Breederivier gazette 09 12 2014

Page 1

Breederivier

X1PJ6TAM-BZ091214

Year 18 • 9 Desember 2014 | Tel. 023 626 5212

www.bolandgazette.co.za

Fees van Gospel! Gazette se heel eerste gospelkonsert was ’n reusesukses! Konsertgangers het hulle verlustig in die variasie wat op die spyskaart was. Op die foto is die Dumisani-gospelgroep, die gaskunstenaar by die geleentheid, saam met Theresa Olivier (derde van links, uitgewer van Breedevallei Media), James Combella (middel, seremoniemeester) en Annelda Grootboom (vierde van regs, geleentheidskoördineerder van die Breederivier Gazette).

Berig en nog foto’s op bl. 4.

Kragkrisis knou ekonomie in Vallei HILDERINE SCHRÖDER

Die land se elektrisiteitskrisis wat die afgelope weke gereeld tot beurtkrag gelei het, kan die Vallei ’n geweldige ekonomiese slag toedien. Só sê die voorsitters van die Bonnievale- sowel as Robertson-sakekamer. Volgens dr. Deon Joubert, van die Robertson-sakekamer, lyk die prentjie tans donker vir die Vallei, hetsy dit vir plaaslike ondernemings of plaaslike fabrieke is. Of sake- of fabriekseienaars ’n kragopwekker het of nie, die ekonomiese uitwerking van beurtkrag bly

groot, sê Joubert. “Die situasie strek die hele gemeenskap tot nadeel,” voeg hy by. Hansie Wolfaardt, van die Bonnievale-sakekamer, stem saam. Die geldwaarde van die uitwerking, voeg hy by, is moeilik berekenbaar, maar dit is in alle waarskynlikheid enorm. Veral plaaslike fabrieke, sê Joubert en Wolfaardt, word deur die kragonderbrekings gepootjie. Waarskuwings vir kragonderbrekings word te laat uitgereik en dan hou die kragreus boonop dikwels nie by die skedules wat hy uitgereik het nie. “As ’n mens lank genoeg vooraf waarskuwing kry en Eskom hou by dié skedule, kan fabrieke hulle bedrywighede in ’n mate daarby aan-

pas,” sê Wolfaardt. “Soos dinge egter op die oomblik gaan is dit bitter moeilik om vooruit te beplan. Fabrieke werk op siklusse en dié siklusse kan nie binne ’n dag se kennisgewing aangepas word nie.” Sou die situasie voortduur kan dit lei tot groot finansiële verliese, veral in die kaasbedryf wat tans op sy piek is, voeg hy by. Volgens Joubert steun die plaaslike ekonomie in ’n baie groot mate op die landbousektor. “Die hele ekonomie hang van landbou af. As jy landbou benadeel, benadeel jy die hele gemeenskap.” Die effek van beurtkrag is veral nadelig in fabrieke waar daar met bederfbare produkte wat vinnig afgekoel moet word, gewerk word. “As

die situasie op dié trant voortduur gaan die area nog slegter daaraan toe wees as dit parstyd is,” sê Joubert. Intussen sê Jo-Ann Otto, woordvoerder van Kaapse Wynlanddistrik van die Wes-Kaapse departement van gesondheid, alle hospitale in die streek is gerat vir enige kragonderbrekings. Die Robertson- en Montagu-hospitaal het albei kragopwekkers wat ten volle operasioneel is, aldus Otto. Die kragopwekkers is geprogrammeer om outomaties aan te gaan sodra daar ’n kragonderbreking is. “Hierdie onmiddellike aanskakeling verseker dat daar nie ’n negatiewe effek op enige lewensondersteunende toerusting tydens kragonder-

brekings is nie.” Volgens Otto word nie-noodsaaklike toerusting soos lugversorgers gedurende kragonderbrekings afgeskakel om sodoende diesel te bespaar. Alle medikasie wat verkoeling benodig word in gespesialiseerde yskaste wat hul temperatuur vir tot ses ure behou, bewaar. Geen van die klinieke het kragopwekkers nie. Om te verseker dat die “koueketting” nie onderbreek word nie, word alle medikasie gedurende naweke na die hospitaalapteke geskuif. Die departement, sê Otto, doen alles binne sy vermoë om te verseker dat sy dienste nie deur kragonderbrekings onderbreek word nie.


