Breederivier gazette 10 02 2015

Page 1

Breederivier

X1PQ22T1-BZ100215

Year 19 • 10 Februarie 2015 | Tel. 023 626 5212

www.bolandgazette.co.za

Beurtkrag se effek kring uit HILDERINE SCHRÖDER Beurtkrag het ’n enorme impak op die plaaslike landbou- en sakesektor. Terwyl Suid-Afrikaners daagliks mor oor die ongerief wat hulle weens beurtkrag moet verduur, kos die toepas van Fase 2-beurtkrag ’n fabriek soos Langeberg & Ashton Foods duisende werksure en het dit ook ’n reuse-uitkringeffek. Volgens Nassos Martalas, algemene bestuurder van Langeberg & Ashton Foods, lei Fase 2-beurtkrag tot vier en ’n half ure se fabriekstaantyd. Weekliks kan dit op tot meer as 31 ure neerkom. Die fabriek neem in seisoentyd sowat 4 000 werkers in diens wat ’n man-uurverlies van bykans 18 000 ure per dag gedurende Fase 2-beurtkrag meebring. Die fabriek is gedurende seisoentyd sewe dae per week in werking. Volgens Martalas kan dié tipe industrie nie sy prosesse aanpas om beurtkrag te akkommodeer nie. Kragopwekkers is ook nie ’n uitweg nie, aangesien die tipe kragopwekkers wat genoeg elektrisiteit vir die fabriek kan opwek sowat R130 miljoen kos. Die uitkringeffek van beurtkrag is ook ’n bron van groot kommer. Vrugte wat verlore gaan omdat dit weens beurtkrag nie betyds geprosesseer kon word nie, moet vernietig word. Dié verlies het ’n negatiewe impak op die fabriek se potensiële wins sowel as sy vermoë om op internasionale vlak kompeterend te wees. “Kliëntebestellings waaraan nie voldoen kan word nie, kan lei tot ’n verlies in verkope sowel as potensiële eise teen die maatskappy. Dit het die potensiaal om die maatskappy se naam sowel

as dié van die Suid-Afrikaanse inmaakbedryf te skaad,” sê Martalas. Die lewering van verpakkingsmateriaal en bestanddele word ook deur beurtkrag geraak, wat daartoe lei dat die verskaffers van dié produkte hul arbeid vir die produksie van dié produkte afskaal. Ook by Langeberg & Ashton Foods, het beurtkrag ’n negatiewe impak op werksverskaffing. Werkers wat weens beurtkrag halfpad deur ’n skof nie verder kan werk nie, verloor die inkomste van die ure wat hulle nie werk nie, terwyl hulle dikwels ook groter vervoeruitgawes het omdat hulle op ongeskeduleerde ure moet terugkeer huis toe. Volgens Wiehahn Victor, uitvoerende hoof van die Inmaakvrugte Produsentevereniging, is dié bedryf tans in ’n kritieke tydperk waarin hy nie beurtkrag kan bekostig nie, veral omdat vrugte onmiddellik in die koueketting opgeneem moet word. Carl Opperman, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, sê die afgelope ruk se geweldige hitte maak die situasie ook nie maklik in terme van die besproeiingsiklus nie. “Kritieke besproeiing gaan weens beurtkrag verlore en kan nie weer ingehaal word nie. Saam met die kragonderbrekings en sensitiewe toerusting wat met besproeiing gebruik word, word toerusting en oesskade aangemeld wat ’n bykomende kostefaktor meebring.” Volgens ’n studie wat deur die nasionale en provinsiale departement van landbou gefinansier is kan die produktiwiteitsverlies van beurtkrag moontlik op sowat R52 miljard bereken word. Dit kan tot ’n verbruikersprysstyging lei, en ’n afname in uitvoere.

Beurtkrag het ’n reuse-effek op die plaaslike landbou- en sakebedryf.

VALID FROM 10 FEBRUARY - 15 FEBRUARY 2015 X1PQ248W-BZ100215


2

Entertainment - Vermaak

Breederivier Gazette

Dinsdag 10 Februarie 2015

Deel romantiese aand met ADAM ’n Romantiese aand uit die boonste rakke lê vir paartjies (en ander konsertgangers natuurlik) voor wanneer die gewilde Afrikaanse groep ADAM op Valentynsdag in Worcester se Mountain Mill-amfiteater optree. Dié drietal, Reynhart Hugo, Hugo Ludik en Kyle Grant, het geen bekendstelling nodig nie. Die groep het reeds sy staal getoon toe hy in 2011 ’n Ghoema-toekenning vir beste nuweling in die plaaslike musiekbedryf losgeslaan het. Hulle liedjie “Sal Oorlog Vir Jou Maak” is ook verlede jaar vir ’n Huisgenoot Tempo toekenning benoem in die kategorie Liedjie van die Jaar.

Ander hoogtepunte was hulle verskyning in die fliek Pad na jou Hart en hul opening vir die groep Air Supply wat in Suid-Afrika kom optree het. Die groep sien ook uit na hul optrede op die Huisgenoot Skouspel-verhoog later vanjaar. “Toe ons in 2010 begin het met hierdie droom, het die meeste mense dit afgeskiet en gesê daar is nie plek in die Afrikaanse musiekbedryf vir so ’n groep nie. Ek en Hugo het nooit gedink dit gaan so uitdraai nie en ons voel baie geseënd. Ons missie van die begin af was bloot om net goeie Afrikaanse musiek te maak. Ek dink ons het dit reggekry. Dit en veel meer,” sê Reynardt en die ander twee manne knik instemmend.

