Breederivier gazette 11 junie 2013

Page 1

Breederivier

Year 17 • 11 Junie 2013 | Tel. 023 626 5212

www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi

Ollie kuier by Ashton Kelder Asthon Kelder het die Wacky Wine Weekend op ’n hoë noot afgeskop met Stoepstories, ’n produksie waarin stories vertel word teen die agtergrond van boeremusiek van die legendariese Ollie Viljoen. Van links is Grethe du Toit (bemarker, Ashton Kelder), Andries Vermeulen (Stoepstories), Shantel Beetge (woordvoerder van Ashton Kelder), Ollie Viljoen en Peter Mitchell (Stoepstories). Sien nog Wacky Wine Weekend-foto’s op bl. 8 en 9. FOTO VERSKAF

Loon­nagevolge ’n bitter pil

DALEEN FOUCHÉ

Sommige Langebergse plaaswerkers voel hulle is slegter daaraan toe ná die verhoging van die minimum loon vroeër vanjaar. Produsente is na verneem word besig om te meganiseer en die koste van dienste van plaaswerkers te verhaal, in ’n poging om insetkoste te bespaar. Plaaseienaars moes in Maart ’n verhoging van 52% in arbeidskoste absorbeer toe die minister van arbeid, Mildred Oliphant, ná ’n reeks plaaswerkerstakings, die minimum loon van R69 tot R105 opgeskuif het. Volgens Trevor Christians, sekretaris van die Commercial, Stevedoring, Agricultural and Allied Wor-

kers’ Union (CSAAWU), wat hoofsaaklik plaaslik werk, het 60 van hul lede in die Langeberg, meesal vroue, reeds hul werk verloor. Lede van die unie kla ook dat hulle slegter daaraan toe is ná die hoër minimumloon geïmplementeer is, omdat hulle nou moet betaal vir elektrisiteit, vervoer en ander dienste wat voorheen gratis was. Een plaaslike produsent wat anoniem wou bly, het ses werkers se kontrakte verander van permanent na seisoenaal. Voor die stakings het dié boer ekstra gewasse aangeplant om werk te skep dwarsdeur die jaar, maar hy het die praktyk stopgesit en verskaf nou slegs werk aan werkers wat noodsaaklik is om die boerdery aan die gang te hou.

Hy sê die verhouding tussen produsent en plaaswerkers is nie meer wat dit moet wees nie. Grant Smuts, eienaar van Lucerne, sê die situasie in die landbousektor het dramaties verander sedert die loonverhoging. Produsente verskaf minder permanente en meer tydelike werk deur vergoeding per uur in plaas van per dag te betaal. Hy sê Lucerne het ’n 28%-styging in arbeidskoste ervaar. Die plaas kan nie meganiseer nie, omdat hulle arbeidsintensiewe vrugte en groente produseer. Ander Langebergse boere het wel begin meganiseer en selfs arbeidsintensiewe gewasse soos perskes uitgehaal. Dié stap is ’n groot bron van kommer vir Langeberg Ashton

Foods, sê Nassos Martallas, algemene bestuurder. Dié fabriek, wat geblikte vrugte produseer, is een van die grootste enkele werkverskaffers in die Langeberg. Martallas sê as daar nie vrugte is nie, het Langeberg Ashton Foods nie ’n besigheid nie. Martallas voeg egter by dat die verwydering van vrugtebome ’n langtermynproses is en dat die vermindering van vrugte stadig sal plaasvind. Buiten die bedreiging van minder vrugte, het Langeberg Ashton Foods ook arbeidsprobleme ervaar ná die plaaswerkerstakings. Hy sê die militante styl van die stakings het oorgespoel, met nege stakings wat tydens die vrugteseisoen by die fabriek plaasgevind het. Dié stakings het ge-

woonlik slegs ’n paar uur geduur, maar oor sake wat voorheen in vergaderings bespreek en opgelos sou word. “Dit is die eerste keer in my 12 jaar by die fabriek dat werkers staak.” Oor gerugte van verdere plaaswerkerstakings vir R150 per dag, sê Christiaan die unie sien stakings as die laaste uitweg. Hy verkies om gesprekke met boere voort te sit om plaaswerkers se lot te verbeter. “Die CSAAWU sal als in sy vermoë doen om verdere stakings te voorkom.” Tog waarsku Christians dat die unie goeie bande het met die Skandinawiese lande en dat groepe in Switserland plaaslike vrugte en wynprodukte sal boikot totdat plaaswerkers “in menslike omstandighede” woon.


2

General - Algemeen

Breederivier Gazette

McGregor ready to get poetic this month Three days of poetry, music and art. That is wat is in store for poetry lovers when the town of McGregor presents its first poetry festival from 21 to 23 of June. The festival is the brainchild of Billy Kennedy of the Temenos Retreat in McGregor. The idea of the festival is to celebrate the art of words as reflected in poetry, to introduce poetry to people and to discover and nurture new talent. Several well-known English and Afrikaans poets will take part in the festival. Late poet Ingrid Jonker will feature prominently with the screening of the movie on her life, Black Butterfly, a talk by biographer Petrova Metelerkamp as well as a talk by Jonker’s daughter, Simonè. Other poets who will participate are Finuala Dowling, Leon de Kock, Ingrid de Kok, Rostum Kazain, Margaret Clough, Melt Myburgh, Daniel Hugo, Fanie Oliver, Floris Brown, Diana Ferrus, Wendy Woodward, Gary Thomas, Sally-Anne Murray, Ian McCullam and Bob Cummin. Music will also be featured. Festival-goers can prepare for perform-

ances by singers Jac de Priester and Randall Wicomb as well as a performance by well-known soprano Zanne Stapelberg. Several other music events will also take place. People interested in writing can attend a workshop on writing by well-known writer Dorian Haarhof and the local Skills Centre will also present a number of workshops. The local community will also participate with song, dance and drama as well as an open mic session where poets can read their poetry. The Waldorf School and other residents of the town will present their own work. The whole town will be involved and performances will be held at the church, guest houses, art galleries, and several coffee shops in the main street. Information about the tickets, ticket prices and performance times will be announced as soon as the programme is finalised. Find more information at info@poetry.co.za, mcgregorpoetry@gmail.com, the festival blog at www.temenos.org.za/ blog.html or phone Jenny Johnson on 023 625 1908 or 084 675 1164.

