GMA105 - Bestuursrekeningkunde I

Page 1

Bestuursrekeningkunde I & g n i n n a l bep

r e e h be

finansiĂŤle strategieĂŤ g n i t o r g e b

e s i l ana

kostes & l a a i r e t ma

Skrywer: Roelien Botha

d i e b r a


c Kopiereg 2015 Onder redaksie van: Paul JN Steyn, BA (PU vir CHO), THOC (POK), DEd (Unisa) Skrywer: Roelien Botha Onderwysontwerp, bladuitleg en taalversorging: Dr. Daleen van Niekerk ’n Publikasie van Akademia. Alle regte voorbehou. Adres: H.v. D.F. Malanrylaan & Eendrachtstraat, Kloofsig, Pretoria Posadres: Posbus 11760, Centurion, 0046 Tel: 0861 222 888 E-pos: diens@akademia.ac.za Webtuiste: www.akademia.ac.za

Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder die skriftelike toestemming van die uitgewers gereproduseer of in enige vorm of deur enige middel weergegee word nie, hetsy elektronies of deur fotokopiëring, plaat- of bandopnames, vermikrofilming of enige ander stelsel van inligtingsbewaring nie. Enige ongemagtigde weergawe van hierdie werk sal as ’n skending van kopiereg beskou word en die dader sal aanspreeklik gehou word onder siviele asook strafreg.

www.akademia.ac.za


GMA105 Bestuursrekeningkunde

INHOUDSOPGAWE DEEL I Inleiding ................................................................................................................................. 3 Vakleeruitkomste .................................................................................................................. 5 Woordomskrywing vir evaluering ....................................................................................... 6

Studie-eenheid 1: Die konteks van Bestuursrekeningkunde .......................................... 7 1.1

Studie-eenheid leeruitkomste ............................................................................................. 7

1.2

Voorgeskrewe handboeke .................................................................................................. 8

1.3

Verrykende bronne............................................................................................................... 8

1.4

Hoe kan jy jou begrip verbeter? ......................................................................................... 8

1.5

Inleiding .................................................................................................................................. 9

1.6

Die definisie van bestuursrekeningkunde ....................................................................... 10

1.7

Kostebeheer en beplanning in sakeondernemings ....................................................... 13

1.8 Die gebruik van inligting in bestuursrekeningkunde om finansiële prestasie te bepaal .............................................................................................................................................. 16 1.9 Finansiële inligtingsbehoeftes van maatskappye, openbare liggame en die gemeenskap .................................................................................................................................... 21 1.10

Die rol van bestuursrekenmeesters ................................................................................. 23

1.11

Die verhouding tussen bestuursrekenmeesters en die bestuur .................................. 24

1.12

Die ontstaan en agtergrond van CIMA............................................................................ 26

1.13

Die rol van CIMA as ʼn professionele liggaam vir bestuursrekeningkunde ................ 27

1.14

Samevatting ........................................................................................................................ 28

1.15

Selfevaluering ..................................................................................................................... 28

Studie-eenheid 2: Koste-identifikasie en gedrag ............................................................ 29 2.1

Studie-eenheid leeruitkomste ........................................................................................... 29

2.2

Voorgeskrewe handboek .................................................................................................. 30

2.3

Verrykende bronne............................................................................................................. 30

2.4

Hoe kan jy jou begrip verbeter? ....................................................................................... 31

2.5

Inleiding................................................................................................................................ 32

2.6

Kosteklassifikasie as direkte en indirekte koste ............................................................ 33

2.7

Definisie van ʼn koste.......................................................................................................... 41

Inhoudsopgawe

Bladsy 1


GMA105 Bestuursrekeningkunde 2.8

Die historiese koste en ekonomiese waarde van ʼn bate ............................................. 41

2.9

Die toedeling van bokoste ................................................................................................. 42

2.10

Direkte, veranderlike en volle koste van ʼn produk, diens en aktiwiteit ...................... 44

2.11

Gebruik van koste-inligting met prysingsbesluite .......................................................... 47

2.12

Die gedrag van kostes soos produk-, diens- of aktiwiteitsvlakke verander ............... 48

2.13

Onderskeid tussen vaste, veranderlike en semi-veranderlike (gemengde) kostes . 49

2.14

Stapsgewyse koste (step costs) ...................................................................................... 51

2.15

Die vaste en veranderlike komponent van semi-veranderlike (gemengde) kostes . 51

2.16

Samevatting ........................................................................................................................ 52

2.17

Selfevaluering ..................................................................................................................... 53

Woordelys in Afrikaans en Engels .................................................................................... 56 Bronnelys ............................................................................................................................ 57 Selfevalueringsriglyne ........................................................................................................ 58

Inhoudsopgawe

Bladsy 2


GMA105 Bestuursrekeningkunde

INLEIDING Bestuursrekeningkunde behels die voorsiening van finansiële inligting aan belanghebbendes in die sakeonderneming ten einde hulle in staat te stel om besluitneming te fasiliteer en die algehele doeltreffendheid van bestaande bedrywighede te verbeter. Die bestuursrekenmeester se taak behels, onder andere, om lewensvatbare finansiële strategieë daar te stel, korporatiewe doelwitte te formuleer, korttermyn operasionele beplanning uit te voer, finansiering te bekom en dit doeltreffend aan te wend, beheer uit te oefen oor die finansiële departement en risiko te bestuur. DEEL 1: In Studie-eenheid 1 word die konteks van bestuursrekeningkunde bespreek. Die verskil tussen bestuursrekeningkunde en finansiële rekeningkunde word uitgelig. Die beheer en beplanning van kostes, beter bekend as kosterekeningkunde, behels dat die aard van kostes geïdentifiseer word, begrotings opgestel word, standaarde met werklike kostes vergelyk word om afwykings te identifiseer en prosesse in plek gestel word om afwykings te bestuur. Bestuursinligting se rol in die sakeonderneming word ook behandel, asook die gebruikers van hierdie inligting. Studie-eenheid 1 word afgesluit met die rol van CIMA (Chartered Institute of Management Accountants) as ʼn professionele liggaam vir bestuursrekenmeesters. Studie-eenheid 2 fokus op die kosterekeningkunde komponent van bestuursrekeningkunde. Finansiële beplanning en beheer word deur middel van begrotings vir ʼn finansiële jaar uitgevoer. Voordat ʼn begroting egter opgestel word, is dit belangrik vir die bestuursrekenmeester om die gedrag van kostes waar te neem om die kostes te klassifiseer. Die totale koste van ʼn produk kan opgedeel word in drie hoof koste-elemente: materiaal, arbeid en bokoste. DEEL 2: In Studie-eenheid 3 word beheer en beplanning deur middel van begrotings behandel. Dit behels die vasstelling van teikens en standaarde in terme van produksie en winsgewendheid en die analise van afwykings tussen werklike en begrote resultate om die finansiële en operasionele prestasie van die onderneming te meet. Koste- en rekeningkundige beheerstelsels soos standaardkoste, proseskoste, taakkoste en spulkosteberekeninge (batch costing) word behandel in Studie-eenheid 4. In die finale studie-eenheid (Studie-eenheid 5) word spesifieke besluitnemingshulpmiddels in beleggingsprojekte bespreek en hoe om die produksiekapasiteit te verander en voorraadvlakke te beheer. Tegnieke beskikbaar vir besluitneming is, onder andere, koste-

Inleiding

Bladsy 3


GMA105 Bestuursrekeningkunde volume-wins-analise, gelykbreekpunt-analise, netto huidige waarde en die interne opbrengskoers. Vir hierdie vak is die volgende handboeke voorgeskryf: Drury, C. 2012. Management and cost accounting. 8th edition. Cengage Learning EMEA. EN BPP Learning Media. 2012. CIMA Study text for level C01: Fundamentals of Management Accounting, 2nd edition. United Kingdom: Polestar Wheatons. Die gedeeltes wat betrekking het op die inhoud van die studie-eenhede sal telkens aangedui word. Die gids sal jou dan deur die handboeke begelei en poog om moeilike gedeeltes toe te lig; om aan te vul waar nodig en om die belangrike gedeeltes uit te wys. Vir eksamendoeleindes moet jy dus die voorgeskrewe gedeeltes in die handboeke, asook hierdie begeleidingsgids bestudeer.

Inleiding

Bladsy 4


GMA105 Bestuursrekeningkunde

VAKLEERUITKOMSTE Kennis en begrip Na voltooiing van die vak BESTUURSREKENINGKUNDE (GMA105) sal jy in staat wees om jou kennis en begrip te demonstreer van: •

Die konteks van bestuursrekeningkunde

Koste-identifikasie en gedrag

Finansiële beplanning in sakeondernemings

Rekeningkundige beheerstelsels

Finansiële besluitneming

Vaardighede Jy sal ook in staat wees om: •

die doel van bestuursrekeningkunde te verduidelik;

die rol van die bestuursrekenmeester te beskryf;

ʼn professionele liggaam soos die Chartered Institute of Management Accountants (CIMA) se rol teenoor bestuursrekenmeesters te verduidelik;

kostes te klassifiseer aan die hand van gedrag en ander eienskappe;

begrotings vir beplanning en beheer op te stel;

ʼn staat van variansie op te stel;

geïntegreerde rekeninge in ʼn kosteberekeninge-omgewing op te stel;

finansiële state vir bestuursdoeleindes op te stel;

die gebruik van ʼn gelykbreekanalise in korttermynbesluite te demonstreer;

basiese beginsels as deel van besluitneming toe te pas; en

die gebruik van beleggingswaardasie-tegnieke met langtermynbesluite toe te pas.

Vakleeruitkomste

Bladsy 5


GMA105 Bestuursrekeningkunde

WOORDOMSKRYWING VIR EVALUERING In die afdeling oor selfevaluering, asook in die werkopdragte sal daar van jou verwag word om sekere take te verrig. Dit is belangrik dat jy presies weet wat van jou verwag word. Die woordelys hieronder sal jou hiermee help.

Werkwoord

Omskrywing

Lys

Lys die name/items wat bymekaar hoort

Identifiseer

Eien (ken uit) en selekteer die regte antwoorde

Verduidelik

Ondersoek die moontlikhede, oorweeg en skryf dan jou antwoord (verklaring/verduideliking) neer

Beskryf

Omskryf die konsep of woorde duidelik

Kategoriseer/

Bepaal tot watter klas, groep, afdeling bepaalde

klassifiseer

items/voorwerpe behoort

Analiseer

Om iets te ontleed

Evalueer

Bepaal die waarde van ʼn stelling/stelsel/beleid/ens

Toepas

Pas die teoretiese beginsels toe in ʼn praktiese probleem

Hersien

Evalueer, verbeter en/of wysig ʼn beleid/dokument/stelsel/ens

Berei voor

Stel ʼn finansiële staat, nota of begroting op

Woordomskrywing vir evaluering

Bladsy 6


GMA105 Bestuursrekeningkunde

STUDIE-EENHEID 1: DIE KONTEKS VAN BESTUURSREKENINGKUNDE

1.1

Studie-eenheid leeruitkomste

Kennis en begrip Na voltooiing van Studie-eenheid 1 sal jy in staat wees om jou kennis en begrip te demonstreer van die volgende: •

Doel van bestuursrekeningkunde

Rol van die bestuursrekenmeester

Rol van CIMA as professionele liggaam vir bestuursrekeningkunde

Vaardighede Jy sal ook in staat wees om: •

bestuursrekeningkunde te definieer;

die belangrikheid van kostebeheer en beplanning binne sakeondernemings te verduidelik;

te verduidelik hoe inligting gebruik kan word om prestasie binne ʼn sakeonderneming te identifiseer en te meet;

die verskil tussen finansiële inligtingsvereistes vir maatskappye, openbare liggame en gemeenskappe te verduidelik;

die rol van die bestuursrekenmeester te verduidelik;

die verhouding tussen die bestuursrekenmeester en die bestuur te verduidelik;

te verduidelik wat die agtergrond tot die totstandkoming van CIMA is; en

die rol van CIMA tot die ontwikkeling van bestuursrekeningkundepraktyke te verduidelik.

Studie-eenheid 1: Die konteks van Bestuursrekeningkunde

Bladsy 7


GMA105 Bestuursrekeningkunde 1.2

Voorgeskrewe handboeke

Drury, C. 2012. Management and cost accounting. 8th edition. Cengage Learning EMEA Vir die doeleindes van hierdie studie-eenheid moet jy die volgende afdelings bestudeer: Hoofstuk 1, bladsye 4-9; 12; 14-18 EN: BPP Learning Media. 2012. CIMA Study text for level C01: Fundamentals of Management Accounting, 2nd edition. United Kingdom: Polestar Wheatons. Vir die doeleindes van hierdie studie-eenheid moet jy die volgende afdelings bestudeer: Hoofstuk 1, paragrawe 1-8 (bladsy 4-23) Hoofstuk 2, paragraaf 1.3 en paragrawe 5-7 (bladsy 27; 38-49) 1.3

Verrykende bronne

Kaplan Financial Knowledge Bank, 2012. Beskikbaar by: http://kfknowledgebank.kaplan.co.uk/KFKB/Wiki%20Pages/Financial%20Performance%20In dicators%20%28FPIs%29.aspx [Besoek 05/01/2015] (Maatstawwe vir die meting van finansiĂŤle prestasie). Shanker, S. 2014. How can managers use accounting information? Beskikbaar by: http://smallbusiness.chron.com/can-managers-use-accounting-information-3950.html [Besoek 06/01/2015] (Gebruik van bestuursinligting). 1.4

Hoe kan jy jou begrip verbeter?

Jy moet seker maak dat jy die volgende terme verstaan: Sleutelwoord

Omskrywing

Beheerbare koste

Koste wat beĂŻnvloed kan word deur die bestuur se besluite en aksies.

Beleggingsentrum

Dit sluit winssentrums in maar met die addisionele verantwoordelikheid van finansiering en kapitaalbeleggings. Die winste moet dus gekapitaliseer word, of in die geval van onvoldoende winste moet finansiering aangegaan word.

Bestuursinligting

Inligting wat aan die bestuur verskaf word vir beplanning-, besluitnemings- en beheerdoeleindes.

Studie-eenheid 1: Die konteks van Bestuursrekeningkunde

Bladsy 8


GMA105 Bestuursrekeningkunde

Bestuurs-

Die voorsiening van inligting aan persone binne die

rekeningkunde

sakeonderneming om hulle in staat te stel om beter besluitneming te handhaaf en die effektiwiteit en doeltreffendheid van huidige bedrywighede te verbeter. Dit word ook omskryf as die proses waarvolgens bestuursverslae en rekeninge opgestel word wat akkurate en tydige finansiële en statistiese inligting voorsien aan die bestuur sodat daaglikse en korttermynbesluite geneem kan word (Business Dictionary, 2014. http://www.businessdictionary.com/definition/managementaccounting.html).

Data

Wetenskaplike term vir feite, syfers en afmetings wat nog rou en onverwerk is.

Finansiële

Die proses waartydens finansiële inligting ingesamel, te boek

rekeningkunde

gestel, opgesom en gekommunikeer word om sodoende die finansiële state van ʼn sakeonderneming op te stel.

Kosterekeningkunde

Die insameling van inligting oor kostes en die verwante kostevoorwerpe (objects), die vasstelling van begrotings, standaardkostes en die werklike koste van bedrywighede, aktiwiteite en produkte. Dit sluit ook in die deeglike analise van enige afwykings tussen begrote en werklike resultate, winsgewendheid en die maatskaplike aanwending van fondse.

Kostesentrum

Versamelpunte of invorderingsplekke van kostes voordat dit verder geanaliseer word.

Onbeheerbare koste

Koste wat nie deur die bestuur beïnvloed kan word vir ʼn gegewe tydsverloop nie.

