabare (wearable) tegnologie te identifiseer en te beskryf.

Voorgeskrewe handboek

Stair, R., Reynolds, G. & Chesney, T. 2015. Principles of business information systems. 2e uitgawe. Hampshire: Cengage Learning. Vir die doeleindes van hierdie studie-eenheid moet jy die volgende afdelings bestudeer: Deel I Hoofstuk 1

Studie-eenheid 1: Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

Bladsy 7


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels Hoofstuk 2 Deel III Hoofstuk 10 1.3

Verrykende bronne •

https://www.wearable-technologies.com. Hierdie webtuiste verskaf interessante produkte wat gedra kan word (wearables).

https://deepmind.com. Hierdie is ʼn maatskappy wat aan Alfabet (Google) behoort. Dit is een van die prominentste navorsers in kunsmatige intelligensie.

http://time.com/4572079/best-inventions-2016/. Hierdie is Time (een van die top nuustydskrifte in die wêreld) se lys van beste uitvindsels van 2016 (die jaar waarin hierdie gids saamgestel is).

1.4

Hoe kan jy jou begrip verbeter?

Jy moet seker maak dat jy die volgende terme verstaan: Sleutelwoord

Omskrywing

Afskaling

Die vermindering van personeel om koste te bespaar.

Doelmatigheid

ʼn Maatstaf van die uitsette van ʼn stelsel wanneer dit met die

(Efficiency)

insette vergelyk word.

Drabare tegnologie

Rekenaars en tegnologie wat op ʼn mens se lyf gedra kan word

(Wearable

(bv. Slim-horlosies en brille).

computing) Effektiwiteit

ʼn Maatstaf van die wyse waartoe ʼn stelsel sy doelwitte bereik.

E-kontant

Die oordrag van geld op ʼn elektroniese wyse (gewoonlik met ʼn kontantkaart) in plaas daarvan om fisiese note en muntstukke te oorhandig.

Kunsmatige

Die vermoë van ʼn rekenaarstelsel om die funksies van menslike

intelligensie

intelligensie, of die menslike brein, na te boots.

Lokale areanetwerk

ʼn Groep rekenaars en ander toestelle wat in ʼn klein geografiese area (byvoorbeeld ʼn enkele gebou of kantoorblok) aan mekaar verbind word.

Bladsy 8

Studie-eenheid 1: Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

Mededingende

Die vermoë van ʼn onderneming om beter te presteer as ander

voordeel

ondernemings (mededingers) in dieselfde industrie.

Organisasie

ʼn Formele groepering van mense en ander hulpbronne wat geskep is om ʼn spesifieke doel te bereik.

Organisatoriese

Die wyse waarop mense en afdelings in ʼn organisasie

struktuur

gestruktureer word wat hul verhouding met mekaar aandui.

Persoonlike robotte

ʼn Term wat “robotte”, waarmee mense kan sosialiseer, beskryf.

Stelselontwikkeling

Die skep of verandering van stelsels in organisasies.

Stelsel-

ʼn Spesifieke, meetbare doelwit van ʼn stelsel.

prestasiemaatstaf (System Performance Standard) Uitkontraktering

Kontrakte word met individue of organisasies buite ʼn bestaande organisasie gesluit om sekere funksies – wat aanvanklik self gedoen is – oor te neem.

Videokonferensie

Die gebruik van beide oudio- en visuele tegnologie om ʼn gesprek deur middel van die internet te voer: Persone wat aan die gesprek deelneem kan mekaar hoor en sien.

Virtuele realiteit

Die simulering van ʼn werklike (of denkbeeldige) omgewing wat visueel in drie dimensies deur ʼn gebruiker ervaar kan word.

Virtuele troeteldiere

ʼn Kunsmatige, elektroniese troeteldier.

Virtuele wêreld

ʼn Rekenaargebaseerde omgewing waar gebruikers deur middel van avatars met mekaar kan kommunikeer.

Waardeketting

ʼn Reeks aktiwiteite betrokke by inkomende logistiek, pakhuise, stoor, vervaardiging, uitgaande logistiek, bemarking, verkope en kliëntediens, wat waarde by ʼn produk of diens voeg.

Studie-eenheid 1: Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

Bladsy 9


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels 1.5

Inleiding

Ons leef in ʼn opwindende wêreld. Nog nooit vantevore was inligting so vrylik beskikbaar nie. Eeue gelewe was inligting ʼn skaars kommoditeit waartoe ʼn handjievol mense toegang gehad het. Universiteite was instellings waar slegs die elite kon studeer. Vandag is dinge egter anders. Dit is moontlik vir ʼn twintigjarige student om ʼn multi-miljoen sakeonderneming te begin. ʼn Verbruiker kan ʼn produk se prys in tientalle verskillende lande vergelyk om die beste prys te vind. Die meeste ondernemings sal sukkel om te oorleef sonder behoorlike bestuur van inligting. Ander ondernemings se produk is inligting. Hierdie oormaat van inligting bied egter ook sekere uitdagings. Ondernemings moet baie vinniger kan aanpas by ʼn omgewing wat daagliks verander. Daar is ook soveel inligting beskikbaar, dat dit toenemend moeilik word om die goeie kwaliteit inligting van sogenaamde “geraas” te onderskei. Om te oorleef, moet hierdie ondernemings gebruik maak van toenemend gesofistikeerde rekenaarstelsels om hul inligting te versamel, te verwerk en verslae te verskaf wat vir besluitneming gebruik kan word. Hierdie stelsels word bedryfsinligtingstelsels genoem. (Let daarop dat nie alle bedryfsinligtingstelsels rekenaargebaseer is nie. Hoewel rekenaargebaseerde bedryfsinligtingstelsels by verre die effektiefste is, is dit moontlik om ook ʼn papiergebaseerde bedryfsinligtingstelsel te hê.) Hierdie studie-eenheid verskaf ʼn oorsig oor bedryfsinligtingstelsels. Kernkonsepte word gedefinieer, ʼn oorsig van die res van die begeleidingsgids word verskaf en die wyse waarop rekenaars deel van ons alledaagse lewens geword het, word ondersoek. Daarna word die konsep van ʼn "organisasie" ondersoek. Organisatoriese terme word gedefinieer en organisatoriese verandering word beskryf. Dan word die onderneming se mededingendheid (en hoe bedryfsinligtingstelsels hiermee kan help) bespreek. Dit sluit die evaluering van bedryfsinligtingstelsels in. Laastens word daar na moontlike beroepe in die veld van bedryfsinligtingstelsels gekyk. Die laaste deel van hierdie studie-eenheid beskou die wyse waarop rekenaars in alle opsigte deel geword het van ons lewens. Daar word gekyk na die nuutste tegnologie wat deur mobiele rekenaars (wat nie slegs tot skootrekenaars en selfone beperk is nie) moontlik gemaak is. Spesifieke tegnologie wat produktiwiteit en samewerking in ʼn onderneming moontlik maak, word ook ondersoek. Laastens word die toepassing van hierdie tegnologie in verskillende industrieë en ondernemingsfunksies bespreek.

Bladsy 10

Studie-eenheid 1: Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels 1.6

ʼn Inleiding tot inligtigstelsels

Handboek: Stair et al., 2015: Hoofstuk 1 1.6.1

Wat is ʼn inligtingstelsel?

Voordat die konsep van ʼn inligtingstelsel behoorlik verstaan kan word, is dit belangrik om te weet wat ʼn stelsel is. Stelselteorie het gewild geword in veral die veld van inligtingstegnologie om te probeer sin maak van die wêreld rondom ons. Die grondbeginsel van stelselteorie is dat geen gebeurtenis in isolasie kan plaasvind nie. Alles en almal is deel van een of ander stelsel. Hierdie stelsels is aan mekaar verbind, beïnvloed mekaar en word deur mekaar beïnvloed. Neem die voorbeeld van ʼn relatief eenvoudige stelsel: Marié besluit om ʼn tuisnywerheid te begin. Hierdie tuisnywerheid vorm onmiddellik deel van ʼn groter stelsel. Daar is verskaffers of bakkers wat die produkte moet vervaardig. Marié is afhanklik van hierdie bakkers om haar produkte te lewer. Hierdie bakkers is dan weer afhanklik van die verskaffers van hul bestanddele. Hulle is afhanklik van elektrisiteit om hul produkte te skep. Hulle is afhanklik van die brandstofprys (en dus internasionale gebeurtenisse) om hul produkte by Marié af te lewer. ʼn Kragonderbreking by ʼn verskaffer kan dus ʼn kliënt se verjaardagpartytjie bederf! Verskaffers is slegs een van die faktore wat Marié se onderneming kan beïnvloed. Daar is kliënte, die verhuurder van haar vloerruimte, die plaaslike regering en verskeie ander rolspelers waaraan Marié se onderneming op een of ander wyse verbind is. Dit is dus duidelik dat selfs ʼn eenvoudige stelsel soos Marié se winkel, ʼn groot verskeidenheid elemente bevat. Hierdie elemente beïnvloed Marié se winkel, maar kan ook deur Marié se winkel beïnvloed word. Enige sakeonderneming is ʼn stelsel wat deel van ʼn groter stelsel uitmaak. Die uitdaging is om hierdie stelsel te verstaan en te kan reageer op uitdagings en geleenthede wat deur die elemente in die stelsel gebied word. Terminologie ʼn Verskeidenheid terminologie wat met stelselteorie verband hou, word in die handboek (Paragraaf 1.1) bespreek. Hierdie terme is nie slegs op stelsels van toepassing nie, maar is veral nuttig wanneer stelsels ondersoek word. ʼn Paar van hierdie terme word in Figuur 1.1 hieronder uitgelig:

Studie-eenheid 1: Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

Bladsy 11


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

Doelmatigheid (Efficiency) •'n Beskrywing van die uitsette van 'n stelsel wanneer dit met die insette vergelyk word. 'n Doelmatige stelsel sal 'n groter uitvoer verskaf as die invoer wat dit ontvang. •Byvoorbeeld: 'n Onderneming wat R10 000 spandeer om R100 000 te genereer, is meer doelmatig as 'n onderneming wat R30 000 spandeer om dieselfde R100 000 te genereer.

Effektiwiteit (Effectiveness) •Die mate waartoe 'n stelsel daartoe in staat is om sy doelwitte te bereik. •Byvoorbeeld: 'n Onderneming wat beoog om sy markaandeel te verhoog is effektief indien die markaandeel in die vorige jaar van 10% na 20% verhoog het.

Stelsel-prestasiestandaard (System performance standard) •Om die effektiwiteit of doelmatigheid van 'n stelsel te meet, is dit nodig om een of ander standaard te hê waarteen dit gemeet kan word. Hoe meet 'n mens 'n doelwit soos "Die onderneming is suksesvol"? 'n Prestasiestandaard kan hiermee help. •'n Voorbeeld van 'n prestasiestandaard is: •Die onderneming se markaandeel moet verhoog van 10% na 20% •Ten minste 99.99% van alle produkte moet foutloos vervaardig word. Figuur 1. 1: Belangrike terme ten opsigte van stelsels in die algemeen (Stair et al., 2015: 5)

Wat is inligting? Die terme “inligting” en “data” word dikwels as sinonieme gebruik. Daar is egter ʼn verskil. Beskou die volgende: 78 56 90 35 80 65 67.3 Die bogenoemde getalle kan gesien word as data. Hierdie data het egter geen waarde vir die leser nie. Dit kan nie vir besluitneming gebruik word nie. Beskou nou dieselfde data in die volgende formaat:

Bladsy 12

Vak

Punt

Afrikaans

78%

Engels

56%

Lewensoriëntering

90%

Wiskunde

35%

Lewenswetenskappe

80%

Fisiese wetenskappe

65%

Gemiddeld:

67.3%

Studie-eenheid 1: Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels Skielik maak bogenoemde data sin. Dit is, deur die gebruik van opskrifte en byskrifte, tot inligting verwerk. Volgens ʼn groot aantal definisies, is hierdie die grootste verskil tussen data en inligting: •

Data is rou, onverwerkte feite

Inligting is verwerkte data wat betekenis het en vir besluitneming gebruik kan word.

Wat is ʼn inligtingstelsel? Die feit dat inligting vir besluitneming gebruik kan word, is belangrik. Dit is een van die groot redes waarom ondernemings bedryfsinligtingstelsels gebruik. In die digitale era word individue en organisasies met ʼn oorvloed van inligting gebombardeer. Dit neem baie moeite en tyd om al hierdie inligting te verwerk – ʼn taak wat meestal onmoontlik is om sonder die hulp van tegnologie te verrig. Die doel van bedryfsinligtingstelsels is om data te versamel, te verwerk (of te manipuleer), te stoor en weer te gee in die vorm van verslae. Van die doel van hierdie stelsels kan die definisie van bedryfsinligtingstelsels afgelei word: ʼn Bedryfsinligtingstelsel is ʼn groep interaktiewe (interrelated) komponente wat data versamel, manipuleer (tot inligting), stoor en weergee om een of ander organisatoriese doelwit te bereik. Dit is interessant dat die definisie nie na enige vorm van inligtingstegnologie (IT) verwys nie. Die rede hiervoor, is die feit dat inligtingstelsels nie noodwendig op IT gebaseer is nie. Enige stelsel (al is dit papier-gebaseerd) wat aan die eienskappe van die definisie voldoen, kan as ʼn inligtingstelsel geklassifiseer word. Figuur 1.2 verskaf ʼn paar voorbeelde:

'n Gedrukte telefoongids 'n Groot stoorkamer met lêeromslae wat op 'n spesifieke wyse georganiseer is 'n Onderwyser se punteboek 'n Houer met sakekennisse se visitekaartjies

Figuur 1. 2: Voorbeelde van papier-gebaseerde inligtingstelsels

Uit die aard van die saak is hand- of papier-gebaseerde inligtingstelsels baie beperk. Dit kan baie lank neem om twintig lêers uit ʼn stoorkamer met ʼn honderdduisend lêers te vind. Dieselfde navraag kan sekondes duur indien dit met behulp van tegnologie gedoen word. Om hierdie rede is die hooffokus van hierdie vak die gebruik van IT om bedryfsinligtingstelsels te skep.

Studie-eenheid 1: Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

Bladsy 13


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels Waardevolle inligting Beskou die volgende gevallestudie: ʼn Televisiekanaal wil die gemiddelde ouderdom van hulle kykers bepaal. Hulle besluit om ʼn navorsingsprojek te loods en ʼn groep van 1 000 individue te vra of hulle in die spesifieke kanaal se programme belangstel. Die resultate lyk soos volg: Hoeveelheid persone gevra: 1 000 Hoeveelheid persone wat in die kanaal belangstel: 650 Hoeveelheid persone wat nie belangstel nie: 350 Gemiddelde ouderdom van persone wat wel belang gestel het: 45.3 jaar Die televisiekanaal het dadelik weggespring en hulle materiaal aangepas vir ʼn kykersgroep van tussen 40 en 50 jaar. ʼn Jaar of wat later het die kykersgetalle so gedaal dat die kanaal sy deure moes sluit. Wat het fout gegaan? Die televisiekanaal het ʼn onervare navorser aangestel om die navorsingsprojek te loods. Die navorser se steekproef het bestaan uit 500 inwoners van ʼn aftree-oord met ouderdomme tussen 70 en 95, asook 500 kinders by ʼn laerskool met ouderdomme tussen 7 en 13 jaar. Twee groot probleme het dus hier opgeduik: 1. Die kwaliteit van die data wat versamel is, was swak. Die steekproef was nie verteenwoordigend van die populasie wat die televisiekanaal wou ondersoek nie. 2. Die verwerking van hierdie data na inligting is verkeerd gedoen. Die navorser het ʼn gemiddeld bereken terwyl hy/sy geweet het dat die inligting wat deur hierdie gemiddeld oorgedra word – en die gevolgtrekking wat as gevolg van hierdie gemiddeld gemaak sou word – foutief was. Hierdie is slegs een voorbeeld van die uitwerking van lae kwaliteit data. Daar is ʼn verskeidenheid faktore wat die kwaliteit van data en inligting kan beïnvloed. Paragraaf 1.1 in die handboek beskryf die eienskappe van waardevolle inligting. Hierdie eienskappe word in Tabel 1.1 in die handboek opgesom. Hand-gebaseerde en gerekenariseerde inligtingstelsels Soos hierbo genoem is, is nie alle inligtingstelsels gerekenariseerd nie. Dit is moontlik om ʼn inligtingstelsel wat geen tegnologie bevat nie, teë te kom. Dit is daarom ook noodsaaklik om die term rekenaar-gebaseerde inligtingstelsel te definieer. Die handboek verskaf ʼn definisie:

Bladsy 14

Studie-eenheid 1: Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels ʼn Rekenaargebaseerde inligtingstelsel is ʼn groepering van apparatuur, programmatuur, databasisse, telekommunikasie, mense en prosedures wat saamgestel is om data te versamel, te manipuleer, te stoor en tot inligting te verwerk (Stair, et al., 2015:9). Elk van hierdie aspekte word later in meer detail bespreek. Paragraaf 1.1 in die handboek verskaf ʼn kort oorsig. Hierdie aspekte word ook in Figuur 1.3 hieronder opgesom:

Apparatuur (Hardware) •Die fisiese rekenaartoerusting wat gebruik word om toevoer te ontvang, verwerking te laat plaasvind en afvoer aan 'n gebruiker te verskaf. •Voorbeelde: Sleutelbord, skerm en hardeskyf.

Programmatuur (Software) •Die rekenaarprogramme wat die gebruik van 'n rekenaar moontlik maak. •Voorbeelde: Microsoft Word, VIP payroll, Google Chrome

Databasisse •'n Databasis is 'n versameling data of inligting, gewoonlik op 'n spesifieke wyse georganiseer. •Net soos die geval van inligtingstelsels, kan 'n databasis papier-gebaseerd wees.

Telekommunikasie •Die elektroniese oordrag van eletroniese seine wat dit vir organisasies moontlik maak om data en inligting oor netwerke te stuur en te ontvang.

Netwerk •'n Groep rekenaars en ander toestelle wat met een of ander kommunikasiemedium aan mekaar verbind is.

Die internet •Die wêreld se grootste rekenaarnetwerk: Miljoene rekenaars en bedieners word aan mekaar gekoppel.

Mense •Alle inligtingstelsels word deur mense gebruik. Mense speel 'n belangrike rol in die sukses (of mislukking) van 'n inligtingstelsel.

Prosedures •Die strategieë, beleide, metodes en reëls wat betrokke is by die gebruik van 'n inligtingstelsel. Figuur 1. 3: Belangrikste elemente van ʼn inligtingstelsel (Stair, et al., 2015:9-12)

Studie-eenheid 1: Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

Bladsy 15


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels 1.6.2

Bedryfsinligtingstelsels

Paragraaf 1.2 in die handboek verskaf ʼn oorsig van al die bedryfsinligtingstelsels wat in die res van die handboek bespreek gaan word. Elk van hierdie stelsels (of kategorieë van stelsels) word in Paragraaf 1.2 behandel en net kortliks hieronder opgesom: •

Transaksieverwerkingstelsels (Transaction processing systems of TPS): Hierdie is moontlik die laagste vlak van bedryfsinligtingstelsels wat aangetref kan word. Hierdie stelsels word hoofsaaklik gebruik om dag-tot-dag transaksies af te handel en te stoor. Transaksieverwerkingstelsels is egter nie onbelangrik nie – dit verskaf ʼn meganisme waarmee groot hoeveelheid kosbare data versamel kan word. Hierdie data kan dan deur meer komplekse stelsels vir besluitneming gebruik word.

Ondernemingswye-hulpbronbeplanningstelsels (Enterprise resource planning of ERP systems). Dit gebeur soms dat groot ondernemings ʼn verskeidenheid bedryfsinligtingstelsels besit. Dit is moontlik dat elke departement ʼn afsonderlike (en dikwels onversoenbare) stelsel gebruik. ERP-stelsels poog om hierdie probleem te vermy deur ʼn geïntegreerde, hoë-vlak stelsel oor verskillende departemente, takke en lande te implementeer. ERP-stelsels fokus op die kernbedrywighede van ʼn onderneming en poog om ʼn groot versameling klein, onafhanklike rekenaarprogramme met een stel geïntegreerde programme te vervang.

Bestuursinligtingstelsels (Management Information Systems of MIS). MIS is stelsels wat roetineverslae aan bestuurders verskaf om hul in hul besluitneming te ondersteun. Die hoofbron van data waaruit hierdie verslae onttrek word, is die transaksieverwerkingstelsel. Die verslae word vir dag-tot-dag besluitneming gebruik.

Besluitnemingsondersteuningstelsels (Decision support systems of DSS). Die DSS is ʼn natuurlike uitvloeisel uit die MIS. Waar ʼn MIS fokus op dag-tot-dag besluite wat sou verseker dat bedrywighede vlot sal verloop, verskaf ʼn DSS meer gesofistikeerde verslae wat met moeiliker besluitneming kan help.

