Breederivier gazette 03 02 2015

Page 1

Breederivier

X1PP3UDR-BZ030215

Year 19 • 3 Februarie 2015 | Tel. 023 626 5212

www.bolandgazette.co.za

Skok oor peuter se dood onder motor HILDERINE SCHRÖDER In die blou huis met die mooi tuin vol krisante lê klein Migail Booyse se speelgoedjies steeds waar hy dit gelaat het. Die huis se vertrekke is sonder Migail se kraailaggie wat soveel genot aan almal om hom verskaf het. In die sitkamer soek sy babahondjie vergeefs na sy speelmaat. Sy grys stompstertkat miaau soekend. Donderdag sal daar vir oulaas

van Migail afskeid geneem word wanneer familie en vriende vir ’n roudiens by sy huis by Jasmynstraat 72, Robertson, byeen sal kom. Die peuter was ’n brose 19 maande oud. Die dood van die peuter het inwoners van Panorama verslae gelaat. Hy is verlede Dinsdagmiddag (27 Januarie) op slag doodgery toe hy, sy sussie en nog ’n maatjie op pad was na sy ouma se huis reg langs sy eie huis. Vir Migail se ouers, Kennith

Migail Booyse toe hy sowat ’n jaar oud was.

Arendse en Sunell Booyse, het sy dood nog nie heeltemal ingesink nie. Sunell was by die werk toe sy die nuus kry dat haar kind omgery is. “Ek het eers gedink dit is sy sussie (Lujane, 8).” Dit was eers toe sy op die toneel kom dat sy Migail in die pad aangetref het. Migail, vertel Sunell, was altyd ’n baie woelige knapie. “Hy was op daardie stadium wat hy in almal se harte ingekruip het. Hy het ook ’n onnutsige streep gehad. “As ek saans by die huis gekom het, het hy altyd ’n pruim of tamatie kom haal. Dan het hy dié met sy gholfstok geslaan.” Die oomblik van Migail se dood is iets wat Stoffel Mouries, ’n buurman, altyd sal bybly. Hy het op die sypaadjie staan en rook toe ’n voertuig by hom verbyry. “Ek het gesien sy draai op die sypaadjie en het toe agteruit getrek.” Die volgende oomblik het hy Migail onder die voertuig raakgesien. Mouries het op die bestuurder van die voertuig geskree om te stop, maar, voeg hy by, sy het hom moontlik nie gehoor nie. “Sy het weer vorentoe getrek en oor sy koppie gery.” Hy sê hy sal dit tot sy dood toe nie vergeet nie. Hy kan tot vandag toe nie verstaan hoe die kinders verby hom gekom het sonder dat hy hulle opgemerk het nie. Die familie het gru-praatjies wat tans die ronde doen, oor die toneel, die nek ingeslaan. “Niks van die praatjies is waar nie,” sê Sunell. Sy koester ook geen wrok teen die bestuurder van die voertuig nie, wat in ’n wrede slag van die noodlot sélf ’n kind op soortgelyke wyse verloor het.

Sunell Booyse met die selfoon wat in haar seun, Migail, se handjie gevind is ná hy verlede week dood is. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER Volgens die Robertson-polisie word ’n saak van strafbare manslag ondersoek. Lt. Cynthia Ndabeni, polisiewoordvoerder, doen ’n dringende beroep op padgebruikers om waaksaam in woongebiede te wees en stadig te ry.

Sy doen ook ’n beroep op ouers om te alle tye seker te maak hul kinders is veilig. Migail se roudiens word Donderdag om 19:00 gehou. Die begrafnisdiens is Saterdag om 10:00 vanuit die huis.

X1PP3WMM-BZ030215


2

Entertainment - Vermaak

Breederivier Gazette

Dinsdag 3 Februarie 2015

Hands-on festival starts this weekend Harvest time is here, which means the time has come for the annual Robertson Wine Valley’s Hands-on Harvest Festival.

DONDERDAG 5 FEBRUARIE ) NG Kerk Robertson-Oos varsproduktemark vanaf 17:00 in die gemeentesentrum. ’n Groot verskeidenheid vars vrugte en groente, sowel as verversings, sal beskikbaar wees.

SATERDAG 7 FEBRUARIE ) Logos Gatsby-gholfdag by die Robertsongholfklub, Silwerstrand. Inskrywings: R1 600 per vierbal. Navrae: Proshop, 0 023 626 1090

SATERDAG 7 FEBRUARIE – SONDAG 29 MAART ) Hands-on Harvest. Besoekers kan uitsien na druiwe pluk en trap, wynproe, ’n reuse verskeidenheid stalletjies en trekkerritte Navrae: 0 023 626 3167.