Dinsdag 11 Junie 2013

) Geniet ’n heerlike stuk melktert met tee of koffie die laaste Vrydag van elke maand om 10:00 by die Joubert-huis, Montagu. Groepe is welkom, maar met ’n bespreking minstens ’n week voor die tyd. Bespreek by 023 614 1774. ) The next Robertson Farmers’ Market will take place on Saturday 13 July. ) Geniet pannekoek en koffie elke eerste Saterdag van die maand by die Museummark op Robertson. Daar is ook stalletjies waar tuisgebak, boeke en snuisterye van 09:00 af verkoop word. ) Die Vroue Landbouvereniging (VLV) se Worcester-sirkel nooi u na ’n kuieroggend saam met Dave Pepler. Kom luister hoe hy vertel van die toere wat hy aanbied na Ysland op 12 Junie om 09:00 by die Prins Alfred Ham-

let-kerksaal. Vir meer inligting, bel 023 626 2474 of 023 626 4080. ) Emil Minnie will perform with the Minnie Montagu Mass Choir at the Montagu Country Hotel from 12:00 on 15 June. Tickets cost R50. ) The RAD Foundation will host a Youth Day celebration at the King Edward stadium in Montagu on Sunday 17 June from 10:00 to 14:00. For more information about the event, visit www.radfoundation.co.za. ) The McGregor Poetry Festival will take place from Friday 21 June to Sunday 23 June in McGregor. Poetry readings, debates, movies and entertainment are but some of the listed activities. Visit www.temenos.org.za for more information. ) Winelands SPCA AGM on Tuesday 2 July from 17:30 for 18:00 at the Robertson Bowls Club. Refreshments and snacks will be served. ) Send the details of your events to Daleen Fouché via email at gazette@breede.com. The deadline for all diary items is 10:00 on Fridays.

1989-matrieks gesoek Die 1989-matrikulante van Hoërskool Langeberg word uitgenooi vir ’n dag van “onthou-jy-nog’s”, lag en “weer-sien-na-24-jaar” op Saterdag 28 September. Indien jy belangstel om die 1989-reünie van hierdie skool by te woon, kan jy gerus vir Rosemary Andries by 074 817 4745, Celeste September by 082 631 6495, Lucretia

Jones by 0767915384 of Ganessen Padiachy by 076 938 8777 bel. Besoek ook die groep se Facebook-blad, “Langeberg Matriek reünie”, vir meer inligting. Die organiseerders hoop om soveel moontlik van die 1989-matrieks van Hoërskool Langeberg daar te sien.

Ontmoet sakeman Pieter Jacobs ) Wie is jy? Pieter Jacobs. ) Wat is jou besigheid se naam en waar is dit geleë? Jacobs Oogkundige is op die hoek van Kerk- en Reitzstraat, Robertson. ) Watter tipe besigheid besit jy? Ek besit ’n oogkunde-praktyk. Behalwe vir professionele oogsorg, verkoop ons sonbrille, ons doen kontaklenswerk en herstel stukkende brille.

) Wat is jou gunsteling-produk of -diens? By Jacobs Oogkundige is elke kliënt uniek en poog ons om so ver moontlik in elke individu se persoonlike sigbehoeftes te voorsien. Ons sal na elke brilvoorskrif kyk en besluit hoe ons die mees gepaste raam en beste lense kan voorsien vir die mees bekostigbare prys. ) Wanneer en hoe het jy jou besig-

heid begin? Die besigheid bestaan reeds 20 jaar, maar ek besit die praktyk nou vir twee en ’n half jaar. Ek praktiseer as ’n oogkundige vir die afgelope 25 jaar. ) Waar sien jy jou besigheid oor vyf jaar? Ek hoop om steeds die gemeenskap te dien in hul sigbehoeftes op ’n professionele wyse teen bekostigbare pryse.

Pieter Jacobs, eienaar van Jacobs Oogkundige in Robertson.


Dinsdag 11 Junie 2013

News - Nuus

Hulp gevra vir Silverthreads

Ansie Jafta, bestuurder van Silverthreads, sê die dienssentrum moet weens omstandighede ’n nuwe tuiste vind. Die Langeberg-munisipaliteit het ’n erf vir dié doel aan Silverthreads geskenk, maar die koste van die bouprojek moet uit dié niewinsgewende organisasie se sak uit kom. Jafta sê Silverthreads is nie ’n tehuis vir bejaardes

) Koper ter waarde van R105 000 is in Mei in die Ashton-omgewing gesteel. Die Ashton-polisie sê dat koperdiefstal in dié maand hoogty gevier het, ten spyte van verskeie voorsorgmaatreëls wat deur die polisie getref is om dit te voorkom. Besproeiingrekenaars, elektriese kabels, koperkrane, pype en kabels is van die items wat gesteel is. Die polisie versoek dringend die hulp van die publiek om die diefstalle hok te slaan. Enige inligting ten opsigte van koperdiefstal sal verwelkom word en vertroulik hanteer word. Die Ashton-polisie

Met die afskop van die skoolvakansie beplan die Silverthreads-span en ’n groep vrywilligers om van deur tot deur in Ashton te beweeg om nog geld in te samel. Jafta doen ’n beroep op die gemeenskap om bakstene teen R100 elk te borg. Silverthreads is in 1980 gestig en is die enigste organisasie in die Ashton-omgewing wat omsien na die belange van bejaardes. Silverthreads se span besoek ook op Woensdae verskeie plaasgemeenskappe om daar werk onder bejaarde mense te doen. Jafta sê die werk is baie bevredigend en sy is dankbaar vir almal wat bydra tot die voortbestaan van hierdie instansie.

