Breederivier gazette 16 12 2014

Page 1

Breederivier

X1PK54HH-BZ161214

Year 18 • 16 Desember 2014 | Tel. 023 626 5212

www.bolandgazette.co.za

Gerhard du Preez, eienaar van Robertson Superspar, oorhandig die sleutels van haar blinknuwe vuurwa aan ’n oorstelpte Melinda Janse. FOTO: ZELDA KLOPPERS

Valleier in haar noppies met nuwe vuurwa ZELDA KLOPPERS “Het ek gedroom, of is dit waar?” Hierdie was Melinda Janse se eerste reaksie toe sy wakker gebel is deur Gerhard du Preez, eienaar van Robertson Superspar, nadat sy van nagskof teruggekeer het. Nadat sy die oproep ontvang het dat sy die wenner is van ’n bloedrooi Volkswagen Vivo (met ’n verkoopswaarde van R140 000) is sy dadelik per geleentheid na Robertson Superspar. Daar vind sy toe die skrif

is letterlik aan die muur en haar naam pronk tussen ander wenners op die plakkaat. Linda, soos sy beter bekend is onder haar vriende en familie, is ’n seisoenwerker by Ashton Langeberg en woon saam met haar aanstaande, Paul Burger, en twee seuns. Haar ouers is ook van Ashton. “Nog nooit het ek iets in my lewe gewen nie en nou beide kere wen ek toe met Spar!” Sy vertel dat sy oudergewoonte haar maandelikse kruideniersware en vleis gekoop het.

Soos Janse die winkel verlaat het, het een van die personeellede aangebied dat sy haar aankopestrokie in die boks moet sit. Dít nadat sy in die winkel gegrap het dat jy nooit weet wanneer dit jou beurt kan wees nie. Met hierdie aankope was sy een van dertien wenners van Robertson Superspar. Altesaam 52 name uit vier deelnemende Spar-winkels in Robertson, Ceres, Parklands en Clanwilliam het elk ’n R500 geskenkbewys en kospak gewen. Uit hierdie inskrywings is een naam per winkel weer ingeskryf vir die groot prys.

Baie ingenome met haar gunsteling supermark was sy opgewonde oor haar eerste keer as ’n wenner. Met die trekking gehou op 4 Desember deur die direkteur van Spar Hoofkantoor, Colin Patterson, is Janse se stoutste verwagtinge oortref. “Ek het nog nooit ’n voertuig besit nie. “My aanstaande se motor behoort nog aan die bank en hy wou graag ook vir my ’n motor koop. Hierdie is inderdaad ’n groot seën voor Kerstyd.” Met die oorhandiging van die sleu-

tel op Donderdag 11 Desember, wou Janse baie graag haar twee seuns van nege en twee saambring, maar noem bietjie skaam dat hul so opgewonde is dat die hele Spar hul hande sal vol hê! Haar ouers sien hierdie geluk as ’n seën omdat hul self ook nie ’n voertuig besit nie en Janse kan nou vir hul ook baie help. Janse het reeds haar rybewys maar die oorhandiging was so oorweldigend dat sy een van Spar se personeellede gevra het om die kar voor die skare weg te trek.

X1PK52FW-BZ161214


2

News - Nuus

Breederivier Gazette

Dinsdag 16 Desember 2014

ELKE DINSDAG ) Die Christelike Afhanklikheidsdiens (CAD) vergader 19:00 by die Thusong-sentrum. Navrae: 0 082 666 9884 of 023 626 1337.

ELKE DONDERDAG ) Alkoholiste Anoniem vergader om 19:30 in die Eeufeessaal (ingang by parkeerplek agter Stadsaal) op Robertson.

EERSTE SATERDAG VAN ELKE MAAND ) Teetuin en oggendmark by die Robertsonmuseum se anneks. Gebruik Le Rouxstraat-ingang. Navrae: 0 023 626 3681.

TONEELAAND: Die Randrivier-dramagroep hou op 19 Desember om 19:00 ’n Christelike toneelaand in die Robertson Stadsaal. Die hooftoneel is die Geboorte van Jesus. Toegangsgelde beloop R5 per persoon. Vir meer inligting, bel Mariam by 073 111 5053.