SATERDAG 14 FEBRUARIE ) Valentine’s Sunset met verskeie kunstenaars, waaronder Piet Botha en Faraway George, om 18:00 by Wolfkloof. Kaartjies: R100. Piekniekmandjies opsioneel. Navrae: 0 074 339 5008. ) 4x4-dag, ten bate van Breederivier-hospies, vanaf 08:00 by Zevenfontein (30 km buite Robertson). Koste: R350. Kampplek beskikbaar teen R50 per persoon. Heelwat gelukkige trekkings op die spel. Braaidromme en gratis braaihout beskikbaar. Navrae: Christa, 0 023 626 5710. ) Valentine’s Sunset Picnic Concert from 17:30 at the KWV Gallery/Museum Courtyard, Montagu. Tickets: R50 each. Tickets available from Burgundy Gherkin: 0 023 614 3734 or MontaguAshton Tourism office: 023 614 2728. ) McGregor Valentyns maanlig-ete. Koste: R150 per persoon. Navrae: 0 023 6265 1685.

The festival starts this Saturday (7 February) and will this time, thanks to its growing popularity, go on until 29 March. During this period, visitors can follow the route each grape takes from the vine to the bottle. With a wide variety of fun activities on the menu, the Hands-on Harvest Festival is an event not to be missed. Feast your eyes on the intricate art of wine making, stomp grapes to your heart’s content or take a leisurely trip through the vineyards by tractor or on horseback, followed by a scrumptious picnic. As some of the region’s wineries are not traditionally open to the public, the focus is on hosting a series of intimate events, ensuring that visitors are treated to a unique hands-on experience. Come for the day, a weekend or week or stay the entire two months of harvest and experience all that this beautiful valley has to offer during its Hands-On Harvest Festival.

The annual Hands-on Harvest starts this Saturday. With a host of activities on offer, this is a festival you don’t want to miss. PHOTO: LARESA PERLMAN For a full programme of activities (which includes contact details for participating wineries), visit www.handsonharvest.com.

Band and choir looking for members If you are blessed with musical talent and you enjoy the camaraderie of fellow-singers or musicians, then the Langeberg District Youth Choir and AD Libitum Concert Band are just the places to put your talent to good use.

The choir and band were launched in 2014 under the auspices of Graham & Rhona Beck Development Trust, as well as Department of Social Services and Western Cape Education Department. Both have members from the entire Langeberg region.

SATERDAG 28 FEBRUARIE ) Herberg Kinderhuis se kermis.

SUNDAY 1 MARCH ) Car boot sale and flea market from 10:00 – 13:00 at the KWV Art Gallery, Montagu. Enquiries: Mareletta van Zyl: (082 444 3927) or Jannie Uitlander (073 030 7240).

SATURDAY 7 MARCH ) Alf Boyley at Mulligans, Montagu. Enquiries: 2 janeym@hotmail.co.za or James or Janey at Mulligans: 0 023 614 3013.

For enquiries, call Elizma Botha on 023 626 3167 or send an email to manager@robertsonwinevalley.com.

The Langeberg District Youth Choir and AD Libitum Concert Band are looking for new members.

Since then the choir and concert band have gone from strength to strength. Within the first year of their existence they had a very successful Twilight Concert (an open air concert at the Graham and Rhona Beck Skills Centre), performed with the well-known tenor Manuel Escorcio and also had the opportunity to perform at the Artscape Theatre in Cape Town. Both the youth choir and concert band are currently looking for new members. Requirements for the youth choir include: ) Students must be between the ages of 13 and 18. ) An audition will be held to establish the student’s voice range and tone colour. There is now age limit for the concert band. Other requirements, however, include: ) Students must have their own instrument or an instrument available to practise. ) Students must have basic music reading ability. Children interested in joining either the choir or band can phone, SMS or whatsapp your name, youth choir OR/AND band, and school or age along with your contact details to 072 474 7440.

Talented Simba Morri to entertain at Rainbow Glen

X1PP3TU1-BZ030215

X1PLHLF5-BZ030215

X1PP3THM-BZ030215

The concert starts at 16:00. Come a bit earliEnjoy a “world music” safari on Sunday 15 February when the well-travelled singer- er to claim your spot, bring your own picnic songwriter Simba Morri, originally from basket and drinks and come and enjoy the Mombasa, Kenya, will perform at Rainbow family friendly atmosphere. Tickets are R100, children under 16 free. Contact Tara Glen, Montagu. Morri has a distinct personal sound en- at Rainbow Glen on 023 614 1294 or compassing several African musical styles. 072 893 8388 or info@rainbowglen.co.za Fluent in his native Maasai, Morri is also comfortable in Swahili, English, Zulu, Afrikaans, Sotho, Nyanja and Shona. He calls his music “Maasaik muziki” – an eclectic mix of cross rhythms, a fusion of African/ World music. He originally came to Soweto as a scholar and studied anthropology at Wits University before turning full time to music. Together with artists such as Malombo, The African Jazz Pioneers and “The People’s Poet” Mzwakhe Mbuli, Morri was part of the vibrant live music scene in South Africa during the politically charged 1980s. Significantly, his music added a valuable Pan-African dimension at a time when South Africa was culturally and politically isolated from the rest of Africa and the world. Morri has performed all over the world, including being invited in 1994 to the Out of Africa Arts Festival in Seoul, South Korea, and in 1997 to the Fin de Siecle in Paris, France. In 1995 two of his songs, “Unity”and “Celebrating Life/Siyajabula” were used by the SABC Elections Unit as part of the voter motivation campaign. Simba Morri


