Breederivier gazette 11 nov 2014

Page 1

Breederivier

X1PE75XM-BZ111114

Year 18 • 11 November 2014 | Tel. 023 626 5212

www.bolandgazette.co.za

Bloedige nadraai van betoging HILDERINE SCHRÖDER

Terwyl sake-eienaars van Bonnievale verlig is dat die onlangse betoging in dié dorp nie met vandalisme gepaard gegaan het nie, is ’n varkboer hewig ontsteld nadat van die betogers die aand ná die betoging van sy diere geteiken het. Jacob Meyer is steeds verslae ná inwoners van Plakkerskamp, wat digby die varkhokke geleë is, ’n dragtige sog, wat binnekort na verwagting 10 kleintjies sou kry, die veld in gesleep en daar geslag het. Nog vyf sôe en ’n beer het steekwonde opgedoen. Volgens Meyer het hy vroeg die oggend, nog voor die onwettige betoging oor onder meer behuising, ’n dreigement ontvang dat sy varke geteiken gaan word. Volgens Meyer het hy die plaaslike polisie van dié dreigement verwittig, waar hy die versekering gekry het dat beamptes die diere sal bewaak. ’n Patrollievoertuig het ook later by sy huis aangedoen waar hy opnuut die versekering gekry het daar sal na sy diere gekyk word. “Ek het vir hulle (die polisie) gesê ek gaan by die hokke slaap om my varke op te pas, maar hulle het gesê dis nie nodig nie,” sê Meyer. “Toe ek die volgende oggend halfses by die hokke kom was dit net bloed. Die hokke was oopgebreek en my varke is gesteek,” vertel Meyer ontsteld. Volgens Meyer is dit nie die eerste keer wat sy diere geteiken word nie. “Dit het al ’n hele paar keer gebeur. As hulle nie my varke of kalwers doodmaak nie, steel hulle die

Jacob Meyer, van Bonnievale, is verslae ná betogers van Plakkerskamp verlede week een van sy varke doodgemaak het en verskeie ander, soos die een links voor, met messe gesteek het. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER hokke se plate af.” Meyer glo hy word geteiken omdat hy meer welgesteld as die inwoners van Plakkerskamp is. Volgens Meyer het hy die oggend

van die betoging reeds onder die betogers deurgeloop toe hy tussen hulle deurgery het om sy varke te gaan voer. “Hulle het die vragmotor met stokke en knuppels geslaan en die

een syspieël afgebreek,” vertel hy. Die betoging, sê Meyer, kan voor die deur van die polisie en plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum gelê word. Dít, volgens hom, omdat

hulle in die week voor die betoging verskeie kere met inwoners van Plakkerskamp vergader het en ook ’n brief aan die plaaslike munisipaliteit gerig het waarin hulle versoek dat die munisipaliteit met inwoners moet vergader om hul griewe aan te hoor. “Deur daardie brief het hulle eintlik vir die mense toestemming gegee om te betoog,” meen Meyer. Dié bewering word ten sterkste deur ao. Francois Niemand, waarnemende stasiekommissaris, ontken. “Ons het juis met die inwoners vergader in ’n poging om die betoging te verhoed,” sê hy. Niemand het bevestig Meyer het die polisie in kennis gestel dat hy dreigemente ontvang het. “Ons het die varkhokke gereeld gepatrolleer, maar in die lig van die situasie kon ons nie beamptes permanent daar sit nie.” Volgens Niemand het die voorval by Meyer se varkhok heel waarskynlik laat in die nag gebeur. “Die donkerte bemoeilik die situasie ook want selfs al patrolleer jy die area, val die mense bloot plat in die veld of hokke en is dit dan onmoontlik om hulle te sien.” Volgens Niemand word ’n saak van veediefstal deur die Swellendam-polisie ondersoek. Intussen het Lesley Beviss-Challinor, ’n inspekteur van die Wynland Dierebeskermingsvereniging, haar skok oor die voorval uitgespreek. “Dit is absoluut skokkend dat mense hul griewe op onskuldige diere uitgehaal het wat nie eens ’n manier gehad het om weg te kom nie. Dit is ’n uiters wrede aanval.”


2

General - Algemeen

Breederivier Gazette

Dinsdag 11 November 2014

) Flowers@Work by die Robertson-stadsaal. Navrae: 0 079 517 1852.

WOENSDAG 3 DESEMBER

EERSTE SATERDAG VAN ELKE MAAND ) Teetuin en oggendmark by die Robertsonmuseum se anneks (gebruik Le Rouxstraatingang). Navrae: 0 023 626 3681.

SECOND THURSDAY OF EACH MONTH ) Montagu Alzheimer’s Support Group meets at 15:00 in the bottom lounge of Huis Uitvlucht, Montagu.

) Herleef wyle Koos du Plessis se stemmingsvolle musiek met Jannie du Toit se optrede by Wolfkloof. Die vertoning begin reeds om 19:00. Kaartjies: R120 (sluit ’n ligte ete in). Navrae: 0 074 339 5008 of 2 info@wolfkloof.co.za.

VRYDAG 5 DESEMBER ) Buitelug-Kerskonsert met Francois en Elizabeth Fourie by Robertson Voorbereidingskool.

SATERDAG 6 DESEMBER

) Die film Zorba the Greek word om 18:30 vir 19:00 by die Robertson-museum se anneks vertoon. Verversings sal vooraf bedien word. Navrae: 0 023 626 6622.

) Die Breederivier Gazette bied om 17:00 ’n gospelkonsert met plaaslike kunstenaars en die Dumisani-gospelgroep as gaskunstenaar by die Langeberg Sekondêr se skoolsaal aan. Deure maak reeds om 16:15 oop. Kaartjies: R40 vir volwassenes, R20 vir kinders. Beskikbaar by die Gazette se kantoor. Navrae: Annelda Grootboom, 0 023 626 5212 of 076 677 5686.

SATERDAG 15 NOVEMBER

DONDERDAG 25 DESEMBER

) Klub 8 hou sy jaarlikse dans in die Robertson-stadsaal. Navrae: 0 084 626 1193.