Winssentrum

ʼn Afdeling van die onderneming waaraan beide inkomste en uitgawes (kostes) toegedeel kan word sodat winsgewendheid bepaal kan word.

1.5

Inleiding

Die vakgebied van bestuursrekeningkunde is ʼn integrale deel van die bestuursfunksie van enige maatskappy, openbare liggaam en nie-regeringsorganisasies. Die Chartered Institute of Management Accountants (CIMA) is die professionele liggaam waaraan geoktrooieerde bestuursrekenmeesters behoort. CIMA reguleer die opleiding wat bestuursrekenmeesters

Studie-eenheid 1: Die konteks van Bestuursrekeningkunde

Bladsy 9


GMA105 Bestuursrekeningkunde moet ontvang, asook die prestasie en etiese gedrag van bestuursrekenmeesters in die werksplek. Die definisie van bestuursrekeningkunde en die rol van ʼn bestuursrekenmeester sluit bymekaar aan, naamlik die voorsiening van finansiële inligting aan die bestuur van ʼn sakeonderneming ten einde hulle te ondersteun met besluitneming, beplanning en beheer. Die rol van die bestuursrekenmeester is veral belangrik in kostebeheer en beplanning. Finansiële prestasie word gemeet aan die hand van die beskikbare inligting en met behulp van finansiële prestasiemaatstawwe. Maatskappye, openbare liggame en nieregeringsorganisasies of gemeenskappe het verskillende inligtingsbehoeftes en die bestuursrekenmeester moet aan elkeen se behoefte voldoen. Die ontstaan, geskiedenis en rol van CIMA as die globale professionele liggaam vir geoktrooieerde bestuursrekenmeesters sal ook bespreek word. 1.6

Die definisie van bestuursrekeningkunde

Bestudeer die handboeke: •

Drury, 2012: bladsye 6-7; 16-18

CIMA studieteks, 2012: Hoofstuk 1: paragrawe 1; 5.3 (bladsye 4 en 11)

Bestuursrekeningkunde behels die voorsiening van inligting aan persone binne die sakeonderneming om hulle in staat te stel om beter besluitneming te handhaaf en die effektiwiteit en doeltreffendheid van huidige bedrywighede te verbeter (Drury, 2012: 6). Die amptelike definisie van bestuursrekeningkunde wat uitgereik word deur die Chartered Institute of Management Accountants (voortaan na verwys as CIMA) verskyn in paragraaf 5.3 (Hoofstuk 1) in die CIMA voorgeskrewe handboek (2012: 11) tesame met die nege funksies wat dit behels as ʼn integrale deel van bestuur. Daar word ook verwys na kosterekeningkunde as die insameling van koste-inligting om kostebeheer en -bepaling uit te voer. Maak seker dat jy die onderskeid tussen bestuursrekeningkunde en kosterekeningkunde verstaan en korrek kan gebruik deur die loop van die studie. Daar is ook ʼn verskil tussen finansiële rekeningkunde en bestuursrekeningkunde wat later aangeraak sal word. Soos wat uit die CIMA definisie van bestuursrekeningkunde afgelei kan word, is die inligting wat verskaf word deur bestuursrekenmeesters belangrik vir die bestuur met verwysing na drie primêre doelwitte: •

Beplanning,

beheer, en

besluitneming.

Studie-eenheid 1: Die konteks van Bestuursrekeningkunde

Bladsy 10


GMA105 Bestuursrekeningkunde Hierdie drie doelwitte sal in die volgende afdeling in meer besonder behandel word.

(http://www.shared-services-research.com/wpcontent/uploads/2013/09/CIMA_pink_name2.png) CIMA voorsien op hulle webtuiste ʼn alternatiewe definisie vir bestuursrekeningkunde, naamlik: bestuursrekeningkunde kombineer rekeningkunde, finansies en bestuur met nuwe tegnieke wat nodig is om suksesvolle sakeondernemings te bestuur (CIMA, 2014. http://www.cimaglobal.com/CIMA-in-business/What-is-management-accounting/). CIMA voorsien ʼn grafiese uitbeelding van wat bestuursrekeningkunde behels en hoe dit rekeningkunde, finansies en bestuur kombineer. Bestudeer Figuur 1.1 hieronder.

Studie-eenheid 1: Die konteks van Bestuursrekeningkunde

Bladsy 11


GMA105 Bestuursrekeningkunde

Finansiële rekeningkunde

Toegevoegde waarde

Verslag doen oor finansiële prestasie

Bestuur sakegeleenthede

Wette Standaarde Regulasies

Bewyse Oplossings Beste praktyk

Finansieel Kwantitatief Sekerheid

Nie-finansieel Kwalitatief Voorspellend

Staties

Dinamies

Histories

Toekomsgerig

Verslagdoen Tegnies Analities

Kommunikasie Innoverend Probleemoplossing

Voldoening

Strategie

Figuur 1.1: Uiteensetting van die bestuursrekeningkunde funksie (Aangepas vanuit CIMA, 2014. http://www.cimaglobal.com/CIMA-in-business/What-ismanagement-accounting/) Verwys na Hoofstuk 1, paragraaf 1 in die CIMA studieteks waar die definisie van rekeningkunde uiteengesit word (2012: 4). Rekeninge se belangrikheid word spesifiek uitgelig as ʼn hulpmiddel om aan te dui hoe kontant verdien is en hoe dit bestee is. ʼn Alternatiewe definisie vir bestuursrekeningkunde is ook dat dit die proses is waarvolgens bestuursverslae en rekeninge opgestel word wat akkurate en tydige finansiële en statistiese inligting aan die bestuur voorsien sodat daaglikse en korttermynbesluite geneem kan word (Business Dictionary, 2014. http://www.businessdictionary.com/definition/managementaccounting.html). Studie-eenheid 1: Die konteks van Bestuursrekeningkunde

Bladsy 12


GMA105 Bestuursrekeningkunde Die funksies van ʼn bestuursrekeningkunde stelsel behels dat dit inligting moet genereer om aan drie vereistes te voldoen: die toewysing (allocation) van kostes, die voorsiening van relevante inligting aan die bestuur vir besluitneming en die voorsiening van inligting vir beplanning, beheer en prestasiemeting (Drury, 2012: 16-17). Verwys ook na die geskiedenis van bestuursrekeningkunde soos dit kortliks opgesom word in Drury (2012: 17-18)

(http://difference-between.net/wp-content/uploads/2014/12/calculator-385506_640.jpg) 1.7

Kostebeheer en beplanning in sakeondernemings

Bestudeer die handboeke: •

Drury, 2012: bladsye 7-9

CIMA studieteks, 2012: bladsye 6-7; 11-12; 26-29; 38-39

Die bestuursrekenmeester is meer betrokke by die opstel van beleide en die bestuursproses as ʼn finansiële rekenmeester. Bestuursrekeningkunde is gefokus op interne verslagdoening en alhoewel bestuursrekenmeesters en finansiële rekenmeesters basies oor dieselfde data vir inkomstes en uitgawes rapporteer, is die analise en aanwending van die inligting vir verskillende doeleindes en verbruikers soos verduidelik in Hoofstuk 1, paragraaf 3 van die CIMA studieteks (2012: 6-7). Buiten die definisie van bestuursrekeningkunde is dit ook belangrik om die onderskeid tussen bestuursrekeningkunde en finansiële rekeningkunde baas te raak. Die verskille word bespreek in Drury (2012: 6-7) asook in die CIMA studieteks in paragraaf 3 (2012: 6-7). Verwys spesifiek na die tabel op bladsy 7 in die CIMA studieteks, wat ʼn opsomming is van die verskille tussen bestuursrekeninge en finansiële rekeninge. Kostebeheer en finansiële beplanning skakel in by die besluitnemings-, beplannings- en beheerproses. Vanuit die inligting geproduseer deur die finansiële en bestuursrekenmeesters moet die bestuur van ʼn sakeonderneming besluite op baseer. Daar

Studie-eenheid 1: Die konteks van Bestuursrekeningkunde

Bladsy 13


GMA105 Bestuursrekeningkunde is ses fases tot die besluitnemings-, beplannings- en beheerproses waarvan die eerste vier fases die besluitnemings- en beplanningsproses verteenwoordig en die laaste twee fases die beheerproses. Verwys na Figuur 1.1 in Drury (2012: 7) vir ʼn uiteensetting van die ses fases van die besluitnemings- , beplannings- en beheerproses. Die ses fases kan kortliks soos volg opgesom word: 1. Identifiseer doelwitte 2. Soek na alternatiewe planne van aksie 3. Kies die geskikte plan van aksie 4. Implementeer besluite 5. Vergelyk werklike en beplande uitkomstes 6. Reageer op afwykings van die plan Bestudeer die bespreking van elke fase in Drury (2012: 7-9). Die algehele doelwit wat ʼn sakeonderneming wil bereik is om toekomstige winste te maksimeer. Die drie redes waarom daar op hierdie doelwit gekonsentreer word, word gelys in Drury (2012: 8). Voorbeeld 1.1 Alhoewel winsbejag as die primêre doelwit vir die meeste sakeondernemings beskou word, is die Coca-Cola maatskappy ʼn voorbeeld van ʼn maatskappy wat ook ander doelwitte najaag. Coca-Cola beskryf op hulle webwerf die belangrikheid van doelwitte en ʼn visie. Doelwitte speel ʼn groot rol in die vorming van die grondslag waarop maatskappye besluitneming baseer. Coca-Cola beoog om wêreldwyd bekend te wees as ʼn onderneming wat handel op ʼn verantwoordelike en etiese wyse, asook om volhoubare groei te versnel om sodoende in die toekoms voort te bestaan. Die visie word soos volg uiteengesit: •

Mense: om ʼn goeie werksplek te wees waar mense geïnspireer voel om die beste te wees wat hulle kan wees

Portefeulje: om aan die wêreld ʼn portefeulje met ʼn verskeidenheid van gehalte koeldranke en drankies te voorsien wat aan mense se behoeftes voldoen

Vennote: om ʼn netwerk van kliënte en verskaffers te koester ten einde wedersydse blywende waarde te skep

Studie-eenheid 1: Die konteks van Bestuursrekeningkunde

Bladsy 14


GMA105 Bestuursrekeningkunde

Planeet: om ʼn verantwoordelike burger te wees wat ʼn verskil maak deur volhoubare gemeenskappe te help vestig

Wins: maksimeer langtermynopbrengste aan aandeelhouers terwyl daar deurentyd ook ʼn bewussyn van die ander verantwoordelikhede en doelwitte ook is

Produktiwiteit: om ʼn hoogs effektiewe en vinnig-bewegende maatskappy te wees.

(The Coca-Cola Company, 2014. Mission, vision and values. Beskikbaar by: http://www.coca-colacompany.com/our-company/mission-vision-values)

Kostebeheer en beplanning hoort tuis onder kosterekeningkunde en is van die hooffunksies van die bestuursrekenmeester. Die CIMA definisie van kosterekeningkunde word voorsien in paragraaf 5.3 van Hoofstuk 1 in die CIMA studieteks (2012: 11). Kosterekeningkundige stelsels as deel van kostebeheer en beplanning is nie net beperk tot vervaardigingsbedrywe nie. Dit strek ook tot die diensleweringsindustrieë, regeringsdepartemente en liefdadigheidsorganisasies. Kosterekeningkundige stelsels sentreer rondom voldoende akkurate en gedetailleerde inligting. Bestudeer paragraaf 5.4 in die CIMA studieteks wat handel oor kosterekeningkundige stelsels (2012: 11-12). In Hoofstuk 2 onder paragraaf 5 in die CIMA studieteks word ʼn kosteklassifikasie vir die beheer van kostes bespreek (2012: 38-39). ʼn Nuwe term word uitgelig in paragraaf 5.1, naamlik verantwoordelikheidsrekeningkunde (CIMA, 2012: 38). Verantwoordelikheidsrekeningkunde behels dat verantwoordelikheidsentrums daargestel word waarvoor ʼn bepaalde bestuurder verantwoordelikheid neem vir die kostes aangegaan. Kosteklassifikasie vir die effektiewe beheer van kostes behels ook dat kostes geklassifiseer word as beheerbare en onbeheerbare kostes (CIMA, 2012: 38, paragraaf 5.2,). Hou egter in gedagte dat daar in werklikheid nie duidelike reëls is oor watter kostes beheer en nie beheer kan word nie. Elke koste moet individueel geassesseer word en op grond van beskikbare inligting en die gedrag van die koste. Bestudeer ook paragrawe 5.2.1-5.2.3 wat handel oor die beheerbaarheid van vaste kostes, ʼn koste waarvoor twee of meer bestuurders

Studie-eenheid 1: Die konteks van Bestuursrekeningkunde

Bladsy 15


GMA105 Bestuursrekeningkunde verantwoordelik is en konsepte soos kostesentrums; winssentrums en beleggingsentrums (CIMA, 2012: 39). Voorbeeld 1.2 Kostebeheer en beplanning is veral belangrik in die konstruksiebedryf. Indien die werklike kostes die begrote bedrae oorskry plaas dit baie druk op die projekbestuurders om effektiewe kostebeheer toe te pas. Twee groot konstruksieprojekte onderneem deur die regering van Suid-Afrika kan hiervan getuig, byvoorbeeld: •

Transnet se nuwe multiproduk-pyplyn van Durban na Johannesburg waar die kapitaalkoste vanaf R9.5 miljard aan die begin van die projek opgestoot is na R23.4 miljard. Dit is ʼn 146% verhoging in die kapitaalkoste.

Die koste van Eskom se Ingula pompopgaarskema-elektrisiteitsprojek het vanaf R8.9 miljard na R23.8 miljard gestyg. Dit is ʼn 167% verhoging in die totale koste van die projek.

(West, E. 2013. Cost overruns raise questions over infrastructure projects. Business Day Live, Januarie 2013. Beskikbaar by: http://www.bdlive.co.za/business/2013/01/04/costoverruns-raise-questions-over-infrastructure-projects).

1.8

Die gebruik van inligting in bestuursrekeningkunde om finansiële prestasie te bepaal

Bestudeer die handboeke: •

Drury, 2012: bladsye 5-6

CIMA studieteks, 2012: o

Hoofstuk 1: paragrawe 4 en 6.1 (bladsye 8-9 en 13-14)

o

Hoofstuk 2: paragrawe 1.3; 6-7 (bladsye 27; 39-49)

Rekeningkundige inligting word benodig deur ʼn verskeidenheid interne en eksterne gebruikers of belanghebbendes. Die doel van bestuursrekeningkunde is om genoegsame inligting aan die gebruikers van finansiële verslae te verskaf, sodat die gebruikers van die inligting die waarde en finansiële prestasie van die sakeonderneming kan bepaal om belangrike besluite te neem. Daar is twee soorte gebruikers van rekeningkundige inligting soos dit vervat word in finansiële verslae:

Studie-eenheid 1: Die konteks van Bestuursrekeningkunde

Bladsy 16


GMA105 Bestuursrekeningkunde •

Interne (primêre) gebruikers: o

Bestuur: analiseer die prestasie en posisie van die sakeonderneming in die mark om sodoende vir die toekoms te beplan en finansiële resultate te verbeter.

o

Werknemers: assesseer aan die hand van die sakeonderneming se winsgewendheid of hulle sekerheid kan hê oor hul poste en toekomstige vergoeding.

o

Eienaars: analiseer of hulle belegging (kapitaal) in die sakeonderneming winsgewend was en watter toekomstige planne om te onderneem.