Dinsdag 3 Februarie 2015

News - Nuus

Breederivier Gazette

3

Een dood in ongeluk HILDERINE SCHRÖDER Bonnievale – Een persoon is dood en twee is ernstig beseer in ’n ongeluk voorverlede Sondag (25 Januarie) op die Stormsvleipad. Volgens konst. Cristal Geldenhuis, woordvoerder van die Bonnievale-polisie, is dit in hierdie stadium onduidelik wat tot die ongeluk sowat 3 km anderkant die afdraai na Gelukshoop gelei het. Met die polisie se aankoms kort ná 06:00 op die toneel het al ses insittendes van die voertuig buite die wrak gelê. Een van die kritiek beseerde insittendes

is per helikopter van die Montagu-hospitaal na die Tygerberg-hospitaal geneem, terwyl die tweede per ambulans na dieselfde hospitaal geneem is. Albei, insluitend die bestuurder van die voertuig, was, volgens Geldenhuis, in ’n koma, maar is die afgelope naweek ontslaan. Drie ander insittendes het ligte beserings in die ongeluk opgedoen en is dieselfde dag nog uit die hospitaal ontslaan. Teen druktyd kon die polisie steeds geen lig werp op die moontlike oorsaak van die ongeluk nie. Volgens Geldenhuis is Jacquin Moses (22) in die hospitaal aan sy beserings oorlede. Moses se naasbestaandes kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Geen plek by skole nie HILDERINE SCHRÖDER Etlike kinders van die Bonnievale-area moet tans daagliks per bus na Ashton reis om hulle skoolloopbaan te kan voortsit. Die Wes-Kaapse onderwysdepartement sê dat die skool eenvoudig nie oor die kapasiteit beskik om nog leerders te akkommodeer nie. Volgens Jessica Shelver, woordvoerder van die provinsiale onderwysdepartement, word leerders van Bonnievale wat nie hiér geholpe kon raak nie, tans daagliks per bus na die Ashton Sekondêre Skool vervoer. Die Bonnievale Primêre Skool in Happy Valley strek slegs tot gr. 9, wat beteken dat leerders na dié jaar óf by die Hoërskool Bonnievale of elders geholpe moet raak. Volgens Shelver het Bonnievale Primêre Skool tans 1 269 leerders terwyl die Hoërskool, wat ook van gr. 1 strek, 535 leerders het.

Sy sê die departement poog op ’n hoë vlak om die probleem te takel. Hieronder tel twee mobiele klaskamers om addisionele leerders te kan akkommodeer. Die dorp beskik tans slegs oor een skool wat leerders tot gr. 12 kan akkommodeer terwyl daar, benewens Bonnievale Primêr wat tot gr. 9 strek, sowat ses plaasskole is wat tot gr. 6 strek en twee tot gr. 7. Volgens Shelver is daar positiewe aanduidings dat daar op medium- of langtermynvlak ’n oplossing vir die huidige krisis gevind sal word, maar sal meer inligting eers beskikbaar wees wanneer die saak met alle rolspelers bespreek is. Ouers wat nog nie plek vir hul kinders gekry het nie word aangeraai om die onderwysdistrikskantoor onmiddellik te kontak. Navrae kan verwys word na John Goliath by 023 348 6000 of John.Goliath@westerncape.gov.za.