Jafta sê Silverthreads moet teen 30 September uit hul huidige gebou uittrek en dan moet hul nuwe gebou klaar wees. Die planne vir die nuwe Silverthreadsdienssentrum is reeds opgetrek en word vandeesweek by die munisipaliteit vir goedkeuring ingedien. Die enigste inkomste wat die organisasie kry is die toelae van die regering wat slegs vir basiese dienste en kos betaal, sowel as skenkings van kos van Langeberg Ashton Foods. Maar Jafta sê die bou van ’n nuwe dienssentrum gaan R100 000 kos, wat hulle deur geldinsamelingsprojekte bymekaar moet maak. Die eerste projek is hul debutantebal wat op 15 Junie gehou sal word.

3

Bonnievale-man vermis DALEEN FOUCHÉ ’n Man van Bonnievale is sedert Maandag 3 Junie vermis en het vermoedelik in die Breederivier verdrink. Dirkie Louw (24) van die plaas Langverwag het Maandag na ’n vriend vertrek wat op ’n plaas aan die ander kant van die Breederivier geleë is en het vermoedelik ’n laagwaterbrug oorgesteek. Hy is sedertdien nie weer gesien nie. Kaptein Bertus Conradie, stasiebevelvoerder van die Bonnievale-polisie, sê polisie-

duikers het Vrydag 7 Junie en Saterdag 8 Junie die area van die laagwaterbrug gefynkam, maar niks gevind nie. Die polisie sal voortgaan met hulle ondersoek. Conradie vra lede van die gemeenskap wat in die omgewing langs die rivier bly, om die Bonnievale-polisie te laat weet indien hulle enigiets ongewoon opmerk in die rivier. Conradie waarsku mense om nie laagwaterbrûe te gebruik wanneer die rivier sterk vloei nie, veral nadat dit gereën het. “Die rivier kan bedrieglik wees.”

Die Ashton-polisie en die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het deelgeneem aan Kinderbeskermingsweek van 27 tot 31 Mei. waarsku kwaaddoeners wat koper steel of koop sonder ’n geldige permit, dat swaar boetes en strawwe op hulle wag. Enigiemand met inligting aangaande die onwettige besit of aankoop van koper kan die Ashton-polisie bel by 023 615 8120.

) Die Montagu-polisie hou op 21 Junie van 09:00 tot 12:00 ’n opedag by die polisiekantoor in Badstraat. Indien die publiek die kantoor wil besoek om te sien wat die werksaamhede van die polisie behels, bel asseblief vir sers. Suria Meyer by 082 499 3860.

2413 EW

Die Silverthreads-dienssentrum op Ashton skep reeds jare ’n veilige hawe vir bejaarde mense op dié dorp, maar het nou die hulp van die gemeenskap nodig om die diens voort te sit.

nie, maar bied ’n dagprogram aan vir bejaarde mense en verskaf ’n dagsorgdiens om families by te staan met die versorging van bejaardes. Silverthreads bedien ook twee maaltye per dag aan bejaardes. Sy verduidelik dat die program nie die verantwoordelikheid van die sorg van bejaardes oorneem nie, maar slegs families daarmee help. Sy sê die diens stel mense in staat om weeksdae te werk terwyl hulle gemoedsrus het in die wete dat hul bejaarde familielede in goeie sorg is. Die dagprogram sluit opvoedkundige sessies in, sowel as gesondheidsdienste, hand- en naaldwerksessies, geestelike programme en kuns- en kultuursessies.

2413 EW

DALEEN FOUCHÉ

Breederivier Gazette


4

People - Mense

Breederivier Gazette

Dinsdag 11 Junie 2013

Dancers strut their stuff

Van links is AJ Brown, Marvin Booysen, Lillian Basvi, Daryll Pieterse, Aisha Smal en Jowun Martin.

Danza la Vida School of Dance entered 12 students into modern dance examinations offered by AIDT (associate of international dance teachers). The students worked diligently and did their exam on the 28th of May at Worcester. Their results are excellent and their teacher Danique Fullard is very proud of her dancers. She is also excited about seeing more and more students honoured with an achievement in dance and believes that dance in the

Langeberg will gain respect as students develop and achieve good results in competitions and exams. “Dance is a fun art to learn and enjoy, but it is also a sport skill and a discipline,” says Fullard. There will be more than 30 dancers from Danza la Vida doing a dance exam again in November this year. To receive a honours with distinction, a dancer must achieve 90% plus; honours is 85–90%, highly commended result is a mark be-

tween 75-85% and commended 70-75%. From Robertson are: Edelweiss Gunter (prelim junior modern) commended (orange medal) honours with distinction, Renské Oosthuizen (orange medal) highly commended, and Edna Smit (orange medal) highly commended. Three young dancers from Robertson Voorbereiding Skool also did their first exam and passed with a good report. They are Monya Roux, Jeanri Bothma and Ada Conradie, all in Grade R.

Musikante gaan groot Drie Ad Libitum Musiek Akademie-studente het Vrydag 31 Mei die geleentheid gehad om saam met ander studente van Kaapstad ’n Big Band Jazz-werksessie by die Universiteit Kaapstad by te woon. Die sessie is aangebied deur die Britse jazztrompetspeler Ian Darrington en sanger en saksofoonspeler AJ Brown. Jowun Martin (alt-saksofoon), Daryll Pieterse (tromboon) en Aisha Smal (trompet) het saam met ander studente wat die sessie bygewoon het, ’n Big Band gevorm en is deur Ian Darrington gedirigeer. Die Big Band het ook een van AJ se liedjies op sy nuwe CD saam met hom deurgewerk. Die werksessie het hoofsaaklik gefokus op swing-musiek. Lillian Basvi het ook ’n geleentheid gehad om ’n paar minute met AJ te kon werk.