) Kersfees-buffet by Bon Cap. Navrae: 0 023 626 6622. Valleikalender: 0 023 626 5212 of 2 gazette@breede.com.

VRYDAG 14 NOVEMBER

DONDERDAG 27 NOVEMBER

Die Herberg Kinderhuis het ’n welkome hupstoot gekry danksy die Robertson Vryburgers se jaarlikse duiweveiling. ’n Tjek van R54 200 is aan die kinderhuis oorhandig.

Herberg kry hupstoot

geïn is. Die formaat van die veiling is soortgelyk aan ’n perdewedren met die duiwe wat die volgende oggend in Modderrivier losgelaat is. Die eerste 10 plekke verdien 50% van die wins wat tydens die veiling ingesamel is, met die res, altesaam R54 200, wat aan Herberg geskenk is. Dié geld sal aangewend word om die kinderhuis se koelkamer te vervang. Vanjaar se wedvlugwenner was Francois Bruwer, met Marianna Rossouw in die tweede plek en Dewald Jordaan wat die agterhoede in die derde plek gedek het.

Die Herberg Kinderhuis het onlangs ’n stewige hupstoot gekry danksy die Robertson Vryburgers se jaarlikse duiweveiling. Dié veiling, wat vanjaar vir die tiende keer aangebied is, is daarop gemik om geld in te samel vir plaaslike hulpbehoewende instansies. Die geleentheid is by Du Von buite Robertson gehou. Seremoniemeester Andries Vermeulen het gaste behoorlik laat skater. Gaste het by dié geleentheid die hand sommer diep in die sak gesteek. Altesaam R124 775 is ingesamel waarvan R104 000 deur die veiling self

Rooitapyt gepas vir Rooiberg ná 50 jaar van goeie wyn HILDERINE SCHRÖDER

Die Rooiberg-span klink ’n glasie op 50 jaar van sukses

FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Dit was sommer ’n groot makietie toe Rooiberg Kelder onlangs sy 50ste bestaansjaar gevier het. Eie aan Rooiberg, was dit ’n see van rooi toe gaste op dié kelder se lowergroen grasperk verwelkom is met ’n rooi serp vir die Evas en rooi dasse vir die manne. By dié geleentheid het die kelder ook sy eerste Rooiberg Méthode Cap Classique bekend gestel en daarmee ’n glasie geklink op ’n halfeeu van groei en waardetoevoeging. In stede van lang toesprake is gaste getrakteer op ’n vertoning deur Zanne Stapelberg en Danie Niehaus wat almal in vervoering gehad het, veral met hul weergawe van Barcelona. Volgens Ignatius du Plessis, direksievoorsitter, is Rooiberg se sukses te danke aan ’n uithalerspan wat oor die jare nou bande gesmee het en uiters goed saamwerk. Rooiberg se sukses, het Du Plessis ook gesê, is gebou op ’n droom wat 50 jaar gelede

begin het en vandag steeds daar is: die produksie van uitstekende wyne. Van sy beskeie begin as produsentekelder 14 April 1964 het Rooiberg se droom hom gelei na ’n privaatmaatskappy met 29 aandeelhouerlede (produsente) wat 20 plase bedryf en uitvoer na verskeie lande. Terwyl gaste op ’n watertand-vingerete getrakteer is, is die media na die nabygeleë Orange Grove waar hulle saam met Rooiberg se wynmakers kon kuier en meer leer oor die suksesresep van dié kelder se wyne. Orange Grove, ’n produsentelid van Rooiberg, kan self breëbors loop nadat hy by die tweede jaarlikse Lilizela-toekennings bekroon is vir uitnemendheid. Dié gasteplaas het weggestap as die wenner van die beste Vierster Selfsorg-deelvakansie in die akkommodasie-kategorie. Die mediageselskap het by Orange Grove oorgeslaap en is ook getrakteer op ’n rit na ’n uitkykpunt waar hulle die natuurskoon kon geniet en getrakteer is op skemerkelkies.

X1PE74FR-BZ111114

X1NR0U3W-BZ111114

X1PE74N1-BZ111114

X1PE73NR-BZ111114


Dinsdag 11 November 2014

News - Nuus

Breederivier Gazette

3


4

News - Nuus

Breederivier Gazette

Dinsdag 11 November 2014

Protea in dag beroof

UIT DIE BOONSTE RAKKE! Die Church Lads & Girls Brigade van All Saints het onlangs op Bredasdorp aan die jaarlikse dril- en orkeskompetisie deelgeneem. Met deelnemers van so ver as Portlands en Ocean View wat elke jaar vir strawwe kompetisie sorg, was die span van Robertson vasbeslote om sy beste voetjies voor te sit en dít het hy beslis gedoen. All Saints, wat die verdedigende kampioen was, het aan 20 afdelings deelgeneem en het met 17 eerste plekke, twee tweede plekke en een derde plek teruggekeer huis toe. Die seuns en meisies van All Saints bedank almal wat ’n bydrae gelewer het tot hul deelname aan die kompetisie sowel as die hoof en beheerliggaam van die Vergesig Primêre Skool wat sy sportterrein beskikbaar stel vir die span se voorbereiding vir die kompetisie.

HILDERINE SCHRÖDER Die Robertson-polisie ondersoek ’n saak van besigheidsroof ná die Protea Superette Woensdag 5 November helder oordag beroof is. Volgens die winkelassistent Vincent Mchocho, oorspronklik van Malawi, was hy alleen in die winkel toe twee mans omstreeks 15:45 die winkel ingekom het. Hy het gedink hulle is klante tot hy opgemerk het dat een met ’n mes gewapen was. Dié man, sê hy, het om die toonbank na agter gekom, die mes omhoog gehou en geld geëis. Mchocho (30) het die boef se arm vasgegryp en met hom begin stoei in ’n poging om die mes af te vat. Gedurende dié tyd het die man se makker ook om die toonbank gekom en hulle het Mchocho saam oorrompel. Hy het na ’n nabygeleë winkel gevlug van waar die polisie ontbied is. Die boewe het met sowat R1 000 kontant, sigarette en selfoonlugtyd op die vlug geslaan. Gedurende dié tyd het ’n derde man die kans benut om by die winkel in te glip en onder meer pakke vol koekies te steel. Volgens lt. Cynthia Ndabeni, woordvoerder van die Robertson-polisie, is een verdagte reeds in verband met die voorval in hegtenis geneem.

