Breederivier
Year 17 • 16 Julie 2013 | Tel. 023 626 5212
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi
Media24 werknemers gaan groen in Zolani
Werknemers van Media24, die uitgewer van die Breederivier Gazette, het op Vrydag 12 Julie, vir Mandeladag, 50 bome by die Lingelihle-tehuis vir bejaardes in Zolani geplant. Lees meer op bl. 3. FOTO: DALEEN FOUCHÉ
Langeberg finansieel stabiel
DALEEN FOUCHÉ
Die Langeberg-munisipaliteit is deur die graderingsagentskap Ratings Afrika as finansieel stabiel bestempel nadat die munisipaliteit ’n telling van 65 uit 100 gekry het in sy Munisipale Finansiële Stabiliteits-indeks (MFSI). Dié indeks meet vier komponente van ’n munisipaliteit se finansies, naamlik die finansiële posisie (die mate waarin die munisipaliteit se bedryfs- en kapitaalbegroting self befonds is), bedryfsprestasie (hoe goed
die inkomste met die uitgawes vergelyk en die surplus of tekort aan die einde van die finansiële jaar), skuldvlak (die vlak van verpligtinge teenoor die inkomstebasis van die munisipaliteit) en likiditeit (die hoeveelheid kontantbronne beskikbaar om bedryfsuitgawes te betaal). Volgens Leon Claassen, ’n ontleder van Ratings Afrika, dui ’n punt van 65 op ’n voldoende finansiële vermoë om die nodige dienste aan inwoners te kan lewer. Die gemiddeld van die land se top 100 munisipaliteite is 45. Claassen sê die Langeberg-munisipaliteit se punt het ongelukkig ge-
daal van 72 in 2008 na 65 in 2012, maar hy sê die Wes-Kaap se gemiddelde het ook van 65 in 2008 na 49 in 2012 gedaal. Claassen skryf die Langeberg se daling toe aan die munisipaliteit se bedryfsprestasie en finansiële posisie. Hy sê die munisipaliteit het ’n bedryfsverlies getoon voor inagneming van kapitale oordragte vanaf die regering, wat weer bygedra het tot die swakker finansiële posisie. Hy voer egter aan dat die munisipaliteit se likiditeit goed is en hy “relatief min” langtermynverpligtinge (lenings) het. Dit word verder gerugsteun deur ’n goeie invorderings-
koers van dienstegelde. Die Langeberg-munisipaliteit het ’n invorderingskoers van 94% vir 2012. Volgens Claassen het die Langeberg-munisipaliteit se skuldvlakke na R50 miljoen in 2012 gedaal – sowat 23% van bedryfsinkomste. “Dis relatief laag en laat ruimte vir verdere lenings indien hulle belegging in infrastruktuur wil versnel.” Hy sê Langeberg se finansiële stabiliteit het nie baie gefluktueer nie maar toon tog ’n geleidelike daling van 72 in 2008 en 2009 na 65 in 2012. “Ons sien Langeberg se finansiële stabiliteit as voldoende en dit word
gesteun deur goeie likiditeit, maar is besorg oor die daling wat toegeskryf kan word aan die swak bedryfsprestasie. “Van die oorsake daarvoor is salariskoste wat relatief hoog is asook die styging in die koste van elektrisiteitsaankope en die kleiner winsmarge wat Langeberg op elektrisiteitsverkope maak. Die besteding aan instandhouding is ook relatief laag en kan dalk in die toekoms lei tot swakker dienslewering.” Die Langeberg-munisipaliteit het nie gereageer op die versoek om kommentaar nie.