Kunsmatige intelligensie (Artificial Intelligence). Die dominante perspepsie van kunsmatige intelligensie word dikwels deur wetenskapfiksie-rolprente verskaf. Daar word dikwels ʼn beeld geskep van intelligente robotte wat óf die wêreld oorneem óf ʼn utopiese wêreld skep. Die werklikheid is minder dramaties, maar nie minder interessant nie. Kunsmatige intelligensie behels die gebruik van rekenaars om die funksies en eienskappe van die menslike brein aan te neem. Dit verwys dikwels na ʼn kategorie van intelligente stelsels. Hierdie tipe stelsels is meer geneig om in die agtergrond van rekenaars of op die internet te werk. Ons kom dikwels nie agter watter verskil kunsmatige intelligensie in ons daaglikse lewens maak nie, totdat ons

Bladsy 16

Studie-eenheid 1: Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels probeer om ʼn 10-jaar oue stelsel te gebruik! Daar word soveel besluite namens gebruikers geneem, sonder dat hulle dit agterkom. •

Ekspertstelsels: Ekspertstelsels is ʼn vorm van ʼn intelligente stelsel wat die werk van ʼn kundige oorneem. ʼn Voorbeeld kan in banke aangetref word. In die verlede sou ʼn bankbestuurder ʼn intelligente besluit moes neem voordat ʼn lening toegeken kon word. Vandag word hierdie besluit tot ʼn groot mate deur ʼn rekenaar geneem. ʼn Kliënt kan vir ʼn lening op die internet aansoek doen en onmiddellik terugvoer kry (hoewel die besluit in sommige grensgevalle steeds na ʼn bestuurder verwys word). Die ekspertstelsel neem ʼn groot verskeidenheid faktore in ag, soos die historiese gedrag van ʼn kliënt.

Virtuele realiteit (Virtual reality): Virtuele realiteit was tot onlangs slegs te sien in navorsingslaboratoriums en in wetenskapfiksie-rolprente. Die tegnologie is egter nou kommersieel beskikbaar. Deur van ʼn kopstuk gebruik te maak, word ʼn gebruiker as't ware binne-in ʼn virtuele omgewing geplaas. Sy/haar handgebare word deur ʼn sensor raakgesien en die gebruiker kan in hierdie omgewing beweeg soos in enige ander fisiese omgewing. Die toepassings hiervan is legio. Hoewel dit tans hoofsaaklik vir vermaaklikheidsdoelwitte aangewend word, kan dit ook nuttig wees vir kommunikasie, die mediese industrie of ingenieurswese. Figuur 1.4 stel verskillende voorbeelde van virtuele realiteit-toestelle voor. Van links is Microsoft se Occulus rift (Fotobron: www.forbes.com), ʼn tegnologie wat deur die 24-jarige Lucky Palmer ontwikkel is. Aan die regterkant is Sony se Playstation VR, wat virtuele realiteit meer bekostigbaar gemaak het omdat dit met ʼn bestaande Playstation-toestel geïntegreer kan word (Fotobron: www.playstation.com). Aan die onderkant is ʼn “plaasvervanger” vir die gewone virtuele realiteit toestel: ʼn Toestel waarin ʼn gebruiker sy/haar foon kan plaas en ʼn ervaring soortgelyk aan virtuele realiteit kan beleef (Fotobron: http://www.aliexpress.com).

Studie-eenheid 1: Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

Bladsy 17


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

Figuur 1. 4: Verskillende virtuele realiteitstoestelle

1.6.3

Stelselontleding

Stelselontleding word in Paragraaf 1.3 in die handboek bespreek. Om ʼn bedryfstelsel te ontwikkel en te implementeer, kan ʼn lang en ingewikkelde proses wees. Die tipiese proses behels ʼn behoorlike ontleding van huidige sakeprosesse. Die rede hiervoor is ooglopend – as ʼn organisasie bestaande prosesse met ʼn elektroniese stelsel wil vervang, moet die bestaande (meestal handgebaseerde) prosesse eers behoorlik verstaan word. Tog is hierdie ʼn beginsel wat veral in kleinsakeondernemings dikwels nie toegepas word nie. ʼn Belangrike reël by die implementering van ʼn nuwe stelsel is dat die tegnologie nie sakeprosesse moet bepaal nie. Dit IT moenie die rigting van die onderneming voorskryf nie. Die bestaande prosesse en praktyke moet bepaal watter tegnologiese gereedskap gebruik (of geskep) gaan word. Elke bedryfsinligtingstelsel word op ʼn unieke wyse ontwikkel. Daar bestaan ʼn verskeidenheid metodologieë: Stappe of prosesse wat gevolg moet word om ʼn bedryfsinligtingstelsel te ontwikkel. Een so ʼn metodologie word in die handboek in Figuur 1.8 bespreek. Die vyf stappe van die proses word in Figuur 1.5 hieronder opgesom.

Bladsy 18

Studie-eenheid 1: Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

Stelselondersoek • Verstaan die probleem: Waarom is 'n gerekenariseerde stelsel nodig? Stelselontleding • Hoe werk die huidige stelsel? Hierdie is 'n lang proses en moet deeglik gedoen word sodat elke proses behoorlik verstaan word. Stelselontwerp • Hoe sal die nuwe stelsel lyk? 'n Oplossing vir al die probleme wat hierbo geïdentifiseer is, word uiteengesit. Stelselimplementering • Die oplossing (meestal 'n nuwe bedryfsinligtingstelsel) word aangeskaf. Dit kan aangekoop word of self ontwikkel word. Stelselonderhoud en -hersiening • Die nuwe stelsel word deurlopend geëvalueer om seker te maak dat dit nog aan al die vereistes voldoen. Foute wat nie tydens die ontwikkeling opgespoor is nie, word reggestel.

Figuur 1. 5: ʼn Oorsig van die stelselontwikkelingsproses (Stair, et al., 2015:20)

1.6.4

Inligtingstelsels in die samelewing

Inligtingstelsels het ons lewens verander. Gestel iemand wat ʼn eeu gelede geleef het reis deur tyd en beland in ons moderne omgewing. Wat sal hy/sy sien? Mense wat op toestelle kleiner as hulle hande gesels. Rekenaars wat rondgedra word. Hospitale wat meer toestelle as dokters het. Slim geboue. Slim motors. Papierlose ondernemings. Multi-miljoen dollarondernemings wat geen ander produk as data het nie. In sommige gevalle is dit maklik om te bepaal hoe ons lewens deur rekenaars beïnvloed is. Figuur 1.6 hieronder is nie ʼn onbekende gesig nie. Daar is vrese dat rekenaars ons sosiale vermoëns belemmer, mense meer geïsoleerd laat voel en sielkundige probleme laat toeneem. Ander invloede is ʼn bietjie meer subtiel. ʼn Klein verbetering in verwerkingskrag mag ʼn groot, dog onsigbare invloed op produktiwiteit hê. Mediese navorsing het drasties

Studie-eenheid 1: Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

Bladsy 19


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels verbeter as gevolg van rekenaars: ʼn Groot hoeveelheid toetse kan nou met simulasies gedoen word voordat produkte op mense getoets word.

Figuur 1. 6: Die verbetering van rekenaars het ʼn invloed op mense se sosiale interaksie gehad (www.huffpost.com)

Paragraaf 1.4 verskaf ʼn aantal wyses waarop rekenaars die samelewing beïnvloed (en word in Figuur 1.7 hieronder grafiese voorgestel en opgesom).

Bladsy 20

Studie-eenheid 1: Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

Sekuriteit • Kuberkrakers (hackers) se aktiwiteite het drasties toegeneem. Kuberoorlog is 'n werklikheid.

Privaatheid • Daar is diegene wat glo dat privaatheid in die digitale era 'n mite is. Geen inligting kan meer as vertroulik gesien word nie en is meestal aanlyn beskikbaar.

Etiese kwessies • Die besluit tussen wat reg en verkeerd is, word bemoeilik deur die groot hoeveelheid inligting en mag wat aan die algemene publiek beskikbaar gestel word. Vrae soos: "Is dit eties vir 'n kuberkraker om toegang te verkry tot 'n korrupte politikus se e-posse?" het voorheen nie bestaan nie.

Rekenaargeletterdheid • Toe die eerste rekenaars geskep is, was dit slegs die beste ingenieurs wat geweet het hoe om daarmee te werk. Vandag is dit baie moeilik vir iemand sonder die nodige rekenaarvaardighede om 'n werk te kry. Waar rekenaargeletterheid vroeer as 'n addisionele vaardigheid gesien is, is dit vandag 'n minimumvaardigheid waaroor 'n werknemer moet beskik. Dit kan lei tot werkloosheid vir persone wat nie oor hierdie vaardighede beskik nie.

Inligtingstelsels in die ondernemingsfunksies • Deur die jare is verskillende bedryfsinligtingstelsels vir die ondernemingsfunksies (byvoorbeeld Finansies, Bemarking, Menslike hulpbronne en Produksie) ontwikkel. Die gevaar van die gebruik van verskillende stelsels vir elke funksie, is dat hierdie stelsels moeilik met mekaar integreer. As Produksie en Finansies , byvoorbeeld, nie met mekaar geïntegreer is nie, kan dit moeilik wees om tred te hou met produksie-uitgawes.

Inligtingstelsels in verskillende industrieë • Soos wat bedryfsinligtingstelsels vir elke ondernemingsfunksie bestaan, is daar ook 'n groot hoeveelheid industrie-spesifieke bedryfsinligtingstelsels ontwikkel. Voorbeelde sluit banke, hospitale, toerisme en kleinhandel in. Figuur 1. 7: Inligtingstelsels in die samelewing, ondernemings en industrieë (Stair et al., 2015:21-24)

Globalisasie Daar is ʼn interessante verhouding tussen globalisasie en inligtingstegnologie. Aan die een kant het IT globalisasie baie makliker gemaak. Deur e-pos-, en later videokonferensietegnologie (die gratis videokonferensieprogrammatuur, Skype, is ʼn goeie voorbeeld) het dit moontlik geword om met enige persoon in enige land te kommunikeer teen ʼn koste vergelykbaar met ʼn plaaslike foonoproep. Aan die ander kant het globalisasie dit moontlik gemaak vir ontwikkelaars en wetenskaplikes om inligting te deel, vir jong mense om op hul

Studie-eenheid 1: Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

Bladsy 21


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels eie navorsing te doen en vir inligting om die wêreld vol te reis. Op hierdie wyse het globalisasie dan weer ʼn invloed op die ontwikkeling van inligtingstegnologie gehad. Globalisasie is egter nie sonder uitdagings nie. Die wêreld bestaan steeds uit ongeveer tweehonderd lande met duisende kulture, tale en alfabette. Paragraaf 1.5 in die handboek beskryf ʼn verskeidenheid uitdagings wat globalisasie meebring. Hierdie uitdagings word kortliks in Figuur 1.8 hieronder opgesom: Uitdagings ten opsigte van kultuur Uitdagings ten opsigte van taal Uitdagings ten opsigte van tyd en afstand Uitdagings ten opsigte van infrastruktuur Uitdagings ten opsigte van geldeenhede en wisselkoerse Uitdagings ten opsigte van produkte en dienste Uitdagings ten opsigte van die oordrag van tegnologie Uitdagings ten opsigte van nasionale wetgewing Uitdagings ten opsigte van internasionale handelsooreenkomste Figuur 1. 8: Uitdagings ten opsigte van globalisasie (Stair et al., 2015:24-26)

Hoofstuk 1 in die handboek verskaf ʼn inleiding tot bedryfsinligtingstelsels. Die res van die handboek sal hierdie konsepte (en ʼn groot hoeveelheid ander beginsels) in meer detail bespreek. Hoofstuk 2 (en paragraaf 1.7 hieronder) bespreek bedryfsinligtingstelsels in organisasies. 1.7

Bedryfsinligtingstelsels in organisasies

Handboek: Stair et al., 2015: Hoofstuk 2 Bedryfsinligtingstelsels word vir organisasies geskep. In hierdie konteks word ʼn organisasie as ʼn versamelwoord vir ondernemings, staatsdepartemente en nie-wingerigte organisasies beskou. ʼn Organisasie kan dus losweg gedefinieer word as ʼn versameling mense wat met ʼn spesifieke doel op ʼn meer permanente (of langtermyn-) basis bymekaar kom. Hoofstuk 2 van die handboek bespreek organisasies en die wyse waarop dit die skep en implementering van bedryfsinligtingstelsels kan beïnvloed.

Bladsy 22

Studie-eenheid 1: Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels 1.7.1

Inleiding tot organisasies

Organisasies kan verskeie vorme aanneem. Soos reeds hierbo genoem, kan ons onderskei tussen wingerigte organisasies, nie-winsgerigte organisasies en staatsorganisasies. Hierdie is ʼn groot vereenvoudiging – ʼn mens kan heel moontlik nog ʼn verskeidenheid van ander organisasies identifiseer, maar vir die doel van bedryfsinligtingstelsels behoort hierdie kategorisering voldoende te wees. Paragraaf 2.1 in die handboek verskaf ʼn definisie van organisasies en beskryf elk van die tipes wat hierbo genoem is. ʼn Kleinsakeonderneming is meestal ʼn wingerigte organisasie waarvan wins die hoofdoel is. Die onderneming het uitgawes en moet inkomste verdien wat meer is as hierdie uitgawes. Sodoende maak die onderneming ʼn wins, wat aan die eienaar behoort. Kritiese vraag: Is wins verkeerd? In ʼn land soos Suid-Afrika waar ʼn groot deel van die bevolking in armoede leef en die werkloosheidsyfer een van die hoogstes in die wêreld is, is dit natuurlik om te wonder of winsgerigtheid eties en moreel reg is. Daar is soveel werklose mense, behoort ʼn onderneming nie daarop gerig te wees om werk te skep nie? Behoort ʼn onderneming nie daarop gefokus te wees om die omgewing waarin dit sake doen te verbeter nie? Hierdie is inderdaad ʼn aanloklike beskouing wat veral deur regeringsamptenare ondersteun word. Soms word befondsing aan maatskappye toegestaan suiwer op grond van die hoeveelheid werksgeleenthede wat geskep kan word. Daar is egter ʼn ander beskouing – een wat meer deur ekonome en entrepreneurs ondersteun word. Volgens hierdie beskouing is werkskepping nie verkeerd nie. Inteendeel, dit is ʼn nodige eindproduk van ʼn groeiende onderneming. Werkskepping kan egter nie gebeur as die onderneming nie groei nie. Hoe meer ʼn onderneming groei, hoe meer personeel word benodig en hoe meer mense werk vir die onderneming. Dus, glo hierdie mense, behoort wins en groei die belangrikste oogpunt van ʼn onderneming te wees. Om werknemers aan te stel sonder groei, sal die onderneming benadeel en mag lei tot groter werksverliese. ʼn Moontlike versoening van die twee standpunte kan gevind word in etiese handelspraktyke. ʼn Onderneming wat nie sy werknemers uitbuit nie, wat groot hoeveelheid geld en tyd in die gemeenskap waarin hy werksaam is belê en wat nie by enige ander onetiese of onwettige praktyke betrokke is nie, sal heel moontlik vergewe word as sy hoofdoelwit groei en wins is. As die groei en sukses van ʼn onderneming alle belangegroepe bevoordeel, sal almal die beginsel van groei ondersteun.

Studie-eenheid 1: Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

Bladsy 23


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels Die waardeketting Nog ʼn term wat in die handboek bespreek word, is die waardeketting (value chain). Hierdie is nie ʼn nuwe begrip nie – dit is reeds in 1980 deur Michael Porter bekend gemaak. (Michael Porter is ʼn sakeguru wat menige boeke oor bestuur geskryf het.) Die waardeketting moenie met die verskaffingsketting (supply chain) verwar word nie. Die verskaffingsketting is ʼn voorstelling van hoe ʼn produk vervaardig word, van die oomblik wat die grondstowwe ontvang is totdat die finale produk gelewer word. Die fokus hier is dus op die proses. Figuur 1.9 stel ʼn eenvoudige verskaffingsketting van ʼn student wat materiaalsakke vir ekstra sakgeld vervaardig, voor:

Ontvang bestelling vanaf internet

Koop materiaal, gare en knope

Kies patroon en pas aan volgens behoeftes

Kwaliteitskontrole

Doen stikwerk

Sny materiaal

Verpak en pos aan kliënt

Liaseer erkenning van ontvangs

Figuur 1. 9: ʼn Eenvoudige verskaffingsketting (supply chain)

Bogenoemde verskaffingsketting stel ʼn produksieproses van ʼn spesifieke produk voor. Verskaffingskettings kan ook vir dienste uitgebeeld word, hoewel so ʼn uitbeelding soms meer kompleks of abstrak is. ʼn Waardeketting brei uit op ʼn verskaffingsketting. Hier word gekyk na die waarde wat elke proses tot die produk (of die onderneming, prosesse of diens) byvoeg. Dit is op hierdie vlak waar die gebruik van IT baie belangrik is. Bedryfsinligtingstelsels kan prosesse meer produktief maak, besluitneming verbeter en groot koste bespaar. Deur die gebruik van bedryfsinligtingstelsels kan daar waarde by feitlik elke aspek van vervaardiging (of dienslewering) gevoeg word. Twee belangrike bedryfsinligtingstelsels wat in hierdie verband gebruik word, is spesifiek gefokus op die verskaffingsketting (Supply change management systems of SCM systems)

Bladsy 24

Studie-eenheid 1: Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels en kliëntverhoudingsbestuurstelsels (Customer relationship management of CRM systems). Hierdie stelsels sal later in meer detail bespreek word. Wat hierdie stelsels baie nuttig maak, is die feit dat hulle in die kategorie van sogenaamde ERP-stelsels (Enterprise resource management systems) val. SCM- of CRM-stelsels is nie beperk tot ʼn spesifieke afdeling of funksie van ʼn onderneming nie, maar kan oor ʼn hele organisasie geïmplementeer word. Dit verhoed dat ʼn onderneming ʼn groot hoeveelheid inligtingstelsels moet integreer. Paragraaf 2.1 in die handboek bespreek die rol van IT en bedryfsinligtingstelsels in die verskillende prosesse van ʼn organisasie. Organisatoriese strukture en verandering Nog ʼn belangrike konsep wat nie noodwendig direk met IT verband hou nie, maar wat ʼn groot rol in die gebruik van bedryfsinligtingstelsels speel, is organisatoriese strukture. Hierdie strukture verwys na die wyse waarop bestuur en personeel in ʼn organisasie gegroepeer word. Ouer en groter organisasies het dikwels ʼn uitgebreide hiërargie met verskillende vlakke. Figuur 1.10 hieronder verskaf ʼn voorbeeld: Hoof-uitvoerende beampte

Direkteur: Produksie

Direkteur: Bemarking

Direkteur: Finansies

Bestuurder: Sosiale media

Bestuurder: Verkope

Bestuurder: Kommunikasie

Direkteur: Menslike hulpbronne

Grafiese ontwerper

Webontwikkelaar

Skrywer

Figuur 1. 10: Voorbeeld van ʼn tradisionele organisatoriese struktuur

Bogenoemde organisasie word tipies volgens die ondernemingsfunksies ingedeel. Die tendens in nuwer en meer dinamiese organisasies is om ʼn platter organisatoriese struktuur

Studie-eenheid 1: Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

Bladsy 25


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels aan te neem. Die afstand tussen bestuur en werknemers is kleiner en kommunikasie word daardeur verbeter. Nog ʼn populêre organisatoriese struktuur is die projekstruktuur. Hier word elke projek wat geloods word as ʼn semi-outonome entiteit gesien. Elke projek het sy eie bestuurder en onderskeie funksies. ʼn Voorbeeld van so ʼn struktuur kan in Figuur 2.4 in die handboek gesien word. Die virtuele organisatoriese struktuur is nie ʼn plaasvervanger vir ander strukture nie, maar eerder ʼn uitbreiding daarvan. In sulke organisasies is die personeel nie fisies bymekaar nie. Personeel kan in verskillende lande wees en hoofsaaklik deur die internet en verskillende tegnologieë met mekaar kommunikeer. ʼn Verskeidenheid programmatuur (soos Skype en Dropbox) kan hiervoor gebruik word. Die handboek bespreek ʼn aantal terme wat verband hou met organisatoriese verandering. Verandering is dikwels nie gewild nie. Dit is egter gewoonlik nodig om die sukses of selfs oorlewing van ʼn onderneming te verseker. Verandering kan deur die omgewing veroorsaak word, byvoorbeeld deur die verandering van wetgewing, nuwe produkte deur mededingers en prysverhogings deur verskaffers. ʼn Organisasie moet op hierdie verandering kan reageer. Die handboek (steeds Paragraaf 2.1) bespreek ʼn paar veranderings wat in ondernemings aangebring kan word om op uitdagings in die omgewing te reageer. Hierdie terme word kortliks in Figuur 1.11 opgesom.

Uitkontraktering (Outsourcing) •'n Kontrak wat met 'n eksterne persoon of organisasie gesluit word om sekere ondernemingsfunksies oor te neem •Dit is gewoonlik funksies wat nie deel van die onderneming se kernbesigheid vorm nie, wat uitgekontrakteer word.

Apparatuur en programmatuur as 'n diens (on-demand computing) •'n Onderneming betaal slegs vir die apparatuur en programmatuur wat benodig word gedurende sekere tye. Die hulpbronne word nie permanent aangekoop nie.

Afskaling (Downsizing) •Vermindering van die hoeveelheid werknemers om koste te sny.