2

News - Nuus

Breederivier Gazette

Dinsdag 9 Desember 2014

Kom eet ’n lekker pannekoek Nog ’n nuwe restaurant in Voortrekkerstraat, Robertson? Ja, maar een met ’n verskil! Hier kan jy ’n verskeidenheid pannekoeke kom proe, soos nêrens anders in Robertson nie. Van ontbytpannekoek, tot pannekoek met vulsels soos hoender en sampioen, bobotie, kerriehoender of boerewors. Vir die soettand onder ons is daar piesang en karamel, appeltert, melktert, suurlemoenskuimtert (lemon meringue) en sjokolademoussevulsels, en natuurlik die tradisionele kaneelsuikerstaatmaker. ) Wat is die restaurant se naam? The Pancake Chef ) Wie is die eienaar? Sonja Prins ) Wat maak die restaurant spesiaal? Die unieke verskeidenheid pannekoeke, maar dat daar ook voorsiening gemaak word vir kliënte wat lus het vir iets anders. O, en moet asseblief nie vergeet van die heerlikste verskeidenheid platborde (platters) wat jy hier kan bestel vir die partytjie by jou huis of werk nie. ) Wie sal dit geniet om die restaurant te besoek? Dis regtig vir oud en jonk, en gesinne is veral welkom. Kom ontspan op die rustige, koel stoep met die geluid van kabbelende water in die agtergrond. ) Watter gereg op die spyskaart is spesiaal? Dis eintlik onmoontlik om onderskeid te tref, maar kom proe gerus die unieke ontbytpannekoek. ) Word alkohol bedien? The Pancake Chef en die On Route Wine Deli vorm ’n wenkombinasie. Terwyl jy jou ete geniet is die wye verskeidenheid van die deli se wyne tot jou beskikking om te bestel. ) Is kinders welkom? Vir seker. Terwyl Ma en Pa hul kos geniet, kan die kinders hul eie pannekoekies bestel om te versier. ) Besigheidsure: Maandag tot Vrydag 08:30 tot 17:00, en Saterdae van 08:30 tot 15:00. ) Sal die pryse my sak pas? Beslis baie bekostigbaar vir elke besoeker. Met pryse wat wissel tussen R20 en R50, maak dit die ruim porsies uiters bekostigbaar vir ieder en elk. ) Skakel: Sonja Prins, 082 852 6081, of besoek hulle in Voortrekkerstraat, Robertson,( reg langs KFC).

SECOND THURSDAY OF EACH MONTH ) Montagu Alzheimer’s Support Group meets at 15:00 in the bottom lounge of Huis Uitvlucht, Montagu.

ELKE DINSDAG

DONDERDAG 25 DESEMBER

) Die Christelike Afhanklikheidsdiens (CAD) vergader 19:00 by die Thusong-sentrum. Navrae: 0 082 666 9884 of 023 626 1337.

) Kersfees-buffet by Bon Cap. Navrae: 0 023 626 2073.

ELKE DONDERDAG

) Valentyn-gesinspiekniek by Overhex buite Worcester. Van 17:00 tot laat met hope vermaak vir die kinders. Navrae: Christal Meiring, 0 023 347 5012.

) Alkoholiste Anoniem vergader om 19:30 in die Eeufeessaal (ingang by parkeerplek agter Stadsaal) op Robertson.

EERSTE SATERDAG VAN ELKE MAAND ) Teetuin en oggendmark by die Robertson-museum se anneks. Gebruik Le Rouxstraat-ingang. Navrae: 0 023 626 3681.

KERSLIG MET MUSIEK: Die AGS Coetzeestraat mannekoor bied op 14 Desember om 18:00 ’n Carols by Candlelight-geleentheid by die AGS-sentrum in Coetzeestraat. Toegang is gratis, maar daar sal wel ’n sagte kollekte opgeneem word. Vir meer inligting, bel Dougie Mouries (ouderling) by 079 500 8244.

X1NR0U3W-BZ091214

X1PJ3C5M-BZ091214

SATERDAG 14 FEBRUARIE

SATERDAG 28 FEBRUARIE ) Herberg Kinderhuis se jaarlikse kermis. ’n Groot verskeidenheid varsprodukte, gebak en vele meer sal oudergewoonte beskikbaar wees. Valleikalender: 0 023 626 5212 of 2 gazette@breede.com.

KERSVERTONING: Die McGregor AGS Jeug bied op 13 Desember om 18:00 sy jaarlikse Christmas Celebration Show by dié gemeente aan. Dié geleentheid gaan elke jaar van krag tot krag. Dié jaar se gaskunstenaar is evangelis Joseph Bergh (links).

AAAAAA-BZ091214

X1PJ9G8M-BZ091214


Dinsdag 9 Desember 2014

News - Nuus

Unused taxi rank vandalised HILDERINE SCHRÖDER Built to benefit the community, a deafening silence hangs around the Zolani taxi rank outside Ashton. No vendors selling snacks, no hustle and bustle of commuters, no vehicles. Since it was completed in 2011, this taxi rank hasn’t seen a single taxi or passenger. This, says Malinge Zweni, a community leader in Zolani, has led to a number of problems. Not only has the taxi rank become the target of vandals, but it is also a hideout for drug users, he says. “Since its completion the taxi rank has not been used at all. Not even once. Why was it built if the community doesn’t benefit from it?” According to Zweni, transport remains a major problem for residents. “With no taxis running from the taxi ranks, people have difficulty getting to town and work. Since the municipality built the taxi rank, it’s the municipality’s responsibility to see to it that it is put to use. The fact that it’s not being used means that it was nothing but a waste of money.” In turn, the municipal manager of the Langeberg Municipality, Soyisile Mokweni, says the lack of taxi services at the Zolani taxi rank is due to internal issues amongst local taxi associations. “This made the handover of the taxi rank difficult. However, elections were recently held to appoint a new board.” According to Mokweni the new board has agreed to take over the taxi rank.