Nog vermaak wat dié Valentynsaand by dieselfdevertoningwag,isdieduoBabetteViljoen en Olga Leonard van Keychange, en Faraway George, ’n musikant en liedjieskrywer van Robertson. Konsertgangers sal hul eie kos kan bestel van ’n beperkte spyskaart van die restaurante in die Food Court, en ’n kontantkroeg sal beskikbaar wees. Kinders is ook welkom, en sal teen R30 toegang kry terwyl volwassenes R50 per persoon moet betaal. Die vertoning begin om 18:30. Besprekings is noodsaaklik en kan gedoen word deur die Mountain Mill-bemarkingskantoor te bel by 023 347 0415 of e-pos te stuur na elizma@mountainmill.co.za.

Vermaak uit die boonste rakke wag dié Valentynsdag by die Mountain Mill Mall wanneer die bekende groep ADAM daar sal optree.

Three tons of Valentine’s fun it goes. The trio has The vivacious divas performed in counof the renowned Cape tries including Town-based cabaret Thailand, Switzergroup 3 Tons of Fun, land, Swaziland, Towill turn Valentine’s go, Zambia, Ghana, Day into a dazzling Namibia, Botswana celebration of love, and Nigeria. music and dance The show starts at with an exuberant 21:00, giving people show at The Golden time to enjoy a roValley Casino’s Winmantic meal before ners Action Bar. rounding off the The larger than life trio will enthral the Cape Town’s best-loved, all-girl, cabaret trio, 3 evening with 3 Tons audience with a mix Tons of Fun, will unleash their spectacular energy of Fun. Doors open at of love songs, show- in an exuberant Valentine’s show at The Golden stoppers from the dis- Valley Casino’s Winners Action Bar on Saturday 20:00 for those keen to enjoy a pre-show co era, pop, African 14 February. cocktail. and dance music. Tickets cost R100 per per3 Tons of Fun has loved female groups. The emerged over the last eight high-energy, fun-filled and son and are available from years as one of Cape Town dazzling cabaret show at- the casino’s cash desk. and South Africa’s most tracts full houses wherever Seats are limited.

3D to perform at Golden Valley began their musical caCape Town’s gorgeous reer as Five Roses, pertravelling cabaret enforming at On Broadsemble 3D, is adding way and Rosies. Since some spice to the Valenthen they have gone on tine’s weekend enterto perform regularly at tainment line-up at all the main Cape Town Golden Valley Casino. nightclubs as well as DiLighting-up the stage va Nights alongside Juat the Winner’s Action dy Boucher, Karin Bar on Friday, 13 FebruKortje, The Rockets ary, the 3Divas will perform their highly-ac- The spectacular cabaret group, 3D, will perform and Salome, among othclaimed variety show their famous music variety show at the Golden Val- ers. For the past three featuring popular hits ley’s Winners Actions Bar on Friday, 13 February. years they formed part of the Cape Town Legand awesome dance cals such as Burlesque, Mama ends Show with artists Loukroutines. maan Adams, Ricardo, and Their show will appeal to all Mia and Dream Girls. 3D is a top Cape Town caba- Jody Williams. lovers of music of Abba, DestiThe show starts at 21:00 but ny’s Child, and Beyonce, to Ri- ret act of female impersonahanna, Celine Dion and Nicki tors, comprising of Tiara doors will open at 20:00. TickManaj. They also perform Skye, Kat Gilari and Angel La- ets cost R50 and can be bought songs from legendary musi- lamore. Formed in 2010, they at the casino cash desk.

X1PLHLF5-BZ100215

X1PQ23R9-BZ100215

X1PQ21WW-BZ100215

FEBRUARIE – SONDAG 29 MAART ) Hands-on Harvest. Besoekers kan uitsien na druiwe pluk en trap, wynproe, ’n reuse verskeidenheid stalletjies en trekkerritte Navrae: 0 023 626 3167.

SATERDAG 14 FEBRUARIE ) Valentine’s Sunset met verskeie kunstenaars, waaronder Piet Botha en Faraway George, om 18:00 by Wolfkloof. Kaartjies: R100. Piekniekmandjies opsioneel. Navrae: 0 074 339 5008. ) 4x4-dag, ten bate van Breederivier-hospies, vanaf 08:00 by Zevenfontein (30 km buite Robertson). Koste: R350. Kampplek beskikbaar teen R50 per persoon. Navrae: Christa, 0 023 626 5710. ) Valentine’s Sunset Picnic Concert from 17:30 at the KWV Gallery/Museum Courtyard, Montagu. Tickets: R50 each. Tickets available from Burgundy Gherkin: 0 023 614 3734 or Montagu-Ashton Tourism office: 023 614 2728. ) McGregor Valentyns maanlig-ete. Koste: R150 per persoon. Navrae: 0 023 6265 1685.

SUNDAY 15 FEBRUARY ) The singer-songwriter Simba Morri, originally from Kenya, will perform at Rainbow Glen, Montagu, at 16:00. Tickets: R100 (under 16s free). Enquiries: Tara, 0 023 614 1294, 072 893 8388 or 2 info@rainbowglen.co.za.

