Breederivier Gazette 12 Feb 2013

Page 1

Breederivier

Year 17 • 12 Februarie 2013 | Tel. 023 626 5212

Oral om my heen is dit blou. . .

’N KLEURVOLLE GELEENTHEID: Die Robertson Voorbereidingskool het Donderdag 31 Januarie hulle kleuresport gehou. Die Groenspan is as die wenners van die dag aangewys en het ook die sangbeker verower. Hier is die Blouspan besig om hul atlete te ondersteun. FOTO: DEON VAN DEVENTER

De Hoop vra busvervoer vir kinders DALEEN FOUCHÉ

Die De Hoop-gemeenskap buite Robertson het verlede week vergader om hul dringende versoek vir ’n busroete aan die WesKaapse onderwysdepartement (WKOD) oor te dra. Die gemeenskap het op Woensdag 6 Februarie vergader met die hoofde van drie Robertsonse skole asook ’n verteenwoordiger van die departement. Ontevrede ouers is bekommerd oor hul kinders wat meer as 10 km moet reis na Langeberg Sekondêr, Vergesig Primêr en Dagbreek Laerskool. Tans is daar kinders wat die afstand stap, terwyl ander vir R80 per week per taxi vervoer word. Ander kinders ry saam met ’n

geleentheid, wat die volle dag in die dorp bly en kinders eers in die aand by die huis terugbesorg. Tydens die vergadering het ouers laat hoor dat hulle nie die koste van die taxi kan dra nie. Ander ouers was weer bekommerd oor hulle kinders se veiligheid. Een ouer het sy frustrasie uitgespreek omdat slegs leerlinge wat voorheen Hoopsrivier VGK Primêr bygewoon het nou vervoer het tot by Vergesig Primêr. Hoopsrivier Primêr is verlede jaar gesluit deur die WKOD en die leerlinge is oorgeplaas na Vergesig (“Toekoms bly onseker”, 22 Januarie 2013). Mavis van der Watt, ’n lid van die gemeenskap, het die vergadering gereël en gefasiliteer. Volgens Van der Watt is daar 48 kinders van

die gebied wat in die dorp skoolgaan, waarvan 21 kinders wat voorheen in Hoopsrivier Primêr was, vervoer word. Bronagh Casey, woordvoerder vir die departement, sê die versoek word tans oorweeg. Die departement se bus-komitee het gistermiddag (Maandag) vergader om ’n aanbeveling te maak. Indien daar ooreenstemming oor die saak is, sal die bestaande busroete vir die vorige Hoopsrivier-leerlinge uitgebrei word om al die leerlinge van De Hoop na die drie Robertson-skole te vervoer. Die aanbeveling word gebaseer op die leerling-getalle van De Hoop, soos deurgegee deur die drie betrokke skole. Casey sê die lyste is van die drie betrokke skole aangevra, maar teen Maandagoggend was een van die skole se lys steeds uitstaande.

Sy het gesê die vergadering sou nietemin voortgaan en die komitee sal hul besluit baseer op die getalle wat hulle het. Die drie betrokke skole het reeds die versoek vir ’n busroete in Oktober 2012 aan die departement gerig. Casey verduidelik dat dié versoek nie goedgekeur is nie, as gevolg van ’n tekort aan finansiering. “Die leerling-vervoerskema is onder streng finansiële druk.” Teen druktyd het die departement se bus-komitee nog nie hul besluit bevestig nie. Casey sê vir die 2012-’13 finansiële jaar is daar R203 miljoen begroot vir die vervoer van leerlinge. Die WKOD is tans verantwoordelik vir die vervoer van 49 700 leerlinge op ’n daaglikse basis, “dus is die gemiddelde koste per kind R4 000 per jaar”.


2

General - Algemeen

Breederivier Gazette

Dinsdag 12 Februarie 2013

Stap deur die nag vir Kansa DALEEN FOUCHÉ

) Geniet ’n heerlike stuk melktert met tee of koffie op die laaste Vrydag van elke maand om 10:00 by die Joubert-huis, Montagu. Groepe is welkom, maar slegs met ’n bespreking minstens ’n week voor die tyd. Bespreek nou by 023 614 1774. ) Die Dumisani Gospelfees sal op 16 Februarie by die Langeberg-skoolsaal, Robertson van 13:30 tot 18:00 plaasvind. CD’s en DVD’s sal te koop word teen lae pryse. ) The Salt and Light night market takes place on the last Friday of every month, at the KWV courtyard, on the corner of Long and Kohler Street, Montagu. The next market will take place on Friday 22 February. ) The next Robertson farmers’ market will be held on Saturday 23 February next to the tourism office in Reitz Street. ) The Jo Martin Band will perform songs and music about the moon during the Wolfkloof Harvest Moon Music Soireé on 22 February at 19:30. Tickets cost R150 and include a picnic for two. Bookings can be done on 074 339 5008 or at info@wolfkloof.co.za. ) The Robertson Wine Valley Hands-on Harvest takes place from Friday 22 to Sunday 24 February. For more information and bookings, visit www.handsonharvest.com. Send the details of your events to Daleen Fouché via email at gazette@breede.com. The deadline for all diary items is 10:00 on Fridays.

