Breederivier Gazette 11 Sept 2012

Page 1

Breederivier

Year 16 • 11 September 2012 | Tel. 023 626 5212

Rosh Hashanah. The Gazette wishes all our Jewish readers and advertisers a happy New Year and well over the fast. River race: The South African Double Canoe (K2) River Championship kicked off on Saturday (September 8) in Robertson and finished the day in Bonnievale. The race continued on Sunday and finished outside Swellendam. A total of 500 contestants from around South Africa participated in the race. “The race, known as the Breede, has huge potential to develop into a great international race while involving the local communities,” says Anthony Penderis, race manager.

Langeberg het hoogste FAS-syfers DALEEN FOUCHÉ

U

it navorsing wat wêreldwyd oor fetale alkoholsindroom (FAS) gedoen is, is bevind dat vier dorpe in die Langeberg die hoogste aangetekende aantal kinders het wat met dié sindroom gediagnoseer is. Dié inligting is vervat in ’n vyfjaarstudie wat in 2008 begin is om die omvang van die sindroom te bepaal sowel as om die effektiwiteit van voorkoming te monitor. Die studie, wat aan die einde van die jaar ten einde loop, word deur die Universiteit van Stellenbosch (US), in samewerking met die Universiteit van NewMexico, gedoen en word deur die

Verenigde State van Amerika (VSA) befonds. ’n Totaal van 3 319 graad een- leerlinge van Robertson, Ashton, Montagu en Bonnievale is tydens diagnoseringstoetse vir FAS getoets. Voorlopige resultate het getoon dat tussen 94 en 130 kinders uit 1 000 (9% en 13%) met FAS gediagnoseer is. Op Wellington, waar die studie ook gedoen is, is daar ’n FAS-diagnose van tussen 6% en 9% uit ’n totaal van 1 663 kinders. Marlene de Vries van die US en projekkoördineerder, sê die studie wys op die “massiewe probleem” van FAS in die Langeberg. Sy verduidelik dat die sindroom veroorsaak word wanneer alkohol tydens swangerskap gedrink word. Volgens

Weer • Weather

haar veroorsaak dit breinskade by kinders en belemmer normale ontwikkeling. Sy sê voorts dat ’n kind met FAS dit moeilik vind om op net één bron van stimulasie te fokus. “Hulle het ook probleme met ab-

strakte konsepte soos reg en verkeerd, tyd en die oordrag van inligting van een situasie na ’n volgende.” De Vries sê dit is hoekom kinders met FAS maklik by kriminele en bende-aktiwiteit ingetrek word. Tog het die studie ook ’n posi-

tiewe bevinding tot gevolg gehad. De Vries sê navorsing daarop dui dat kinders moontlik in die toekoms op so jonk as twee-jarige ouderdom gediagnoseer kan word. “Hierdie moontlikheid is nog nie bewys of finaal nie, hoewel goeie vordering in daardie rigting gemaak is.” Tans word kinders oor die algemeen eers tussen vyf- en tienjarige ouderdom gediagnoseer. Sy sê die diagnose word op drie vlakke gedoen. “Daar word na die fisiese voorkoms gekyk, na intellektuele kapasiteit en ontwikkeling en die ma van die kind moet bevestig dat sy alkohol tydens swangerskap gedrink het.” De Vries sê die studie het ook gewys dat meeste ma’s dadelik ophou drink wanneer hulle uit-

DINSDAG / TUESDAY

WOENSDAG / WEDNESDAY

DONDERDAG / THURSDAY

VRYDAG / FRIDAY

Maks 22ºC

Maks 25ºC

Maks 20ºC

Maks 23ºC

vind dat hulle swanger is, maar dat swangerskap in baie gevalle eers op drie of vier maande bevestig word. Sy sê in baie gevalle gebruik vroue nog alkohol tot en met die tyd dat hulle uitvind hulle swanger is. “Dan is die skade reeds aangerig.” De Vries sê daar is nog baie mites oor FAS wat nek omgedraai moet word. Volgens haar is dit is ’n mite dat FAS slegs by die laerinkomste-groepe voorkom en die sosiale gebruik van drank by hoërinkomste-groepe ook ’n rol speel. De Vries beklemtoon die feit dat daar geen veilige hoeveelheid alkohol is wat tydens swangerskap gedrink kan word nie. “Selfs ’n klein hoeveelheid alkohol kan ’n kind beïnvloed.” . Meer op bladsy 3.