Although completed in 2011, the Zolani taxi rank has never been used and has since become the target of vandals. “Processes are underway to pave the way for this to happen. As soon as the lease agreement is signed, repairs will take place and the facility will be the responsibility of the taxi association.” Mokweni strongly denies Zweni’s allegation that the taxi rank was a waste of money. “The taxi rank project was identified by residents of Zolani as a need. It was listed in their Integrated Development Plan as a priority project and implemented accordingly.” The construction costs amounted

to R2 349 470,26. According to Mokweni, vandalism remains a major problem in the Langeberg area. “Costs to repair vandalised property is high. These funds could have been used elsewhere in service delivery.” Mokweni urges the community to assist the municipality in its fight against vandalism. “Residents must take ownership of the infrastructure (that has been) built for them. Vandalism is illegal and should be reported to the police as soon as residents see any suspicious activity near municipal properties.”

X1PG9YQ2-BZ091214

Breederivier Gazette

3

Vrou haar handsak kwyt dat hy na die Die MontaguKWV-gebou polisie benodig moet gaan en sê die gemeendat hy ’n sakkie skap se hulp vol geld opgetel om ’n man, wat het omdat hy vermoedelik glo ’n beloning betrokke was kan ontvang. by die diefstal Hy het die van meer as klaagster oorR7 000, op te reed om saam spoor. met laasgeDit volg nanoemde moet dat ’n 47-jarige stap sodat sy vrou geval het kan bevestig vir ’n slenter waar hy die geld en na verneem opgetel het. Hy word haar het haar oorhandsak in die verdagte se Die Montagu-polisie benodig die ge- reed om intussorg gelaat het. meenskap se hulp om dié verdagte op sen haar handsak in sy sorg te Volgens sers. te spoor. laat. Suria Meyer, Die klaer het na die KWV-gebou woordvoerder van die Montagupolisie, was die vrou op 21 Novem- gestap, maar toe sy nie die man ber besig om geld by Standard met die groen hemp daar opspoor Bank op Montagu te trek toe ’n nie, het sy besef dat sy mislei is. man in ’n swart en groen hemp Die mans is fort met haar handsak haar genader het. Hy het beweer waarin daar sowat R7 518 kontant dat hy ’n banksakkie met geld op- was. Die verdagte wat haar oorgetel het en het dit vir haar gewys. Hierop het hy gesê dat hy na La- spronklik genader het is tussen 40 dismith wil ryloop, maar nie se- en 50 jaar oud, slank gebou, omtrent 1,7 m lank en het ’n spleet ker is waar om te staan nie. Die klaagster, sê Meyer, het aan tussen sy tande. Hy het ’n donker hom verduidelik waar om op ’n ge- gelaatskleur. Enigeen wat die leentheid te wag, maar hy het glo man herken word versoek om die by daarop aangedring dat sy saam Montagu-speurdiens met hom moet stap om hom te wys 079 894 1784 of die noodnommer 10111 te skakel. waar die plek is. Meyer doen opnuut ’n beroep op Op pad na die betrokke plek het nog ’n man, geklee in ’n vaal die gemeenskap om versigtig te T-hemp, by hulle aangesluit. Hy wees met hul persoonlike eienhet aan die ander man, wat die kla- dom soos bankkaarte, handsakke er oorspronklik genader het, gesê en ander waardevolle items.

X1PG9XJJ-BZ091214


4

News - Nuus

Breederivier Gazette

Almal sing en dans HILDERINE SCHRÖDER Nie eens beurtkrag kon die ongelooflike geestelike ervaring by die Gazette se heel eerste gospelkonsert in die wiele ry of demp nie. Die Langeberg Sekondêre Skool se saal was Saterdagmiddag 6 Desember tot barstens toe gepak met Valleiers wat in dié geleentheid kom deel het. Met kunstenaars uit die boonste rakke was dit nie lank voor die hele gehoor lustig meegesing en -dans het

nie. Verskeie plaaslike kunstenaars, waaronder Abigail Johnson (Worcester), JC’s Project (Robertson), Martin Abrahams (Ashton), Faith Gospel Choir (Montagu), AGS Jeug van Montagu én Mcgregor, Glen Meas (Robertson), Gospel Bells Mannekoor en Robertson se eie Kenny G, Steve Jacobs het konsertgangers in vervoering gehad. Die geleentheid se gaskunstenaars, Dumisani-gospelgroep, het tot laataand die dakbalke laat lig met hul treffers.