in die mooi versierde tent. Du Plessis sê die hoogtepunt Vanjaar se Cansa Relay for Life is om die van die aflos is die luminariadraai en belowe om ’n gemeenskapsgebeur- seremonie waartydens deelnemers ’n oomblik van stilte tenis te wees om nie te vergeet nie! opdra aan familie en vriende Die geldinsamelingsprojek ten bate van die wat gesterf het aan kanker. Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa), Die oomblik van stilte gaan gesal plaasvind op 2 Maart en verskuif vanjaar paard met die aansteek van na die skougronde in Robertson. Dit is verlede kerse in die luminaria-sakkies. Du Plessis verduidelik jaar in Bonnievale gehou. Dié jaarlikse gebeurtenis vereis dat spanne dat elke span bruin papiersakregdeur die nag om die baan stap. Spanmaats kies teen R10 verkoop wat verlos mekaar dus af en Anne-Marie Du Plessis, sier en opgedra word aan kanorganiseerder van die aflos, sê die Kansa Relay ker-slagoffers. Al die geld wat met die plaasfor Life is simbolies van die kankerpasiënt se stryd teen kanker, omdat “die siekte nie slaap like Kansa Relay For Life ingesamel word, word in die Bonie”. land en Elke span kry dan ook geOverberg leentheid om ’n unieke Die span het uitsonderlike spangees getoon by verlede jaar se Kansa Streek aan- Relay for Life in Bonnievale. stalletjie vir geldinsamegewend, lingsdoeleindes langs die hoofsaaklik vir navorsings- moet volgens ’n tema aantrek en die span met baan op te rig. Stalletjies en gesondheidbevorderings- die beste spandrag, spangees en stalletjie word word slegs beperk deur programme en pasiënte- aan die einde van die aflos aangewys. spanne se kreatiwiteit. In Vermaak sal verskaf word deur Desmond diensversorging. vorige jare is die baan verSuid-Afrika is een van 20 Wells, Viljoen Retief, Johan en Thelma asook sier met die spanne se lande waar Relay For Life- plaaslike kunstenaars. kleurvolle stalletjies wat Korporatiewe spanne word genooi om spanbyeenkomste jaarliks gehou enigiets van koffie, worsword. Kansa is in 1931 gestig ne in te skryf vir spanbou-aksies en kry ’n gebroodjies en onderklere en is dus 82 jaar oud in 2013. leentheid om sodoende hul besighede by die verkoop het. Kansa kry geen staatsbe- span se stalletjie te bemark. Ook skole, kerke, Tog sê Du Plessis dat die aflos nie net ’n geldinsame- Die woord hoop brand helder in die nag fondsing nie en is op eie geld- sportspanne en gemeenskapsorganisasies word uitgedaag om vir een aand ten bate van lingsprojek is nie, maar by verlede jaar se Kansa Relay for Life. insamelings-inisiatiewe Kansa te stap. Daar kan tussen agt en 12 deelneook ’n geleentheid waar al FOTO’S: DALEEN FOUCHÉ aangewese. Du Plessis sê hoewel Kan- mers in ’n span wees en spanne kan van 14:00 die kanker-oorwinnaars in die gemeenskap “bederf” word. Du Plessis ver- sa ’n nasionale organisasie is, word Relay for op 2 Maart begin om hul stalletjies op te rig. Vir meer inligting, bel vir Anne-Marie du duidelik dat die geleentheid geopen word deur Life deur gemeenskappe self georganiseer. Sy beskryf die aflos as ’n prestige familie- Plessis by 023 616 3510 of 082 337 2737 of vir die kanker-oorwinnaars wat die eerste rondte om die baan stap. Daarna word hulle onthaal aand met vele kompetisies en pryse. Spanne Christa Claassen by 023 342 7058 of 082 945 3844.