Organisatoriese leer (Organizational learning) •Die wyse waarop 'n organisasie mettertyd by sy omgewing aanpas en nuwe dinge 'aanleer'. Dit is dus die uitbreiding van organisatoriese kennis. Figuur 1. 11: Wyses waarop organisasies verander om by die uitdagings van die omgewing aan te pas (Stair et al., 2015:41-44)

Bladsy 26

Studie-eenheid 1: Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels Verandering van prosesse Soms moet die prosesse van ʼn onderneming geëvalueer word om te bepaal waar tyd en geld gemors word, waar prosesse verbeter kan word en waar IT ʼn groter rol kan speel. Sou so ʼn evaluering bepaal dat verandering aan die prosesse nodig is, kan twee benaderings gevolg word. Hierdie benaderings sluit mekaar nie uit nie en beide word dikwels in ondernemings toegepas. Die eerste is sakeproses-herontwerp (business process reengineering). Hierdie benadering behels ʼn totale herontwerp van alle sakeprosesse. Dit is redelik radikaal en word nie sommer op ʼn gereelde basis gedoen nie. Dit is egter baie nuttig wanneer daar ʼn omdraaistrategie by ʼn onderneming gevolg word. Die ander benadering is deurlopende verbetering (continuous improvement). Met deurlopende verbetering word daar op ʼn konstante basis gekyk na wyses waarop die prosesse verbeter kan word. Die veranderinge is dikwels kleiner en minder radikaal, maar ʼn klein aanpassing kan soms tot groot besparings lei. Tabel 2.2 in die handboek verskaf ʼn uiteensetting van die verskille tussen hierdie twee benaderings. Die laaste deel van Paragraaf 2.1 in die handboek beskryf die belangrikheid van die gebruiker in die suksesvolle implementering van ʼn bedryfinligtingstelsel. Die gebruiker is die persoon wat die stelsel op ʼn gereelde basis gaan gebruik. ʼn Alternatiewe kategorisering van bedryfsinligtingstelsels (die toepassingsportefeulje of applications portfolio) word verskaf. Laastens word baie kortliks geraak aan faktore wat kan bydra tot die suksesvolle implementering van bedryfsinligtingstelsels (en weereens speel die betrokkenheid van die eindgebruiker ʼn belangrike rol). 1.7.2

Mededingende voordeel

Een van die grootste uitdagings van enige sakeonderneming is om beter as sy mededingers te wees. Dit is makliker gesê as gedaan. Groot ondernemings is voortdurend besig om hul tegnologie te verbeter. Navorsing- en ontwikkelingsdepartemente is voltyds besig met nuwe uitvindings en innovering. ʼn Model wat poog om die wyses waarop ʼn onderneming se mededingende voordeel bedreig word voor te stel, is Michael Porter se vyf-kragte model (five forces model). Die vyf kragte word in Figuur 1.12 hieronder voorgestel (en kortliks in Paragraaf 2.2 in die handboek bespreek).

Studie-eenheid 1: Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

Bladsy 27


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

Bedreiging van nuwelinge

Onderhandelingsmag van verskaffers

Industriemededinging

Bedreiging van substituutprodukte

Onderhandelingsmag van verbruikers

Figuur 1. 12: Porter se vyf kragte (Stair et al., 2015:49; hbr.org)

Uit die bogenoemde figuur is dit duidelik dat ʼn groot hoeveelheid faktore ʼn onderneming se mededingendheid kan bedreig (die vyf kragte is bloot kategorieë wat elk ʼn verskeidenheid faktore kan behels). Om hierdie kragte teë te werk, het Porter en ander kollegas ʼn aantal strategieë voorgestel. Hierdie strategieë kan gevolg word om te verseker dat die onderneming suksesvol kan bly te midde van die uitdagings wat die vyf kragte bied. Elk van die ses strategieë word in meer detail in die handboek (Paragraaf 2.2) bespreek, maar word kortliks in Figuur 1.13 opgesom:

Bladsy 28

Studie-eenheid 1: Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

Kosteleierskap (cost leadership) •Lewer 'n produk of diens teen die laagste moontlike prys.

Differensiasie •Maak produkte of dienste wat verskillend is van mededingers. Dit kan gedoen word deur 'n produk of diens te lewer waarvan die waarde hoër is as dié van mededingers, of deur te fokus op produkte of dienste wat kliënte meer keuses gee.

Niche-strategie •Hier word gefokus op 'n klein, gespesialiseerde mark. 'n Voorbeeld is Rolex wat duur, spesifieke horlosies aan 'n uitgesoekte mark verkoop. 'n Niche-mark is egter nie slegs vir duur produkte nie. Dit is, byvoorbeeld, moontlik vir 'n winkel om op die verkoop van skoolklere te fokus. Daar is 'n mark vir skoolklere, maar gewone klerewinkels ontgin nie die mark nie omdat daar 'n mate van spesialiskennis en verhoudings met omliggende skole benodig word.

Verandering van die industriestruktuur •Hierdie is 'n relatief drastiese strategie om die industrie te verander om meer gunstig te wees vir die onderneming. Raymond Ackerman het dit met Pick n Pay gedoen: Hy het die mag van die verskaffers weggeneem en dit aan die verbruikers gegee. Vandag is dit feitlik onmoontlik om aan 'n kleinhandelonderneming te dink wat nie op daardie beginsels funksioneer nie.

Skep van nuwe produkte of dienste •Produkte wat tans nie bestaan nie, word geskep.

Verbeter bestaande produkreekseen dienste •Kliënte is altyd op soek na waarde vir hul geld. As 'n onderneming 'n produk verbeter sonder om die koste drasties verhoog, kan dit tot 'n mededingende voordeel lei. Figuur 1. 13: Ses strategieë om ʼn mededingende voordeel te verseker (Stair et al., 2015:49-50)

1.7.3

Hoe word ʼn inligtingstelsel geëvalueer?

ʼn Inligtingstelsel is nie goedkoop nie. In groot organisasies kan dit etlike miljoene kos om die regte stelsels te implementeer. Dit is daarom belangrik om die effek van hierdie stelsels te meet en te bepaal of die geld effektief aangewend is. Paragraaf 2.3 in die handboek beskryf ʼn aantal maatstawwe waarmee die sukses van ʼn bedryfsinligtingstelsel gemeet kan word. Die eerste hiervan is produktiwiteit. Produktiwiteit behels die verhouding tussen insette en uitsette. Insette is, byvoorbeeld, geld en tyd wat aan ʼn proses spandeer word terwyl uitsette die hoeveelheid produkte, kwaliteit of inkomste wat dieselfde proses lewer, behels. ʼn Verhoging in produktiwiteit beteken dat daar meer uitsette vir dieselfde insette verkry word. Figuur 1.14 hieronder verskaf ʼn eenvoudige demonstrasie van hoe ʼn inligtingstelsel tot ʼn verhoging in produktiwiteit kan lei:

Studie-eenheid 1: Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

Bladsy 29


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

INSET R100

PROSES X (VOOR BIS) Neem 30 minute

INSET R100

PROSES X (NA BIS) Neem 15 minute

UITSET R200

UITSET R400

Figuur 1. 14: Verhoging in produktiwiteit van 'n proses as gevolg van die implementering van ‘n bedryfsinligtingstelsel

Die proses X het dus ʼn uitset van R200 gegee vir elke R100 wat dit as inset ontvang het. Nadat ʼn bedryfsinligtingstelsel geïmplimenteer is, het die produktiwiteit toegeneem: Die proses se tyd is gehalveer en die uitset is verhoog met 100%. Ander maatstawwe van sukses behels finansiële aanwysers. Hierdie word in Paragraaf 2.3 in die handboek bespreek, maar kortliks in Figuur 1.15 hieronder opgesom:

Groei van verdienste (Earnings growth) •Hoeveel het die winsgewendheid van die onderneming gegroei nadat 'n nuwe stelsel geïmplementeer is? (Dit is belangrik om seker te maak hoeveel van hierdie groei deur die stelsel veroorsaak is en vir hoeveel daarvan ander faktore verantwoordelik is.)

Markaandeel (Market share) •Hoeveel van die mark het die produk of onderneming oorgeneem vandat die stelsel geïmplementeer is? Markaandeel word gewoonlik as 'n persentasie van die totale mark uitgedruk.

Kliëntebewustheid en -tevredenheid •Is daar 'n verbetering in kliënte se persepsie van die onderneming? Is hulle meer tevrede met die produk/diens nadat die stelsel ingestel is? Is hulle bewus van die positiewe veranderinge wat deur die stelsel teweegebring is?

Totale koste van eienaarskap (Total cost of ownership) •Wat is die totale koste verbonde aan die inligtingstelsel? Figuur 1. 15: Finansiële aanwysers wat kan help om die sukses van ʼn bedryfsinligtingstelsel te meet (Stair et al., 2015:51-52)

Hoewel bogenoemde aanwysers soms kompleks is, is daar redelik standaardwyses waarop dit bereken kan word. Dit is egter nie altyd moontlik om die voordeel van ʼn

Bladsy 30

Studie-eenheid 1: Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels bedryfsinligtingstelsel ten opsigte van uitsette te meet nie. Een aspek wat nooit buite berekening gelaat moet word nie, is die risiko daaraan verbonde om nie ʼn inligtingstelsel te implementeer nie. Sommige stelsels verhoed skade, krisisse en selfs kriminele aktwiteite. Hoe meet ʼn mens dus die waarde van ʼn stelsel wat spesifiek daarop gemik is om te verhoed dat sekere dinge gebeur? Een manier is om sekere scenario's te skep waar die stelsel nie gebruik sou word nie. ʼn Rugsteunstelsel bring nie noodwendig enige geld vir ʼn onderneming in nie. Maar as die stelsel nie bestaan nie en die onderneming se data gaan verlore, is die skade baie groot. Sommige ondernemings is so afhanklik van hul data (dink aan banke!) dat ʼn verlies aan data die onmiddellike einde van die onderneming sal beteken. Deur dus te bepaal wat die skade aan ʼn onderneming sal wees indien ʼn inligtingstelsel nie bestaan nie (asook die waarskynlikheid dat hierdie risiko sal plaasvind), kan selfs sulke inligtingstelsels se waarde gekwantifiseer word. Loopbane verbonde aan bedryfsinligtingstelsels Paragraaf 2.4 in die handboek bespreek ʼn aantal loopbane wat spesifiek met bedryfsinligtingstelsels te make het. Hierdie loopbane wissel van ondersteuningspersoneel tot programmeerders. Selfs vir ʼn eienaar van ʼn kleinsakeonderneming (wat nie ʼn loopbaan in IT oorweeg nie), is dit belangrik om van hierdie loopbane bewus te wees. Die eienaar of bestuurder gaan die regte personeel moet aanstel om ʼn bedryfsinligtingstelsel te ontwikkel en/of te implementeer. Om hierdie rede is ʼn basiese kennis van die terminologie en werking van die stelsels, asook die postitels en wat elk behels, noodsaaklik. Hoofstuk 2 het organisasies uit die oogpunt van bedryfsinligtingstelsels bespreek. Tegnologie is egter nie beperk tot rekenaars wat ʼn mens in ʼn organisasie se kantoor aantref nie. Tegnologie is baie meer verspreid. ʼn Eenvoudige soektog op die internet kan ʼn magdom nuwe alledaagse produkte oplewer – produkte soos hommeltuie (drone?), slaapsakke, baadjies, yskaste wat almal aan die internet gekoppel is en met ʼn selfoon kan kommunikeer. Hierdie verskynsel word die Internet van dinge (of Internet of things) genoem. Hoofstuk 10 in die handboek word volgende bespreek. 1.8

Die wye teenwoordigheid van rekenaars

Toe die eerste selfoon ongeveer 40 jaar gelede vervaardig is (sien Figuur 1.16), sou geen mens kon glo hoe dit die wêreld sou verander het nie. ʼn Selfoon was aanvanklik ʼn duur luuksheid: ʼn Toestel wat oproepe kon maak en ontvang en relatief duur teksboodskappe kon stuur.

Studie-eenheid 1: Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

Bladsy 31


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels Vandag is dinge anders. Dit is moontlik om feitlik enige toestel – selfs dié wat nie van te vore met krag gewerk het nie – aan die internet te koppel. ʼn Yskas kan sy eienaar waarsku as ʼn sekere produk amper klaar is en dit sommer via aanlyn aankope bestel. ʼn Tas kan homself weeg met ʼn ingeboude elektroniese skaal in die handsvatsel. ʼn Selfoon kan vir sy eienaar verduidelik hoe om by ʼn winkel uit te kom, hom waarsku dat die winkel binnekort gaan sluit vir die dag en sommer ʼn opsomming van die verkeer op die pad verskaf. Die voorbeelde van hoe tegnologie deel van ons lewens geword het, is legio. Die enigste beperking op die aanwending van tegnologie, is die mens se kreatiwiteit: As jy dit kan droom, kan dit gedoen word. Met die ontploffing in die verskeidenheid toepassings van tegnologie, raak dit maklik om oorweldig te voel. Watter tegnologieë moet ʼn mens gebruik en watter moet jy vermy? Watter produkte is eintlik teen die wet en watter produkte sal ʼn negatiewe effek op produktiwiteit hê? Watter produkte is ʼn bedreiging tot ʼn mens of onderneming se privaatheid? Hoofstuk 10 in die handboek poog in ʼn mate om van hierdie vrae te beantwoord. Dit verskaf ʼn opsomming van die mees algemene tegnologieë wat beskikbaar is. Uit die aard van die saak is die lys nie naastenby volledig nie. Daar word daagliks nuwe toepassings van tegnologie geskep, maar hierdie hoofstuk behoort sommige van die tegnologieë te kategoriseer om dit makliker te maak om sin hiervan te maak. 1.8.1

Die internet en draagbare toestelle

Die internet is al ʼn hele paar dekades oud. Tog verander dit daagliks. Daar is daagliks nuwe uitvindsels wat van die internet gebruik maak, wat tot gevolg het dat internettegnologie ook moet aanpas. Een so ʼn area is die beskikbaarheid van koordlose internet. Selfone kan deur 3G- of 4G-tegnologie aan die internet koppel. Hierdie internettoegang is egter nog betreklik duur. ʼn Goedkoper vorm van internetkonnektiwiteit, is Wi-Fi. Wi-Fi is ʼn tegnologie wat aan gebruikers ʼn koordlose verbinding tot die internet verskaf. Omdat die Wi-Fi uitsender dikwels deur ʼn “landlyn” aan die internet verbind is, is hierdie tipe tegnologie goedkoper as selfoonkonneksies. Menige restaurante, hotelle, lughawens en winkelsentrums verskaf ʼn Wi-Fi-konneksie aan hul kliënte. Soms word dit teen ʼn koste gedoen, soms (veral in die geval van hotelle) is dit ʼn gratis diens wat aan kliënte verskaf word. Die wye teenwoordigheid van internettoegang het baie nuwe moontlikhede ingehou. Enige toestel – ʼn foon, skootrekenaar of tegnologies-gevorderde baadjie – kan nou op feitlik enige plek aan die internet koppel.

Bladsy 32

Studie-eenheid 1: Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels Die handboek (Paragraaf 10.3) bespreek ʼn aantal draagbare rekenaartoestelle. Die eerste draagbare rekenaar was ʼn skootrekenaar. Mettertyd het fone en tablette (en ligter skootrekenaars) algemeen geraak. Slimfone ʼn Slimfoon is moontlik die mees algemene toestel wat gebruik word. ʼn Slimfoon word onderskei van tradisionele selfone omdat eersgenoemde dikwels slegs teksboodskappe en telefoonoproepe kon hanteer. ʼn Slimfoon kan egter al die take van ʼn gewone rekenaar verrig. Die slimfoon het egter ʼn addisionele voordeel: Dit is draagbaar en die ligging van die foon kan bydra tot funksionaliteit. Die slimfoon het ʼn verskeidenheid alleenstaande toestelle bymekaar gevoeg: Waar GPSnavigeerders aanvanklik ʼn spesiale toestel was, word dit nou as deel van ʼn foon se bedryfstelsel gratis verskaf. Dit is nie meer nodig om ʼn kamera te koop nie – ʼn foon se kamera se kwaliteit is genoeg vir dag-tot-dag gebruik. E-posse, sosiale media, dagboeke en telefoonnommers word geïntegreer. Kunsmatige intelligensie soos Siri (Apple) en Cordana (Microsoft) maak dit moontlik vir gebruikers om in gewone taal met hul fone te gesels. Daar is natuurlik ʼn paar negatiewe effekte van slimfone. Daar heers kommer dat mense minder sosiaal raak omdat hulle ʼn alternatiewe realiteit in die kuberruimte skep. Ongelukke word veroorsaak deur bestuurders wat hul selfone gebruik terwyl hulle bestuur. En kuberkrakers sien slimfone as ʼn nuwe teiken vir onwettige aktwiteite.

Figuur 1. 16: Martin Cooper, gereken as die ontwerper van die eerste selfoon (Wikipedia commons: https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/1/12/2007Computex_e21-MartinCooper.jpg)

Studie-eenheid 1: Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

Bladsy 33


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels Drabare tegnologie Drabare tegnologie (kortliks bekend as wearables) is tegnologiese toestelle wat aan die lyf gedra kan word. Van die bekendste voorbeelde hiervan is: •

Google Glass: ʼn Handvrye toestel wat dieselfde take as ʼn slimfoon kan verrig.

Slimhorlosie (smart watch): ʼn Horlosie wat soortgelyke funksies as ʼn slimfoon kan verrig. Die horlosie kan ook met Bluetooth aan ʼn spesifieke foon verbind word.

Fitbit en ander gesondheidsarmbande: Hierdie slim armbande doen ʼn verskeidenheid diagnostiese toetse op die persoon wat dit dra, insluitend die gebruiker se hartklop, oefening gedoen, en slaappatrone.

Klere: Slim klere kan feitlik enige funksie waaraan ʼn mens kan dink, verrig. Voorbeelde sluit in: Baadjies wat elektronies verhit, kampklere met ʼn funksie wat nooddienste kan help om die draer in ʼn noodgeval te vind, klere met beligting wat van kleur kan verander, en babaklere wat ʼn baba se gesondheid monitor.

Penne: Digitale penne wat nie ink benodig nie. Die gebruiker skryf bloot op enige oppervlake en die pen stoor die inligting.

Slim eetgerei: Google het ʼn nuwe stel eetgerei beskikbaar gestel wat aanpas by die gebruiker se bewegings. Dit is veral geskik vir pasiënte met Parkinson's se siekte – met die eetgerei kan pasiënte eet sonder om te mors.

Hierdie is slegs ʼn paar voorbeelde van slim toestelle. Sleutel gerus die woord "smart" en enige ander selfstandige naamwoord in Google in – dit is verbasend hoeveel alledaagse produkte reeds ʼn “slim” weergawe het. Figuur 1.17 verskaf ʼn voorbeelde van slim toestelle: 1) Google Glass (Wikipedia Commons, beskikbaar by: https://en.wikipedia.org/wiki/File:Google_Glass_with_frame.jpg), 2) Google se slim eetgerei, Liftware Spoon (http://www.dailymail.co.uk) en 3) Apple se slim horlosie (www.apple.com).

Bladsy 34

Studie-eenheid 1: Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

1

2

3

Figuur 1. 17: Slim toestelle

E-kontant Die idee van digitale geld is nie nuut nie. In sy boek Presenting Digital Cash het Seth Godin al meer as 20 jaar gelede voorspel dat daar ʼn digitale geldeenheid gaan ontstaan. Tot die koms van Bitcoin het heelwat mense gedink dat Godin se voorspelling verkeerd was. Digitale geldeenhede is egter nie die enigste vorm van digitale geld nie. Digitale betalings is lankal reeds moontlik met kaartverskaffers soos Visa en Mastercard wat betalings regoor die wêreld moontlik gemaak het. ʼn Betreklike nuwe ontwikkeling is egter die kontantkaart. Hierdie kaart werk soos kontant: Die persoon wat die kaart in sy of haar besit het, besit die geld wat daarop gestoor word. Kontantkaarte word vir ʼn verskeidenheid doelwitte aangewend. Sommige winkelsentrums gebruik kontantkaarte (dikwels in samewerking met ʼn kredietkaartverskaffers soos Visa of Mastercard) vir geskenkbewyse – hierdie kaart kan dan by enige winkel gebruik word. Nog ʼn voorbeeld is publieke vervoer. In Nederland kan ʼn sogenaamde OV kaart ʼn persoon toegang tot enige publieke vervoer gee (trein, trem en bus). In Suid-Afrika word kaarte ook vir publieke vervoer gebruik, byvoorbeeld die Gautrain se Gold Card (sien Figuur 1.18). Dit is baie maklik om geld op hierdie kaarte te laai en die kaarte self is maklik om te gebruik. Omdat dit moontlik is om ʼn kaart te kanselleer, is die risiko vir beide die gebruiker en die

Studie-eenheid 1: Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

Bladsy 35


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels diensverskaffer, ook aansienlik minder as om groot hoeveelhede geld te dra (As ʼn reisiger ʼn Gautrain-kaart met ʼn R3 000 balans verloor, is die kanse skraal dat die geld vir reis opgebruik gaan word voordat die kaart gekanselleer is.)

Figuur 1. 18: Die Gautrain Gold Card – ʼn voorbeeld van digitale kontant wat vir publieke vervoer gebruik word.

