Breederivier Gazette 16-04-13.pdf

Page 1

Breederivier

Year 17 • 16 April 2013 | Tel. 023 626 5212

Einde van oes met oorgawe gevier Die Round Table het Saterdag hul jaarlikse Oes-Af-funksie gehou om die einde van die 2013-oes op die pragtige plaas St Kilda te vier. Daar is tot laataand gedans en gekuier. Die funksie is gehou om geld in te samel vir die Baby Elizabeth Jordaan-trust. Hier is lede van die Round Table by die drie massiewe potjiekospotte wat spesiaal vir hierdie geleentheid gemaak is. Van links is Manuel de Freitas Pistana, Anton Bruwer, Henry Marais, Johannes Gelderblom, Rossouw Brummer en Hanno Schwartz met sy seun Eloff. FOTO: VERSKAF

Aksies vir landbousektor

DALEEN FOUCHÉ

Verhoudinge tussen produsente en plaaswerkers moet herstel word om te voorkom dat nog betogings oor plaaswerkers se lone plaasvind. Dit is volgens Gerrit van Rensburg, minister van landbou in die Wes-Kaap, wat die plaaslike landbougemeenskap op Vrydag 12 April toegespreek het in die Robertson stadsaal. Van Rensburg se hoof boodskap aan die landbougemeenskap is dat almal in dié sektor ’n belangrike rol het om te speel. Hy sê sedert die stakings in die landbousektor vroeër vanjaar en verlede jaar, het sy depar-

tement sekere aksies van stapel gestuur om te verseker dat die stakings nie weer vlamvat nie. ’n Paneel van kundiges wat nie self by landbou betrokke is nie, sal gedurende die volgende paar maande die geaffekteerde areas besoek en onderhoude met mense in die landbousektor voer om vas te stel wat die geleenthede en probleme in die sektor is. Voorbeelde van suksesvolle plase sal opgeteken en bekend gemaak word om sukkelende plase te help. Van Rensburg sê die departement sal plase bystaan met die etiese sertifisering van produkte en poog om ook die plaaswerkers “se stem” te laat geld deur direk met plaaswerkers in verbinding te tree. Die departement van landbou gaan ook ’n ge-

samentlike ete vir plaaswerkers en produsente by die premier se woning in Leeuwenhof reël om só verhoudinge te verbeter. Van Rensburg sê daar sal veral klem gelê word op die jeug in die landbousektor, soos plaaswerkers se kinders, wat “swaar kry en afgeskeep voel”. Stappe wat in dié verband geneem word, sal veral op opleiding gerig wees. Nadat Van Rensburg die landbougemeenskap toegespreek het, is ’n aktiewe vraag- en antwoord-sessie gehou waartydens verskeie faktore wat die landbou gemeenskap raak, bespreek is. Een boer het sy bekommernis uit gespreek oor die toenemende voorkoms van meganise-

ring en die effek daarvan op ongeskoolde arbeid in die omgewing, aangesien arbeid al hoe meer gespesialiseerd word. Van Rensburg het gesê die kabinet bespreek tans die herinstelling van vaardigheidskole, juis om hierdie uitdaging aan te spreek. Van Rensburg het ook kleinboere aangemoedig om “groot boere” te word en gespog met die Wes-Kaap se kleinboer-suksesverhale. Op nasionale vlak slaag slegs 10% van alle kleinboer- projekte, maar in die Wes-Kaap slaag 60% van kleinboere met hul projekte. Raadslid Henry Jansen, onderburgemeester van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit, het kleinboere aangemoedig om by hulle te registreer om toegang tot grond te bekom.


2

General - Algemeen

Breederivier Gazette

Dinsdag 16 April 2013

Wildepaardekloof wen blokkompetisie Wildepaardekloof Farming het vanjaar die VinPro/Winetech Wingerdblokkompetisie vir die Robertson-wyndistrik gewen. Die eienaar is Angela Frater en die plaasbestuurder is Stefan Botes. Hulle is as wenner aangewys tydens VinPro se jaarlikse Boeredag wat vanjaar op Donderdag 11 April by Ashton Kelder gehou is. Theunis de Jongh van Kleinhoekkloof was in die tweede plek met Graham Beck Wines in die derde plek. Dr. Albert Strever, senior dosent aan die Universiteit Stellenbosch, het die jongste navorsing oor Shiraz bespreek. Ná die praatjie is die wenners aangekondig en die pryse uitgedeel. Vanjaar se tema was Kwaliteit Shiraz, ongeag die snoei- of prieelstelsel. Pryse van ongeveer R80 000 is uitgedeel, waarvan Nulandis die grootste borg was. Wildepaardekloof Farming se wenblok is in 1999 geplant en geënt op R99. Hennie Visser, VinPro se wingerdboukundige vir die Robertson-distrik, het die positiewe punte van die blok uitgelig.