Eerste Nasies­vlag bekyk Die Langeberg-tak van die Khoisan Eerste Nasies, wat die inheemse mense van Suid-Afrika verteenwoordig, stel die Khoisan-vlag aan Gazette-lesers bekend. Die Eerste Nasies bestaan uit die Koi Koi-, Khoerana-, San-, Griekwa- en Nama-groepe. Volgens Adam Stevens, hoofman oor hoofmanne (chief of chiefs) van die Langeberg Eerste Nasies, het die vlag nog vóór die bestaan van die Suid-Afrikaanse Republiek bestaan en is dit oorhandig aan Adam Kok die Eerste deur Koningin Elizabeth. Hy verduidelik dat die apartheidregering die vlag sonder die groen streep gebruik het. Stevens verduidelik dat die embleem in die middel van die vlag die verskil- Die leiers is Cobey Salomo (chief), Helena James (hoofvrou), lende aspekte van die Khoisan verteen- Katriena Stevens (chief), Sandra Fourie (hoofvrou), Fredie woordig. Die vyf vere verwys na die vyf Maans (chief), Douglus Roman (kommissaris), Cynthia Roman Khoisan-konings; die druiwetrosse na (chief) en Adam Stevens (chief of chiefs). FOTO: DALEEN FOUCHÉ die groepe se geskiedenis in boerdery, Die aalwyn dui op die Khoisan se kennis oor die diamant na Suid-Afrika se minerale rykdom en die pyl en boog dui op die Khoisan se natuurlike medisyne en die volstruiseierdoppe is gebruik om water in te vervoer. geskiedenis as jagters.

Local teacher inspires choir DALEEN FOUCHÉ A local teacher from Ashton is sharing his dream of an intercultural youth choir and working towards realising this dream with local youths. Odwa Mvunge, a teacher from Ashton Public Combined, started a choir last year in April with 10 students. Now, almost a year after the project was initiated, more than 53 teenagers from Ashton, Robertson and McGregor are participating in the choir. While at high school, Mvunge was given an opportunity to develop his voice and perform. He went on to complete a three-year music education diploma. “Initially I wanted to perform, but realised that I had started too late with musical training.” He explains that when he realised his path was not that of a performer, he decided to become a teacher in the hope of helping young people starting out on a musical career. During his studies, Mvunge was “fortu-

nate” to be part of an intercultural choir and was awarded the opportunity to sing a solo during a mass choir gathering. This is where his dream of starting an intercultural choir in the Langeberg was born. The choir, which consist of high school students, currently sing secular, popular and traditional African music, but will expand their repertoire to western music this year. Mvunge says the choir has already shown its positive influence on the participating teenagers. “At choir practice, you forget about everything else and you just sing. You are enjoying the moment and creating music with other people.” Mvunge passionately explains that being in a choir teaches the participants discipline and how to work in a team. He can already see a positive change in many of the teenagers who are participating in the choir. People are welcome to book the choir for events. Phone Mvunge on 078 082 5564.


Dinsdag 12 Februarie 2013

News - Nuus

Breederivier Gazette

3

TB vaccine safe but not effective ) Die Bonnievale-polisie vra inwoners om hulle besittings te bewaar, hulle wonings gesluit te hou en nie vensters en motorhuisdeure oop te laat staan nie. Die polisie vra goeie samewerking van die gemeenskap in verband met inbrake en indien hulle verdagte persone in hul omgewing gewaar om so gou moontlik die polisie te kontak. Bel die polisiekantoor by 023 616 8060 vir enige inligting oor misdaad. ) Die Ashton-polisie rapporteer eiendom verwante misdade het met ’n kommerwekkende hoeveelheid gestyg. Ao. Johannes Prins, waarnemende stasiebevelvoerder, sê daar is reeds by verskeie voertuie wat nie agter geslote deure is nie, ingebreek en waardevolle items gesteel. Hy versoek alle inwoners om die nodige voorsorgmaatreëls te tref om eiendom te beskerm. Die polisie vra die gemeenskap se hulp om die misdade stop te sit.

BEST DETECTIVE: Constable Daniel van Eeden from the Robertson police station was named best detective for the third quarter (October, November and December 2012).

IS DIT JOU EIENDOM? Die gesteelde items is deur die Robertson-polisie gekonfiskeer by verdagtes. Indien jy die goedere as jou eiendom identifiseer, bel vir ao. Henrico Naudé by 072 514 8737.

CONFISCATED: From 4 to 10 February, the Robertson police, in conjunction with the traffic department, held several operations to combat drug trafficking in the area. All together 120 people were arrested for drug related offences and drugs with a street value of R86 000 were confiscated. Five people were arrested for driving under the influence of alcohol.

The three year long tuberculosis (TB) vaccine trial conducted in the eastern parts of the Winelands District Municipality has come to a conclusion, with both encouraging and disappointing news. Researchers have found that although the vaccine known as MVA85A is safe for babies and children to use, there is no indication that the vaccine prevents the occurrence of TB in the toddlers that were tested. The trial was conducted in 2 800 babies in the Boland towns of Worcester, Robertson, De Doorns and Ceres, with more than 606 babies from Robertson included in the trial. Half the infants were given a single dose of the MVA85A TB vaccine candidate intended to boost immune responses given by the BCG vaccine, the TB vaccine which is currently given to babies at birth. The other half were given a placebo, a non active substance. The infants were followed up for three years. BCG has been given to babies at birth since