Eksterne (sekondêre) gebruikers: o

Krediteure: bepaal die kredietwaardigheid van die sakeonderneming, asook bepalings en voorwaardes onderhewig aan die toestaan van krediet.

o

Belastingowerhede: bepaal die geloofwaardigheid van belastingopgawes wat ingedien is.

o

Beleggers: analiseer of die sakeonderneming ʼn goeie belegging sal wees en ʼn goeie opbrengs sal lewer.

o

Kliënte: bepaal die voortbestaan van die sakeonderneming en of daar ʼn stabiele verskaffing van die produk of diens sal wees.

o

Regulerende owerhede: verseker dat die sakeonderneming se openbaarmaking van finansiële inligting voldoen aan die vereiste standaarde en regulasies (byvoorbeeld, AARP en IFRS).

(Accounting-Simplified, 2013. http://accounting-simplified.com/financial/users-of-accountinginformation.html). Bestudeer paragraaf 4 in Hoofstuk 1 van die CIMA studieteks wat handel oor belanghebbende partye wat geïnteresseerd is in die finansiële inligting van groot openbare maatskappye en ook van openbare liggame of nie-regeringsorganisasies (2012: 8-9). Bestudeer ook Drury (2012: 5-6) waar die gebruikers van rekeningkundige inligting bespreek word. Bestuursinligting word beskryf in Hoofstuk 1, paragraaf 6.1 in die CIMA studieteks (2012: 13-14) as inligting wat die bestuur van ʼn sakeonderneming help om hulpbronne effektief en doeltreffend te bestuur deur ingeligte besluitneming, beplanning en beheer oor bedrywighede.

Studie-eenheid 1: Die konteks van Bestuursrekeningkunde

Bladsy 17


GMA105 Bestuursrekeningkunde Die vraag is egter hoe word bestuursinligting aangewend om die finansiële prestasie van ʼn sakeondermening te bepaal. Paragraaf 6 in Hoofstuk 2 van die CIMA studieteks fokus op die prestasiemaatstawwe (performance measurements) wat beoog om te bepaal hoe goed iemand of iets presteer in terme van ʼn beplande aktiwiteit (2012: 40-46). Die prestasiemaatstawwe word onderverdeel in kostesentrums (paragraaf 6.1), winssentrums (paragraaf 6.2) en beleggingsentrums (paragraaf 6.3). Daar word ook vlugtig verwys na prestasiemaatstawwe vir maatskappye sonder winsbejag (paragraaf 6.5). Wanneer jy die inligting bestudeer, tref deeglik onderskeid tussen ʼn kostesentrum, winssentrum en beleggingsentrum. Kostesentrums word in paragraaf 1.3 van Hoofstuk 2 in die CIMA studieteks (2012: 27) bespreek en word beskou as invorderingsplekke van kostes voordat dit verder geanaliseer word. Tipiese voorbeelde van kostesentrums word uitgebeeld in Figuur 1.2 hieronder.

Produksiedepartement

Nuwe produkte

Masjinerie & ander toerusting

Nuwe werknemers

Figuur 1.2: Voorbeelde van kostesentrums (http://herco-wt.de/tl_files/herco/bilder/halle1.jpg; http://matest.com/Cms_Data/Import_Data_Image/Prodotto/_3781_C055N_C09215%20concrete%20testing%20machines1.JPG; http://www.connect-pr.co.uk/wpcontent/uploads/The-U-CAN-range-by-Tarmac-Building-Products-the-revolutionary-new-products-tohelp-DIY-shy-Brits-562x375.jpg; http://www.catotv.com/images/training.jpg)

Wins- en beleggingsentrums word in paragraaf 5.2.3 in Hoofstuk 2 van die CIMA studieteks (2012: bladsy 39) behandel. ʼn Winssentrum is ʼn afdeling van die onderneming waaraan Studie-eenheid 1: Die konteks van Bestuursrekeningkunde

Bladsy 18


GMA105 Bestuursrekeningkunde beide inkomste en uitgawes (kostes) toegedeel kan word sodat winsgewendheid bepaal kan word. Onthou dat die verskil tussen inkomste en uitgawes immers wins verteenwoordig. Beleggingsentrums sluit winssentrums in maar met die bykomende verantwoordelikheid van finansiering en kapitaalbeleggings. Bestudeer Tabel 1.1 hieronder wat dien as ʼn opsomming van die verskillende finansiële prestasiemaatstawwe volgens koste-, wins- en beleggingsentrums, asook maatskappye sonder winsbejag. Verwysing in

Verhouding of

CIMA studieteks

prestasiemaatstaf

Formule

Kostesentrums Par. 6.1.1

Produktiwiteit

Uitset teenoor inset, byvoorbeeld eenhede vervaardig per uur of per werknemer

Par. 6.1.2

Koste per eenheid

Totale koste ÷ aantal eenhede vervaardig

Winssentrums Par. 6.2.1

Winsmarge

(bedryfswins ÷ verkope) × 100% [bedryfswins = verkope – totale bedryfsuitgawes]

Par. 6.2.3

Bruto winsmarge

(bruto wins ÷ verkope) × 100% [bruto wins = verkope – koste van verkope]

Par. 6.2.4

Koste-tot-verkope

Verskeie kostes in verhouding tot

verhouding

verkope kan bereken word, byvoorbeeld (produksie koste ÷ verkope) × 100%

Par. 6.2.6

Waarde toegevoeg

(verkope – koste van aangekoopte materiaal, komponente en dienste)

Beleggingsentrums Par. 6.3.1

Opbrengs op kapitaal

(wins ÷ kapitaal aangewend) × 100%

aangewend (OOKA) [ook genoem opbrengs op belegging]

Studie-eenheid 1: Die konteks van Bestuursrekeningkunde

Bladsy 19


GMA105 Bestuursrekeningkunde

Par. 6.3.2

Par. 6.3.3

Oorblywende (residual)

Voorbelaste winste – veronderstelde

inkomste

rentekoste op geïnvesteerde kapitaal

Bate omsetsnelheid

verkope ÷ kapitaal aangewend [kan ook bereken word as volg: (verkope ÷ totale bates)]

Maatskappye sonder winsbejag Par. 6.5.1

Waarde vir geld

Geen formule beskikbaar. Beskou as beste waarde van ʼn diens verkry teen laagste moontlike koste

Tabel 1.1: Finansiële prestasiemaatstawwe (Aangepas vanuit CIMA, 2012: 40-46)

Voorbeeld 1.3 Daar word in die CIMA studieteks ʼn voorbeeld verskaf vir elkeen van die finansiële prestasiemaatstawwe soos dit opgesom is in Tabel 1.1. Bestudeer die volgende paragrawe in die CIMA studieteks waarin voorbeelde vervat is (2012: 40-49): Verwysing

Prestasiemaatstaf

Paragraaf 6.1.2

Koste per eenheid

Paragraaf 6.2.2

Winsmarge (wins-tot-verkope)

Paragraaf 6.2.3

Bruto winsmarge

Paragraaf 6.2.5

Koste-tot-verkope verhouding

Paragraaf 6.3.1

Opbrengs op kapitaal aangewend (OOKA)

Paragraaf 6.3.2

Oorblywende (residual) inkomste

Paragraaf 6.3.3

Bate omsetsnelheid

Paragraaf 6.4

OOKA, bate-omsetsnelheid en netto winsmarge

Paragraaf 6.5.2

Waarde vir geld

Bestudeer in die CIMA studieteks die voorbeeld wat voorsien word in paragraaf 6.4 van Hoofstuk 2 (2012: 45). Hier word ʼn alternatiewe metode om die opbrengs op kapitaal

Studie-eenheid 1: Die konteks van Bestuursrekeningkunde

Bladsy 20


GMA105 Bestuursrekeningkunde aangewend (OOKA) te bereken aangedui, naamlik: OOKA = bate omsetsnelheid × netto winsmarge LW! Maak seker jy is vertroud met al die finansiële prestasiemaatstawwe se formules – dit sal nie voorsien word vir toets- en eksamendoeleindes nie.

1.9

Finansiële inligtingsbehoeftes van maatskappye, openbare liggame en die gemeenskap

Bestudeer die handboeke: •

Drury, 2012: bladsy 12

CIMA studieteks, 2012: o

Hoofstuk 1: paragrawe 7.1-7.8 (bladsye 14-18)

o

Hoofstuk 2: paragrawe 7.1-7.5 (bladsye 46-49)

Voordat die inligtingsbehoeftes van maatskappye, openbare liggame en die gemeenskap aangeraak word, is dit noodsaaklik om eers ʼn duidelike begrip te hê van die bronne en kategorieë inligting wat bestaan. Bestudeer paragraaf 7 in Hoofstuk 1 van die CIMA studieteks (2012: 14-18). Die onderskeid tussen data en inligting word uitgelig in paragrawe 7.1 en 7.2 (CIMA, 2012: 15). Data word beskou as syfers en feite wat nog in ʼn rou, onverwerkte formaat is. Inligting is data wat verwerk is, in so ʼn mate dat dit betekenisvol is vir die persoon wat dit ontvang. Inligting wat tipies deur die bestuur benodig word om besluite te neem en beplanning uit te voer word verdeel in twee tipes: •

finansiële inligting, en

nie-finansiële inligting.

Bestuursinligting wat in die verslae van maatskappye verskyn word opgesom in Figuur 1.3 hieronder (bestudeer ook paragraaf 7.3 in CIMA, 2012: 16).

Studie-eenheid 1: Die konteks van Bestuursrekeningkunde

Bladsy 21


GMA105 Bestuursrekeningkunde

Bestuursinligting

Vergelykings tussen werklike en beplande resultate

Kumulatiewe inligting (jaar-tot-datum)

Vergelyking tussen maatskappyresultate en resultate van mededingers

Vergelyking tussen huidige en vorige jaar se resultate

Winsgewendheid van produk, diens of hele maatskappy

Waarde van voorraad aan die einde van 'n spesifieke periode

Figuur 1.3: Bestuursinligting vervat in bestuursverslae van maatskappye (Aangepas vanuit CIMA, 2012: 16)

Die eienskappe van goeie bestuursinligting word opgesom met behulp van ʼn geheuebrug (mnemonic) ACCURATE in die tabel in paragraaf 7.4 (CIMA, 2012: 16). Die belangrikste eienskap van bestuursinligting is dat dit akkuraat moet wees. Data en inligting kan van interne of eksterne bronne afkomstig wees. Inligtingstelsels van maatskappye moet so ontwerp wees deur die bestuur dat dit voorsiening maak vir inligting afkomstig van beide interne of eksterne bronne. Interne inligting word opgeneem deur ʼn stelsel wat transaksiedata insamel en meet; die informele kommunikasie wat plaasvind tussen die bestuur en personeel en laastens kommunikasie tussen personeel op alle vlakke in die maatskappy (paragraaf 7.5 in CIMA, 2012: 17). Die interne databronne word uitgelig in paragraaf 7.6 en wissel van rekeningkundige rekords (primêre bronne) na personeel, die regering en die media. Rekeningkundige rekords moet akkuraat wees en dit kan slegs behaal word deur effektiewe en streng beheer oor hoe elke transaksie te boek gestel word. Die navolging van rekeningkundige standaarde soos Algemeen Aanvaarde Rekeningkundige Praktyk (AARP) en Internasionale Finansiële Verslagdoeningstandaarde (IFRS) verseker die akkuraatheid en betroubaarheid van rekeningkundige rekords. Eksterne inligting van buite die maatskappy word ingesamel op ʼn gereelde of nie-gereelde grondslag deur spesifieke bekwame individue of bronne. Paragraaf 7.7 in Hoofstuk 1 van die CIMA (2012: 17-18) beskryf die gereelde (routine) formele insameling van data van eksterne bronne en watter inligting dit tipies behels. Paragraaf 7.7 omskryf ook die nie-gereelde

Studie-eenheid 1: Die konteks van Bestuursrekeningkunde

Bladsy 22


GMA105 Bestuursrekeningkunde insameling van data vanuit die omgewing waarin die maatskappy funksioneer. Dit vind deurentyd bewustelik en onbewustelik plaas. Die eksterne data bronne word gelys in paragraaf 7.8 (CIMA, 2012: 18). Die gebruikers van rekeningkundige inligting is reeds behandel in die vorige paragraaf 1.8 van hierdie begeleidingsgids. Verwys weer na die tabelle voorsien in die CIMA studieteks op bladsy 8 en 9. Daar word die spesifieke inligtingsbehoeftes van maatskappye, openbare liggame en die gemeenskap of nie-regeringsorganisasies uitgelig. Inligtingstegnologie het in die afgelope twee dekades ʼn beduidende invloed op besigheidsbedrywighede en besluitneming gehad. Spesifiek het inligtingstegnologiestelsels soos ondernemingshulpbronbeplanning-stelsels (enterprise resource planning systems (ERPS)) maatskappye se vloei van inligting beheerbaar en toeganklik vir al die werknemers en bestuur gemaak. Bestudeer in Drury die bespreking van inligtingstegnologie op bladsy 12. Die impak van aandeelhouers se waarde, omgewingskostes, sosiale verantwoordelikheid en omgewingsbeleide op finansiële inligting en die rol daarvan in bestuursrekeningkunde word uitgelig in paragrawe 7.1-7.5 in Hoofstuk 2 (CIMA, 2012: 46-49). 1.10 Die rol van bestuursrekenmeesters Bestudeer die handboek: •

Drury, 2012: bladsye 7; 14

CIMA studieteks, 2012: Hoofstuk 1, paragrawe 2.1-2.3; 5.1-5.2 (bladsye 4-6; 10)

CIMA se definisie van die rol van ʼn geoktrooieerde bestuursrekenmeester kan saamgevat word as die persoon wat die sakeonderneming help om lewensvatbare (viable) strategieë daar te stel en die strategieë te omskep in wins vir maatskappye met winsbejag of waarde vir geld in die geval van maatskappye sonder winsbejag. Die funksies of take wat die bestuursrekenmeester uitvoer as ʼn deel van die bestuurspan word gelys in paragraaf 2.1 (CIMA, 2012: 4). Die bestuursrekenmeester dien as ʼn sentrale skakel in die bestuur van ʼn maatskappy se besluitnemings-, beplannings- en beheerproses. Hierdie proses is reeds in paragraaf 1.7 van die begeleidingsgids gedek. Verwys gerus weer na Figuur 1.1 in Drury vir ʼn uiteensetting van die besluitnemings-, beplannings- en beheerproses (Drury, 2012: 7). Paragraaf 5 in die CIMA studieteks omskryf wat die bestuursrekenmeester se rol presies by die 3 hoof fases van die besluitnemings-, beplannings- en beheerproses behels (2012: 10). Die rol van die bestuursrekenmeester in die besluitnemings-, beplannings- en beheerproses word opgesom in Figuur 1.4 hieronder. Dit is ook belangrik om kennis te neem dat die sukses van ʼn

Studie-eenheid 1: Die konteks van Bestuursrekeningkunde

Bladsy 23


GMA105 Bestuursrekeningkunde bestuursrekenmeester se werk afhang van die kwaliteit en akkuraatheid van die inligting wat hulle voorsien aan die bestuur asook of bestuur wel behoorlik aangewend word in die besluitnemings-, beplannings- en beheerproses.

