Breederivier
X1PHBQ71-BZ021214
Year 18 • 2 Desember 2014 | Tel. 023 626 5212
www.bolandgazette.co.za
Familie se skape brutaal verskeur
Patricia Tiras van McGregor by twee van haar lammers. Meer as die helfte van die familie se skaaptrop is verlede week verskeur. Dié twee lammers word tuis versorg in ’n poging om hulle te red. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER
HILDERINE SCHRÖDER Toe Patricia Tiras van McGregor se seun verlede Woensdagoggend 26 November by hul skaapkraal op die buitewyke van dié dorp aankom, was hy nie voorbereid op die grusame gesig wat hom ingewag het nie. Dit kan slegs as ’n bloedbad beskryf word, vertel Tiras. Sewe skape het verskeur gelê. Nog 12 is erg beseer. Twee só erg dat sy hulle huis
toe geneem het om dáár te versorg. In haar ruim sitkamer skud Tiras opnuut haar kop. Dit is die tweede keer vanjaar dat hulle deurloop en die skade is enorm. “Ek skat die skade is so tussen R14 000 en R16 000,” sê sy. Baie van die skape wat nie reeds verskeur is nie, se beserings is van só ’n aard dat hulle ook van kant gemaak sal moet word. Hulle bedryf al jare lank die skaapboerdery as bykomende inkomste, vertel Tiras. Vóór die voorval, wat waarskynlik in die vroeë oggendure
plaasgevind het, was hul skaaptroppie 29 sterk. Van die ooie wat doodgebyt is, was boonop dragtig. Hulle is oortuig dié voorval was kwaadwillig, vertel Tiras, wat ook aan die plaaslike kleinboere-organisasie behoort. “Ek koop nie die idee dat dit rondloperhonde was nie. Die veediefstaleenheid van Swellendam was ook hier en hulle stem saam met my. Die drade van die kamp is met ’n tang geknip.” Vir haar gaan dit egter nie net oor hul finansiële skade nie, maar eerder
die boodskap wat dié aanslag op hul eiendom uitstuur. “Ons bly in ’n klein dorpie. Met wat se harte loop mense wat dít doen. Dit sê mos daar is moord in hul hart. ’n Mens weet skielik nie meer wie jou vriende en wie jou vyande is nie.” Dit is veral die brutaliteit van die voorval wat haar seermaak, sê Tiras. “Hulle (die skape) moes absoluut vreesbevange gewees het. Hulle het vroeër altyd aangedraf gekom as ons by die kamp stop, maar nou hardloop hulle weg.”
Tiras meen dat daar minstens twee of drie honde onder die skaaptrop ingevaar het. “Sommige se nekke is oopgeruk, ander se blaaie is afgeskeur,” sê sy. “As hulle skape só kan verskeur kan hulle dit mos aan mense ook doen.” Juis om dié rede hoop sy op inligting wat kan lei tot die opsporing van diegene verantwoordelik vir die aanslag. Tiras loof ’n beloning van R1 500 uit vir enigeen met inligting wat tot ’n inhegtenisneming kan lei. Die polisie het bevestig die voorval word ondersoek.
2
Entertainment - Vermaak
Breederivier Gazette
Dinsdag 2 Desember 2014
Kom geniet Gazette Gospel-konsert ANNELDA GROOTBOOM Desember, die tyd van feesvieringe en jolyt, het aangebreek en so ook die Gazette-gospel-konsert waarna ons al maande uitsien. Die konsert vind 6 Desember plaas en begin om 17:00 met die deure wat reeds om 16:15 open. Verskeie plaaslike sangers sal by die geleentheid optree. Dit sluit in Abigail Johnson (Worcester), JC’s Project (Robertson), Martin Abrahams (Ashton), Faith Gospel Choir (Montagu), AGS Jeug van Montagu én Mcgregor, Glen Meas (Robertson), Gospel Bells Mannekoor en ons eie Kenny G van Robertson, Steve Jacobs. Ons gaskunstenaars Dumisani gaan behoorlik die gehoor vermaak. Martin Abrahams, voorheen van Robertson en wat nou in Ashton woon, het verlede week sy enkelsnit CD God Bless our Wedding met ’n bonustreffer To God be the Glory, vrygestel. Abrahams se sangtalent is ’n gebore familietalent, want dit kom van sy oupa en pa. Hy het op sewejarige ouderdom begin sing, eers met sy blikkitaar en later het sy ouma vir hom op
Martin Abrahams met sy nuwe enkelsnit CD. Hy gaan een van die kunstenaars wees wat by die Gazette se gospelkonsert gaan optree. FOTO: ANNELDA GROOTBOOM
James Combella gaan die seremoniemeester wees by die Gazette se gospelkonsert.
die ouderdom van 10 jaar sy eerste kitaar gekoop. Sy eie sanggroep, Mysterious, het hy op 14-jarige ouderdom op die been gebring en was hy die jongste lid in dié groep. Hy het ook in
WOENSDAG 3 DESEMBER ) Herleef wyle Koos du Plessis se stemmingsvolle musiek met Jannie du Toit se optrede by Wolfkloof. Die vertoning begin reeds om 19:00. Kaartjies: R120 (sluit ’n ligte ete in). Navrae: 0 074 339 5008 of 2 info@wolfkloof.co.za.
VRYDAG 5 DESEMBER
ELKE DINSDAG ) Die Christelike Afhanklikheidsdiens (CAD) vergader 19:00 by die Thusong-sentrum. Navrae: 0 082 666 9884 of 023 626 1337.
ELKE DONDERDAG ) Alkoholiste Anoniem vergader om 19:30 in die Eeufeessaal (ingang by parkeerplek agter Stadsaal) op Robertson.
EERSTE SATERDAG VAN ELKE MAAND ) Teetuin en oggendmark by die Robertsonmuseum se anneks (gebruik Le Rouxstraat-ingang). Navrae: 0 023 626 3681.
SECOND THURSDAY OF EACH MONTH ) Montagu Alzheimer’s Support Group meets at 15:00 in the bottom lounge of Huis Uitvlucht, Montagu.
X1PH40J1-BZ021214
X1NR0U3W-BZ021214
X1PH42W1-BZ021214
) Robertson Voorbereidingskool Kersligkonsert met Francois en Elizabeth Fourie op die skool se sportterrein. Kaartjies: R40, slegs beskikbaar by die skoolkantoor. (geen kaartjieverkope die aand van die vertoning). ) Die VGK Robertson-Oos’ Got Talent-geleentheid as deel van sy gesinsnaweek. Toegang: R10.
SATERDAG 6 DESEMBER ) Breederivier Gazette se gospelkonsert om 17:00 by Langeberg Sekondêr se skoolsaal. Deure maak reeds om 16:15 oop. Kaartjies: R40 vir volwassenes, R20 vir kinders. Beskikbaar by die Gazette se kantoor. Navrae: Annelda Grootboom, 0 023 626 5212 of 076 677 5686. ) Wildebraam Berry Festival. Enjoy a fun family day with berry picking and loads of other entertainment from tractor trips to pony rides, scrumptious food and wine stalls, arts and crafts and live entertainment. For more infor-
verskillende groepe gesing soos die Robenians orkes en die Souvenirs. Die enkelsnit CD wat hy nou vrygestel het is bietjie verander nadat hy die liedjie “Wedding bells” 50 jaar gelede op Louisa Antony van Robertson en haar man se huweliksdag gesing het. Op die verhoog gee hy altyd sy beste, en het hy al verskeie optredes gedoen met bekende groepe soos die Rockets en Walter Brown en ook ’n toer met “Africa Live Gospel Band” in Duitsland, asook in verskillende kerke in Kanada. Maar Abrahams sing nie net nie, hy is ook ’n gekwalifiseerde paneelklopper. Sy boodskap aan jongmense met sangtalent is bly weg van dwelms, want dit verniel baie mense se stembande. Abrahams wil graag sy vrou, Annum, en sy kinders bedank vir hul bystand en ondersteuning. Indien mense sou belangstel om die CD te koop bel gerus vir Martin by 084 412 2221. CD’s gaan ook by die konsert beskikbaar wees. Die gospel-konsert is ’n geleentheid wat jy nie moet misloop nie. Kaartjies is R40 vir volwassenes en R20 vir kinders en mense kan ook nog by die deur betaal. mation visit www.wildebraam.co.za. ) As deel van sy gesinsnaweek bied die VGK Robertson-Oos ’n hoenderbraai op die kerkterrein aan. Daar sal ook baie ander vermaak, waaronder stalletjies en ’n optrede deur die kerk se brigade, wees.