Die wenners van die Vinpro-blokkompetisie is Angela Frater, Theunis de Jongh, Stefan Botes, Albertus van Zyl en Pieter Fouché. FOTO: VERSKAF

Kultuurtalent bekend gestel Hoërskool Robertson het Woensdag, 27 Maart ’n besonderse kultuuraand gehou wat musiekitems sowel as drama ingesluit het. Die musiekleerlinge het hul besonders goed van hul taak gekwyt en die items het ’n blokfuitduet, blokfluitsolo, klaviersolo’s, ’n klavierduet, ’n klaviertrio en ’n saksofoonsolo ingesluit. Die dramatoneel, Die Melkboer Intelligensie Vereniging vir Vroue, het die gehoor heerlik laat lag.

DIE GROOT DAG: Marius Tredoux en Lizelle Wilds, wat albei by die Laerskool Robertson betrokke is, is verlede naweek by Merwida Kelder in die huwelik bevestig. Marius is ’n onderwyser by die skool en Lizelle ’n klashulp. FOTO: VERSKAF

Die fluitspelers, Ingrid Visagie en Tania Visagie, is twee susters wat ’n blokfluitduet gelewer het.

Marishan Veldsman en Megan Janse van Rensburg is hier by hul onderwyseres, Susara Stemmet.

Skoolreünie by Brakkloof Laerskole Brakkloof en Lindleyspoort, wat hul deure in die sewentiger- en tagtigerjare in die Swartruggens-distrik gesluit het, nooi alle oudonderwysers, -leerlinge, inwoners en belangstellendes uit na ’n groot reünie wat op die skoolterrein van die destydse Laerskool Brakkloof gaan plaasvind. Dit word beplan vir die langnaweek van 20 tot 24 September om die twee skooltjies wat rondom 1903 ontstaan het se bestaan en rol in hierdie omgewing te herdenk. Skoolfoto’s vir die saamstelling van ’n CD word dringend benodig. Stuur kontakbesonderhede na kroonwater@telkomsa.net of skakel 012 665 3474 tussen 08:00 en 12:00 op weeksdae. SMS’e kan gestuur word na 072 124 1076 vir meer besonderhede.

Hospital needs volunteers The Friends of the Montagu Hospital Trust will host its annual general meeting (AGM) on 25 April at 18:30 for 19:00 at the Bowls Club in Hospital Street, Montagu. The Friends of the Montagu Hospital Trust is run by volunteers. Since 1999 it has collected funds to help maintain the standards of treatment offered by the Montagu Hospital and local clinic. New volunteers are always needed and welcome, so everybody is invited to attend the AGM. Phone Brenda Webster, secretary of the Friends of the Montagu Hospital Trust, on 023 614 2263 or chairperson David Hall on 072 045 0891.

Meet Edward of Day ’n Night Removals ) What is your name and surname? Edward Stewart ) What is the name of your business and where is it situated? Day ’n Night Removals: head office in Kuils River, Cape Town with a branch in Robertson. The business owns trucks

across the country. ) What kind of business do you run? Furniture removals. ) What is your favourite product or service? Household/office removals. ) When and how did you start your business? In 1988 I started a local remov-

al service in the Cape Peninsula as a one-truck owner driver. ) Where do you see your business in five years? We offer a country-wide service anywhere in South Africa. ) What is your business motto? Peace-of-mind removals at pocket-pleasing prices ...

The Day ’n Night Removals team.