Tasbare media ʼn Betreklike nuwe konsep is tasbare media – waar fisiese objekte die werk van virtuele voorwerpe verrig. Byvoorbeeld: In plaas daarvan om ikone op ʼn skerm te hê, kan sodanige ikone fisiese voorwerpe wees. Die handboek noem ʼn voorbeeld van ʼn visbak met klippies – elke klippie bevat die naam van ʼn film. Die gebruiker kies ʼn klippie, waai dit in die rigting van die televisie en die film begin. Die aanvanklike toepassings klink nie so aanloklik nie, maar die moontlikhede wat hierdie tegnologie inhou, is legio. Gestel alle besigheidskaartjies is tasbare media – deur ʼn besigheidskaartjie na die skerm te swaai, maak ʼn webtuiste van die onderneming oop. Nog ʼn voorbeeld is die Hug Shirt (sien Figuur 1.19), ʼn drabare kledingstuk wat ʼn gebruiker toelaat om ʼn drukkie oor ʼn afstand te stuur. (Hierdie kan dus ook gesien word as ʼn drabare toestel.)

Figuur 1. 19: Die Hug Shirt laat ʼn gebruiker toe om ʼn drukkie digitaal vir iemand anders te stuur (https://cutecircuit.com/the-hug-shirt)

Bladsy 36

Studie-eenheid 1: Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels Persoonlike robotte en virtuele troeteldiere Wetenskapfiksie-rolprente het dikwels ʼn toekoms geskep waar robotte soos mense lyk, praat en dink. Die werklikheid is ietwat anders. Kunsmatige intelligensie gebeur deesdae meer in die agtergrond. (Om te sien hoe kunsmatige intelligensie ons lewens verander, probeer ʼn 1995-soekenjin of bedryfstelsel te gebruik - rekenaars het baie van ons dinkwerk in hierdie verband oorgeneem.) Mensagtige robotte is nog nie in algemene gebruik in huishoudings nie; tog is daar ʼn aantal opwindende uitvindsels in die veld van persoonlike robotte (al lyk hulle nie altyd soos mense nie). Stofsuiers wat self die matte stofsuig is reeds in algemene gebruik. Die robot word aangeskakel en in ʼn vertrek gelos – geen menslike interaksie is nodig nie. Figuur 1.20 verskaf ʼn voorbeeld van so ʼn robot-stofsuier.

Figuur 1. 20: Die Neato robot-stofsuier – baie anders as wat wetenskapfiksie-rolprente robotte voorgestel het, maar steeds baie nuttig (www.toptenreviews.com)

Nog ʼn robot-idee waaraan gewerk word, behels persoonlike kommunikasie. Figuur 1.21 bevat ʼn foto wat geneem is by ʼn wetenskapmuseum in Linz, Oostenryk. Die robot kan gebruik word om, soos met ʼn telefoon, met ʼn ander persoon te kommunikeer. Addisionele funksionaliteit sluit natuurlik drukkies en ander aksies in. Die foto in Figuur1.21 is slegs ʼn prototipe, maar kan reeds drukkies uitdeel.

Studie-eenheid 1: Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

Bladsy 37


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

Figuur 1. 21: ʼn Prototipe van ʼn robot wat vir kommunikasie gebruik kan word. Dit dien as ʼn telefoon en gehoorbuis, maar kan ook drukkies gee.

Virtuele troeteldiere kan gebruik word in situasies waar werklike troeteldiere nie ʼn moontlikheid is nie. Persone in klein woonareas en wat om gesondheidsredes nie met diere kan werk nie, kan baatvind by die vriendskap van ʼn elektroniese troeteldier. Een voorbeeld van die 1990’s was die Tamagotchi. Hierdie uiters beperkte troeteldier (wat soos ʼn stophorlosie gelyk het) kon ʼn paar basiese take uitvoer. Dit kon egter ook “doodgaan” indien die eienaar nie mooi daarna gekyk het nie – ʼn kontroversiële eienskap wat tot die traumatisering van ʼn aantal kinders gelei het (Figuur 10.5 in die handboek verskaf ʼn voorbeeld van ʼn Tamagotchi). Vandag is tegnologie, en veral koppelvlakontwerp, baie meer gevorderd. ʼn Verskeidenheid virtuele en elektroniese troeteldiere bestaan. Een so voorbeeld word in Figuur 1.22 hieronder vertoon: ʼn Eletroniese seeleeu wat vir kinders met gestremdhede gebruik kan word. Die seeleeu waarsku die kind as hy te hardhandig hanteer word, maar hou geen gevaar vir die kind in nie, soos wat met ʼn werklike troeteldier die geval kan wees nie. Op die foto is slegs ʼn prototipe.

Bladsy 38

Studie-eenheid 1: Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

Figuur 1. 22: ʼn Elektroniese troeteldier: ʼn Seeleeu

Die verskeidenheid van toepassing van tegnologie bied opwindende moontlikhede vir die toekoms in. In die sakearena is daar egter ook bestaande tegnologie wat vir meer produktiewe werksomstandighede kan sorg. Hierdie tegnologieë word in paragraaf 1.8.2 hieronder (en Paragraaf 10.4 in die handboek) bespreek. 1.8.2

Tegnologie wat samewerking in die werksplek moontlik maak

Paragraaf 10.4 in die handboek bespreek ʼn aantal tegnologieë wat samewerking in die werksplek moontlik maak. Hierdie lys bevat natuurlik nie alle tegnologieë nie. Hierdie is egter van die tegnologie wat die algemeenste gebruik word. Figuur 1.23 hieronder verskaf ʼn opsomming. Paragraaf 10.5 in die handboek bespreek toepassings van spesifiek elektroniese en mobiele handel (e-commerce en m-commerce). Dit sluit groothandel en kleinhandel, vervaardiging, bemarking (en veral die gebruik van sosiale media vir bemarkingsdoeleindes), beleggings en finansiering, en veilings in. Daar word ook gekyk na die wyse waarop ʼn onderneming ten alle tye, op enige plek, beskikbaar kan wees met die gebruik van mobiele tegnologie. Laastens, word ʼn paar voordele van die gebruik van e-handel en m-handel bespreek.

Studie-eenheid 1: Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

Bladsy 39


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

Videokonferensie •Hierdie tegnologie is soortgelyk aan 'n telefoonoproep, maar 'n kamera maak dit moontlik vir die deelnemers aan die gesprek om mekaar te sien. •Bekende voorbeelde van videokonferensieprogrammatuur is Skype en Zoom (beide is gratis beskikbaar). Stuur van boodskappe (Messaging) •'n Verskeidenheid programmatuur maak dit moontlik om boodskappe te stuur. Die mees algemene voorbeeld is e-pos. SMS (teks-) boodskappe word gebruik om met kliënte of kollegas per selfoon te kommunnikeer. WhatsApp is 'n relatief nuwe tegnologie wat dit moontlik maak om teks-, stem-, en videoboodskappe teen feitlik zero koste te stuur. Interaktiewe witborde •Hierdie is 'n witbord wat aan 'n rekenaar gekoppel is. Dit is dus moontlik om op die witbord te skryf en kollegas wat geografies verspreid is, kan dit sien. Die witbord kan ook dien as 'n gewone rekenaarskerm, wat die moontlikhede uitbrei. •Figuur 10.6 in die handboek verskaf 'n voorbeeld van 'n interaktiewe witbord. Wiki's •'n Wiki is 'n platform waar enige gemagtigde persoon inligting kan byvoeg of opsoek. •Wikipedia is die bekendste voorbeeld hiervan. Met meer as 40 miljoen artikels in 293 tale, is dit verstommend om te dink dat alles deur vrywilligers geskep is. (Wees versigtig: Dit is nie moontlik om te bepaal of 'n Wikipedia-artikel deur 'n kenner geskryf is nie. Daarom word Wikipedia tans nie as 'n akademiese bron gesien nie.) Virtuele wêrelde •Enige iemand wat die bekroonde film Avatar gesien het, het 'n idee wat 'n avatar is. 'n Avatar is 'n verteenwoordiger van 'n regte persoon in 'n virtuele wêreld. Hierdie virtuele wêrelde is veral gewild onder gebruikers wat aanlyn speletjies speel. Dit bied egter ook geleenthede vir ondernemings om te adverteer en sosiale interaksie tussen kliënte moontlik te maak. Blogs en podcasts •'n Blog is aanvanklik begin as 'n aanlyn dagboek, maar kan aangewend word vir nuus en belangrike artikels •'n Podcast is 'n oudio uitsending oor die internet. 'n Onderneming kan, byvoorbeeld, 'n radio-onderhoud met 'n bestuurder op die maatskappy se webtuiste plaas.

Figuur 1. 23: Tegnologie wat samewerking in die werksplek moontlik maak (Stair et al., 2015:354-358)

Bladsy 40

Studie-eenheid 1: Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels 1.9

Samevatting

Hierdie studie-eenheid het die agtergrond geskets waarteen bedryfsinligtingstelsels ondersoek gaan word. Daar is eerstens gekyk na belangrike definisies, soos die konsepte van inligting, stelsels, inligtingstelsels en dan, bedryfsinligtingstelsels. ʼn Inleiding tot apparatuur, programmatuur, databasisse en netwerke is verskaf – konsepte wat in die volgende studie-eenheid in meer detail bespreek gaan word. Tipes bedryfsinligtingstelsels is ook ondersoek. Omdat bedryfsinligtingstelsels so sterk in ʼn organisasie geïntegreer word, is dit ook belangrik om die konsep "organisasie" te verstaan. Organisatoriese strukture speel ʼn belangrike rol in die skep en suksesvolle implementering van ʼn bedryfsinligtingstelsel. In die dinamiese omgewing waarin organisasies hulself vandag bevind, is verandering onvermydelik. ʼn Verskeidenheid opsies om by ʼn veranderlike omgewing aan te pas, is beskikbaar, insluitend uitkontraktering, programmatuur as ʼn diens, afskaling en organisatoriese leer. Een van die belangrikste suksesfaktore vir die ontwikkeling en implementering van ʼn bedryfsinligtingstelsel, is die betrokkenheid van die eindgebruiker. Mededingendheid is ʼn belangrike voorwaarde vir ʼn onderneming om te floreer en selfs te oorleef. Porter se vyf kragte van mededinging (mededinging in die industrie, bedreiging van nuwelinge, die bedreiging van substitusieprodukte, die bedingingsmag van verbruikers, en die bedingingsmag van verskaffers) kan aangespreek word deur ʼn aantal mededingendheidstrategieë. Hierdie strategieë sluit in: Kosteleierskap, differensiasie, ʼn niche-strategie, verandering van die industrie-struktuur, skep van nuwe produkte of dienste, en verbetering van bestaande produkreekse en dienste. Om die sukses van ʼn bedryfsinligtingstelsel te meet kan ʼn verskeidenheid maatstawwe gebruik word, soos produktiwiteit, groei in wins, markaandeel, kliëntebewustheid en -tevredenheid, en totale koste van eienaarskap. Risikobestuur kan ook help om die waarde van ʼn stelsel, wat andersins moeilik sou wees om te bepaal, te bereken. ʼn Verskeidenheid beroepe wat met bedryfsinligtingstelsels te make het, is bespreek. Dit is egter belangrik vir enige bestuurder of eienaar van ʼn onderneming om hierdie postitels te verstaan. Rekenaars is lankal nie meer beperk tot die tradisionele tafelrekenaar nie. Met toenemende beskikbaarheid van internettoegang (soos byvoorbeeld 3G, 4G en Wi-Fi), kan ʼn groot hoeveelheid toestelle aan die internet verbind word. Slimfone, draagbare tegnologie, e-kontant, tasbare media, persoonlike robotte en virtuele troeteldiere is voorbeelde van nuwe tegnologieë wat poog om die mens se lewe te verbeter. Tegnologieë wat spesifiek op die werksplek gerig is, sluit in: Videokonferensie, stuur van boodskappe, interaktiewe witborde, wiki's, virtuele wêrelde, en blogs en podcasts. Tegnologie word ook in ʼn

Studie-eenheid 1: Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

Bladsy 41


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels verskeidenheid sakeomgewings aangewend, insluitend kleinhandel en groothandel, vervaardiging, bemarking, beleggings en finansiering, en veilings. Rekenaars is oral. Soms is dit sigbaar in opwindende, nuwe produkte. Soms funksioneer dit in die agtergrond sonder dat ons dit agterkom. Maar in die inligtingsera waarin ons leef, het rekenaars onlosmaaklik deel van ons lewens geword. 1.10 Selfevaluering Aan die einde van Hoofstuk 1, 2 en 10 word ʼn aantal vrae verskaf. Al hierdie vrae kan voltooi word. Die Self-Assessment Test en Review questions verskaf ʼn toets waarmee jy kan bepaal of jy die basiese beginsels onder die knie het. Die afdeling getiteld Discussion questions is egter van groot waarde. Indien jy deel is van ʼn studiegroep kan elke persoon in die groep een van die vrae beantwoord. Julle kan dan as ʼn groep die antwoorde bespreek. 1.11 Selfevalueringsriglyne Die belangrikste aspek van die besprekingsvrae is die feit dat daar geen reg of verkeerde antwoorde is nie. Daar word van ʼn graadstudent verwag om krities oor enige punte te kan argumenteer. Die status quo moet bevraagteken word – kyk of jy enige teenargumente vir iemand anders se standpunt kan vind. Op skool word ʼn leerder dikwels geleer om op ʼn spesifieke wyse te dink – daar is altyd ʼn regte en verkeerde antwoord. Op universiteit is dit belangrik dat jy behoorlik nalees en nadink oor temas en dan jou eie opinie vorm. Jy moet dan hierdie opinie kan verdedig, maar ook gemaklik wees om deur ander van hulle opinies oortuig te word. Dit is hoe die akademie werk.

Bladsy 42

Studie-eenheid 1: Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

STUDIE-EENHEID 2: INLIGTINGSTEGNOLOGIEKONSEPTE

2.1

Studie-eenheid leeruitkomste

Kennis en begrip Na voltooiing van Studie-eenheid 2 sal jy in staat wees om jou kennis en begrip te demonstreer van die volgende: •

Apparatuur: Toevoer-, verwerking-, afvoer- en stoortoestelle

Programmatuur: Stelsels- en toepassingsprogrammatuur

Organisering en stoor van data

Rekenaarnetwerke

Vaardighede Jy sal ook in staat wees om: •

die belangrikste komponente van ʼn moderne rekenaar te identifiseer.

tussen verskillende kategorieë van programmatuur te onderskei.

die verskillende komponente van ʼn dabatasis te identifiseer.

die funksies van ʼn tipiese databasisbestuurstelsel te beskryf.

die verskillende kommunikasiemedia te kategoriseer en te beskryf.

tussen die internet en wêreldwye web te differensieer en die belangrike komponente van elk te bespreek.

2.2

Voorgeskrewe handboek

Stair, R., Reynolds, G. & Chesney, T. 2015. Principles of business information systems. 2e uitgawe. Hampshire: Cengage learning. Vir die doeleindes van hierdie studie-eenheid moet jy die volgende afdelings bestudeer: Deel II Hoofstuk 3 Hoofstuk 4 Hoofstuk 5 Hoofstuk 6

Studie-eenheid 2: Inligtingstegnologiekonsepte

Bladsy 43


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels 2.3

Verrykende bronne •

http://www.kurzweilai.net/the-top-10-emerging-technologies-of-2016. Hierdie is ʼn lys van 10 tendense ten opsigte van die nuutste tegnologie. Hierdie behels nie spesifieke produkte wat onlangs geskep is nie, maar eerder kategorieë van tegnologiese ontwikkeling.

https://www.ericsson.com/thinkingahead/innovation/visionary-ideas. ʼn Lys van Ericsson se nuutste produkte. Tegnologie het lankal verby die gewone rekenaar en selfone beweeg.

2.4

Hoe kan jy jou begrip verbeter?

Jy moet seker maak dat jy die volgende terme verstaan: Sleutelwoord

Omskrywing

Analoogseine

Die tipiese seine wat oor telefoonkabels gestuur word. Die seine is soortgelyk aan klankgolwe.

Bediener

ʼn Rekenaar wat deur meervoudige gebruikers op verskillende rekenaars gebruik word om sekere take (soos stoor, internettoegang of e-posbestuur) te sentraliseer.

Bedryfstelsel

ʼn Bedryfstelsel is stelselprogrammatuur wat alle bedrywighede op ʼn rekenaar bestuur. Voorbeelde sluit Microsoft Windows en Apple OS X in.

Breëband

ʼn Telekommunikasiestelsel waar die oordrag van data teen ʼn

kommunikasie

baie hoë spoed plaasvind.

Data ontginning

Die proses waardeur groot hoeveelhede data geanaliseer word

(Data mining)

om tendense, patrone en verhoudings in die data te identifiseer.

Deurblaaier

Programmatuur wat gebruik word om webbladsye op die internet

(Browser)

oop te maak, byvoorbeeld Google Chrome en Internet Explorer.

Digitale seine

Hierdie seine bestaan uit 1’e en 0’e (bits).

Dun kliënt

ʼn Rekenaar wat minimale verwerkings- en stoorfunksionaliteit

(Thin clients)

besit omdat hierdie funksionaliteit deur ʼn sentrale rekenaar oorgeneem is. Dit sal tipies in ʼn rekenaarklaskamer met ʼn goeie bediener (server) gebruik word.

Enkripsie

Bladsy 44

ʼn Sekuriteitsproses waardeur ʼn boodskap omgeskakel word in ʼn

Studie-eenheid 2: Inligtingstegnologiekonsepte


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels formaat wat slegs deur ʼn gemagtigde ontvanger gelees kan word, maar vir enige iemand anders onleesbaar sal wees. Gebruikerskoppelvlak

Die deel van ʼn rekenaar wat dit moontlik maak vir ʼn gebruiker

(User interface)

om met die rekenaar te kommunikeer.

Hoofraamrekenaar

ʼn Kragtige, sentrale rekenaar (meer kragtig as ʼn tipiese bediener) waaraan honderde rekenaars verbind kan word.

Masjiensiklus

Die uitvoer van ʼn enkele instruksie deur die sentrale verwerkingseenheid (SVE).

Middelware

Programmatuur wat dit moontlik maak vir verskillende programme of stelsels om met mekaar te kommunikeer.

MIPS

Miljoen instruksies per sekonde: ʼn Maatstaf waarmee die spoed van die masjiensiklus gemeet word.

Modem

ʼn Toestel wat analoogseine in digitale seine omskakel en vice versa.

Oopbron-

Programmatuur wat (gewoonlik gratis) versprei word, maar

programmatuur

waarvan die programkode ook aan die publiek beskikbaar gestel word.

Optiese stoormedia

ʼn Kategorie van sekondêre stoor wat CD’s en DVD’s insluit.

POS toestel

ʼn Terminaal wat gebruik word om data in ʼn stelsel in te lees

(Point of sale)

(soms deur middel van ʼn skandeerder), gewoonlik gebruik by kleinhandelaars se kasregisters.

Primêre geheue

Geheue waarin data en instruksies gestoor word. Die bekendste voorbeeld is die Random Access Memory (RAM).

Programmeertaal

ʼn Program wat gebruik word om ander programme te skryf.

Radiofrekwensie-

ʼn Tegnologie wat bestaan uit ʼn mikroskyfie wat op ʼn kaart of

identifikasie (RFID)

produk gestoor kan word en dan inligting oor die produk na ʼn ontvanger kan uitsaai. Die tegnologie word onder andere by toegangskaarte of -skyfies gebruik.

RAM

ʼn Tydelike vorm van geheue waarin alle programme en ander data wat deur die gebruiker en bedryfstelsel gebruik word, gestoor word.

Studie-eenheid 2: Inligtingstegnologiekonsepte

Bladsy 45


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

Registers

Hoëspoed stoorarea op die SVE waarin ʼn klein hoeveelheid tydelike data gestoor kan word. Hierdie is gewoonlik slegs data wat op ʼn spesifieke oomblik deur die SVE gebruik of verwerk word.

Sekondêre

ʼn Meer permanente vorm van stoor. Data wat hier gestoor word,

geheue/stoor

sal behoue bly selfs al word die rekenaars afgeskakel. Voorbeelde sluit die hardeskyf en geheuestokkies in.

Sentrale

ʼn SVE is ʼn mikroverwerker wat vir die meeste verwerking in ʼn

verwerkingseenheid

rekenaar verantwoordelik is.

(Central Processing Unit – CPU) Stelselprogrammatuur

ʼn Kategorie van programmatuur wat daarop gemik is om die effektiewe gebruik van ʼn rekenaar moontlik te maak. Die bekendste voorbeeld hiervan is die bedryfstelsel.

Superrekenaar

Die kragtigste tipe rekenaar wat bestaan. Hierdie rekenaar kan die mees komplekse verwerking verrig.

Toepassings-

Programmatuur wat spesifiek vir gebruikers geskep is. Hierdie

programmatuur

programmatuur word deur gebruikers aangewend om spesifieke take te verrig. ʼn Voorbeeld is woordverwerkers soos Microsoft Word.

Verspreide databasis

ʼn Databasis waarin die data oor ʼn verskeidenheid kleiner databasisse versprei is. Die databasisse is dan aanmekaar gekoppel in ʼn netwerk.