SONDAG 7 DESEMBER ) Die VGK Robertson-Oos sluit sy gesinsnaweek af met ’n dankseggingsdiens.
DONDERDAG 25 DESEMBER ) Kersfees-buffet 0 023 626 2073.
by
Bon
Cap.
Navrae:
SATERDAG 14 FEBRUARIE ) Valentyn-gesinspiekniek by Overhex buite Worcester. Van 17:00 tot laat met hope vermaak vir die kinders. Navrae: Christal Meiring, 0 023 347 5012.
SATERDAG 28 FEBRUARIE ) Herberg Kinderhuis se jaarlikse kermis. ’n Groot verskeidenheid varsprodukte, gebak en vele meer sal oudergewoonte beskikbaar wees. Valleikalender: 0 023 626 5212 of 2 gazette@breede.com.
X1PH3BM9-BZ021214
X1PG9WYR-BZ251114
Dinsdag 2 Desember 2014
News - Nuus
Regstryd ’n beginselkwessie HILDERINE SCHRÖDER
Zelda Roscherr, mede-eienaar van Roscherr’s Fine Foods, is vasbeslote om die stryd teen die sjokoladereus Ferrero Roscher voort te sit. Dié Italiaanse vervaardiger dring daarop aan dat Roscherr’s sy naam laat vaar. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER gin. Ná deeglike marknavorsing het Roscherr’s Fine Foods die lig gesien. “Ons het geldelik en emosioneel geweldig baie in dié produk gesit. Juis daarom gaan ons nie net boedel oorgee nie,” sê Roscherr. Hulle het al die korrekte stappe gevolg voor hulle hul produk geregistreer het, voeg sy by. Oor die fabriek en die mense wat daar werk is hulle absoluut passievol, vertel Roscherr. “Die mense wat hier werk is baie na aan my hart. Ons
is soos ’n familie.” Die fabriek verskaf werk aan sowat 28 voltydse werkers. In seisoentyd gee dit werk aan ’n addisionele 60 mense. Haar agtjarige dogter, Milla, is nog een van die redes waarom hulle dié stryd gaan voortsit, sê Roscherr. “Ons wil aan haar wys dat ’n mens moet opstaan vir jouself. Jy kan nie stemloos wees nie. Jy moet weet dat jy nie kan toelaat dat jy geboelie word nie.”
3
Wees bedag op simptome van breinvliesontsteking HILDERINE SCHRÖDER
MONTAGU. – Dit is ’n stryd wat herinner aan dié tussen Dawid en Goliat en een wat ’n bitter nasmaak in die mond laat. Zelda Roscherr, mede-eienaar van Roscherr’s Fine Foods, het nooit kon droom dat sy haar eendag in ’n stryd met ’n Italiaanse lekkergoedreus sou bevind nie. Dít oor die naam wat op hul konfytprodukte verskyn. Roscherr’s Fine Foods veg tans verbete om sy naam te behou nadat die buitelandse maatskappy Ferrero Rocher aansoek gedoen het dat Roscherr’s sy handelsnaam kanselleer. Dié maatskappy voer aan dat konfyt soortgelyk is aan sjokolade en dat Roscherr’s Fine Foods se produkte dus met dié van Ferrero Roscher verwar kan word. Hieroor is Roscherr oorbluf aangesien hul klein plaaslike fabriek nie eens in dieselfde kategorie geregistreer is nie. Boonop is Roscherr’s Fine Foods se produkte ook nie in oorsese winkels beskikbaar nie. Dié regstryd het, sedert Roscherr in Januarie 2013 die eerste prokureursbrief van Ferrero Roscher ontvang het, ’n beginselsaak geword. “Ons doen dit nie net vir onsself nie, maar vir alle klein ondernemings wat geboelie word.” Die Roscherrs het die fabriek, toe bekend as Kerkstraat 22 Konfyte, in 2008 gekoop ná hulle van Johannesburg na Montagu verhuis het. Die oorspronklike fabriek is in hul hande herbou, waarna hulle besluit het om met ’n nuwe produkreeks te be-
Breederivier Gazette
Ouers van jong kinders word gemaan om op die uitkyk te wees vir enige tekens dat hul kinders dalk breinvliesontsteking onder lede kan hê. Altesaam nege kinders van die Langeberg-area is sedert die begin van November met breinvliesontsteking in die Mediclinic Worcester opgeneem. Van dié kinders is agt van Robertson en een van Bonnievale. Die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement het ook by monde van Jo-Ann Otto, woordvoerder van die Kaapse Wynland-area, bevestig dat twee kinders in die Montagu-hospitaal opgeneem is. Verskeie van die jong pasiënte wat in Worcester opgeneem is, is van die Simbamba-kleuterskool op Robertson. Die skooltjie se Johanna van Zyl het vroeg reeds onraad gemerk toe een van die kleingoed by die skool nie so woelig soos normaalweg was nie. “Hy het in die son gaan lê en was lusteloos, glad nie soos hy normaalweg is nie. ’n Halfuur later het hy opgegooi.” Sy het dadelik die kleinding se ma gebel. Hy is dieselfde dag nog met virale meningitis gediagnoseer. Volgens suster Johanna Webster van die Mediclinic se virale eenheid het die eerste gevalle van kinders met meningitis vroeg in November begin inkom met die laaste wat op 24 November in die hospitaal opgeneem is. Virale meningitis, sê Webster,
is die mees algemene tipe meningitis. Hoewel dit minder gevaarlik is as bakteriële meningitis, voeg sy by, steek dit makliker aan en kan pasiënte baie siek word indien hulle nie behandeling ontvang nie. “Met behandeling herstel pasiënte gewoonlik binne drie tot vyf dae.” Webster maan ouers om op die uitkyk te wees vir enige simptome wat kan dui op virale meningitis. Dít sluit kopseer, naarheid, moegheid, braking, lomerigheid, nekstyfheid en ’n hoë koors in. Die kind kan ook ’n fyn rooi uitslag hê. Meningitis, sê Webster, word deur verskeie virusse en bakterieë veroorsaak. “Die mees gevaarlike tipe is die Meningokokkale Meningitis wat deur die Neisseria meningitides-bakterie veroorsaak word. Dit word deur druppelbesmetting veroorsaak of in direkte kontak met sekresies vanaf neus, keel en mond van ’n siek kind. Afhangende van die organisme wat die oorsaak is van meningitis, is die inkubasietydperk twee tot sewe dae.” As voorsorgmaatreël om meningitis te voorkom, sê Wilson, moet ouers seker maak dat hul kinders die voorgeskrewe immuniseringsprogram (beskikbaar by alle klinieke, hospitale en sommige geneeshere) voltooi. “Dit is die beste voorsorgmaatreël wat getref kan word. “Verder moet daar maar gekyk word na gereelde handewas en hoesetiket.”