SATERDAG 28 FEBRUARIE ) Herberg Kinderhuis se kermis. ) James Mundey at Mulligan’s, Montagu. A leap-year celebration and a whole lotta fun! Entry: Free. Enquiries: janeym@hotmail.co.za or James or Janey at Mulligans, 023 614 3013. Valleikalender: 0 023 626 5212 of 2 gazette@breede.com

X1PQ21HD-BZ100215


Dinsdag 10 Februarie 2015

News - Nuus

Breederivier Gazette

3

Nóg ’n peuter raakgery HILDERINE SCHRÖDER Bonnievale – Terwyl inwoners van Panorama, Robertson, steeds tot verhaal kom ná ’n peuter voorverlede week in dié buurt doodgery is, is nóg ’n kind verlede week in die Vallei raakgery. Die seuntjie, Wayne Jansen (3), is verlede Donderdagaand (5 Februarie) raakgery en is steeds in ’n kritieke toestand in die Rooikruis-kinderhospitaal. Die ongeluk het skuins ná 20:00, kort ná beurtkrag in Bonnievale in werking getree het, op die hoek van Hanepootstraat en Kristallaan gebeur. Volgens ao. Francois Niemand, waarnemende stasiekommissaris van die Bonnievale-polisie, het die bestuurder van die Opel Astra glo teen ’n hoë spoed in ’n suidelike rigting in Hanepootlaan gery. Hy het na bewering versuim om by ’n stopstraat te stop voor hy regs in Kristallaan gedraai het, waar

hy klein Wayne getref het. Hy het glo uit die voertuig gespring en in ’n ander voertuig van die toneel gevlug. Hy is egter kort daarna danksy inligting vanuit die gemeenskap vasgetrek, sê Niemand. Hy word deur ’n aanklag van roekelose en nalatige bestuur in die gesig gestaar, maar, sê Niemand, nog klagte kan volg omdat die verdagte die ongelukstoneel verlaat het. Woedende inwoners van die buurt het ná ’n vergadering Sondagaand die strate ingevaar en verskeie slote gekap om motoriste te forseer om stadig te ry. Volgens Niemand is hulle ontevrede oor padgebruikers op ’n gereelde basis in die betrokke strate jaag. Hulle het drie slote in Kristallaan gekap, drie in Hanepoot en twee in Muskadellaan. Niemanddoen’ndringendeberoepoppadgebruikers om versigtigheid aan die dag te lê en verkeersreëls te gehoorsaam. “Mense moet asseblief nie jaag nie en die veiligheid van voetgangers en ander padgebruikers in ag neem.”

Die Wes-Kaapse minister van behuising, Bonginkosi Madikizela, het verlede week verskeie woongebiede in die Langeberg-area besoek om knelpunte met inwoners te bespreek. FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER

Matriculants and representatives from schools in the Langeberg municipal area with Alderman Diana Gagiano (executive mayor of the Langeberg Municipality), Debbie Schäfer (Western Cape Minister of Education), and Ald. Neels de Bruyn (Executive Mayor of the Cape Winelands District Municipality).

CWDM honours achievers The Cape Winelands District Municipality (CWDM) recently hosted its third annual Top Achievers Awards ceremony in the Worcester Town Hall. This event aims to honour matriculants who achieved the highest marks in each school in the district. Besides the 67 learners who received awards, a number of dignitaries, teachers and parents along with the mayors and various representativesoftherespectivelocalmunicipalities within the Cape Winelands municipal district also attended the event. The CWDM is the only district municipality to honour students from all the public schools in its jurisdiction. According to Claude Schroeder, the CWDM’s executive director for community development and planning services and MC for the event, the CWDM invests in the event because it wants to encourage the learners at its schools to dream and to be the best they can be, irrespective of their circumstances. Alsospeakingattheevent,DrBrianWilson, head of curriculum coordination and advice for the Cape Winelands Education District, said the district had the third highest pass rate in the Western Cape (83,3%), with 6 092 candi-

dates who wrote the examination, of whom 5 748 passed. According to him, the Cape Winelands had the most bachelor’s passes (40,8%) and also performed well in mathematics and physical sciences. “There are schools like Ashton Public Combined who excelled despite various limitations and had an enormous pass rate of 94,3%.” During her keynote address Debbie Schäfer, the Western Cape Minister of Education, congratulated the learners on their hard work, endurance and dedication throughout their schooling. She urged them to make the most of the opportunities granted to them. “Help other people. Never lose your integrity. Never give up, and be modest when you achieve success.” Justin Denver Williams, a second year sports management student and bursary holder of the Mayoral Bursary Fund, also shared some of his experiences with the learners. According to Schroeder, the CWDM annually makes funds available to assist students on tertiary level with a total of R1 591 350 set aside for the Mayoral Bursary Fund this year.

Links: Madikizela is deur die streek se DA-parlementslid, Basil Kivedo, vergesel.

Minister luister na inwoners HILDERINE SCHRÖDER Behuisingskwessies, onderwys, gebrek aan sportgeriewe en misdaad en dwelmmisbruik is enkele van die kwessies wat verlede week uitgewys is as knelpunte in die streek gedurende ’n besoek van die Wes-Kaapse minister van behuising, Bonginkosi Madikizela. Madikizela, wat woongebiede van Robertson en sy omliggende dorpe besoek het, is vergesel deur die DA se lid van die parlement vir die streek, Basil Kivedo. Die besoek vorm deel van die party se Project Blanket wat daarop gemik is om sigbaarheid in die streek te verhoog en om op voetsoolvlak na inwoners uit te reik. Volgens Kivedo is landbou ook onder die kwessies wat aangeroer is. “Dit is belangrik dat daar ’n positiewe beeld van landbou in die streek uitgedra moet word,” sê Kivedo. “Dit is nie net belangrik vir ekonomiese ontwikkeling

en belegging in die streek nie, maar landbou is ook ’n baie belangrike bemagtigingsbron vir die streek.” Ondanksdiebronnevankommerisinwoners van die streek se gees, te midde van hul probleme, bewonderenswaardig, aldus Kivedo. “Die mense van dié streek het ’n diep selfwaarde, integriteit en respek.” Volgens Kivedo is die gebrek aan sportfasiliteite en crèches in Robertson, sowel as sy buurdorpe, ’n bron van geweldige kommer. “Daar sal iets drasties gedoen moet word om dié kwessies aan te pak, sê hy. Hoewel die doel van die besoek nie was om oplossings te bied nie, sê Kivedo, was die mikpunt om hoop na te laat. Die ernstigste kwessies sal volgens Kivedo op parlementêre vlak ter tafel gelê word om oplossings te vind. Dié oplossings sal dan afgewentel word na munisipale vlak vir uitvoering.