2
Entertainment - Vermaak
Breederivier Gazette
Dinsdag 16 Julie 2013
Take it easy at Robertson Slow One of Robertson Wine Valley’s more intimate wine festivals, Robertson Slow, takes place from 9 to 11 August and promises to be a much needed “slowdown” for many living a busy modern lifestyle. At Robertson Slow one can sample old-fashioned, rural hospitality synonymous with the Robertson Wine Valley’s wine-making community. Guests can relish slow food and wine while revelling in the valley’s relaxed pace that could replenish the soul. While enjoying time-honoured activities, festival-goers will be afforded the opportunity to interact with winemakers and wine farmers, in an informal ambience, getting to know them and their respective families. Traditional cuisine made from local ingredients from the valley, wine-tastings and dinners in the homes of the local wine-making
families, savouring family recipes and food, wine and olive oil pairing are but some of the unique activities that locals can experience to rediscover the treasures of their home. The highlight of the festival is the Robertson Valley Regional Food Market that takes place on Sunday 11 August. Local food and goods will be on display. Robertson Slow may be focusing on the “slow” way of life, but interested guests are advised not to be “slow” to book their place at some of the events. To avoid disappointment, events must be booked before Wednesday 7 August. For more information on Robertson Slow and a full programme of events, as well as booking details, visit the website www.robertsonslow.com or contact Robertson Wine Valley on 023 626 3167 or email manager@robertsonwinevalley.com.
Slow living in the Robertson Wine Valley.
PHOTO SUPPLIED
) The next Robertson Farmers’ Market will take place on 13 July. ) Eseltjiesrus Donkey Sanctuary will host their sixth AGM on Wednesday 17 July at 18:30 in McGregor (venue to be confirmed). For more information, send email to admin@donkeysanctuary.co.za. ) Bok van Blerk en Peter Mitchell is te sien in die komiese produksie Die Boer en die Skot op 20 Julie by Janeza Plaasteater (op die Rooibrugpad). Bespreek by eza@janeza.co.za of bel 082 978 7020. ) ’n Damesoggend word op 3 Augustus van 10:00 af by Robertson NGK gehou met Ymile Kennedy van Juig-tydskrif as gasspreker en Kenny Pritchard as gaskunstenaar. Kaartjies kos R100. Bel Maggie le Roux by 023 616 3333. ) Geniet melktert en tee of koffie die laaste Vrydag van elke maand om 10:00 by die Joubert-huis, Montagu. Groepe moet ’n week voor die tyd bespreek by 023 614 1774. ) Geniet pannekoek en koffie elke eerste Saterdag van die maand van 09:00 af by die Museummark op Robertson. Daar is ook stalletjies waar tuisgebak, boeke en snuisterye te koop is. ) Send event details to gazette@breede.com.
Robertson Slow ‘soos ouma se kombuis’ Die Breederivier Gazette het by plaaslike kelders en deelnemers aan Robertson Slow gaan uitvind hoekom dié fees, vir mense wat hunker na ’n stadige pas en tydsame kos met plaaslike bestanddele, so gewild is. Elizma Botha, bestuurder van die Robertson Wynvallei: ) As jy Slow in een sin aan iemand moet verduidelik, wat sal jy sê? Dink aan jou ouma se kombuis, as jy ’n glimlag op jou gesig kry (hopelik was sy ’n goeie kok), dan is dit waaroor Slow gaan. ) Hoekom deelneem aan Slow; wat kry jy en/of jou kelder daar uit? Ek glo kelders het ’n geleentheid om hul handelsmerk te vestig met dié fees. Feesgangers kom om tyd met jou te spandeer omdat hulle jou wyne dalk goed ken. Slow skep die geleentheid om een-tot-een met die mense te ver-
keer en hulle ook te leer ken. Wat ’n voorreg is dit nie? ) Wat is die een Slow-ervaring wat jy dink plaaslike inwoners in hul leeftyd móét hê? My man noem enige winkel met snuisterye “Elizma-winkels” omdat ek mal is om deur alles te snuffel. So natuurlik is die mark wat op die Sondag plaasvind ’n moet! Melissa Jones, proelokaalbestuurder van Esona: ) Hoe sal jy Slow veruidelik? Slow is ’n geleentheid om vriende te maak met kliënte deur hulle in ’n gemaklike atmosfeer te onthaal en beter te leer ken tot die bevordering van ons produk waarop ons baie trots is. ) Hoekom neem julle deel? Die stres en ure wat saam met boerdery gaan hou ons partykeer so gefokus op die gehalte en groei van ons produk dat ons nie tyd