Besluitneming

Beplanning

•Assessering en modellering van uitgawe en kontantvloeiimplikasies van voorgestelde besluite

•Opstel van begrotings •Vooruitskattings lewer

Beheer •Begrotings vergelyk met werklike resultate om prestasie te monitor •Assesseer die opbrengste wat produkte, dienste, prosesse lewer •Stel standaardkostestelsels op

Figuur 1.4: Rol van bestuursrekenmeesters in die besluitnemings-, beplannings- en beheerproses (Aangepas vanuit CIMA, 2012: 10) Die kosterekenmeester se rol word ook vlugtig uitgelig in paragraaf 5.1 en 5.2 (CIMA, 2012: 10). Hou deurentyd in gedagte dat daar ʼn verskil is tussen ʼn finansiële rekenmeester, ʼn bestuursrekenmeester en ʼn kosterekenmeester. Elkeen het ʼn unieke rol en funksie wat verrig word in die maatskappy se finansiële departement. Die finansiële rekenmeester is gemoeid met die opstel van rekeningkundige rekords (finansiële state) deur alle transaksies te boek te stel en die rekeningkundige proses uit te voer vanaf die joernale tot die finansiële state. Die bestuursrekenmeester analiseer die rekeningkundige rekords met finansiële verhoudings, stel begrotings op, bepaal kontantvloei-implikasies vir beplande projekte en stel kostestelsels op om prestasie te monitor. Die kosterekenmeester assisteer die bestuursrekenmeester deur te fokus op aspekte soos die koste van goedere geproduseer en die koste van ʼn bepaalde afdeling. Die kosterekenmeester verskaf koste-verwante inligting aan die bestuursrekenmeester. 1.11 Die verhouding tussen bestuursrekenmeesters en die bestuur Bestudeer die handboek: •

Drury, 2012: bladsye 7-9

CIMA, 2012: Hoofstuk 1: paragraaf 5.5 (bladsye 12-13)

Die verhouding tussen die bestuursrekenmeester en bestuur is reeds uitgelig in paragraaf 1.7 van die begeleidingsgids met die verwysing na Figuur 1.1 in Drury (2012: 7) waar die ses

Studie-eenheid 1: Die konteks van Bestuursrekeningkunde

Bladsy 24


GMA105 Bestuursrekeningkunde fases van die besluitnemings- , beplannings- en beheerproses bespreek is. Die bestuursrekenmeester speel ʼn integrale rol in elkeen van hierdie besluitnemings-, beplannings- en beheerfases soos dit ook uitgebeeld is in Figuur 1.4 onder paragraaf 1.10 van die begeleidingsgids. Die verhouding tussen bestuursrekenmeesters en die bestuur word beskou as ʼn ondersteunende een deurdat bestuursrekenmeesters die bestuur ondersteun met die voorsiening van inligting om besluitneming, beplanning en beheer te fasiliteer. In paragraaf 5.5 word hierdie verhouding tussen bestuursrekenmeesters en die bestuur egter uitgebrei na meer as net ondersteunend om verskeie redes (CIMA, 2012: 12). Die verskuiwing van bestuur en die sakeonderneming se fokus vanweë toenemende druk van mededingers en skommelinge in die mark beteken dat bestuursrekenmeesters se huidige rol meer beskou word as die ontwikkeling van koste-georiënteerde, kwaliteit en tydsverbonde inligting wat die bestuursproses ondersteun en waarde toevoeg tot die algehele sakeonderneming. Besluitneming funksioneer op drie vlakke in ʼn sakeonderneming, naamlik: •

operasionele;

bestuur; en

strategiese vlak.

Bestudeer paragraaf 5.5.1 in die CIMA (Hoofstuk 1) vir ʼn verduideliking van elke vlak van besluitneming (2012: 12). Die uitleg van die professionele CIMA kwalifikasie is ook gebaseer op hierdie drie vlakke van die besluitnemingsfunksie. Beskou die onderstaande Figuur 1.5 vir ʼn uiteensetting van die CIMA professionele kwalifikasie.

Studie-eenheid 1: Die konteks van Bestuursrekeningkunde

Bladsy 25


GMA105 Bestuursrekeningkunde

•E1: Organisational management •P1: Management accounting 1. •F1: Financial reporting and taxation Operational •Operational case study exam level •E2: Project and relationship management •P2: Advanced management accounting 2. •F2: Advanced financial reporting Management •Management case study exam level

3. Strategic level

•E3: Strategic management •P3: Risk management •F3: Financial strategy •Strategic case study exam

Figuur 1.5: Uiteensetting van die CIMA professionele kwalifikasie (Aangepas vanuit CIMA Global, 2014. http://www.cimaglobal.com/Study-with-us/CIMA-ProfessionalQualification/Syllabus-and-assessment/)

Aangesien bestuursrekeningkunde beskou word as ondersteunend tot die besluitneming van bestuur moet dit beklemtoon word dat bestuursrekenmeesters nie slegs binne die finansiële funksie (departement) werk nie, maar eerder kruis-funksionele (cross-functional) spanne werk. Bestudeer paragraaf 5.5.2 (CIMA, 2012: 13) waar hierdie kruis-funksionele rol verduidelik word, asook die impak van ontwikkelinge in inligtingstegnologie en inligtingstelsels wat reeds bespreek is in paragraaf 1.9 van die begeleidingsgids. 1.12 Die ontstaan en agtergrond van CIMA Bestudeer die handboek: •

CIMA studieteks, 2012: Hoofstuk 1: paragrawe 8.1-8.2 (bladsye 19-20)

Buiten CIMA is daar verskeie ander professionele rekeningkundige liggame waarvan die globale organisasie vir die rekeningkundige professie die Internasionale Federasie van Rekenmeesters (International Federation of Accountants (IFAC)) is. Daar is verskeie rekeningkundige liggame wat onder IFAC dien waarvan CIMA een is. Verwys na paragraaf 8.1 in die CIMA studieteks vir ʼn lys van al die hoof rekeningkundige liggame (2012: 19).

Studie-eenheid 1: Die konteks van Bestuursrekeningkunde

Bladsy 26


GMA105 Bestuursrekeningkunde CIMA is die grootste professionele liggaam vir bestuursrekenmeester in die wêreld en is in Londen in die Verenigde Koninkryk (VK) gebaseer. Tans het CIMA nagenoeg 218 000 lede en studente in 177 lande (CIMA, 2014. http://www.cimaglobal.com/About-us/). Paragraaf 8.2 in die CIMA studieteks som die geskiedenis van CIMA goed op (2012: 19). Die hoofpunte van CIMA se geskiedenis is soos volg: •

Ontstaan in 1919 as “The Institute of Cost and Works Accountants” (ICWA)

Verander van naam na “Institute of Cost and Management Accountants” (ICMA) in 1972

Vestig die naam “Chartered Institute of Management Accountants” (CIMA) in 1986.

Lees gerus meer oor CIMA op hulle webwerf: http://www.cimaglobal.com/About-us/. 1.13 Die rol van CIMA as ʼn professionele liggaam vir bestuursrekeningkunde Bestudeer die handboek: •

Drury, 2012: bladsye 14-15

CIMA studieteks, 2012: Hoofstuk 1: paragraaf 8.3 (bladsye 19-20)

CIMA se rol as die grootste professionele liggaam vir geoktrooieerde bestuursrekenmeesters word omskryf in paragraaf 8.3 (CIMA, 2012: 19-20). Die instansie reguleer die aktiwiteite waaraan al die lede deelneem in werksplekke met behulp van ʼn gedragskode (code of practice) , ʼn dissiplinêre komitee en ʼn voortdurende onderwysskema. Die bestuursrekenmeester is uit die aard van die saak, vanweë die sensitiwiteit van die finansiële inligting waarmee hy/sy daagliks werk, onderhewig aan ʼn sekere standaard van etiese gedrag. CIMA het ʼn gedragskode met etiese riglyne vir al die lede opgestel, asook meganismes om etiese gedrag te monitor en af te dwing. Die vyf fundamentele beginsels van die etiese kode sentreer om: •

Integriteit;

Objektiwiteit;

Professionele bevoegdheid en redelike sorg

Vertroulikheid;

Professionele optrede (Drury, 2012: 15 en CIMA, 2012: 20).

Lees deur die etiese riglyne van CIMA op die webwerf by: http://www.cimaglobal.com/Professional-ethics/Ethics/.

Studie-eenheid 1: Die konteks van Bestuursrekeningkunde

Bladsy 27


GMA105 Bestuursrekeningkunde 1.14 Samevatting Die Chartered Institute of Management Accountants (CIMA) is die globale professionele liggaam vir geoktrooieerde bestuursrekenmeesters. Daar is verskeie definisies van bestuursrekeningkunde maar al die definisies kom ooreen dat bestuursrekeningkunde op die voorsiening van akkurate finansiële inligting aan bestuur fokus. Die rol van ʼn bestuursrekenmeester word beskou as ondersteunend tot die besluitnemings-, beplanningsen beheerproses van bestuur. Kostebeheer en beplanning is een van die belangrikste take van ʼn bestuursrekenmeester en behels die klassifikasie van kostes op grond van die beskikbare inligting daaroor. Finansiële inligting word aangewend om finansiële prestasie te bepaal en te meet met behulp van verskeie prestasiemaatstawwe. Die prestasiemaatstawwe word verdeel in kostesentrums, winssentrums, beleggingsentrums en maatskappye sonder winsbejag. Die finansiële inligtingsbehoeftes verskil tussen maatskappye, publieke liggame en die gemeenskap. Die geskiedenis van CIMA sedert die ontstaan daarvan in 1919 in Londen en die rol wat CIMA vervul as die professionele liggaam vir geoktrooieerde bestuursrekenmeesters is ook bespreek. In die volgende studie-eenheid sal daar gefokus word op die identifikasie en klassifikasie van kostes op grond van gedrag. 1.15 Selfevaluering Aktiwiteit 1 Voltooi die 10 meerkeusevrae aan die einde van Hoofstuk 1 (bladsye 22-23) in die CIMA studieteks. Doen ook Vrae 1-5 van die vrae-bank (Question Bank) op bladsy 379 in die CIMA studieteks. Dit is belangrik dat jy nie na die antwoorde kyk voordat jy die vrae heeltemal voltooi het nie, selfs al sukkel jy om die vraag te voltooi. Aktiwiteit 2 Voltooi die volgende hersieningsvrae aan die einde van Hoofstuk 1 (bladsy 22) in die Drury handboek: Vraag 1.1

Vraag 1.7

Vraag 1.2

Vraag 1.8

Vraag 1.3

Vraag 1.9

Studie-eenheid 1: Die konteks van Bestuursrekeningkunde

Bladsy 28


GMA105 Bestuursrekeningkunde

STUDIE-EENHEID 2: KOSTE-IDENTIFIKASIE EN GEDRAG

2.1

Studie-eenheid leeruitkomste

Kennis en begrip Na voltooiing van Studie-eenheid 2 sal jy in staat wees om jou kennis en begrip te demonstreer van die volgende: •

Metodes om koste te identifiseer

Die gedrag van kostes

Vaardighede Jy sal ook in staat wees om: •

Die konsep van ʼn direkte en indirekte koste te verduidelik;

Te Verduidelik waarom die konsep van ʼn “koste” gedefinieer moet word;

Onderskeid te tref tussen historiese koste en die ekonomiese waarde van ʼn bate;

Kostestate vir die toewysing en toedeling van bokoste op te stel;

Direkte, veranderlike en volle (full) kostes van ʼn produk, diens en aktiwiteit te bereken met behulp van oorhoofse absorpsiekoerse om die indirekte kostes toe te deel aan koste-eenhede;

Koste-inligting te benut en toe te pas met prysingsbesluite;

Te verduidelik hoe ʼn koste reageer soos wat ʼn produk-, diens- of aktiwiteitsvlak toeneem of afneem;

Te onderskei tussen vaste, veranderlike en semi-veranderlike kostes;

ʼn Verduideliking te verskaf van wat stapsgewyse kostes (step costs) is en die belangrikheid van tydskale (time scales) in sulke kostes se hantering as vas of veranderlik; en

Die vaste en veranderlike komponente van ʼn semi-veranderlike koste te bereken.

Studie-eenheid 2: Koste-identifikasie en gedrag

Bladsy 29


GMA105 Bestuursrekeningkunde 2.2

Voorgeskrewe handboek

Drury, C. 2012. Management and cost accounting. 8th edition. Cengage Learning EMEA Vir die doeleindes van hierdie studie-eenheid moet jy die volgende afdelings bestudeer: Hoofstuk 2, bladsye 23-34 Hoofstuk 3, bladsye 45-47; 48-63 Hoofstuk 23, bladsye 612-614 BPP Learning Media. 2012. CIMA Study text for level C01: Fundamentals of Management Accounting, 2nd edition. United Kingdom: Polestar Wheatons. Vir die doeleindes van hierdie studie-eenheid moet jy die volgende afdelings bestudeer: Hoofstuk 2, paragrawe 1-4 (bladsy 26-37) Hoofstuk 3, paragrawe 1-3 (bladsy 54-65) Hoofstuk 4, paragrawe 1-7 (bladsy 72-100) Hoofstuk 5, paragrawe 1-3 (bladsy 106-122)

2.3

Verrykende bronne

Accounting Coach, 2014. Beskikbaar by: http://www.accountingcoach.com/manufacturingoverhead/explanation/1 [Besoek 21/01/2015] (Verduideliking van bokoste in ʼn vervaardigingsdepartement). Accounting Coach, 2014. Beskikbaar by: http://www.accountingcoach.com/manufacturingoverhead/explanation/2 [Besoek 21/01/2015] (Metodes om bokoste in ʼn vervaardigingsdepartement toe te deel). Learn cost accounting, 2010. Beskikbaar by: http://learncostaccounting.blogspot.com/2010/03/cost-allocation-and-costapportionment.html [Besoek 30/01/2015] (Die verskil tussen toedeling en toewysing van bokoste)

Studie-eenheid 2: Koste-identifikasie en gedrag

Bladsy 30


GMA105 Bestuursrekeningkunde 2.4

Hoe kan jy jou begrip verbeter?

Jy moet seker maak dat jy die volgende terme verstaan: Sleutelwoord

Omskrywing

Direkte koste

ʼn Koste of uitgawe wat ten volle na ʼn spesifieke produk, diens of departement teruggespoor kan word. Die koste is direk toeskryfbaar aan ʼn kostevoorwerp. Direkte koste sluit direkte materiaal, direkte arbeid en ander direkte uitgawes in.

Indirekte koste

Koste wat aangegaan is tydens die vervaardiging van ʼn produk,

(bokoste)

lewering van ʼn diens of bedrywighede van ʼn departement, maar wat nie direk en ten volle teruggespoor kan word na die produk, diens of departement nie – bestaan tipies uit produksie, administrasie, verkope en verspreidingskoste.

Koste-eenheid

ʼn Basiese eenheid van ʼn produk of diens waaraan sekere kostes toegeskryf word. Dit word ook na verwys as ʼn kwantifiseerbare maatstaf vir ʼn kostevoorwerp.

Kostegedrag

Die wyse waarop ʼn koste verander soos wat aktiwiteitsvlakke verander. Meer in besonder word dit beskou as die veranderinge van insetkostes soos wat aktiwiteite onderneem word.

Kosteklassifikasie

Die verdeling van die elemente van koste in logiese groepe indien die koste se aard (vas, veranderlik, gemeng), funksie (produksie of verkope) en gebruik in die bedrywighede van die sakeonderneming in ag geneem word.

Kostevoorwerp

Enige produk, diens, sentrum, aktiwiteit, kliënt of verspreidingskanaal waar die bepaalde kostes verbonde daaraan vasgestel kan word.

Omskeppingskoste

Direkte arbeid + direkte ander kostes.

Primêre koste

Word bereken as direkte materiaal + direkte arbeid + direkte ander uitgawes. Dit is dus die hoofkomponente waaruit die produk bestaan en mee vervaardig is.

Semi-veranderlike

Kostes wat gedeeltelik vas en gedeeltelik veranderlik is en dus

koste (gemengde

gedeeltelik beïnvloed word deur veranderinge in

koste)

aktiwiteitsvlakke.