X1PQ2LFM-BZ100215

X1PPCVV9-BZ100215


4

Breederivier Gazette

News - Nuus

Dinsdag 10 Februarie 2015

‘Oupa’ van Montagu- Load-shedding: don’t polisie lê die tuig neer get caught in the dark luitenant. Ná twee dekades by die Kleinhans het op 18 JanuaMontagu-polisie, het dié rie 1994 die leisels as stasiekantoor se stasiekommissakommissaris van die Montaris die tuig neergelê. gu-polisie opgeneem. Hy is op Beamptes van Montagu 1 April 1995 tot kaptein bevorhet onlangs vir oulaas met der en op 1 Maart 2005 na luiswaar harte van lt.kol. Hentenant-kolonel. drik Kleinhans afskeid geGedurende sy loopbaan het neem. Kleinhans verskeie kursusse Kleinhans se loopbaan suksesvol voltooi en geslaag. het in 1977 begin toe hy as Dít sluit onder meer sy nasiostudent by die polisie se Prenale diploma in polisie-admitoria-kollege aangesluit het. nistrasie in. Hy het ook verHy is op 29 September 1978 skeie medaljes gedurende sy as konstabel by radiobeheer loopbaan van 37 jaar ontin Johannesburg aangestel. vang. Minder as twee jaar later, op “Die Montagu-polisie groet 2 April 1980, is hy na die vei’n leier, mentor en ’n ligheidstak by die Maserubrug-grenspos verplaas. So- Lt.kol. Hendrik Kleinhans het onlangs, ná vriend,” sê dié kantoor se stasiekomwat ’n jaar later, op 29 Mei 37 jaar in die polisiediens, waarvan 20 waarnemende 1981 is hy na Van Wyksdorp as stasiekommissaris van die Montagu- missaris, kapt. Mzikayise Moloi. verplaas en word hy op 1 De- polisie was, die tuig neergelê. “Kolonel Kleinhans was sember 1982 bevorder na voorwaar ’n voorbeeld vir ieder en elk en het sersant. Kleinhans is op 5 Oktober 1983 na Ladismith ’n ‘oupa’ geword vir ons almal se kinders.” Kleinhans het, aldus Moloi, ’n liefde vir kin(Wes-Kaap) verplaas waar hy skofdiens verrig het. Op 17 Oktober 1984 is hy na Hekpoort ver- ders, veral vir sy twee dogters. “Hy het diep spoplaas waar hy as stasiebevelvoerder begin re getrap in Montagu en het sy werk met passie gedoen.” waarneem het. Hoewel hulle hom ’n welverdiende ruskans Nog ’n verplasing volg vier en ’n half jaar later toe hy op 12 Desember 1989 na Laingsburg oor- ná 37 jaar toewens, gaan Kleinhans baie gemis geplaas word. Op 1 Desember 1991 word hy na word. “Veral kolonel se kennis en insette. Al adjudant-offisier bevorder en presies ’n jaar la- het ons altyd gesê ‘sjoe, kolonel praat baie’, mis ter word hy ’n offisier en beklee die rang van ons nou kolonel se stem in die gang.”

papier vervang. Inwoners word aangeraai om vreemdelinge by OTM’s te vermy en hulle dadelik by die plaaslike polisie aan te gee.

) Die Ashton-polisie waarsku inwoners om lig te loop vir verdagtes wat in die omgewing van OTM’s hou. Drie mans probeer mense met ’n slenter om die bos lei om hul van hul kontant te besteel. Een van die mans laat geld val waarop hy in ’n nabygeleë voertuig klim. ’n Ander tel dan die geld op en nader mense wat geld by die OTM getrek het om te verneem of hulle nie geld verloor het nie. Dié mense word dan op een of ander wyse oorreed om hul beursies te oorhandig waarop die mans op een of ander manier die geld wat daarin is steel en met koerant-

) Die Montagu-polisie benodig die gemeenskap se hulp om ’n diefstalsaak op te los. Die saak spruit uit ’n voorval op 20 Januarie toe inwoners van ’n huis in Rawsonstraat omstreek 16:30 hul huis verlaat het om in Lovers Walk te gaan stap. Met hul terugkeer het hul gevind dat hul swart HP skootrekenaar ter waarde van R6 500 uit die huis gesteel is. Die persoon(e) wat die rekenaar gesteel het, het vermoedelik deur die huis se agterdeur, wat nie gesluit was nie, toegang tot die perseel verkry. Enigeen met inligting word versoek om speurao. Frikkie Conradie by 023 614 8315 of 079 894 1784 te bel.