Naweek: Saterdag sal sonnig wees met ‘n maksimum van 30°C en op Sondag is daar ‘n 30% kans vir reën met ‘n maksimum van 16°C


2

Breederivier Gazette

Algemeen/General

Dinsdag 11 September 2012

Wen met Boerekos

Toerismemaand skop af in Robertson

DIE nuwe kostydskrif van Landbouweekblad genaamd Boerekos, is op die rakke en een gelukkige Breederivier Gazette-leser het ’n kans om ’n eksemplaar te wen. Dié tydskrif bevat bykans 200 van kosredakteur Arina du Plessis se beste resepte. Boerekos, wat kwartaalliks sal verskyn, is nou beskikbaar teen R40 by uitgesoekte Pick n Pay, Shoprite Checkers, Spar en sekere kontantwinkels. )) Een gelukkige leser kan ’n eksemplaar wen. Stuur bloot ’n e-pos met jou kontaknommer, naam en

DALEEN FOUCHÉ

)) Die Jouberthuis op Montagu sal nie, soos gewoonlik koffie en melktert bedien op die laaste Vrydag van die maand nie, maar sal wel op 22 September die dag hou teen net R20. Die geselligheid sal weer op die laaste Vrydag van Oktober en November aangebied word, maar nie in Desember nie. )) Enjoy a cup of coffee or tea with homebaked goods every Tuesday from 10:00 to 11:30 until October 30 at the Nature Garden in Montagu for only R15. ))The Montagu Village Market is held every Saturday morning from early un-

D

posadres, en die naam Breederivier Gazette in die aandagreël na cornelia.vdmerwe@landbou.com en beantwoord dié vraag: Hoeveel resepte is in Boerekos?

til 12:30 at the Euvrard Park, Bath Street. )) The McGregor Market takes place every Saturday from 08:45 on the corner of Voortrekker and Church Street. )) Stephan Welz will host an Antique Road Show at the Montagu Country Hotel on Friday, September 21. )) The Ride2Nowhere is a three day mountain bike stage race in McGregor and takes place from September 14 to 16. For more information, visit www.ride2nowhere.co.za. )) Die Montagu Makiti vind van 21 tot 24 September plaas. Vir meer inligting, besoek www.montagumakiti.co.za. )) Send your events to Daleen Fouché at gazette.breede.com.

IE Wynland Distriksmunisipaliteit se toerisme maand het op Robertson afgeskop het met die fokus op natuurlike hulpbronne en volhoubare toerisme. September word landwyd as toerismemaand gevier. Die tema vir die maand is Toerisme en Volhoubare Energie Skep Volhoubare Ontwikkeling. Die Distriksmunisipaliteit het die maand afgeskop met ’n praatjie oor plaaslike toerisme vir leerlinge van die Langeberg Sekondêre Skool en die Hoërskool Robertson op Donderdag (6 September). Die dag is deur die uitvoerende burgemeester van die Langeberg Munisipaliteit, rdl. Diana

Gagiano, afgeskop en rdl. Kobus du Plessis, portefeuljehoof van toerisme en ekonomiese ontwikkeling by die Wynland Distriksmunisipaliteit wat ’n praatjie gelewer het. Du Plessis sê daar is sewe temas in toerisme, naamlik die natuur, tradisionele landbou, kos, kultuur, besigheid, romantiese vakansies en troues en gesondheid en ontspanning. Hy het toerisme-operateurs aangemoedig om die temas in kombinasies te gebruik om sodoende aan besoekers se spesifieke behoeftes te voldoen. Du Plessis het die direkte en indirekte rolle van die distriksmunisipaliteit in plaaslike toerisme verduidelik en leerlinge aangemoedig om die bedryf te betree.

Rdl. Kobus du Plessis, portefeuljehoof van toerisme en ekonomiese ontwikkeling by die Wynland Distriksmunisipaliteit, het by die afskop van Toerismemaand op Robertson opgetree. Foto: Daleen Fouché Jong musikante van die AD Libitum Akademie het musiek by die geleentheid verskaf.