Studie-eenheid 2: Koste-identifikasie en gedrag

Bladsy 31


GMA105 Bestuursrekeningkunde

Stapsgewyse koste

Kostes wat slegs binne ʼn sekere aktiwiteitsvlak konstant bly, dus kan die koste vir ʼn bepaalde tydperk voorkom as vas, maar met verdere verloop van tyd kan die koste verhoog of verlaag.

Toedeling

Indien bokoste nie spesifiek na ʼn identifiseerbare kostesentrum

(apportionment)

of kostevoorwerp teruggespoor kan word nie, word die bokoste toegedeel aan verskeie kostesentrums of kostevoorwerpe op grond van ʼn toedelingsbasis (Basic college accounting, 2006. http://basiccollegeaccounting.com/2006/07/what-is-thedifference-between-allocation-and-apportionment/).

Toewysing

Dit behels dat ʼn bokoste direk en na ʼn spesifieke kostesentrum of

(allocation /

kostevoorwerp toegewys kan word. Dit word dus deel van

assignment)

daardie kostesentrum of kostevoorwerp se totale koste (Basic college accounting, 2006. http://basiccollegeaccounting.com/2006/07/what-is-thedifference-between-allocation-and-apportionment/).

Vaste koste

ʼn Koste wat aangegaan is gedurende ʼn sekere tydperk en wat binne ʼn relevante reeks van uitsetvolume onveranderd sal bly ten spyte van veranderinge in aktiwiteitsvlakke.

Veranderlike koste

ʼn Koste wat verander of wissel soos wat ʼn aktiwiteitsvlak verander. Die koste sal direk verander soos wat die volume uitset verander.

Volle koste 2.5

Produksie bokoste + primêre koste

Inleiding

Die prys van ʼn produk of diens moet bepaal word aan die hand van die kostes wat aangegaan is tydens die vervaardiging of lewering daarvan plus dan ʼn bepaalde winsmarge. Die kostes wat aangegaan word in ʼn vervaardigingsmaatskappy moet toegedeel word aan kostesentrums en dan aan kostevoorwerpe. Koste wat toegeken word aan ʼn kostevoorwerp word geklassifiseer in twee breë kategorieë, naamlik direkte en indirekte koste. ʼn Direkte koste word beskou as ʼn koste wat in totaal toegeskryf kan word aan ʼn bepaalde kostevoorwerp. Dit is dus die hoofkomponente waaruit die kostevoorwerp bestaan en wat ingesit is tydens die vervaardiging of lewering daarvan. Indirekte of bokoste is kostes wat aangegaan is tydens die vervaardiging of lewering van die produk, maar nie direk teruggespoor kan word na die kostevoorwerp nie.

Studie-eenheid 2: Koste-identifikasie en gedrag

Bladsy 32


GMA105 Bestuursrekeningkunde Bokoste moet op ʼn bepaalde toedelingsgrondslag toegedeel word na die kostesentrums en kostevoorwerpe met behulp van die absorpsie-kosteberekening. Die totale koste van ʼn kostevoorwerp bestaan uit drie elemente: materiaal, arbeid en ander bokoste. Kosteklassifikasie word gebaseer op vier aspekte, naamlik die aard van die koste, die doel daarvan, die gedrag van die koste soos wat aktiwiteitsvlakke verander en wie verantwoordelik is vir kostebeheer. Die gedrag van die koste soos wat aktiwiteitsvlakke verander, bepaal of ʼn koste as ʼn vaste koste, veranderlike koste of semi-veranderlike (gemengde) koste geklassifiseer word. ʼn Vaste koste bly onveranderd vir ʼn sekere tydperk ongeag die aktiwiteitsvlakke, byvoorbeeld die uitset van die eenhede van ʼn produk. Veranderlike koste wissel weer in direkte verhouding met die aktiwiteitsvlakke. Soos wat aktiwiteitsvlakke toeneem, styg die totale veranderlike koste ook. Semi-veranderlike (gemengde) koste word gedeeltelik beïnvloed deur aktiwiteitsvlakke en bevat dus eienskappe van ʼn vaste en veranderlike koste. Met behulp van die hoog-laag-metode en die spreidingsdiagram-metode (scattergraph method) kan die vaste en veranderlike komponente geskei word van ʼn gemengde koste. 2.6

Kosteklassifikasie as direkte en indirekte koste

Bestudeer die handboek: •

Drury, 2012: bladsye 23-28

CIMA studieteks, 2012: Hoofstuk 2: paragrawe 1.1-1.4; 3.1-3.4; 4.1-4.5 (bladsye 26-28; 30-37)

Kostes wat toegeken word aan sekere kostevoorwerpe (cost objects) kan in twee breë kategorieë verdeel word: direkte en indirekte koste. Voordat daar aanbeweeg word na wat die verskil is tussen ʼn direkte en indirekte koste, is dit nodig om eers ʼn paar belangrike koste-konsepte te begryp. Skep eerstens vir jouself die prentjie van ʼn maatskappy, byvoorbeeld ʼn vervaardiger van voertuie, of ʼn verskaffer van dienste soos Vodacom, of selfs ʼn openbare sektor organisasie soos ʼn hospitaal. In elkeen van hierdie voorbeelde funksioneer daar verskillende departemente. Elkeen van hierdie departemente dien as kostesentrums vir verskillende kategorieë kostes. Bestudeer paragraaf 1.1 in Hoofstuk 2 van die CIMA studieteks vir ʼn voorbeeld van hoe die struktuur van ʼn vervaardigingsmaatskappy sal lyk (bladsy 26). Kostevoorwerpe in paragraaf 1.2 word beskou as enige produk, diens, sentrum, aktiwiteit, kliënt of verspreidingskanaal waar die bepaalde kostes verbonde daaraan vasgestel kan word (CIMA, 2012: 26). Kostevoorwerpe word ook in Drury bespreek as enige aktiwiteit waarvoor ʼn afsonderlike meting van die koste verlang word (2012: 23).

Studie-eenheid 2: Koste-identifikasie en gedrag

Bladsy 33


GMA105 Bestuursrekeningkunde Kostesentrums in paragraaf 1.3 is reeds in Studie-eenheid 1 bespreek. Dit word beskou as die versamelpunte vir kostes voordat dit verder geanaliseer en geallokeer word. Hou in gedagte dat kostesentrums nie letterlik ʼn bepaalde departement hoef te wees nie, dit kan ʼn nuwe projek wees wat beplan word, of selfs ʼn nuwe werknemer. Paragraaf 1.4 in Hoofstuk 2 van die CIMA studieteks omskryf moontlike koste-eenhede vir elke kostesentrum se bepaalde kostevoorwerp. ʼn Koste-eenheid word beskou as ʼn kwantifiseerbare maatstaf vir die kostevoorwerp. Bestudeer die tabel voorsien op bladsy 27 in die CIMA studieteks vir voorstelle van koste-eenhede. Gevallestudie 2.1 Bestudeer die onderstaande organisatoriese struktuur van ʼn relatiewe groot hotel (500 kamers):

Beantwoord dan die volgende vraag met behulp van die organisatoriese struktuur: 1. Watter departemente kan jy identifiseer as die hoof kostesentrums? 2. Wat sal die bepaalde kostevoorwerp(e) vir elkeen van die kostesentrums, oftewel departemente, wees? Antwoord: Departemente word aangedui met die vierde vlak van hierdie struktuur, reg onder die inwoner-bestuurder, en die kostevoorwerpe van elk van die departemente/kostesentrums:

Studie-eenheid 2: Koste-identifikasie en gedrag

Bladsy 34


GMA105 Bestuursrekeningkunde

Skoonmaakdienste (housekeeping) – skoonmaakmiddele, linne, skoonmaak toerusting en masjinerie, personeel.

Voorkantoor (frontoffice) – rekenaar en telefoontoerusting, meubels, skryfbehoeftes; personeel.

Telekommunikasie – internet en landlynkonneksies, programmatuur, rekenaar en telekommunikasietoerusting, personeel.

Ingenieurswese – masjinerie, gereedskap en toerusting vir herstelwerk, personeel.

Sekuriteit – sekuriteitstelsels en toerusting, kluise, rookverklikkers, brandblussers, personeel.

Menslikehulpbronne – programmatuurstelsels, personeel.

Voedsel en drank – voorraad van voedsel en drank, toerusting en gereedskap om voedsel voor te berei, meubels, eetgerei en ander breekware, personeel.

Verkope – personeel, bemarking.

Kontrolering/Inspeksie – personeel, programmatuurstelsels

(Hotel Mule, 2010. Beskikbaar by: http://www.hotelmule.com/forum/attachments/month_1006/10062622130d2de1dfd9dc5329. gif). Alle kostes moet ook eers geklassifiseer word en in ʼn bepaalde kostestelsels (berekeninge) geplaas word – in die geval van direkte kostes sal dit ʼn bepaalde koste-eenheid wees en vir indirekte kostes sal dit ʼn bestemde kostesentrum wees. Koste word geklassifiseer op grond van vier aspekte, soos opgesom in Figuur 2.1 hieronder. Bestudeer paragrawe 3.1-3.4 vir die klassifikasie van kostes volgens vier aspekte daarvan (CIMA, 2010: 30).

Studie-eenheid 2: Koste-identifikasie en gedrag

Bladsy 35


GMA105 Bestuursrekeningkunde

•Subjektiewe klassifikasie op grond van die aard van die koste

•Objektiewe klassifikasie op grond van hoekom die koste aangegaan is

Aard

Doel

Verantwoordelikheid

Gedrag

•Wie is verantwoordelik vir die koste en voer kostebeheer uit?

•Koste verander soos aktiwiteitsvlakke verander

Figuur 2.1: Kosteklassifikasie (Aangepas vanuit CIMA, 2012: bladsy 30)

Kosteklassifikasie vir die waardering van voorraad en die vasstelling van winsgewendheid behels eerstens dat die koste van elke eenheid van ʼn produk of diens bereken word (CIMA, 2012, Hoofstuk 2, paragraaf 4.1, bladsy 31). Die totale koste van ʼn koste-eenheid bestaan uit drie elemente, naamlik: •

Materiaal;

arbeid; en

ander oorhoofse uitgawes.

Hierdie drie koste-elemente word dan gekategoriseer as direkte of indirekte koste. ʼn Direkte koste kan beskou word as ʼn koste wat in geheel direk teruggespoor kan word na ʼn produk, diens of departement. Bestudeer paragraaf 4.2 in Hoofstuk 2 van die CIMA (2012: 31). ʼn Direkte koste word dus direk toegeskryf aan ʼn bepaalde kostevoorwerp. Soos voorheen genoem, is daar drie koste-elemente – materiaal, arbeid en ander uitgawes. Indien die materiaal, arbeid of ander uitgawe direk toegeskryf kan word aan ʼn bepaalde kostevoorwerp soos ʼn produk, word dit beskou as ʼn direkte koste. ʼn Nuwe term word ook gekoppel aan die direkte materiaal, direkte arbeid en direkte ander uitgawes, naamlik die primêre koste van die kostevoorwerp.

Studie-eenheid 2: Koste-identifikasie en gedrag

Bladsy 36


GMA105 Bestuursrekeningkunde

Primêre koste = direkte materiaal + direkte arbeid + direkte ander uitgawes In die geval van ʼn vervaardiger wat grondstowwe aankoop vanaf ʼn verskaffer en dit dan met behulp van arbeid en ander kapitaalinsette (soos masjinerie) omskep in ʼn tasbare produk, sal daar gewoonlik drie soorte voorrade te alle tye wees: •

Grondstowwe

wat aangekoop is en wag om in produksie gebruik te word;

Onvoltooide werkvoorraad (work-in-progress) wat bestaan uit onvoltooide produkte en wag om voltooi te word; en

Voltooide produkte wat ten volle voltooi is en gereed is om verkoop te word (Drury, 2012: 24).

Bestudeer in Drury die verduideliking van direkte materiaalkostes en direkte arbeidskostes – meer spesifiek hoe hierdie kostes gemeet word (dus die koste-eenhede) (2012: 24-25). Hoofstuk 2 se paragraaf 4.2.1 in die CIMA studieteks omskryf ook direkte materiaalkoste in meer besonderhede met behulp van voorbeelde (2012: 31-32). Onthou: direkte materiaal is materiaal wat die hoofkomponent in die samestelling van die produk is. Indien jy daardie materiaalkomponent weglaat, kan die produk nie bestaan nie. Dit kan ook wees dat een produk twee of meer direkte materiaalkomponente toeskryfbaar daaraan het. Klein, weglaatbare materiaalkomponente word beskou as indirekte materiaal en word toegeskryf as bokostes.

Voorbeeld 2.1 Direkte materiaal vorm deel van die primêre koste van die kostevoorwerp. Dit is die hoofkomponent waaruit die vervaardigde produk bestaan. Veral in vervaardigingsmaatskappye moet direkte materiaal akkuraat geïdentifiseer word. Oak Tree Life vervaardig pragtige houttafels vanuit eikehout met staalpote soos die tafel hieronder.

Studie-eenheid 2: Koste-identifikasie en gedrag

Bladsy 37


GMA105 Bestuursrekeningkunde

Die direkte materiaalkoste van hierdie tafel is: •

Die eikehout, en

staal vir die pote.

Dit is moontlik vir een produk (kostevoorwerp) om uit twee of meer direkte kostekomponente te bestaan. Die indirekte materiaal koste wat onbeduidend is en as bokoste beskou word is: •

gom wat gebruik is om die eikehoutplanke aan mekaar vas te plak;

politoer of seëlmiddels om die hout te beskerm;

spykers of skroewe wat gebruik is om die blad aan die pote vas te maak; en

rubber wat onder die pote geplaas word om die tafel stabiel te maak.

(Oak Tree Life, 2013. Beskikbaar by http://oaktreelife.com/various-reclaimed-woodcounter-height-dining-table-ideas/fancy-wooden-height-table-with-tube-steel-legs-andsquare-legs-for-weight-bearing/). Direkte arbeid word bespreek in Hoofstuk 2, paragraaf 4.2.2 in die CIMA studieteks (2012: 32). Direkte arbeid vorm deel van die primêre koste van ʼn kostevoorwerp en word geïdentifiseer as arbeiders/werknemers wat direk die toestand, bouvorm of samestelling van die produk verander. Dit sluit ook inspekteurs in wat spesifiek net aan die een produk (kostevoorwerp) verbonde is. Ander direkte uitgawes wat toegeskryf kan word aan ʼn bepaalde kostevoorwerp en deel vorm van die primêre koste daarvan word gedefinieer in paragraaf 4.2.3 (CIMA, 2012: Hoofstuk 2, bladsy 32). Dit kan relatief moeilik wees om ʼn koste te identifiseer as ʼn direkte

Studie-eenheid 2: Koste-identifikasie en gedrag

Bladsy 38


GMA105 Bestuursrekeningkunde koste indien dit nie materiaal of arbeid is nie. Vra jouself deurentyd af of die kostevoorwerp (produk of diens) sal kan bestaan sonder die bepaalde koste en of die koste direk teruggespoor kan word na die kostevoorwerp. Indirekte koste kan nie spesifiek geïdentifiseer word as eksklusief toeskryfbaar aan ʼn bepaalde kostevoorwerp nie. Dit sluit in die drie koste-elemente van indirekte materiaal, indirekte arbeid en indirekte (oorhoofse) uitgawes (Drury, 2012: 25). Paragraaf 4.3 in Hoofstuk 2 van CIMA (2012: 32) definieer indirekte of bokoste en beeld uit hoe die totale koste van ʼn produk of diens geanaliseer kan word, naamlik: Totale koste = direkte of primêre kostes + indirekte of bokoste Bestudeer paragrawe 4.3.1-4.3.4 in Hoofstuk 2 van die CIMA studieteks waar verskeie voorbeelde van indirekte of bokoste bespreek word soos produksiebokoste, administrasiebokoste, verkopebokoste en verspreidingsbokoste (2012: 33-34). Figuur 2.1 in die Drury handboek beeld ook uit hoe vervaardigings- en nievervaardigingskostes saamgestel word (2012: 26). Dit kan beskou word as die direkte en indirekte koste van vervaardiging. Direkte arbeid en direkte ander kostes word gesamentlik na verwys as die omskeppingskoste waar die grondstowwe omskep word in voltooide produkte. Omskeppingskoste = direkte arbeid + direkte ander kostes Verwys na Figuur 2.2 hieronder vir ʼn opsomming van koste-konsepte en klassifikasie.