Naweek vir vroue in Vallei ANNELDA GROOTBOOM

Langeberg-munisipaliteit, Diana Gagiano, verwelkom sal word. Die vroue sal hierná kan Lady Bikers SA, ’n Kaapse instansie wat ge- uitsien na sangvermaak deur die gaskunsteleenthede reël vir internasionale vrouemotor- naar Sharon Clifford. Saterdagoggend word die fietsryers vanaf fietsryers, het besluit om hierdie jaar die span na Robertson te bring vir ’n naweek waar Silwerstrand begelei deur die verkeersbeampvroue wegbreek en die naweek kan kom ge- tes, waar hul begin ry in Voortrekkerstraat, op in De Jonghrylaan (verby Birds Paradise), niet. Die Rally in the Valley 2015 motorfietssaam- in Paddystraat en dan draai hulle af in Wesleytrek word 20 tot 22 Februarie buite Robertson straat waar hul eindig voor die Huis le Rouxby die Silwerstrand-vakansieoord gehou en tehuis vir bejaardes. Hier gaan hul die inwoalle vroue met of sonder motorfietse word ge- ners bietjie bederf met koek en koeldrank, ternooi om die dae by te woon. Registrasie kos wyl die Instituut vir Blindes op Worcester se R300 vir die naweek en vind op 20 Februarie koor sal optree. Inwoners sowel as koorlede om 13:00 plaas. Diegene wat nie slaapplek het sal boonop ook ’n saamrygeleentheid op die nie, kan ’n tent vir twee op die kampeerterrein motorfietse kry. Daarna beweeg die fietsryers terug na Silhuur teen R160 of sommer hul eie tent saambring. Dagbesoekers is ook welkom om die werstrand waar ’n verskeidenheid speletjies aangebied sal word. Daar sal ook verskeie kossaamtrek by te woon. Die formele opening vind op 20 Februarie stalletjies met watertand-geregte en ’n konplaas met die motorfietsryers wat uit Kaap- tantkroeg wees. Onder die ander vermaak is stad sal wegspring en na verwagting om 12:00 toetsritte deur Harley Davidson en ’n BBPby die kampterrein sal aankom, waar hulle pamperlangsessie deur Cancer Vive met Jadeur die uitvoerende burgemeester van die nie du Plessis aan die stuur. ’n Professionele fotograaf sal byderhand wees vir diegene wat foto’s wil laat neem. Die hoogtepunt van die naweek is die optrede deur die gaskunstenaar PJ Powers wat beloof om die vroue met haar fenomenale stem te bekoor. Die naweek word Sondag met ’n formele fotosessie afgesluit met Sharon Clifford wat die vroue op die pad gaan sit met twee tranetrekliedjies. Volgens organiseerders, Annalize Taljaard en Sonja van der Sandt, moet die naweek vroue inspireer en opbou en sien hul uit na sowat 120 vroue wat die naweek met hul sal geniet. Vir meer inligting, bel Sonja of Annalize by 021 824 3397 of besoek www.ladybikerssa.co.za. Tien lesers kan ’n kaartjie na PJ Powers se optrede te wen. Soek die versteekte motorfiets in die koerant en bel Annelda Grootboom by PJ Powers tree eersdaags in die Vallei op tydens ’n motorfietssaamtrek 023 626 5212. Die eerste tien lesers sal kaartjies losslaan. vir vroue.

’n Bergbrand in die Dassieshoek-area was verlede week in ’n stadium ’n bron van kommer. ’n Reënbui die naweek het egter die brand geblus. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Reënbui blus bergbrand HILDERINE SCHRÖDER Die Langeberg-munisipaliteit doen ’n beroep op Valleiers om versigtigheid aan die dag te lê ná die plaaslike brandweer die afgelope tyd verskeie brande moes blus. Hoewel geen van dié brande baie ernstig was nie en geen groot skade gerapporteer is nie, word inwoners van die streek gemaan om te sorg dat hulle hul vergewis van die noodnommer sou hulle die brandweer benodig en om alle maatreëls moontlik te tref om brande te voorkom. Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit (KWDM) het verlede week ’n bergbrand in die Dassieshoek-area fyn gemonitor. Volgens Piet du Plessis, stasiebevelvoerder van die KWDM se brandbestrydingsdiens, is die situasie deurlopend gemonitor. Dit was egter te gevaarlik om enige grondspanne teen die steil hange van die berg neer te laat om

die brand te bestry. Reën wat Saterdag uitgesak het, het uiteindelik die brand geblus. Inwoners kan brandbestrydingseenhede bystaan deur die volgende: ) Rapporteer enige brande onmiddellik. ) Gooi ’n oop vuur toe met sand om die vlamme te smoor. ) Wanneer jy van warm as of kole ontslae moet raak, doen dit in ’n area waar dit veilig is. ) Maak seker daar is nie enige onwettige of foutiewe elektriese konneksies by jou huis nie. Beide kan tot brande lei. ) Maak seker jy werk in ’n oop area indien jy met kragtoerusting werk. ) Hou die area om jou huis skoon van enigiets wat kan brand. ) Spreek enigiemand wat met vuurhoutjies of aanstekers speel ernstig aan. In die geval van brande kontak die plaaslike brandweer by 023 615 8911/8913.

Plaasaanvaller(s) gesoek HILDERINE SCHRÖDER Die Bonnievale-polisie bied ’n beloning van R50 000 aan vir enige inligting wat kan lei tot ’n inhegtenisneming in verband met ’n moord op ’n plaas buite dié dorp verlede jaar. Die moord op Helmut Wohlfarter (73) op sy plaas in die Drew-distrik in September het skokgolwe deur die landbou- en dorpsgemeenskap gestuur. Hy het ’n week ná die aanval aan ernstige kopbeserings beswyk. Sedert die wrede aanval soek die polisie steeds onverpoosd na die aanvaller(s). Niemand is egter nog in ver-

band met die voorval in hegtenis geneem nie. Wohlfarter was ten tyde van die aanval alleen by die huis. Sy vrou was op ’n besoek aan die buiteland. ’n Buurman het op ’n erg beseerde Wohlfarter afgekom ná werkers bekommerd begin raak het toe hy nie uit die huis kom om opdragte aan hul uit te deel nie en by die buurman om hulp aangeklop het. Wohlfarter was vir sowat ’n week in die Tygerberg-hospitaal in ’n koma voor hy dood is. Enigiemand met inligting wat lig op die ondersoek kan werp, kan die plaaslike polisie by 023 616 8060 bel.