maak om die sukses daarvan te deel nie. Robertson Slow bring ons in direkte kontak met ons kliënte wat dit juis vir ons moontlik maak om te bestaan. Dit is lekker om ons verbruikers se insette te kry en saam die sukses van die jaar te vier. Ons maak dan persoonlik nuwe vriende en groei saam aan die Esona-visie. ) Wat is die een ervaring wat jy aanbeveel? Robertson Slow skep geleentheid om persoonlik die eienaars of wynmaker van jou gunstelingwynkelder te ontmoet, om die mens agter die naam te sit, en die wye verskeidenheid besienswaardighede in die Robertson Wynvallei ten volle te geniet. Stefane Kruger, operasionele bestuurder van die Robertson Small Hotel:
) Hoe sal jy Slow veruidelik? Vat dit stadig en onthou die goeie. ) Hoekom neem julle deel? Die Robertson Small Hotel neem deel aan die Robertson Slow vir blootstelling. ) Wat is die een ervaring wat jy aanbeveel? Om ’n lekker tyd saam met ’n wynmaker om ’n tafel te deel. Dan de Wet, direkteur van produksie by Zandvliet: ) Hoe sal jy Slow veruidelik? Geniet die wyne en kos van die area in ’n rustige atmosfeer saam met vriende. ) Hoekom neem julle deel? Blootstelling aan die publiek is altyd belangrik. Dit is handelsmerk-boublokke. ) Wat is die een ervaring wat jy aanbeveel? Sit aan by die eienaars van die landgoed.
Dinsdag 16 Julie 2013
News - Nuus
Media24 kies Langeberg vir unieke bosberaad – en liefdadigheid DALEEN FOUCHÉ Werknemers van Media24, waarvan die Breederivier Gazette ’n lid is, het op Vrydag 12 Julie na die Langeberg gereis, moue opgerol en 50 bome by die die Lingelihletehuis vir bejaardes in Zolani geplant. Die 50 bome is die eerste van 100 wat Media24 oor ’n tydperk van twee weke regoor die Montagu-gebied sal plant ter voorbereiding van Media24 se leiersberaad, ’n unieke vorm van die tradisionele bosberaad. Die gaste van Kaapstad is verwelkom deur die Zolani Gospelkoor en die onderburgemeester van die Langeberg-munisipaliteit, Khanyile Klaas. Desmond Winkworth van Food and Trees for Africa het verduidelik waarom bome belangrik is en aan almal betrokke gewys hoe om ’n boom op die regte manier te plant. Adrie Jurgensen, groepkoördineerder vir Media24 se korporatiewe sosiale verantwoordelikheid-afdeling, verduidelik dat Media24 die bome geplant het vir Mandeladag en dat dit aansluit by die leiersberaad. Jurgensen sê Media24 het die tradisionele vorm van die bosberaad ingeruil vir ’n leiersberaad met die naam Spanpraat, wat ook as ’n uitreikprojek dien. Vanjaar se Spanpraat word in Montagu gehou.
“In plaas daarvan om baie geld te bestee aan ’n bestaande konferensiesentrum, kies ons ’n plattelandse dorp en betrek die gemeenskap by ons konferensie.” Vanjaar se konferensie vind van 31 Julie tot 3 Augustus in Montagu plaas. In aanloop tot die leiersberaad plant Me- Die Zolani Gospelkoor verwelkom gaste by die Lingelihle-tehuis dia24 bome. Nog tien vir bejaardes. FOTO’S: DALEEN FOUCHÉ bome word geskenk aan Ashton Public Combined School, wat die leerlinge self gaan plant wanneer die skole vandeesweek weer aan die gang is. Media24 sal weer op 23 Julie terugkeer om 30 bome te plant by Ashbury Primêr en die laaste tien bome sal tydens die konferensie geplant word. Die vermaak tydens vanjaar se Spanpraat word verskaf deur die RAD Foundation (Rural Arts Development) en die sakke, notaboeke en fluitjiekoorde (lanyards) word deur die Montagu Rotariërs se Grow Foundation gemaak. Plaaslike kelders, insluitend Arendsig, Esona en Zandvliet, se Die onderburgemeester van die Langewyn gaan bedien word. berg-munisipaliteit, Khanyile Klaas, plant * Media24 is die uitgewer van die die eerste boom by die Lingelihle-tehuis Breederivier Gazette. vir bejaardes.