Dinsdag 16 April 2013

News - Nuus

De Hoop kry skoolbus ANITA DE KOCK Blydskap en dankbaarheid was die oorweldigende reaksie van ouers en skoliere in die De Hoop-omgewing toe ’n busdiens verlede Maandag vir die eerste keer in die omgewing ingestel is om leerlinge van en na skole te vervoer. Dit kom na ’n dringende aansoek op 6 Ouers en leerlinge staan voor die bus wat hulle nou op ’n daaglikse basis na die Februarie vanjaar skole in Robertson sal vervoer. FOTO: VERSKAF aan die Wes-Kaapse Benewens die bus, is daar ook twee kleiner onderwysdepartement en die Wes-Kaapse minister van onderwys, Donald Grant, om ’n bus- Quantum-bussies wat help om die bus te onderroete vir skoliere van Langeberg Sekondêr, steun. Een van die optel-/aflaaipunte is die geVergesig Primêr en Laerskool Dagbreek in te meenskapsaal by Uitsig op die De Hooppad. Leerlinge wat dié skole bywoon moes daagstel (De Hoop vra busvervoer vir kinders, 12 Feliks meer as 10 km reis om by die skool uit te bruarie). Die drie skole het in Oktober verlede jaar ook kom. Vervoerkoste vir taxi’s het sommige ou’n aansoek vir die busdiens ingedien, maar dit ers tot R80 per week gekos om hulle kinders by die skool te kry. Die ouers kan daardie uitgais afgekeur weens ’n tekort aan geld. Volgens Bronagh Casey, ’n woordvoerder we nou vir ander noodsaaklikhede aanwend. Vir Tinkie Adams was die koms van die busvan die departement, is daar vir die 2012-’13finansiële jaar R203 miljoen begroot vir die ver- diens selfs meer welkom. Haar twee kinders moes gedurende die week by hul ouma in Rovoer van skoliere. Ná die aansoek en verskeie vergaderings tus- bertson woon ten einde skool toe te kon gaan. sen die onderskeie partye, het die departement Nou is haar kinders elke middag teen vieruur die diens goedgekeur en is ’n tender vir die bus- tuis en sy kan hulle self versorg. Volgens Mavis van der Walt, wat saam met diens aangevra. Dit is vir ’n tydperk van vyf haar man Pieter gehelp het om die busdiens jaar aan Abraham Fortuin toegeken. Fortuin het aan die Gazette gesê hy vervoer ingestel te kry, is die blydskap in die gemeenreeds die afgelope 21 jaar skoliere en hy is dank- skap oorweldigend. Sy vertel van een ma wat daagliks haar dogter, wat aan ’n hartkwaal ly, baar dat hy dit nou amptelik kan doen. Die bus, wat 61 kinders kan vervoer, is oud 12 km op haar rug na die skool gedra het. Nog ’n ouer, Norman Adams het gesê hulle maar in ’n goeie werkende toestand. Hy sê hy is reeds op soek na ’n nuwer bus om dié een is so bly oor die bus. “Ons het jare lank hiervoor gewag.” te vervang.

Breederivier Gazette

Easter weekend road death toll down by 30% Easter weekend road deaths in the Western Cape have decreased by 30% compared to last year, according to the Department of Transport and Public Works. Fourteen people were killed in the province this year, in comparison to 20 last year. MEC for Transport and Public Works Robin Carlisle says this Easter was characterised by wet conditions and high traffic volumes. “As we await figures for the entire month of March 2013, which was not a good month on our roads, the Easter period has shown that buckling-up and pedestrian safety remain a serious concern. As we continue to

see motorist behaviour change, so too must passengers, particularly back-seat passengers, and pedestrians.” Carlisle says these road users must realise how vulnerable they are and the dangers that they often place themselves in by not complying with road rules. Enforcement statistics reveal that altogether 22 411 vehicles were stopped and checked in the Western Cape, 288 public transport vehicles were stopped and a total of 3 370 people were also screened for alcohol. Altogether 56 arrests were made for driving under the influence of alcohol.

Suspension of liquor bylaw on municipality’s table DALEEN FOUCHÉ A request has been made to the Langeberg Council to suspend the recently published liquor bylaw, which has caused confusion and outrage amongst liquor licence holders. The request was made by Soyisile Mokweni, manager of the Langeberg Municipality, during a council meeting on Friday 12 April after various complaints were received regarding the new bylaw. The Gazette previously reported that the new bylaw is unpopular with liquor licence holders, especially with clubs. Club owners have indicated that the new,

earlier closing times for on-consumption liquor licence holders, will affect their businesses negatively (“No cheers to liquor bylaw”, 26 March). Several liquor licence holders have approached a local attorney to explore options on how to have the bylaw suspended. Council will make a decision on the suspension of the bylaw on Thursday 25 April. Mokweni says once Council has taken a decision, a request will be sent to the provincial government to publish the suspension in the Provincial Gazette. However, until the bylaw’s suspension is published in the Provincial Gazette, it remains applicable.

3


4

News - Nuus

Breederivier Gazette

Dinsdag 16 April 2013

Dapper Pippie steun dogtertjie ANITA DE KOCK Pippi Kruger, die brandslagoffertjie wie se behandeling die land gaande gehad het, is Woensdag 1 Mei op Robertson om ’n plaaslike meisietjie, Elizabeth Jordaan, te help om geld in te samel vir haar mediese behandeling.