X1PP297H-BZ030215


4

News - Nuus

Breederivier Gazette

Dinsdag 3 Februarie 2015

Kom stap saam in Kansa se Relay For Life Valleiers wat nog nie vir die jaarlikse CANSA Relay For Life ingeskryf het nie, het steeds kans om hul spanne byeen te kry en vir dié gewilde deurnaggeleentheid in te skryf. Vanjaar se aflosgeleentheid vind op 28 Februarie plaas en selfs diegene wat nie kans sien om te stap nie, het die geleentheid om ’n bydrae te lewer. Plaaslike ondernemings wat nie self spanne inskryf nie, kan steeds deel hê aan die geleentheid deur spanne te borg. In ruil hiervoor kan hulle hul besigheidsnaam op die span se T-hemde druk en ook hul bemarkingsmateriaal, soos vlae of baniere, langs die baan uitstal. Omdat Kansa ’n nie-winsgewende organisasie is, bring enige donasie boonop belastingverligting vir die donateurs. Volgens Anne-Marié du Plessis, een van die organiseerders van die aflos, neem baie skoolkinders aan die geleentheid deel en word enige borge dus verwelkom. Die plaaslike kankervereniging hoop om hierdie jaar sowat R200 000 met die aflos in te samel. Relay For Life is een van die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) se grootste geldinsamelingsgeleenthede. Die geld wat met geleenthede soos dié ingesamel word, word onder

PWC is een van die spanne wat hierdie jaar, net soos verlede jaar, weer aan die jaarlikse CANSA Relay For Life, gaan deelneem. meer aangewend vir pasiëntediens, navorsing en die onderhoud van die organisasie se bates. Vanjaar se aflos, wat oudergewoonte by die

Beseerde speler vol moed ANNELDA GROOTBOOM ’n Kranige rugbyspeler van Robertson is vasbeslote om steeds sy rugbydrome te bewaarheid ná ’n ongeluk vroeër vanjaar op die De Hoop-pad buite Robertson hom verlam gelaat het. Jaco Conradie (19) het ’n nekwerwel in die ongeluk gebreek en kon nie sy ledemate beweeg nie. Hy is aanvanklik in die Tygerberghospitaal opgeneem, maar is ’n paar weke later na die Groote Schuur-hospitaal oorgeplaas waar hy ’n suksesvolle operasie ondergaan het. Hoewel dokters aan Jaco gesê het dat hy sy rugbyloopbaan vaarwel sal moet toeroep, is Jaco volgens sy pa, Koos, vol geloof en vertroue dat hy weer op die rugbyveld sal uitdraf. Jaco was ten tyde van sy ongeluk ’n o. 19speler vir die Griffons en was ook vir drie jaar ’n leerder by die Harmony-sportakademie in Virginia in die Vrystaat. Volgens Chris Coetzee, bestuurder van die Harmony-sportakademie, was Jaco se ongeluk ’n groot skok vir die gemeenskap omdat hy geliefd onder die inwoners was en hy ’n groot impak op baie mense gehad het. “Hy was ’n groot bol energie en het sy hart uitgespeel op die rugbyveld,” voeg Coetzee by. Jaco se positiwiteit, sterk geloof en die ondersteuning van sy ouers en familie was verstommend, het hy vertel. Jaco sou dié jaar vir die Griffons se o. 21-span gespeel het en sou ook in Virginia begin werk het ná Coetzee vir hom ’n pos gereël het. Jaco se pa wil diegene wat Jaco op die ongelukstoneel bygestaan het, sowel as die gemeenskap van Robertson en sy omliggende dorpe, bedank vir hul volgehoue ondersteu-

Robertson-skouterrein aangebied word, skop om 18:00 af. Wicus van der Merwe, wat vanjaar die geleentheid steun, sal sorg dat daar nie ’n

enkele saai oomblik by vanjaar se aflosgeleentheid is nie. Buiten die joligheid wat al sinoniem is met Relay For Life, kan deelnemers ook uitsien na die luminaria-seremonie waartydens kankeroorwinnaars, sowel as dié wat die stryd teen dié gevreesde siekte verloor het, onthou sal word. Luminaria-sakkies is beskikbaar teen R10 stuk. Kankeroorwinnaars gaan oudergewoonte ook gehuldig word. Dié geleentheid sal om 16:00 plaasvind. Oorwinnaars word egter versoek om voor 16 Februarie te bevestig of hulle dié geleentheid sal bywoon. Hierdie jaar word die streek se wynplase uitgedaag om ook almal ’n span in te skryf. Moenie dié kans om ’n bydrae te lewer vir die stryd teen kanker laat verbyglip nie! Spaninskrywings kos R650 met spanne wat uit 10 tot 15 lede bestaan. As jy nie genoeg mense vir ’n span byeen kan bring nie, het jy geen rede tot kommer nie. Individue is welkom om ook aan die aflos deel te neem. Vir navrae of meer inligting, bel Franchonet Tredoux by 072 545 1920 of Anne-Marié du Plessis by 086 163 2200, of besoek die Facebookgroep CANSA Relay For Life Langeberg. Toegangsfooie vir Valleiers wat graag die RelayFor Life wil bywoon, beloop R50 per persoon.