2.5

Inleiding

Voordat dit moontlik is om bedryfsinligtingstelsels te verstaan, is dit belangrik om die verskillende elemente van ʼn tipiese rekenaarstelsel te bespreek. Enige elektroniese bedryfsinligtingstelsel behoort vier aspekte te bevat: Apparatuur (hardware), programmatuur (software), databasisse, en een of meer netwerke. Die versamelnaam van hierdie komponente is rekenaar- (of stelsel-) infrastruktuur. Hierdie studie-eenheid gaan elk van die komponente in meer detail bespreek. Daar word eerstens na apparatuur gekyk. Daar word onderskei tussen apparatuur wat gebruik word om

Bladsy 46

Studie-eenheid 2: Inligtingstegnologiekonsepte


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels data na die stelsel in te voer, asook daardie apparatuur wat afvoer aan die gebruiker verskaf. Verder word verskillende stoormedia en verwerkingstoestelle aangeraak. In die tweede plek word programmatuur ondersoek. Hier sal daar onderskei word tussen stelselprogrammatuur – daardie programme wat ʼn rekenaar nodig het om behoorlik te funksioneer – en toepassingsprogrammatuur. Laasgenoemde is die programme wat deur die gebruiker gebruik word om spesifieke take (soos woordverwerking, finansiële berekening en skep van aanbiedings) te verrig. Derdens word databasisse bespreek. Die verskillende aspekte verbonde aan ʼn elektroniese databasis word uitgelig. Daarna word die konsep van ʼn databasisbestuurstelsel (DBBS) bespreek en die funksies van ʼn tipiese DBBS geïdentifiseer. Die nuutste tendense ten opsigte van databasisse en DBBS’e word ook aangeraak. Laastens word netwerke ondersoek. Daar word eers gekyk na die verskillende komponente wat nodig is om ʼn netwerk te skep, met spesiale aandag wat aan kommunikasiemedia (soos Wi-Fi en kabels) geskenk word. Die grootste netwerk in die wêreld, die internet, word ook in hierdie paragraaf aangeraak. 2.6

Apparatuur

Handboek: Stair, et al., 2015: Hoofstuk 3 2.6.1

ʼn Kort agtergrond oor die eerste rekenaars

Dit is soms moeilik om te bepaal waar die eerste rekenaar vandaan gekom het. Sommige handboeke noem die abakus ʼn voorbeeld van die eerste “rekenaar”. Ander verwys na ENIAC as die eerste algemeendoelige rekenaar. ʼn Goeie beginpunt is moontlik Charles Babbage (1791-1871) as een van die baanbrekers in die ontwikkeling van rekenaars. Babbage was wel ʼn uitvinder, maar sy bekendste uitvindsel, die Analytical Engine, is nie in Babbage se leeftyd ontwikkel nie. Hierdie masjien, wat dieselfde teoretiese onderbou as die moderne rekenaar gehad het, het komponente vereis wat in daardie jare nie bestaan het nie. Dit is die moeite werd om vir interessantheidsonthalwe meer oor hierdie tema na te lees. Figuur 2.1 is ʼn model van die Analytical Engine wat dekades later volgens Babbage se spesifikasies gebou is. Hierdie toestel is tans in die Wetenskapmuseum in London.

Studie-eenheid 2: Inligtingstegnologiekonsepte

Bladsy 47


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

Figuur 2. 1: Die Analytical Engine (http://en.wikipedia.org/wiki/File:AnalyticalMachine_Babbage_London.jpg)

Dit was egter meer as ʼn eeu later dat die ontwikkeling van rekenaars werklik toegeneem het. Die toestel wat as die eerste algemeendoelige rekenaar (wat vir meer as een funksie gebruik kan word) bekend gestaan het, was ENIAC. Hierdie masjien is ontwikkel om ingewikkelde ballistiese berekeninge vir vegvliegtuie te doen – die masjien is tydens die Tweede Wêreldoorlog ontwikkel. Toe die masjien uiteindelik voltooi is, was die oorlog verby en is ENIAC vir ander doeleindes aangewend. Figuur 2.2 is ʼn foto van ENIAC.

Figuur 2. 2: Twee programmeerders in ENIAC (http://en.wikipedia.org/wiki/File:Eniac.jpg)

Die volgende getalle is ʼn aanduiding van hoe rekenaars in die laaste paar dekades ontwikkel het: •

10MB: Die grootste hardeskyf beskikbaar in 1988

Bladsy 48

Studie-eenheid 2: Inligtingstegnologiekonsepte


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels •

1 000 000MB: Die grootte van ʼn 1-Terrabyte hardeskyf – vandag as eksterne (en soms selfs as interne) hardeskywe kommersieel beskikbaar.

18 maande: Die gemiddelde tyd wat dit neem vir die spoed van verwerking om te verdubbel as gevolg van nuwe tegnologiese ontwikkeling.

25 000: Die hoeveelheid keer wat die prestasie van mikroverwerkers verbeter het in die laaste 30 jaar.

Tegnologie het ook daartoe gelei dat rekenaars en ander tegnologiese toestelle nader aan mekaar gekom het. Waar ʼn telefoon ongeveer twintig jaar gelede niks anders kon doen as oproepe maak en ontvang (en so nou en dan boodskappe opneem) nie, is selfone (spesifiek slimfone) vandag niks anders as rekenaars nie. Hierdie paragraaf bespreek apparatuur wat kortliks gedefinieer kan word as alle fisiese toestelle waaruit ʼn rekenaar bestaan. Voorbeelde van apparatuur sluit die sleutelbord, skerm, moederbord, muis, verwerkers, RAM en hardeskyf in. 2.6.2

Integrasie van die krag van tegnologie

Paragraaf 3.1 in die handboek verskaf ʼn kort opsomming van hoe die verskillende komponente van ʼn rekenaar inmekaar pas. Die konsep van toevoer

verwerking

afvoer

is nie onbekend nie. Menige wetenskapfiksie-films (insluitende kinderprente) het van hierdie beginsel gebruik gemaak. ʼn Bose karakter sal, byvoorbeeld, skrootmetaal by die eenkant van die masjien ingooi terwyl ʼn robot-weermag by die ander kant sal uitkom. ʼn Kind mag droom oor ʼn masjien wat iets alledaags (soos water) as toevoer neem en roomyse as afvoer verskaf. Hoewel die werklikheid moontlik minder vermaaklik is, behels dit die dieselfde beginsels. In plaas van water of skrootmetaal, is die toevoer tot ʼn rekenaarstelsel een of ander vorm van data terwyl die afvoer ʼn verwerkte vorm van daardie data is. Om hierdie proses moontlik te maak, benodig die gebruiker natuurlik toevoertoestelle (soos ʼn sleutelbord), verwerkingstoestelle (soos die sentrale verwerkingseenheid – SVE of CPU) en afvoertoestelle (soos ʼn skerm). Hierdie toestelle is egter nie voldoende vir die rekenaar om te funksioneer nie. Die rekenaar benodig ook verskillende tipes stoorspasies. Die eerste tipe is ʼn tydelike stoorspasie: Data waarmee die rekenaar moet werk word hierin gestoor. Die RAM (Random Access Memory) is ʼn voorbeeld hiervan. Die tweede tipe stoorspasie is meer permanent (met ander woorde, die data sal steeds behoue bly selfs al word die rekenaar afgeskakel). Hierdie tipe stoorspasie kan ʼn verskeidenheid vorme aanneem: Hardeskywe (interne en eksterne), geheuestokkies, DVD’s, en geheuekaarte.

Studie-eenheid 2: Inligtingstegnologiekonsepte

Bladsy 49


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels Hoe werk dit? Gestel ʼn gebruiker wil Microsoft Word gebruik. Vir die SVE om direk met die program op die hardeskyf te werk, sal ʼn ewigheid neem. Die spoed waarmee data tussen die SVE en die hardeskyf oorgedra word, is baie stadiger as wat die geval met die RAM sal wees. Wat dus gebeur is dat ʼn kopie van Microsoft Word na die RAM oorgedra word. Sodra Microsoft Word toegemaak word, kan hierdie kopie (van instruksies) uit die RAM verwyder word om plek te maak vir ʼn nuwe program. So, dit is hoe dit werk! Programme in die RAM Het jy al ooit agtergekom dat dit ʼn rukkie neem om Microsoft Word oop te maak. Sodra jy die program toemaak en kort daarna weer oopmaak, neem dit skielik nie naastenby so lank nie. Dit gebeur omdat die program steeds in die RAM voorkom. As daar baie tyd verloop sal die kopie van Microsoft Word mettertyd uit die RAM verwyder word om plek te maak vir nuwe programme. Daarom sal dit na ʼn rukkie weer lank neem vir die program om oop te maak. Waarom ons dokumente moet stoor Die eerste weergawes van woordverwerkings het nie ʼn sogenaamde autosave funksie gehad nie. Dit het nie eers ʼn boodskap vertoon wat die gebruiker waarsku om die dokumente te stoor nie. Indien ʼn gebruiker nie sy of haar dokument gestoor het nie, sou alle data verlore raak. Programme werk steeds op dieselfde beginsel. Daar is net meer funksionaliteit ingebou wat verseker dat die dokument gestoor word. Wat beteken “stoor” dan in hierdie geval? Terwyl ʼn gebruiker ʼn dokument tik, sal daardie dokument in die RAM gestoor word. Dit word gedoen vir dieselfde redes waarom ʼn kopie van ʼn program in die RAM gestoor word – dit sou te lank neem om die dokument te tik as dit direk op die hardeskyf gedoen word. Wanneer die gebruiker die dokument stoor, word die huidige kopie in die RAM op die hardeskyf gestoor. As dit ʼn bietjie oorweldigend klink: Die werking van ʼn rekenaar is betreklik eenvoudig. Dit mag egter vir iemand wat nie ʼn agtergrond in IT het nie, aanvanklik oorweldigend klink. Moenie bekommerd wees nie – al die apparatuur wat hierbo genoem word sal metteryd in meer detail bespreek word. Figuur 2.3 stel die model van ʼn tipiese rekenaar, en hoe al hierdie komponente saamwerk, voor:

Bladsy 50

Studie-eenheid 2: Inligtingstegnologiekonsepte


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

Toevoer

Verwerking

Afvoer

Primêre stoor (RAM)

Sekondêre stoor

Figuur 2. 3: Eenvoudige model van 'n rekenaar se werking

Figuur 3.1 in die handboek is op hierdie model gebaseer, maar het ʼn aantal addisionele komponente ingesluit. Dit sluit drie komponente wat deel van die SVE uitmaak, in. Hierdie is die beheereenheid (control unit), logiese eenheid (logical unit) en registers in. Paragraaf 3.1 in die handboek beskryf hoe instruksies deur die SVE uitgevoer word. Wat is instruksies? Enige rekenaarprogram wat geskryf word, bestaan uit ʼn groot hoeveelheid instruksies. Wanneer ʼn gebruiker, byvoorbeeld, die bold knoppie in Microsoft Word klik, word ʼn instruksie uitgevoer. Dieselfde geld vir alle ander aksies wat deur Microsoft Word gedoen moet word (in die agtergrond of as gevolg van gebruiker-interaksie). Soms gebruik hierdie instruksies data, soms nie. Die proses wat elk van daardie instruksies moet volg om uitgevoer te word, word in die handboek beskryf, maar kortliks in Figuur 2.4 hieronder opgesom:

Studie-eenheid 2: Inligtingstegnologiekonsepte

Bladsy 51


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

Stap 1: Gaan haal instruksie •Die instruksies sal gewoonlik in die RAM voorkom

Stap 2: Dekodeer die instruksie •Die aard van die instruksie word bepaal. Daar word hier ook bepaal of data benodig word en presies waar hierdie data in die RAM voorkom.

Stap 3: Voer die instruksie uit Stap 4: Stoor die resultate •Hierdie resultate kan na die RAM teruggestuur word. As die resultaat onmiddellik vir 'n ander instruksie benodig word, kan dit in die registers gehou word. Figuur 2. 4: Die uitvoer van ʼn instruksie deur die SVE (Stair, et al., 2015:70)

2.6.3

Verwerking en primêre geheue

Paragraaf 3.2 in die handboek brei uit op die verwerker (SVE) en die primêre geheue (memory of RAM). Hierdie paragraaf is ʼn bietjie tegnies en mag oorweldigend voorkom. Dit hoef egter nie die geval te wees nie – die paragraaf bespreek slegs ʼn aantal begrippe wat met verwerking en geheue verband hou. Elke begrip ten opsigte van verwerking word kortliks hieronder bespreek: •

Die masjiensiklus en masjiensiklustyd. Om ʼn gewone basiese program (soos Microsoft Word) te gebruik, moet die SVE ʼn groot hoeveelheid instruksies uitvoer. Die tyd wat dit die SVE neem om ʼn instruksie uit te voer het ʼn direkte invloed op die spoed van ʼn rekenaar. Die SVE sal tipies miljoene eenvoudige instruksies per sekonde kan uitvoer. Om hierdie rede word die masjiensiklustyd in nanosekondes (een biljoenste van ʼn sekonde) of picosekondes (een triljoenste van ʼn sekonde) gemeet. ʼn Ander maatstaf wat gebruik kan word, is hoeveel instruksies ʼn verwerker in ʼn sekonde kan uitvoer: MIPS, of miljoen instruksies per sekonde.

Klokspoed. Die stelselklok is ʼn toestel op die SVE wat teen ʼn sekere frekwensie vibreer en sodoende alle aktiwiteite op die moederbord reguleer. Alle komponente se spoed word in verhouding tot die stelselklok bepaal. Daarom is die frekwensie van die stelselklok baie belangrik. Die frekwensie van ʼn stelselklok word in Megahertz (miljoen siklusse per sekonde) of Gigahertz (biljoen siklusse per sekonde) gemeet.

Fisiese eienskappe van ʼn SVE. Paragraaf 3.2 in die handboek beskryf hoe ʼn SVE lyk en funksioneer. Figuur 2.5 hieronder verskaf ʼn grafiese voorstelling van ʼn (ou) SVE en waar dit tipies op ʼn moederbord voorkom.

Bladsy 52

Studie-eenheid 2: Inligtingstegnologiekonsepte


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

Figuur 2. 5: ʼn Moederbord met ʼn SVE (http://img.hexus.net/v2/internationalevents/idf2008shanghai/Atom-big.jpg). Inlas: ʼn Nabyskoot van ʼn (ouer) SVE (Wikipedia.org)

Paragraaf 3.2 in die handboek bespreek ook ʼn aantal konsepte wat met geheue verband hou. Hierdie konsepte word kortliks in Figuur 2.6 hieronder opgesom:

Stoorkapasiteit • Die kleinste stooreenheid is 'n bit ('n enkele 1 of 0). Agt bits word 'n byte genoem. 'n Duisend bytes is 'n kilobtye, 'n duisend kilobytes is 'n megabyte, 'n duisend megabytes is 'n gigabyte, ensovoorts. Die verskillende maatstawwe van stoor word in Tabel 3.1 in die handboek uitgebeeld. Tipes geheue • Ons het reeds verwys na RAM. Dit is die algemeenste vorm van geheue. • ROM is egter ook 'n tipe geheue wat op die rekenaar voorkom. Dit staan vir read only memory. ROM was aanvanklik 'n tipe geheue wat nie verander kon word nie en het inligting soos die bedryfstelsel (operating system, byvoorbeeld Windows) se laai-instruksies bevat. Vandag kan dit egter verander word en bevat meer instruksies, maar word steeds ROM genoem. • Kasgeheue (Cache memory) is 'n spesiale hoëspoedgeheue wat nader aan die SVE geleë is as die RAM. Dit bevat data en instruksies wat die grootste kans het om volgende deur die SVE gebruik te word.

Figuur 2. 6: Begrippe ten opsigte van geheue (Stair, et al., 2015:72-74)

Studie-eenheid 2: Inligtingstegnologiekonsepte

Bladsy 53


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels Paragraaf 3.2 in die handboek bespreek twee belangrike begrippe ten opsigte van verwerkingstegnieke waar meer as een verwerker betrokke is. Die begrippe, multiverwerking en parallelverwerking word in detail in die handboek bespreek, maar kortliks in Figuur 2.7 hieronder opgesom.

Multiverwerking •Multiverwerking vind plaas as meer as een verwerker gebruik word. Dit kan 'n medeverwerker (coprocessor) wees ('n tweede verwerker wat spesifieke take verwerk) of 'n multikernverwerker wat tipies die taak van twee SVE'e verrrig. Parallelverwerking •Die gebruik van meer as een verwerker om een taak te verrig. •Gridverwerking maak gebruik van 'n groot hoeveelheid rekenaars (wat gewoonlik aan verskillende gebruikers behoort) om groter verwerkingstake te verrig. Figuur 2. 7: Multiverwerking en parallelverwerking (Stair, et al., 2015:74-76)

Die laaste aspek wat in Paragraaf 3.2 in die handboek bespreek word, is sekondêre stoor en stooropsies vir ondernemings. Die handboek bespreek verskillende stoormedia. Die eerste hiervan is magnetiese stoormedia. Hierdie is moontlik een van die oudste vorme van sekondêre stoor, maar word vandag nog veral in hardeskywe gebruik. Voorbeelde van ou en bestaande magnetiese stoor, sluit in: •

Floppy diskette (stoorkapasiteit van ongeveer 700MB)

Stiffy diskette (stoorkapasiteit van 1.44 MB)

Kassette (gebruik vir musiek)

Hardeskywe

Figuur 2.8 verskaf ʼn voorbeeld van die binnekant van ʼn tradisionele hardeskyf. Die meganiese arm beweeg oor die skyf terwyl die skyf self teen ʼn baie vinnig spoed in die rondte beweeg.

Bladsy 54

Studie-eenheid 2: Inligtingstegnologiekonsepte


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

Figuur 2. 8: Die binnekant van ʼn hardeskyf (Wikipedia.org)

Ondernemings het dikwels groot hoeveelhded data wat gestoor moet word. Vir hierdie rede is spesiale stoor-opsies vir ondernemings beskikbaar. Paragraaf 3.2 in die handboek bespreek hierdie opsies in detail: •

Netwerk-verbinde stoorspasie: Hierdie stoorspasie (network attached storage) is nie op ʼn spesifieke rekenaar nie, maar is aan ʼn netwerk gekoppel. Alle gebruikers van die rekenaar kan dan op hierdie stoorspasie stoor.

Stoor-area netwerk (storage area netwerk). Soos wat later bespreek word, word daar tussen verskillende “area-netwerke” onderskei. ʼn Lokale areanetwerk (LAN) is oor ʼn kleiner geografiese afstand (dikwels een gebou) versprei terwyl ʼn wye-areanetwerk (WAN) oor ʼn groot geografiese afstand versprei is. ʼn Stoor-areanetwerk is spesifiek so opgestel om hoë-spoedtoegang tot stoortoestelle tussen ʼn groep rekenaars te bewerkstellig.

Stoor as ʼn diens. Soms wil ʼn onderneming nie die nodige apparatuur aankoop om groot hoeveelhede data te stoor nie. Met onbeperkte internettoegang is dit dan moontlik om data direk op die internet (in die cloud) te stoor. Die onderneming betaal dan slegs vir die tyd wat die data gestoor word. Die hoeveelheid stoorspasie wat benodig word, het ook ʼn invloed op die prys.

2.6.4

Toevoer- en afvoertoestelle

Paragraaf 3.4 in die handboek bespreek toevoer- en afvoertoestelle wat vir rekenaargebruiker-kommunikasie gebruik kan word. Figuur 2.9 verskaf ʼn opsomming van die toevoertoestelle – daardie toestelle wat die gebruiker kan gebruik om data na ʼn rekenaar te stuur. Studie-eenheid 2: Inligtingstegnologiekonsepte

Bladsy 55


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

Sleutelbord en muis Spraakherkenningstelsels Digitale kameras Skandeertoestelle Optiese datalesers Magnetiese ink karakterherkenningstelsels (of MICR) Kaarte met magnetiese strokies Chip-en-pin-kaarte Kontaklose kaarte (relatiewe nuwe tegnologie in Suid-Afrika) POS toestelle (byvoorbeeld Pick n Pay se skandeerders) Outomatiese tellermasjien-toestelle Pen-toevoertoestelle Raaksensitiewe skerms (touch screens) Strepieskode-lesers RFID (Radio-frekwensie identifikasietoestelle)

Figuur 2. 9: Toevoertoestelle (Stair et al., 2015: 83-89)

Hierdie toevoertoestelle sluit baie interessante, innoverende produkte in. Dit is die moeite werd om ʼn bietjie oor elke toestel navorsing te doen om te sien hoe dit in praktyk aangewend word. Paragraaf 3.4 bespreek ook ʼn aantal afvoertoestelle. Figuur 2.10 verskaf ʼn kort opsomming van hierdie toestelle.