X1PH3BQD-BZ021214
X1PH436D-BZ021214
X1PH41PH-BZ021214
4
Breederivier Gazette
News - Nuus
Dinsdag 2 Desember 2014
Op ysterperde teen geweld HILDERINE SCHRÖDER Die manne, en een vrou, wat Montagu op hul motorfietse indreun se leerbaadjies is swaar behang met wapentjies van die saamtrekke wat hulle al bygewoon het. Dié vyf polisiebeamptes en twee burgerlikes verbonde aan polisiekantore is egter nie jou gewone motorfietsryers nie. Húlle durf die langpad op hul ysterperde aan met een doel voor oë: om die kollig op gesinsgeweld te plaas. En dít sluit ook gesinsgeweld Vyf polisiebeamptes en twee burgerlikes het Montagu verlede week besoek as deel van die polisie se Ride onder polisiebe- for Change-projek wat fokus op die bekamping van gesinsgeweld. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER amptes in. Die Ride for Change-span se motor- polisiebeamptes, bewus te maak van lede van Riding for Change. Dit is befietstoer met ’n verskil sal hulle ge- die negatiewe impak van gesinsge- langrik dat mense die polisie moet vertrou en veilig genoeg voel om misdurende die 16 dae van aktivisme weld. Die groep spreek nie net lede van bruik of mishandeling by hulle aan teen geweld teen vroue en kinders na al 25 polisiëringsgebiede in die Wes- die gemeenskap toe nie, maar ook be- te meld.” Die groep het, op pad na Montagu, Kaap neem, vertel brigadier André amptes van die onderskeie polisieook in Worcester aangedoen. Hiér Lincoln van die Bishop Lavis-polisie. kantore waar hulle aandoen. “Gesinsgeweld in die polisie is ’n het hulle ook die Brandvlei-gevangeAl die ryers is verbonde aan een of ander polisiekantoor, maar hulle probleem wat nie geïgnoreer kan nis se jeugsentrum besoek. “Die beamptes het hiér van hul het een ding in gemeen: ’n brandende word nie,” sê Lincoln. “In hierdie bepassie om gesinsgeweld in die kiem roep is dit maklik om ander te boelie. persoonlike ervarings gedeel. Dit Daar is ernstige misbruik onder be- was hartroerend om te sien hoe dit te smoor. Die dorpe waar hulle aandoen, sê velvoerders en dié houding spoel dik- die jong mans geraak het. Dit is nie net ons plig om oortreders van die Lincoln, is met die hand uitgesoek op wels ook oor na hul gesinne.” Sedert Riding for Change drie jaar strate af te haal nie, maar ons het ook grond van die vlakke van gesinsgeweld. Montagu is een van die dorpe gelede op die been gebring is, is daar ’n verantwoordelikheid om ’n posiwaar dié syfer hoog is, voeg hy by. ’n drastiese toename in die aanmeld tiewe impak in hul lewens te maak. Die mikpunt van die groep is om van gesinsgeweld, vertel Lincoln. Hopelik het ons dít met hierdie jong lede van die gemeenskap, sowel as “Die krediet hiervoor gaan aan die mans gedoen.”
SUKSESSPAN: Die McGregor-polisie het die afgelope paar maande heelwat sukses behaal met dwelmverwante inhegtenisnemings. Dié inhegtenisnemings is dikwels danksy inligting wat van die publiek ontvang word. Voertuie wat betrokke is by die vervoer van dwelms word ook gereeld afgetrek en deursoek. Die polisie waarsku voertuigeienaars om versigtig te wees aan wie hulle saamrygeleenthede bied, aangesien hulle ook in hegtenis geneem kan word indien enige dwelms in hul besit gevind word. Die polisie se E-skof het veral groot welslae met betrekking tot dwelmverwante inhegtenisnemings gemaak. Van links is sers. Dawid Richards, konst. Madia October en sers. Pieter Plaatjies. Die polisie bedank die gemeenskap vir die inligting wat tot die suksesvolle inhegtenisnemings gelei het. Enigiemand met inligting kan die polisie gedurende kantoorure by 023 625 8000 bel. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER
NUWE BESTUUR: Montagu se gemeenskapspolisiëringsforum het onlangs sy algemene jaarvergadering gehad.Die nuwe bestuur vir die volgende termyn is by die geleentheid aangewys. Agter (van links) is ds. Charl van Rensburg (voorsitter), Patruzchka Müller (projekte koördineerder) en Helen Gooderson (skakelbeampte: gemeenskap). Voor is kapt. Mzikayise Moloi, Zelda van Heerden (tesourier), Selestine Moses (waarnemende sekretaresse), sers. Suria Meyer (sekretaresse) en Terry McCulloch (ondervoorsitter).
X1PH3YJR-BZ021214
X1PH44F1-BZ021214
X1PH43YD-BZ021214
X1PH43CM-BZ021214
Dinsdag 2 Desember 2014
News - Nuus
5
Breederivier Gazette
Robertson eersdaags op die kassie
KERSLIG MET MUSIEK: Die AGS Coetzeestraat mannekoor bied op 14 Desember om 18:00 ’n Carols by Candlelight-geleentheid by die AGS-sentrum in Coetzeestraat. Toegang is gratis, maar daar sal wel ’n sagte kollekte opgeneem word. Vir meer inligting, bel Dougie Mouries (ouderling) by 079 500 8244.
Maak seker jy maak jou op 4 en 11 Desember om 19:00 tuis voor die kassie. Die reis- en leefstylprogram Mooiloop se episodes wat onlangs op Robertson opgeneem is, sal op dié dae op SABC 2 uitgesaai word. Maak seker jy kyk na dié uitsendings en deel in die interessanthede van jou dorp!
Optog teen geweld
IS DIT JOUNE? Die Robertson-polisie soek die regmatige eienaar van dié gesteelde items. Dit is vroeër die maand in die besit van ’n verdagte gevind. Enigeen wat vermoed dat dit sy of haar eiendom is, kan ao. JJ Smith by 084 749 1742 bel.
Valleiers kan hul stem voeg by die stryd teen geweld teen vroue en kinders en deelneem aan ’n optog dié Saterdag 6 Desember. Lede van die gemeenskap word gevra om dié optog te ondersteun as deel van 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders-veldtog. Dit begin om 09:30 vir 10:00 by die Bergsig-kliniek in Wesleystraat, Robertson. Van hiér beweeg die optog na Robertson-polisiekantoor waar dit teen 12:00 sal eindig. Mense kan eie plakkate maak, maar daar sal ook plakkate beskikbaar wees. Bel Denzil Felix by 072 118 1913 of Thelma Prins 074 537 1615. X1PHBTM5-BZ021214
COME CHECK OUT OUR NEW STORE
A NEW WORLD AWAITS AT MUSICA
MOUNTAIN MILL SHOPPING CENTRE
...OPENING FRIDAY 05 DECEMBER
OPENING SPECIALS VALID 05 ‘TIL 08 DECEMBER 2014 OR WHILE STOCKS LAST
sa v e6
DVDS !
0
OOH! AWESOME
sa v e5
sa v e3
0
GAMING !
00
sa v e4
OOH!
00
CROSLEY CRUISER PINK
NOW 99995
XBOX360 4GB CONSOLE
ALLES WAT MAL IS
NOW 9995
sa v e5
00
sa v e5
00
sa v e8
00
NOW 259995
0 CDS !
sa v e2
NOW 9995
sa v e5
NOW 259995
XBOX360 500GB + CALL OF DUTY GHOSTS + II CALL OF DUTY BLACK OPS OPSII
OOH! HOT NEW
TRANSFORMERS: AGE OF EXTINCTION
XBOX360 500GB CONSOLE + FIFA 15
NOW 199995
• 3-Speed turntable • Portable audio ready – simply plug in your portable audio device or MP3 player • AM/FM Radio • Headphone jack
DAWN OF THE PLANET OF THE APES
NOW 9995
0
CROSLEY ADVANCE
• 3-Speed turntable • USB enabled for digitizing to PC or Mac • Adjustable pitch control • Auxiliary output
NOW 199995
sa v e4
VINYL PLAYERS !