Die Breederivier Gazette se eerste gospelkonsert was ’n reusesukses. Die wye verskeidenheid gaskunstenaars het die gehoor telkens op hul voete gehad.FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER

Dinsdag 9 Desember 2014


Dinsdag 9 Desember 2014

News - Nuus

GELUKKIGE WENNER: November was Nasionale Diabetes-maand. As deel hiérvan het die Wynland Apteek in Robertson ’n kompetisie van stapel gestuur waar besoekers tydens ’n gratis suikertoets, ’n kans gestaan het om ’n suikertoetsmasjien te wen. Enid Mc Tyre (75), jarelange inwoner van Robertson, was die wenner van die masjientjie, nadat hy die toets afgelê het, min wetende dat hy ook suiker het. Gelukkig kan hy nou ook sy suiker noukeurig monitor. Op die foto oorhandig apteker Hennie van Dyk (regs) aan Mc Tyre sy suikertoetsmasjien.

Robertson op televisie Valleiers het hopelik verlede Donderdag na die eerste helfte van die Mooiloop-episode wat op Robertson opgeneem is, gekyk. Maak seker jy is dié Donderdag 11 Desember weer voor die kassie wanneer die laaste gedeelte van dié episode om 19:00 op SABC2 uitgesaai sal word.

X1PJ3CF1-BZ091214

Breederivier Gazette

5


6

News - Nuus

Breederivier Gazette

Dinsdag 9 Desember 2014

Verlig Herberg-kinders se Fees HILDERINE SCHRÖDER

Smart Magocha is a talented artist who also creates works to order.

PHOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Bright and bold art HILDERINE SCHRÖDER

Smart Magocha has two passions: bright colours and art. When walking into his studio in Nkqubela, one can see his passion reflected on the canvasses against the walls. Originally from Zimbabwe, Smart made Nkqubela his home in 2008. He moved to South Africa in the hope of starting an art business here. “I created a lot of art while still in Zimbabwe, but my work didn’t really sell,” Smart explains. When he came to Robertson, it was love at first sight. “It is a beautiful place with amazing people. I didn’t want to be anywhere else.” His love for nature and bright colours is clearly reflected in his masterful pieces. “Pieces with bright colours sell better. It attracts customers. Houses aren’t beautiful on their own. When I create something, I do it to make something to beautify people’s homes.” Smart, who prefers using acrylic

or oil paint, usually choses landscapes or cultural topics, such as life in a village or fishing towns. He never had any formal art training, but did follow a few informal training courses whilst still in Harare. It was here that his mentors noticed his talent and encouraged him to carve a career from this talent. Although many of his pieces reflect nature, Smart can also create pieces to order. “If someone gives me a picture or photograph, I can turn it into a painting. Or if they tell me what they want, I can create that.” Smart still hopes to build a successful career as a full-time artist. “I’m still looking for someone who can help me become a recognised artist.” Until then, this local Picasso, who started painting as a child, will continue to create his colourful works of art. “I believe God speaks to individuals through the talents He has given them. I will continue to use the talent He gave me.” Anyone interested in Smart’s art can visit his studio next to the Joseph Matwa Old Age Home in Nkqubela or call him on 071 942 8316.

X1PJ3C8R-BZ091214

Onthou jy nog . . . Dit is Oukersaand of Kersdag. Vir dae lank hou jy die vrolik versierde Kersboom met sy blink liggies en geskenke om sy stam al dop. En dan die groot oomblik wanneer Ma en Pa sê jy kan maar jou geskenke oopmaak. Kersfees is ’n spesiale tyd. Tyd vir samesyn, kuier saam met familie en geliefdes. Maar nie vir almal nie . . . By die Herberg Kinderhuis,

wat 122 kinders huisves, is daar altyd ’n klompie kinders wat nie na hul ouerhuis kan gaan nie. Vir húlle probeer Herberg om Kersfees so spesiaal moontlik te maak. Om geld vir dié doel in te samel, sê Petro Uren, bemarker by Herberg, hou Herberg elke jaar ’n Kersliggie-projek. Valleiers kan oudergewoonte een of meer Kersliggies borg om nie net die Kersboom op te helder nie, maar ook geld in te samel om Kerstyd vir die kinders wat by Herberg aanbly net so feestelik te maak soos die tyd wat Valleiers

in hul eie huise deurbring. Vir ’n skamele R50 kan Valleiers ’n Kersliggie borg. Vyf Kersliggies kos R250 en tien Kersliggies R500. Hoe meer liggies Valleiers borg, sê Uren, hoe meer kinders se lewe kan verlig word. Valleiers kan direkte bankinbetalings by Absa Robertson maak. Verwysing: Borg ’n liggie. Takkode: 334713. Tjekrekeningnommer: 1200390004. Vir navrae of meer inligting, bel Uren by 023 626 3140 of stuur ’n e-pos na petro@herberg.co.za.

Valleiers kan Kerstyd vir ’n paar kinders van Herberg ophelder deur deel te neem aan die kinderhuis se Kersliggie-projek.