Erasmus is streekwenner in VinPro-wingerdblokkompetisie ’n Blok sauvignon blanc van Hannes en JC Erasmus is hierdie jaar as Robertson se streekwenner in die VinPro-wingerdblokkompetisie gekroon. Die wenners van dié gesogte kompetisie is verlede Maandag (26 Januarie) tydens VinPro se jaarlikse Boeredag, wat by die Robertson Wynkelder gehou is, aangewys. Neethling Bruwer van die plaas Sandrivier het die tweede plek losgeslaan met ’n blok cabernet sauvignon, terwyl Jan Harmsgat derde was met ’n blok chardonnay. Die tema van vanjaar se wingerdblokkompetisie was wingerde wat nie op die tradisionele kortdraersnoeistelsel gesnoei word of van die vertikale lootposisioneringstelsel gebruik maak nie. Die druiwe van die wenblok, wat in 2002 aangeplant is, op Ramsey geënt is, en via ’n dubbelkordon meganiese snoeistelsel gesnoei word, word aan die Robertson Kelder gelewer, terwyl die druiwe wat die tweede plek losgeslaan

het aan die Ashton Kelder gelewer word. Gaste by die Boeredag het ook die geleentheid gekry om die wenblok, sowel as die naaswenner te besoek. Vanjaar se wenners het pryse ter waarde van sowat R130 000 losgeslaan.

Besoekers aan die Boeredag het ook geleentheid gekry om die wenblok te besoek. Van links is JC Erasmus, Hannes Erasmus en Chris Basson (plaasbestuurder).

Jaco Conradie in aksie op die rugbyveld. ning. “Dankie vir elkeen se oproep, SMS en gebede tydens dié moeilike tyd.” Die positiewe nuus, aldus Koos, is dat Jaco reeds gevoel in van sy ledemate begin terug kry het. Hy is verlede week na ’n algemene saal oorgeplaas.

Die wenners van die VinPro-wingerdblokkompetisie is verlede week aangewys. Van links is JC Erasmus en Hannes Erasmus (wenner), Neethling Bruwer (naaswenner), Kowie Smit en Daantjie Daniëls (derde plek).

X1PNX16D-BZ030215

JC en Hannes Erasmus het vanjaar se kompetisie vir ’n blok sauvignon blanc gewen. By hulle is Hein le Roux (Absa) en Hennie Visser (VinPro).


Dinsdag 3 Februarie 2015

General - Algemeen

Breederivier Gazette

5

Gemeenskapsmens Judy oorlede ANNELDA GROOTBOOM ’n Groot seder van Bonnievale het geval met die dood van Judy Willemse (41) verlede Donderdagoggend in die Robertson-hospitaal. Willemse, ’n geliefde inwoner van dié dorp en gemeenskapsmens in hart en siel, was van 2008 tot voor haar dood die voorsitter van die gemeenskapspolisiëringsforum in Bonnievale, ’n vegter teen misdaad en iemand wat altyd uitgereik het na haar medemens. Sy was bekend daarvoor dat sy altyd ’n helpende hand na haar medemens gereik het.

Judy Williams

Volgens konst. Cristal Geldenhuis, woordvoerder van die Bonnievale-polisie, was Judy ’n steunpilaar en iemand wat haar baie ontferm het oor die gemeenskap. Hoewel Judy siek was, het sy nooit gekla nie, maar altyd net haar beste gegee vir die forum, het Geldenhuis gesê. “Verlede Woensdag was ek en Judy nog bymekaar om reëlings te tref vir die vergadering vir die verkiesing van ’n nuwe voorsitter,” sê Geldenhuys. Judy sou verlede Donderdag (29 Januarie) by die verkiesing haar pligte as voorsitter aan haar opvolger oorgee. Volgens haar broer, Marinus Heatlie, het Judy ná hul ma se dood by hulle kom woon en

sy was die moederfiguur vir hom en sy jonger broer. “Haar medemens se belange was altyd prioriteit en vir ieder en elk het sy ’n oor gehad om te luister. Sy het ook nooit gekla nie,” sê Heatlie. “Verlede week in die hospitaal het ek vir die eerste keer gehoor dat sy pyn ervaar,” het hy bygevoeg. ’n Roudiens deur die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) is verlede week vir Judy gehou. Sy word oorleef deur haar seun, twee broers en ’n suster. ’n Roudiens word vandag (Dinsdag) om 19:00 by die huis in Hanepootstraat, skema 4, gehou. Die begrafnisdiens vind Saterdag (7 Februarie) om 10:00 in die gemeenskapsaal in Bonnievale plaas.

A taste of heaven Treat your loved one to an unforgettable dinner at Reuben’s at the Robertson Small Hotel this Valentine’s Day. The masterly hand of Reuben Riffel has designed a menu filled with seasonal freshness and innovative dishes that make this the most exciting restaurant in the region. The emphasis is on producing the ultimate synergy between texture, flavour and juiciness in a myriad of dishes to suit every palate. The diverse and delectable dishes served in the restaurant will, needless to say, be accompanied by an extensive and all-encompassing wine list, which features a wide selection from the region, to cater for all tastes. These fine wines are stored in a state-of-the-art wine cellar that boasts contemporary square-edge shelving with classic pewter frames creating proportions, detail and depth. The chic setting offers indoor and alfresco options for dining.

