
3 minute read
Vir Larries oor Larries
from Avanti 1 2023
by Avanti
Redaktrise, Bianca van der Walt
Die Avanti se redaktrise, Bianca van der Walt, stel graag die hoofredaksie voor Skryf is nie ‘n proses wat alleen gedoen word nie. Daar is dikwels meer as een individu wat dink en help skaaf aan ’n skryfstuk. Skryf help ons ook om ons horisonne te verbreed en verder as ons eie brilrame te kyk. Deur middel van skryf, versprei ons ons vlerke, leer nuwe style en strewe na verbetering. Soos die gesegde lui: “Writing gives second chances” Hierdie jaar is ek, as redaktrise van die Avanti, ongelooflik bevoorreg om ‘n goeie span langs my te hê Hierdie span sien skryfwerk as ’n saak van erns en ’n liefdestaak, want skryf oorskry grense. Die hoof-redaksiespan bestaan uit die volgende skrywers:
Advertisement


Ek, Bianca van der Walt, is die redaktrise. Van ‘n diverse skryfstyl, perk ek myself in tot informatiewe, emotiewe artikels. Ek sien myself hoofsaaklik as skrywer, aangesien ek te min tyd kry vir lees, maar ek glo ook ’n mens moet genoeg lees om goed te kan skryf Hoe meer ek skryf, hoe meer besef ek dat die redigeringsproses belangriker is as die skryfproses, aangesien dit ruimte bied vir leer en verbetering My leuse vir vanjaar se Avanti is: “Ons skryf oor Larries vir Larries”.

Iris Saunders, subredaktrise – ons eie Kalynn Bayron.
Ek hoop dat elke Larrie vanjaar hul hawe in die Avanti sal vind en ontdek dat daar vir elkeen se voorkeure voorsiening gemaak word wanneer dit kom by lees.
Liana Human, nuusredaktrise – ons eie Fanie Viljoen. Liana is ’n merkwaardige skrywer wat feitlike artikels verkies. Sy beskou haarself as ’n kranige leser, maar doen haar deel as skrywer en mentor vir minder ervare skrywers op die redaksie. Sy geniet dit om ander mense in te lig - veral die Larries - asook om haar idees te deel Liana se idees oor La Rochelle lui: “La Rochelle is ’n hoërskool met fantastiese geleenthede. Moenie dat daardie geleenthede deur jou vingers glip nie.”
Dit is egter nie net ek en Liana wat die Avanti-skip stuur nie. Verskeie joernaliste, kunstenaars, fotograwe en veral ons subredaktrises speel ’n belangrike rol in die sukses van die publikasie. Ons stel graag ons subredaktrises ook aan die Larriefamilie bekend
Nuusredaktrise, Liana Human
As leser wat glo in die gevoel wanneer ’n mens die perfekte woord vind om jouself uit te druk, is Iris een van ons buite die boks skrywers Sy sien die wêreld uit ’n ander perspektief: díé waarin metaforiese kinkels dikwels hul verskyning maak Sy is ‘n filosofiese denker en dit is duidelik wanneer ’n mens haar skryfwerk lees. Iris laat ’n leser nadink, wonder oor die lewe, en sy gee ook haar woorde vrye teuels om ’n verskil te maak.
Rizia Seria, subredaktrise – ons eie Sally Rooney.
Nie net is Rizia iemand wat haar gedagtes goed en fluks bymekaar kan maak nie, maar sy is ook ‘n uitstekende skrywer en redaktrise. As een van ons Engelse subredaktrises, vind sy altyd woorde vir dit wat die Larries as familie voel en beleef. Sy beskou haarself as ‘n leser wat maklik in haar eie wêreld weggevoer kan word. Sy hou daarvan om haar skryfwerk te kan manipuleer totdat sy tevrede is daarmee. Rizia glo dat almal moet skryf. Maak nie saak of daar geen denke agter die woorde is nie - skryf net. Begin ’n joernaal en skryf. Somtyds is skryfwerk die beste terapie en is dit verniet!
Rachel Jewell, subredaktrise – ons eie Holly Jackson.

Rachel is ‘n Engelse redaktrise, wat haar uitstekend van haar taak kwyt As ’n ywerige leser vind sy haarself dikwels tuis in woorde en hul betekenisse Sy sien haarself meer as ‘n redaktrise aangesien sy blootstelling aan ander skryfstyle geniet en dit interessant vind Soos die meeste van ons skryf Rachel beter onder druk. Rachel wil graag hê mense moet weet ongeag wat hulle lees – feite of fiksie – hulle is waardige lesers.

Kelsey van Sitters, sub-redaktrise – ons eie Dean Koontz.
As een van ons Engelse subredaktrises laat Kelsey nie toe dat enigiets in haar pad staan nie. Sy is altyd gevul met entoesiasme wat duidelik in haar skryfwerk sigbaar is. Kelsey sien skryfwerk as ’n vorm van kuns wat die verbeelding aangryp en vrye teuels gee om net op sy eie te kan funksioneer Sy skryf graag haar artikels in ’n storie-formaat en is ’n uitstekende storieverteller Kelsey glo die Avanti bied elke leerder ’n kans om iets te vind waarvan hulle hou, iets wat hulle nuuskierigheid prikkel, hul denke se wiele laat draai en die verbeelding kan laat hardloop.
kwaardige oomblikke vir die Avanti in. ’n Jaar gevul met die boeke oorskryf en nuwe herinneringe maak. ’n Jaar gevul met stories en artikels wat elke Larrie laat voel sy pas êrens in. Die redaksiespan van 2023 gee die Larries iets om te lees, om na uit te sien asook om te voel dat hulle hul plekkie in die Larrie-blomtuin ontdek het. Ons skryf vir Larries oor Larries!