A toast to the nominees DALEEN FOUCHÉ FIVE local wine tourism initiatives have been nominated for the first ever Klink Awards, a new wine tourism competition in which consumers are given the opportunity to vote for their favourite nominees. The competition was designed to re-cognise and reward wineries for the different elements on wine farms and in wine tourism, which expand the wine tasting experience. “A winery visit is no longer just about the tasting and enjoyment of wines in the tasting room; the experience has been expanded to include an array of experiences with and around wine,” says Monika Elias, an organiser of the Klink Awards. The Robertson

Wine Valley has been nominated as a finalist in the category Most Memorable Wine Route while the Wacky Wine Weekend is a finalist in the Crowd Pleaser category.

Christina’s at Van Loveren is a finalist in the category Bistro on a wine farm, Viljoensdrift for the category Wild Card and Weltevrede is competing in the Tasting Room Experience category. The name of the awards is derived from the sound that a glass makes as “friends make toasts to a life lived better thanks to the

carefully crafted joys of a wine discovered, a friendship renewed, a challenge overcome or a milestone met”. Elizma Botha, manager at the Robertson Wine Valley, says this is the first awards in wine tourism where the consumers decide on the winners by voting for the nominees. She says anyone can vote through Facebook, Twitter or by sending an e-mail. “What is nice about the awards is that once you vote, you can immediately see which nominee is leading in the category you voted for. It is a bit addictive.” Voters also stand a chance to win prices. To vote, visit winetourismsouthafrica.co.za/klinkawards or look for Klink on Facebook.

Meet a local

Bly te kenne )) Wat is jou naam, van en in watter dorp woon jy? Bonita Malherbe, Bonnievale. )) Hoe lank woon jy al hier? Ek woon vir die afgelope vier jaar op Bonnievale, maar is in die Langeberg al oor die tien jaar. )) Wat mSaak die Langeberg vir jou spesiaal? Die mense is great maar vir my is dit ons landskap wat uitsonderlik is, die vallei-vloer, berg-voue, rye wingerde, vrugteboorde, sonsopkoms en volmaan-nagte. Elk met sy eie patrone, teksture en simboliek. Verder het ons heerlike wyn en is ons lug skoon )) Wat sou jy in die Langeberg wou verander? Ek sou graag dat die blomme minder stuifmeel gehad het!

)) As jy nie hier gebly het nie, waar sou jy wou bly? Namakwaland, tussen die klipkoppe, na aan die natuur. )) Watter soort werk doen jy en waarom geniet jy dit? Ek het sekerlik die lekkerste werk in die Vallei! Ek doen bemarking by Van Loveren waar ek omring is deur goeie mense wat my gemotiveerd hou. Dit is stimulerend, uitdagend en beslis nooit vervelig nie! )) Watter drie mense sou jy graag vir ete wou nooi (hede of verlede) en waarom? David Klatzow (Steeped in Blood), Joao Silva (BangBang Club) en Li Cunxin (Mao’s Last Dancer). Dit is outeurs van die laaste drie biografieë wat ek gelees het. )) Wat is die beste raad wat jy al ooit gegee of ontvang het? “Mediocrity (to be average) should not be an option,” gegee deur Gary Baumgarten, voorheen van Graham Beck Wines.


Dinsdag 11 September 2012

nuus

Breederivier Gazette

3

Natuurreservaat ‘het ’n begroting’ DALEEN FOUCHÉ DIE stelling dat daar nie beamptes is wat omsien na die Montagu Natuurreservaat nie, is onwaar. Die uitvoerende burgemeester van die Langeberg Munisipaliteit, rdl. Diana Gagiano, het na aanleiding van ’n onlangse berig in die Gazette waarin Montagu-inwoners hul kommer oor die reservaat uitgespreek het, bevestig dat die reservaat wel ’n begroting het. Sy het ook bevestig dat die raad se eie personeel die administrasie en instandhouding behartig. Ron Brunings, ’n voormalige lid van die Montagu Natuurreservaat se advieskomitee, het hom by die Montagu Ecoklub se jaarvergadering uitgespreek oor die tekort aan ’n begroting en toegewyde

personeel. Brunings het voorts kapsie gemaak teen die feit dat die bestuursplan na ses jaar steeds nie deur die raad aanvaar is nie. Gagiano sê alhoewel die Montagu Advieskomitee se termyn reeds in 2008 verstryk het, het die komitee bly voortbestaan en funksioneer tot onlangs. “Die bestuursplan was wel voor die raad maar weens verskeie redes was dit nie aanvaar nie. Die bestuursplan sal weer voorgegelê word aangesien dit ’n wetlike vereiste is.” Sy sê natuurreservate sal ’n bate bly en die onderhoud van die reservaat sal beslis ’n prioriteit bly. “Die administrasie sal onder hande geneem word en daar sal seker gemaak word dat alle wetlike vereistes nagekom word.”

