
1 minute read
Bemoei met
from Avanti 1 2023
by Avanti
Beurtkrag
Iris Saunders
Advertisement
Het jy al ooit gewonder waar ESKOM se hoofskakelaar sit? Sien jy 'n koddige mannetjie met 'n maniese grynslag wat skakelaars op 'n kontrolebord druk? Sien jy 'n elektrisiën wat in 'n donker tonnel met 'n koplig rondkruip om die skakelaar te bereik?
Sien jy 'n kulkunstenaar met 'n swart mantel wat een keer in die rondte draai en soos oëverblindery is die ligte af – oor en verby, buite jou beheer – ’n donker figuur se toertjies kom tot ’n einde
Ongeag hoe hulle dit doen ESKOM is 'n doring in almal se vlees. Die een oomblik berei jy jouself voor om jou wiskunde-huiswerk aan te pak en die volgende oomblik sit jy en ou Pythagoras in die donker. Jy kan wel met haarfyn beplanning en die regte gereedskap die donker oorwin
Indien jy die kulkunstenaar wil uitoorlê, moet jy verder as ESKOM se skedule dink – beplan vooruit. Wanneer ’n onderwyser 'n video of dokument, wat jy later moet gebruik, op Teams laai, laai dit summier af. Die tweede stap is om die regte hulpbronne aan te skaf wat jou in staat sal stel om sonder ESKOM te funksioneer. Die volgende produkte sal jou help om beurtkrag te oorkom – om daardie kulkunstenaar te kul.
By Builders Warehouse kan jy 'n gloeilamp koop wat jy in enige lampie kan sit Die lig laai wanneer die krag aan is en kan 'n hele vertrek verlig wanneer die krag af is.
Nog iets vir jou lysie as jy Builders Warehouse besoek. Hierdie LED-lig is baie skerp en is uiters handig omdat jy dit saam kan dra soos jy rondbeweeg. Die lig het ook 'n verstelling wat maak dat hy outomaties aangaan wanneer hy ingeprop is.
'n Kragbank is baie handig en haal ’n bietjie druk van jou af as dit kom by jou selfoon laai. Selfone kan jou aandag aflei terwyl jy moet leer, maar ons kan almal saam stem dat dit deesdae broodnodig is aangesien soveel van ons hulpbronne aanlyn beskikbaar is Kerse klink dalk oudmodies, maar hoekom sal jy die kosbare krag in jou skerp ligte mors wanneer jy dit benodig om jou huiswerk te doen? Gebruik dus kerse vir alle take wat nie lees behels nie ,byvoorbeeld 'n romantiese tandeborsel-sessie by kerslig.
Dit is wel van uiterste belang om al hierdie toestelle te laai – anders is hulle nutteloos. Prop dit in wanneer jy gaan slaap en gebruik dit eers wanneer die krag af is en die son die volgende aand al gaan sak het.
Kul die kulkunstenaar. Wees een stap voor die man agter die kontrolebord en help dus jouself om die beste student te wees - ongeag beurtkrag.
Links: Herlaaibare lig.
Regs: LED lig


Onder: kragbank