1613 EW 1C5ERQ0

PAASNAWEEK-SANG: Die Moria-gemeente van Robertson se jeug- en triogroep het gedurende die Paasnaweek, van Vrydag 29 tot Sondag 31 Maart, deelgeneem aan ’n sangkompetisie by ’n saamtrek van verskeie Moria-gemeentes. Die Moria-gemeentes van die Paarl, Bonnievale, Robertson en Riverside het die saamtrek bygewoon. Robertson se jeug- en triogroep het albei trofeë gewen.

Pippie en haar ma, Anice Kruger, is die eregaste by Pippie se Tee, ’n spesiale fondsinsamelingsprojek vir Elizabeth Jordaan wat deur die plaaslike Vryburgers gereël word. Die funksie word by die Robertson-skouterrein aangebied en kos R80 per persoon. Elizabeth is tans ’n jaar en vyf maande oud. Sy het op vier maande begin siek word, en is ná toetse gediagnoseer met SMARD1 (Spinale Spieratrofie met asemnood). Dit veroorsaak dat haar diafragma, wat vir asemhaling verantwoordelik is, verlam is. Sy moes ’n tragiotomie (gaatjie in haar keel) kry vir asemhaling en is ook aan ’n respirator gekoppel.

Elizabeth moet 24 uur per dag versorg word en het twee helpers om haar ouers by te staan. Die gesin se mediese fonds het aan die einde van 2012 opgeraak en hulle is nou self verantwoordelik vir haar behandeling. Hulle het intussen ’n trustfonds, The Baby Elizabeth Jordaan Trust, gevorm om hulle te help om geld vir haar versorging te bekom. Pippie se Tee en die besoek aan die dorp sal hopelik help om die nodige fondse te verkry. Volgens mev. Sanet Jordaan, Elizabeth se ma, kan haar dogter reeds op haar boude rondskuif en sy kry spesiale oefeninge om te staan en te leer loop. Belangstellendes wat Elizabeth wil ondersteun en die dapper Pippie wil ontmoet, kan gerus op 1 Mei ’n draai by die skouterrein maak. Die verrigtinge begin om 10:00 die oggend. Vir meer inligting oor die byeenkoms, skakel 083 381 4549. As iemand ’n bydrae tot Elizabeth se trustfonds wil maak, bel Sanet Jordaan by 082 900 8118.

EKSTRA WISKUNDE KLASSE VIR GR4 TOT GR 9 KOSTES: R80.00 PER UUR KONTAK: LIZA 082 697 2497

Elizabeth Jordaan

FOTO: SANET VILJOEN


Dinsdag 16 April 2013

News - Nuus

Breederivier Gazette

Montagu residents to discuss town affairs A public meeting will be held for the local Montagu community on Wednesday 17 April to address concerns in the town.

MOOI MODELLE: Die Mountain View-biblioteek het onlangs Biblioteekweek gevier en ook tydens die Paasnaweek die Mej. Mountain View 2013-kompetisie aangebied. Die modelle was (agter van links) Dordrey Bothman, Mieska Miller, Cleo Stahl, Laurenesca Toerien en Petronella Jansen. Voor is Anine Solomons, Angelee Eksteen, Jefflin Voight, Trudine Frazenburg en Eljo Hendricks.

PAASHASE: Dié kinders het Paashasies gemaak tydens Biblioteekweek by die Mountain View-biblioteek op Robertson.

Gazette vier Moedersdag Die Breederivier Gazette nooi jou om die komende Moedersdag hulde aan jou ma te bring. Laat plaas ’n foto van jou ma en haar kind (of kinders) en beskryf hoekom Ma vir jou so spesiaal is. Vir net R55 staan jy ’n kans om lekker pryse te wen. Die Moedersdag-kompetisie vind plaas vir die Gazette-uitgawes van 23 April tot 7 Mei. Inskrywingsgeld is R55 per foto. Vir meer inligting, bel Annelda Grootboom by 023 626 5212.

According to an email circulated by Mareletta van Zyl-Wohlfarter to encourage Montagu residents to attend the meeting, there is much to discuss about the local municipality and the sustainability of development for the future of Montagu. The email states that the three legs for local economic development in the Langeberg are agriculture, business and tourism – with strong relationships between each of these and tourism being the strongest aspect for future growth. “Several issues relating to the strengthening of tourism in Montagu and the Langeberg as a whole, as well as ensuring a sustainable future of local economic development, will be discussed during the meeting.”