Bladsy 56

Studie-eenheid 2: Inligtingstegnologiekonsepte


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

Rekenaarskerms • Plasmaskerms • LCD-skerms • LED-skerms Drukkers (Printers) • Dit sluit stippers (plotters) in Digitale oudiospelers

E-boeklesers

Figuur 2. 10: Afvoertoestelle (Stair, et al., 2015:89-93)

2.6.5

Tipes rekenaarstelsels

Paragraaf 3.5 bespreek verskillende tipes rekenaarstelsels. Daar word eers verwys na ʼn verskeidenheid draagbare rekenaars, wat die volgende insluit: •

Skootrekenaars (laptop, notebook en netbook computers)

Tabletrekenaars (tablets)

Slimfone (smart phones)

Wanneer daar na die nie-draagbare rekenaars verwys word, kan daar onderskei word tussen enkelgebruiker- en meervoudige gebruiker-stelsels. Enkelgebruikerstelsels sluit in: •

Dun kliënte (thin clients). Hierdie rekenaars het beperkte verwerkingskrag en stoorspasie. Die rekenaars is aan ʼn kragtige bediener (server) gekoppel wat al hierdie funksionaliteit verrig. Dit is veral nuttig in ondernemings en klaskamers waar sentralisasie van verwerking en stoor noodsaaklik is.

Tafelrekenaar (desktop computer). Hierdie tipe rekenaars het die persoonlike rekenaarmark vir dekades oorheers. Dit is ʼn enkele rekenaar (wat nie draagbaar is nie) wat alle verwerking, stoor en ander funksies onafhanklik moet verrig.

Nettop rekenaar: ʼn Kleiner weergawe van die tafelrekenaar wat vir basiese take (byvoorbeeld e-pos, internet en vermaak) gebruik word.

Studie-eenheid 2: Inligtingstegnologiekonsepte

Bladsy 57


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels •

Werkstasies (workstation). ʼn Werkstasie, in hierdie konteks, word gesien as ʼn kragtiger rekenaar wat, soos ʼn tafelrekenaar, onafhanklik kan funksioneer. (ʼn Werkstasie word egter dikwels ook as ʼn breër term gebruik om na enige rekenaar in ʼn werksplek of klaskameropset te verwys.)

Laastens, bespreek paragraaf 3.5 rekenaars vir meervoudige gebruikers. Daar word hoofsaaklik tussen drie tipes rekenaars onderskei: •

Bedieners (servers). ʼn Rekenaar hoef nie kragtiger as ʼn gewone tafelrekenaar te wees om as ʼn bediener geklassifiseer te word nie. Die wyse waarop die rekenaar aangewend word (en die programmatuur wat daarop gelaai word) maak gewoonlik van ʼn rekenaar ʼn bediener. As gevolg van die vereistes wat aan ʼn bediener gestel word, sal dit egter meer sin maak om ʼn kragtiger rekenaar as bediener te gebruik. ʼn Bediener is ʼn rekenaar wat gebruik word om ʼn spesifieke taak of funksie vir meer as een gebruiker te verrig. ʼn Bediener kan gebruik word om groot hoeveelhede data vir baie gebruikers te stoor, verwerking namens gebruikers se rekenaars te doen, kommunikasie deur die internet moontlik te maak, of e-posse te stoor en te organiseer.

Hoofraamrekenaars (Main fraim). Hoofraamrekenaars is ʼn ouer konsep as bedieners, maar het redelik bygehou met tegnologiese ontwikkelinge. Hoofsaaklik deur IBM ontwikkel, is hierdie gespesialiseerde toerusting wat verwerking teen ʼn verstommende spoed doen. Om hierdie rede is dit moontlik om honderde en selfs duisende rekenaars aan ʼn hoofraamrekenaar te koppel.

Superrekenaars. Hierdie is die vinnigste en kragtigste rekenaars wat bestaan. Hierdie rekenaars word gebruik om verwerkings en berekeninge te doen wat nie deur enige ander rekenaar gedoen kan word nie. Die handboek beskryf die spoed en krag van superrekenaars en verskaf voorbeelde van die vinnigste superrekenaars wat tans bestaan.

Die ontwikkeling van rekenaars het aanvanklik nie die negatiewe effek wat tegnologie op die omgewing het, in ag geneem nie. Daar is egter nou ʼn beweging om rekenaars meer omgewingsvriendelik te maak. Dit sluit die herwinning van toksiese rekenaarkomponente, elektrisiteitsgebruik en ʼn verskeidenheid ander faktore in. Paragraaf 3.6 in die handboek beskryf hierdie konsepte in meer detail. Hierdie paragraaf en Hoofstuk 3 in die handboek het apparatuur bespreek. Geen rekenaar kan egter funksioneer sonder die nodige programmatuur (software) nie. Hoofstuk 4 in die handboek, en paragraaf 2.7 hieronder, bespreek programmatuur.

Bladsy 58

Studie-eenheid 2: Inligtingstegnologiekonsepte


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels 2.7

Programmatuur

Handboek: Stair et al., 2015: Hoofstuk 4. Rekenaarprogrammatuur het net so drasties verbeter soos die apparatuur waarop dit aangebied word. Die eerste rekenaarprogramme is as 1’e en 0’e geprogrammeer en gestoor. Later is lae-vlak programmeertale (wat tipies slegs deur ingenieurs gebruik kon word) geskep. Die doel van die programmeertale was bloot om funksies wat herhaaldelik uitgevoer moes word, te outomatiseer. Hierdie programinstruksies is op sogenaamde ponskaarte, karton met gaatjies in, gestoor. (Sien Figuur 2.11 vir ʼn voorbeeld van ʼn ponskaart.) Soos wat tegnologie ontwikkel het, en veral met die bekendstelling van die persoonlike rekenaar, het programmatuur ook verbeter en meer toeganklik geraak.

Figuur 2. 11: ʼn Ponskaart (Wikipedia.org)

Daar word hoofsaaklik tussen twee tipes programmatuur onderskei: Stelselprogrammatuur en toepassingsprogrammatuur. Stelselprogrammatuur behels die programme wat nodig is vir die rekenaar om te funksioneer. Die bekendste voorbeeld van stelselprogrammatuur is die bedryfstelsels (operating system, byvoorbeeld Microsoft Windows). Toepassingsprogrammatuur is tipies die programme wat deur gebruikers aangewend word om take te verrig (die rede waarom ʼn rekenaar aangeskaf is). Voorbeelde hiervan sluit woordverwerkers (soos Microsoft Word), sigbladprogrammatuur (soos Microsoft Excel), finansiële programme (soos VIP payroll) en internet deurblaaiers (browsers, soos Google Chrome) in.

Studie-eenheid 2: Inligtingstegnologiekonsepte

Bladsy 59


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels Paragraaf 4.1 in die handboek verskaf ʼn kort opsomming oor stelsel- en toepassingsprogrammatuur. 2.7.1

Stelselprogrammatuur

Soos reeds genoem, kon die eerste rekenaars dikwels slegs gebruik word deur die wetenskaplikes wat dit gebou het. Later kon ingenieurs opgelei word om die rekenaar te gebruik. Dit was egter eers toe rekenaars aan die individuele gebruikers beskikbaar gestel is, dat tegnologiese ontwikkeling werklik ontplof het. Daar is ʼn verskeidenheid faktore wat hiertoe aanleiding gegee het, maar een gebeurtenis wat beslis erkenning verdien, was die ontwikkeling van Microsoft Dos. Microsoft Dos was een van die eerste bedryfstelsels wat ontwikkel is. Voor Dos was dit nie moontlik om dieselfde programmatuur op verskillende rekenaars te gebruik nie. Met die onwikkeling van Dos, het dit skielik moontlik geraak vir ondernemings wat verskillende make van rekenaars het, om dieselfde programme te gebruik. Dos het ʼn tussenganger tussen die apparatuur en programmatuur geword. Dos is wêreldwyd op rekenaars geïnstalleer en ʼn verskeidenheid programmatuur is deur individue en ondernemings gebruik om werk te vergemaklik. Dit het nie lank geneem voordat ʼn grafiese bedryfstelsels (soos Microsoft Windows) die lig gesien het nie. Die bedryfstelsels is moontlik die mees algemene voorbeeld van stelselprogramatuur. Die bedryfstelsel werk direk met die apparatuur, wat beteken dat die gebruiker nie oor apparatuur bekommerd hoef te wees nie. Daar is ʼn verskeidenheid funksies wat deur die bedryfstelsel hanteer word. Die vroeëre weergawes van bedryfstelsels (insluitend Windows se vorige weergawes) was beperk. Buiten vir die bedryfstelsel moes ʼn verskeidenheid drywers (aparte programme wat kommunikasie met spesifieke toestelle soos drukkers en selfs die muis moontlik gemaak het) apart geïnstalleer word. Vandag is die meeste van hierdie drywers reeds deel van die bedryfstelsel. Paragraaf 4.2 in die handboek beskryf vier verskillende situasies waarvoor bedryfstelsels ontwikkel is: •

ʼn Enkele rekenaar met ʼn enkele gebruiker: Hierdie is gewoonlik die geval met ʼn persoonlike rekenaar.

ʼn Enkele rekenaar met meer as een gebruiker: Vroeër was dit nie moontlik om meer as een gebruiker op ʼn gewone Windows rekenaar te registreer nie. ʼn Spesiale netwerkbedryfstelsels was hiervoor nodig. Vandag sal die nuutste weergawe van

Bladsy 60

Studie-eenheid 2: Inligtingstegnologiekonsepte


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels Windows dit egter moontlik maak vir verskillende gebruikers (byvoorbeeld verskillende lede van dieselfde gesin) om dieselfde rekenaar te gebruik. •

Verskillende rekenaars met verskillende gebruikers. Hierdie bedryfstelsels moet dit moontlik maak vir enige gebruiker (byvoorbeeld in ʼn organisasie) om by enige rekenaar aan te teken en sodanige rekenaar te gebruik, sonder dat die gebruiker se data aan ander gebruikers beskikbaar gestel word.

Rekenaars wat vir ʼn baie spesifieke doel gebruik word. Voorbeelde van hierdie spesialis-rekenaars sluit in: Rekenaars wat militêre vliegtuie beheer, asook daardie wat in digitale kameras en huishoudelike toestelle gebruik word.

Slimfone het natuurlik ook hul eie bedryfstelsels. Die bekendstes is Windows Mobile vir Microsoft (voorheen Nokia) fone, Apple se iOS en Google se Android (wat in die grootste verskeidenheid toestelle gebruik word). Paragraaf 4.2 beskryf die funksies wat ʼn tipiese bedryfstelsel moet verrig. Figuur 2.12 hieronder som hierdie funksies kortliks op:

Studie-eenheid 2: Inligtingstegnologiekonsepte

Bladsy 61


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

Uitvoer van algemene apparatuur-funksies •Byvoorbeeld: Ontvang toevoer van 'n sleutelbord of ander toevoertoestelle •Onttrek data van stoortoestelle •Stoor data op stoortoestelle •Vertoon inligting op 'n skerm of drukker Gebruikerskoppelvlak •Hanteer die interaksie tussen die gebruiker (in gewone taal) en die apparatuur (masjientaal) •Was aanvanklik opdrag-gedrewe (byvoorbeeld in Microsoft DOS moes die gebruiker spesifieke opdragte intik voordat die rekenaar iets kon doen) •Grafiese gebruikerskoppelvlakke het rekenaars baie meer gebruikersvriendelik gemaak Apparatuur onafhanklikheid •'n Bedryfstelsel moet ideaal op enige rekenaar geïnstalleer kan word, mits die apparatuur se kapasiteit voldoende is (Apple is 'n uitsondering) Geheuebestuur •Daar is op enige spesifieke tyd 'n verskeidenheid programme wat die rekenaar se geheue wil gebruik. Die bedryfstelsel moet verseker dat hierdie programme almal die regte hoeveelheid toegang tot 'n beperkte hoeveelheid geheue kry. Sodoende sal een program nie die rekenaar laat vries nie. Verwerking van take •Die bedryfstelsel verwerk 'n groot hoeveelheid take. Netwerkvermoëns •Die meeste bedryfstelsels maak dit moontlik om rekenaars aan mekaar en ander toestelle te koppel. Toegangsbeheer en sekuriteit •Nie enige program mag noodwendig toegang tot stelselhulpbronne (soos verwerkingstyd en geheue) kry nie. 'n Bedryfstelsel het dikwels ook 'n sekuriteitsfunksie (byvoorbeeld die gebruik van gebruikersprofiele) ingesluit. Lêerbestuur •Die organisering van lêers en gidse (files en folders) is ook 'n belangrike funksie van bedryfstelsels.

Figuur 2. 12: Funksies van ʼn bedryfstelsel (Stair et al., 2015:120-124)

Buiten vir die mobiele bedryfstelsels wat hierbo bespreek is, bespreek Paragraaf 4.2 in die handboek ook verskillende bedryfstelsels wat vandag gebruik word. Hierdie sluit in: •

Microsoft Windows

Bladsy 62

Studie-eenheid 2: Inligtingstegnologiekonsepte


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels •

Apple OS X vir Apple rekenaars

Linux – ʼn gratis, oopbronbedryfstelsel

Google se Chrome bedryfstelsel

Figuur 2.13 vergelyk die koppelvlakke van Windows 3.1 (die eerste Windows-familie) en Windows 10 (die nuutste Windows):

Figuur 2. 13: ʼn Vergelyking van Windows 3.1 en Windows 10 se koppelvlakke (Wikipedia.org)

Buiten vir bogenoemde, is daar ook bedryfstelsels wat spesifiek gefokus is op konnektiwiteit tussen rekenaars. Hierdie bedryfstelsels word ook in Paragraaf 4.2 in die handboek bespreek: •

Windows server: ʼn Bedryfstelsel wat spesifiek vir bedieners ontwikkel is.

UNIX: ʼn Bedryfstelsel wat oorspronklik deur AT&T ontwikkel is vir minirekenaars (rekenaars wat groter is as persoonlike (of mikro-) rekenaars, maar kleiner is as hoofraamrekenaars).

Red Hat Linux: ʼn Bedryfstelsel wat deur duisende vrywilligers geskep en verfyn is.

Max OS X Server: Apple se bedryfstelsel vir ʼn bediener (wat gebaseer is op UNIX)

Buiten vir bedryfstelsels, is nutsprogramme (utility software) en middelware ook voorbeelde van stelselprogrammatuur. Nutsprogramme kan ʼn verskeidenheid van take verrig om die algehele gebruik van ʼn rekenaar te verbeter. Voorbeelde wat in meer detail in Paragraaf 4.2 in die handboek bespreek word, word in Figuur 2.14 hieronder opgesom:

Studie-eenheid 2: Inligtingstegnologiekonsepte

Bladsy 63


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

Nutsprogramme vir apparatuur •Hierdie programmatuur kan, onder andere, die status van die hardeskyf, geheue, modems, luidspreker en drukkers bepaal. Die programme kan ook diagnostiese toetse doen om die gebruiker te help om foute met appratuur op te spoor. Nutsprogramme vir sekuriteit •'n Firewall en anti-virusprogrammatuur is die beste voorbeeld hiervan. Nutsprogramme om lêerkompressie moontlik te maak •Voorbeelde sluit WinZip en WinRAR in. Nutsprogramme om SPAM (elektroniese gemorspos) te filter

Nutsprogramme vir die netwerk of Internet

Nutsprogramme spesifiek ontwerp vir bedieners of 'n hoofraamrekenaar.

Ander nutsprogramme

Figuur 2. 14: Voorbeelde van nutsprogramme (Stair, et al., 2015:129-130)

Paragraaf 4.2 bespreek laastens middelware – stelselprogrammatuur wat dit moontlik maak vir verskillende stelsels om met mekaar te kan kommunikeer en integreer. 2.7.2

Toepassingsprogrammatuur

Daar is ʼn groot verskeidenheid programmatuur wat dag-tot-dag take vir gebruikers kan verrig. Mobiele tegnologie het dit moontlik gemaak vir gebruikers om hul eie toepassings te skep en op die internet beskikbaar te stel. Daar word daagliks groot hoeveelhede nuwe toepassings geskep. Om dus alle moontlike programmatuur te bespreek, is onmoontlik. Die handboek (Paragraaf 4.3) kategoriseer toepassingprogrammatuur in die volgende kategorieë: •

Persoonlike toepassingsprogrammatuur: Programmatuur wat individiue gebruik om hul dag-tot-dag take ter verrig. Die programmatuur in hierdie kategorie is

Bladsy 64

Studie-eenheid 2: Inligtingstegnologiekonsepte


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels omvattend, maar ʼn paar voorbeelde word in die handboek bespreek en in Figuur 2.15 hieronder opgesom. •

Mobiele toepassingsprogrammatuur. Uit die aard van die saak kan die meeste mobiele programmatuur as persoonlike programmatuur gesien word. Hierdie toepassings verdien egter ʼn spesiale kategorie omdat dit aansienlik van die programme op ʼn gewone rekenaar verskil. Tabel 4.6 in die handboek verskaf ʼn opsomming van die tipes mobiele programmatuur wat aangetref word.

Werkgroep (work group) programmatuur wat samewerking tussen persone moontlik maak.

Ondernemingstoepassingsprogrammatuur (Enterprise application software). Hierdie programmatuur, wat vir ʼn verskeidenheid ondernemingsfunksies aangewend word, word in Paragraaf 4.3 in die handboek opgesom.

Programmatuur vir inligting, ondersteuning van besluitneming en mededingende voordeel. Hierdie tipe programmatuur val in die domein van bedryfsinligtingstelsels en sal later in hierdie gids in meer detail bespreek word.

Studie-eenheid 2: Inligtingstegnologiekonsepte

Bladsy 65


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

Woordverwerkers •Byvoorbeeld Microsoft Word Sigbladanalise •Byvoorbeeld Microsoft Excel Databasistoepassings •Byvoorbeeld Microsoft Access en Oracle Aanbiedingsprogrammatuur •Byvoorbeeld Prezi en Microsoft Powerpoint Persoonlike inligtingsbestuurders •Byvoorbeeld kalenders. Programsuites en geïntegreerde programmatuur •Byvoorbeeld Microsoft Office, wat Word, Excel, Powerpoint en Access insluit Ander persoonlike toepassingsprogrammatuur •Insluitende speletjies, belastingtoepassings en grafiese ontwerpprogramme

Figuur 2. 15: Voorbeelde van kategorieë van toepassingsprogrammatuur (Stair, et al., 2015: 133-137)

2.7.3

Programmeertale

Vandat rekenaars programmatuur kon hanteer, was daar ʼn behoefte aan programmeerders. Die eerste programmeertale het natuurlik heeltemal anders gelyk as wat dit vandag lyk. Programme is letterlik in masjienkode geskryf: ʼn Kombinasie van 1’e en nulle wat direk met die apparatuur kan kommunikeer. Samestellers (assemblers) is later ontwikkel om hierdie kode te vergemaklik. Basiese kode kon gebruik word om basiese instruksies te verwerk. Hierdie instruksies was nog op ʼn lae vlak – om ʼn eenvoudige berekening soos 1+1 te doen het ʼn aantal instruksies benodig. Om hierdie instruksies te vereenvoudig, is derdegenerasietale ontwikkel. Hierdie tale het toenemend gewone Engels gebruik om sekere funksionaliteit voor te stel. Hierdie generasie programmeertale sou tipies vir die rekenaar "sê" wat om te doen, maar moes ook aandui "hoe" dit gedoen word. Instruksies is ook in ʼn sekere volgorde uitgevoer – een van die groot verskille tussen derde- en vierdegenerasietale.

Bladsy 66

Studie-eenheid 2: Inligtingstegnologiekonsepte


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels Die vierdegenerasie programeertale was meer intelligent en kon met minder instruksies meer gedoen kry. Hergebruik van kode is ook moontlik gemaak deur die konsep van objekgeoriënteerde programmering. Hierdie programmeertale is ook meer gebeurtenis-gedrewe (events driven) omdat dit populêr geword het met die ontwikkeling van grafiese koppelvlakke. Dit beteken dat die program nie ʼn spesifieke volgorde van instruksies volg nie, maar die gebruiker in beheer plaas van wat moet gebeur. Die program sal, byvoorbeeld, vir die gebruik ʼn skerm verskaf met ʼn verskeidenheid komponente waarmee die gebruiker kan werk. Wanneer die gebruiker op iets klik, sal die program die toepaslike kode uitvoer. Dit verskil drasties met vorige tale waar die gebruiker gevra is om inligting te verskaf en die program nie kon voortgaan voordat daardie inligting ontvang is nie. Tabel 4.7 in die handboek verskaf ʼn kort opsomming van hierdie vier generasies programmeertale. Paragraaf 4.4 bespreek ook kortliks visuele, objek-georiënteerde en kunsmatige intelligensie programmeertale. Kommunikasie tussen vierdegenerasietale en die rekenaar Die eerste programme is in masjientaal geskryf. Rekenaars se apparatuur verstaan slegs masjientaal. Dit was dus maklik vir ʼn rekenaar om hierdie instruksies uit te voer. Om masjientaal te skryf vat egter baie tyd om min instruksies te skep. Dit is om hierdie rede dat meer gevorderde programmeertale geskep is. Dit laat egter die vraag ontstaan: Hoe verstaan die rekenaar nou hierdie kode? Die antwoord is in die gebruik van ʼn samesteller (compiler). Die samesteller is ʼn funksie wat by die programmeertaal ingebou is. Voordat ʼn program uitgevoer word, sal hierdie funksie die program eers in masjienkode omskakel (en ʼn .exe lêer tot gevolg hê) wat dan uitgevoer word. By ouer programmeertale was die samesteller apart verskaf. Die programmeerder moes dan eers die programmeerkode deur die samesteller laat vertaal en dan die resulaat van die proses, ʼn programlêer in masjientaal, uitvoer. Vandag is hierdie funksionaliteit by die meeste nuwe programmeertale ingebou. Figuur 4.5 in die handboek stel hierdie proses grafies voor. 2.7.4

Kwessies en tendense verbonde aan programmatuur

Paragraaf 4.5 in die handboek bespreek ʼn aantal kwessies wat verband hou met programmatuur. Hierdie kwessies en tendense word kortliks in Figuur 2.16 hieronder opgesom:

Studie-eenheid 2: Inligtingstegnologiekonsepte

Bladsy 67


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

Foutiewe programkode •In Engels word dit "bugs" genoem. Hoewel omvattende toetsprosesse poog om alle foute betyds op te spoor, is dit nie altyd moontlik nie. Foute kan steeds voorkom selfs nadat programme aan die mark beskikbaar gestel is. Opdaterings (nuwe weergawes) probeer gewoonlik hierdie probleme regstel. Kopiereg en lisensies •Hierdie behels toestemming om programmatuur op 'n rekenaar te laai en te gebruik. Onwettige gebruik van programmatuur is 'n probleem. Gratis programmatuur en oopbron-programmatuur •Die verskil tussen hierdie twee tipes programmatuur is eenvoudig: Gratis programmatuur is bloot gratis beskikbaar. Met oopbron-programmatuur (open source) word die programkode ook beskikbaar gestel. Programmatuur-opdaterings •Dit is nie gewoonlik 'n probleem vir 'n individuele gebruiker om te besluit wanneer opgraderings aan programmatuur gedoen moet word nie. Vir groot organisasies kan sodanige opgradering egter groot koste tot gevolg hê. Globale ondersteuning van programmatuur •Dit is dikwels nie vir groot organisasies moeilik om 'n verskaffer van programmatuur te kry nie. Maar as daardie organisasie se takke oor die wêreld verspreid is, is dit nie altyd moontlik om die nodige ondersteuning te ontvang nie.