the 1920s as it is very effective in protecting babies from severe forms of TB, but not against lung TB. The MVA85A candidate vaccine is given after the BCG vaccine, as it was designed to make BCG more effective. There were 32 cases of TB disease in the infants receiving BCG and MVA85A, compared to 39 cases of disease among those receiving BCG and placebo. “We are pleased that the TB vaccine candidate is safe, and although we did not get the protection against TB that we had hoped for, the data we collected should give us a great deal of information about how the body’s immune system protects it against TB and what is necessary to develop an effective vaccine,” said senior author Professor Helen McShane, a Wellcome Trust Senior Clinical Research Fellow at the University of Oxford and the original developer of the vaccine. “The difficulty of this task is one reason why there has not been a new TB vaccine since BCG was developed more than 90 years ago, but one is still urgently needed and I’m not about to

give up now.” Professor Willem Hanekom, director of SATVI, expressed his gratitude towards the Boland residents who participated in the trial. He explained that the study was successful in that the vaccine was well tolerated. “The study also showed it is possible to conduct a large infant efficacy clinical trial in an area of high TB incidence like the Boland, with very good data for detecting disease, something that is expected to greatly benefit future testing of TB vaccine candidates.” Hannekom describes the TB epidemic in South Africa as “devastating”, with half a million South Africans developing the disease every year. He believes that prevention by an effective vaccine would be the best way to get the epidemic under control. “With this goal in mind, our group will continue to test multiple new vaccine candidates in the Robertson and Worcester area. We are very grateful for the commitment of the local community in this effort.”

Tiener by funksie in Ashton verkrag DALEEN FOUCHÉ Twee verkragtingsake is vandeesmaand in Ashton gerapporteer wat volgens die polisie dieselfde nag plaasgevind het. ’n Plaaslike tiener is op 3 Februarie tydens ’n funksie by die Ashton-gemeenskapsaal verkrag. Die voorval het tussen middernag en 01:00 gebeur. Adjudant-offisier Johannes Prins, waarnemende stasiebevelvoerder van die Ashton-polisiestasie, sê twee mense het tydens die verkragting by die kleedkamer ingestap, waarna die verdagte dit later weer verlaat het. Prins sê die 16-jarige het die volgende dag die verkragting aangemeld en is daarna na die Montagu-hospitaal geneem. Die polisie het ’n 25-jarige man in hegtenis geneem wat op 5 Februarie in die hof verskyn het. Hy is tans in aanhouding.

In ’n tweede voorval is ’n 28-jarige vrou verkrag toe sy die nag van 3 Februarie van Zolani af gestap het. Sy is vergesel deur ’n vreemdeling wat na bewering die vrou met ’n mes teen haar nek gedreig en toe verkrag het. Prins sê die voorval het langs die hoofpad gebeur naby die oostelike ingang van die dorp. Die verdagte is nog op vrye voet en die gemeenskap se hulp word ingeroep om enige inligting aan die polisie te verskaf. Prins sê dit is belangrik dat mense wat verkrag is so gou moontlik by die polisiestasie en hospitaal uitkom ná die aanval. By navraag het Prins gesê dat altwee vroue berading by die polisie se traumakamer ontvang het. Die traumakamer by die Ashton-polisiestasie is 24 uur per dag beskikbaar aan lede van die gemeenskap wat die diens benodig. Hy sê beraders is beskikbaar op aanvraag.

GAZETTE PRESTEER: Zelda Kloppers, advertensie-verteenwoordiger van die Breederivier Gazette, is aangewys as Boland Media se bemarker van die maand vir Desember. Dit is die tweede keer dat Kloppers aangewys is as bemarker van die maand en het in Augustus 2012 ook dié toekenning gewen. Boland Media, ’n Media24-groep, beskik oor ses Gazette-titels asook die verkoopte titels Worcester Standard, Weslander, Paarl Post, Eikestadnuus, DistriksPos en Hermanus Times.


4

News - Nuus

Breederivier Gazette

Hospice: 2013 looks a great deal brighter than 2012 I would like to take this opportunity of wishing you all a very prosperous New Year, also to express my appreciation once again to staff, volunteers and the people of our community who strive to work together in providing care to those who need it. Financially, 2012 was one of the worst and most difficult in the Breede River organisation’s history. Lotto’s contribution did not materialise during the year and valuable support from donors fell off significantly. Staff reductions had to be made and all nonessential expenditure was eliminated.The good news is that the situation for the year ahead is looking a great deal better. Lotto confirmed in December 2012 that funds will come through in February. These funds will assist with salaries for a few months and we feel confident that some of our other applications and events calendar will come through as the year progresses. Lotto are also giving us money for a small bus to replace our tired old Venture. The drive initiated in 2012 to step-up fundraising activities is also gathering momentum and many of our corporate funders have dug deep despite the challenging times they’re facing. As is well known, Hospice provides its services free of charge. But if a patient is a member of a medical aid, certain services rendered by Hospice are refundable from their medical aid society. We have also started a private nursing service and this is accessible even if the patient is not a registered hospice patient. Breede River Hospice cares for 350 patients on average per month. These patients may have cancer, HIV/Aids, TB, or chronic diseases such as Alzheimer’s or motor neuron disease.