GUARDIANS OF THE GALAXY
NOW 9995
KURT DARREN LIED VIR DIE VROU
NOW 7995
0
sa v e2
sa v e2
0
NICHOLIS LOUW SO ROCK ONS DIE WÊRELD REG
NOW 7995
MANIE JACKSON ONTHOU MY
NOW 7995
OPENS 05 DECEMBER 2014 SHOP 51, MOUNTAIN MILL SHOPPING CENTRE, OPPOSITE GAME. OFFERS VALID 05 DECEMBER – 08 DECEMBER 2014 OR WHILE STOCKS LAST. NEED HELP? CONTACT OUR FRIENDLY CALL CENTRE ON 0860 254 257. OPERATING HOURS ARE MONDAYS - FRIDAYS 08:00 - 17:30, SATURDAYS 08:00 -13:00. ALL PRICES ARE INCLUSIVE OF TAX AND CORRECT AT TIME OF GOING TO PRESS. GIVE THE GIFT OF CHOICE. GIVE A MUSICA GIFT CARD.
0
sa v e2
0
AFRIKAANS IS GROOT VOL. 7
NOW 7995
M49652
OOH! BRAND NEW
6
Breederivier Gazette
General - Algemeen
Dinsdag 2 Desember 2014
Sjoe, maar dit is mooi HILDERINE SCHRÖDER Van buite lyk die huisie by Lusernbosstraat 65, Robertson, doodgewoon. Tot jy by die voordeur instap en die indrukwekkende versameling kunswerke teen die mure sien. Die man agter die werke het nooit enige formele kunsopleiding gehad nie, maar gee vir Herman Dreyer ’n pen, potlood of kwas, en hy tower binne ’n oogwink vir jou ’n unieke kunswerk op. Herman Dreyer, van Droëheuwel in Robertson, is ’n vernuftige kunstenaar wat uit “Ek teken al van my bykans enigiets ’n kunswerk kan optower. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER skooldae af,” verklap Dit is juis dié positiewe aspek van kuns wat Herman (48) met ’n trotse glimlag. “Dis maar Herman nou wil inspan tot voordeel van jongnet iets wat ek doen.” Herman het geen voorkeur as dit by mediums mense in die area. “Ek wil ’n groep op die been kom nie. “Ek werk op enigiets. Of dit nou hout, bring waar jongmense saam hul kuns beoefen. lap, papier of karton is. Ek werk met verf, vilt- Só word hulle weggehou van misdadige elemente en kan almal ook inspirasie by mekaar kry. penne, potlood, net wat daar is.” Herman lag maklik en gereeld. “Ek het nie Dit is vir my belangrik om die kinders van die baie geld nie, maar ek het my kuns.” Dit is juis strate af te kry.” Die kunsgroep spog reeds met ’n paar lede, die tye wat die geldsake so bietjie sleg lyk wat soms sy kuns so bietjie kniehalter, maar, voeg maar Herman hoop om dit aansienlik te laat hy blitsig by, hy het al geleer om daarmee saam groei. Hopelik sal die gemeenskap ook dié groep steun, al is dit net met die verskaffing van matete leef. Hy put inspirasie uit letterlik alles om hom, riale wat die kinders kan gebruik. Sy eie kunswerke vind dikwels die pad na vertel Herman entoesiasties. “Ek teken wat ek vriende en familie se huise. “Daar is maar min sien. Mense. Die dorp. Die lewe.” Hy is tans werkloos en hoop om iewers ’n wer- wat ek vir myself hou,” sê hy. Hy wys ’n onvolkie los te slaan om só sy kuns te finansier, ver- tooide kunswerk waaraan hy tans werk. Net tóé klap Herman. Maar dit is juis ook in dié tyd wat stap ’n verbyganger verby en steek verbaas vas. hy hom tot kuns wend. “As ek besig is met my Die skets mag dalk nie klaar wees nie, maar kuns, hou dit my van verkeerde dinge weg. Ek haar “Sjoe, maar dit is mooi,” is genoeg om Herman van oor tot oor te laat straal. sal maklik die hele dag sit en teken.”
WENFOTO’S: Valleiers het in groot getalle ingeskryf vir die Gazette se jaarlikse kalenderkompetisie en dit het omtrent kopkrap gekos om die wenners uit die pragfoto’s te kies. Die wenfoto wat op die Januarie- tot Junie-kant van die 2015-kalender gaan pryk, is uit ’n bewegende trein deur Tammy Oberholzer geneem. Oberholzer woon deesdae in Johannesburg, maar haar ouers woon steeds in die area. Sy het dié foto tydens ’n besoek aan die Vallei geneem. FOTO: TAMMY OBERHOLZER
Die wenfoto wat op die Julie- tot Desember-sy van die kalender gaan pryk is deur Sarie Myburgh, van Robertson, geneem. Sy het dié jakarandakleurspel in Warrenstraat, Robertson, afgeneem. FOTO: SARIE MYBURGH
Koos du Plessis se nalatenskap vereer Aanhangers van wyle Koos du Plessis se musiek kan naderskuif vir ’n onvergeetlike aand van nostalgie. Die bekende sanger Jannie du Toit sal môre 3 Desember om 19:00 Du Plessis se musiek laat herleef met sy vertoning, Doep is nie Dood nie, by Wolfkloof op Robertson. Doep is nie Dood nie is ’n eenman-aanbieding met teks- en musiekgrepe oor Koos se lewensbeskouing en werk. Koos is in Januarie 1984 op jeugdige leeftyd oorlede, maar sy nalatenskap bly ’n bron van wysheid en onsterflike musiek. Dertig jaar ná sy afsterwe word dit in hierdie verhoogproduksie duidelik hoe lewend en relevant sy siening van die lewe steeds
X1PHBP1H-BZ021214
bly, hoe treffend sy liedkuns is. Du Toit, ’n groot vriend van Koos, sit hiermee sy werk voort om Koos se musiek by ’n volgende geslagtelaatvoortleef.Hyhetsyeersteopname van een van Koos se liedjies, Skimme, vir sy album ’n Liedjie vir Jou in 1981 gemaak – ’n jaar nadat hy Koos ontmoet het. Hy was in 1987 deel van die Koos se Plaathuldigingsprojek saam met Lucas Maree, Coenie de Villiers en Nick Taylor en het daarna telkens weer projekte aangepak waarin Koos se musiek bekend gestel is. Doep is nie Dood nie begin om 19:00. Kaartjies kos R120 stuk. Dít sluit ’n ligte ete in. Vir navrae skakel 074 339 5008 of e-pos info@wolfkloof.co.za
Dinsdag 2 Desember 2014
Jeff Lakay met sy nuutste bundel, Reik na die Sterre. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER
Jeff dig nog volstoom HILDERINE SCHRÖDER
Net wanneer jy dink Robertson se bekende digter, Jeff Lakay, het besluit dit is tyd om uiteindelik halt te roep en sy aftrede met ’n koppie koffie op die stoep te geniet, verras hy jou opnuut. Die ink op sy vorige bundel, Bo-dorp se Mense – Saam op Reis, is skaars droog toe hy sy nuutste, Reik na die Sterre, die lig laat sien het. “Ek voel nog hopeloos te jonk!” skater Jeff as jy hom pols oor wanneer hy dan die pas gaan begin verslap. Jeff het geen bekendstelling op Robertson óf die omliggende Vallei nodig nie. Daar het immers al tientalle bundels uit sy pen gevloei en hy het al self gesig gewys op die joernaalprogram Pasella. Sy nuutste pennevrug fokus oudergewoonte op die bo-dorp se mense, maar hierdie keer, verklap Jeff, het sy fokus so effens verskuif. In stede daarvan om op die karaktereienskappe van die bo-dorp en sy mense te fokus, het hy dié keer oor spesifieke mense en hul talente geskryf. “Ek het die kinders en grootmense dopgehou en algaande agtergekom ons hedendaagse jeug mik ál hoër om bo hul omstandighede uit te styg. Waar ons kinders vroeër jare in winkels of op plase gewerk het, word hulle nou dokters, ingenieurs, selfs professore.” Die bo-dorp se mense, vertel Jeff, het talente wat dikwels ongesiens verbygaan. Juis daarom het hy besluit om dit in boekformaat te verewig. Soos die talent van sy buurvrou se kleinseun Gregan Johann (7) om mense, net soos wyle Al Debbo, te laat skater met die gesigte wat hy kan trek. Of Margareth September wat, ondanks haar gestremdheid, die heerlikste eetgoed kan optower en altyd ’n staatmakerbakker is by kerk- en skoolkampe. En dan is daar ook Angeline Mathys, ’n gebore verpleegster. “Die lys gaan aan en aan, aldus Jeff. “Met my bundel bring ek ook hulde aan dié mense.” Jeff het die bundel op eie koste laat druk. Die sowat 50 kopieë sal oudergewoonte onder vriende en familie versprei word, maar, voeg hy skalks by, dalk word daar ook so ’n paar verkoop. Sy materiaal oor die bo-dorp en sy mense begin ná al sy werke nou effens min raak, vertel Jeff effe bekommerd. “Ek oorweeg dit om dalk nou na stories oor te slaan, maar in my hart bly ek maar ’n digter.” Dat hy steeds nie in literêre kringe veel erkenning kry nie, bly maar ’n teer puntjie, maar hy laat hom nie hierdeur van stryk bring nie. “Die meeste digters word mos eers ná hul dood besing. Vir nou is die glimlagte op die gesigte van die mense wat my bundels lees beloning genoeg.”