Rockets see in new year The search for a New Year’s Eve bash is over. One of South Africa’s most successful and longest-running R&B and pop bands, The Rockets, will be at Golden Valley Casino’s Winners Action Bar on 31 December to lead revelers into 2015. The Rockets’ New Year’s Eve Show promises to be exuberant, fun-filled and entertaining – a fitting way to see in the New Year. The band has recently returned from a very successful stint in the Egyptian Sinai and is in South Africa for a few months before heading overseas again. They usually spend about six months trav- Ring in 2015 with popular South African pop and R&B band, The Rockets, elling and performing at Golden Valley on 31 December. abroad to wide acclaim from audiences in Australia, Bahrain, UAE and vari- Park, KKNK, and the Rand Show. René Scholtz, PR and promotions manager at ous other countries in the Middle East, Seychelles, Marocco, Egypt and other parts of Afri- Golden Valley, says their New Year’s Eve Show promises to be exuberant, fun-filled and enterca. The Rockets have also supported many inter- taining – a fitting way to see in the new year. “The Rockets are more than just a group; national acts in South Africa. These include Usher, Ronan Keating, Will Young, Patrizio Bu- they’re a musical institution. They have a stunanne, Alicia Keys, P. Diddy, Eddy Grant, Luther ningvisualappeal,theirplayingistopnotchand Vandross, The Spice Girls, Wet Wet Wet, Billy their songs are fresh and fulfilling. They continue to set both local and international stages Ocean, The O’Jays and many others. They have also performed at many other pres- alight with their colourful, uncompromising tigious events in South Africa, among others: and energetic performances.” While The Rockets will only perform from The Jazzathon, The Richtersveld Land Claim Celebration, The Staying Alive Aids concert at 22:00, the doors to Winners Action bar will open Greenpoint stadium filmed by MTV and at 21:00 to give people time to settle in. No under watchedbyanestimatedaudienceoftwobillion, 18s are allowed. Tickets cost R100 and are availaUnite of the Stars, the massive Concerts in the ble at the casino’s cash desk.

SECOND THURSDAY OF EACH MONTH ) Montagu Alzheimer’s Support Group meets at 15:00 in the bottom lounge of Huis Uitvlucht, Montagu.

SATURDAY 20 DECEMBER ) Sunset Concert Magic with the Burgundy Karoo band and many others from 17:00 at Merryweathers Guesthouse Garden. Tickets: R50 (children under 12 free). Great assortment of food and drink available. Bring along a picnic blanket. Tickets available at Burgundy Gherkin for R50 or R80 on the night. 25% of all takings will be donated to Rietvallei 1 Primary School Art Project. Enquiries: 2 burgundygherkin@gmail.com or 0 023 614 3734.

DONDERDAG 25 DESEMBER ) Kersfees-buffet 0 023 626 2073.

by

Bon

Cap.

Navrae:

) Traditional Christmas buffet at the Montagu Country Hotel. Serving from 12:30. R295 per person. Booking essential. To reserve your table, contact the hotel on 023 614 3125.

WEDNESDAY 31 DECEMBER ) Midnight in Montagu from 20:00 until late at the KWV building’s courtyard. Tapas starter, spit braai, salads. Dance floor, live music DJ and honesty bar (welcome to bring your own drinks). Tie your wish or message of gratitude to a balloon and release at midnight. Entrance: R250 per adult, R50 per child under 12. Tickets available at the Montagu Tourism Office. Enquiries: Anne-Marie Coetzee, 0 023 614 2471, 082 341 8103 or: 2 anne-marie@montagu-ashton.info. ) New Year’s Eve Safari Dinner. Dinner progresses to different restaurants for each course. Meet at Sam’s Pub for drinks. Starter at Jessica’s, mains at Mystic Tin and dessert and party at Mulligan’s. James Mundey will provide live music. Tickets available at Sam’s Pub, 083 417 9119. Book early, only 40 places available. ) New Year’s Dinner Dance at the Montagu Country Hotel. Special New Year’s buffet, with welcome drink and bubbly at midnight included. From: 19:30 onward. Booking essential. Contact the Montagu Country Hotel on 023 614 3125.