At all times hospice’s main concerns relate to the physical, emotional, spiritual and social aspects of the patient’s illness. A goal we set out to achieve through a skilled interdisciplinary team comprising a medical doctor, professional nurses, social workers and community careworkers, rendering their service in the patient’s home. Hospice never claims to cure an illness that is medically diagnosed as terminal. Hospice will provide palliative care and so apply its expertise to help a patient who is approaching death to do so with the minimum of pain and anxiety, and to deal with the final call in a calm and dignified manner. Hospice provides local communities with training courses in palliative care, and TB and HIV management. Some of these training courses are SETA accredited and count towards a qualification in the health field. Regular audits also ensure total compliance with the international standards. Hospice raises its own funds by charging for the training courses; private nursing; the small but steady income from the clothing and brick-abrac shops in Montagu and Robertson; and by participating in local events. In the final analysis, however, grants, donations, Lotto’s contributions, corporate sponsorships and assistance from Department of Health keep the doors open. For readers wishing to donate immediately, banking details are available from 023 626-5710 or ane@hospicebreederiver.org.za

JANE PHILLIPS, Hospice General Manager

Dinsdag 12 Februarie 2013

Die lang wag by kliniek laat pasiënte hulpeloos voel Die Bergsig-kliniek in Wesleystraat, Robertson doen baanbrekerswerk vir die gemeenskap van die dorp, maar ongelukkig is daar die “vrot appels”. Onlangs het ek 05:30 opgestaan, want ek weet jy moet vroeg by die kliniek wees om ook ’n plekkie in die son te kry. Ek was amper heel voor in die ry en het gewag vir 07:30, wanneer die kliniek oopmaak. Die vaal stoele in die kliniek is gepak in die volgorde soos wat pasiente aanmeld by ontvangs. Ek het met die oopmaak van die kliniek op die tweede stoel gesit. Terloops, volgens kliniekreëls is Woensdae die dag waarop swanger vroue gehelp word. Dit is te verstane en swanger vroue moet dus voorkeur kry. Dan, volgens die reëls, kry siek kinders van een tot vyf jaar ’n beurt en laastens die volwasse mense met hulle behoeftes. Die res is dan mense met afsprake by die dokter en susters, voorskrifpasiënte en aansoeke vir pensioene. Wat darem vir my te dik vir ’n daalder was, was dat my lêer reeds 08:00 getrek is, maar teen 12:30 het ek steeds gesit en wag. Terloops, is ek ’n asmalyer, daarvan is my groen kaart en besonderhede in my lêer genoeg bewys. Toe ek die ontvangsdame nader om te vra wanneer my beurt aanbreek sê sy ewe “as jy voel jy wil loop, is dit jou saak”. Ek moes maar noodgedwonge geld bymekaar skraap om vir my by die apteek ’n asmapompie te koop. Niemand kan net pompies gaan haal by die kliniek of ongevalle nie, as jy nie eers ondersoek word by die “bloudak” nie. Jou voorskrifte moet ook elke ses maande hernu word by die kliniek. Jy moet daarheen gaan of jy

nou wil of nie. Ek dink ’n beter prosedure kan gevolg word, want baie van ons mense is onkundig en ongeletterd en dan word die situasie uitgebuit. By ontvangs is dit baie koud, kil en onsimpatiek. Jou bloeddruk skiet die hoogte in. Baie dankie aan die susters, dit is ’n riem onder die hart dat julle die Eed van Hippokrates nakom. Ons almal is afhanklik van gesondheidsorg van die staat omdat ons almal mense is wat onder die broodlyn leef. Julle wat in posisies is om ons te help, moet ons asseblief nie afbreek nie.

MAUDIE VAN DE HEYDE, Môreson Robertson

Jo-Anne Otto, woordvoerder van die Wes-Kaap gesondheidsdepartement gee terugvoering: Die departement van gesondheid in die Wes-Kaap bedank Maudie van de Heyde dat sy haar kommer oor die saak gedeel het met die bestuur van die area. ’n Ondersoek is ingestel na die klag ontvang is en die distriksbestuurder van basiese gesondheid, Anita Metelerkam, sal in verbinding tree met die skrywer sodra die ondersoek afgehandel is. Die departement van gesondheid in die Wes-Kaap waardeer die terugvoer van pasiënte, tog is daar stappe wat geneem kan word om ’n formele klag te lê. ’n Formele klag moet altyd by die fasiliteit waar die pasiënt die probleem ervaar het, aangemeld word. Die fasiliteit se bestuurder sal dan beoog om die saak onmiddellik op te los waar moontlik. Klagtevorms is beskikbaar by alle gesondheidsfasiliteite en moet ingevul en geplaas word in die voorstelboks.