Die Protea Superette in Wesleystraat, Robertson, is verlede Woensdag helder oordag beroof. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Stuur jou foto’s in vir Gazette se kalender Die Gazette se jaarlikse muurkalender word binnekort uitgegee en plaaslike fotograwe het die geleentheid om een van hul foto’s op dié kalender te sien pryk. Die A3-grootte kalender sal op glanspapier van gehalte gedruk word. Die eerste ses maande van die jaar sal aan die een kant verskyn, met Julie tot Desember op die keersy. X1PEBPXH-BZ111114

X1PEBQB1-BZ111114

Die twee wenfoto’s wat op die kalender gebruik sal word, moet iets van die Langeberg – sy mense, natuur of besienswaardighede – uitbeeld. Om in te skryf, stuur hoëresolusiefoto’s, met jou naam, na zelda@breede.com. Deelnemers mag hoogstens twee foto’s inskryf. Die wenfoto’s sal in die Gazette aangekondig word.


Dinsdag 11 November 2014

News - Nuus

Breederivier Gazette

5

DBV lê klagte teen perde-eienaar HILDERINE SCHRDÖDER Die Wynland Dierebeskermingsvereniging (DBV) het verlede week ’n amptelike klagte van diereverwaarlosing teen ’n vrou van Robertson gelê nadat sy, volgens hulle, nie ag geslaan het op waarskuwings om dringend aandag te gee aan die kondisie van haar perde nie. Die DBV, sê Caroline Fitzgerald ’n inspekteur by die DBV, het Marlese Groenewald die eerste keer in April vanjaar gewaarsku dat haar agt perde maer daar uitsien en meer voer, of alternatiewelik die aandag van ’n veearts benodig. Aanvanklik, sê Fitzgerald, het dit gelyk of daar ag geslaan is op dié waarskuwing, maar met ’n onlangse besoek het die perde se kondisie, sowel as dié van hulle weikamp, veel te wense oorgelaat. Sedert die DBV se eerste waarskuwing is die agtstuks perde van die Roodehoogte-area na die plaas Goedemoed, met wie se voormalige huurder Groenewald ’n huurooreenkoms gehad het, verskuif, sê Fitzgerald. Volgens haar het die DBV ook in Oktober ’n mondelinge waarskuwing aan Groenewald gerig met twee skriftelike waarskuwings wat verlede week gevolg het. Die DBV is veral bekommerd oor twee van die perde wat baie maer is. Dié twee perde is intussen verlede week glo na ’n nuwe eienaar in die Ceres-area geneem. In reaksie op die DBV se aantygings sê Groenewald ses van die agt perde is gesond en lyk goed. Die swak kondisie van die twee waaroor die DBV bekommerd is, het sy bygevoeg, is daaraan te wyte dat albei perde vroeër vanjaar ernstig siek was – een met bosluiskoors en die ander met perdesiekte. Dít het grootliks daartoe bygedra dat hul toestand geweldig daaronder gely het. Die situasie, sê Groenewald, is vererger deur die feit dat daar vir bykans twee maande geen hooi- of lusernbale in die streek beskik-

X1PEMWWR-BZ111114

Die Wynland Dierebeskermingsvereniging het die eienaar van dié perde van diereverwaarlosing aangekla.

FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

baar was nie. In dié tyd het die perde konsentraat gekry om hul kondisie te verbeter. Die perde word steeds elke dag gevoer, aldus Groenewald. ’n Plaaslike veearts wat al agt perde onder oë gehad het, sê veral die kondisie van die twee perde wat intussen glo na ’n nuwe eienaar is, is kommerwekkend. “Ek sou hulle een uit vyf gee. Die ander perde is ook maer. Hulle sou ek so twee uit vyf gee,” was sy mening. Hoewel die perde wat vroeër siek was se kondisie hierdeur beïnvloed kon wees, is hy nie oortuig dat dit in dié geval die enigste rede is nie. “Ek dink die meer waarskynlike rede is dat hulle eenvou-

dig nie genoeg kos gekry het nie.” Dat haar perde nie genoeg voer kry nie, word ten sterkste deur Groenewald ontken. Sy benadruk dat die diere elke dag voer kry. Sy ontken ook dat die DBV al meer as een waarskuwing aan haar gerig het. “Ek het net een waarskuwing ontvang en het sedertdien alles moontlik gedoen om die perde te kry om kondisie op te tel, maar die DBV het nooit na vore gekom met enige raad op ondersteuning nie. Ek moes elke keer iets probeer en as dít nie werk nie, iets anders probeer doen.” Dié aantyging word deur die DBV ontken. Volgens Fitzgerald het die DBV wel probeer om Groenewald raad te gee. X1PELV1D-BZ111114


6

Breederivier Gazette

News - Nuus

Dinsdag 11 November 2014

Robertson Vloerdienste vir topgehalte produkte

Robertson Vloerdienste is net die plek om aan te klop as jy jou huis se vloere ’n tweede asem wil laat gee.