Op die foto is die betrokke polisielede en buurtwagpersoneel van Montagu met die gekonfiskeerde dagga. Van links is studentkonst. Bevin Jones, sers. Yolanda Swart, buurtwaglid Josef van Wyk en Johannes Plaatjies. Voor is studentkonst. Jean Lombard en reserviskonsst. Hennie Cupido.

)) WO Richard James, the Central Business District (CBD) sector manager, requests residents to join the neighbourhood watch for this area in order to effectively combat crime. Anyone interested in joining is requested to phone James on 0 079 894 1350. )) The Robertson police is looking for the owner of a red bakkie with a white canopy which was involved in an accident on August 12 on the corner of Voortrekker Road and Burwana Street. A young boy, who was standing on the back of the bakkie outside of the canopy, fell of and injured his head. He was taken to the Robertson Hospital. The driver of the bakkie drove into Burwana Street. The police requests anyone with information about the incident or the owner of the bakkie to come forward. Phone the Robertson Police Station on 0 023 626 8340. )) Die polisie op McGregor hou op Woensdag 12 September om 18:30 ’n imbizo by die Uitnoodsaal. Die landeli-

ke gemeenskap van McGregor word uitgenooi om die gemeenskapsergadering by te woon. Daar sal ’n tweede McGregor-imbizo plaasvind op 19 September om 18:30. Die vergaderplek sal later aangekondig word. Vir meer inligting, bel die McGregor-polisiekantoor by 0 023 625 800. )) Op Saterdag 18 Augustus om 20:00 het lede van Montagu-polisie se B-skof en twee buurtwaglede ’n padblokkade gehou om misdaadvoorkoming te doen. Om 21:00 het ’n verdagte voertuig voor die padblokkade omgedraai. Reserviskonst. Hennie Cupido, kst. Bevin Jones en konst. Josef van Wyk het die bloukleurige Sentra met ’n VW-registrasienommer agtervolg en kon die voertuig eers voor Ashton aftrek. Drie insittendes het uitgespring en in die rivierloop verdwyn . Een persoon is gearresteer. Die 55-jarige man Silolam Wellington is gearresteer vir die besit van dagga. Daar is 184 pakke dagga in sy voertuig gevind met ’n totale gewig van 20,724 kg. Die Montagu-polisie wens die drie polisielede geluk vir hulle oplettendheid en vasberadenheid om die skuldigdes vas te trek.

Uitnodiging:

Graad 11-leerlinge van die Hoërskool Robertson het op 29 Augustus die matrieks se uitnodiging na hulle matriekafskeid met styl oorhandig. Die tema vir 2012 se matriekafskeid is Winter in New York. In die middel is Pierre Juan Paulsen en Eleanor Neethling, wat as gasheer en gasvrou sal optree. Foto: Morne Marais

Gemeenskappe moet help ondersteun DALEEN FOUCHÉ “DAAR is nie genoeg ondersteuning onder plaaslike gemeenskappe vir swanger vroue om op te hou drink nie.” Dít is volgens Jo-Anne Otto, woordvoerder van die provinsiale gesondheidsdepartement. Sy sê dat in baie gemeenskappe dit sosiaal aanvaarbaar is om te drink en selfs “onaanvaarbaar” is om nie ’n alkoholiese drankie te drink wanneer dit aangebied word nie. Otto sê dié faktor dra by tot die hoë getal kinders wat aan fetale alkoholsindroom (FAS) ly (lees meer op bladsy 1). Otto sê dat die gesondheidsdepartement “baie bekommerd” is oor die hoë voorkoms van FAS in die