SATERDAG 7 FEBRUARIE – SONDAG 29 MAART ) Hands-on-Harvest. Besoekers kan uitsien na druiwe pluk en trap, wynproe, ’n reuse verskeidenheid stalletjies en trekkerritte Navrae: 023 626 3167.

SATERDAG 14 FEBRUARIE ) Valentyn-gesinspiekniek by Overhex buite Worcester. Van 17:00 tot laat met hope vermaak vir die kinders. Navrae: Christal Meiring, 0 023 347 5012.

SATERDAG 28 FEBRUARIE ) Herberg Kinderhuis se jaarlikse kermis. ’n Groot verskeidenheid vars produkte, gebak en vele meer sal oudergewoonte beskikbaar wees. X1NR0U3W-BZ161214

X1PK52N5-BZ161214

X1PK12QD-BZ161214

Valleikalender: 0 023 626 5212 of 2 gazette@breede.com.


Dinsdag 16 Desember 2014

News - Nuus

Breederivier Gazette

Twee eiendomme in Paul Krugerstraat is beskadig ná ’n voertuig verlede week eers deur die een se hek en toe die ander se tuinmuur gebars het.

3

FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER

Voertuig ploeg deur voorhek en toe deur muur HILDERINE SCHRÖDER Die een oomblik het sy nog op haar voorstoep gesit, besig om op haar selfoon te praat. Die volgende oomblik het ’n voertuig deur hul voorhek gebars. Al wat gedurende dié angswekkende sekondes deur haar kop geflits het, sê Sharon Price, is dat sy reg in lyn met die voertuig staan. Oomblikke later het die voertuig ook hul bure se tuinmuur aan flarde gery. Die voorval het verlede Dinsdag 9 Desember omstreeks 19:30 gebeur ná

die bestuurder van die voertuig glo versuim het om by ’n stopstraat aan die bo-punt van Paul Krugerstraat te stop en beheer oor die voertuig verloor het. Die bestuurder sowel as die insittendes van die voertuig het van die ongelukstoneel gevlug, sê Price, sowel as haar buurman, Robert Swanepoel. Volgens Swanepoel het die bestuurder van die voertuig sy ID laat val in sy haas om van die toneel te vlug, dié het hy aan die polisie oorhandig. Ooggetuies op die toneel beweer intussen dat daar verskeie drankbot-

tels in die voertuig was. Volgens Price is dit nie die eerste keer wat ’n voertuig die hek van hul eiendom by Paul Krugerstraat 107 beskadig nie. Herhaaldelike versoeke vir spoedwalle, voeg sy by, val skynbaar op dowe ore. Dít word deur Swanepoel beaam. “Mense jaag in hierdie straat en stop selde by die stopstraat,” voeg hy by. “Dit is veral erg oor naweke. Iéts moet gedoen word om dit stop te sit.” Hoewel die skade aan hul eiendom aansienlik is, sê beide Swanepoel en Price, is hulle meer bekommerd oor diegene wat gereeld langs dié straat

stap of fietsry. “’n Muur kan reggemaak word. Dit is ’n aardse ding, maar wat as dit ’n mens se lewe was?” meen Swanepoel. Intussen het Swanepoel ook sy ongelukkigheid oor die plaaslike polisie se hantering van die voorval uitgespreek. Hulle het, onder meer, sê hy, eers omstreeks 00:45 opgedaag om opmetings te doen. Volgens kol. John Alexander, stasiekommissaris van die Robertsonpolisie, moes die polisie wag dat die betrokke voertuig verwyder word voor die polisie met hul opmetings kon begin.

Die klagtes teen die betrokke beamptes se hantering van die toneel, voeg hy by, word ondersoek. Die polisie ondersoek ook ’n saak van roekelose en nalatige bestuur. Alexander het bevestig dat die eienaar van die voertuig geïdentifiseer is, maar niemand is in dié stadium in hegtenis geneem nie. Die ondersoek na die voorval duur voort, aldus Alexander. Die Langeberg-munisipaliteit is om kommentaar genader rakende die aspek van versoeke vir spoedwalle in Paul Krugerstraat. Geen terugvoering is egter teen druktyd ontvang nie.