Goeie vakmanskap, uitstekende diens en gehalte produkte is die rede waarom Robertson Vloerdienste, met eienaars Jacques en Vania Jordaan, vandag een van die suksesvolste ondernemings is. Personeel wat nagenoeg 30 jaar ondervinding het in die matbedryf en installering daarvan, verrig hierdie taak met gemak op enige oppervlak in samewerking met boukontrakteurs, argitekte of bied individuele tegniese advies aan huiseienaars, hetsy nuut gebou of tydens restourasie. Met ’n rits tevrede kliënte in die gastehuisen hotelbedryf asook privaat huishoudings, word Robertson Vloerdienste daagliks genader, van plaaslik kliënte tot ’n radius van 300 km na buite areas soos Swellendam, Barrydale, Witsand en Struisbaai. ’n Wye verskeidenheid van vloerbedekkings is beskikbaar insluitend gekussingde viniel (cushioned vinyl) met moderne weergawes in houtafwerking en pragtige gelamineerde houtvloere wat duursaam is en maklik skoongemaak kan word. Nog ’n produk, Tuff Floors, is veeldoelige rubbermatte wat inmekaar pas en gebruik word by oppervlaktes soos storte of as bakkie matte. Dit is beskikbaar in verskillende diktes, kleure en groottes. Met ’n aanvraag na omgewingsvriendelike produkte, verkoop en installeer Robertson Vloerdienste ook kurkvloerteëls, Coir-, Juteen sisalmatte en bied professionele raad aan met die skoonmaak en versorging daarvan. Matte kan na die kliënt se wense in groottes gesny word en omgestik of omboorsel kry of as ’n volvloermat gelê word. Van die bekende handelsname in vloerbe-

dekking, waaronder Van Dyck, Nouwens en Belcotex, is by Robertson Vloerdienste beskikbaar. Nagemaakte grasperke in ’n verskeidenheid kleure en kultivars wat net soos die ware Jakob lyk word nou gewild, nie net by tuistes en besighede met beperkte buite-areas nie, maar ook as ’n manier om kinderkamers op te helder. Indien jy verhuis, is dit nie nodig om ’n nuwe mat na gelang van die oppervlak te lê nie, Robertson Vloerdienste doen sommer die verstellings volgens jou behoeftes. En dan is daar ’n groot verskeidenheid los matte, lopers en deurmatjies wat regtig die grondvoete uithou. Die onderneming se sukses, meen die Jordaans, is alles te danke aan die werkspan Randall Jacobs (met 35 jaar ondervinding), Julius Readien (33 jaar), Floors Fortuin en James Joseph, wat onlangs ná 31 jaar in die matbedryf afgetree het. Hierdie bekwame span het gesamentlik meer as 20 jaar ondervinding in die vloerbedekkingbedryf. Christa staan te alle tye gereed om kliënte by te staan of die administrasie te hanteer wanneer Vania bedrywig is met kwotasies. Nog ’n filiaal van Robertson Vloerdienste is Cara lee Linne wat Volpes, EHf en Horrocks 100% katoen bedde- en linnegoed aanhou. Van die vernaamste kliënte is gastehuise en hotelle asook huishoudings wat gehalte en weelderigheid in linne waardeer. ’n Reeks eksklusiewe muurpaier en duursame dekoratiewe muurplakkers is ook reeds ’n gewilde produk. As gehalteprodukte vir jou belangrik is, is Robertson Vloerdienste in Kerkstraat, oorkant AH Marais, die eenstoponderneming waar jy kan aanklop.

WENSPAN: Robertson Vloerdienste se vriendelike span staan te alle tye gereed om kliënte van kundige raad asook voorslagdiens te voorsien. Van links is Julie Readien, Randal Jacobs, Floors Fortuin, Jacques Jordaan, Vania Jordaan en (inlas) Christa Pienaar.

X1PE6BN1-BZ111114

AAAAAA-BZ111114


Dinsdag 11 November 2014

News - Nuus

Breederivier Gazette

7

MAAK MOOi: ’n Verskeidenheid los matte en linne is beskikbaar in die vertoonlokaal. PERFEK GELEË: Jy hoef nie na Worcester of die Kaap te ry om ’n wye verskeidenheid vloerbedekkings en ander toebehore te kry nie. Robertson Vloerdienste is op die hoek van Kerkstraat en Dennelaan geleë.

UITNEMENDE KUNDIGHEID: Robertson Vloerdienste se knap span werkers wat al dekades se ervaring tussen hulle het, sal sorg dat jou nuwe matte of vloerbedekking in ’n oogwink gelê word.

VERSKEIDENHEID IS KONING: By Robertson Vloerdienste kan kliënte kies tussen ’n magdom produkte met al die toonaangewende handelsname wat hier onder een dak bymekaar is.

GRASPERK SONDER SUKKEL: Hou jy van die gevoel van gras onder jou voete, maar het nie die tyd om ’n grasperk te versorg nie? Dan is die nagemaakte grasperke wat by Robertson Vloerdiente beskikbaar is nét die ding vir jou. Nie net lyk en voel dit na die ware Jacob nie, jy kan boonop ook kies tussen ’n wye verskeidenheid kultivars en kleure. PRET MET PLAKKERS: Kikker enige vertrek op met dié prettige en duursame muurplakkers.

X1PE74R5-BZ111114

NUWE ASEM: By Robertson Vloerdienste is daar ’n wye produkreeks beskikbaar om jou ou vloere wat dalk beter dae geken het te omskep in een waarmee jy by jou gaste kan spog. X1PE75M9-BZ111114

X1PE75J5-BZ111114

X1PE6C8R-BZ111114


8

Letters - Briewe

Breederivier Gazette

Dinsdag 11 November 2014

Hoekom moet betogers almal verontrief omdat regering gebrekkige diens lewer?

Dít is boewery Deur die eeue heen het mense hul dikwels tot betogings gewend om hul griewe te lug en hul stemme te laat hoor. Dikwels het betogers ’n geldige punt en kan mens verstaan waarom hul geduld breekpunt bereik het, maar wanneer mense hul woede op weerlose diere projekteer, verander die spel en verander jou simpatie vir die betogers in skok en weersin. Vir ’n kleinboer van Bonnievale sal die onlangse betoging op dié dorp altyd met ’n wrang smaak in die mond laat ná ’n dragtige sog wreedaardig doodgemaak is en verskeie ander varke met steekwonde gelaat is. Van die mense wat vroeër die dag betrokke was by die betoging was na bewering hiervoor verantwoordelik. Waarom enige mens hom tot dié soort optrede wend gaan die verstand te bowe. Buiten die lyding wat dié diere moes beleef, word iemand wat met die betogers se griewe niks te make het nie, van sy brood en botter ontneem. Sou dié aanval gedryf wees deur honger, of is dit bloot die werk van hartelose boewe? Dít is ’n ope vraag, veral as daar in ag geneem word dat dié kleinboer al voorheen geteiken is. Daar word dikwels gesê ’n samelewing kan geoordeel word aan die wyse waarop hy diere behandel. As dit vir mense so maklik is om diere te verniel soos in dié geval, behoort dit een en almal tot kommer te stem. Ons het almal ’n plig om op te tree teen diesulkes wat hulle skuldig maak aan dieremishandeling. Dit is ’n opvoedingstaak wat op ’n vroeë ouderdom moet begin. Kweek by ’n kind ’n verantwoordelikheidsin aan en die stryd is reeds halfpad gewonne.