Kostesentrum (departement of nuwe produk) waar kostes akkumuleer

Kostevoorwerp soos 'n produk of diens waaraan kostes gekoppel is

Koste-eenhede wat die koste per kosteeenheid meet

Klassifiseer as produk of tydperk (period) koste

Verdeling van kosteelemente in direkte of indirekte kostes

Koste-elemente: materiaal, arbeid en ander uitgawes

Figuur 2.2: Koste-konsepte en klassifikasie (Outeur, 2015)

Studie-eenheid 2: Koste-identifikasie en gedrag

Bladsy 39


GMA105 Bestuursrekeningkunde

Oefening 2.1 Maak seker dat jy al die kosteterme en kosteklassifikasies onder die knie kry en probeer dan die oefeninge doen wat deurlopend in Hoofstuk 2 van die CIMA studieteks gegee word: •

Kostesentrums of koste-eenhede, bladsy 28

Primêre koste, bladsy 33

Direkte en indirekte arbeidskoste, bladsy 34

Direkte arbeidskoste, bladsy 35

Verwys gerus ook na die diagram voorsien in paragraaf 4.4 van die CIMA studieteks (2012: 36) om te differensieer tussen die verskillende soorte koste. Wanneer die finansiële state van ʼn maatskappy opgestel word en die toevallingsbeginsel van rekeningkunde toegepas moet word, is dit nodig om kostes verder te klassifiseer as produkkostes of tydperk-kostes (period costs). Paragraaf 4.4 in Hoofstuk 2 lig die verskil tussen produk- en tydperk-kostes uit (CIMA, 2012: 35-36). Produkkostes word toegeskryf aan voltooide produkte wat vervaardig is vanuit die koste-elemente (materiaal, arbeid en ander uitgawes). Tydperk-kostes is kostes wat as uitgawes vir die huidige tydperk afgeskryf word. In Drury word die onderskeid tussen produk- en tydperk-kostes ook getref met behulp van ʼn vervaardigingsmaatskappy as voorbeeld in Figuur 2.2 (Drury, 2012: 27). Werk ook deur Voorbeeld 2.1 in Drury waar ʼn winsstaat vir ʼn vervaardigingsmaatskappy opgestel word (2012: 28). Daar sal in meer besonderhede na ʼn kostestaat in latere paragrawe van hierdie eenheid gekyk word. Klassifikasie van kostes volgens die funksie wat dit verrig behels dat kostes as vervaardigingskoste, administrasiekoste of bemarkings- en verspreidingskoste geklassifiseer word. Die aktiwiteit wat die koste tot gevolg gehad het word beskou as die funksie waarvolgens dit geklassifiseer word. Bestudeer paragraaf 4.5 in Hoofstuk 2 van die CIMA studieteks in hierdie verband (2012: 36). Oefening 2.2 Die klassifikasie van koste ten opsigte van ʼn vervaardigingsmaatskappy se uitgawes wat aangegaan is, word in die oefening op bladsy 37 van Hoofstuk 2 in die CIMA studieteks (2012: 37) getoets.

Studie-eenheid 2: Koste-identifikasie en gedrag

Bladsy 40


GMA105 Bestuursrekeningkunde Definisie van ʼn koste

2.7

Bestudeer die handboek: •

Drury, 2012: bladsy 23

CIMA studieteks, 2012: Hoofstuk 2: paragraaf 2.3 (bladsy 29)

Die term “koste” moet gedefinieer word ten einde betekenis daaraan te kan heg en kosteklassifikasie te kan uitvoer. ʼn Bepaalde koste moet gekwalifiseer en geklassifiseer word sodat soortgelyke kostes gegroepeer kan word om ʼn doeltreffende stelsel vir die insameling en analise van kostes te ontwerp. Die term “koste” word deur Drury omskryf as ʼn monetêre maatstaf van die hulpbronne wat opgegee of verbeur word om ʼn bepaalde doelwit te bereik, byvoorbeeld om grondstowwe aan te koop (2012: 23). Bestudeer ook paragraaf 2.3 in Hoofstuk 2 van die CIMA studieteks (2012: 29). Die historiese koste en ekonomiese waarde van ʼn bate

2.8

Bestudeer die handboek: •

Drury, 2012: bladsye 33-34

CIMA studieteks, 2012: Hoofstuk 2: paragrawe 2.1-2.2 (bladsye 28-29)

Rekeningkundige transaksies verbonde aan kostes word te boek gestel teen die historiese koste. ʼn Koste kan egter ook gemeet word in terme van die ekonomiese waarde daarvan. Die historiese koste word beskou as die prys wat oorspronklik betaal is toe die transaksie plaasgevind het. Die ekonomiese waarde is die huidige markwaarde van daardie koste of transaksie wat gaan plaasvind. Oefening 2.3 Identifiseer drie produkte of dienste wat jy die afgelope vyf jaar gekoop of van gebruik gemaak het. Wat was die prys wat jy daarvoor betaal het vyf jaar gelede en wat sal jy nou daarvoor betaal? Die prys wat jy vyf jaar gelede betaal het word beskou as die historiese koste en die prys wat jy vandag daarvoor sal betaal word beskou as die ekonomiese waarde. ʼn Koste kan ook te boek gestel word teen die ekonomiese koste daarvan (CIMA, 2012, paragraaf 2.1.1, bladsy 29). ʼn Alternatiewe term daarvoor is geleentheidskoste. Geleentheidskoste is die koste wat ʼn geleentheid sou kos maar wat nou verlore is aangesien ʼn alternatiewe opsie gekies is. Bestudeer Drury vir ʼn verduideliking van geleentheidskoste en Voorbeeld 2.2 op bladsye 33-34.

Studie-eenheid 2: Koste-identifikasie en gedrag

Bladsy 41


GMA105 Bestuursrekeningkunde 2.9

Die toedeling van bokoste

Bestudeer die handboek: •

Drury, 2012: bladsye 45-47

CIMA studieteks, 2012: Hoofstuk 4: paragrawe 1-3 (bladsye 72-80)

Soos daar reeds uitgelig is, word kostes hoofsaaklik gekategoriseer as direkte of indirekte koste. Direkte kostes kan ten volle en met gemak teruggespoor word na die kostevoorwerp (voltooide produk) en word beskou as die hoofkomponente waarsonder die produk of diens nie sou kon bestaan nie. Indirekte kostes, ook bekend as bokoste, is kostes wat aangegaan is tydens die vervaardiging van die produk of lewering van die diens maar wat nie ten volle teruggespoor kan word na die produk of diens nie. In paragraaf 1 van Hoofstuk 3 in die CIMA studieteks (2012: 72) word daar ʼn voorbeeld voorsien van ʼn onderneming wat koeke bak en verkoop. Ten einde die volle koste van elke koek of departement te bereken en te bepaal of die koeke teen ʼn wins of verlies verkoop word, moet daar ʼn metode gevind word om bokoste toe te deel aan die koeke of departemente. Die toewysing (allocation) van direkte en indirekte (bo-) koste word ook bespreek in Drury (2012: 45). Daar word spesifiek van die term kostetoewysing (assignment/allocation) gebruik gemaak. Kostetoewysing is van toepassing op bokoste aangesien die kwantiteit van oorhoofse hulpbronne (byvoorbeeld elektrisiteit en water) wat verbruik is deur die kostevoorwerp nie direk gemeet of teruggespoor kan word nie. Daar word dan van ʼn spesifieke kostedrywer of toewysingsgrondslag gebruik gemaak om die bokoste toe te deel. Indien die kostedrywer of toewysingsgrondslag ʼn beduidende bepalende grondslag (determinant) is van die bokoste word die toewysing genoem ʼn oorsaak-en-gevolgtoewysing. Indien die kostetoewysingsgrondslag nie so ʼn beduidende determinant van die bokoste is nie word daarna verwys as arbitrêre toewysing. Verwys na Figuur 3.1 in Drury (2012: 45). Daar is twee soorte kostetoewysingstelsel wat gebruik kan word om kostes toe te deel aan kostevoorwerpe (Drury, 2012: 46). Bestudeer Figuur 2.3 hieronder.

Studie-eenheid 2: Koste-identifikasie en gedrag

Bladsy 42


GMA105 Bestuursrekeningkunde

Kostetoewysingsberekening

DIREKTE KOSTE: Direkte kosteberekening (ook genoem marginale of veranderlike kosteberekening)

DIREKTE & INDIREKTE KOSTE: Absorpsiekosteberekening

Tradisionele kosteberekening

Aktiwiteitsgebaseerde kosteberekening

Figuur 2.3: Koste toewysingsberekeninge (Aangepas vanuit Drury, 2012: bladsy 46)

Bestudeer die regte-wêreld-siening 3.1 en die twee redes waarom verskillende kostes toegewys word deur vervaardigingsmaatskappye (Drury, 2012: 46-47). Daar word spesifiek gefokus op die absorpsiekosteberekening vir die toedeling van bokoste in paragrawe 2 en 3 in die CIMA studieteks. Identifiseer eerstens die verskillende kostesentrums en of daar spesifiek bokostes is wat aan die kostesentrum toegedeel kan word. Verwys na die Voorbeeld 2.1 in Hoofstuk 3 van die CIMA studieteks (2012: 72-73). Paragraaf 3 van Hoofstuk 3 in die CIMA studieteks (2012: 73) verwys na die tweede stap van die absorpsiekosteberekening, naamlik bokostetoedeling (apportionment). Bokostetoedeling (apportionment) is ʼn twee-fase proses soos opgesom in Figuur 2.4 hieronder. Bestudeer paragrawe 3.1-3.2 en veral die voorbeelde in paragrawe 3.1.2 en 3.2.1 in die CIMA studieteks (2012: bladsye 73-80).

Studie-eenheid 2: Koste-identifikasie en gedrag

Bladsy 43


GMA105 Bestuursrekeningkunde

Fase 1: Toedeling van algemene bokoste

•Identifiseer kostesentrums en die bokoste van elkeen •Sekere bokostes behoort aan die algemene bokostesentrum en moet verdeel word onder die ander kostesentrums •Besluit op die grondslag van die toedeling (byvoorbeeld vloerruimte beset, arbeidsure gewerk) Totale bokoste •Formule: × waarde Totale waarde van toedelingsbasis van spesifieke kostesentrum se toedelingsgrondslag

Fase 2: Dienskostesentrums se kostetoedeling

•Behels die toedeling van diensdepartement se bokoste na die produksiedepartement •Besluit op die grondslag van die toedeling (byvoorbeeld direkte arbeidsure, ure se herstelwerk uitgevoer) •Twee metodes vir fase 2-toedeling: direkte metode en herhaalde verspreidingsmetode

Figuur 2.4: Toedeling van bokoste met die absorpsiekosteberekening (Aangepas vanuit CIMA, 2012: 73-80)

2.10 Direkte, veranderlike en volle koste van ʼn produk, diens en aktiwiteit Bestudeer die handboek: •

Drury, 2012: bladsye 49-63

CIMA studieteks, 2012: Hoofstuk 4: paragrawe 4-7 (bladsye 80-100)

Nadat die twee-fase-toedeling van bokoste plaasgevind het, is die volgende fase met die absorpsiekosteberekening om hierdie bokoste te laat absorbeer in die koste van produksie of verkope. Produksiebokoste word getel by die primêre koste (direkte materiaal, arbeid en ander uitgawes). Bestudeer paragraaf 4.1 in die CIMA studieteks (2012: 80). Fabriekskoste of volle koste van produksie = produksie bokoste + primêre koste ʼn Voorafbepaalde absorpsiekoers word gebruik om die bokoste toe te deel (te laat absorbeer) na produksiekoste. Bestudeer paragraaf 4.2 in Hoofstuk 4 van die CIMA studieteks vir die verskillende redes waarom die absorpsiekoers vooraf bepaal word. Paragraaf 4.3 verduidelik hoe die voorafbepaalde absorpsiekoers bereken word. Die algemene berekening van die absorpsiekoers is: begrote bokoste begrote aktiwiteitsvlak

Studie-eenheid 2: Koste-identifikasie en gedrag

Bladsy 44


GMA105 Bestuursrekeningkunde Die geskikte absorpsiegrondslag is die basis wat op ʼn realistiese wyse die eienskappe van die kostesentrum uitbeeld soos bespreek in paragraaf 4.4 van Hoofstuk 3 (CIMA, 2012: 81-82). Die algemeenste absorpsiegrondslag vir vervaardigers is direkte arbeid se uurlikse koers of die masjiene se uurlikse koers. Bestudeer die voorbeeld in paragraaf 4.5 (CIMA, 2012: 82). Soos duidelik is uit die voorbeeld kan daar verskillende absorpsiegrondslae wees. Die impak wat verskillende absorpsiegrondslae kan hê op die koste van ʼn individuele produk word bespreek in paragraaf 4.6 (CIMA, 2012: 83). Die twee-fase toewysingsproses (allocation) vir tradisionele en aktiwiteitsgebaseerde kosteberekeninge word breedvoerig behandel in Drury vanaf bladsy 50-59. Bestudeer Figuur 3.3 op bladsy 50 vir ʼn opsomming van die twee-fase toewysingsproses. Vir ʼn tradisionele kosteberekening is die twee-fase toewysingsproses soos volg: •

Stap 1: Toewysing van alle produksiebokoste van die produksie- en dienskostesentrums;

Stap 2: Toewysing van koste toegeskryf aan dienskostesentrums na die produksiekostesentrums;

Stap 3: Berekening van afsonderlike oorhoofse koerse vir elke produksiekostesentrum;

Stap 4: Toewysing van kostesentrumbokoste na produkte of ander kostevoorwerpe.

Die twee-fase toewysingsproses vir ʼn aktiwiteitsgebaseerde kosteberekening verskil in sekere opsigte van die tradisionele kosteberekening (Drury, 2012: 57-59). Die vier stappe is dieselfde met enkele uitsonderings soos dat daar meer kostesentrums is in die eerste stap; die kostedrywers of toewysingsgrondslag is meer en bokoste word toegedeel aan aktiwiteite en nie departemente nie. Die aktiwiteitsgebaseerde kosteberekening (ABC) word in meer besonderhede bespreek in paragrawe 7.1.1-7.2.4 van Hoofstuk 4 in die CIMA studieteks (2012: 94-100). Bestudeer veral paragraaf 7.2.3 wat die stappe toon van hoe produkkoste met die aktiwiteitsgebaseerde kosteberekening bereken word en paragraaf 7.2.4 wat die voorbeeld bevat. Omvattende (blanket) absorpsiekoerse is ʼn absorpsiekoers wat regdeur die hele fabriek en vir alle uitseteenhede gebruik word. Dit is egter nie voldoende om van ʼn omvattende absorpsiekoers gebruik te maak nie aangesien nie elke uitseteenheid ewe veel tyd in elke kostesentrum spandeer nie. Bestudeer paragrawe 5.1-5.3 in Hoofstuk 4 wat handel oor omvattende absorpsiekoerse se regverdigheid en die uitwerking van afsonderlike absorpsiekoerse (CIMA, 2012: 87-89). Drury bespreek ook omvattende (blanket) of aanleg-

Studie-eenheid 2: Koste-identifikasie en gedrag

Bladsy 45


GMA105 Bestuursrekeningkunde wye (plant-wide) oorhoofse koerse op bladsy 49. Voorts word die kwessie van werklike en begrote oorhoofse koerse ook bespreek in Drury (2012: 60-61). Oorhoofse absorpsiekoerse word bereken op grond van begrote syfers en die werklikheid verskil dikwels van begrotings. Werklike bokoste sal groter of kleiner wees as die bokoste wat geabsorbeer is in die koste van produksie. Dus vind daar oor- of onder-absorpsie plaas. Bestudeer paragrawe 6.1-6.3 in Hoofstuk 4 van die CIMA studieteks (2012: 90-94). Werk veral deur die voorbeelde voorsien in paragrawe 6.1 en 6.3, onthou die “NOPU”-reël en maak seker jy verstaan die berekeninge. Drury bespreek ook oor- en onder-absorpsie van bokoste (2012: 62-63) en voorsien ʼn uitbeelding daarvan in Figuur 3.4 op bladsy 63 ook.