Beurtkrag skaad landbou erg Wes-Kaap, sê die onlangse hoë temperature maak die besproeiingsiklus ook nie maklik nie. “Kritieke besproeiing gaan as gevolg van beurtkrag verlore en kan nie weer ingehaal word nie. Saam met die kragonderbrekings en sensitiewe toerusting wat met besproeiing gebruik word, word toerusting- en oesskade aangemeld wat ’n bykomende kostefaktor meebring.” Opperman sê produksie-aanlegte moet beskerm word wanneer dit by kraglewering kom. “Agri Wes-Kaap het ’n seisoenale produksieskedule aan Eskom verskaf en versoek om dit met die instel van beurtkrag in ag te neem. Eskom stel ons wel in kennis van wanneer beurtkrag toegepas gaan word, maar dié waarskuwings kom soms te laat. Wanneer ons fase 3 van beurtkrag binnegaan, het dit katastrofiese gevolge op alonsprosesse.Fase2houalreedsenormeskade in,” sê Opperman. “Vir landbou in die algemeen hou beurtkrag groot skade vir spesifiek besproeiing, koelkamers, pakhuise en fabrieke in, en is die aangeleentheid tans baie ernstig.”

X1PK532M-BZ161214

Kommer heers in landboukringe oor die negatiewe uitwerking wat beurtkrag op die inmaakvrugtebedryf kan hê. ’n Verklaring deur Agri Wes-Kaap sê dit is veral die inmaakvrugtebedryf wat baie swaar trek en geweldige skade ly. Wiehan Victor, uitvoerende hoof van die Inmaakvrugteprodusentevereniging, sê inmaakvrugteprodusente maak tans appelkose in en het ’n venstertydperk van net drie tot vier weke waarin hulle kan oes. In dié tydperk verwerk inmaakfabrieke sowat 2 000 ton appelkose daagliks. “Desember tot April is ’n kritieke tydperk waarin ons beurtkrag nie kan bekostig nie.” Die inmaakvrugtebedryf, sê Victor, het prosesse wat nie net gestop en weer begin kan word nie. “Sterilisasie van sekere verpakkingstoerusting neem twee tot drie ure voordat produksie hervat kan word. Voor kragonderbrekings moet die fabrieke skoongemaak word om higiëniese standaarde te kan handhaaf. Gereelde kragonderbrekings maak dit bykans onmoontlik om die fabrieke enigsins aan te skakel.” Carl Opperman, uitvoerende hoof van Agri


4

News - Nuus

Breederivier Gazette

Dinsdag 16 Desember 2014

Ouer garde onthaal, vermaak HILDERINE SCHRÖDER Nog voor jy by die wye deur van die Kingna Distillery buite Montagu instap, hoor jy al die vrolike musiek: heerlike trap-trap-deuntjies uit toentertyd. Nie eens beurtkrag kon die heerlike geselligheid om die ouer garde van regoor die Vallei te bederf, in die wiele ry nie. In dié Vallei word daar ’n plan gemaak as Eskom jou onverwags in die steek laat. Daar word dán bloot heerlik konsert gehou en musiek gemaak op die ou manier, traporreltjie inkluis. Hoewel Kerstyd dikwels vir inwoners van tehuise ’n eensame tyd kan wees, het die plaaslike ouer garde onlangs ’n onvergeetlike bederfdag by Kingna gehad. Danksy die RAM-organisasie wat hom op hulpverlening in Robertson, Ashton en Montagu toespits, is hulle op ’n dag van musiek, smullekker kos en geskenke getrakteer. Volgens Carol Burton, stigter van die organisasie, wou die instansie vanjaar seker maak dat die groot alleenwees vir sommige senior burgers hierdie jaar vir ’n wyle opsy geskuif word. Eerste op die spyskaart was ’n vertoning deur die Williston Soptrap-