News - Nuus
Breederivier Gazette
7
8
Letters - Briewe
Breederivier Gazette
Dinsdag 2 Desember 2014
Beurtkrag ’n warm onderwerp
Niks regverdig dié laakbare optrede Die skade wat mense hul medemens aandoen laat ’n mens soms stom. Die voorval in McGregor waar ’n kleinboer verlede week deurgeloop het onder, wat sy vermoed, ’n kwaadwillige aanslag op haar skaapkudde was, is niks minder as laakbaar nie. Daar is absoluut niks wat optrede soos dié regverdig nie. Was dit deur honger gedryf, en is ’n skaap gesteel, sou dit dalk nog verstaanbaar kon wees. Die feit dat ’n draad geknip is en sewe lammers afgemaai is en nog 12 met grusame beserings gelaat is, dui egter op kwaadwillige optrede. Mens kan nie help om te wonder tot watter vlak die samelewing besig is om te daal as mense hulle tot dié tipe optrede wend. En die vraag ontstaan wat die rede hiervoor is. Kan dit toegeskryf word aan ’n gebrek aan opvoeding, of is jaloesie die sondebok? Wanneer voorvalle soos dié binne ’n klein gemeenskap plaasvind, behoort daar alarmklokke af te gaan; ’n ernstige waarskuwing dat daar na die gemeenskap se medemenslikheid gekyk moet word. Iemand moes iets gesien het. Om stil te bly is net so ’n groot misdaad soos om by die misdaad sélf betrokke te wees. Dit is tyd om terug te keer na die ouwêreldse waardes waar mense mekaar se eiendom gerespekteer het, maar ook as wagte vir mekaar opgetree het. Moenie stilbly oor wandade en misdaad nie. Dit is slegs deur as gemeenskap saam te staan dat die vrot appels uit ons samelewing verwyder kan word. Deur stil te bly, of anderpad te kyk, word hulle slegs in hul kwaad gesterk. Dít ten koste van almal.
Dis ’n Vrydagagtermiddag en ek het net mooi my voordeur agter my toegetrek toe die krag met ’n swaar sug die gees gee. Ai. Eskom is al weer besig met beurtkrag, word ons toe so ’n rukkie later ingelig. “Tref asseblief ander reëlings”. Dié sou ek met die grootste liefde gedoen het as ek so bietjie vroeër van ons dierbare “kragverskaffer” se planne geweet het! Waar jy deesdae ook al gaan, is beurtkrag die warm onderwerp op almal se lippe. Ek gaan nie meer kla nie. Dit help tog nie. As al die gekla nou daartoe kon bydra om iets aan die situasie te verander, sou ek beslis voor in die kermkoor gewees het, maar, helaas, ongelukkig kan klagtes nie in volt omgeskakel word nie. Ons Suid-Afrikaners is nogal ’n unieke ou nasie. Al ooit opgelet hoe ons negatiewe situasies met humor bestry? So laat hoor ’n vriendin van my mos so tydjie terug dat ons oor nege maande waarskynlik heelwat nuwe aankomelinge kan verwag. Natuurlik gaan dié nuwe pienkvoete spog met name wat by die situasie pas. Daar
is Kerswas Coetzee, Flits Venter, Duracell Duncan en Lampolie Louw om maar net ’n paar voorbeelde te noem. En dan is ons nasie mos vindingryk ook. Miskien het dit tyd geword om na alternatiewe kragbronne te kyk. Ek is seker daar is ’n paar slim mense onder ons wat iets sal kan uitdink. Solank dit nie trap- of drafkrag vereis nie, daarvoor is my kieriebeentjies hopeloos te dun! Ek dink die beurtkrag skep die ideale geleentheid om weer die mense in jou buurt te leer ken. As die krag weer afgaan, is dit mos die ideale geleentheid om straataf te drentel en by die bure aan te klop vir ’n geselsie. Maak dit sommer ’n bring en braai. Elke ou bring sy eie drinkdingetjie en siedaar! ’n Goor situasie word in iets positief omskep. Ons kan klippe gooi en kla so veel ons wil. Die situasie gaan nie binne die afsienbare toekoms verander nie. Ons kan dus maar gerus die beste van ’n slegte situasie maak. En boonop só ook ’n bietjie empatie aanleer vir dié wat nog nooit elektrisiteit gehad het nie.
KALLIE KRAGLOOS, Robertson
Ons het ’n Vallei om op trots te wees Ek sit met verwondering en lees aan dié week se Gazette. Daar is meer as een berig oor mense van die Vallei wat op een of ander vlak presteer het. Gewone mense. ’n Plaaswerker en gastehuiseienaar. Dit maak my opnuut trots om in dié Vallei te woon. Ons het soveel talent hier, soos die plaaslike nuusblaaie op ’n gereelde basis aan ons wys. Dit vul my met hoop vir die toekoms. Hoop dat mense nie meer in die verlede sal vaskyk nie, maar op eie stoom met hul talent woeker en nie net hul eie lewe drasties verbeter nie, maar ook die lewens van die mense om hulle. Mens moenie uit die oog verloor dat hierdie mense, en ook die res van die gemeenskap, ondersteun moet word nie. Al is dit dan ook hoe gering. ’n Bietjie tyd hier om raad te gee, ’n paar rand daar vir reis- of studie-onkostes. Ons Vallei is bekend as een waar mense ’n ruim hart vir hul medemens het. As almal daaraan werk om hul eie, sowel as hul medemens se omstandighede te verbeter en só ’n gemeenskap van uitblinkers kweek, gaan ons die Langeberg behoorlik op die map sit!
ANONIEM, Montagu
LIGVOETS: Die Robertson Dance Studio het onlangs ’n baie geslaagde vertoning, 3 Decades of Dance, aangebied. Dié hip-hop-dansers was onder die talle talentvolle dansers wat die gehoor in vervoering gehad het.