Ek is een van waarskynlik talle mense wat deur die onwettige betoging op Bonnievale geraak is. Vroegoggend wou ek gou vir ’n vriendin gaan kuier, maar moes toe weer omdraai ná ek meegedeel is dat niemand deurgelaat word nie. Dít omdat ’n klomp mense hulle weer tot wetteloosheid gewend het. Ek kan nie hierdie tipe mentaliteit verstaan nie. As mense tog net ’n slag saam om ’n tafel wil sit en dinge uitpraat, maar dít, lyk dit vir my, is onmoontlik. Hoekom weet nugter! As mense onwettig betoog het mense dadelik minder simpatie met hul saak. Hoekom moet ander mense verontrief word omdat een groep mense kwaad is vir die owerhede? Besighede se deure was toe en mens kon vir ure nie in Bonnievale inkom nie. Vir wat?! Ek kan verstaan dat mense moeg gewag is vir huise, moeg is vir swak dienslewering en desperaat is vir meer werksgeleenthede, maar hoekom word dit op só manier gekommunikeer en hoekom moet onskuldige mense ook onder hul optrede ly? Vat maar die een man wie se motorruit uitgegooi is. Hy het met die betogers se stryd níks te make gehad nie. Hy was waarskynlik net op pad na sy werk toe. Sy belastinggeld help betaal vir die dienste, al is dit

hoe gebrekkig, wat aan die betogers gelewer word. Dat hy die slagoffer moes wees van hulle gramskap is myns insiens bitter onregverdig. Dan moes ek nog in verlede week se koerant lees dat die betogers die herrie in was vir die polisie wat glo met rubberkoeëls op hulle geskiet het. Wat moes die polisie dan nou doen? Handegevou staan en toekyk hoe daar klippe gegooi word. Ek sou beslis presies dieselfde gedoen het as ek die polisie se skoene was! Oor een ding haal ek darem my hoed vir die betogers af: dat hulle nie kinders wat op pad was skool toe verhoed het om deur te gaan nie. Kan jy jou indink hoe ’n matrikulant wat op pad was na sy of haar eksamen sou gevoel het as hulle nie by die skool kon uitkom nie. Al daardie voorbereiding sou dan verniet gewees het! So, dankie aan die betogers dat hulle darem die kinders in ag geneem het. Ek lees dat daar dreigemente gemaak is dat die dorp gaan brand indien daar nie vinnig antwoorde op die betogers se eise gegee word nie. Ek bid dat dit nie die geval sal wees nie en dat kalmte sal heers aan alle kante. Kan al die partye nie maar eerder soos volwassenes om ’n tafel sit en die kwessies uitpraat nie?

MARTIE, Robertson

Francis van Zyl

Van Loveren die mooiste plaas Vra hul waar ek woon, sê ek die plaas wat daar langs die Breërivier stroom. Vra hul wat ek sê, vertel ek waar Van Loveren lê. Dis groen, dis rooi, dis kannas, rose, alles tog so mooi. Dis kindertjies wat lag en huil langs die Breërivier kuil. Vra hul waar hul moet ry, sê ek langs die mooi Bonnievale-vallei Vra hul wat daar is, sê ek dis harde werk met ’n lus – kom kyk gerus! Appelkose, druiwe, eiervrug en op die einde is almal tuis, sonder twis. Van Loveren se mense kan maar raas, want hulle weet dis die mooiste plaas. Ek is bly omdat ek daar is en met die kleuters voel ek altyd gerus.

FRANCIS VAN ZYL

) ’n Emmer soetwyn vir die Robertson-inwoners wat my hond gevind het by die Shell-vulstasie tydens die donderweer op 3 November. (Die “wolkmonsters” het hom totaal op hol gejaag!). Baie dankie vir jul oproep, tyd en goedhartigheid. Dit herinner my net weer hoe wonderlik Robertson(ners) is! Baie dankie! – Lana en “Koedoe”.

BEJAARDES BEDERF: Huis le Roux op Robertson was onlangs ’n see van blomme tydens sy jaarlikse Lentebyeenkoms. Dié geleentheid word reeds vir meer as 50 jaar deur die Agterkliphoogte- en Le Chasseurwyk gehou. Al die vroue van hierdie twee valleie werk saam om vir blomme, eetgoed en ’n vermaakitem te sorg. Toe daar nog ’n plaasskool was, is die item deur die skoolkinders gelewer. Vanjaar het die Robertson Community Brass Band vir die vermaak gesorg en menige oë was effe betraand terwyl gewyde liedere gespeel is. Die ligter liedjies het gelukkig ook vir ’n ligte luim gesorg en die voete erg laat jeuk. Dit geleentheid word beskou as ’n liefdesdiens en ’n dankie-sê-manier vir alles wat die ouer garde vir ons jonger geslag geleer, beteken en nagelaat het. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

) Wat word gedoen aan Paul Krugerstraat wat gebruik word as ’n renbaan? Kinders speel in die straat en voertuie wat jaag hou ’n gevaar in vir almal wat dié straat gebruik. ) Bid saam vir boere vir goeie oeste, goeie reën en vrede. Dankie vir die ondersteuning in gebed. “Psalm 69:34: Let the heavens and earth praise Him, along with the sea and its swarming creatures.”