MAANSKYN EN MUSIEK: Bederf jou geliefde op Valentynsdag met ’n romantiese piekniek! Wolfkloof is ’n gewilde bestemming vir troues, konferensies of privaat geleenthede, met fasiliteite wat in al u behoeftes sal voorsien. Die asemrowende omgewing wat dit omring, met welige groen wingerde, vrugtebome en natuurskoon, sal sorg vir ’n onvergeetlike aand, binne-in die karaktervolle kelder of buite op die luilekker stoep. Jan Kannemeyr, eienaar van dié kelder, trek altyd ’n haas uit die hoed met onvergeetlike vertonings deur die land se topkunstenaars. Hierdie Valentynsdag is dit The Lyzyrd Kyngs, met Piet Botha, The Dennis Brothers, AJ Graham asook Faraway George wat jou sal betower met hul suiwer akoestiese klanke. Bederf jou geliefde met dié piekniekkonsert onder die sterre (piekniekmandjie opsioneel). Hou gerus Wolfkloof se webtuiste dop vir toekomstige vertonings soos hierdie.

AAAAAA-BZ030215

X1PP9XB9-BZ030215

X1PPBAN1-BZ030215


6

Schools - Skole

Breederivier Gazette

FAMILIEKENNISGEWINGS

PERSOONLIKE DIENSTE

GREAT BEGINNINGS: Learners at the Maskheke Combined School in Nkqubela received a welcome boost towards their academic year thanks to a donation of 404 schoolbags containing, amongst others, stationery and scientific calculators, from the local branch of PricewaterhouseCoopers. PHOTO: HILDERINE SCHRÖDER

LENINGS

IN MEMORIAM

1445

1015

BRENDON STEVENS Geb: 30/01/1995 Geste: 03/12/2013 My kind dis jou 2de verjaarsdag weg van ons. Die verlange en gemis is groot en sal altyd daar wees. Lief vir jou my kind. Van mamma, familie, Coleen en Cardo asook jou vriende. JAYNA JOHANNA ADRIAAN Geb: 25/10/1936 Gest: 7/02/2005 Mamma, vandag 10 jaar gelede het Jesus beluit om die mooiste, liefdevolste blom te pluk. Die wete dat u nie terugkom nie maak dit moeilik vir ons as kinders om aan te gaan met die alledaagse lewe. Ons kan nie eens totsiens vir Mamma sê nie, want dit was als so skielik. Tot vandag vra ons hoekom, want al het ons gesinne het elkeen van ons as kinders Mamma nog nodig. Daar's so baie wat ons nog by Mamma kon leer, selfs die kleinkinders. Ons weet ons moet aanvaar, maar dis moeilik. Ons weet dat ons Mamma eendag weer sal sien, maar nou sal u herinneringe voortleef. Die verlange is wel groot, maar eendag sal ons Mamma weer hoor lag! Lief vir Mamma. Van: kinders, skoonseuns, skoondogters, kleinkinders en agterkleinkinders.

JOHANNES M HAAS Geb: 2/02/1969 Gest: 21/07/2014 Johan dis jou eerste verjaarsdag weg van ons, hoe graag sou ons geluk wou sê. Maar die Here wou dit anders hê. Ek sal jou nooit vergeet nie, jy is altyd in my hart. Van jou ma, 2 broers Martin en Phillip.

Dinsdag 3 Februarie 2015

LENINGS!! LENINGS!! tot R200 000. Benodig bankstate, payslip en ID. 5 min pre-approvals. Fiona: 082 422 2271.

BETREKKINGS 3600

GELUKWENSINGS 1030

ALGEMEEN 3680

HONDE GROOMER met goeie ondervinding gesoek in Worcester. Faks CV na 086 730 5692 of Kontak 082 075 6001.

RAAI WIE WORD 50 vandag (3 Februarie 2015) Johannes Jantjies. Baie geluk aan ons Pa en man met u 50ste verjaarsdag. Mag die Here jou ryklik seën. Van jou vrou, kinders en skoonseun.

X1PN1YB5-BZ030215

LEIERS: Dié leerders van die Laerskool Dagbreek is aangewys as die skool se prefekte vir 2015. Van links is Sachin Constable, Kayla Africa, Duncan Rossouw, Caytlin Africa, Timothy Robertson, Caran Cupido, Daniel Wewers, Anastacia Louw, Craig Adendorff, Kelly-Ann Constable, Lizo Mhlakaza, Tiane Pietersen, Luciano Booysen, Amy Smal, Devon Moses, Kylie Ann Grootboom, Cole Carolus, Kay-Dene Willemse, Ferdin Pietersen en Nicole Campher.


Dinsdag 3 Februarie 2015

Schools - Skole

NUWE GESIGGIES: Die Laerskool Montagu het verlede week heelwat nuwe gr. 1-leerders verwelkom. Op die foto is sommige van dié nuwe gesiggies.