The load shedding schedule for the Langeberg area for this week is as follows: Stage 1 Tuesday 10 February: ) Robertson: 06:00 to 08:30 ) Ashton, Bonnievale, Montagu, Noree: 12:00 to 14:30 Wednesday 11 February: ) Robertson: 14:00 to 16:30 ) Ashton, Bonnievale, Montagu, Noree: 20:00 to 22:30 ) McGregor: 02:00 to 04:30 Thursday 12 February: ) Robertson: 22:00 to 00:30 ) McGregor: 10:00 to 12:30 Friday 13 February: ) Ashton, Bonnievale, Montagu, Noree: 04:00 to 06:30 ) McGregor: 18:00 to 20:30 Saturday 14 February: ) Robertson: 06:00 to 08:30 ) Ashton, Bonnievale, Montagu, Noree: 12:00 to 14:30 Sunday 15 February: ) Robertson: 14:00 to 16:30 ) Ashton, Bonnievale, Montagu, Noree: 20:00 to 22:30 ) McGregor: 02:00 to 04:30 Monday 16 February: ) Robertson: 22:00 to 00:30 ) McGregor: 10:00 to 12:30 Stage 2 Tuesday 10 February: ) Robertson: 06:00 to 08:30 and 22:00 to 00:30 ) Ashton, Bonnievale, Montagu, Noree: 12:00 to 14:30 ) McGregor: 10:00 to 12:30 Wednesday 11 February: ) Robertson: 14:00 to 16:30 ) Ashton, Bonnievale, Montagu, Noree: 04:00 to 06:30 and 20:00 to 22:30 ) McGregor: 02:00 to 04:30 and 18:00 to 20:30 Thursday 12 February: ) Robertson: 06:00 to 08:30 and 22:00 to 00:30 ) Ashton, Bonnievale, Montagu, Noree: 12:00 to 14:30 ) McGregor: 10:00 to 12:30 Friday 13 February: ) Robertson: 14:00 to 16:30 ) Ashton, Bonnievale, Montagu, Noree: 04:00 to 06:30 and 20:00 to 22:30 ) McGregor: 02:00 to 04:30 and 18:00 to 20:30 Saturday 14 February:

X1PQ23YH-BZ100215

X1PQ23FW-BZ100215

) Robertson: 06:00 to 08:30 and 22:00 to 00:30 ) McGregor: 10:00 to 12:30 ) Ashton, Bonnievale, Montagu, Noree: 12:00 to 14:30 Sunday 15 February: ) Robertson: 14:00 to 16:30 ) Ashton, Bonnievale, Montagu, Noree: 04:00 to 06:30 and 20:00 to 22:30 ) McGregor: 02:00 to 04:30 and 18:00 to 20:30 Monday 16 February: ) Robertson: 06:00 to 08:30 and 22:00 to 00:30 ) Ashton, Bonnievale, Montagu, Noree: 12:00 to 14:30 ) McGregor: 10:00 to 12:30 Stage 3A Tuesday 10 February: ) Robertson: 06:00 to 08:30, 14:00 to 16:30 and 22:00 to 00:30 ) Ashton, Bonnievale, Montagu, Noree: 12:00 to 14:30 and 20:00 to 22:30 ) McGregor: 02:00 to 04:30 and 10:00 to 12:30 Wednesday 11 February: ) Robertson: 14:00 to 16:30 and 22:00 to 00:30 ) Ashton, Bonnievale, Montagu, Noree: 04:00 to 06:30 and 20:00 to 22:30 ) McGregor: 02:00 to 04:30, 10:00 to 12:30 and 18:00 to 20:30 Thursday 12 February: ) Robertson: 06:00 to 08:30 and 22:00 to 00:30 ) Ashton, Bonnievale, Montagu, Noree: 04:00 to 06:30 and 12:00 to 14:30 ) McGregor: 10:00 to 12:30 and 18:00 to 20:30 Friday 13 February: ) Robertson: 06:00 to 08:30 and 14:00 to 16:30 ) Ashton, Bonnievale, Montagu, Noree: 04:00 to 06:30, 12:00 to 14:30 and 20:00 to 22:30 ) McGregor: 02:00 to 04:30 and 18:00 to 20:30 Saturday 14 February: ) Robertson: 06:00 to 08:30, 14:00 to 16:30 and 22:00 to 00:30 ) Ashton, Bonnievale, Montagu, Noree: 12:00 to 14:30 and 20:00 to 22:30 ) McGregor: 02:00 to 04:30 and 10:00 to 12:30 Sunday 15 February: ) Robertson: 14:00 to 16:30 and 22:00 to 00:30 ) Ashton, Bonnievale, Montagu, Noree: 04:00 to 06:30 and 20:00 to 22:30 ) McGregor: 02:00 to 04:30, 10:00 to 12:30 and 18:00 to 20:30 Monday 16 February: ) Robertson: 06:00 to 08:30 and 22:00 to 00:30 ) Ashton, Bonnievale, Montagu, Noree: 04:00 to 06:30 and 12:00 to 14:30 ) McGregor: 10:00 to 12:30 and 18:00 to 20:30

X1PQ23VD-BZ100215


Dinsdag 10 Februarie 2015

Drive to inoculate The Western Cape Department of Health has embarked on an immunisation catchup drive aimed at children under five years who, for whatever reason, may have missed any of their immunisations. The department has identified areas where there is a high number of migration, high poverty and other social issues as the focus areas. Health teams have already started to visit these communities and crèches to ensure that all children under the age of five have had all their immunisations. Only those children whose immunisations are not up to date will receive immunisation. Parents who are referred should remember to take their child’s Road To Health booklet (clinic book) along to the clinic. If you are unsure as to whether or not your child’s immunisations are up to date, or you do not live in an area that will be visited by the health teams, please ask the nurse to check for you. According to the newly appointed Western Cape Minister of Health, Dr Nomafrench Mbombo, statistics show that up until 14 weeks, parents routinely bring their babies to the clinic as prescribed for check-ups and immunisations. After this age, there is a marked decrease in clinic attendance, possibly because mothers return to work. “This means that some babies do not receive the vital follow-up immunisations. I want to encourage parents to keep their Road to Health booklet ready or to send it along to your child’s crèche, thus ensuring that the health care team can check that your child is up to date. Our children have so many challenges during their lives, it makes sense to do your best to keep them healthy – all it takes is six visits to your local clinic. An immunised child has the best chance of staying healthy,” Mbombo added. Vaccination remains the cheapest, most effective manner in which to prevent the spread of dangerous childhood illnesses such as measles, TB and polio. These vaccinations are offered free of charge at all clinics. All parents have to do is visit their clinic as advised by the health carer. All children should receive the following vaccines: ) At birth, the health care worker will administer polio drops and a TB vaccination before you and your baby leave the maternity ward. ) At six, ten and 14 weeks after birth, parents should take their babies to the clinic for further immunisations. These immunisations are to protect your child against measles, mumps, rubella, diphtheria (whooping cough), tetanus (lock jaw), Hepatitis B and pneumonia. An immunisation to prevent Rota-virus, which is a kind of virus that causes diarrhoea is administered. ) At nine months: only a measles immunisation. ) At 18 months the second measles immunisation is given and polio drops administered. ) At six years, before starting grade 1: this vaccine protects against diphtheria and tetanus. Polio drops are administered. By the time your baby is 18 months old, he or she should have received vaccination that protects him or her from 10 dangerous childhood illnesses. The department has an agreement with Clicks and Dis-Chem pharmacies, whereby parents can take their children to these pharmacies for their vaccinations. There is a minimal administrative fee. The immunisation catch-up drive will continue until Friday 13 February.