Rubriek

Swaarkry kweek volharding, aanhouer wen Dis die tyd van die jaar wat ek sukkel om myself uit die bed te kry en ek glo ook baie ander. Jinne, dis regtig asof my brein ’n SMS na my liggaam moet stuur en sê: Vasbyt, dis nie meer lank dan kan jy rus. Maar soos ek uit die bed klim wonder ek oor die woord vasbyt. Dit sit my aan die dink in hoeveel moeilike situasies ek al was waar ek my self moes sê vasbyt die einde is in sig. Dit is gewoonlik nie maklik nie maar deursettingsvermoë het my gehelp om deur te druk. Ek onthou nog so vyf jaar gelede was ek so moedeloos in dié werksopset, als wou net nie uitwerk nie en dit het gevoel ek maak net foute. Dis waar ek op ’n dag besluit as ek vandag weer ’n fout maak gooi ek my handsak oor my skouer en stap huis toe. Want, sê ek vir myself, dis nie

die moeite werd om soos ’n verloorder te voel nie. Voor ek nog kon dink om sakkie te vat, praat ’n stem uit my binneste so duidelik met my wat my tot stilstand roep. Dis asof ek daai oomblik vir my foute terug grom en net daar besluit wat ook al gebeur, fout of nie, als is ’n leerproses en herinner my ook daaraan dat Rome nie in een dag gebou is nie. En nou kyk ek terug en lag oor my foute en besef as ek daardie dag moes stap ter wille daarvan sou ek nie in die kennis en suksesse tot dusver kon deel nie.

Tog, in baie gevalle, sien en ervaar ek wanneer die wind net op sy sterkste waai of waar ons te veel stampe en stote in die lewe kry, dan wil ons padgee of tou opgooi. Maar in plaas van tou opgooi kan ons net vasbyt en die resultate sal wys. Daar is ook een ding wat ek opgelet het is dat mense wat dit maklik gehad het in die lewe nie regtig die resep van vasbyt ken nie. Vasbyt het my geleer om tot die uiterste te gaan en aan te hou. Want swaarkry kweek volharding en ’n aanhouer wen mos altyd of hoe?


Dinsdag 11 November 2014

News - Nuus

Help police this season With the festive season fast approaching, the Robertson police are appealing to the community to stand together to ensure their own safety as well as the safety of the area this season. To assist in the fight against crime, the police have issued the following safety tips: ) Know the number of your local police office, 023 626 8340, along with all the other emergency numbers. ) Always tell someone where you are going. ) Do not display valuables such as cellphones or jewellery in public. For children to be less vulnerable to dangerous situations they must: ) Not be alone at home or elsewhere where they can become victims of abuse, alcohol and drugs. ) Be taught to keep the doors locked and windows shut. ) Know their parents’ and the police’s contact numbers. ) Know their home street address and that its okay to say no when they are faced with uncomfortable situations. Parents or caretakers of children must: ) Be responsible for their children and ensure their safety at all times. ) Keep an open line of communication and trust between them, their children and the school and know their children’s friends. ) Know that there is no waiting period to report a person as missing. ) Keep a close eye on their children at swimming pools, beaches or busy shopping centres.

X1PEMXKM-BZ111114

AAAAAA-BZ111114

Breederivier Gazette

9


10

Geklassifiseerd

Breederivier Gazette

FAMILIEKENNISGEWINGS

ALGEMENE KENNISGEWINGS

SAKE

STERFGEVALLE

GEMEENSKAPSKENNISGEWINGS

DIENSTE

1005

1210

2420

Dinsdag 11 November 2014

Dansers aan die Robertson Dance Studio woeker tans om geld in te samel ná 18 van hulle gekwalifiseer het om volgende jaar hul land by ’n internasionale danskompetisie in Kroasië te verteenwoordig.

Robertson-dansers se sterre skitter helder

SAMEUL KIEWIETS Hiermee neem ons afskeid van 'n geliefde broer en pa Sameul Kiewiets (Boesaka). Roudiens vind plaas Donderdag 13 November 2014 om 19h00 te Sainsburystraat 25. Begrafnisdiens vind plaas Sondag 16 November om 12h00 by die huis en 13h00 te Rooms Katolieke Kerk. Sal onthou word deur sy 2 susters Tina en Elise, en twee seuns Clyton en Tyron Samëul.

ZELDA KLOPPERS Konsertgangers wat verlede Vrydagaand 7 November Robertson Dance Studio se jaarlikse konsert, 3 Decades of Dance, bygewoon het, is waarskynlik steeds oorweldig deur die puik vertoning wat op die planke was.

TE KOOP

ELEKTRONIES & DIGITAAL

EIENDOMME

1625

COMPUTER SPECIALS. Pentium 4's from R1299,00. Refurbished with warranty. Call Dolf Uys 072 705 8577.

IN MEMORIAM 1015

TE KOOP 3201

STOOR - Portaal raam konstruksie 128vkm 16m x 8m x 4.5m 200IPM. Dak en sykante - Zinc Alume 0.47 Kontak: Rina 0823757154

KOKER EVA 9 November 2014 was u 1 jaar weg van ons, ons mis jou baie. Van skoondogter, 3 kinders en 8 kleinkinders. GELUKWENSINGS

