Swartland
X1Q0VLRR-ST280415
LEES DIT, BELEEF DIT | READ IT LIVE IT
nuus@swartlandgazette.com bolandgazette.co.za
Year 13 • 28 April 2015 | Tel. 022 482 3817
Speel speel oorlog Die agtste Tippmann-uitdaging in verfbal-oorlogspeletjies is Sondag in die Bloekombos aan die bokant van Hoërskool Swartland op Malmesbury gehou. Deelnemers het hoofsaaklik van die Kaapse Skiereiland gekom en is opgedeel in die Werewolves- en Vampires-spanne wat mekaar die stryd aangesê het. Sien nog foto’s op bladsy 12. FOTO: LIZETTE SMIT
Plaaslike boere finaliste in Jongboerkompetisie MALMESBURY - Twee boere vanuit die Swartland is aangewys as finaliste in die gewilde Jongboer van die Jaar-kompetisie.
Gert Claassen, wat boer op die plaas Windheuwel buite Malmesbury, asook PW Steinberg van die plaas Dreammaker Fruits Pty (Ltd) op Porterville, is twee van die vyf jongboere wat dit gaan uitspook om die titel as Agri Wes-Kaap en Santam Landbou se Wes-Kaap Jongboer van die Jaar. Die finaliste is almal deur ’n beoordelingspaneel van kundiges binne die landbousektor aangewys. Gert boer met onder meer koring, gars, kanola, druiwe en grootvee. Die plaas het ook ’n aartappelmoerproduksie-eenheid op droëland en ’n sitrus-ontwikkeling wat in 2016 gaan afskop. Volgens Gert verwag hy talle uitdagings met die sitrus-ontwikkeling, maar glo ook dat dit talle geleenthede skep. Luidens ’n verklaring deur Agri
Wes-Kaap streef Gert na ’n gediversifiseerde eenheid wat risiko bestuurbaar maak om groei te bewerkstellig. “Maar meer as dit is my toekomsvisie om saam met my seun en die res van my gesin ’n trotse en standvastige eenheid te bou en lekker te boer.” Hy sê jong boere is die wortels van die landboubedryf. Hy het aan die Gazette gesê hy dink dit is nodig dat jong boere oral erkenning moet kry, veral wanneer daar hard gewerk is en die verskil gesien kan word. PW boer net buite Porterville met bloubessies, swartbessies en frambose op die Swartland se eerste groot kommersiële bessieplaas. Hy is een van min produsente in die land met ervaring in die bloubessiebedryf en het al nege seisoene agter die blad. PW sê hy volg ’n aanslag van meer volhoubare biologiese en organiese boerderypraktyke om voedsel met laer residuvlakke en groter nutriëntdigtheid te produseer. “Ek is beginselvas oor volhoubare landbou. Ek
PW Steinberg van Piketberg.FOTO: VERSKAF
Gert Claassen van Malmesbury.
wyk nie sommer af as ek genoeg inligting het dat my denkrigting reg is nie,” sê hy. Volgens PW is die jong boer soveel
belangriker in die landbou as in enige ander bedryf vanweë die riskante klimaatsfaktore en politieke onstabiliteit wat landbou betref. “Ons jong
Dames sneaker
Dames stewel
Jeep Chino’s
R140
R299
Was R520
Nou vanaf R260
Dames leerbaadjie
Dames baadjie
Vanaf
R299
R350
Geldig tot 2 Mei 2015
Van's boot
boere moet blootstelling en erkenning kry vir wat hulle in ’n onstabiele politieke omgewing doen om te wys dat daar steeds hoop en sukses in die landbou is.” Hy was baie verbaas om te hoor hy is ’n finalis, aangesien daar volgens hom baie goeie jong boere is wat soveel het om te bied, sê hy aan die Gazette. Volgens hom het hy besluit om in te skryf vir erkenning omdat hy glo kommersiële bessieboerdery is plaaslik nog redelik onbekend. Carl Opperman, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, het die vyf finaliste gelukgewens. Hy sê dit is die jong boere wat met fokus, entrepreneursvernuf en passie vir die natuur die landbousektor van die provinsie en die land die toekoms in gaan neem. Die provinsiale wenner sal op 27 Mei tydens ’n galageleentheid in Durbanville aangewys word en sal die Wes-Kaap in die nasionale Agri SA Toyota Jongboer van die Jaar-kompetisie verteenwoordig.
50% af
Triue vanaf
R120
R599
ECKO HOODIES
R599
MALMESBURY 022 487 2356
RCS fasiliteite beskikbaar Lay-buy vir 3 maande
KOOPBEWYSE BESKIKBAAR bevestig 000000-ST280415