Die ouer garde van die Vallei is onlangs op musiek, ’n konsert en heerlike ete, sowel as Kersgeskenke getrakteer. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER pers met Johann de Jager en Gerrit van Schalkwyk, oftewel Dusty en Stoffie, wat die hele gehoor betrek het. Daar is geskoffel, ge-riel en, danksy vele kwinkslae, baie geskater van die lag. ’n Hoogtepunt was die Kersvertoning deur die Talana NGK Primêre

AAAAAA-BZ161214

Skool se leerders. Nie eens ’n kragonderbreking kon dié akteurtjies van stryk bring nie en hul uitstekende vertoning het meer as een gas aangedaan gelaat. Die verrigtinge is afgesluit met ’n driegang-ete en die uitdeel van Kersgeskenke.

GROOT EER: Die Breederivier Gazette se advertensieverteenwoordiger, Zelda Kloppers, is onlangs as Boland Media se ‘Mover en Shaker’ van die Jaar aangewys. Dié toekenning gaan jaarliks aan die werknemer wat ’n positiewe bydrae tot die maatskappy lewer deur die inisiatief wat hy of sy neem sowel as hul benadering tot hul werk. Hier oorhandig Barrie de Beer die toekenning aan Zelda, terwyl Ilze Fourie, verlede jaar se wenner, toekyk.FOTO: CASSY VAN EEDEN

X1PJ6RX6-BZ161214

AAAAAA-BZ161214

AAAAAA-BZ161214

X1PJ3D4W-BZ161214

AAAAAA-BZ161214

AAAAAA-BZ161214

AAAAAA-BZ161214


Dinsdag 16 Desember 2014

News - Nuus

BAIE GELUK! Paula Adendorff, ’n boorling van Robertson, het onlangs haar 80ste verjaardag gevier. Adendorff was vir 35 jaar in die onderwys en het op verskeie dorpe skool gehou. Ná haar aftrede in 1989 het sy haar weer by haar ouerhuis in Van Zylstraat kom vestig. Sy het in 1996 by die Robertson ACVV betrokke geraak en dien steeds op verskeie komitees. Sy was ook vir jare betrokke by die Metodistekerk van Suider Afrika se vrouevereniging.

NOG FLINK OP 92! Emsie Jansma het onlangs haar 92 ste verjaardag gevier. Jansma, wat onlangs by haar kinders op Robertson kom woon het, het langer as 25 jaar in Huis André van der Walt in Bellville gewoon. Sy was al die jare baie aktief betrokke by aktiwiteite van die tehuis, veral by die Beweging-metmusiekgroep. Sy hou van ’n uitdaging en het op haar 90ste verjaarsdag die bekende Duin 7 in Namibië uitgeklim.

AAAAAA-BZ161214

Breederivier Gazette

5


6

News - Nuus

Breederivier Gazette

Dinsdag 16 Desember 2014

Smul aan nuwe sjef se disse Sederkloof Lodge in Haus Hans het nie Baviaanskloof in net onlangs ’n nuwe die Oos-Kaap gebestuurder aangewerk, waar hy elke stel nie, maar ook ’n dag vir 12 gaste drie sjef en spog daarby keer per dag maalmet ’n nuwe spystye moes voorberei. kaart. Hiér het hy dikwels Die bestuurder, komplimente van Sibel Consul, oorgaste ontvang soos spronklik van die dié een op TripAdKaap, het ’n passie visor: “The food vir mense en geniet prepared by chef die interaksie met Herman and his die kliënte. staff is truly wonNá drie en ’n half derful and you can jaar op Robertson tell he loves what he leer sy elke dag nog does and takes meer Robertsoners great pleasure in ken en met haar hoë standaarde en dryf- Haus Hans spog met ’n nuwe bestuurder, Sibel Con- producing interesting and tasty dishkrag, glo sy dat sul, sowel as ’n nuwe sjef, Herman Jonker. es.” Haus Hans ’n baie Jonker het Julie vanjaar besluit om aan suksesvolle onderneming sal wees. Die nuut aangestelde sjef, Herman Jon- te beweeg en om homself iewers te vestig ker, is ’n boorling van Pietermarizburg wat waar hy ’n naam vir homself kan maak. Consul was baie beïndruk met Jonker en ná skool besluit het om in die Kaap verder te studeer. Hy het hom, onder die leiding het hom dadelik genader om by hulle aan van David Higg,s aan die Meerendal Hospi- te sluit. Met hulle eie “Gordon Ramsey”, voel sy tality Academy in Durbanville, bekwaam. Sy soeke om sy kennis uit te brei en aan dat Jonker se ondervinding, plaaslik en inhomself verskillende kookstyle bloot te stel ternasionaal, ’n baie groot aanwins vir het hom na Kalifornië en Suid-Carolina ge- Haus Hans gaan wees. Consul nooi Valleiers om Haus Hans te neem. Jonker het die afgelope vier jaar by die besoek en Jonker se disse te kom geniet.