Rubriek
Kersgety is ’n tyd vir wegbreek en joligheid Is daar iets in die lug of is dit net ek wat die blomme se stuifmeel ingesnuif het van Desembermaand? Gisteroggend kon ek myself nie keer om net ná 05:00 uit die bed te klim deur die gesing van voëltjies wat my wakker maak. En gewoonlik raak ek kwaad vir myself want dis tye wanneer ek nog wil slaap. Maar dié keer is dit anders want daar is ’n opgewondenheid wat posvat in my binneste en net daar besluit ek om tuin nat te maak, met ’n lieflike reuk van nat grond wat my groet en ’n stilte waarin ek oor so baie kon dink. Skielik word my stilte en alleentyd verbreek, eers waar ek net tuin nat gemaak het, begin die straat besig te raak met mense wat op pad is na hul verskillende werke. Dit laat my besef Desember is vir baie mense, soos vir my, ’n tyd om ’n wegbreek te geniet en agteroor te gaan sit terwyl ander mense moet werk (maar ongelukkig kry ons almal mos beurte). Maar nog meer is dit ’n jolige tyd want almal beplan Kerse-
tes, daar is Kersinkopies wat gedoen moet word en die winkeltrollies kreun onder die inkopies, speelgoed en geskenke en mense wat nooit regtig kop geknik het nie, groet mekaar. Dis beslis een van my beste tye gewees toe ek ’n kind was. Want dis mos die tyd vir geskenke en nuwe klere en ons kon ook darem ’n keuse maak wat ons wil hê – solank dit die beursie gepas het. Maar wat ek nie van gehou het nie, is die feit dat my Ma altyd vir my en my suster dieselfde rokkies gekoop het. Hoewel ons ’n ouderdomsverskil van drie jaar het en ek gewoonlik die maer enetjie was, het sy altyd ons klere in dieselfde ouderdomsgroep ge-
koop. As ek daaraan dink lag ek skaamskaam nog daaroor. Want dié Kersdag ná ete besluit ons familiekinders om te gaan speel. Ek wou toe nie met hul saam speel nie, want kyk dis Kersfees en ek wil nie my mooi rokkie laat vuil raak nie. Skielik besluit ek tog om deel van die spelery te wees en daar skeur my rokkie, baie hartseer gaan sit ek eenkant juis dat my suster nie moet sien nie.En dis waar ek toe sit en beplan wat ek die aand gaan doen, wanneer ons gaan bad om rokke om te ruil sodat my Ma moes dink dat my suster se rok geskeur is en nie myne nie.Ongelukkig het my plan nie gewerk nie en het ek nog dieselfde aand ’n pak slae gekry. Mag elke leser die Kersgety geniet met hul gesinne en families en mag 2015 vir elkeen gevul wees met vrede, vreugde en baie geluk.
Dinsdag 2 Desember 2014
General - Algemeen
Breederivier Gazette
9
’n Hart wat warm klop vir die gemeenskap HILDERINE SCHRÖDER MONTAGU. – Wanneer Selestien Moses (35) soggens in haar huis in Ashbury wakker word, is die mense van dié gemeenskap voorop in haar gedagtes. Op pad na haar voordeur kom die vrolike klanke van gesange aangesweef. Vandag is dit die bejaardeklub wat byeen is vir ’n lekker kuiersessie. In haar sitkamer val die kleurryke kunswerke teen die mure jou dadelik op. Dié is alles haar handewerk. Die produk van die tientalle kursusse waarop sy al was, van mosaïek tot, glo dit of nie, sweiswerk. Haar hande staan vir niks verkeerd nie. Dalk dié dat sy vroeër vanjaar as die Montagu-gemeenskapspolisiëringsforum se Vrou van die Jaar aangewys is. Dié toekenning span die kroon op 15 jaar se onverpoosde gemeenskapswerk. “Dit is ’n geweldige eer om ná 15 jaar erken te word vir wat jy probeer doen. Nie dat ek erkenning wil hê nie, maar dit is lekker om te weet iewers word jy raakgesien,” sê Selestien. Benewens haar bejaardeprojek, is sy ook die dryfkrag agter die Clover Mama Afrika-projek en het sy ’n volhoubare gemeenskapsprojek van die grond opgebou wat jongmense, mishandeldes, werkloses en verwaarloosdes ondersteun. Dan is daar haar sopkombuis en na-skoolse sorgsentrum ook. Een van haar jeugprojekte behels hulp aan kinders met hul huiswerk. En as sy opmerk dat hulle honger is, of hul klere gehawend daar uitsien,
Selestien Moses se hart klop warm vir haar gemeenskap. Sy is vroeër vanjaar as die Montagu-gemeenskapspolisiëringsforum se Vrou van die Jaar aangewys. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER
is sy gou om hiermee te help. Sy het ook ’n bakkery op die been gebring om mense van die gemeenskap op te hef en bied ook naaldwerkklasse aan. Haar passie vir die gemeenskap is gebore uit haar eie pyn, vertel Selestien, waar ons in haar netjiese sitkamer kuier. “Dit het alles 10 jaar gelede begin. Ek het op 9 Februarie die lewe geskenk aan ’n dogtertjie. Drie dae later het sy gesterf. Dit was my tweede baba wat ek verloor het.” Dié verlies het haar nie net verslae
Wildebraam Likeurs Wildebraam Bessie-landgoed is in die skilderagtige Hermitage Vallei, sowat 2 km vanaf Swellendam, aan die voet van die Langeberge geleë met die kronkelende Kliprivier wat ’n onvergeetlike ervaring in die paradysagtige vallei sal verseker. Wildebraam Likeurs is in 1998 tot stand gebring – die verwesenliking van ’n droom om ’n familiestokperdjie in ’n kommersiële onderneming te omskep. Aanvanklike eksperimentering met bessiesap en witblits het tot die ontstaan van ’n likeurkelder gelei met ’n produksiekapasiteit van 200 000 liter. Nou, 15 jaar later, het Wildebraam tot ’n suksesvolle nasionale onderneming ontwikkel met ’n gevestigde verspreidingsnetwerk in die kleinhandel van tot 55 verskillende produkte. Wildebraam is trots daarop dat alle produkte met passie en liefde op die plaas, volgens tradisionele kookmetodes, handgemaak word. Om die natuurlike smaak en geur van elke produk te behou, word daar geen preserveer-, geurof kleurmiddels bygevoeg nie. Wildebraam se unieke likeurs, bessie- en gourmet-konfyte, gepekelde, chilli-, blatjang-, atjar- en groenteprodukte kan by Wildebraam-kelder, met sy rustige en vriendelike atmosfeer, geproe en aangekoop word. Die proelokaal is deurlopend, vanaf Maandae tot Saterdae, oop. Die kelder in die pragtige landelike omgewing bied ook die geleentheid vir konserte, konferensies, funksies, troues en seminare. Skakel Wildebraam vir kwotasies. Bessieseisoen, vanaf middel-November tot einde Desember, is ’n hoogtepunt. Dit gaan gepaard met bessiepluk en familie-pieknieks. Vyf selfsorgeenhede bied aan besoekers die geleentheid om in ’n rustige plaasatmosfeer teen bekostigbare pryse te ontspan. Wildebraam bied jou ook ’n onvergeetlike uitsig, wandelpaaie vir die energiekes, perdry en bergfietsroetes.
Selestien en haar man, Jannie, by die Olimpiese swemmer Ryk Neethling. Sy het hom vroeër vanjaar ontmoet en kan steeds nie uitgepraat raak oor sy nederigheid nie. FOTO: JOLANDA RAHL gelaat nie, maar ook met baie vrae, vertel Selestien. “Ek het vir die Here gevra wat die doel vir dié seer is. Hy het vir my ’n stuk in Nehemia gegee waar daar die opdrag gegee word om vroue en weduwees te voed.” Om haar seer te vul het Selestien uitgereik na haar gemeenskap wat sélf sy eie wonde gehad het. “Ek móés net my seer vul en ek het dit gedoen deur uit te reik na kinders wat verwaarloos was, seer was, wie se ouers nie vir hulle kon sorg nie.” Die plaaslike Nuwe Horisonne-
projek, wat uit Nederland gefinansier word en ook op die versorging van kinders fokus, lê Selestien ook besonder na aan die hart. Sedert sy en haar man, Jannie, 15 jaar gelede met ’n kruiwa vir mense sop, kos en klere begin uitgedeel het en dikwels hieroor gespot is, vind sy vreugde in die verskil wat sy in die lewens om haar maak. “Elke glimlag op ’n kind se gesig en die liefde in oumense se oë maak die lang pad die moeite werd,” sê sy. Sy put haar genot daaruit om dié wat uit nood aan
haar deur klop, te help. Die opdraendes wat sy reeds moes uitbeur, glo Selestien, was alles deel van God se legkaartplan sodat al die stukke uiteindelik inmekaar moes val. “Elke struikelblok wat oor my pad kom, beskou ek as ’n boodskap van God oor afhanklikheid en dankbaarheid. Deur die dinge wat met jou gebeur leer God jou om ander mense te verstaan en begrip te kry. Ek weet wat dit is om seer te kry, maar ek weet ook wat dit is om deur God geseen te word.”