Britse jazz -trompetspeler Ian Darrington is hier by die Big Band wat hy afgerig het.

Vincent Andries (left) from Doulous Trust receives blankets that were donated by Gazette readers. With him is Piet Brits, who helped Andries to collect the blankets.

Blankets for warmer nights The Robertson community responded with generosity to the request for blankets and warm clothes. The Breede River Gazette turned to the community for help after the two people were found dead on Monday 3 June after the first cold snap of the winter. The Gazette received seven blankets in four days, which were handed over to Vincent Andries from the Doulous Trust on Friday 7 June. Andries has also received blankets from various donors, including 15 blankets from Gospel Express. But winter is far from over and the Gazette requests residents to keep up the drive and to try and fill the glass window in front of the Gazette office with blankets and warm clothes. Andries requests that donations to the homeless are done through the Doulous Trust, so

Zelda Kloppers, advertising representative for the Breede River Gazette, stacks the blankets, donated by readers in the Gazette window. that goods will be given to those in need. He explains that the Trust works according to a programme that ensures each person in need gets the opportunity to receive a blanket

VERSKONING: Die Breederivier Gazette het verlede week die verkeerde foto van Anna de Kock in die artikel “Vriendelike vrywilliger van Robertson oorlede” geplaas. Hierdie foto moes verskyn. Die Gazette vra onvoorwaardelik om verskoning vir die fout en enige ongerief wat dit veroorsaak het.

and warm clothes. For more information, phone Andries on 072 668 8245. Blankets can be handed in at the Gazette office in Church Street, Robertson.


Dinsdag 11 Junie 2013

General - Algemeen

Laboratorium vir Ashton

Breederivier Gazette

Meet a local

5

DALEEN FOUCHÉ

Bly te kenne

Ashton Sekondêr se wetenskapleerlinge wat voorheen eksperimente buite op die gras moes doen, het nou ’n volledige wetenskap-laboratorium. Die splinternuwe laboratorium is Woensdag 5 Junie amptelik geopen. Die nuwe laboratorium is aan die skool geskenk deur die Universiteit van die Wes-Kaap (UWK), met finansiering deur Garden Cities Archway Foundation. Prof. Shaheed Hartley, direkteur van die UWK se wetenskapstudiesentrum vir Afrika en dryfkrag agter die laboratoriumprojek, sê die projek het in 2006 begin om ondersteuning en onderrig te verskaf aan wetenskaponderwysers in die Overberg- en Breederivier-omgewing. Die opleiding en wisselwerking tussen wetenskaponderwysers het volgens Hartley ’n kultuur van wetenskap gevestig wat uitgeloop het op wetenskapklubs en ’n wetenskap-kompetisie wat op TV gebeeldsaai is. Verskeie uitdagings is uitgelig, onder meer die behoefte aan ’n veilige omgewing vir leerlinge en onderwysers om daadwerklik te eksperimenteer en die natuurwetenskap eerstehands te ervaar. Hartley het vir Garden Cities genader wat ingestem het om laboratoriums te borg. Tot dusver is 12 laboratoriums in hoër- en laerskole oor die hele

Ontmoet vir Cecile Gert Marero, wetenskaponderwyser by Ashton Sekondêr, is hier saam met prof. Brian O’Connell, rektor van die Universiteit van die Wes-Kaap, in die laboratorium. Overberg- en Breederivier-omgewing gebou, waaronder Vergesig Primêr en De Villiers Primêr. Nog agt laboratoriums word beplan vir 2013. Hartley sê elke laboratorium kos tussen R400 000 en R500 000. Dit is dan ook waarom nie elke skool in aanmerking kom om ’n laboratorium te kry nie. Skole wat wel in aanmerking kom is waar wetenskaponderwysers reeds ’n tydperk besig is met opleiding en betrokke is by wetenskapklubs – én geesdriftig is oor wetenskap. Dit is die eerste kriterium. Die tweede is of die bestuur van die skool so ’n projek sal ondersteun. Hartley sê Ashton Sekondêr het voldoen aan die kriteria, veral met dié skool se entoesiastiese weten-

skaponderwyser. Gert Marero, wetenskaponderwyser by Ashton Sekondêr, was in die wolke oor die laboratorium en het gesê: “Dit is Ashton se dag.” Marero prys die UWK se span vir die uitstekende wetenskapprojek. “Dit is danksy die ondersteuning van dié projek dat my leerlinge in 2011 en 2012 ’n slaagsyfer van 100% bereik het.” Die trotse hoof van die skool, Peter Buis, wat as seremoniemeester opgetree het, het al die partye hartlik bedank. Prof. Brian O’Connell, rektor van die UWK, het ’n toespraak gelewer oor die belangrikheid van wetenskap in skole, veral met die uitdagings waarmee Suid-Afrika tans te kampe het.

) Wat is jou naam en van? Cecile Klaassen ) Op watter dorp woon jy en hoe lank woon jy al hier? Ek woon al 15 jaar lank op Robertson. ) Wat maak die Langeberg vir jou spesiaal? Die berge en jakarandas. Daar is niks wat mooier is as die jakarandas wat blom nie. ) Wat sou jy in die Langeberg wou ver- Cecile Klaassen ander? Ek sou wou gehad het dat daar meer werksgeleenthede in die omgewing is en dat die paaie verbeter word. Ek sou ook wou gehad het dat mense meer toeskietlik teenoor mekaar moet wees. ) As jy nie hier gewoon het nie, waar sou jy wou woon? Op Hoopstad in die Vrystaat, want my kinders woon daar. Dit is ’n oulike dorpie en die mense lewe baie na-

by aan mekaar. ) Watter soort werk doen jy en waarom geniet jy dit? ) Ek is bestuurder van die hospieswinkel op Robertson. Ek is lief vir my werk, want ek werk met 30 vrywilligers wat elkeen anders en uniek is. Ek moet aanpas by elke vrywilliger, want hulle het almal verskillende talente. ) Watter drie mense sou jy graag vir ete wou nooi (hede of verlede) en waarom? Ek sal graag my oorlede pa, my ouer broer en twee kinders wil nooi vir ete. My pa het my baie geleer oor die lewe en my broer gesels altyd oor lekker goed. ) Wat is die beste raad wat jy al ooit gegee of ontvang het? Maak van elke dag die beste en maak asof dit jou laaste dag is.