General - Algemeen

Breederivier Gazette

5


6

Schools - Skole

Breederivier Gazette

FAMILIEKENNISGEWINGS

GELUKWENSINGS

Dinsdag 10 Februarie 2015

PERSOONLIKE DIENSTE

1030

Die groen span het nie net die pawiljoenbeker losgeslaan nie, maar is ook met die puntebeker huis toe.

LENINGS

STERFGEVALLE

1445

1005

LENINGS!! LENINGS!! tot R200 000. Benodig bankstate, payslip en ID. 5 min pre-approvals. Fiona: 082 422 2271.

CATHLEEN ADAMS Geb: 30/01/1961 Gest: 04/02/2015 Die roudiens vind plaas Donderdag 12 Februarie 19h00 by die huis in Irisstraat 37. Begrafnisdiens Sondag 15 Februarie 2015 om 11h30 by die huis in Irissstraat 37 en 12nm in die Gemeenskapsaal (Civic). Sy laat haar man Krisjan, 3 kinders, 1 kleinkind en 3 susters agter.

RAAI WIE WORD 50? Abrahams Ansie. Baie geluk met Mammie se 50ste verjaarsdag, Sondag 15 Februarie. Dankie vir die goeie Ma, ouma en suster wat u vir ons is. Van: kinders Anthea & Eunice.

ELIZABETH JACOBS (KLOKKE) Baie geluk met 1015 Mamma se 80ste verjaarsdag Sondag 15 Februarie ADAM MOSES DANIELS. Eddie die Here 2015. Mag die Here u ryklik seën. Van kinders, het jou presies 2jaar. 1maand en 3weke voor jou kleinkinders & skoondog60ste verjaardag kom haal. ter. Ons hier op aarde was baie hartseer, maar ons weet Mamma en Tietie was baie bly, want hul geliefde seun is nou by hulle. Ons weet julle almal sing lekker saam met Jesus in die Hemelkoor net soos julle dit kan doen. Saterdag met jou verjaarsdag was julle natuurlik op jul beste. Ons RAAI WIE WORD 3 jaar weet jy't lekker verjaar op 11 Februarie?Faithlynne saam met Jesus en Alia Solomons. Baie geluk Mamma-hulle. Liefde en op jou verjaarsdag, mag verlange van Joana, die Here jou seën ons sonRolene & Danny. straal op jou dag en geniet dit. Geluk ook aan Lucretia Solomons met jou verjaardag, 12 Februarie 2015. Van mammie, daddie, jul 2 boetas en Hanno. IN MEMORIAM

SAKE

SAKE GELEENTHEDE 2415

LUTEA PARFUUM. Is jy 'n gemotiveerde bemarker en parfuum jou passie!!! Nou is die geleentheid om deel te word van 'n "multi million dollar" bedryf! Skakel Madri of sms jou e-pos adres na 083 655 0445. BETREKKINGS 3600

ALGEMEEN 3680

ADAM MOSES DANIELS. Op 7 Februarie 2015 is dit Daddy se 3de verjaarsdag weg van ons. Gelukkige 60ste verjaarsdag in die Hemel. Die gemis is nog groot, maar ons koerster nog al die mooi herinneringe in ons harte. Lekker verjaar ons Pa en eggenoot. Van Evelyn, Peter, Carol en Cassidy.

GELUK Lucretia en Faithlynne Solomons met julle verjaarsdae. Van: Shanté, Devabré, Abrie en Solovine.

HONDE GROOMER met goeie ondervinding gesoek in Worcester. Faks CV na 086 730 5692 of Kontak 082 075 6001.

Montagu se atlete laat rekords spat Hoërskool Montagu het onlangs sy jaarlikse kleure-atletiekbyeenkoms gehou. Die groen en rooi span het sommer vanuit die staanspoor kop aan kop geloop. Almal het tot die laaste wedloop gewonder wie die wenspan sou wees. Uiteindelik was dit die groen span wat nie net met die pawiljoenbeker vir die beste dissipline, samewerking en sang huistoe is nie, maar boonop ook die puntebeker. Altesaam 11 rekords het by hierdie jaar se byeenkoms gespat, insluitend een wat vir die afgelope 30 jaar gestaan het. Zèann Sauer was die seun wat die meeste punte vir sy span ingebring het en is ook as die Junior Victor Ludorum aangewys. Fregan Fortuin was die Senior Victor Ludorum. Hy het ook vir die beste prestasie van die dag op die ASA-tabel gesorg met sy uitstekende tyd in die 3 000 m. Deborah Brown was die meisie wat die meeste punte ingebring het. Mareke Conradie was die Senior Victrix Ludorum en Simunay Dorris die Junior Victrix Ludorum.