Nadat die dansskool se dansers verlede jaar uitstekende prestasies in hul items by die Montagu Jeug Kunstefees behaal het, het Marcelle Rosser, dansafrigter en eienaar van die dansskool besef dat haar dansers nou gereed is om saam met die groot poppe te dans. Hulle het in November verlede jaar aan die WP Ope-dansuitdunne deelgeneem en al 14 dansers het gekwalifiseer vir WP-kleure en ook die Westelike Provinsie by die Suid-Afrikaanse kampioenskap vir uitvoerende kunste in Rustenburg verteenwoordig. Hiér het hul 72 medaljes en sertifikate losgedans en is hulle gekies om aan die spogvertoning (showcase) deel te neem. Rosser se voorgevoel was toe in die kol! Al 14 dansers het kwalifiseer om SuidAfrika in Julie vanjaar by die wêreldkampioenskap vir uitvoerende kunste in Los Angeles te verteenwoordig. Sou hulle hiér deelgeneem het, sou hulle hul SA kleure verwerf het. Die droom om oorsee te gaan deelneem is egter weens die astronomiese koste – R100 000 per danser – verydel. Dié dansers het hulle egter nie deur dié

teleurstelling laat onder kry nie en by die Montagu Jeug Kunstefees in Augustus vanjaar het hulle opnuut die titels ingeryg. Hulle het dieselfde gedoen by die Suid-Afrikaanse been van die Dance Star-kompetisie wat verlede maand in die Artscape-teater in Kaapstad gehou is. Buiten al die medaljes en sertifikate het Robertson Dance Studio ook die trofee vir die dansskool met die hoogste standaard van items wat gelewer is, opgeraap, asook die trofee vir beste vroulike danser tydens die kompetisie. Intussen het die oorspronklike 14 dansers vermeerder na 18 van die bestes wat opgeneem is in die Suid-Afrikaanse span wat die land in Mei 2015 by die World Dance Masters-kompetisie in Kroasië gaan verteenwoordig. Bykans 4 000 van die beste dansers van 28 lande gaan hier deelneem. Hul deelname aan dié kampioenskap is ’n groot geldelike uitdaging vir dié groep dansers, maar hulle laat hulle nie hierdeur onderkry nie en is saam met hul ouers hard aan die werk om die nodige geld in te samel. Kaartjieverkope vir hul vertonings is een van vele maniere wat dansers en hul ouers inspan om geld in te samel, met verskeie ander projekte ook in die pyplyn. Die groep dansers is gereed vir groot dinge en staan beslis nie ’n aks terug vir groot akademiese dansskole wêreldwyd nie. Die steun van plaaslike instansies en ondernemings word hoog op prys gestel. Enigeen wat ’n bydrae tot die span se geldinsameling wil maak kan Rosser by 082 457 8581 bel.

Cantique-kamerkoor en Ewens Trio hou uitvoering

1030

PERSOONLIKE DIENSTE

CAROLUS JOHNWIN LUCHIAN. Raai wie word 1 jaar oud op 12 November LENINGS 2014. Geniet jou dag. Van 1445 mammie Lucricia en daddie Jonathan. LENINGS: tot R200 000. Konsolidasie. Dieselfde dag uitbetaling. Skakel Fiona 082 422 2271.

Die Cantique-kamerkoor sal op 3 Desember kragte saamsnoer met die Ewens Trio wanneer ’n eksklusiewe Franse Fauremusiekprogram uitgevoer gaan word in die NG Moederkerk op Robertson. Dit sal die eerste keer wees dat die Faure Requiem in Robertson uitgevoer word, boonop net met plaaslike kunstenaars. Die Cantique-kamerkoorlede is almal amateursangers onder leiding van Jaco Beeslaar, ’n plaaslike orrelis en musiekonderwyser. Die Ewens Trio is welbekend in die Vallei se musiekkringe. Hulle word verteenwoordig deur Phil en Barbara Ewens, albei afgetrede lede van die Kaapstadse Filharmoniese Orkes, asook Shane

Die Cantique-kamerkoor

Mundell as pianis. Die Faure-program sal begin met ’n paar korter populêre werke soos uitgevoer deur die Ewens Trio, waarna die Cantique-kamerkoor by hulle sal aansluit met die pragtige toondig Cantique de Jean Racine. Die aand word op ’n hoogtepunt afgesluit met Gabriel Faure se meesterlike Requiem in D mineur Opus 48. Die Requiem is deur Phil Ewens verwerk vir stryker duo, orrel en koor. Gabri van Zyl, ’n koorlid, sal die orrelbegeleiding behartig op die pas-gerestoureerde Rushworth & Dreaper-orrel. Die soliste is Chris Arnold (bariton) en Beanca Pieterse (sopraan).


Dinsdag 11 November 2014

Schools - Skole

Breederivier Gazette

11

MUSIKAAL: Die musiekleerders van Laerskool Koo het vanjaar besondere prestasies behaal. Dít sluit twee goue en nege silwermedaljes by die Montagu Jeugkunstefees, ’n dubbelgoue, goue en vier silwerdiplomas by die Ratem-eisteddfod en puik Unisa-uitslae in. Agter is Petro Rossouw, Liz Heyns, Zoë Hahndiek, Liesa Nieuwenhuis (hul musiekjuffrou) en Roelien Kershoff. Voor is Enrike Groenewald (Unisa gr. 3: 86%), Merize Burger (Unisa gr. 2: 76%) en Anneka Rossouw.

PRETKARAKTERS: Hoërskool Robertson se meisieskoshuis, Merwehof, het onlangs sy jaarafsluitingsfunksie gehou. Die meisies is gevra om as enige karakter van hul keuse aan te trek. Daar was van Mr. Bean tot twee bye te sien.

DAPPER TRAPPERS: Dieter Kotze (links) en John Rabie van die Laerskool Robertson het onlangs aan die Vryburgers se bergfietsresies oor 20 km deelgeneem. Die resies het 19:30 by die plaas Silver Oaks begin en almal moes met ligte aan ry. Wat dit so merkwaardig maak, is dat Dieter en John die enigste twee kinders onder die deelnemers was. Boonop het Dieter nog die volgende daag in Malmesbury aan ’n tweekampkompetisie deelgeneem waar altesaam 25 seuns in die o. 11-afdeling deelgeneem het. Dieter het ’n algehele tweede plek gewen. REDENAARS: Katinka Ellis van die Laerskool Robertson het aan die Radikale Redenaars in Robertson vir haar Afrikaans Eerste Taal deelgeneem. Hiervoor het sy 88% behaal en in die Eksperimentele Afdeling 90%. Sy het ook gaan deelneem aan die finale ronde in Centurion en nasionaal onder die top 5 geëindig.

SKEIDSREGTER VAN FORMAAT: Lecinda Uys, ’n onderwyser aan die Robertson Voorbereidingskool, het onlangs tydens Boland Netbal se jaareindgeleentheid in die Paarl die trofee ontvang vir beste vordering in 2014 as skeidsregter. Sy het van ’n C-gradering na ’n SA B+ gespring.