6

Breederivier Gazette

Leader - Hoofartikel

Pharmacists would ‘Love you to stop’ smoking Ekonomie onder die vergrootglas Die Breederivier Gazette rapporteer vandeesweek oor die nagevolge wat die stakings oor plaaswerkerlone het op nie net die plaaslike landbousektor nie, maar op die hele Langeberg se ekonomie. Die Langeberg-ekonomie is grotendeels afhanklik van die produksie en ook verpakking van sagtevrugte, wingerd en wyn. Maar soos boere al hoe meer meganiseer en al hoe meer plaaswerkers hul werk verloor, moet na ander bedrywe gekyk word om nie net werk te skep nie, maar ook om geld en geleenthede na die Langeberg te lok. Tog kan ondernemings nie oornag en sonder kapitaal geskep word nie. Intussen is die ander groot ekonomiese trekkrag toerisme. Die afgelope naweek se Wacky Wine Weekend het wéér bewys dat die Langeberg hope vermaak, ’n ruskans, wyn en pret aan duisende besoekers verskaf en ’n goeie inkomste vir die streek genereer. Is toerisme dus die ekonomiese toekoms vir die Langeberg?

With the World Health Organisation’s (WHO) official World No Tobacco Day commemorated recently, the health risks associated with smoking tobacco and nicotine addiction were once again clearly highlighted. In support of this initiative, South Africa’s largest pharmacy network – the Independent Community Pharmacy Association (ICPA) – invites non-smokers to join them in a public intervention, motivating loved ones, friends and colleagues who smoke to take the first step towards a smoke-free life. How do you show you care? By “liking” the Love You To Stop Facebook page (www.facebook.com/loveyoutostop). As a non-smoker, declare your support of the Stop Smoking Public Intervention. You can then encourage a family member, spouse, friend or even a colleague by posting a personal plea to that smoker on the page. If you were a smoker you can share your story as motivation for others. ICPA and their associates will also post relevant information, interesting facts and motivational tips. I think most smokers wish to quit but aren’t sufficiently motivated to stop smok-

ing. Usually, smoking cessation campaigns are aimed directly at smokers. In this campaign, we’d like non-smokers – particularly those who really care for someone who is a smoker – to let their someone know that there’s a solid support system behind them should they take the first step to stop smoking. ) Tobacco kills one in 10 adults worldwide. ) The chance that a lifelong smoker will die prematurely from a complication of smoking is about 50%. ) In South Africa, tobacco smoking ranks third highest as mortality risk factor – approximately 15% of deaths over the age of 35. ) Smoking can also be linked to a number of serious diseases such as cancers of the lung, cervix, pancreas and kidneys, cardiovascular disease (CVD) and chronic obstructive pulmonary disease (COPD). The ICPA encourages non-smokers to know the stats, understand the risks and to motivate their smoking loved ones to take steps to stop.

SHAM MOODLEY, chairperson of the Independent Community Pharmacy Association (ICPA)

Dinsdag 11 Junie 2013

Tweeting about Wacky Wine The Breede River Gazette compiled a list of some of the best Tweets from Twitter, about the Wacky Wine Weekend. , Graham Beck Wines tweeted: “It’s been an epic Wacky Wine Weekend at Graham Beck Wines, thanks to everyone who shared in the fun with us! We’ll see you all next year!” , Cezanne tweeted: “Wacky Wine Weekend was perfectly ended with some Bubbly and Bublé yesterday at Graham Beck.” , Cezanne tweeted: “Robertson Wine Valley, here’s to the best Wacky Wine Weekend yet! , Tanja Fourie tweeted: “Fun was had by young and old at Graham Beck Wines yesterday at the Wacky Wine Weekend. See you next year!” , Esona Wine tweeted: “Thank you to all who joined us at our Old Cellar for wine tastings this Wacky Wine Weekend!” , Janita Larcher tweeted: “Had an awesome Wacky Wine Weekend!” , Simone Jurgens tweeted: “Great Wacky Wine Weekend with a side serving of Gareth Cliff! Till next year.” , Arabella Wines tweeted: “Locnville, the guys and girls loved you on stage! Was awesome having you here for Wacky Wine Weekend!” , Locnville tweeted: “Had a great time!” , Carmia tweeted: “Awesome weekend at Wacky Wine! Definitely want to go back next year.” , Brandon Claasen tweeted: “Great weekend in Robertson at the Wacky Wine Weekend.” , Diane Canterbury tweeted: “What a weekend! Wacky Wine never disappoints.” , Brendan Marsh tweeted: “Great Wacky Wine Weekend, feeling the effects now though!” , Monique Germishuys het getwiet: “Amazing naweek gewees! Lekker mense en nog lekkerder wyn!” , Jeremey Northcote tweeted: “Awesome way to end the Wacky Wine Weekend, with the family at Graham Beck Wine Farm. Live band and last wine taste.” , LaDonna Davids tweeted: “En route home. Awesome weekend in Robertson for the Wacky Wine Festival. Now for the long drive to Cape Town.”