Die bekerwenners by die Hoërskool Montagu se kleurebyeenkoms is (van links) Zèann Sauer, Fregan Fortuin, Deborah Brown, Simunay Dorris en Mareke Conradie.

Rubin Venter seil oor die dwarslat in die hoogspring.


Dinsdag 10 Februarie 2015

Schools - Skole

Breederivier Gazette

Selected products on this page have been styled for photography

County Fair Fresh Chicken Drumsticks and Thighs

SAVE R14

SPAARSLIM: Jordan-lee Fortuin van Vergesig Primêre Skool, het die Nedbank Beste Spaarder-kompetisie vir skole in Robertson gewen. Sy het, deur haar sente om te draai, die meeste geld vir 2014 gespaar.

36

95

E R O M

Per kg

49

R

PnP Bulk Farmhouse Wors Per kg

FRESH

Fresh Fruit

Butchery

Bakery

15

R

HOOFLEIERS: Die Vergesig Primêre Skool se hoofleiers vir dié jaar is (van links) Monray Kastoor (onderhoofseun), Georgery Eyssen (hoofmeisie), Nayben Lucas (hoofseun) en Cameron Esau (onderhoofmeisie).

PnP Banana Prepack Each

19

90

79

R

6

95

PnP Bulk Braai Pack Consists of Tenderised Steak, Lamb Braai Chops and Oukraal Wors Per kg

Flora Fat Spread Assorted 500g Tub Each

Enterprise Bits o’ Bacon 250g

25

PnP Pure Sunflower Oil 2 Litre

PnP Milk Tart Each

19

24 80

19

90

PnP Carrots 1kg

90

R TWEEKAMP: Hierdie twee leerders van Laerskool Robertson, Dieter Kotze (links, o. 11) en Juan Drotschie (o. 13) het onlangs aan ’n tweekampbyeenkoms in Robertson deelgeneem. Altesaam 30 seuns het aan die o. 11-afdeling deelgeneem en Dieter het ’n algehele eerste plek behaal. In die o. 13-afdeling het 20 seuns deelgeneem en Juan het ’n 16de plek behaal. Dieter is in die A-span vir die interprovinsiale kampioenskappe, wat in Oudtshoorn gaan plaasvind, opgeneem.

PnP Ring Doughnut 6s

Spekko Parboiled Long Grain Rice 2kg

18

70

89

SAVE R3

Douwe Egberts Coffee Assorted 200g (Excluding Decaf) Each

21

R

90

Clover Ultra Pasteurised Full Cream or 2% Milk 2 Litre Each

BUY ANY 4 FOR

10

R

Maggi 2-Minute Noodles 73g

SAVE R12

37

90

Sunlight 2-in-1 Auto Washing Powder 2kg or Liquid Detergent 1.5 Litre Each

TENNIS: Dié leerders aan die Hoërskool Robertson, Madri Conradie (links) en Anke Barnard was deel van die Noord-Boland-tennisspan wat onlangs aan die Boland Plattelandproewe deelgeneem het. Anke was tweede in die o. 19-ouderdomsgroep en verteenwoordig nou die Boland Plattelandspan wat op 21 Februarie teen die SWD in George kragte meet.

OUT OF CASH?

SAVE R12

42

Spend your points

90

Twinsaver 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s Per Pack

Don’t pay a cent more than you have to.

Switch points to cash back on your card at the kiosk or on the Pick n Pay Mobile Mob obil ile e App App Terms and conditions apply

See terms and conditions at www.picknpay.co.za/brandmatch

PRICES VALID 10 - 15 FEBRUARY 2015 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE ONLY Excluding Beaufort West, George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Namibia, Express stores, Franschhoek Daily and Pick n Pay Local stores. smart shopper points will still apply in Express stores, Franschhoek Daily and Pick n Pay Local stores. www.picknpay.co.za Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop. Some products may not be available in all stores.

Certain promotional stocks are limited. Information correct at time of print. Prices inclusive of VAT, where applicable. smart shopper terms and conditions apply. E&OE. 1188303_390x198

7


Breederivier

Year 19 • 10 Februarie 2015 | Tel. 023 626 5212

Ons soek sportsterre As jy ’n talentvolle jong sportster is, kan die jaar 2015 vir jou ’n baie opwindende jaar word. Die Breederivier Gazette vat vanjaar opnuut hande met Suid-Afrika se voorste sportuitsaaier, SuperSport, om die Vallei se jong sportsterre te vereer. Die SuperSport Let’s Play-kompetisie word al ’n paar jaar met groot sukses in samewerking met verskeie Bolandse koerante aangebied. Elke skool in die streek – laer- én hoërskole – sowel as sportklubs of -organisasies kan nou reeds begin om hul sportsterre te nomineer. Die Gazette en SuperSport se beoordelaars kies dan elke maand ’n wenner uit die nominasies wat ontvang is. Die maandwenners sal elk ’n Let’s Play-geskenkpak (met komplimente

van SuperSport) losslaan tesame met ’n onderhoud en foto, net oor jou, in die Gazette. Die maandwenners sal almal teen die einde van die jaar teen mekaar meeding om die titel van Sportster van die Jaar. Dié persoon sal tydens ’n geselligheid waar SuperSport met hul televisiekameras sal wees, aangewys word. Om in te skryf is maklik. Stuur bloot die presteerder se besonderhede met ’n kort opsomming van sy of haar prestasies aan die Gazette. Leerders kan aan enige sportkode deelneem. Presteerders wat nie as ’n maandwenner aangewys word nie, kan weer genomineer word. Hulle sê nie verniet aanhouer wen nie! Stuur sommer vandag nog nominasies vir Februarie na hilderine@breede.com of gazette@breede.com. Nominasies kan ook by die Gazette se kantoor ingehandig word.