Breederivier Gazette
Hoofstraat op Ashton kry nuwe waterpype Ashton se Hoofstraat wemel tans van konstruksiepersoneel wat die bestaande waterpype vervang. ’n Tydelike stop-en-ry-verkeersbeheerpunt is verlede week in werking gestel, terwyl die toegang tot Barrystraat vir twee dae versper was. Die projek is deel van die Langeberg-munisipaliteit se verbeteringsprojek. Ashton se waterpype word vervang. Soyisile Mokweni, bestuurder van die Lange- leke met die asbespyp se slegs berg-munisipaliteit, sê die huidi- 200 mm. Die asbespype op Bonniege asbespype word vervang met vale is reeds vervang. Zolani s’n UPVC-pype (’n baie sterk soort word tans vervang, terwyl Nkquplastiek) wat ’n sterker chemiese bela volgende aangepak sal word. Volgens Mokweni is die werk in weerstand het. Mokweni sê die munisipaliteit Ashton se Hoofstraat ook genoodhet matelose probleme met die ou saak deur die verbetering van die asbespype gehad aangesien dit straat wat binnekort ’n aanvang baie onderhoud- en instandhou- neem as deel van die verbetering dingswerk geverg het. Die asbes- van die Ashton-Kogmanskloofpype sal met die UPVC-pype ver- Montagu-pad. Die werk in Ashton se Hoofvang word regdeur die Hoofstraat op Ashton, wat sowat 3 km lank straat behoort teen einde Augusis. Dié pype is 315 mm wyd, verge- tus voltooi te wees.
) Die Robertson-polisie is op soek na inligting oor ’n tref-en-trap-ongeluk wat op 24 Mei om 19:15 in Barrystraat plaasgevind het. ’n Man in ’n rolstoel is raakgery en beseer, maar hy is intussen uit die hospitaal ontslaan. Ooggetuies wat meer inligting kan verskaf oor die silwerkleurige voertuig wat by die ongeluk betrokke was, kan ao. Medwin Petersen by 023 626 8370 bel. ) The McGregor police would like to inform all legal firearm licence holders to renew their licences and competency certificates 30 days before their expiry dates. Please contact the McGregor police on 023 626 8000 during office hours. No incomplete applications will be accepted. Applicants must check their Die kinders van McGregor word tydens die vakansie besig gehou deur die McGregor-polisie se vakansieprogram. cards. If late, a motivational letter must be attached and reasons given for late renew- die dorp het die afgelope drie weke die vakan- duidelik dat die kinders hulle geniet het en sieprogram bygewoon. Kinders het daagliks daar word reeds uitgesien na die Septemberal. ) Die polisie op McGregor en verskeie ge- ná afloop van aktiwiteite iets te ete gekry om skoolvakansie,” sê ao. JF Pieterse. Die polisie wil ook elke individu en alle organisasies wat meenskapsorganisasies het gedurende die hul magies te vul. winter-skoolvakansie verskeie aktiwiteite en Wat die McGregor-polisie betref, was die va- betrokke was en ook diegene wat ’n bydrae programme aangebied. Sowat 300 kinders van kansieprogram ’n groot sukses. “Dit was baie deur skenkings gemaak het, bedank.
3
4
Breederivier Gazette
Leader - Hoofartikel
Dinsdag 16 Julie 2013
Waarom nie méér plaaslike uitstallers by Wacky nie? Bou aan Madiba se nalatenskap Juliemaand word gekenmerk deur die vele goeie dade wat Suid-Afrikaners uit respek vir voormalige president Nelson Mandela se verjaarsdag doen. Op 18 Julie, Mandela se verjaarsdag, streef talle Suid-Afrikaners daarna om 67 minute aan ’n goeie daad af te staan. En met die geliefde oudpresident in die hospitaal, is dit belangriker as ooit dat elke SuidAfrikaner Mandela se nalatenskap uitleef – nie net om goeie dade te verrig nie, maar ook om die nuwe geslag Suid-Afrikaners daardeur te wys wat Madiba se nalatenskap behels. Hierdie week sal Suid-Afrikaners bome plant, sop uitdeel, riviere skoonmaak, klere skenk en talle goeie dade verrig. Maar om werklik Madiba se nalatenskap te laat voortleef, moet Suid-Afrikaners streef om elke dag ’n goeie daad te doen. Of dit nou ’n groot finansiële skenking is of net ’n glimlag vir ’n hartseer persoon – alle goeie dade maak tog ons land ’n beter plek.