KASKARKONINGS: Die Laerskool Robertson is een van tien skole uit die area wat deelgeneem het aan die onlangse Tigereye Trading-waentjieresies. Oktobermaand is vervoermaand en die projek is aangebied om leerders meer bewus te maak van padveiligheid. Aan elk van die tien skole is ’n kaskar voorsien wat deur die skole self aanmekaar gesit en versier moes word. Die resies is op Laerskool Robertson se atletiekveld gehou. Johannes van der Walt, Teané Bezuidenhout, Carla Visser en Gerko de Kock van Laerskool Robertson het in die tweede plek klaargemaak.

TENNIS: Dié leerders aan Hoërskool Robertson (van links) Margarete van Eeden, Anke Barnard en Madri Conradie het die Noord-Boland-tennisspan by die Boland Platteland-toernooi verteenwoordig. Madri en Margarete het in die o.17-ouderdomsgroep deelgeneem, terwyl Anke in die o.19-groep was.

FAKKELDRAERS: Langeberg Sekondêr se fakkeldraers vir die jaar was (van links) Jody Maart, Nadia Ferus, Celesta Josias en John-dee Wehr.

NETBAL: Andrea Cloete en Sheree Nero van Langeberg Sekondêr was vanjaar in die netbalstreekspan.

BESTE SPORTMAN: Gerovan Otto is onlangs by die Langeberg Sekondêr se jaarlikse prysuitdelingsgeleentheid aangewys as dié skool se sportman van die jaar.

NETBALSTER: Angelique Meyer van die Hoërskool Robertson het by die skool se onlangse prysuitdeling die trofee ontvang vir die beste o. 16-netbalspeler. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

ATLETE: Dié leerders aan Langeberg Sekondêr het die Boland die afgelope jaar in atletiek en landloop verteenwoordig. Van links is Mabel Swarts, Johnerick Johnson, Michael Prins, Parane Lekay, Tobie Lewies, Felicia Pieterse en Demetrie Daniels.

VLUGBAL: Hierdie leerders aan Langeberg Sekondêr was vanjaar in die Boland-vlugbalspan. Van links is A-jay Herder, Jeandré Schippers, Jasmine Siljeur, Dricus Jacobs, Bernai Muller, Anestechia Absolom en Amore Arendse.

X1PEPWND-BZ111114


Breederivier

Year 18 • 11 November 2014 | Tel. 023 626 5212

Chennai Superkids sit vir U-Knights ore aan Die Robertsonse sagtebalkrieketspan Chennai Superkids is flink op pad om sy titel as 15 boulbeurte-kampioen suksesvol te verdedig ná hy die afgelope naweek korte mette gemaak het met U-Knights. Chennai’s het eerste gekolf en 121 lopies in sy toegelate 15 boulbeurte. Sy sterkolwers was die Cape Cobras speler, Ferisco Adams (62), en Maniel Adams (21). U-Knights het nie ’n antwoord ge-

BLITSRUGBY: Warm weer ten spyt, het vanjaar se Robertson Touchies wat Saterdag gehou is, vir groot pret en vermaak gesorg. Vir die tweede jaar agtereenvolgens was dit Oepse Daisies (verdedigende kampioen) en die Bloublitze wat mekaar in die eindstryd gepak het. Dié jaar het die kroon egter aan die Bloublitze gegaan wat sy opponent met 3-0 op sy neus laat kyk het. Die wenspan is (agter, van links) Anja de Kock, Handré Prinsloo (afrigter), Carina Burger, Jeanne-Mari Roux (puntemaker van die dag), Errol van Tonder (afrigter), Angelique Prinsloo en ds. Ken Prichard (organiseerder). Voor is Marijke Conradie, Enid Crous (kaptein) en Bianca Neethling.

had op Chennai Superkids se verbete boulers nie en word almal kleedkamer toe gestuur vir 68 lopies om aan Chennai’s ’n 54-lopie oorwinning te besorg. Ferisco Adams (4/28) en Brandon Erasmus (2/10) het Chennai’s se boulaanval gelei. Chennai Superkids, wat nog onoorwonne is in dié seisoen, kom dié Sondag 16 November in die finale ronde teen India te staan.

Robertson-krieket vat vlam Die Robertson-krieketklub het die afgelope naweek voortgebou op sy goeie vertoning die afgelope seisoen.

WENSPAN: Dié span, geborg deur Mimosa Lodge op Montagu, het koning gekraai by die Laerskool Montagu se gholfdag onlangs. Van links is Bernard Wiese, Selwyn Malgas, Simion Baartman en Mario Bruintjies.

Die klub se twee spanne het albei die naweek gereis vir hul wedstryde teen die Paarl en Ceres onderskeidelik. In die Paarl wen Robertson die loot en besluit hy om eerste te kolf. Die span word in sy eerste beurt almal uitgeboul vir 234.

Vir Robertson vaar D. Philmon (83), W. Abrahim (44), A. Philander (39) en E. van Stade (22) goed met die kolf. Paarl staan in sy eerste beurt tans op 103/4, met Z. Abrahim (2/21), F. Adams (1/20) A. Pekeur (1/12) wat die boulaanval lei. Die wedstryd word dié Saterdag voortgesit. Op Ceres kolf die tuisspan eerste en word almal uitgeboul vir 136. F. Lottering (22) en J. Zimiri (31) veg hard met die kolf. Vir Robertson trek G. Padiachy (5/39) en D. Micheals

(4/28) die paaltjies plat. Met sy beurt agter die paaltjies bereik Robertson die wentotaal van 137/4 in die 40ste boulbeurt. L. Williams (33*), M. Smith (20) en D. Micheals het behoorlik die wilgerlat vir Robertson ingelê terwyl J. Zimiri (3/19) vergeefs vir Ceres probeer veld wen het met die bal. Robertson se B-span speel Saterdag tuis terwyl die A-span weer na die Paarl moet reis om sy wedstryd voort te sit.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.