Langeberg. Sy sê die departement maak seker dat alle swanger vroue deur die klinieke en hospitale ingelig word oor die gevare van die drink van alkohol tydens swangerskap en voorsien ook opvoedkundige materiaal aan gemeenskappe en die media. Jodene Barron, operasionele bestuurder van FASfacts, ’n nie-winsgewende organisasie op Worcester wat hom vir die voorkoming van FAS beywer, sê die kantoor op Robertson moes verlede jaar sluit weens ’n gebrek aan geld. Maar, sê hulle, as daar “nood” is, sal die organisasie wel besoek aflê in die Langeberg. Barron sê dit het onlangs onder haar aandag gekom

dat daar voertuie is wat plase besoek en drank verkoop. Sy moedig boere aan om betrokke te raak by die voorkoming van FAS onder plaaswerkers. Rudie Botes, voorsitter van die boerevereniging, sê hy het al van dié voertuie wat drank verkoop gehoor, maar nog nie gesien nie. Hy sê boere moet summier die polisie bel as dié voertuie gewaar word. Botes sê as deel van gesondheids- en veiligheidsmaatreëls word een plaaswerker per plaas gestuur vir noodhulpopleiding. Dié persoon speel dan ook ’n opvoedkundige rol in die plaasgemeenskappe in terme van FAS-voorkoming. Volgens Otto is FAS 100% voorkombaar.


4

Breederivier Gazette

nuus

Dinsdag 11 September 2012

Tips for interaction with baboons DALEEN FOUCHÉ

Baboons wait for hikers to pass them in the Montagu Mountain Reserve. Photo: Daleen Fouché

Baboon conflict raises questions DALEEN FOUCHÉ A recent incident of conflict between people and baboons in Montagu has raised questions regarding how residents should deal with baboons when a troop enters the village. Astrid Bridger, owner of the Kloof Padstal in Montagu, told the Gazette last week that a troop of baboons raided pecan nut trees in the open plot next to her home when her dog, a Shepherd, jumped the fence and started herding the baboons “like sheep”. For fear of conflict she called her dogs and locked them in the house. But Bridger says a big male baboon, who was watching

her do this, jumped on to her property and then on to her stoep, where the baboon started eating some of her pumpkins. “Baboons have been on the plot next door several times, but never dared to come to our property, because of our dogs.” She says her five-year-old son, who was inside the house, was very scared when he saw the baboon outside. Bridger, however, was able to chase the baboons away from her house. Ron Brunings, a Montagu resident, remarked that there has been a recent increase of baboons in the village.

“We’ve had several queries recently relating to baboons moving through residential properties at the western entrance to Montagu.” He says the Montagu Mountain Reserve has two “known” baboon troops: one troop roams the middle of Cogmanskloof near the Tolhuis and the other frequents the entrance to Cogmanskloof on the Montagu side. “Neither of the troops has been known to act aggressively towards people.” Brunnings says the increase in baboon activity is possibly due to a lack of natural food or an increase in the easy availability of apricots and pecan nuts on the smallholdings near the river.

’n Funksie by Viljoensdrift - binne of buite op die oewers van die Breederivier - is ’n onvergeetlike ervaring. Kom hou gerus hier piekniek of kom vir ’n wynproe van hul beste wyne.

Wolfkloof is ten volle toegerus en gelisensieerd en is ideaal vir groot of klein funksies. Met spesiale funksies en troues verskaf hulle die dekor asook die blomme en sal help met die beplanning waar nodig.

Stray off the beaten track and find the unexpected. Lords Guest Lodge is the ideal setting for any special occasion big or small - and enjoy all the ingredients for a romantic wedding. You will be treated as Lords!

IN light of the recent increase in baboon activity in Montagu, Corne Claassens from Cape Nature supplied the following guidelines for human baboon interactions: )) Do not directly confront or corner a baboon or troop. They could become aggressive, especially if they perceive a person as a threat to their juveniles. )) In a garden, a strong jet of water from the hose might convince them to move off. )) If baboons are inside a house, rather try and open all the doors, and let them leave of their own accord. If confronted and cornered inside a house, the animal will panic, creating havoc, and people might get hurt. )) Pepper spray can also be effective at close quarters, but as a last resort. )) Normally, if encountered on a hiking trail, baboons will move off when approached. The scouts will warn the troop. Give them some time before proceeding. Claassen says the long-term

solution for conflict between baboons and humans is to initiate a baboon monitor project, as proven to be successful elsewhere, such as in the Cape Peninsula and Overstrand, where baboons often raid houses for food. “This would typically be a local authority-funded project, whereby unemployed community members are employed and trained in monitoring and protecting the residential areas against marauding baboon troops by preventing them from entering the urban area and even chasing them out when needed.” Claassen, however, says the best policy is to be pro-active and prevent a conflict situation. “Often our own carelessness is to blame, for example, not securing our residence with burglar bars and keeping security gates locked, leaving food (including pet food) and refuse out in the open. Illegal feeding of baboons, especially along public roads, is also to blame. “Besides removing the food source,” he continues, “the most effective deterrents are electrified perimeter fences and large dogs.”