Issues for discussion will include: ) Tourism and its support structures ) Agritourism ) Business potential in collaboration with tourism ) Strengths and attractions of Montagu ) Montagu Mountain Reserve ) Montagu Nature Garden ) Montagu irrigation dam (commonly referred to as the leiwater dam) and parks ) Protecting and promoting a unique heritage ) Conservation of historical buildings and maintenance of the CBD area ) Municipal support services ) Community involvement – collaborative efforts The meeting will be held in the Hofmeyr Hall and start at 18:30. The local community is requested to attend the meeting. For more details, contact Van Zyl-Wohlfarter on 082 444 3927, or Ron Brunings on 072 759 2326.

Send your news tips and photos to Daleen Fouché at gazette@breede.com

5


6

Breederivier Gazette

Geklassifiseerd

Dinsdag 16 April 2013

12

AFSKOPFLUITJIE BLAAS VIR ROBERTSON RANGERS: Die Rangers-rugbyvoetbalklub van Robertson het Saterdag 13 April teen die McGregor-rugbyvoetbalklub gespeel en hulle met 26-6 in die eerste ligawedstryd van die seisoen geklop. Die man van die wedstryd was Jaco Driehart. FOTO: VERSKAF

FAMILIEKENNISGEWINGS FAMILY NOTICES 08 Sterfgevalle Death Notices

JACOBS KAROOLS (Pastrole) Geb.17/07/1937Gest.11/04/2013 Die roudiens vind plaas Donderdag om 18.30 in Watsoniastraat 16. Begrafnisdiens, Saterdag 20 April om 11vm by die huis en 11.30 in die VGK kerk, Robertson. Sal onthou word deur kinders, kleinkinders en familie.

Dankbetuigings Thanks

GRAAG wil ek vir suster Mienie en broer Abner baie dankie sê tydens die siekte van suster Miranda Africa, vir gebede en bemoedigende woorde, Sondag 7 April 2013. Weereens baie dankie broer Abner en suster Mienie wat weer daag was om ’n gebed te doen en die kinders te bemoedig. Die Here seën julle 2 op die Christus pad.

ALGEMENE DIENSTE GENERAL SERVICES 1141

Algemene Dienste General Services LOANS approved R1000 up, to R100 000. Blacklisted & garnish welcome. latest payslip, 2 months bank statement and copy of ID. 10 minutes approval. Contact 076 682 2723 or sms.

KOM geniet die avontuur en ontspanning van perdry by die Robertson Ryskool.* Ons bied verskeidenheid van rylesse vir kinders en grootmense vir beginners en ervare ruiters *Outrides tussen die wingerde en langs die Breërivier * Wynproë op ’n perd se rug of met die waentjie by Majors Hill en Springfield. * Perdrykampe vir kinders gedurende skoolvakansies * Mini kommando’s op Saterdae* Kinderpartytjies. Skakel ons gerus by 072 291 7631 of 082 402 7088. LIVE BAND te huur. Dans band vir alle funksies, speel Jazz, Pop en Langarm. Kontak Juven 078 136 8481. «


Dinsdag 16 April 2013

Advertisement - Advertensie

Breederivier Gazette

7


Breederivier

Year 17 • 16 April 2013 | Tel. 023 626 5212

SWD-MANNE: Dié rugbymanne van Montagu het op 23 Maart die saamtrek van oud-SWD-rugbyspelers wat tot en met 1992 gespeel het by die Callie de Wet-stadion op Robertson bygewoon. Hier (van links) is Edward van der Merwe, Willy Booysen, Hennie Baartman, Christy Fluks en Arnoldus Fluks.

LIKKEWAAN STEEDS KONING: Die Likkewaan Domino-klub van Robertson het onlangs kragte gemeet teen Môreson United en weereens bewys hoekom hulle die voorloper is in die kompetisie. Puik spel deur George Saayman en John Fortuin het daartoe gelei dat Likkewaan met 4-0 voorgeloop het. Hoewel Môreson teruggeveg het tot 4-1, het Denzel Saayman en Granville Fortuin gesorg dat Likkewaan die oorwinning seël. Die klub is baie dank teenoor hulle borg, Deon van Wyk van T.W.K. Brick en Block, verskuldig. FOTO: VERSKAF ELEGANCE IN MOTION: The Sanae Multi Discipline Equestrian Show will take place on 20 and 21 April at the Robertson Showgrounds. Visitors can watch events such as Working Hunter, Working Rider, Performance Riding and Equitation. The events start on Saturday April 20 at 08:30 and the main event, the Dressage Show Jumping event, will be held on 21 April. Entrance is free of charge. Simone Gatt of La Rochelle (photo) will be one of the riders that will participate in the event.Phone Aidene at 084 584 2399 for details.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.