Oor-absorpsie: begrote bokoste toegedeel, is groter as die werklike bokoste aangegaan

Onder-absorpsie: toedeling van bokoste is onvoldoende (minder) as die werklike bokoste aangegaan

Figuur 2.5: Oor- en onder-absorpsie van bokoste (Aangepas vanuit CIMA, 2012: 89)

Oefening 2.4 Maak ʼn opsomming van bokostetoedeling en probeer dan die oefeninge wat deurlopend gegee word in Hoofstuk 4 van die CIMA studieteks: •

Grondslag vir toedeling, bladsy 73-74

Toedeling van bokoste, bladsy 75-77

Herhaaldelike verspreidingsmetode (repeated distribution), bladsy 79

Wedersydse dienslewering (reciprocal servicing), bladsy 80

Oorhoofse absorpsiekoers, bladsy 83-84

Toewysing, toedeling en absorpsie, bladsy 84-87

Masjien-ure absorpsiekoers, bladsy 89

Studie-eenheid 2: Koste-identifikasie en gedrag

Bladsy 46


GMA105 Bestuursrekeningkunde

Oor- en onder-absorpsie van bokoste, bladsy 93-94

Begrote oorhoofse absorpsiekoers, bladsy 94

Aktiwiteitsgebaseerde kosteberekening (ABC), bladsy 99-100.

2.11 Gebruik van koste-inligting met prysingsbesluite Bestudeer die handboek: •

CIMA studieteks, 2012: Hoofstuk 5, paragrawe 1-3 (bladsye 106-122)

Die marginale koste van ʼn produk sluit slegs die veranderlike kostes in. Die term veranderlike of marginale koste word uitgelig in paragraaf 1.1 in Hoofstuk 5 van die CIMA studieteks (2012: 106) Dit beteken dat die koste nie sou voorkom as die produk of diens nie vervaardig of gelewer is nie. Die marginale koste van ʼn produk sluit in: •

Direkte materiaal;

direkte arbeid, en

veranderlike produksiebokoste

ʼn Tweede belangrike term is “bydrae” (contribution) wat bereken word as die verskil tussen verkope en marginale of veranderlike koste. Bestudeer paragraaf 1.2 in die CIMA studieteks (2012: 106). Paragraaf 2 verduidelik die marginale kosteberekening as ʼn kosteberekening waar slegs die veranderlike koste na koste-eenhede toegeskryf word en vaste koste afgeskryf word as tydperk-koste (period costs) (CIMA, 2012: 107). Vaste koste word beskou as ʼn koste wat nie geaffekteer word deur aktiwiteitsvlakke nie. Dit bly dus konstant. Veranderlike koste, aan die anderkant, verhoog of verlaag weer soos wat aktiwiteitsvlakke fluktueer. Daar sal in paragraaf 2.13 in hierdie gids meer gekyk word na die gedrag van koste. Werk deur die voorbeeld van marginale koste in paragraaf 2.1, bladsy 107-108 in die CIMA studieteks. Dit is belangrik om die gevolgtrekkings uit die voorbeeld in gedagte te hou met soortgelyke berekeninge, naamlik: •

Die wins per eenheid wissel soos wat die vlakke van eenhede verkoop verander;

Die bydrae (contribution) per eenheid bly konstant; die totale bydrae (contribution) verander weer in direkte verhouding tot die eenhede verkoop;

Die beste metode om die verwagte wins te bereken is om eerstens die totale bydrae (contribution) te bereken en dan die vaste koste daarvan af te trek.

Studie-eenheid 2: Koste-identifikasie en gedrag

Bladsy 47


GMA105 Bestuursrekeningkunde Vergewis jouself van die basiese beginsels van wanneer daar ʼn wins, verlies of gelykbreekpunt bereik word in paragraaf 2.2 (CIMA, 2012: 108). Die verskil tussen marginale en absorpsiekosteberekening word duidelik gemaak in paragrawe 2.3 en 2.4 (voorbeeld), bladsy 109-111. Die hantering van die waardasie van eindvoorraad speel ʼn rol in die verskil tussen die twee kosteberekenings, en dan ook natuurlik die absorpsie van vaste bokoste in die koste van produkte. Die prysingsbesluit berus op die twee kosteberekeninge – absorpsiekoste en marginale koste. Elkeen van die twee kosteberekeninge het nadele asook voordele wanneer dit gaan oor die prysingsbesluit van ʼn produk. Paragraaf 3.1 (3.1.1-3.1.4) behandel die volle koste of absorpsiekosteberekening as ʼn metode om ʼn prys te bepaal (CIMA, 2012: 116-119). Die marginale of veranderlike kosteberekening as prysingstrategie word in paragraaf 3.2 (3.2.13.2.3) bespreek (CIMA, 2012: 119-122).

Oefening 2.5 Pas die beginsels van die marginale kostestelsel toe en doen die volgende vrae wat deurlopend in Hoofstuk 5 van die CIMA studieteks voorsien word: •

Bydrae (contribution), bladsy 106

Marginale koste beginsels, bladsy 109

Berekening van wins, bladsy 111-113

Twee benaderings tot die hantering van bokoste, bladsy 113-115

Wins rekonsiliasie, bladsy 115

Winsmarge, bladsy 118

Pryse om ʼn opbrengs op beleggings te genereer, bladsy 119

Winsmarge, bladsy 120

Verkoopsprys en eenheidskoste, bladsy 121

Winsmarge, bladsy 121-122

2.12 Die gedrag van kostes soos produk-, diens- of aktiwiteitsvlakke verander Bestudeer die handboek: •

Drury, 2012: bladsy 29

CIMA studieteks, 2012: Hoofstuk 3: paragraaf 1.1-1.2 (bladsy 54)

Studie-eenheid 2: Koste-identifikasie en gedrag

Bladsy 48


GMA105 Bestuursrekeningkunde Die gedrag van koste word gesien as hoe die koste reageer op veranderinge in aktiwiteitsvlakke. Die koste kan konstant bly (vaste koste), dit kan proporsioneel tot aktiwiteitsvlakke (veranderlike koste) verander, of dit kan ʼn gemengde reaksie toon (semiveranderlike koste). Die amptelike CIMA definisie van die gedrag van koste word verskaf op bladsy 54. Paragraaf 1.1 verduidelik wat aktiwiteitsvlakke is (CIMA, 2012: 54). Dit kan beskou word as die produksievolume; eenhede verkoop; fakture uitgereik of selfs die eenhede elektrisiteit wat verbruik is. Die sakeonderneming se bedrywighede sal gewoonlik bepaal wat die aktiwiteitsvlakke sal wees. Bestudeer ook die basiese beginsel van kostegedrag (paragraaf 1.2), naamlik: soos die aktiwiteitsvlak toeneem, sal die koste ook toeneem (CIMA, 2012: 54). In die Drury handboek word daar meer gefokus op waarom die gedrag van koste belangrik is vir bestuur en hul besluitneming (2012: 29). 2.13 Onderskeid tussen vaste, veranderlike en semi-veranderlike (gemengde) kostes Bestudeer die handboek: •

Drury, 2012: bladsye 29-30; 32-33

CIMA studieteks, 2012: Hoofstuk 3: paragrawe 2.1-2.2; 2.4-2.7 (bladsye 54-62)

Die gedragspatrone van kostes word in paragraaf 2 van Hoofstuk 3 in die CIMA studieteks bespreek. Daar is drie hoofsoorte gedrag wat ʼn koste kan toon: ʼn vaste, veranderlike of semi-veranderlike gedrag. Paragraaf 2.1 bespreek die eerste soort gedrag – die vaste koste (CIMA, 2012: 54). Ongeag die aktiwiteitsvlak sal hierdie tipe koste konstant bly vir ʼn spesifieke tydperk. Soos wat tyd aanbeweeg, sal die vaste koste moontlik verhoog. Die volume uitset (eenhede vervaardig) het geen uitwerking op hierdie tipe koste nie. Voorbeelde word gelys in paragraaf 2.1.1. Verwys ook na die grafiek voorsien op bladsy 55. ʼn Belangrike konsep om egter uit te klaar is dat vaste koste in geheel konstant bly ongeag die eenhede uitset, maar die vaste koste per eenheid sal verminder namate meer eenhede uitset gelewer word. Verwys na die assesseringsfokuspunt op bladsy 55 in die CIMA studieteks vir ʼn verduideliking hiervan. In die Drury handboek sluit Figuur 2.4 ook aan by die vaste-koste-in-totaal-konsep en per-eenheid-konsep (2012: 30). Veranderlike koste verhoog of verlaag soos wat die aktiwiteitsvlakke toeneem of afneem (CIMA, 2012: paragraaf 2.2, bladsy 55). Bestudeer ook Figuur 2.3 in die Drury handboek – dit beeld die volgende konsep uit: veranderlike koste per eenheid is konstant vir elke eenheid, maar die veranderlike koste in totaal verhoog of verlaag soos die aktiwiteitsvlakke verander (2012: 29). Voorbeelde van veranderlike koste word voorsien in paragraaf 2.2.1 van die CIMA studieteks (2012: 56).

Studie-eenheid 2: Koste-identifikasie en gedrag

Bladsy 49


GMA105 Bestuursrekeningkunde Verwys na paragraaf 2.6 vir ʼn grafiese uitbeelding van kostegedrag per eenheid en in totaal vir beide vaste en veranderlik koste (CIMA, 2012: 58-59). Die grafieke van nie-lineêre veranderlike koste in paragraaf 2.4 beeld uit dat die totale veranderlike koste wel ook kan verlaag met elke eenheid wat opmekaar volg (CIMA, 2012: 57). Semi-veranderlike of gemengde koste word gedeeltelik beïnvloed deur veranderinge in aktiwiteitsvlakke. Bestudeer paragraaf 2.5.1 waar voorbeelde verskaf word van hierdie tipe koste (CIMA, 2012: 58). Daar sal later in paragraaf 2.15 van hierdie gids gekyk word na hoe jy die vaste en veranderlike komponente van ʼn gemengde koste kan skei. Aannames oor die gedrag van koste word verduidelik in paragrawe 2.7.1 en 2.7.2 en met behulp van verskeie grafieke vervat in vrae. Daar word aangeneem dat ʼn relevante reeks van aktiwiteitsvlakke bestaan waarin die aannames van kostegedrag met ʼn gelykbreekpuntanalise as geldig beskou word (CIMA, 2012: 59-62). In Drury word daar ook duidelikheid verskaf oor ʼn aantal ander kosteterme en gedrag (2012: 32-33). Bestudeer Tabel 2.1 hieronder vir ʼn opsomming van ander soorte kostes wat voorkom. Soort koste

Omskrywing

Relevante koste en inkomste

Toekomstige koste en inkomste wat nou deur ʼn besluit beïnvloed sal word.

Irrelevante koste en inkomste

Toekomstige koste en inkomste wat nie nou deur ʼn besluit beïnvloed sal word nie.

Vermybare koste (avoidable

Koste wat bespaar kan word deur nie ʼn gegewe

cost)

alternatief te aanvaar nie.

Onvermydelike (unavoidable)

Koste wat nie gespaar kan word nie, ongeag of ʼn

koste

alternatief aanvaar is of nie.

Versonke koste (sunk cost)

Koste wat aangegaan is as gevolg van ʼn besluit in die verlede en wat nie verander kan word deur enige besluit in die toekoms nie.

Tabel 2.1: Opsomming van ander soorte kostes (Aangepas vanuit Drury, 2012: 32-33)

Studie-eenheid 2: Koste-identifikasie en gedrag

Bladsy 50


GMA105 Bestuursrekeningkunde

Oefening 2.6 Maak seker jy is vertroud met die gedrag van kostes volgens hulle aard, funksie en gebruik in die bedrywighede van die sakeonderneming en doen dan die vrae wat deurlopend in Hoofstuk 3 van die CIMA studieteks voorsien word: •

Koste-gedragspatrone, bladsy 57

Vaste, veranderlike en gemengde koste, bladsy 59

Aktiwiteitsvlakke, bladsy 60

Koste-gedragsgrafieke, bladsye 60-61

Gedragsgrafiek, bladsy 61

Kostesoort, bladsy 62

2.14 Stapsgewyse koste (step costs) Bestudeer die handboek: •

Drury, 2012: bladsye 30-31

CIMA studieteks, 2012: Hoofstuk 3, paragraaf 2.3 (bladsye 56-57)

Stapsgewyse kostes is kostes wat slegs binne ʼn sekere aktiwiteitsvlak konstant bly. Bestudeer die omskrywing in Hoofstuk 3 (CIMA, 2012, paragraaf 2.3) wat verduidelik word met behulp van ʼn voorbeeld oor die waardevermindering van masjiene. Paragraaf 2.3.1 lys nog voorbeelde van ʼn stapsgewyse koste. Dit word waarskynlik ʼn stapsgewyse koste genoem vanweë die grafiek lyn wat soos trappe voorkom. Die belangrikheid van tydskale word veral beklemtoon by stapsgewyse kostes. ʼn Koste kan vir ʼn bepaalde tydperk voorkom as vas, maar met verdere verloop van tyd kan die koste verhoog of verlaag. Dieselfde geld met veranderlike kostes oor ʼn korttermyn (CIMA, 2012: 56-57). Drury verduidelik ook stapsgewyse-vastekoste (2012: 30) met behulp van Figuur 2.5, bladsy 31. 2.15 Die vaste en veranderlike komponent van semi-veranderlike (gemengde) kostes Bestudeer die handboek: •

Drury, 2012: bladsye 612-614

CIMA studieteks, 2012: Hoofstuk 3, paragrawe 3.1-3.2 (bladsye 62-65)

Daar is twee metodes om ʼn semi-veranderlike of gemengde koste op te deel in die vaste en veranderlike komponente soos bespreek in paragrawe 3.1 en 3.2 van die CIMA studieteks (2012: 62-65). Hierdie twee metodes word opgesom in Figuur 2.6 hieronder. Studie-eenheid 2: Koste-identifikasie en gedrag

Bladsy 51


GMA105 Bestuursrekeningkunde

Hoog-laag-metode

Spreidingsdiagram-metode

•Totale koste geassosieer met twee uitsetvlakke (hoogste en laagste uitsetvlak) •Verskil in koste tussen twee vlakke veroorsaak deur veranderlike koste wat verhoog •Stappe: 1) Bereken verskil tussen hoogste en laagste vlak se eenhede en totale koste 2) Verskil in koste ÷ verskil in eenhede = veranderlike koste per eenheid 3) Totale koste van hoogste of laagste vlak - veranderlike koste (eenhede × veranderlike koste p/eenheid bereken in stap 2) = vaste koste

•Koste word op die vertikale as en uitsetvolume op horisontale as aangedui •Stappe: 1) Teken (plot) die kostes teenoor die uitseteenhede in 2) 'n Lyn wat die beste pas word met goeie oordeel getrek om deur die middel van die ingetekende (plotted) punte te gaan 3) Punt waar die lyn die vertikale as sny = vaste koste 4) Totale koste van 'n punt wat die naaste aan die ingetekende lyn lê - vaste koste = veranderlike koste 5) Veranderlike koste ÷ eenhede = veranderlike koste per eenheid

Figuur 2.6: Opsomming van die hoog-laag- en spreidingsdiagram-metodes (Aangepas vanuit CIMA, 2012: 62-65)

Bestudeer die voorbeeld voorsien in paragrawe 3.1.1 en 3.2. Let wel dat een stel data gebruik word om met beide metodes die semi-veranderlike koste op te deel (CIMA, 2012: 63 en 65). In Hoofstuk 23 van Drury word hierdie twee metodes ook verduidelik met behulp van voorbeelde 23.2 en 23.3, bladsye 612-614.