Figuur 2. 16: Kwessies en tendense ten opsigte van programmatuur (Stair, et al., 2015:144-148)

Hoofstuk 4 in die handboek, en Paragraaf 2.7 het programmatuur bespreek. Soos genoem, kan programmatuur gebruik word om data en inligting te stoor. Paragraaf 2.8 (en Hoofstuk 5 in die handboek) ondersoek die stoor en organisering van data in meer detail. 2.8

Organisering en stoor van data

Handboek: Stair, et al., 2015: Hoofstuk 5 2.8.1

Wat is ʼn databasis?

Die handboek bespreek databasisse en aspekte wat daarmee verband hou. Om hierdie aspekte beter te verstaan, is dit ʼn goeie idee om eers die basiese terminologie ter sprake by databasisse te bespreek.

Bladsy 68

Studie-eenheid 2: Inligtingstegnologiekonsepte


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels Data het oor die jare ontwikkel van bloot ʼn uitset van ʼn administratiewe proses, tot ʼn strategiese bate. Daar is vandag ondernemings waarvan data die enigste produk is. ʼn Groot persentasie van die moderne ondernemings sal hul deure moet sluit indien hul data verlore gaan. Dit is daarom vir enige bestuurder belangrik om oor die basiese kennis van data en databasisse te beskik. Wat is ʼn databasis? Streng gesproke is ʼn databasis enige versameling van data wat op een of ander wyse georganiseer is. Uit hierdie definisie is dit dan ook duidelik dat ʼn kamer vol lêers ook as ʼn databasis geklassifiseer word. Hierdie hand-gebaseerde of tradisionele databasisse is natuurlik nie so kragtig en nuttig soos elektroniese databasisse nie, soos later bespreek gaan word. Hierdie paragraaf bespreek slegs elektroniese databasisse. Daar is ʼn aantal terme wat by enige databasis betrokke is. Hierdie terme word hieronder verduidelik. Figuur 2.17 kan gebruik word om die verduideliking aan te vul.

Figuur 2. 17: Terminologie betrokke by ʼn databasis

Veld. ʼn Veld is ʼn enkele feit. Die kleinste eenheid van data kan as ʼn veld beskou word. In ʼn databasis waarin kliënte-inligting gestoor word, sal ʼn kliënt se naam of van as ʼn veld gesien word. Nog voorbeelde van velde is die kliënte se telefoonnommers, posadresse, salarisse en ouderdomme. In die figuur hierbo, is die velde Kelner ID, Van, Naam, Telefoonnommer, Seksie, en Ouderdom.

Rekord. ʼn Versameling van velde wat die besonderhede oor ʼn bepaalde entiteit bevat, vorm ʼn rekord. In die bogenoemde voorbeeld sal een kliënt (byvoorbeeld Anton Adams) se besonderhede ʼn rekord vorm. Die rekord van Anton Adams bevat dan ʼn verskeidenheid velde (001, Adams, Anton, 012 999 8877, A, 18).

Tabel. Alle rekords met hul velde word in ʼn tabel gestoor. Die meeste databasisse het meer as een tabel. Die tabel in die bogenoemde figuur bevat, byvoorbeeld,

Studie-eenheid 2: Inligtingstegnologiekonsepte

Bladsy 69


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels inligting oor kelners. Daar kan ook ʼn ander tabel wees wat inligting oor voorraad bevat. Nog ʼn tabel kan al die finansiële transaksies stoor. 2.8.2

Skep en bestuur van databasisse

Paragraaf 5.1 in die handboek bespreek die konsep van databasisse kortliks. Tabel 5.1 in die handboek beskryf die voor- en nadele van ʼn databasis-benadering tot die stoor en organisering van data. Soos hierbo genoem, is dit ook moontlik dat daar verhoudings of verbindings tussen tabelle is. Kyk weer na die tabel wat verskaf is:

Gestel daar is nou ʼn ander tabel met die naam Seksies: Nommer

Hoeveelheid tafels

Kelners benodig

A

5

2

B

7

3

C

2

1

D

3

1

Hierdie twee tabelle kan aanmekaar gekoppel word deur die seksie se nommer:

Databasisse met tabelle wat op hierdie wyse aanmekaar gekoppel is, word relasionele databasisse (relational data bases) genoem. Paragraaf 5.1 in die handboek bespreek hierdie tipes databasisse in meer detail. Hoewel die tegniese aspekte van databasisse gewoonlik deur die IT-departement of ITkenners hanteer word, is dit belangrik dat enige bestuurder die organisering van data moet verstaan. Om hierdie rede is die proses wat gevolg word om ʼn relasionele databasis te

Bladsy 70

Studie-eenheid 2: Inligtingstegnologiekonsepte


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels ontwerp, ook vir ʼn bestuurder belangrik. Hierdie proses word in Paragraaf 5.1 in die handboek beskryf en kortliks in Figuur 2.18 opgesom:

Stap 1: Identifiseer entiteite •'n Entiteit is enige iets of iemand oor wie die data versamel word. In die voorbeeld hierbo is twee entiteite geïdentifiseer: Kelners en Seksies. Elke entiteit sal gewoonlik sy eie tabel hê. Identifiseer verhoudings •Dit is veral belangrik in databasisse met groot hoeveelhede entiteite (en dus baie tabelle). In die voorbeeld hierbo, het Seksies en Kelners 'n verhouding. •Die hoeveelheid entiteite wat betrokke is in die verhouding (degree of the relationship) is twee: Kelners en Seksies •Die kardinaliteit (cardinality) van die verhouding is 1:M (een tot baie). Elke seksie het een of meer kelners, elke kelner het slegs een seksie. •Is die verhouding opsioneel (optionality)? In hierdie geval is die antwoord nee: Elke seksie moet kelners daaraan toegeken hê en elke kelner moet by 'n seksie ingedeel word (indien die databasis se integriteit behoue moet bly). Identifiseer die eienskappe (attributes) van die entiteite •Hierdie sal tipies later die velde van die tabelle word. Finaliseer (resolve) die verhouding •Hier word aangedui hoe die twee entiteite (en dus tabelle) aanmekaar gekoppel gaan word. In die voorbeeld hierbo, is die twee tabelle gekoppel deur die seksienommer: 'n Unieke waarde wat elke seksie identifiseer.

Figuur 2. 18: Stappe om ʼn relasionele databasis te skep (Stair et al., 2015:165-168)

2.8.3

Databasisbestuurstelsels

ʼn Databasisbestuurstelsel is ʼn groep programme wat as koppelvlak tussen die databasis en die gebruiker (of tussen ʼn databasis en ander programme) dien. Figuur 2.19 hieronder is ʼn grafiese voorstelling van waar ʼn databasisbestuurstelsel (DBBS) in die prentjie pas:

Studie-eenheid 2: Inligtingstegnologiekonsepte

Bladsy 71


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

Gebruiker

Databasis

DBBS Ander programmatuur Figuur 2. 19: Die doel van 'n databasisbestuurstelsel

Om hierdie koppelvlak te verskaf, moet ʼn DBBS ʼn aantal funksies verrig. Hierdie funksies verskil ten opsigte van verskillende stelsels wat gebruik word. Daar is egter ʼn aantal funksies wat gewoonlik deur DBBS’s verrig word. Hierdie funksies word in detail in Paragraaf 5.2 in die handboek bespreek en kortliks in Figuur 2.20 hieronder opgesom.

Die skep en verandering van databasisse •Die stelsel moet dit vir 'n gebruiker moontlik maak om 'n databasis te skep. Dit moet ook aan die gebruiker die funksionaliteit verskaf om die databasis gereeld op te dateer.

Die stoor en verkryging van data •Wanneer die databasis geskep is, moet die gebruiker (of 'n ander program) data in die databasis kan stoor. •Die databasis moet dit ook moontlik maak vir die gebruiker om data uit die databasis te onttrek. Dit word gewoonlik deur navrae (queries) gedoen.

Manipulering van data en verslae •'n Tipiese DBBS sal 'n verslaggewingsfunksie bevat wat data in 'n spesifieke formaat aan die gebruiker kan vertoon.

Databasis-administrasiefunksies •Hierdie is gewoonlik die verantwoordelikheid van databasisspesialis, die databasisadministrateur. Figuur 2. 20: Funksies van ʼn databasisbestuurstelsel (DBBS) (Stair et al., 2015:169-173)

Navrae, verslae en vorms Jy sal opmerk dat daar in die besprekings na navrae en verslae verwys word. Hierdie (en vorms wat gebruik word om data in te voer) is van die algemeenste funksies wat ʼn DBBS sal

Bladsy 72

Studie-eenheid 2: Inligtingstegnologiekonsepte


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels besit. Tabel Tabelle is reeds hierbo bespreek. Figuur 2.21 hieronder dui aan hoe ʼn tabel in Microsoft Access sal lyk. Let daarop dat hierdie tabel rekords en velde het: Elke ry is ʼn rekord, elke kolom stel ʼn veld voor.

Figuur 2. 21: ʼn Tabel in Microsoft Access

Vorms ʼn Vorm is ʼn gebruikerskoppelvlak wat dit vir die gebruiker moontlik maak om data in die databasis in te lees, te sien en te verander. Figuur 2.22 hieronder dui aan hoe ʼn vorm in Microsoft Access ontwerp word, terwyl Figuur 2.23 daarna aandui hoe so ʼn vorm deur die gebruiker gesien sal word.

Studie-eenheid 2: Inligtingstegnologiekonsepte

Bladsy 73


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

Figuur 2. 22: Hoe ʼn vorm ontwerp word in Microsoft Access

Figuur 2. 23: ʼn Vorm in Microsoft Access soos deur die gebruiker gesien

Bladsy 74

Studie-eenheid 2: Inligtingstegnologiekonsepte


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

Navrae ʼn Navraag (query) onttrek inligting wat aan sekere kriteria voldoen vanuit die databasis. ʼn Navraag oor, byvoorbeeld, kelners in ʼn restaurant, kan as ʼn vraag weergegee word: “Wie is al die kelners wat in Pretoria woon, wat ouer as 18 is en in Seksie A werk?”. Die kriteria in hierdie verband is dan: •

Woonadres = Pretoria

Ouderdom > 18

Seksie = A

Elke kelner in die databasis word dan aan hierdie kriteria getoets. As daar aan al die kriteria voldoen word, sal die kelner se naam vertoon word. Figuur 2.24 is ʼn navraag wat in Microsoft Access geskep word. Figuur 2.25 daarna dui aan hoe die uitslag van dieselfde navraag sal voorkom indien dit uitgevoer word.

Figuur 2. 24: ʼn Navraag word in Microsoft Access geskep

Figuur 2. 25: ʼn Navraag wat uitgevoer word en sekere rekords as afvoer verskaf.

Studie-eenheid 2: Inligtingstegnologiekonsepte

Bladsy 75


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

Verslae Verslae word gebruik om die data in ʼn tabel, of data wat deur ʼn navraag onttrek is, op ʼn formele, drukbare wyse te vertoon. Figuur 2.26 dui aan hoe ʼn verslag deur Microsoft Access gegenereer word.

Figuur 2. 26: ʼn Verslag wat deur Microsoft Access gegenereer is

Paragraaf 5.2 in die handboek bespreek ook die faktore wat in ag geneem moet word as ʼn nuwe DBBS aangeskaf moet word. Dit sluit in: •

Grootte van die databasis

Koste van die databasis

Hoeveel gebruikers die DBBS op een slag sal moet gebruik

Vlak van prestasie (spoed) wat van die DBBS verlang gaan word

Integrasie: Ander programme waarmee die DBBS sal moet integreer

Verskaffer: Die reputasie en stabiliteit van die verskaffer

In die meeste gevalle sal die DBBS met ander programmatuur moet integreer. Die handboek beskryf kortliks in Paragraaf 5.2 watter faktore in hierdie verband in ag geneem moet word. 2.8.4

Toepassings van databasisse

Data het ʼn kern hulpbron vir baie organisasies geword. Die potensiaal wat groot hoeveelhede data en verbeterde verwerkingsvermoë inhou, is legio. Die handboek

Bladsy 76

Studie-eenheid 2: Inligtingstegnologiekonsepte


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels bespreek, in Paragraaf 5.3, sewe belangrike toepassings van databasisse. Elk van hierdie toepassings word in die detail in die handboek bespreek en kortliks in Figuur 2.27 hieronder opgesom:

Koppeling van databasisse tot die internet •Hierdie is baie nuttig vir veral ondernemings wat hul produkte op die internet verkoop. Deur, byvoorbeeld, die ondernemings se voorraadstelsel se databasis aan die internet te koppel, kan die voorraad-hoeveelhede outomatiese opdateer word as 'n kliënt 'n produk koop.

Groot datatoepassings •Verbeterde verwerking het dit moontlik gemaak om gespesialiseerde verslae uit massiewe databasisse te onttrek.

Data warehousing •Groot versamelings data wat uit 'n verskeidenheid bronne versamel word. Dit kan vir groot data verwerking gebruik word.

Data mining •Die proses om groot databasisse te ontleed met die doel om herhalende patrone te identifiseer. •Sien Tabel 5.3 in die handboek vir algemene toepassings hiervan.

Sake-intelligensie •Databasisse kan veral gebruik word om besluitneming te ondersteun.

Verspreide databasisse •Die verspreiding van databasisse maak nie slegs sin uit 'n risiko-oogpunt (om dataverlies te voorkom) nie. Deur data te versprei kan plaaslike verwerking verbeter word.

OLAP •'n Navraag-program wat kragtige navrae op 'n vinnige, gebruikersvriendelike wyse kan doen. (Let wel: Online in hierdie geval verwys nie na die internet nie.)

Audio-visuele en ander databasisstelsels Figuur 2. 27: Toepassings van databasisse (Stair, et al., 2015: 174-183)

In beide die besprekings van programmatuur en databasisse, is daar verwys na rekenaars se vermoëns om in netwerke aan mekaar verbind te word. Hoofstuk 6 in die handboek (en Paragraaf 2.9 hieronder) gaan meer aandag aan rekenaarnetwerke spandeer. 2.9

Rekenaarnetwerke

Handboek: Stair et al., 2015: Hoofstuk 6 ʼn Netwerk is rekenaars en ander toestelle wat deur middel van een of ander kommunikasiemedia (byvoorbeeld kabels) aan mekaar verbind word. Die verbinding van rekenaars deur ʼn netwerk dra grootliks by tot die samewerking tussen die gebruikers van daardie rekenaars. Die grootste voorbeeld van ʼn netwerk is die internet. Sonder netwerktegnologie sou die internet nooit bestaan het nie.

Studie-eenheid 2: Inligtingstegnologiekonsepte

Bladsy 77


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels Om ʼn netwerk op die been te bring, is die volgende nodig: •

Rekenaars of ander toestelle

Kommunikasiemedia (byvoorbeeld kabels of draadlose tegnologie)

ʼn Netwerkkoppelvlakkaart (Network interface card, of NIC)

Toepaslike netwerkprogrammatuur

Let daarop dat ʼn bediener (server) tegnies nie nodig is om ʼn netwerk te skep nie. Die meeste netwerke sal egter ʼn bediener bevat. 2.9.1

Telekommunikasie

Paragraaf 6.1 in die handboek fokus op telekommunikasie. Die paragraaf word hoofsaaklik in twee dele gedeel: Dit bespreek eerstens kommunikasiemedia en dan kommunikasieapparatuur. Kommunikasiemedia word dan ook verdeel tussen fisiese kabels en koordlose media. Elk van hierdie gaan ook kortliks hieronder bespreek word. Geleide (guided) kommunikasiemedia sluit hoofsaaklik kabels in. Die vier tipes geleide media wat in die handboek bespreek word, word ook opgesom in Tabel 6.1 (ook in die handboek). Die vier tipes gelaaide media wat bespreek word, is: •

Gedraaide-paar kabels: Die mees algemene netwerkkabel. Hierdie kabel bevat pare koperkabels (wat elk geïnsuleer is) wat saam gedraai word. Hierdie gedraaide pare kan dan ook saam weer geïnsuleer word (shielded twisted pair) of nie (unshielded twisted pair of UTP). Laasgenoemde is die mees algemene kabel wat gebruik word. Sien Figuur 6.2(a) in die handboek.

Koaksiale kabel: Hierdie kabels het twee geleiers – die eerste is ʼn geïnsuleerde kabel in die middel. Die tweede geleier omring dan die eerste (met die insulasie in die middel). Sien Figuur 6.2(b) in die handboek.

Optiese veselkabel (fibre optic cable) is ʼn hoë spoed kabel wat met lig werk (en nie elektriese seine nie). Die kabels is veral geskik vir langer afstande of as ʼn netwerk se ruggraat-kabel omdat die spoed so hoog is en seinverswakking baie minder is as met koperkabels. Hierdie kabels is duurder as koperkabels.Sien Figuur 6.2(c) in die handboek.

Breëband-internet oor kragkabels. Hierdie is ʼn opwindende nuwe verwikkeling – deur ʼn spesiale toestel by ʼn gewone kragpunt in te prop, kan gebruikers aan die internet verbind word. Hierdie tegnologie is nog redelik in ʼn eksperimentele fase, hoewel ʼn stad in Amerika (Manassas, Virginia) reeds hierdie tegnologie

Bladsy 78

Studie-eenheid 2: Inligtingstegnologiekonsepte


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels geïmplementeer het. Figuur 2.8 hieronder is ʼn voorbeeld van ʼn Broadband over Powerline (BPL) toestel. Die kabel vir internet word aan die onderkant, regs ingeprop.

Figuur 2. 28: Breëband oor kraglyne: ʼn BPL toestel (http://www.billion.com/upload/product/Energy-ManagementInBuilding-BPL-EoC-BiPAC-2097-pic1.jpg)

Die handboek verskaf ook ʼn bespreking van verskillende ongeleide media. Hierdie is media wat toestelle in ʼn netwerk verbind sonder om van fisiese kabels gebruik te maak. ʼn Volledige bespreking word in Paragraaf 6.1 in die handboek verskaf. Figuur 2.29 hieronder verskaf ʼn opsomming.

Studie-eenheid 2: Inligtingstegnologiekonsepte

Bladsy 79


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

Mikrogolwe •Mikrofgolfsenders en -ontvangers word gewoonlik hoog geplaas om in sig van mekaar te wees. •Word ook vir kommunikasie met satelliete gebruik. 3G koordlose kommunikasie •Hierdie tegnologie ondersteun breëband-kommunikasie op selfone. •1G was op analoogseine gebaseer, 2G het foongesprekke en teksboodskappe toegelaat. 4G koordlose kommunikasie •'n Verbetering op die 3G standaard. Wi-Fi •'n Sein word in 'n ongeveer 30 meter omtrek uitgesaai. Hierdie sein maak dit moontlik vir gemagtigde toestelle om aan die netwerk te verbind. •Word veral in openbare plekke gebruik om aan kliënte internettoegang te bied. Near field communication •'n Baie kort afstand kommunikasiemedium wat kommunikasie tussen twee toestelle wat feitlik aanmekaar raak moontlik te maak. •Baie nuttig vir koordlose betalings in winkels. Bluetooth •'n Kort-afstand kommunikasiemedium wat veral gebruik word om persoonlike toestelle (soos selfone) aanmekaar te koppel. Utra-wye band •'n Kort-afstand, wye frekwensie kommunikasiemedium wat uiters kort elektromagnetiese pulse oor 'n wye reeks frekwensies kan stuur. •Hierdie medium sal baie hoë spoed kommunikasie moontlik maak, maar dit sal slegs oor kort afstande kan plaasvind. Infrarooi •Veral gebruik in afstandbeheertoestelle. •Die toestel moet in sig wees van die ander toestel waarmee dit wil kommunikeer. Figuur 2. 29: Koordlose kommunikasiemedia (Stair et al., 2015: 196-199)

Om ʼn netwerk op die been te bring is nie noodwendig moeilik nie. Met die basiese toerusting wat hierbo genoem is, kan ʼn eenvoudig eweknie (peer-to-peer) netwerk maklik geskep word.