Indien ’n klag verband hou met ’n klein kliniek, kan die klag gerig word aan die distriksbestuurder van basiese gesondheid. Indien ’n onmiddellike oplossing nie bereik kan word nie, sal die ontvangs van die klag binne vyf werksdae erken word en terugvoering binne 30 werksdae voorsien word, wanneer die klag behoorlik ondersoek is. Ernstige klagtes wat gedetailleerde ondersoeke vereis, sal langer as 30 werksdae neem. In só ’n geval sal die pasiënt intussen terugvoering ontvang oor hoe die ondersoek vorder en wanneer terugvoering verwag kan word. Alle klagtes wat die departement ontvang, word as ernstige klagtes hanteer en dit word ook in die klagteregister opgeneem. Die klagteregister bevat die besonderhede van klagtes, die oorsprong, aard van die klagte, die ondersoekende persoon en die uiteinde van die ondersoek. Indien pasiënte nie tevrede met die terugvoering is nie of ontevrede is oor hoe die klag hanteer is, kan die pasiënt die hoofkantoor in kennis stel oor hul ontevredenheid. Die klagte sal ondersoek word deur die toepaslike bestuurder en die pasiënt sal binne 30 werksdae in kennis gestel word oor die uitslag van die ondersoek. Indien pasiënte met klagtes voel dat die ondersoek nie voldoende aandag geniet het nie en die klag nie opgelos is nie, kan hulle klagtes direk na die minister van gesondheid toe stuur. Die klag moet die oorspronklike skriftelike klag en die terugvoer van die bestuurders insluit. Die sake sal na die onafhanklike klagte-advieskomitee verwys word en die komitee sal aanbevelings maak oor hoe om die saak op te los.

LINKS: Bierman Janeke Oogkundiges bied ’n wye verskeidenheid ontwerpersrame en sonbrille. Bierman Janeke het die mark met ’n moderne aanslag benader, maar lewer ook ’n bekostigbare diens deur gereeld ope dae, pakkette en promosies aan te bied. Van links is Lisa Sonnenberg, Reinach Janeke en Maryke Malherbe REGS: Darren Kelly Oogkundige het sy dienste uitgebrei en praktiseer nou ook elke Woensdag op Bonnievale. Sy diens en produkte is van hoë gehalte. Besoek gerus die kantoor op Robertson of kontak hulle vir ’n afspraak in Bonnievale. Van links is Jacomine Smit, Darren Kelly en Hannelie Lesch.

Jacobs Oogkundige stel sy pasiënte eerste deur professionele diens en advies teen bekostigbare tariewe te bied. Oogsorg is belangrik en daarom is dit nodig om u oë te laat toets en voorkomend op te tree teen oogsiektes en probleme. Besoek hulle ook gerus vir ’n wye verskeidenheid rame en sonbrille.


Dinsdag 12 Februarie 2013

General - Algemeen

LEER VAN VEILIGHEID: Willem Buchholz Primêr bedank Hamman Armstrong van die plaaslike verkeersdepartement vir sy vinnige reaksie en opleiding. Die skool het hom op 29 Januarie genooi om leerlinge te kom inlig oor padveiligheid. Armstrong was op 30 Januarie reeds vroeg die oggend by die skool om met die opleiding te begin.

BOYS’ CLUB: This year, the McGregor Waldorf School has an allmale Grade 12 class, and therefore no head boy and head girl. The school has appointed a Student Representative Council (SRC) of three members. The matric pupils are (front) Bradwill Jansen (SRC), Molifi Sefatsa (head boy), Marcus Abrahams and Ken van Rooyen (class guardian). At the back are Martin Cadle, Niguel Tredoux, Cian van der Westhuizen (SRC) and Peter-Ross Holloway. The McGregor Waldorf School is currently entering its 20th year. The school was started in 1994 and thus celebrates its 20th year together with democracy in South Africa. Big celebrations are already being planned for the school’s 21st birthday.

JONG LEIERS: Die leerlingraad van Willem Buchholz Primêr, verkies deur die leerlinge, is (voor) Charlene Baartman, Elicia Stanfliet, Wilhelmina Arendolff, Sharnel Wewers en (agter) Melissa Filander, AnnaMaria Veldsman, Kayla Salie (hoofmeisie), Jean Alexander (hoofseun), Jo-Adene Absalon en Jacobus Karelse.

NUWE LEIERS: Laerskool Ashton se nuwe leerlingraad is Danel van Schoor, Thomas Bezuidenhout, Mishka Safodien, Anneke Beukman (Skakelonderwyseres), Marné Truter, Tamsyn Tromp en Gawie Viljoen; (voor) Tyrique Kleyn (hoofseun) en Lizenke Carstens (hoofdogter).