Personeel van Pick n Pay op Robertson het ook verlede Vrydag in die Loslitdagpret gedeel en vrolik aangetrek.

Trippeltoontjies, dagsorg vir kinders met gestremdhede, het Loslitdag terdeë geniet en met ’n waentjie deur die strate van Robertson gery. Loslitdag is ’n fondsinsamelingsprojek vir persone met gestremdhede. Anthea Elias (links), en Robyn-Anne Wood-Callander, skakelbeamptes by Robertson Wyne, het hul lywe seerowers gehou vir Lostlitdag verlede Vrydag (7 September).


Dinsdag 11 September 2012

Loslitdag in die Langeberg

Die Informasie Bestuur-personeel van Robertson het op Loslitdag soos seerowers aangetrek en piesangs aan die hospitaal se pasiĂŤnte uitgedeel. Agter (van links) is Cameron Adams, Adriaan Hull en Sindi Hansen. Voor is Anne-Marie Saayman en Desiree Marais.

Personeel van Robertson Spar het soos skoolkinders aangetrek op Loslitdag. Ander personeellede het volgens ander temas aangetrek.

Die departement van sosiale ontwikkeling het Loslitdag gevier en soos narre aangetrek. Agter (van links) is Chanelle Claassen, Othelia van Eck, Shadelia Isaaks en Allistine Masula. Voor is Jean-Marie van Wyngaard, Estelle Adams, Devon de Koker en heel voor is Adele Adams.

Die Montagu-polisie het ook Loslitdag gevier. Van links is Ecila Marais, Esther Germishuys, Suria Meyer, Yolanda Lagerwall en Velicia Fluks.

Die Dagbreek Laerskool het ook aan Loslitdag deelgeneem. Hier is die graad R2-klas van Jean-Marie van Zyl (links) saam met Maruschca Pietersen. Die kinders was soos seerowers aangetrek.

nuus

Breederivier Gazette

5


6

Breederivier Gazette

Boemelaars: As aanloop van die ouers se geesbou vir die Hoërskool Robertson se interskole, het die Ouer-Onderwysersforum (OOF) van die skool ‘n boemelaarsete gereël. Gaste het ’n keuse gehad of hulle volgens die tema wou aantrek of nie. Baie het hul humorsin gewys en behoorlik die oë laat rek en die gaste lekker laat saamlag. Daar is terselfdertyd met die toegangsfooi ook broodnodige geld ingesamel. Op die foto is Hein Louw.

geklassifiseerd

Dinsdag 11 September 2012

Niel en Madri Knapp was van die gunstelinge van die aand. MCKRIGE MARTHA Geb. 04/07/1932Gest. 08/09/2012 Die roudiens vind plaas Woensdagaand om 19:00 te AGS Sentrum, Coetzeestraat. Begrafnisdiens vind plaas Saterdag om 9vm te Wesleystr. 34 en 10vm in die AGS Sentrum, kerk. Mis jou, maar laat jou gaan. Van: kinders, klein en agterkleinkinders.

Vier die lente:

Die Laerskool Ashton het op 1 September Lentedag gevier met die tema Ontwerp ‘n Lentehoed. Hier is die wenners van elke graad wat die vrolikste hoed in hul onderskeie grade opgehad het.

Loopbane LOOPBANE CAREERS Kry die ideale kandidaat vir

FILANDER, RACHEL Geb. 12/09/1919 Gest. 4/08/2012 Mamma, jou eerste verjaarsdag weg van ons. Sou baie graag jou handdruk en drukkie wou gee. Mis jou baie. Van kleinkind Rachel, dogter Gertruida en al die familie.

HARTMAN, MARTHINUS (Martin). Geb.10/09/1933Gest.25/05/2010 Dadda, dis jou 3de verjaarsdag weg van ons. Sou graag jou wou gelukwens,maar dis ons nie beskore nie. Ons gun jou die rus, maar sal jou nooit ver geet. Van jou vrou, kinders, klein- en agterkleinkinders.

jou betrekking. Kontak Zelda Kloppers Tel: 023 626 5212 Faks: 023 626 5800 advert@breede.com

FISHER, SYBIL Geb.10/09/1954Gest. 22/06/2008 Mammie, gister 10/9/12 was u 4de verjaarsdag weg van ons. Die verlange en gemis is ontsettend. Van: Stefné, Maruis, Xavier en die kinders.