MUSIEK VIR DIE GASTE: Die Langeberg Steel Band het gaste by die Robertson Farmers’ Market tydens die Wacky Wine Weekend op Saterdag 8 Junie vermaak. FOTO: DEON VAN DEVENTER

Rubriek

Suiwer genade nodig om die lang pad huis toe te oorleef

Ek het die afgelope week weer eens besef dat om van een van die hoofpaaie van ons land af veilig by die huis te kom, suiwer genade van Bo is. Ons klim in die motor op ons terugtog uit Gauteng op ’n pragtige sonnige oggend terwyl Elvis Presley heel gepas op die radio ’n gebed sing vir ons veilige reis huis toe. “Take my hand, precious Lord, lead me home......”. Dis ’n gebed wat elke reisiger op die pad moet sing of sê. Ek is agter die stuurwiel en ons ry lekker. Dis altyd lekker om die langafstand met manlief af te lê, so baie om oor te praat, so baie om jou aan te verwonder langs die pad en so baie om oor te lag. En dis so terapeuties om lustig saam met die musiek in die motor te sing terwyl die kilometers onder die motor verbyvlieg. Ons het ons egter nie voorberei vir die donkerte wat ons so ses ure van die huis af ingewag het nie. Dit kon ook nog gaan, want ons is mense wat geen vrees het om in die donker te ry nie, ons doen dit al vir jare op die manier.

Maar die reën wat daarmee saam gekom het, het ons reis ietwat gekompliseer. Dit kos regtig genade as jy die horde vragmotors en langafstand huurmotors in ag neem wat jou bestuursvernuf en geduld die uitdaging van jou lewe gee. Ek het altyd gedink die vragmotorbestuurders trek bietjie van die pad af teen ’n sekere tyd van die aand, maar dan verstaan ek ook weer dat hulle gedruk word om die volgende dag hul vrag af te laai. Ek het baie simpatie vir hulle want hulle moet ook nog rekening hou met die kleiner voertuie wat Rosy Jansen sommer skielik voor hul indruk om ongelukke te voorkom as hulle onverantwoordelik ander voertuie wou verbysteek en nie rekening met die aankomende spoed hou nie. Om daardie klomp perdekrag met ’n 30 ton vrag in te hou, moet baie span-

ning op die bestuurders plaas om ongelukke te voorkom. Om agter ’n vragmotor te ry terwyl die reën neerstort is geen grap nie. Die sproeireën wat onder daardie kolos se spul wiele uitspat, vorm ’n groot, sirkelvormige reëngordyn wat dit byna onmoontlik maak om voor jou te sien. Dit maak die geleentheid om die voertuig verby te steek, uiters gevaarlik. Voeg daarby die donkerte van die nag en die taxibestuurders wat soos mal mense met hul arme, onskuldige passasiers in ’n wedren gewikkel is deur een voor die ander te ry, en dit plaas jou in ’n baie gevaarlike situasie. Ek sê op ’n stadium aan my man: “Die arme passasiers. Hulle het geen beheer oor daardie bestuurder nie en is soos magtelose lappoppe

in daardie moordtuie”. Nou verstaan ons ook sommer beter waar die naam “pad van die dood” vandaan kom. Ons sien in die vroeë oggendure van ver af die blou ligte van polisievoertuie en die rooi ligte van noodvoertuie in die donkerte flits. Met ons verbyry sien ons dat een van die spoedvrate met hul kosbare vrag passasiers in ’n wingerd buite De Doorns staan. Die arme passasiers! Ons kon maar net bid dat hulle nie seergekry het nie en dat daardie bestuurder ’n paar vrouehandsakke oor sy kop sal voel as die skok eers gaan lê het (tong in die kies gesê). Ons ry veilig voort en is baie dankbaar om uiteindelik ons pragtige dorp se ligte te sien. Dis soos ’n veilige hawe waarin skepe teen die storms kan skuil. Uiteindelik veilig en warm in die huis, kan ons nie anders as om op ons knieë te val en die Here te dank vir Sy reisgenade nie. Dis voorwaar suiwer genade om veilig van daardie dodsveragtende reis weer tuis te kon wees. Deur Rosy Jansen


Dinsdag 11 Junie 2013

General - Algemeen

Breederivier Gazette

Boxing calendar

Gaste van die Wacky Wine Weekend 2013.

FOTO: LARESA PERLMAN

) The Sakhisizwe Boxing Exhibition will take place on Saturday 15 June at the Nkqubela Hall from 16:00. Local boxers will show how it is done during eight bousts of four rounds each. Admission is R50 per couple, R30 per adult and R15 for pupils. No alcohol or weapons will be allowed in

the Nkqubela Hall. For more information, phone Earnest Qhankqiso on 078 775 5017. ) On 29 June, 12 boxing clubs from Ceres, Paarl, Worcester and Robertson will compete in the Club Activ Challenge at the Robertson Town Hall. More details will follow.

Tiende WWW verloop goed

Die afgelope naweek se Wacky Wine Weekend (WWW) was ’n reuse-sukses ten spyte van nat en koue weer. Dit was die tiende Wacky Wine Weekend wat aangebied is deur Robertson Wynvallei.

Elizma Botha, bestuurder van Robertson Wynvallei, sê die voorlopige terugvoering van kelders is baie positief. Daar was geen groot klagtes of insidente nie en Botha sê dit wil voorkom asof die nat weer Saterdag nie mense afgeskrik het nie. Botha rapporteer dat die meeste

kelders baie gaste ontvang het met drie kelders wat ekstra paspoorte aangevra het. Terugvoering van gaste is positief en dit wemel op Facebook en Twitter van foto’s en opmerkings oor die Wacky Wine Weekend. Botha sê dit blyk asof dieselfde aantal of selfs meer mense by vanjaar se WWW was, in vergelyking met 2012. En terwyl talle gaste nog herstel van die fees, is Robertson Wynvallei reeds besig met die reëlings vir hul volgende wynfees, Robertson Slow wat in Augustus plaasvind.