Say it with plants this Valentine’s Day February is when we unleash our inner romantics and shower that special one in our lives with love-professing gifts. Living gifts are the perfect way to celebrate lasting love – a live red rose bush, for instance, will continue to give pleasure for many Valentine’s Days to come. Visit your nearest garden centre to browse through the variety of plants such as scarlet sage (Salvia splendens) and some of the proteas that flower in many hotblooded, shades of red at this time of year. Leafy

plants, like the cabbage tree (Cordyline australis) and Solenostemon coleus also make long-lasting plants for your love to keep nearby as a constant reminder of your devotion. Indoor leafy plants are also sure winners.

Breederivier Gazette

5

KAMPPRET: Die leerlingleiers van Hoërskool Robertson het in Witsand gekamp gedurende die naweek van 25 tot 27 Januarie. Die naweek het hoofsaaklik bestaan uit spanbou-aktiwiteite en probleemoplossing. KONSERT: Op Dinsdag, 5 Februarie, het Hoërskool Robertson se sotte hul jaarlikse sottekonsert gehou. Die konsert word deur die leerlingraad gereël en die items word ook deur hulle geskryf. Die sotte het die gehoor uit hul mae laat lag vir items soos “Sotte’s Got Talent”, ’n alternatiewe weergawe van “Die Drie Varkies”, verskeie (pogings tot) danspassies en sing-items, om maar net ’n paar op te noem. Dirk van Niekerk (wat die rol van Jack Parow gespeel het) is aangewys as die Sot van die Jaar en het ’n sakkie aartappels as prys ontvang. FOTO: VERSKAF


6

Breederivier Gazette

Geklassifiseerd

Dinsdag 12 Februarie 2013

ALGEMENE DIENSTE GENERAL SERVICES

FAMILIEKENNISGEWINGS FAMILY NOTICES 07

1141

Algemene Dienste General Services

Gelukwensing Congratulations

«

JACOBS ELIZABETH (Klokke). Baie geluk met Mamma se 78ste verjaarsdag, 15 Februarie. Mag God se seën op u lewe rus. Van: Kinders, kleinkinders en skoondogter.

TE KOOP FOR SALE HOUSE OF BEAUTY. (Worcester). Lash extensions R250, bring vrindin saam en sy betaal slegs R150. Skakel 023 347 7364.

73

Diere en Voëls Pets and Livestock

KOM geniet die avontuur en ontspanning van perdry by die Robertson Ryskool.* Ons bied verskeidenheid van rylesse vir kinders en grootmense vir beginners en ervare ruiters *Outrides tussen die wingerde en langs die Breërivier * Wynproë op ‘n perd se rug of met die waentjie by Majors Hill en Springfield. * Perdrykampe vir kinders gedurende skoolvakansies * Mini kommando’s op Saterdae* Kinderpartytjies. Skakel ons gerus by 072 291 7631 of 082 402 7088.

WIT en swart Foxterriers te koop, 2 reune en 2 tefies. Opreg, nie-registreer, R500. Skakel 082 402 7088.

74

Elektriese Tuisbehore Electrical Appliances BROTHER industriële naaimasjien te koop vir klere, R1 500. Skakel 072 750 5559.

a ze e Breederivier

023 626 5212


Dinsdag 12 Februarie 2013

TOP-POSISIE: Ruan Bester van die Hoërskool Bonnievale het in die 2012-matriekeksamen ’n agtste plek in die Wes-Kaap behaal vir wiskundige geletterdheid.

MUSIEKTALENT: Izel Stemmet (links) en Karla van Rensburg (regs) slaag onderskeidelik hul UNISA gr. 5en gr. 3-klaviereksamen. Karla behaal 94% in haar gr. 4-musiekteorie-eksamen en verwerf daarmee ’n plek op UNISA se ererol vir uitblinkers. NUWE ONDERWYSERS: Die Laerskool Dagbreek in Robertson verwelkom drie nuwe onderwysers by die skool. Links is Lorenda Augustyn, Valencia Stevans (onder links) en Solene Tobias. Hulle gee vir die gr. 3-leerlinge skool.

SWEMSEISOEN: Chris Redelinghuys en Philip Jonker van die Hoërskool Bonnievale het tydens die Desembervakansie as lewensredders by Kleinmond opgetree. Philip was die leier van die See-en-Sand-span wat na swemmers se veiligheid omgesien het.

News - Nuus

Breederivier Gazette

7


a ze e

Breederivier

Breed eri vier

023 626 5212 Year 17 • 12 Februarie 2013 | Tel. 023 626 5212

Teammate to race in Stander’s memory The returning champion of the Absa Cape Epic, Christoph Sauser, will be partnering up with 2012 Olympic Champion Jaroslav Kulhavy to race in this year’s Absa Cape Epic.