SAMEULS, ABRAHAM (Brönn). Geb.14/09/1958Gest.4/10/2011 Dis jou eerste verjaarsdag weg van ons. Tyd sal verbygaan en verdwyn maar die stille herinneringe van jou sal verewig bly. Van jou vrou, kinders, kleinkinders en Johnny.

SNYMAN, DEIDRé Geb.30/08/1971 Gest.14/09/1998 Wie kan dit vergeet dis sowaar 14 jaar. Die verlange is groot ons berus in die wil van die Here. Liefde Mamma en kinders.

KOKER, MIGNON Baie geluk met jou kroonverjaarsdag, 14 September. ’n Mooi lewensjaar word jou toegewens en mag die Here jou seën. Van Daddy, Mammie, Melckie en Maya.

KOM geniet die avontuur en ontspanning van perdry by die Robertson Ryskool.* Ons bied verskeidenheid van rylesse vir kinders en grootmense vir beginners en ervare ruiters *Outrides tussen die wingerde en langs die Breërivier * Wynproë op ’n perd se rug of met die waentjie by Majors Hill en Springfield. * Perdrykampe vir kinders gedurende skoolvakansies * Mini kommando’s op Saterdae* Kinderpartytjies. Skakel ons gerus by 072 291 7631 of 082 402 7088. LOANS. R1 000- R150 000. Blacklisted and Garnish. Enrico 083 663 5853


Dinsdag 11 September 2012

Kennisgewings

geklassifiseerd

Breederivier Gazette

7


Breederivier

Year 16 • 11 September 2012 | Tel. 023 626 5212

Let’s Play-wenner wil professioneel speel DALEEN FOUCHÉ DIE wenner van Julie-maand se Let’s Play-kompetisie, aangebied deur SuperSport en die Breederivier Gazette, is Lauren Adendorf. Lauren is ’n graad agt-leerder aan die Hoërskool Montagu. Sy het al vir die afgelope drie jaar, insluitend vanjaar, die Wes-Kaap in netbal verteenwoordig. Sy speel doelverdediger in die Hoërskool Montagu se o. 19A-netbalspan. Vanjaar het sy ook Bolandkleure in krieket, asook Noord-Bolandkleure in atletiek verwerf. Lauren sê sy is die liefste vir netbal, omdat sy die beste in dié sport is. “Ek geniet dit baie om rond te toer vir my sport.” Sy sê sy wil graag eendag professioneel netbal speel. Lauren meen haar ouers en afrigters ondersteun haar in haar sport. “My ouers is groot ondersteuners.Ek wil graag almal bedank wat bygedra

Toneelspel:

Lauren Adendorf het tot my sukses. Ek kon dit nie alleen doen nie.”

Die toneelgroep van die Hoërskool Montagu het hierdie jaar Die Pret­ park, geskryf deur Wim Vorster en verwerk deur Jan Burger, opgevoer. Hulle het dit op 25 Julie by die Montagu Jeugkunstefees opgevoer en op 1 Augustus by die Loganfees op Fraserburg. By die Montagu Jeugkunstefees het die stuk ‘n goue toekenning verwerf en silwer by die Loganfees. Inge Scholtz, wat ook as regisseur opgetree het, het vir haar rol as Petra by beide optredes goud gekry. Die groep as geheel het altesaam vier goue en ses silwer-toekennings gekry. Van links is Victoria-Lee Sampson, Rita Wagener, Inge Scholtz, Lani Alberts en Randy January.

Trostse vennote: Panorama Fruits het onlangs rugbytruie vir die Vergesig Primêre Skool geborg. Op die foto oorhandig Kamlesh Dhoolab (links), eienaar van Panorama Fruits, die truie aan Frans Rossouw, voorsitter van die skool se beheerliggaam.

Kampioene:

Die Black Mamba Adventurers het op 11 Augustus die derde plek verwerf tydens die Stilbaai Galjoenderby. Voor (van links) is Melville Carolus, Edward Michaels (kaptein) en Michael Bailey. Agter is Arnold Johnson (kampioen-galjoenhengelaar 2012), Theodore Frieslaar en Lambert Johnson.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.