VROUE MET DURF: Die Langeberg se Evas het murg in hul pype. Dié streek spog met ’n vrouespan wat in November vanjaar aan die Coronation Double Century-bergfietsuitdaging gaan deelneem. Dié moordende uitdaging vind oor 202 km plaas en begin en eindig in Swellendam. Die ryers in die plaaslike span is almal van die Langeberg-omgewing. Die span word deur Van Loveren, Mooiuitsig en RSAM-makelaars geborg.

Chennai behaal derde oorwinning

RATELTAAI: Drie spanlede van die Langeberg se Coronation Double Century-span het die afgelope naweek aan die moordende Lighthouse to Lighthouse-bergfietsuitdaging tussen Gansbaai en Struisbaai afgelê. Hulle het op elk van die twee dae waaroor die uitdaging plaasvind sowat 100 km afgelê. Van links is Bonita Malherbe, Karen Kleingeld en Loezel Coetzee.

Die sagtebalkrieketspan Chennai Superkids het Sondag nóg ’n oorwinning op sy kerfstok gesit toe hy RCB met agt paaltjies geklop het. Chennai het die loot gewen en RBC ingestuur om eerste te kolf. RBC het ’n stewige 86/8 in sy 20 toegelate kolfbeurte aangeteken. Leighton Swarts het met 3/17 vir Chennai uigeblink met die bal. In sý beurt voor die penne het Chennai die wentelling van 86 lopies lag-lag in slegs 13.1 boulbeurte bereik. Dít boonop vir die verlies van slegs twee paaltjies. Sy aanvangspaar, Ricardo Matthys (18) en Peter-John van Niekerk (31*) het goed begin met ’n vennootskap van 41 lopies om die eerste paaltjie. Daarna het bydraes gekom van Brandon Erasmus (20) en Dillon Joseph (15*). Chennai Superkids is steeds die voorlopers in die B-afdeling, en spog reeds met drie agtereenvolgende oorwinnings na drie wedstryde.

X1PM55J9-BZ200115

Robertson klop Paarl Die Robertson-krieketklub het Saterdag sy eerste wedstryd van die Boland T20-kompetisie goed afgeskop toe hy Young Peoples, van die Paarl, met 45 lopies die loef afgesteek het. Robertson het die loot gewen en besluit om eerste voor die penne aan te tree. Die span het 147/4 in sy toegelate 20 boulbeurte op die puntebord gestapel. W. Abrahim (57*), Danrick Philmon (45) en Brendon Erasmus (22) het geskitter met die kolf. Vir Young Peoples het Kurt Martin 2/37 en Clint Brockman (1/20) goed gedoen met die bal. In sý beurt voor die penne kon

GHOLF: Bonnievale (72): Enkel-syferplus – C. Rouch +4, D. Swart, +1, H. van Wyngaard +1, D. Plaatjies gelyk, T.H. Hammersma gelyk, D. Vorster gelyk. Montagu (72): Enkel-Stableford – E. Stemmett 42, P. Conradie 41, J. Strydom 41, L. Denysschen 41, L. Marryatt 40, H. Jansen 40, A. Swart 39, W. Rossouw 35, R. Bruwer 35, A. Rossouw 35. Riverside (72): Houespel – I. Malapi 71, D. Fredericks 72, N. Jaftha 72, N. Macpherson 73, S. Ross 74, S. du Toit 74. Robertson (72): Samespel-Stableford (voorkeurdryf) – A. Smuts en F. Bruwer 55, L. Cilliers en P. Marais 54, P. Venter en W. Sadie 53, J. Coetzee en F. Theron 53, P. le Roux en R. le Roux 52, C. Morkel en C. Morkel jr. 52, H. Voigt en J. Voigt 52, M. Sharkey en D. van Deventer 52, P. Stemmet en W. Stemmet 51, D. Cloete en H. Grobler 51, J. Noble en K. Goliath 51, R. Viljoen en S. Mong 51. Worcester (72): Enkel-Stableford – J. le Roux 42, L. Lambrechts 41, H. Joubert 40, M. Otto 40, P. Cilliers 39.

Young Peoples slegs 102 lopies, vir die verlies van agt paaltjies, in sy 20 boulbeurte aanteken. Brockman was sy beste kolwer met 34 lopies. Robertson se boulaanval is deur Erasmus (2/13), Narren Padiachy (2/14) en Ismael Lekay (2/14) gelei. Robertson se eerste span moet dié Saterdag (14 Februarie) na Brackenfell reis vir sy tweede wedstryd, terwyl sy tweede span Worcester Korrektiewe Dienste op laasgenoemde se tuisveld die stryd sal aansê. Dit sal die tweede span se eerste wedstryd in die T20-kompetisie wees.

KRIEKET: Premierliga: Robertson t. Young Peoples: Robertson 147/4 (Warwick Abrahim 57*, Danrick Philmon 45; Kurt Martin 2/37). Young Peoples 102/8 (Clint Brockman 34; Brendon Erasmus 2/13, Narren Padiachy 2/14, Ismael Lekay 2/14). Robertson wen met 45 lopies. Worcester United t. Wellington: Worcester United128/7(GraemeCupido35,HadleyAlberts 26; Denver Carolus 3/27, Tiaan Cloete 2/20). Wellington 134/3 (tiaan Cloete 58*, Warren Groeneveld 36). Wellington wen met 7 paaltjies.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.