Na aanleiding van die artikel oor die sukses van Wacky Wine Weekend 2013 (“Wackyfees lok wéér meer as 16 000 mense”, 2 Julie 2013, Breederivier Gazette), wil ek graag die volgende mening lug. Die meeste kelders in die vallei het kosstalletjies gehad wat afkomstig is van verskaffers buite die vallei, naamlik Kaapstad, Bredasdorp en vele ander plekke. Watter inspuiting is dit vir die vallei? Daardie geld bly mos nie in die vallei nie, maar gaan weer uit. Waarom kan die kelders nie voorkeur gee aan plaaslike inwoners om kos te voorsien aan al die baie besoekers nie? Sodoende bly die geld wat hulle verdien in die vallei en hulle gebruik plaaslike produkte soos wors en vleis van die slaghuise en rolletjies van die plaaslike bakkerye. Ek is oortuig daarvan dat hier in ons vallei net soveel potensiële mense is wat kosstalletjies kan beman, waarom word daar nie voorkeur aan hulle gegee nie?
ANONIEM, Robertson
Elizma Botha, bestuurder van Robertson Wynvallei, reageer: Die skrywer is nie verkeerd nie, en ons besef dat verskaffers van buite nie bydra tot die plaaslike ekonomie nie. Ongelukkig is die vraag vir daardie naweek eenvoudig veels te groot vir die plaaslike aanbod. Die kelders
poog sover moontlik om wel van plaaslike verskaffers gebruik te maak en dit kan bewys word deur plaaslike diensorganisasies en besighede wat soms by so veel as drie persele verskillende stalletjies het – maar dit is steeds nie genoeg nie. Dit moet ook in gedagte gehou word dat baie plaaslike besighede eerder die nut sien om die naweek vanaf hul eie perseel besigheid te doen as van ’n kelder s’n, wat ons moet respekteer. ’n Verdere verduideliking is dat die kelders soms ’n spesifieke tema vir die naweek het, en indien daar nie plaaslike persone is wat in hul behoefte kan voorsien nie moet hulle natuurlik verskaffers van buite nader. Die skrywer moet ook asseblief in gedagte hou dat die fees baie groter is as slegs die aktiwiteite wat by die kelders gebeur. Ons het al self gehoor hoe ’n slagter moes voorberei vir al die “patties” wat die restaurante gaan bestel indien daar ’n fees plaasvind. Dus word die plaaslike besighede wel bevoordeel, maar meer op ’n indirekte basis as direk op die kelders se persele. Plaaslike persone wat wel in die toekoms betrokke wil raak by die Wacky Wine Weekend is welkom om ons kantoor vroeg volgende jaar te skakel en ons kan hulle in aanraking bring met kelders wat op soek is na verskillende uitstallers.
Word ’n vrywilliger vir Kansa Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Cansa) is op soek na vrywilligers vir die Robertson-, Ashton- en Montagu-gebiede en vra belangstellendes om met die vereniging in verbinding te tree. Die doel van die vereniging is om die leier in die stryd teen kanker in Suid-Afrika te wees en lewens te red deur middel van navorsing, opvoeding en ondersteuning aan almal wat deur kanker geraak word. Vrywilligers help nie net om kanker te beveg deur hul aktiewe deelname in gesondheidsprogramme en dienslewering nie, maar doen ook baie ondervinding op deur met vele mentors saam te werk, leierseienskappe te ontwikkel en nuwe mense te ontmoet. Cansa se personeel verskaf deurlopende leiding en riglyne aan vrywilligers terwyl baie Cansa-vrywilligers mense is wat self kanker oorwin het en nou ander bystaan om die siekte te beveg. As jy ’n deernisvolle, entoesiastiese en dienswillige persoon is wat jou lewe wil verryk deur ’n verskil te maak in iemand anders se lewe, is jy meer as welkom om as vrywilliger betrokke te raak by Cansa. Vir meer inligting, bel my asseblief by 023 342 7058
JURENE HORNE, Cansa-gemeenskapsmobiliseerder
Wind not the answer Boland Gazette online readers were asked if wind energy is the answer to South Africa’s energy shortage. 42% of voters said yes, while 58% of voters believed that wind energy will not solve South Africa’s energy shortage. Have your say in this week’s vote on www.bolandgazette.co.za.