HEAD TO HEAD: Thembani “the Sweetboy” Mgoqi will compete against Columbus “the Time Bomb” Bhidla on Saturday.

7


8

General - Algemeen

Breederivier Gazette

Dinsdag 11 Junie 2013

Wacky Wine Weekend 2013

Andrew en Brian Chaplin van Locnville-faam het die Arabella-gaste vermaak met hul gewilde musiek.

Hester, Eddie en Danielle Conradie geniet gesinstyd tydens die WWW.

Vele besoekers aan die Wacky Wine Weekend (WWW) het die tradisie voortgesit om gumboots in allerhande modieuse kleure en patrone te dra. FOTO’S: DEON VAN DEVENTER

Burger le Roux en Matteus Kleinhans geniet ’n glasie wyn by een van die kelders.

Bekende omroeper Gareth Cliff vermaak gaste by Arabella as deel van die naweek se feestelikhede.

2413 EW 1C98Q1F50

Die kykNET-span was hard aan die werk om goeie beeldmateriaal van die fees te kry.

Esmarie Swart van Robertson Wynkelder skink wyn vir gaste om te proe.


Dinsdag 11 Junie 2013

General - Algemeen

Breederivier Gazette

9

Wacky Wine Weekend 2013

Bon Courage het die afgelope naweek gewemel van Wacky Wine-gaste.

2413 EW

2413 1C98QIK50

FOTO’S: DEON VAN DEVENTER

2413 EW 1C98LCV50

Cinette du Toit geniet die feestelikheid by die Klipdrift-tent.

Danie Niehaus (regs) geniet ’n drankie saam met vriende tydens die die fees.

2413 EW

Die Klipdrift-tent was vol gaste wat die Klip Inni-Bos-fees bygewoon het.

Die musiek-duo Locnville het ’n groot groep mense na Arabella gelok tydens die Wacky Wine Weekend (WWW). Hier is van die gaste ná die vertoning.


General - Algemeen

Breederivier Gazette

Dinsdag 11 Junie 2013

TE KOOP FOR SALE

NETBALTALENT: Mecayla Snyman (o. 13), Ro-Ann Fortuin (o. 12) en Emma du Preez (o. 13) van Laerskool Robertson is in die Langeberg-netbalspan opgeneem.

73

Diere en Voëls Pets and Livestock

11

In Memoriam

OPREGTE worshondjie vermis geraak, Sondag 10 Junie in Barrystraat 12. Beloning word aangebied indien hond gevind word. Skakel: 072 602 2648.

ALGEMENE DIENSTE GENERAL SERVICES

PRESTEER IN NETBAL: Lauren Adendorf, Deborah Brown en Heno-Lee Plaatjies van Hoërskool Montagu is in die Wes-Kaapse netbalspan opgeneem. BOLAND-RUGBY: CJ van Rensburg, rugbyspeler van Laerskool Montagu, is gekies vir die o.13 Boland-vyftiental. CJ gaan van 30 Junie tot 3 Julie aan die Nashua-week in Sasolburg deelneem.

08

FAMILIEKENNISGEWINGS FAMILY NOTICES 07 Gelukwensing Congratulations

ADENDORF MARINCIA Happy birthday. Stay as sweet, caring as always. May all your dreams be fulfilled. From family and friends. RAAI WIE WORD 1 OP 12 JUNIE?

2413 1C98LA050

10

ARENDSE JANAH Baie geluk met jou verjaarsdag. Ons is baie lief vir jou. Van: Mammie, Daddy, Logan & Wilbur en jou nanny Marshie.

Sterfgevalle Death Notices

GOLDSTEIN JAN Geb.17/08/1941Gest.31/5/2013 Begrafnisdiens vind plaas Saterdag, 15 Junie om 9vm by die huis in Boegoebosstr 16 en 1ovm in Rooms Katolieke kerk. Sal onthou word deur sy vrou en kinders.

KRAUKAMP HENDRIEKA (Drieka) Geb. 28/10/2934Gest.8/06/2013 Sag heengegaan op Saterdag 8 Junie 2013. Mamma sal altyd onthou word vir haar tere liefde, ontferming en opoffering teenoor ons as kinders, swaers, skoonsdogter, kleinkinders en agterkleinkinders. Ons sal die goeie wat Mamma nagelaat het vir altyd koester. Rus in vrede. Begrafnisdiens Sondag, 16 Junie om 10.30 vm by die huis en 1vm in die Methodister kerk, Mcgregor.

FONO JAN ANDRIES Aan die beste en waardevolste Pa. Dit is Pappa se eerste Vadersdag weg van ons in ’n leeftyd. Hoe graag wou ons nog Pappa hier gehad het, maar Pappa is veilig by ons Hemelse vader. die vermisting is groot nog elke dag, maar ons gaan voort met al die mooi herinneringe in ons harte. Die grappies van Pappa, al die sê-goedjies, die vermanings en al die liefde bly by ons altyd en ons strewe om Pappa eendag te sien. Baie liefde van u vrou, dogters, kleinkinders, uncle Johnny n gesin en die Fono-familie.

KRIEL HEIN Geb.13/6/1994Gest.8/11/1998 Ons groot seun sou 19 jaar gewees het en 15 jaar terug skielik uit ons lewens geruk. Nog altyd in ons gedagtes en harte en koester nog al die mooi herinneringe. Rus sag skollie! Liefde Pappa Hein & Mamma Amanda.

1141

Algemene Dienste General Services

KOM geniet die avontuur en ontspanning van perdry by die Robertson Ryskool.* Ons bied verskeidenheid van rylesse vir kinders en grootmense vir beginners en ervare ruiters *Outrides tussen die wingerde en langs die Breërivier * Wynproë op ‘n perd se rug of met die waentjie by Majors Hill en Springfield. * Perdrykampe vir kinders gedurende skoolvakansies * Mini kommando’s op Saterdae* Kinderpartytjies. Skakel ons gerus by 072 291 7631 of 082 402 7088.