AAAAAA-BZ161214

AAAAAA-BZ161214

AAAAAA-BZ161214

AAAAAA-BZ161214

AAAAAA-BZ161214

AAAAAA-BZ161214

AAAAAA-BZ161214

Klaasvoogs Primêr se leerders kon onlangs kwalik hul opgewondenheid verberg toe hulle tydens ’n Kersboomgeleentheid by dié skooltjie met vroeë Kersgeskenke bederf is. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Kleingoed word bederf HILDERINE SCHRÖDER Vir die kleingoed van Klaasvoogds Primêre Skool het Kersfees vanjaar ’n bietjie vroeër gekom. Vanaf die bruin mat op die skoolsaal se vloer is 188 pare blink oë vasgenael op die Kersboom wat verdwerg word deur die berg geskenke. Kersvader is dalk nie altyd ’n jolige rooiwang-man met ’n boep en sneeuwit baard nie. Soms kom hy in ’n ander gestalte. Soos Rosendal Gastehuis wat vandag seker maak dat dié skool se kinders hul jaar op ’n onvergeetlike noot afsluit én op die koop toe elk met ’n geskenk onder die blad huis toe gaan. En Kersvader se produksielyn het seker gemaak niks word uit die helder versierde geskenkpakke weggelaat nie: van ’n speelding of wat, eetgoed, seep en tandepasta tot nuwe skryfbehoef-

tes waarmee hulle volgende jaar hul nuwe skooljaar kan afskop. So ’n paar meter van die opgewonde kleingoed sit Geir Tellefsen, eienaar van Rosendal Gastehuis, met ’n stil glimlag wat om sy mondhoeke speel en ’n tevrede uitdrukking in sy blou oë. Hy het spesiaal van die Kaap deurgery om die geleentheid by te woon, vertel hy. Volgens Geir is hy al jare lank by die Kaapse Santa Shoebox-projek betrokke en het hy al ’n paar keer probeer om Klaasvoogds daar by ingeskakel te kry. Hiérdie jaar het sy volgehoue pogings uiteindelik vrug afgewerp. “Dit is ’n absolute voorreg om iets aan dié kinders te kan gee,” vertel hy. En nou dat hy uiteindelik in sy doelwit geslaag het, voeg hy by, gaan dit beslis ’n jaarlikse instelling wees. Een na die ander staan die kleingoed in klasverband na-

der om die liedjies en rympies waar hulle nou al weke lank aan oefen, voor te dra. Na elke spontane applous pomp hulle mekaar opgewonde met elmboë in die sy. En dan breek die groot oomblik aan. Kersvader se helpers staan nader tussen die bont ballonne wat soos skoenlappers in die briesie wip. Een na die ander word die geskenke oorhandig en kort voor lank moet Juffrou die opgewonde stemme tot bedaring roep terwyl dié wat nog tjoepstil op die mat wag, met groot oë wag dat húlle name geroep word. Hulle het egter geen rede tot kommer gehad nie. Elke iedere kleinding het ’n geskenk gekry. Selfs dié wat nie saam om die Kersboom kon wees nie. Die dag is op ’n stroopsoet noot afgesluit met heerlike vrugtesap, lekkergoed en kolwyntjies.