X1PJ3CQD-BZ091214

X1PJ6RX5-BZ091214

AAAAAA-BZ091214

X1PJ3D4W-BZ091214

X1PJ6RLR-BZ091214

X1PJ6RHM-BZ091214

X1PJ3CUH-BZ091214


Dinsdag 9 Desember 2014

News - Nuus

) Die Robertson-polisie ondersoek ’n saak van moord ná ’n man van die plaas Keurkloof Sondag 7 Desember beswyk het ná hy glo met ’n mes in die bors gesteek is. Gert van Wyk (38) is op pad na die Robertson-hospitaal dood ná hy glo tydens ’n argument bygedam is. ’n 39-jarige vrou is in verband met die voorval in hegtenis geneem. Sy sal in aanhouding bly tot met haar hofverskyning op aanklag van moord. ) Die Robertson-polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag ná ’n man van Robertson die afgelope naweek net buite Robertson doodgery is. Emanuel Smith (40) het glo Saterdag 6 Desember omstreeks 21:55 voor ’n wit Toyota Hilux-bakkie ingeloop. Die bestuurder van die voertuig, van Wolseley, kon nie betyds uitswaai nie. Smith is op slag dood.

X1PEBPUD-BZ091214

Breederivier Gazette

7


8

General - Algemeen

Breederivier Gazette

Dinsdag 9 Desember 2014 WEDEROM: Die Bonnie People-projek op Bonnievale het onlangs afskeid geneem van sy projekbestuurder en prinsipaal van die afgelope drie jaar, Lee du Preez (heel links). Du Preez, wat die afgelope jaar ’n reusebydrae tot die projek gelewer het, tree aan die einde van die jaar af.

Rubriek

‘Swetskom’ laat landsburgers rooi sien Ai, kragtie. Of dalk eerder krag nié . . . Noem die woord “krag” en die kans is goed dat iemand ’n kragwoord sal los, selfs in ordentlike geselskap. Die land se “kragreus” is deesdae eerder ’n bloedneus stoeier wat blindweg voortsteier en in die proses word landsburgers, Valleiers inkluis, dikwels onkant gevang. Soos nou onlangs weer. Sit nog druk besig en werk toe Eishkom beduie dis tjailatyd. Kry so ewe ’n nuusflits wat dié toeskryf aan instandhouding. Toe ek die laaste keer dié woord in ’n verklarende woordeboek opgesoek het, het dit dié woord só verduidelik: “Daad om iets te laat bly bestaan, aan die gang te hou, in wese te bewaar”. Ek mag dalk nie oorle’ Einstein se niggie iewers in die stamboom af wees nie, maar as die krag ewe skielik op ’n Vrydag agtermiddag wyk beduie dít mos eintlik dat die sogenaamde “instandhouding” juis nié, wel, in stand gehou is nie. Wys my iemand in die staatsdiens wat ná vier nog gewone instandhoudingswerk doen, en ek wys jou

AAAAAA-BZ091214

die roete na Atlantis (dis nou die een onder die see waar daar heel waarskynlik krag is!). Eishkom se (laat) kommunikasiedrade is waarskynlik gekruis, want minute later reken nóg ’n nuusflits die krag gaan van só laat tot só laat af wees en maan verbruikers om asseblief (hoe hoflik!) ander reëlings te tref. Net jammer die krag was reeds af toe dié onwelkome boodskap hom kom aanmeld. Net hier laat my geduld my in die steek! As die slim mense by Swetskom (min mense het waarskynlik mooi woorde gebruik) so bietjie vroeër laat weet het daar is instandhouding/beurtkrag/wie weet wat op pad, sóú die meeste mense waarskynlik “ander reëlings” getref het. Maar hoe gemaak as die hele dorp

krag(te)loos sit? Sal ’n ou by die ry bure afloop en hoor wie ’n gasstoof het of ’n braaivleisvuur gepak het en jou dáár tuismaak? Of dalk na ’n restaurant gaan waar jy hoop die res van die dorp nie reeds in ’n ry staan en wag vir ’n sitplek nie? Wonder nogal hoe besluit die grootbase van Esdom (te oordeel aan sy kommunikasie) wie wanneer sonder krag moet sit. Ek verbeel my daar sit ’n lywige man op sy neënde rugwerwel, voete op sy duur lessenaar, terwyl hy met toe-oë en ’n grynslag ’n veerpyltjie na ’n landkaart mik. Net om seker te maak is ’n netjiese vierkantjie van die streek waar hý bly, uit die kaart geknip. Hiér sal niemand skielik deur duisternis oorval word nie. Wonder nogal hoe lank Suid-Afrikaners gaan dink kerslig is romanties . . .

X1PJ0AKR-BZ091214


Dinsdag 9 Desember 2014

General - Algemeen

Harde werk en studie beloon HILDERINE SCHRÖDER Maande se harde werk het verlede week vrugte afgewerp toe ’n groot aantal kelder- en plaaswerkers van die Vallei sertifikate ontvang het vir nuwe kwalifikasies, wat hulle danksy die kursusse wat hulle voltooi het, verwerf het. Die werkers se nuwe kwalifikasies is verlede Woensdag 3 Desember by die Graham & Rhona Beck-vaardigheidsentrum aan hulle oorhandig. Die kursusse is deur CVS College, Sims Khula en VinPro aangebied, deur Agriseta (die sektorale opleidingsowerheid vir landbou) en VinPro gefinansier. Die kursusse is by die Graham & Rhona Beck-vaardigheidsentrum aangebied. Die uitvoerende hoof van Agriseta, Jerry Madiba, het die deelnemers aan die onderskeie kursusse geloof vir hul harde werk en deursettingsvermoë en

Plaas- en kelderwerkers van die Langeberg-area het rede gehad om verlede week breed te glimlag ná hulle vir die voltooiing van ’n verskeidenheid kursusse beloon is.

FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER

hulle aangemoedig om dít wat hulle geleer het in praktyk toe te pas. Die kursusse wat voltooi is sluit besigheidsbestuursdienste, generiese bestuur, plantproduksie, besproei-

ing, grondkunde, lowerbestuur, insek- en plaagbeheer, wingerdvestiging en ’n snoeikursus in. Verskeie van die kursusgangers het meer as een van dié kursusse voltooi.

X1PJ9GEW-BZ091214

Breederivier Gazette

9


10

Geklassifiseerd

Breederivier Gazette

FAMILIEKENNISGEWINGS

OPLEIDING & OPVOEDING

Dinsdag 9 Desember 2014

DIENSTE 1480

2420

STERFGEVALLE 1005

VOIGT JAY DEE RHUMALDO Geb: 2/05/1995 Gest: 10/12/2013 Toekomsplanne was deur ons as vriende gemaak, veral in ons matriekjaar. MUNNIK BESSEL MAR- Maar God se planne was ver groter. Die verlange is TIN die grootste deur die tyd, Geb: 26/02/1944 jy sal in ons harte bly! Ons Gest: 06/12/2014 sal jou liefhê, VEREWIG! Sag heengegaan in die Van Frandall, die boys en ouderdom van 70 jaar. al jou vriendinne! Begrafnisdiens Sondag 14 Desember 2014 om 12uur by die huis in Langstraat 2, GELUKWENSINGS en 1nm in die Methodiste Kerk, Mcgregor. Sal altyd 1030 met liefde onthou word deur sy vrou, kinders en kleinkinders.

TE KOOP

ELEKTRONIES & DIGITAAL

STEM HERSTEL KLAVIERE alle areas. Professioneel kwaliteit diens Wessel de Beer 082 704 3276.

SLIMKOPPE: Dié leerders aan Ashbury Primêr is by die jaarlikse prysuitdelingsgeleentheid as die toppresteerders in die grondslagfase vereer. Agter (van links) is Zenaida Matthys (gr. 3C), Carly Hoffman (gr. 1B), Sheldon de Wee (gr. 1A), Nicole Philander (gr. 2A), Tashmid de Koker (gr. 1C) en Beyoncé Rossouw (gr. 3B). Voor is Shamel Goodwin (gr. 3A), Nicole Cloete (gr. 2B) en Percwill van Nooi (gr. 2C).

1625

COMPUTER SPECIALS. Pentium 4's from R1299,00. Refurbished with warranty. Call Dolf Uys 072 705 8577.

IN MEMORIAM 1015

CALVIN ANGEL Aan ons dogter en enigste suster Angel ons, is baie SAKE trots op jou met dit wat jy bereik het in die Weermag. Mag jy jou verblyf geniet in Johannesburg. Ons gaan GELEENTHEDE jou baie mis, want UpingMARIA MENTZA 2415 ton was alreeds te vêr. (Raaitjie) Liefde mammie, daddie en UITSTEKENDE Geb: 11/12/1951 GELEENTHEID. Bepaal die seuns. Gest: 07/10/2014 jou eie inkomste. Maak Mammie, dis jou eerste mense bewus van u verjaarsdag weg van ons. PERSOONLIKE gesonde aktiewe lewensDIENSTE Ons sou dit anders wou hê, styl 076 703 5155. maar God het sy blom kom pluk. Mis jou baie en sal altyd lief wees vir jou. Van LENINGS eggenoot, kinders, klein1445 kinders, jou broer Mercy, DEBT CONSOLIDATION Gareth, Heyward en die Online.Low credit score OK familie. help-dpt@mweb.co.za 083 376 8824.

BETREKKINGS 3600

BETREKKINGS GESOEK 3670

40 JARIGE DAME beskikbaar vir dadelike indiensneming van administrasie pos (permanent)

•15 jaar indiens gewees by suksesvolle besigheid •Ondervinding in: debiteure en krediteure •Btw en kasboek take •Uitstekende telefoonetiket •Rekenaarvaardig (pastel) •Dadelik beskikbaar Kontak: 023 626 2258 vir CV en goeie verwysings.

TOPLEERDERS: Dié leerders aan Ashbury Primêre Skool is by die skool se diplomaplegtigheid as die toppresteerders in hul onderskeie grade aangewys. Van links is Megan Antonie (gr. 4), Share-Dee Weavers (gr. 5), Jonica Misithebo (gr. 6), Marsha-Lee Pekeur (gr. 7), Nicole Stellenberg (gr. 8) en Jean Pieterse (gr. 9).