Dinsdag 11 Junie 2013

Sport

Breederivier Gazette

11

Boland kies Young Good Hope­spelers Vier spelers van die Young Good Hope-rugbyklub in Ashton het die Boland se Presidentsligaspan gehaal. Die Boland het vanjaar ’n inisiatief begin om aan meer spelers wat aan die kleiner ligas deelneem, blootstelling te gee. Die president en bestuur van Boland het besluit om verteenwoordigende spanne vir die Eersteliga en Presidentsliga te kies. Ignatius Davids, die afrigter van Young Good Hope, is aangestel deur Boland as die hoofafrigter van Boland se Presidentsligaspan, sowel as gemeenskapsafrigter van die Langebergstreek. Die spelers wat gekies is, kry Boland-status. Mark van der Merwe, Eben Coert, Nesbin Julies en Alfriedo Prins is gekies.

Mark van der Merwe

Alfriedo Prins

Nesbin Julies

Eben Coert

Ignatius Davids (afrigter)

HOKKIEHELDINNE: Zelda Adams, Ronelle Kriel en Anri Uren van Hoërskool Robertson het Boland-kleure vir hokkie gekry.

2413 EW 1C98QA050

2413 RC 1C98QLF50

TAWWE TIENIES: Vier leerlinge van Robertson Ryskool en hul afrigter het die naweek van Saterdag 1 en Sondag 2 Junie gaan perdry op Ladismith as deel van ’n kommandouitdaging. Hul het die nat, winderige en yskoue weer aangedurf en ’n afstand van byna 40 km afgelê op Saterdag. Van links: Sunica Joubert, Anjé van Zyl, Careen Bosman (afrigter), Liescen de Kock en Chanté Lingenfelder.


Breederivier

Year 17 • 11 Junie 2013 | Tel. 023 626 5212

Weer kan nie Bonnievalers keer Van der Merwe en Van Zyl sal nou saam met Izak Arries, wat in afdeling A die botoon gevoer het, op 17 Augustus op Robertson aan die Boland-streekseindronde deelneem om ’n plek te probeer losspeel vir die eindronde, wat vanjaar weer in Oktober by Sun City beslis word. Volgens die klubbestuurder, “Vir ons sal dit fantasties wees Hennie van Wyngaard, het hulle as een of selfs meer van ons spegeweet die weer gaan hulle karlers kan deurgaan na die eindronnuffel. “Maar wat, ons het ’n paar verstellings aan ons afslaantyd Die wenners van afdeling A op Bonnievale in die de. Dit sal beslis ’n droom wees gemaak, gesorg dat daar baie Sanlam Kanker Uitdaagreeks is, van links, Du Toit wat vir hulle waar word, maar dit warm sop in die klubhuis is en Swart (derde), Izak Arries (eerste), Chris Basson is nie sommer net vir gaan wen gespeel vir dit waaroor die reeks (Sanlam-verteenwoordiger) en Nelius van Zyl (twee- op Robertson nie. Daar gaan baie goeie kompetisie wees en ons kan gaan. de). maar net duim vashou dat een “Ons het wel ’n paar spelers verloor weens die weer, maar ons het derskeidelik met 39 en 38 individuele van ons ouens die knoop kan deursteeds ’n goeie veld gehad en terwyl Stableford-punte afdelings B en C ge- hak,” sê Van Wyngaard. In afdeling A was Izak Arries eerdie reën ons op die ou einde gevang wen het. “Onder die omstandighede was dit ste met 36, Nelius van Zyl tweede met het, het die warm goedjies in die klubhuis darem daarvoor vergoed.” twee baie goeie tellings. Bonnievale 32 en Du Toit Swart derde met 25. In afdeling B was Quintin van der Terwyl die weer getier het, het se baan is een van die min nege putdaar darem ook hier en daar spelers jie-bane wat buiten die Bosveld so Merwe eerste met 39, Chad Rauch behoorlik aan die gang gekom en is baie doringbome het, en met die weer tweede met 35 en Hennie van Wyndaar ’n paar goeie tellings opgestel. wat ’n taamlike impak gehad het, het gaard derde met 35. In afdeling C was Dit was veral Quintin van der Merwe hulle besonder goed gedoen om daar- Chris van Zyl eerste met 38, Deon van en die klubkaptein, Chris van Zyl, die telling op te stel,” het van Wyn- Eeden tweede met 33 en Morné van Vuuren derde met 32. wat die oog gevang het toe hulle on- gaard gesê.

Die bibberweer in die WesKaap op Saterdag 1 en Sondag 2 Junie het nie in die Bonnievalers se pad gestaan om hul klubverpligtinge in die Sanlam Kanker Uitdaagreeks na te kom nie.

Die Hillside-potspelklub se lede is, agter van links, Willem Mouries, Brendon Maritz, Lee-Roy Moos en Gerald Otto. Voor is Gerovan Otto, die span-afrigter.

Hillside na potspel-eindronde Die Hillside-potspelklub van Robertson het deurgedring na die eindronde in die Noord-Boland Premierliga ná ’n naelbyt-oorwinning in die halfeindronde. Hillside het in die kwarteindstryd vir Wanderers van Worcester geklop met 13 punte teenoor 9. Daarna het Hillside ook in die halfeindstryd hul stem dik gemaak. Hillside het Super Assa-

sins van Worcester met 13 punte teenoor 12 geklop. Gerevan Otto, Hillside se groot spelskepper, het die wenpunt vir sy span aangeteken en is ook aangewys as speler van die wedstryd. Maar Otto sê die oorwinning was uiteindelik te danke aan ’n daadwerklike spanpoging. Die komende naweek pak Hillside die Breezers van Worcester in die finale ronde.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.