LIGVOETS: Yane Fisher het gedurende die Desembervakansie aan die Fedhansa Dance Sport se Suid-Afrikaanse kampioenskappe in Kaapstad deelgeneem. Sy het ’n vierde plek in beide die baldans- en Latyns-Amerikaanse-afdeling behaal.

VOORSLAG RUITER: Simoné Gatt van die Hoërskool Robertson het Wes-Kaap-kleure behaal in die skouafdeling van ruiterkuns. Sy het die Wes-Kaap-span in Desember by die Suid-Afrikaanse Junior Kampioenskappe verteenwoordig met die span wat in geheel tweede geëindig het. BAIE WELKOM! Die Hoërskool Montagu het vanjaar ’n nuwe onderwyser verwelkom. Elzanne Lotter het op Despatch grootgeword en het haar graad in menslike bewegingskunde aan die Universiteit van Port Elizabeth verwerf, waarna sy verlede jaar by die Hoërskool Outeniqua skoolgehou het. Lotter sal lewensoriëntering vir gr. 8 – 9 aanbied. Sy is baie sportief en geniet die natuur. Haar stokperdjie is fotografie.

X1PP8QU9-BZ030215

Breederivier Gazette

7


Breederivier

Year 19 • 3 Februarie 2015 | Tel. 023 626 5212

Jacquin shows his mettle, qualifies for Sunshine Tour Robertson has another reason to boast!

Jacquin Hess

This after local professional golfer, Jacquin Hess, managed to qualify for the esteemed Sunshine Tour. Hess (24) recently competed in the Vusi Ngubeni Qualifying School at Modderfontein Golf Club in Gauteng. The tournament took place from 27-30 January and saw professionals from around the country competing for the 15 Sunshine Tour player cards. In the tough field of 135 players Hess showed incredible mental strength to secure his playing rights for 2015 and to finish in the 14th place. After a great first round, Hess found himself slipping back somewhat, although he still managed to

keep himself within the top 60 players. With only the top 60 players competing in the last two rounds, Hess continued to struggle on the soft and bumpy green (thanks to a lot of rain the past few weeks). With his game not at its best, as well as finding himself in the rough on a few occasions, Hess found himself in 16th place going into the final round. With every shot counting Hess started well with a birdie on the first hole only to follow this with a bogey on the second hole. By the 10th hole Hess was losing momentum with another bogey and was in real danger of not getting his Sunshine Tour card. Hess, however, showed his steel after pulling off a 20 foot putt for a birdie on the 13th hole.

SPELERS VEREER: Die McGregor-rugbyklub het onlangs sy toppresteerders vereer. Agter (van links) is J. Page (jong opkomende speler), K. Abrahams (meeste drieë en puntemaker), P. Hull (A-span-assistentafrigter), E. Simons (voorsitter), B. Papp (A-span-afrigter), C. Hamilton (administrateur van die jaar), R. Goliath ( A-span, mees toegewyde speler van die jaar) en A. Theunissen (voorspeler van die jaar). Voor is M. de Koker (A-spankaptein), J. Fourie (mees betroubare speler van die jaar), M. Kolisi (B-span, mees toegewyde speler), E. Pieters (B-span voorspeler van die jaar), G. Kraukamp (sportman van die jaar), R. Tiger (spelers se speler van die jaar), M. Hull (B-span-afrigter) en G. Snyders (B-spankaptein). Die A- en B-spanne is ook as die afgelope seisoen se ligakampioene gekroon.

With pars on the last five holes Hess finished the round with a respectable score of 73. Hess now has to prepare for his second season on the Sunshine Tour after ending 148th on the Sunshine Tour in 2013. Hess’s first tournament will be 17 February at Fancourt in George, followed by the Johannesburg Open at Royal Johannesburg, followed by the Africa Open at East London, followed by the Tshwane Open in Pretoria. The tournament will see the best professional golfers from South Africa, Africa and Europe compete to be the champion with three of the four tournaments being co-sanctioned by the Sunshine Tour and European Tour. The winners in these tournaments will receive more then a million rand in prize money.

Chennai wen net-net Die Robertson sagtebal-krieketspan, Chennai Superkids, het die afgelope naweek amper op sy herrie gekry. Chennai se kolfhelde, Ashwin Sauls en Jonty Wehr, moes Sondag 16 lopies op die laaste paaltjie aanteken om dié span se eenpaaltjie-oorwinning teen die Pumas te beklink. Pumas het die loot gewen en besluit om eerste die kolf in te lê. Die span het 79 lopies in die toegelate 20 boulbeurte aangeteken. Chennai was vroeg in die knyp. Sauls en Wehr het egter vasgebyt in dié naelbytstryd. Chennai is tans die voorlopers in die B-afdeling.

DUIWEKAMPIOENE: Die Wynland-posduifunie het Saterdag (31 Januarie) sy jaarlikse prysuitdeling, wat gepaard gegaan het met ’n suksesvolle duiweveiling, gehou. Willem Roussouw (links) is aangewys as die Wynland-posduifkampioen. Geanu Visagie is as beste junior aangewys. X1PM55J9-BZ200115


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.