Onthou Heidelberg-skou Die Heidelberg Landbouskou vier volgende jaar sy 70ste bestaansjaar en in die gees hiérvan kan besoekers uitsien na ’n behoorlike makietie en prettige feesvieringe tussen 6 en 14 Februarie. Vic Brand, president van die Heidelberg Landbouskou, beloof dat daar vermaak sal wees almal. Die verrigtinge skop af met die skoudans op 6 Februarie om 19:00. Die tema is “Old Hollywood Glam” en daar is opwindende pryse op die spel vir die beste kostuums. Besoekers kan uitsien na ’n lekker dans en heerlike kos. Die kroning van die nuwe skoukoningin sal ook by hierdie geleentheid plaasvind.
Kaartjies kos R140. Vir besprekings, kontak 084 823 9948. Die skou hou ook sy eie Skouspel op 9 Februarie om 19:00 by die skougronde. Gewilde sangers Andriëtte Norman en Die Broers gaan konsertgangers bekoor met hulle gewilde musiek. Kaartjies kos R125. Bespreek by 071 227 6987 Die skoner geslag kan weereens uitsien na ’n heerlike damesoggend op 12 Februarie om 09:30 by die Human Willemse-saal. Daar gaan ’n inspirerende gasspreker wees en smullekker eetgoed. Kaartjies kos R100 en is beskikbaar by 084 548 7149. Die Steakhouse sal lafenis bied vir diegene wat iets lekkers soek om te drink en te
eet. Dit is ook die ideale plek omsaammetvriendetekuier en te dans. Vir die jongspan sal daar, ter viering van die skou se besondere mylpaal, ook ekstra vermaak wees. Dit sluit ballondiere, trompoppies, ’n vuurvertoning, kulkunsies, raakrugby, aflos en ’n interskole toutrek-kompetisie in. Clanwilliam se rieldansers gaan Vrydag en Saterdag dans dat die stof so staan. Die kersie op die koek is die skou se wye verskeidenheid stalletjies. Daar beloof om iets vir almal te wees, van mooigoed en blinkgoed tot eetgoed en speelgoed. ’n Hoogtepunt is John Everts en syspansestalletjiewatbesoekers gaan herinner aan hoe die skou in toeka se dae was.
2013/2014 DRAFT ANNUAL REPORT Notice is hereby given in terms of section 21(a) of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act no. 32 of 2000), read with section 127(5)(a) of the Local Government: Municipal Finance ManagementAct, 2003 (Act No. 56 of 2003). Members of the public and communities within the Langeberg Municipality, Government Institutions, the private sector and organs of the civil society, are hereby invited to comment on the DraftAnnual Report for the 2013/2014 financial year. The report can be accessed on the municipal website: www.langeberg.gov.za from 2 December 2014. Hard copies are also available for comments and viewing at the following Municipal Offices: 28 Main Road, Ashton 52 Church Street, Robertson 03 Piet Retief Street, Montagu Main Road, Bonnievale 24 Voortrekker Road, McGregor Closing date for the submission of comments and representations is 31 January 2015. Written comments may be addressed to: The Municipal Manager, Private Bag X2, Ashton, 6715 or may be hand delivered to any of the Municipal Offices listed above. S A Mokweni Municipal Manager Private Bag X2 ASHTON 6715 2013/2014 KONSEP JAARVERSLAG Kennis geskied hiermee ingevolge artikel 21(a) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsel, 2000 (Wet No. 32 van 2000), gelees saam met artikel 127(5)(a) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur, 2003 (Wet No. 56 van 2003). Lede van die publiek en gemeenskappe binne die Langeberg Munisipaliteit, Regeringsinstellings, die private sektor en organe van die burgerlike samelewing word hiermee uitgenooi om kommentaar te lewer oor die Konsep Jaarverslag vir die 2013/2014 finansiële jaar. Die verslag sal vanaf 2 Desember 2014 op die Munisipale webblad: www.langeberg.gov.za beskikbaar wees. Hardekopieë is ook vir kommentaar en besigtiging by die volgende Langeberg Munisipale kantore beskikbaar: Hoofweg 28, Ashton Kerkstraat 52, Robertson Piet Retiefstraat 03, Montagu Hoofweg, Bonnievale Voortrekkerstraat 24, McGregor Sluitingsdatum vir die indiening van kommentaar en voorleggings is 31 Januarie 2015. Skriftelike kommentaar kan gerig word aan: Die Munisipale Bestuurder, Privaatsak X2, Ashton, 6715 of kan met die hand afgelewer word by enige van bovermelde Munisipale kantore. S A Mokweni Munisipale Bestuurder Privaatsak X2 ASHTON 6715
X1PH43YG-BZ021214
X1PH417W-WS041214
10
Schools - Skole
Breederivier Gazette
Dinsdag 2 Desember 2014 TOTSIENS: Die Hoërskool Robertson groet die einde van dié skooljaar een van sy staatmakers. Tineke van Zyl, wat rekenaartoepassingstegnologie (RTT) aangebied het, het vir nege jaar op die personeel van dié skool gedien. Buiten haar bydrae in die klaskamer, het sy as afrigter van verskeie van die skool se netbalspanne ook groot welsae behaal. Sy is ook ’n SAgegradeerde netbalskeidsregter. Die personeel en leerders wens haar voorspoed vir die toekoms toe.
FAMILIEKENNISGEWINGS
SAKE
IN MEMORIAM
DIENSTE
1015
MARCUS SARA Geb: 6/12/1937 Gest: 24/06/2014 Mammie, jou plek is leeg en stem is stil. Mis jou baie en sal altyd lief wees vir jou. Van Carol, Trevor en kinders.
2420
FACEBRICKS & paving for special price and free delivery call 060 571 7228.
X1PHBQA5-BZ021214
MARCUS SARA Geb: 6/12/1937 Gest: 24/06/2014 Mammie, dis jou eerste verjaarsdag weg van ons. Die leemte van u sal nooit vervang word nie, want Mammie is altyd teenwoordig in ons alledaagse lewe. Van jou man Henry, Chrishandrè en Christolene.
PRESTEERDERS: Dié leerders aan die Laerskool Ashton is onlangs vir hul prestasies beloon. Agter (van links) is Chamber Joseph (provinsiale kleure: krieket), Alyssa Marson (akademie: Eerste Klas, gr. 7), Maretha Burger (sportmeisie van die jaar, veelsydigste sportster), Johané Cockrell (akademie: Eerste Klas, gr. 6) en Mishka Lakey (positiwiteit en deursettingsvermoë). Voor is Chad Shirley (provinsiale kleure: tennis), Elmi Bruwer (akademie: Eerste Klas, gr. 5; kultuurprestasie), Nisha Fabricius (provinsiale kleure: tennis), Tokollo Calata (provinsiale kleure: krieket), Lara Barnard (akademie: Eerste Klas, gr. 4) en Marais Brink (provinsiale kleure: atletiek).
LEERDERRAAD: Dié leerders aan die Laerskool Ashton is gekies vir die leerderraad vir aanstaande jaar. Agter (van links) is Duke Jonas, Connor Nel (hoofseun), Maretha Burger (hoofmeisie) en Zaki Smith. Voor is Johané Cockrell, Cara Conradie, Bronwen-Lee White en Michaélli Angers.
X1PFLT0H-BZ021214
PERSOONLIKE DIENSTE
TENNIS: Dié leerders van Laerskool Robertson is gekies vir die 2014/2015 Boland Platteland-tennisspan. Agter (van links) is Karla Bruwer, Getha Kloppers, Emma van Deventer en Michelle Burger. Voor is Arabella Winshaw, Thean Swanepoel, Conrad Prins en Keanan Barnard.
