
3 minute read
Skote klap by Interhuis
from Avanti 1 2023
by Avanti
La Rochelle se somersport-seisoen het weggespring met ’n vinnige spoed tydens die Interhuis atletiekbyeenkoms en die Interhuis gala.
Op 23 en 25 Januarie het al die huisgroepe op die veld en baan hul kragte teen mekaar opgeweeg Die deelneemers het met ’n goeie gees en deursettingsvermoë hul spanne verteenwoordig.
Advertisement
Die Daisies het gesweet om hul plek in die nuwe skool vol te staan en toe die skoot klap hul goed van hul taak gekwyt. Enya Binneman was die beste baanatleet vir dogters O/14 en het 27 punte vir Murray los gehardloop Murray spog met nog ’n pragprestasie: Theresa Botha was die beste veldatleet en het 18 punte vir haar huis ingevorder. Murray was nie die enigste span wat geskitter het nie. Pride het ook uitgeblink met Ninke Coetzee wat 26 punte ingesamel het en die prys vir die veelsydigste O/14-atleet gewen het Sy lewer ook die beste O/14-vertoning volgens die ASA-tabel. Ninke hardloop die 90m-hekkieswedloop in 14,75 sekondes en verdien sodoende 829 punte op die ASA-tabel. Die rooi span se O/15’s het stof in die ander se oë geskop Cillie wen al die O/15-pryse Kylie Basson het die tydhouer laat bontstaan met die 28 punte wat sy op die baan opgestapel het. Sy was die beste O/15baanatleet. Sy verdien ook die meeste punte op die ASA-tabel vir O/15. Haar 90m-hekkies-vertoning in 13 42 sekondes het haar ASA-tabeltelling laat spring tot 904 ASA-punte Caitlyn Petzer samel 23 punte in en wen die prys vir die beste veldatleet. Die veelsydigste O/15-atleet was Leyla Wagner wat 25 punte bygedra het tot haar span se oorwinning. By die O/17’s was Cillie “on fire”, maar De Villiers was die “extinguishers” Die toekenning vir die beste baanatleet is deur Kiera-Lee Abrahams en Mia Wilson gedeel. Hulle het hul hakke gelyk ingekap om 25 punte elk by Cillie se totaal by te voeg. Cornelia Destroo van De Villiers het 25 punte ingesamel en die prys vir die beste veldatleet verower Sy gooi ook die beste O/17-vertoning volgens die ASA-tabel Haar diskus-prestasie van 40,74m besorg haar 902 ASA-punte. Die veelsydigste baanatleet was Cara Wilson wat haar plek op die veld en baan volgestaan het en 24 punte vir Cillie opgestapel het
Liana Human
Die matrieks het die klok aangehoor by die Interhuis atletiekbyeenkoms. Hulle het die geleentheid met albei spykerskoene vasgetrap. Die kompetisie was kop aan kop tussen die huise Juané le Roux van Pride en Emily Williams van Cillie het 28 punte vir hul onderskeie huisgroepe uitgesweet en die toekenning vir die beste baanatleet gedeel. 27 punte is deur Miclynn Africa van Murray op die veld aangeteken. Dit het aan haar die toekenning vir die beste O/19veldatleet besorg. Die veelsydigste O/19-atleet was Juané le Roux van Pride wat 28 punte ingesamel het. Angie Pietersen van Cillie lewer die beste O/19vertoning volgens die ASA-tabel. Sy kry 844 punte op die tabel toe sy die eindstreep van die 100m-wedloop binne 12 20 sekondes oorsteek
Die algehele wenner van die Interhuis atletiekbyeenkoms was sportmanskap en deelname, waartydens Cillie uitgeblink het. Nie net was die byeenkoms ’n goeie wegspring vir die atletiekseisoen nie, maar dit het ook die stemme vir 4M opgewarm. Die Interhuis swemgala het op 31 Januarie plaasgevind. Die opkoms was uitstekend en elke huis het verskeie swemmers gebring om Cillie die stryd aan te sê. Swem is nie die maklikste sport nie. Dit vereis ’n see vol oefening, ’n swembad vol fiksheid, ’n plaspoel vol tegniek, longe vol uithouvermoë en ’n swemkep vol talent Cillie se swemmers het die regte kombinasie gehad en water in die ander se oë gespat. Murray het ’n teengolf veroorsaak, maar Cillie het die golf tot oorwinning gery.
Lili Hebler van Cillie was die meermin by die O/14’s. Na die afvuur van die skoot swem sy die vinnigste 4x25m O/14-wisselslag, in 1:19,10, en word as die beste O/14swemmer gekroon. Sy is ook die junior wat die meeste punte insamel - 52 punte
Die O/16’s se vis in die water was Madison Pienaar van Murray Sy voltooi die O/16 4x25m-wisselslag eerste Sy gly deur die water in 1:28,28 en ontvang die trofee vir die beste O/16-swemmer.
Jeannette Muggenberg maak seker Cillie wen deur haar talent in te span. Sy swem die vinnigste 4x25m O/19-individuele wisselslag, 100m-ope vryslag en 100m=ope rugslag. Sy neem die trofee vir die beste O/19-swemmer huis toe.
Adelmarie Barnard (links) van Cillie het die chloor-molekules se aandag getrek deur eerste onderdeur die vlaggies te swem tydens die 100m-ope borslag in ’n tyd van 1:39,39. Alhoewel Cillie die ander spanne se koppe gewas het, was dit steeds ’n middag van deelname, spanbou en ondersteuning

Almal is nie gebore met atletiese voete of webbe tussen die tone nie. Interhuis kompetisies is ‘n geleenheid om deel te neem in die gees van spanbou, iets nuuts te probeer, jou span te ondersteun en as ’n span iets te doen om die skoot vir die seisoen af te vuur.




Larrie-atlete by 4M