VRYGEWIGE LESERS: Vincent Andries van Doulous Trust, Zelda Kloppers, advertensieverteenwoordiger van die Breederivier Gazette, en Edgar Justinis wat vir Andries help, is hier met die 13 komberse, een baadjie, twee mussies en vier pare kouse wat Gazette-lesers geskenk het. Die komberse word uitgedeel volgens die Doulous Trust se projekte vir hawelose mense. Die Breederivier Gazette en die Doulous Trust is opreg dankbaar teenoor al die lesers wat komberse en klere geskenk het.
Rubriek
Van waar dié slapelose nagte?
Ek gaan plantaardige of sintetiese hulp moet kry om te slaap, want dít is ’n luukse wat my deesdae ontwyk. Skielik, heeltemal uit die bloute en sonder goeie rede, lê ek elke nag vir ure lank wakker. Die probleem is nie om aan die slaap te raak nie, want sodra my moeë kop die kussing tref, is ek in droomland. Maar net tot ’n paar uur later . . . wawyd wakker! Ek sal verstaan as dit diep sielkundige of finansiële probleme is wat my soete slaap steel, maar dit is nie die rede nie. Ek probeer nie meer uitwerk wat die rede is nie, want dit is net wat dit is. Wanneer ek wakker lê, dink ek gewoonlik aan ’n beter manier om ’n berig te skryf (ek dink baie aan werk), of wat ek Saterdag gaan doen, en natuurlik die betekenis van die lewe (ek filosofeer en analiseer alles tot vervelens toe).
Soggens is ek bekommerd dat ek donker kringe onder my oë sal hê, maar ek lyk nog relatief goed vir iemand wat gemiddeld drie of vier ure per nag slaap. Ek hét gesê relatief! Ek is nuuskierig om te sien hoe lank dit sal neem voor die bedrading in my brein weens te min slaap sal smelt, want min slaap is glo gevaarlik. Maar dalk is ek nie veronderstel om so baie te slaap nie. Dalk moet ek myself in die nagtelike ure konstruktief besig hou deur ’n boek te skryf oor die betekenis van die lewe. Nee, te ernstig, en wie gaan my in elk geval glo?
Wat ek eintlik wil doen is om in die nag soos ’n vampier wat bloed soek, rond te dwaal. Ek soek nie regtig bloed nie, nie eens moeilikheid of komplikasies in my lewe nie, net die drama
van die nag. Maar sê nou ek loop ’n karakter met twyfelagtige lewensbesluite raak? Ek is geskok oor hoe veilig, tevrede en mak ek deesdae is. Die Lizetjie van 20 jaar gelede sou al haar tekkies aangehad het! My verbeelding werk oortyd drie uur in die nag. Paranormal Activity 3 spook by my en ek wonder hoe ek sal reageer as ek skielik deur
’n aggressiewe, onsigbare en bonatuurlike wese aan my bene oor die vloer gesleep moet word. Die voordeel van min slaap is dat ek nie energie het om myself te wees nie, want glo my, dis nie altyd tot my of die mensdom se voordeel nie. Die nadeel van te min slaap is hoe geirriteerd ek is met alles en almal. Die blare wat ritsel aan die boom irriteer my, om nie eens te praat van die voëltjies wat al singende die nuwe dag aankondig nie. Bly verdomp stil! Slim mense met fenominale intelligensie slaap ook glo min. En bejaardes. Ek is seker maar fenominaal slim . . . ) Lizette Smit is ’n joernalis by een van die Breederivier Gazette se susterskoerante, die Swartland Gazette in Malmesbury, en tree vandeesweek as gasskrywer op.