OPLEIDING & OPVOEDING 1480
X1PH44BW-BZ021214
AAAAAA-BZ021214
X1PH43YH-BZ021214
Dinsdag 2 Desember 2014
News - Nuus
Breederivier Gazette
11
IEMAS Accounts Open 6 December 2014 Clover The One Fresh Milk 1% Low Fat 2 Litre
SAVE R3
18 TENNIS ACE: Arabella Winshaw (10), a learner at Robertson Primary School, was one of 32 girls invited to attend the u. 11 Boland Tennis Trials, held in Stellenbosch this past weekend. She was chosen for Boland’s 12-member A team. The team will travel to Kimberley at the end of March next year to compete in the Inter Pro tournament.
59
90
89
R
R
Bulk Thick Cut Matured Vacuum Packed Rump or Porterhouse Steak Per kg
Beef Topside or Silverside Roast Per kg
Selected products on this page have been styled for photogra photography
LEIERSKAP GESLYP: Louis Wentzel van die Hoërskool Robertson, is uitgenooi om die Die Burger se Jeugleierskap-konferensie by Die Burger se strandhuis in Muizenberg by te woon. Die konferensie sal vanaf 12 tot 18 Desember gehou word.
Best value on these 6 fruit & veg offers Valid 2 - 7 DECEMPBER 2014
Terms and conditions apply.
27 10
95
95
PnP Potatoes 7kg
PnP Mushrooms 250g
47
PnP Onions 2kg
17
90
R
33
95
SAVE R4
County Fair Riverside Whole Bird in Tray with Giblets Per kg
PnP Avocados Loose Sell
PnP Crisp Lettuce Head Each
Crosse & Blackwell M Mayonnaise Assorted 750g-790g Each
BUY 2 FOR
20 895
R
R
PnP Carrots 1kg
FRESH
BUY 3 FOR
6
3
95
Stork Country Spread Medium Fat Spread 1kg Tub Nestlé Cremora Coffee Creamer Assorted 1kg Each
SAVE 2.70
32
90
SAVE 3.50
19
90
Tastic Long Grain Parboiled Rice 2kg
Buy 6 bottles of wine and get the cheapest one
FREE.
VALID ON ALL 750ML WINE AND SPARKLING WINE PRICES VALID 25 NOVEMBER - 7 DECEMBER 2014
Terms and conditions apply. Visit www.picknpay.co.za
S VE Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
SAVE R9
25
90
21
90
Crown Blended Cooking Oil 2 Litre
Jungle Oats 1kg
BUY ANY 4 FO FOR
20
R
Securex S Sec Soap Assorted Asso 200g
SAVE 1 1
72
90
42
90
PnP 2 Ply Toilet Tissue 18s
Omo Auto Washing Powder 2kg, Liquid Detergent 1.5 Litre or Liquid Capsules 16s Each
Don’t pay a cent more than you have to this Christmas. See in store for details. www.picknpay.co.za/brandmatch
PRICES VALID 2 - 7 DECEMBER 2014 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE ONLY
Excluding Beaufort West, George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Namibia, Express stores, Franschhoek Daily and Pick n Pay Local stores. smart shopper points will still apply in Express stores, Franschhoek Daily and Pick n Pay Local stores. Liquor not for sale on Sundays. Buy aid cards not accepted at the following store: Strand Street. www.picknpay.co.za Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop Some products may not be available in all stores. Certain promotional stocks are limited. Information correct at time of print. Prices inclusive of VAT, where applicable. smart shopper terms and conditions apply. E&OE. 1187271_390x198 AAAAAA-BZ021214
Breederivier
Year 18 • 2 Desember 2014 | Tel. 023 626 5212
Rolbal werf lede Die Bonnievale-rolbalklub was onlangs ’n miernes van bedrywigheid toe hy, met die hulp van Montagu Toyota, ’n werwingstoernooi aangebied het om dié groeiende sportsoort aan nuwelinge bekend te stel. Altesaam 26 spanne, bestaande uit 52 hardebaard-spelers en 52 nuwelinge het aan dié geleentheid deelgeneem. Die spanne het in drie wedstryde te midde van groot jolyt teen mekaar
kragte gemeet. Hoewel die nuwelinge se senuwees by tye behoorlik geknaag het en hulle soms onseker was hoe hulle te werk moet gaan om die bal in die regte rigting te laat swaai, het een en elk hul gate uit geniet. By tye het hulle selfs vergeet dat daar prysgeld vir die onderskeie wenners op die spel was. Voorsitters van die onderskeie rolbalklubs in die Vallei hoop om dié sport uit te bou, veral onder die jeug. Enige belangstellendes word genooi om hul naaste rolbalklub te kontak.
FYN KORREL! Laezeltric Wentzel van die Wencorveerpyltjiespan is onlangs aangewys as die Robertson-veerpyltjieklub se sportman van die jaar. Wentzel se prestasies deur die loop van die jaar sluit die meeste 100 talle vir eerste en tweede rondes en die gooi van die maksimum getal op die bord in. Hy het 180 keer al ’n drie keer gegooi en was boonop ook vanjaar se enkelkompetisie wenner.
Gemengde uitslae vir Robertson Altesaam 26 rolbalspanne het onlangs teen mekaar kragte gemeet by ’n bekendstellingstoernooi op Bonnievale. Die nuwelinge van Robertson se wenspan was Percivill Jansen en Marshall Smith saam met hul president, Mark Beviss-Challinor.
Terwyl sy tweede span die afgelope naweek ’n loslootjie geniet het, het Robertson se eerste span Saterdag vasgeval in sy wegwedstryd teen Hermanus. Ten spyte van ’n moedige poging deur sy kolwers, kon Robertson slegs 109 lopies aanteken voor hy na die kleedkamers teruggestuur is. W. Abrahim (28) het die beste gevaar met die kolf terwyl Hermanus se B. Petersen (4/27), D. Brand (2/7) en W. du Toit (2/20) hul merk
gemaak het met die bal. Hermanus het op sý beurt 112/4 aangeteken om hom ’n sespaaltjieoorwinning te besorg. Robertson se tweede span het voorverlede naweek ten spyte van tuisveldvoordeel ook op sy herrie gekry toe Tulbagh Pioneers hom die loef afgesteek het. Tulbagh het eerste gekolf en 212/9 in sy toegelate 50 boulbeurte aangeteken. Vir die besoekers het C. Louw
(82), E. Saayman (44) en H. Jansen (32) behoorlik die wilgerlat ingelê met B. Erasmus (3/30), A. Konstabel (2/33) en G. Padiachy (2/48) wat goed gedoen het vir Robertson met die bal. Robertson was nie opgewasse teen Tulbagh se boulwerk nie en word almal uitgeknikker vir 159 in 41,2 boulbeurte. L. Williams (35*), B. Erasmus (29), F. Matthys (29) en A. Konstabel (18) het vergeefs probeer walgooi met die kolf.
Sportuitslae Die toernooi se naaswenners was van Bonnievale.
Die derde plek is deur dié span van Bonnievale ingeneem.
Gholf: Robertson (72): EnkelStableford – A. Ficks 42, N. Smit 38, K. Conradie 38, Q. van der Merwe 37, J. Williams 37, W.B. Jeneke 37, L. Vercuiel 37, N. Marais 37, E. Carstens 37, W. van Zyl 36, L. Wentzel 36, J. van Molendorff 36, J. Olivier 35, E. Deyzel 35, H. Eksteen 35. Worcester (72): EnkelStableford – D. Boshoff
X1PH43YF-BZ021214
43, M. Pelteret 42, F. Crafford 42, N. van Niekerk 42, B. Boshopff 42. Krieket: Hermanus t. Robertson: Robertson 109 (Warwick Abrahim 28; Bradley Petersen 4/27, Derick Brand 2/7, Willem du Toit 2/20). Hermanus 112/4 (Derick Brand 31, Lee Thompson 25). Hermanus wen met 6 paaltjies.
X1PH43YE-BZ021214