X1PHXU51-BZ091214

VOIGT JAY DEE RHUMALDO Geb: 2/05/1995 Gest: 10/12/2013 Reeds, 1 jaar wegeneem van ons. Ons mis jou onsettend baie. Van ma, pa, Eddison en Abigail.

HOOFLEIERS: Angene Swanepoel en Ethan Japhets, van Ashbury Primêre Skool op Montagu, is as die skool se hoofmeisie en hoofseun vir 2015 gekies.

WISKUNDIGE: Craig Rossouw, ’n gr. 3-leerder aan Robertson Voorbereidingskool, het by die onlangse Cami-Maths-distriksfinaal ’n derde plek behaal.

X1PHBQA5-BZ021214

AAAAAA-BZ091214

X1PJ16PR-BZ091214

SPORTLUI: Dié leerders aan Ashbury Primêre Skool is aangewys as die skool se top sportpresteerders vir 2014. Van links is Juhiran Soldaat (rugbyspeler van die jaar), Catherina Louw (sportmeisie van die jaar) en Dimitri Moses (sportseun van die jaar).


Dinsdag 9 Desember 2014

Schools - Skole

Breederivier Gazette

11

Lekker vakansies wag HILDERINE SCHRÖDER Die langverwagte skoolvakansie is hier en terwyl ouers oraloor dalk nóú reeds hande in die hare sit oor wat hulle gaan doen om die jongspan besig te hou, kan die kleingoed nie wag vir die laaste

Buhle Mncibe (10) kan kwalik wag vir die vakansie om te begin. “Ek gaan Johannesburg toe en gaan my ma weer sien!” Sy is veral opgewonde om te gaan inwoon by die gesin vir wie haar ouma in Johannesburg werk. Sy sien haar familie net in skoolvakansies en juis daarom is sy so opgewonde om almal weer te sien, vertel Buhle.

Ashlynne Joseph (7) sien baie uit na haar seevakansie in die Kaap. “Ek gaan my nefies, oom en peetma sien,” vertel sy. Sy en haar nefies speel elke vakansie heerlik saam en is lief vir wegkruipertjie.

Henré Swart (7) is net so opgewonde oor die vakansie wat voorlê. “Ons gaan by my ouma op Franskraal kuier.” Blykbaar bederf Ouma hulle behoorlik. “Sy gee net soetgoed,” verklap hy met ’n breë glimlag.

skoolklok om te lui nie. Die Gazette het by ’n paar leerders gaan hoor wat hulle vakansieplanne is en uitgevind hulle het een ding in gemeen: hulle is sommer báie bly die vakansie is hier!

Hanno Botha (10) sien baie uit na hul gesinsvakansie. “Daar is ’n super tube om op te ry,” vertel hy opgewonde. En die beste deel van die vakansie? “Wel, tannie, daar gaan nie huiswerk wees om te doen nie, so ek kan ontspan ná ’n jaar se werk.”

Wessel Janse van Rensburg (11), van Laerskool Robertson sê hy kan nie wag om sy pa te help boer nie. Hy dra gewoonlik die emmers aan tydens oestyd en neem leë emmers terug om volgemaak te word.FOTO’S:

Kirsten Pockpas (8) gaan ook dié vakansie by die see deurbring. “Ons gaan Struisbaai toe,” vertel hy. Aan visvang het hy nie veel erg nie, maar hy sien baie daarna uit om in die see te swem en by sy ouma te kuier.

Hy sien nou reeds baie uit na sy en sy gesin se vakansie in Durban, vertel Wikus van Deventer (12). Hy gaan vir seker baie in die see swem en, nee, verseker hy, hy is glad nie bang vir haaie nie!

Hy is sommer baie bly dit is vakansietyd, sê Rigter van Zyl (7). “Ons gaan Franskraal toe!”

Hyze Jack (7) gaan dié vakansie Beaufort-Wes toe waar sy ongetwyfeld heerlik bederf gaan word. “Ons gaan by my ouma kuier!

TROFEEWENNERS: Dié leerders is by Ashbury Primêre Skool se onlangse prysuitdelingsgeleentheid met trofeë vereer. Van links is Megan Antonie (Sankie Jordaan-trofee: wiskunde intermediêre fase; Bernecia Takeloo-trofee: natuurwetenskap en tegnologie intermediêre fase), Elrethe Nel (Johny Pekeur-trofee: entrepreneur van die jaar), Victoria Seronne (Sankie Jordaan-trofee: wiskunde gr. 6), Enjean Pieterse (Cheronica du Preez-trofee: Afrikaans senior fase; Claude de Koker-trofee: natuurwetenskap senior fase; Neil Pieterse-trofee: sosiale wetenskappe; Wilmaré Baarman-trofee: ekonomiese- en bestuurswetenskappe; Michelle Botha-trofee: positiewe ingesteldheid), Abigail Galant (Trevor Pekeur-trofee: wiskunde senior fase), Alison Julius (Bryan Fluks-trofee: skeppende kunste; Winston Philander-trofee: skoolleierskap) en Damian Pieterse (Montagu Spar-trofee: skoolleierskap).