The pair will be riding in memory of Burry Stander, Christoph’s teammate last year. Burry was hit by a car and killed while riding his bike in KwaZulu-Natal early in January. “Nobody can replace Burry, because we all have individual personalities! I am so fortunate that Jaro can fill in the big gap for Burry at the Absa Cape-Epic” said Sauser. “We cannot wait to race our hearts out for Burry, his family, friends, his Burry Stander is seen here competing in the 2012 Absa Cape foundation Songo and ourselves too. Epic. PHOTO: SHAUN ROY/CAPE EPIC/SPORTZPICS It will be my most emotional Absa force which will be hard to beat,” said Hyam. Cape Epic ever.” “Under such tragic circumstances with the This will be Kulhavy’s first appearance at the legendary eight-day stage race across recent loss of one of our teammates, this has South Africa. “I was called by teammate Chris- only solidified and united the team even more. toph Sauser, who asked that we partner up and Through Burry’s death, the entire Specialized ride this great race in Burry’s honour,” said Racing MTB Team is more motivated than evJaroslav. “I now want to win this race more er to succeed and ride to the best of their ability than ever in memory of my teammate and good in Burry’s honor. Burry will always remain foremost in our minds and will live on in our friend, Burry.” Specialized S-Racing team director David hearts forever,” Hyam added. ) Specialized Bicycle Components was Hyam followed Christoph’s comments with further support. “The experience of Christoph founded in 1974 by riders. Based in Northern combined with the immense power and California, they focus on riders’ need for funcstrength of Kulhavy provides a formidable tional and technically advanced products.

Masakheke athletes show talent The Masakheke Secondary School held its annual interhouse athletics meeting on Wednesday 30 January at the Van Zyl Street sports grounds. Amahle Gqiza was the best girls’ athlete and Lwando Hohlo the best boys’ athlete. The Pirates Team performed the best on the day and were worthy winners. The school and its pupils thank all who contributed to the success of the day and thanked Nobles transport who transported the pupils to and the local municipality for preparing the venue. The school wishes the pupils good luck who are competing against other schools on Saturday 9 February 2013.

Amahle Gqiza won the best girls’ athlete award.

TENNIS-FOENDIES: Laubscher van de Merwe en Annelie Wessels van die Hoërskool Bonnievale is opgeneem in die Boland-Platteland-tennisspan. Laubscher as nommer twee in die seuns o.17-span en Annelie as nommer vier in die meisies o.19-span. Laubscher het ook aan die Boland-proewe deelgeneem waar hy sewende geëindig het in die seuns o.19-afdeling.

Lwando Hohlo won the best boys’ athlete award.

TUIS OP DIE TENNISBAAN: Margarete van Eeden van Hoërskool Robertson het tweede geëindig in die o. 15-Noord-Boland-tennisproewe. Sy is opgeneem in die Noord-Boland-span wat Vrydag 25 Januarie aan die Boland-Platteland-proewe op Worcester deelgeneem het.

Robertson­dominoklubs wil die sport uitbrei Op Sondag 20 Januarie het Robertson Domino’s ’n vergadering gehou saam met verteenwoordigers van die Langeberg-munisipaliteit. Die doel van die vergadering is om domino’s as ’n sport in die Langeberg te bevorder. Rdl. Davin Hull het die vergadering toegespreek wat bygewoon is deur Môreson United, Panorama, Growing Flowers, Likkewaan, The View en die All Stars. Hull het die vergadering toegespreek en verduidelik waar domino’s as ’n sport in die Langeberg inpas. Opsies oor hoe die sport verder ontwikkel kan word, is ook bespreek by die vergadering.

Munisipale-verteenwoordigers was verbaas oor hoeveel mense reeds betrokke is by die sport. Hull het die jeug geprys vir hul teenwoordigheid en veral klem gelê dat klubs meer vrouespelers moet betrek by die sport. Hy het sy ondersteuning aan die sport en aan Robertson Domino’s toegesê. Op Sondag 3 Februarie het Robertson Domino’s begin met sy jaarlikse kompetisie. Die voorsitter, Winston Karelse, vra die gemeenskap se ondersteuning, deur wedstryde by ty woon en spanne aan te moedig. Hy vra dat buurte wat nog nie betrokke is by domino’s nie, wel betrokke raak en buurte wat reeds betrokke is, hulle spanne uitbrei.

Likkewaan­dominoklub sit 2013 goed af Die Likkewaan-dominoklub het verlede week ’n waarskuwing aan die streek se domino-spanne uitgestuur ná hul oorwinning oor Môreson-dominoklub. Likkewaan het die

2013-seisoen goed afgeskop op 3 Februarie. Likkewaan het vir Môreson met vyf teenoor twee geklop. Thomas en Marno Skebotha is vanjaar die span se openingspelers.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.