X1PJV8EW-BZ161214


Dinsdag 16 Desember 2014

Geklassifiseerd

FAMILIEKENNISGEWINGS

SAKE

IN MEMORIAM

DIENSTE

1015

DR J.J SNYDERS Born: 12/12/1961 Died: 12/06/2014 If tears could wash away our pain. We would not feel such hurt again. The heartbreak felt since you've been gone. We wouldn't wish on anyone, but today is your first birthday away. So we'll just have to be brave. And accept God's taken what first he gave. We miss you from your loving wife and kids.

7

VOERTUIE

MOTORS TE KOOP 2420

ADAM MOSES DANIELS. 14/12/2014 is dit 2jaar sedert die heengaan van ons geliefde man en Daddy. Die verlange steeds baie baie groot. Ons koester al die mooi herinneringe. Met baie liefde, jou vrou Evelyn, Peter, Carol en Cassidy.

Breederivier Gazette

3025

VOERTUIE TE KOOP Diahutsa Charade motor nuut oorgedoen, "carburettor" kort aandag. Gelisensieërd, voetstoots en padvaardig. R5 500. Skakel 084 305 0385 of 073 175 1053.

VOORWAARTS NA NUUSGLORIE! Voorwaarts, die skoolkoerant van die Hoërskool Bonnievale, is onlangs aangewys as die algeheel beste skoolkoerant in Suid-Afrika. Die kompetisie is deur Media 24 aangebied. In die proses is van die spogskole in die land stof in die oë geskop deur die redaksie op die foto. Saam met hulle is Stefan Prins, die skakelonderwyser, met die redakteur, Lize-Mari Viljoen, voor hom.

PERSOONLIKE DIENSTE OPLEIDING & OPVOEDING 1480

LEIERS: Die Hoërskool Montagu se nuwe verteenwoordigende raad van leerders is onlangs aangewys. Agter (van links) is Gawie le Roux, Timothy Terreblanche (onderhoofseun), Wilmien Uys (hoofmeisie), Matthew Odendaal (hoofseun), Jandri van Zyl (onderhoofmeisie), Jana Uys en Izel Stemmet. Voor is Jaco Joubert, Gregg Gabriel, Tyrique Kleyn, Jana den Engelsman, Clarissa Vosloo en Nicole van Zyl. SNYMAN REGINA (Bawa) Bawa, dis jou eerste verjaarsdag weg van ons. Jou plek is leeg en jou stem is stil. Die pyn is nog daar, maar die troos dat jy by Jesus is. Mis jou eneindig. Van jou man Geoffrey, Denise, Verna, Devi en al die familie. GELUKWENSINGS 1030

AAAAAA-BZ161214

TE KOOP

ELEKTRONIES & DIGITAAL

TENNIS: Hierdie leerders van Laerskool Robertson is in die Boland-tennisspan vir 2015 ingesluit. Agter (van links) is Arabella Winshaw (o. 11), Karla Bruwer (o. 13) en Michelle Burger (o. 12). Voor is Conrad Prins (o. 12), Thean Swanepoel (o. 12) en Keanan Barnard (o. 12).

1625

COMPUTER SPECIALS. Pentium 4's from R1299,00. Refurbished with warranty. Call Dolf Uys 072 705 8577. TROETELDIERE 1660

ZAKIYYAH SNYDERS Baie geluk Zakiyyah op jou 8ste verjaarsdag, 22 Desember 2014. Lief jou baie my skat. Van jou mammie en ouma.

DIERE TE KOOP Boerboel tefies, 2 maande oud. 2 Briundel en 1 bruin hondjie. R1 000 elk onderhandelbaar. Skakel vir Jolandi by 078 916 1084.