Bladsy 80

Studie-eenheid 2: Inligtingstegnologiekonsepte


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels Wanneer daar egter na ondernemingswye en ander groot netwerke gekyk word, raak die opstel en onderhoud daarvan meer kompleks. Paragraaf 5.1 in die handboek beskryf ʼn aantal toestelle en ander apparatuur wat in die opstel van netwerke gebruik kan word. Die tegniese aard van hierdie toestelle mag dalk ʼn bietjie oorweldigend voorkom. Dit kan die moeite werd wees om ʼn eenvoudige Google soektog na elk van hierdie toestelle uit te voer en ʼn bietjie daaroor na te lees. Hoewel Wikipedia nie as ʼn akademiese bron gesien kan word nie, is dit ʼn uitstekende bron om ʼn agtergrond oor begrippe te verkry. 2.9.2

Netwerke en verspreide verwerking

Paragraaf 6.2 in die handboek bevat ses afdelings. Eerstens word tipes netwerke bespreek. Die tipe netwerke word hoofsaaklik bepaal deur die grootte van die geografiese gebied waaroor dit versprei is. Hierdie tipe netwerke word kortliks in Figuur 2.30 opgesom:

Persoonlike areanetwerk (PAN) •Toestelle (hoofsaaklike persoonlike toestelle soos 'n selfoon, rekenaar en drukker) word in 'n klein area met koordlose media (gewoonlik Bluetooth) verbind.

Lokale Areanetwerk (LAN) •Rekenaars word in 'n klein geografiese area (byvoorbeeld 'n enkele vertrek, gebou of kampus) aanmekaar verbind.

Metropolitaanse netwerk (MAN) •'n Netwerk wat oor 'n hele metropolitaanse area (of stad) verspreid is.

Wye areanetwerk (WAN) •'n Netwerk wat geografies wyd verspreid is, byvoorbeeld oor 'n hele provinsie, land of oor die wêreld •Die bekendse voorbeeld van 'n WAN is die internet

Internasionale netwerke •Netwerke wat regoor die wêreld strek. Dit is 'n spesiale vorm van 'n WAN (soms ook 'n Globale areanetwerk of GAN genoem)

Mesh netwerke •'n Netwerk waar elke rekenaar of toestel aan elke ander rekenaar of toestel gekoppel is. •Indien enige netwerktoestel breek, bly die res van die netwerk ongeskonde. Figuur 2. 30: Tipes areanetwerke (Stair et al., 2015:201-206)

ʼn Tweede aspek wat deur Paragraaf 6.2 in die handboek aangeraak word, is verspreide verwerking. Daar word onderskei tussen drie tipes verwerking: Gesentraliseerd, waar alle verwerking op een rekenaar of groep rekenaars plaasvind. Met gedesentraliseerde verwerking vind verwerking op elke rekenaar of groep rekenaars in die netwerk plaas. Met verspreide verwerking (distributed processing) kan ʼn intelligente rekenaarstelsel (of ʼn Studie-eenheid 2: Inligtingstegnologiekonsepte

Bladsy 81


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels bestuurder) besluit hoe verwerking moet plaasvind. Dit hou groot voordele vir risikobestuur in omdat hoë risiko-areas of -tye vermy kan word. Paragraaf 6.2 bespreek ook die kliënt-bediener netwerk. Hierdie is nie ʼn "tipe" netwerk nie, maar behels die gebruik van ʼn enkele, toegewysde rekenaar wat as bediener optree. Kliëntbedienernetwerke kan onderskei word van eweknie (peer to peer) netwerke waar alle rekenaars direk aanmekaar verbind word (deur middel van ʼn toestel soos ʼn hub). Die vierde aspek wat aangeraak word in Paragraaf 6.2 in die handboek, is kommunikasieprogrammatuur wat in netwerke gebruik word. Hierdie sluit veral bedryfstelsels in wat spesifiek vir netwerke ontwerp is. Daar word ook melding gemaak van programmatuur wat gebruik word om netwerke effektief te bestuur (network management software). Paragraaf 6.2 raak vlugtig ook aan die sekuriteit van data-oordrag. Die meeste dataverbindings is kwesbaar vir datadiefstal. Dit kan ʼn lae risikobedreiging wees vir iemand wat ʼn e-pos vir ʼn vriend stuur, maar dit kan ʼn hoë risiko inhou vir ʼn bank wat internetbankdienste aan kliënte beskikbaar stel. Dit is daarom belangrik om te verseker dat ʼn veilige verbinding tussen rekenaars gemaak is. Nog ʼn maatreël wat in plek gestel kan word, is enkripsie. Data wat oor ʼn netwerk gestuur word, word met ʼn geheime kode so verander dat net die gemagtigde ontvanger daarvan die data kan lees. As iemand dan die data oor die netwerk onderskep, sal dit nutteloos wees. Vraag: Hoe weet ek of daar ʼn veilige verbinding is? Wanneer ʼn kliënt ʼn betaling oor die internet wil maak, is dit belangrik dat die kredietkaartbesonderhede nie deur ʼn skelm onderskep kan word nie. Om dit te verseker het aanlyn-ondernemings ʼn hele aantal meganismes in plek gestel om die data te beskerm. Een van hierdie is die daarstel van ʼn veilige (secure) verbinding. Vir ʼn gebruiker om te bepaal of ʼn verbinding veilig is, is maklik. Dit kan bloot gedoen word deur na die URL (webadres) te kyk. Indien die adres met die letters https:// begin, is die verbinding veilig. Figuur 2.31 hieronder verskaf ʼn voorbeeld van ʼn veilige verbinding:

Figuur 2. 31: ʼn Veilige (secure) internetverbinding word deur die s in https:// voorgestel

Die feit dat daar ʼn veilige verbinding is, is egter nie die enigste maatstaf wat ʼn onderneming kan neem nie. Dit is ook nie noodwendig ʼn versekering dat die onderneming wettig is nie. Ander meganismes sluit digitale sertifikate en enkripsie in.

Bladsy 82

Studie-eenheid 2: Inligtingstegnologiekonsepte


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels Die laaste aspek wat deur Paragraaf 6.2 in die handboek aangeraak word, is virtuele private netwerke (VPNs). Hierdie tipe netwerk gebruik ʼn publieke netwerk om toestelle oor ʼn wye geografiese netwerk aan mekaar te verbind. 2.9.3

Die internet

Paragraaf 6.3, 6.4 en 6.5 in die handboek bespreek die internet – die grootste netwerk in die geskiedenis van die mensdom. Dit verskaf ʼn kort agtergrond oor die geskiedenis van die internet en beskryf dan kortliks hoe dit werk. Paragraaf 6.4 bespreek die toepassing van die internet. Aspekte soos ʼn tuisblad (home page) van ʼn webtuiste en HTML – die “taal” wat gebruik word om webbladsye te skep word kortliks beskryf. Wil jy meer weet? Om ʼn webtuiste te skep is nie moeilik nie. Daar is ʼn verskeidenheid programmatuur wat gebruik kan word om ʼn webtuiste (web site) te ontwikkel. Die meeste van hierdie programmatuur vereis nie enige kennis van HTML nie. As jy egter meer wil weet oor HTML – spesifiek hoe om dit te gebruik, kan jy ʼn eenvoudige, dog kragtige tutoriaal op die internet doen. Besoek http://www.w3schools.com/html/default.asp om met so ʼn tutoriaal te begin. Ander terme wat in Paragraaf 6.4 bespreek word, word kortliks in Figuur 2.32 hieronder opgesom:

Deurblaaiers (Web browsers) •Hierdie is programmatuur wat gebruik word om webblaaie oop te maak. •Gaan lees gerus 'n bietjie na oor die sogenaamde browser wars.

Soekenjins •Soekenjins word gebruik om die miljoene webtuistes op die internet te organiseer en vir gebruikers maklik te maak om dit op te spoor. •Die eerste soekenjin was baie anders as wat Google vandag is. Moderne soekenjins steun swaar op kunsmatige intelligensie om die soekervarings vir gebruikers makliker te maak.

Web-programmeertale •HTML is die "taal" wat gebruik word om basiese webblaaie te maak. •Java en ander programmeertale word gebruik vir meer komplekse web-gebaseerde programme. Figuur 2. 32: Basiese internetkonsepte (Stair et al., 2015:216-222)

Studie-eenheid 2: Inligtingstegnologiekonsepte

Bladsy 83


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

Vraag: Wat is die verskil tussen die internet en die wêreldwye web (www)? Die twee terme word dikwels as sinonieme gebruik, wat verkeerd is. Die internet is die fisiese netwerk: miljoene rekenaars, kabels, netwerkprogrammatuur en ander toestelle wat ʼn globale netwerk geskep het. Die wêreldwye web gebruik hierdie netwerk vir die deel van inligting. Die biljoene webblaaie wat op die internet voorkom, is deel van die wêreldwye web.

Drie ander begrippe wat in Paragraaf 6.4 in die handboek bespreek word, is: •

E-pos. E-pos is die gebruik van internet-tegnologie om posboodskappe te stuur. ʼn E-pos is soortgelyk aan ʼn gewone brief, maar is elektronies van aard en kan binne sekondes na enige bestemming in die wêreld gestuur word. E-pos was revolusionêr en het posgelde in ondernemings drasties verminder.

Telnet en FTP: Telnet maak dit moontlik vir een rekenaar om by ʼn ander rekenaar (wat nie op dieselfde perseel geleë is nie) aan te log en toegang tot lêers op daardie rekenaar te verkry. FTP (file transfer protocol) maak dit moontlik om ʼn lêer van een rekenaar na ʼn ander oor te dra. Die plek waar FTP die meeste gebruik word, is die oordrag van ʼn webtuiste van die ontwerper se rekenaar na "die internet" (wat bloot ʼn bediener-rekenaar is).

Cloud-verwerking. Die sogenaamde cloud het baie mense laat wonder. Vir sommige mense is dit moeilik om te verstaan presies waar hierdie cloud voorkom. Die cloud is egter niks anders as ʼn bediener wat aan ʼn diensverskaffer behoort (en deur ander gebruikers deur middel van die internet gebruik word) nie. In plaas daarvan dat data op ʼn organisasie se eie rekenaars gestoor en verwerk word, word dit op ʼn veilige bediener gedoen. Daar is ʼn verskeidenheid voordele hieraan verbonde. Eerstens word die kapitaaluitgawes (om die duur bediener aan te koop) uitgeskakel. Tweedens word die lopende koste (om die bediener of netwerk te onderhou) ook uitgeskakel. Derdens word die hulpbronne dikwels gedeel met ander kliënte, wat dit moontlik maak vir die diensverskaffer om die nodige tyd en geld aan die veiligheid van data te spandeer.

Paragraaf 6.5 in die handboek bespreek ʼn intranet en ekstranet. In kort kan ʼn intranet beskryf word as die gebruik van internet-tegnologie wat aan personeel toegang tot sekere maatskappy-inligting gee. Sodoende is dit moontlik vir ʼn werknemer om op enige plek aan te teken op die intranet en sodoende sy of haar werk te doen. ʼn Ekstranet is ʼn intranet waar daar beperkte toegang tot eksterne partye, soos verskaffers of kliënte, gegee word.

Bladsy 84

Studie-eenheid 2: Inligtingstegnologiekonsepte


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels 2.10 Samevatting Hierdie studie-eenheid het die boublokke van die basiese infrastruktuur van ʼn bedryfsinligtingstelsels bespreek. Apparatuur is eerste bespreek. ʼn Kort agtergrond oor die geskiedenis van apparatuur is verskaf. Daarna is die model waarop die moderne rekenaar gebaseer is, beskryf. Hierdie model bestaan uit vyf aspekte: Die toevoertoestelle, afvoertoestelle, verwerking, geheue (of primêre geheue) en stoor (of sekondêre geheue). Die vier stappe van die masjiensiklus behels 1) gaan haal die instruksie, 2) dekodeer die instruksie, 3) voer die instruksie uit en 4) stoor die resultate. Daar kan onderskei word tussen twee hoofkategorieë van programmatuur. Stelselprogrammatuur behels daardie programme wat daartoe bydra dat die rekenaar effektief kan funksioneer. Toepassingsprogrammatuur is die programmatuur wat deur gebruikers aangewend word om spesifieke take te verrig. Die bedryfstelsel is die bekendste (en moontlik belangrikste) voorbeeld van stelselprogrammatuur. ʼn Bedryfstelsel is verantwoordelik vir die uitvoer van algemene apparatuur-funksies, die gebruikerskoppelvlak, apparatuur onafhanklikheid, geheuebestuur, verwerking van take, netwerkvermoëns, toegangsbeheer en sekuriteit, en lêerbestuur. Nutsprogramme is nog ʼn voorbeeld van stelselprogrammatuur. ʼn Groot verskeidenheid kategorieë van toepassingsprogrammatuur kan aangetref word, insluitend woordverwerkers, sigbladprogrammatuur, databasistoepassings, aanbiedingsprogramme, en persoonlike inligtingsbestuurders. Programmeertale is programme wat gebruik word om ander programme te skryf. ʼn Databasis is enige versameling van data. Dit kan elektronies of papiergebaseerd wees. Vir die doeleindes van hierdie studie-eenheid is slegs elektroniese databasisse bespreek. ʼn Tipiese databasis bestaan uit tabelle met velde en rekords. Om ʼn databasis te ontwikkel behoort die volgende stappe gevolg te word: 1) identifiseer entititeite, 2) identifiseer verhoudings, 3) identifiseer eienskappe van daardie entiteite, en 4) voltooi die verhoudings. ʼn Databasisbestuurstelsel (DBBS) is ʼn rekenaarstelsel wat ontwikkel is om ʼn databasis te bestuur. ʼn Tipiese DBBS se funksionaliteit sal die skep van tabelle, vorms, navrae en verslae moontlik maak. ʼn Netwerk bestaan uit ʼn groep rekenaars of ander toestelle wat met een of ander kommunikasiemedium aanmekaar gekoppel is. Die kommunikasiemedia kan geklassifiseer word as geleide (kabels) of ongeleide (koordlose) media. Geleide media sluit gedraaide paar-, koaksiale en opiese veselkabels, asook breëband internet oor kragkabels in. Ongeleide media sluit mikrogolwe, 3G en 4G koordlose kommunikasie, Wi-Fi, nearfield communication, Bluetooth, ultra-wye band, en infrarooi in.

Studie-eenheid 2: Inligtingstegnologiekonsepte

Bladsy 85


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels Wat die opstel en struktuur van netwerke betref, kan daar onderskei word tussen ʼn persoonlike areanetwerk (PAN), ʼn lokale areanetwerk (LAN), ʼn metropolitaanse areanetwerk (MAN), ʼn wye areanetwerk, internasionale netwerke of globale areanetwerke (GAN), en mesh netwerke. Die internet is die grootste netwerk van rekenaars wat bestaan en word gebruik om die wêreldwye web (www) te huisves. 2.11 Selfevaluering Aan die einde van Hoofstuk 3, 4, 5 en 6 word ʼn aantal vrae verskaf. Al hierdie vrae kan voltooi word. Die Self-Assessment Test en Review questions verskaf ʼn toets waarmee jy kan bepaal of jy die basiese beginsels onder die knie het. Die afdeling getiteld Discussion questions is van groot waarde. Indien jy deel is van ʼn studiegroep kan elke persoon in die groep een van die vrae beantwoord. Julle kan dan as ʼn groep die antwoorde bespreek. 2.12 Selfevalueringsriglyne Die belangrikste aspek van die besprekingsvrae is die feit dat daar geen reg of verkeerde antwoord is nie. Daar word van ʼn graadstudent verwag om krities oor enige punte te kan argumenteer. Die status quo moet bevraagteken word – kyk of jy enige teenargumente vir iemand anders se standpunt kan vind. Op skool word ʼn leerder dikwels geleer om op ʼn spesifieke wyse te dink – daar is altyd ʼn regte en verkeerde antwoord. Op universiteit is dit belangrik dat jy behoorlik nalees en nadink oor temas en dan jou eie opinie vorm. Jy moet dan hierdie opinie kan verdedig, maar ook gemaklik wees om deur ander van hulle opinies oortuig te word. Dit is hoe die akademie werk.

Bladsy 86

Studie-eenheid 2: Inligtingstegnologiekonsepte


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

WOORDELYS IN AFRIKAANS EN ENGELS Belangrike vakterminologie word hier in Engels weergegee: Afrikaans

Engels

Afskaling

Downsizing

Afvoer

Output

Analoogseine

Analogue signals

Apparatuur

Hardware

Bediener

Server

Bedryfsinligtingstelsel

Business information system

Bedryfstelsel

Operating system

Besluitnemingsondersteuningstelsel

Decision support system (DSS)

Bestuursinligtingstelsel

Management information system (MIS)

BreĂŤband kommunikasie

Broadband communication

Deurblaaier

Browser

Digitale seine

Digital signals

Doelmatigheid

Efficiency

Dun kliĂŤnt

Thin clients

E-handel

E-commerce

Enkripsie

Encryption

Gebruikerskoppelvlak

User interface

Groothandel

Wholesale

Hoofraamrekenaar

Main frame computer

Inligting

Information

Inligtingstelsel

Information system

Kleinhandel

Retail

Kunsmatige intelligensie

Artificial intelligence

Woordelys in Afrikaans en Engels

Bladsy 87


GBI105 Inleiding tot bedryfsinligtingstelsels

Masjiensiklus

Machine cycle

Mededingende voordeel

Competitive advantage

Mededinger

Competitor

Oopbron-programmatuur

Open source software

Optiese stoormedia

Optical storage

PrimĂŞre geheue

Primary memory (of Memory)

Programmatuur

Software

Programmeertaal

Programming language

Radiofrekwensie-identifikasie (RFID)

Radio frequency identification

Sakeproses-herontwerp

Business process reengineering

Stelselontleding

Systems analysis

Stelselontwikkeling

System development

Terugvoer

Feedback

Toepassing

Application

Toevoer

Input

Transaksieverwerkingstelsel

Transaction processing system

Uitkontraktering

Outsourcing

Verskaffingsketting

Supply chain

Waardeketting

Value chain

Bladsy 88


Inleiding tot Bedryfsinligtingstelsels Handboek • Stair, R., Reynolds, G. & Chesney, T. 2015. Principles of business information systems. 2e uitgawe. Hampshire: Cengage Learning EMEA.

H

ierdie vak verskaf ʼn oorsig van bedryfsinligtingstelsels vir sakestudente. Dit is belangrik vir enige bestuurder of entrepreneur om oor ʼn basiese kennis van inligtingstegnologie en stelsels te beskik. Hierdie stelsels is ʼn onlosmaaklike deel van enige bestuurder se daaglikse werksomgewing. Die bestuurder beïnvloed hierdie stelsels en word deur bedryfsinligtingstelsels beïnvloed.

programmatuur ondersoek. In die derde plek word stoormedia en die wyse waarop data en inligting gestoor word, aangeraak. Laastens word die verskillende wyses waarop rekenaars aan mekaar verbind word (netwerke) uiteengesit.

Hierdie begeleidingsgids bestaan uit vier dele. Eerstens word ʼn oorsig oor bedryfsinligtingstelsels verskaf. Hierdie stelsels word gedefinieer en dan in die konteks van ʼn organisasie geplaas. Die eerste studie-eenheid bespreek ook die wyse waarop inligtingstegnologie deel van ons daaglikse lewens geword het.

Die derde studie-eenheid fokus op die tipes bedryfsinligtingstelsels wat aangetref kan word. Operasionele stelsels wat op die dag-tot-dag aktiwiteite van ʼn onderneming fokus word eerstens uitgelig. Daarna verskuif die fokus na stelsels wat geskep is om besluitneming te ondersteun: Bestuursinligtingstelsels en besluitnemingsondersteuningstelsels is van die hoofkategorieë wat bespreek word. Kennisbestuur en gespesialiseerde inligtingstelsels (insluitende kunsmatige intelligensie) vorm deel van hierdie studie-eenheid.

Die tweede studie-eenheid bespreek inligtingstegnologieinfrastruktuur. Daar word eerstens na apparatuur gekyk. Toevoer-, afvoer-, verwerkings- en stoorapparatuur word bespreek. Dan word programmatuur en die kategorieë van

In die laaste studie-eenheid word die ontwikkeling van bedryfsinligtingstelsels, stelselontleding en ontwerp, asook sekuriteit, privaatheid en etiese kwessies wat met inligtingstegnologie verband hou, bespreek.

www.akademia.ac.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.