Oefening 2.7 Verwys na Figuur 2.6 hierbo vir die stappe van die hoog-laag-metode. Doen dan die vraag in die CIMA studieteks oor die hoog-laag-metode, bladsy 64.

2.16 Samevatting Die uitgawes wat aangegaan word tydens die vervaardiging van ʼn produk of die lewering van ʼn diens moet geklassifiseer word aan die hand van vier aspekte, naamlik die aard van die koste, die doel waarvoor die koste aangegaan is, die gedrag wat die koste toon soos wat aktiwiteitsvlakke verander en laastens, wie in die sakeonderneming verantwoordelik gehou gaan word vir die kostebeheer daarvan. Die eerste twee breë kategorieë waarin koste verdeel word indien dit aan ʼn kostevoorwerp soos ʼn produk of diens toegeskryf word, is direkte en indirekte (of bo-) koste. Die totale koste van ʼn produk of diens bestaan uit drie Studie-eenheid 2: Koste-identifikasie en gedrag

Bladsy 52


GMA105 Bestuursrekeningkunde hoofelemente wat materiaal, arbeid en ander bokoste is. Die materiaal, arbeid en ander oorhoofse uitgawes moet as direkte of indirekte koste geklassifiseer word. Die indirekte of bokoste moet volgens ʼn voorafbepaalde absorpsiekoers toegedeel word aan die kostevoorwerp (produk of diens). Die gedrag wat ʼn koste toon met veranderinge in ʼn aktiwiteitsvlak soos die voltooide produkeenhede wat vervaardig is, dui aan of dit as ʼn vaste, veranderlike of gemengde koste geklassifiseer word. ʼn Vaste koste bly in totaal konstant ongeag die aktiwiteitsvlakke soos eenhede voltooide produkte wat vervaardig is. Veranderlike kostes in totaal wissel weer in direkte verhouding met ʼn toename of afname in aktiwiteitsvlakke. Dan bestaan daar ook kostes wat slegs gedeeltelik beïnvloed word deur veranderinge in aktiwiteitsvlakke. Hierdie kostes is bekend as semi-veranderlik of gemengde kostes en kan met behulp van die hoog-laag-metode of die spreidingsdiagram-metode (scattergraph method) geskei word in die vaste en veranderlike komponent. In die volgende studie-eenheid sal daar gekyk word na finansiële beplanning binne ʼn sakeonderneming met behulp van begrotings en variansie-analise-state. 2.17 Selfevaluering Aktiwiteit 3 Voltooi meerkeuse oefeninge 1-5 aan die einde van Hoofstuk 2 (bladsy 51) in die CIMA studieteks. Doen ook Vrae 6-9 van die vrae-bank (Question Bank), bladsy 379-380 in die CIMA studieteks. Dit is belangrik dat jy nie na die antwoorde kyk voordat jy die vrae heeltemal voltooi het nie, selfs al sukkel jy om die vraag te voltooi. Aktiwiteit 4 Voltooi die volgende hersieningsvrae en probleme aan die einde van Hoofstuk 2 (bladsy 39-41) in die Drury handboek: Vraag 2.1

Vraag 2.16

Vraag 2.2

Vraag 2.17

Vraag 2.4

Vraag 2.18

Vraag 2.5

Vraag 2.19

Vraag 2.6

Vraag 2.20

Vraag 2.8

Vraag 2.23

Vraag 2.9

Vraag 2.24

Vraag 2.10

Vraag 2.25

Studie-eenheid 2: Koste-identifikasie en gedrag

Bladsy 53


GMA105 Bestuursrekeningkunde

Vraag 2.12

Vraag 2.26

Vraag 2.14

Vraag 2.27

Vraag 2.15 Aktiwiteit 5 Voltooi meerkeuse oefeninge 1-10 aan die einde van Hoofstuk 3 (bladsye 66-68) in die CIMA studieteks. Doen ook Vrae 11-15 van die vrae-bank (Question Bank), bladsy 380-381 in die CIMA studieteks. Dit is belangrik dat jy nie na die antwoorde kyk voordat jy die vrae heeltemal voltooi het nie, selfs al sukkel jy om die vraag te voltooi. Aktiwiteit 6 Voltooi die volgende hersieningsvrae en probleme aan die einde van Hoofstuk 3 (bladsy 73-79) in die Drury handboek: Vraag 3.1

Vraag 3.17

Vraag 3.6

Vraag 3.18

Vraag 3.7

Vraag 3.19

Vraag 3.8

Vraag 3.21

Vraag 3.10

Vraag 3.22

Vraag 3.12

Vraag 3.24

Vraag 3.13

Vraag IM3.4

Vraag 3.15

Vraag IM3.6

Vraag 3.16

Vraag IM3.7

Aktiwiteit 7 Voltooi meerkeuse oefeninge 1-10 aan die einde van Hoofstuk 4 (bladsye 102-103) in die CIMA studieteks. Doen ook Vrae 16-20 van die vrae-bank (Question Bank), bladsy 382-383 in die CIMA studieteks. Dit is belangrik dat jy nie na die antwoorde kyk voordat jy die vrae heeltemal voltooi het nie, selfs al sukkel jy om die vraag te voltooi. Aktiwiteit 8 Voltooi meerkeuse oefeninge 1-10 aan die einde van Hoofstuk 5 (bladsye 123-125) in die CIMA studieteks. Doen ook Vrae 21-25 van die vrae-bank (Question Bank), bladsy 383-384

Studie-eenheid 2: Koste-identifikasie en gedrag

Bladsy 54


GMA105 Bestuursrekeningkunde in die CIMA studieteks. Dit is belangrik dat jy nie na die antwoorde kyk voordat jy die vrae heeltemal voltooi het nie, selfs al sukkel jy om die vraag te voltooi.

Studie-eenheid 2: Koste-identifikasie en gedrag

Bladsy 55


GMA105 Bestuursrekeningkunde

WOORDELYS IN AFRIKAANS EN ENGELS

Belangrike vakterminologie word hier in Engels weergegee: Afrikaans

Engels

Absorpsiekosteberekening

Absorption costing system

Aktiwiteitsgebaseerde kosteberekening

Activity based costing (ABC) system

Bokoste

Overhead cost

Kostevoorwerp

Cost object

Maatskaplike verantwoordelikheid

Social responsibility

Marginale kosteberekening

Marginal costing system

Ondernemingshulpbronbeplanning-stelsel

Enterprise resource planning system (ERPS)

Onvermydelike koste

Unavoidable cost

Opbrengs op kapitaal aangewend (OOKA)

Return on capital employed (ROCE)

Optrede

Behaviour

Professionele bevoegdheid

Professional competence

Redelike sorg

Due care

Semi-veranderlike koste (gemengde koste)

Semi-variable cost (mixed cost)

Stapgewyse koste

Step cost

Toedeling

Apportionment

Toewysing

Allocation / assignment

Verantwoordelikheidsrekeningkunde

Responsibility accounting

Vermybare koste

Avoidable cost

Versonke koste

Sunk cost

Vertroulikheid

Confidentiality

Wedersydse dienslewering

Reciprocal servicing

Woordelys in Afrikaans en Engels

Bladsy 56


GMA105 Bestuursrekeningkunde

BRONNELYS Accounting Coach, 2014. Beskikbaar by: http://www.accountingcoach.com/manufacturingoverhead/explanation/1 [Besoek 21/01/2015]. Accounting Coach, 2014. Beskikbaar by: http://www.accountingcoach.com/manufacturingoverhead/explanation/2 [Besoek 21/01/2015]. Accounting-Simplified, 2013. Beskikbaar by: http://accounting-simplified.com/financial/usersof-accounting-information.html [Besoek 15/12/2014]. Basic college accounting, 2006. Beskikbaar by: http://basiccollegeaccounting.com/2006/07/what-is-the-difference-between-allocation-andapportionment/ [Besoek 30/01/2015]. Business Dictionary, 2014. Beskikbaar by: http://www.businessdictionary.com/definition/management-accounting.html [Besoek 05/01/2015]. Chartered Institute of Management Accountants (CIMA), 2014. What is management accounting? Beskikbaar by: http://www.cimaglobal.com/CIMA-in-business/What-ismanagement-accounting/ [Besoek 06/01/2015]. Hotel Mule, 2010. Beskikbaar by: http://www.hotelmule.com/forum/attachments/month_1006/10062622130d2de1dfd9dc5329. gif [Besoek 14/01/2015]. Learn cost accounting, 2010. Beskikbaar by: http://learncostaccounting.blogspot.com/2010/03/cost-allocation-and-costapportionment.html [Besoek 30/01/2015]. Oak Tree Life, 2013. Beskikbaar by http://oaktreelife.com/various-reclaimed-wood-counterheight-dining-table-ideas/fancy-wooden-height-table-with-tube-steel-legs-and-square-legsfor-weight-bearing/ [Besoek: 21/01/2015]. The Coca-Cola Company, 2014. Mission, vision and values. Beskikbaar by: http://www.cocacolacompany.com/our-company/mission-vision-values [Besoek 06/01/2015]. West, E. 2013. Cost overruns raise questions over infrastructure projects. Business Day Live, Januarie 2013. Beskikbaar by: http://www.bdlive.co.za/business/2013/01/04/costoverruns-raise-questions-over-infrastructure-projects [Besoek 07/01/2015].

Bronnelys

Bladsy 57


GMA105 Bestuursrekeningkunde

SELFEVALUERINGSRIGLYNE

Aktiwiteit 1 Gebruik die CIMA studieteks en Drury handboek om jou antwoorde vir die selfevalueringsvrae te vind. Die antwoorde vir die 10 meerkeusevrae verskyn op bladsy 23 in die CIMA studieteks. Die vrae-bank (Question bank) vrae se antwoorde verskyn op bladsy 403 in die CIMA studieteks. Werk eers deur hierdie vrae voordat jy na die volgende studieeenheid beweeg. Aktiwiteit 2 Gebruik die CIMA studieteks en Drury handboek om jou antwoorde vir die hersieningsvrae te vind. Aktiwiteit 3 Gebruik die CIMA studieteks en Drury handboek om jou antwoorde vir die selfevalueringsvrae te vind. Die antwoorde vir die 5 meerkeusevrae verskyn op bladsy 52 in die CIMA studieteks. Die vrae-bank (Question bank) vrae se antwoorde verskyn op bladsy 403 in die CIMA studieteks. Aktiwiteit 4 Vir die antwoorde tot die hersieningsprobleme in die Drury handboek, kyk agter in die handboek vanaf bladsy 702. Aktiwiteit 5 Gebruik die CIMA studieteks en Drury handboek om jou antwoorde vir die selfevalueringsvrae te vind. Die antwoorde vir die 10 meerkeusevrae verskyn op bladsy 69-70 in die CIMA studieteks. Die vrae-bank (Question bank) vrae se antwoorde verskyn op bladsy 404-405 in die CIMA studieteks. Aktiwiteit 6 Vir die antwoorde tot die hersieningsprobleme in die Drury handboek, kyk agter in die handboek vanaf bladsy 702. Aktiwiteit 7 Gebruik die CIMA studieteks en Drury handboek om jou antwoorde vir die selfevalueringsvrae te vind. Die antwoorde vir die 10 meerkeusevrae verskyn op bladsy 126 in die CIMA studieteks. Die vrae-bank (Question bank) vrae se antwoorde verskyn op bladsy 405-406 in die CIMA studieteks.

Selfevalueringsriglyne

Bladsy 58


GMA105 Bestuursrekeningkunde Aktiwiteit 8 Gebruik die CIMA studieteks en Drury handboek om jou antwoorde vir die selfevalueringsvrae te vind. Die antwoorde vir die 10 meerkeusevrae verskyn op bladsy 23 in die CIMA studieteks. Die vrae-bank (Question bank) vrae se antwoorde verskyn op bladsy 406-407 in die CIMA studieteks. Werk eers deur hierdie vrae voordat jy na die volgende studie-eenheid beweeg.

Selfevalueringsriglyne

Bladsy 59


Bestuursrekeningkunde I Handboek • Drury, C. 2012. Management and cost accounting. 8th ed. Cengage Learning EMEA.

B

estuursrekeningkunde behels die voorsiening van finansiële inligting aan belanghebbendes in die sakeonderneming ten einde hulle in staat te stel om besluitneming te fasiliteer en die algehele doeltreffendheid van bestaande bedrywighede te verbeter. Die bestuursrekenmeester se taak behels, onder andere, om lewensvatbare finansiële strategieë daar te stel, korporatiewe doelwitte te formuleer, korttermyn operasionele beplanning uit te voer, finansiering te bekom en dit doeltreffend aan te wend, beheer uit te oefen oor die finansiële departement en risiko te bestuur. In Studie-eenheid 1 word die konteks van bestuursrekeningkunde bespreek. Die verskil tussen bestuursrekeningkunde en finansiële rekeningkunde word uitgelig. Die beheer en beplanning van kostes, beter bekend as koste rekeningkunde, behels dat die aard van kostes geïdentifiseer word, begrotings opgestel word, standaarde met werklike kostes vergelyk word om afwykings te identifiseer en prosesse in plek gestel word om afwykings te bestuur. Bestuursinligting se rol in die sakeonderneming word ook behandel, asook die gebruikers van hierdie inligting. Studie-eenheid 1 word afgesluit met die rol van CIMA (Chartered Institute of Management Accountants) as ʼn professionele liggaam vir bestuursrekenmeesters.

Studie-eenheid 2 fokus op die koste rekeningkunde komponent van bestuursrekeningkunde. Finansiële beplanning en beheer word deur middel van begrotings vir ʼn finansiële jaar uitgevoer. Voordat ʼn begroting egter opgestel word, is dit belangrik vir die bestuursrekenmeester om die gedrag van kostes waar te neem om die kostes te klassifiseer. Die totale koste van ʼn produk kan opgedeel word in drie hoof koste-elemente: materiaal, arbeid en oorhoofse kostes. In Studie-eenheid 3 word beheer en beplanning deur middel van begrotings behandel. Dit behels die vasstelling van teikens en standaarde in terme van produksie en winsgewendheid en die analise van afwykings tussen werklike en begrote resultate om die finansiële en operasionele prestasie van die onderneming te meet. Koste- en rekeningkundige beheerstelsels soos standaardkoste, proseskoste, taakkoste en spulkosteberekeninge (batch costing) word behandel in Studie-eenheid 4. In die finale studie-eenheid word spesifieke besluitnemingshulpmiddels in beleggingsprojekte bespreek en hoe om die produksiekapasiteit te verander en voorraadvlakke te beheer. Tegnieke beskikbaar vir besluitneming is, onder andere, koste-volume-wins-analise, gelykbreekpunt-analise, netto huidige waarde en die interne opbrengskoers.

www.akademia.ac.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.