AAAAAA-BZ161214

AAAAAA-BZ161214

ERKENNINGSAAND: Die Robertson Voorbereidingskool het onlangs sy jaarlikse erkenningsaand in die Robertson Stadsaal gehou. By dié geleentheid was (van links) dr. Brian Wilson (hoof: kurrikulum en advies by die Kaapse Wynland-onderwysdistrik), Sanette Prins (skoolhoof) en Juan Benjamin (direkteur: Kaapse Wynland-onderwysdistrik) wat as oorhandiger en gasspreker opgetree het. FOTO: DEON VAN DEVENTER

LEIERSKAP GESLYP: Wilmien Uys van die Hoërskool Montagu is gekies om Die Burger se 56ste Jeugleierskonferensie by te woon. Leiers van die Noord-, Suid-, Oosen Wes-Kaap sal vir ’n week in Die Burger se strandhuis tuisgaan. In die tyd sal hulle onder meer Robbeneiland en die vlootbasis in Simonstad besoek, asook die Universiteit Stellenbosch, Media24 en die Wes-Kaapse premierswoning, Leeuwenhof.


Breederivier

AAAAAA-BZ161214

Year 18 • 16 Desember 2014 | Tel. 023 626 5212

Altus de Wet

Jacquin Hess

Ferisco Adams saam met die Protea-krieketspeler Vernon Philander.

STUDENTERAAD: ’n Oudleerder van die Hoërskool Robertson, Jaco Botha (naasregs) is onlangs verkies tot die studenteraad van die Stellenbosch Rugbyakademie. By hom is sy mederaadslede (van links) Stuart April, Nico Havenga, Gregory Nel, Ruaan Stander en Wesley Futter.

Gerovan Otto

Chrissie Burger

Marlon Michaels

Sterre hou Vallei-naam hoog

HILDERINE SCHRÖDER Die jaar staan einde se kant toe en met die feestyd om die draai gaan sportlui in die Vallei ’n welkome blaaskans bietjie te rus en te ontspan. Valleiers het dié jaar rede om breëbors te loop danksy die rits sportprestasies wat sportmanne en -vroue van die streek die afgelope jaar behaal het. Altus de Wet, Montagu se veldfietskampioen, het dié dorp se naam hoog gehou deur op die podium te boer. Nie net op Suid-Afrikaanse bodem nie, maar ook oorsee. De Wet se deelname het hom die afgelope jaar na onder meer Oosten-

ryk, Roemenië en Suid-Amerika geneem. Wat balsport betref het verskeie Valleiers hierdie jaar groot prestasies behaal. Ferisco Adams, van Robertson, is vroeër vanjaar vir die tweede keer aangewys as Krieket SA se Suid-Afrikaanse Plattelandse Krieketspeler van die jaar, terwyl beroepsgholfspeler, Jacquin Hess die afgelope jaar op gereelde basis teen van die wêreld se beste spelers meegeding het. Nóg ’n jongman wat die streek se naam hoog gehou het was Gerovan Otto wat die jongste lid van SuidAfrika se junior potspelspan was wat aan die wêreldkampioenskap in Engeland deelgeneem het. Hiér het hy om uitstekend van sy taak gekwyt en

dié prestasie op eie bodem opgevolg om as die junior Suid-Afrikaanse kampioen gekroon te word. Nog ’n uitblinker was Marlon Michaels van Robertson wat by die SA Liggaamsbou-kampioenskap as die vierde beste manlike fiksheidsmodel in die land aangewys is. Hy gaan die land aanstaande jaar in Australië verteenwoordig. Chrissie Burger van Montagu het gewys sy het murg in haar pype toe sy die Ysterman-kompetisie vanjaar suksesvol voltooi het. Sy moes 3,8 km swem, 180 km fietsry en 42 km hardloop. Ander sporthoogtepunte sluit die Absa Cape Epic in wat vanjaar vir die tweede keer deur die Langebergarea geloop het.

KARATE: Dié Goju Kai-karatestudente, onder af rigting van Sensei Nico Drake, het onlangs hulle gradering suksesvol geslaag. Hulle vorder almal na hul volgende gordel. JUKSKEI: Die Robertson-jukskeiklub het onlangs aan die WP/ Boland-interdistrikkompetisie in Bellville deelgeneem en uitstekend gevaar. Die span het die tweede plek sowel as silwermedaljes losgeslaan. Van links is Hilda Barnard, Deon Lourens en Hester Maritz. Die spankaptein, Bertus Rossouw, was afwesig met die neem van die foto.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.