HILDERINE SCHRÖDER

DAWID EN GOLIAT: Dié leerders aan die Laerskool Robertson het aan die teenoorgestelde kant van die ry gestaan die dag toe lengte uitgedeel is. Van links is Conrad Beyers (1,83 m, gr. 7), Jeflynne Voigt (1,43 m, gr. 7), Armand van Deventer (1,86 m, gr. 7), Jodrey Jacobs (1,23 m, gr. 4), Anika de Bruin (1,89 m, gr. 7), Cari-Faith Marero (1,29 m, gr. 5) en Pero Palic (1,95 m, gr. 7).

X1PJ3EGM-BZ091214


Breederivier

Year 18 • 9 Desember 2014 | Tel. 023 626 5212

De Wet 4th overall in ‘Roof’ Local motorcyclist Altus de Wet can tick off a few things on his ‘Roof of Africa’ list after he finished this race in the Mountain Kingdom of Lesotho this past weekend in the fourth place overall. The 29-year-old rider from Montagu, who claimed his sixth South African national championship title earlier this year by clinching the E2 championship for the second consecutive year, had a good event despite crashing during Thursday’s Around the Houses street race in Maseru and then injuring his little toe during the time-trial on the same day. He still posted the third fastest time after time-trial and started Friday’s racing section from the third position on the grid. According to De Wet, who finished the three-day “Roof” in 19:48:52, the challenge was not the most difficult participants had to face in recent years, but, he adds, it was tough and exhausting. Friday’s route took competitors up and down various new mountain passes. After racing for more than nine hours De Wet finished the day in the fifth place in the Gold Class. After three days and a total of more than 19 hours in the saddle, De Wet finished the 2014 Roof of Africa, rated as one of the toughest ‘Hard Enduro’ events in the world, in the fourth place overall. This is his second consecutive top 10 “Roof” result.

KARATE: Dié kleingoed by Kleuterkampus het onlangs hul eerste Goju Kai-karatetoets met lof geslaag. Hulle is almal bevorder na die volgende vlak. By hulle is Sensei Nico Drake.

Altus de Wet in action during the Roof of Africa challenge. PHOTO: IAN MCLAREN

Gemengde welslae vir Robertson Die Robertson-krieketklub het die afgelope naweek gemengde resultate behaal in sy onderskeie wegwedstryde. In die Paarl wen Robertson se eerste span die loot en besluit om eerste te kolf en het 206 lopies aangeteken voor al sy kolwers uitgeknikker is. Vir Robertson doen Y. Abrahim (51),

A. Philander (31) en W. Abrahim (26) goed met die kolf, terwyl H. Paulse (4/23), L. Jansen (2/30) en G. Stevens (2/24) die Paarl se boulaanval gelei het. Met sy beurt voor die paaltjies word die Paarl getref deur ’n boulaanval waarvoor hy nie antwoorde het nie en word al sy kolwers teruggestuur kleedkamer toe vir 69 lopies.

L. Jansen (13) en G. Stevens (14) het tevergeefs probeer veg met die kolf. Vir Robertson, wat die wedstryd met ’n allemintige 137 lopies gewen het, het W. Abrahim (5/29), G. Padiachy (3/9) en Z. Abrahim (1/5) die paaltjies laat kantel. Robertson se tweede span het egter nie welslae behaal in sy wedstryd teen Worcester nie.

WEDVLUG-KAMPIOENE: Die Robertson Junior Duiweklub het onlangs sy toppresteerders by sy prysuitdelingsgeleentheid vereer. Geanu Visagie (links) het die Toyota Jongduif-wisseltrofee losgeslaan en is as kortpad- en klubkampioen gekroon. Demitrie Evertson is as ope duiwekampioen aangewys ná hy die Wynland-unie se Kimberley-wedvlug gewen het. Dit is die eerste keer dat dié twee, onder leiding van Francois Visagie, op hoë vlak aan wedvlugte deelgeneem het. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Sportuitslae Gholf: Montagu (72): Enkel-Stableford – R. Esterhuyse 34, D. Thornton 34, R. BRuwer 34, B. Stemmett 33, D. Thornton 32. Robertson (72): Enkel-Stableford – C. Cloete 40, J. Theron 39, J. du Plessis 39, N. Smit 39, J. Voges 39, L. Vercuiel 39, J. Coetzee 38, R. du Plessis 38, V. Newell 37, D. van Deventer 37. Worcester (72): Samespel-Stableford – D. Moraal en B. Boshoff 50, O. Strydom en A. Pretorius 46, S. le Roux en J. le Roux 44, W. Faul en P. Cilliers 41, I. Viljoen en N. van Niekerk 40.

X1PJ5D74-BZ091214

Krieket: Paarl t. Robertson: Robertson 205 (Yusif Abrahim 51, Aubrey Philander 31, Warwick Abrahim 26). Paarl 68 (Warwick Abrahim 5/18, Garneth Eadiadu 3/9). Robertson wen met 137 lopies.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.