Dinsdag 16 Julie 2013
General - Algemeen
Breederivier Gazette
Jag as sport beleef ’n bloeitydperk ANNETTE THERON EN CHARLOTTE LESCH Mense jag nie meer soos ons voorvaders om te oorleef nie – jag is deesdae ’n sport en ’n baie winsgewende bedryf.
Christelle Gildenhuys is een van vele kunstenaars wat sal optree in Rock and Roll Roadhouse.
Heidelberg gaan rock Maak solank jou litte los as jy van rock-musiek hou en lus is vir ’n uitstappie, want Heidelberg se Rock and Roll Roadhouse is eersdaags op die planke. In pas met die musiekblyspel-tema self, handel die storie oor ’n groep mense wat saamstaan om iets uitsonderlik te vermag. Die Rock and Roll Roadhouse is in die knyp en dit hang van drie kelnerinne af om nuwe lewe in die sukkelende inrykafee te blaas. Hulle beraam ’n blink plan en selfs Elvis Presley, Marilyn Monroe en Jerry Lee Lewis kom maak ’n draai. Die musiekblyspel sal opgevoer word deur meer as 50 van Heidelberg Spar se werknemers. Hulle word begelei deur The Pretenders, ’n Heidelbergse ensemble. Hierdie gemeenskapsprojek is
deur Jacques en Monique Germishuys, eienaars van Heidelberg Spar, begin as deel van die My Spar-inisiatief. “Dis vanjaar ons tweede probeerslag en ons kan met trots sê dat die geleentheid nou ’n jaarlikse instelling word,” het Germishuys gesê. Die fokus van hierdie inisiatief is om geld in te samel sodat die kunste verder bevorder kan word in Heidelberg se gemeenskap. Rock and Roll Roadhouse sal op Donderdag 1 Augustus en Saterdag 3 Augustus in Heidelberg se stadsaal opgevoer word. Kaartjies van tussen R50 en R70 is beskikbaar by Heidelberg Spar. Bel Jacques of Monique Germishuys by 028 722 1941 vir besprekings of meer inligting. Daar is ’n beperkte aantal kaartjies beskikbaar.
Ruan Roux, ’n boer van Riviersonderend en sekretaris van die Suid-Afrikaanse Jagters-, Wild- en Bewaringsvereniging se Overbergtak sê sedert die stigting van dié tak in 2006 het die ledetal van 50 tot 502 lede gegroei. Dit is een van 70 takke van dié vereniging wat 33 000 lede sterk is. Matt Relihan van Malmesbury, president van Kaapjag, sê jag as ’n sport het beslis toegeneem. “Jagverenigings ervaar sedert verlede jaar ongelooflike groei onder lede en die aanbod vir wild raak groter.” Hy skryf dit onder meer toe aan belangstelling wat onder amateurjagters toegeneem het en lisensieowerhede wat administratiewe probleme opgelos het. “Dit vat nie meer so lank soos in die verlede om ’n wapenlisensie te kry nie.” Ook verskaffers van jagtoerusting getuig van ’n bloeitydperk, nie net wat die hoeveelheid jagters betref nie, maar ook besteding deur jagters. Hugo van Zyl Sports in die Paarl se eienaar, Dennis Schreuder sê ook sedert die stelsel van wapenli-
sensie-uitreiking verbeter het, het verkope drasties toegeneem. Willie Augustyn van Quénets Jag en Hengel in Worcester meen daar word nie noodwendig meer wild as voorheen geskiet nie, maar deelname deur verskillende individue beleef ’n bloeitydperk. “Jag en skiet het meer sigbaar geraak as gevolg van jagorganisasies wat op die been gebring is en daar is meer georganiseerde jag- en skietklubs.” Shawn Jacobs, bestuurder van Parow Arms and Ammo sê verkope het sedert verlede jaar se jagseisoen, wat in April afgeskop het, toegeneem. Hy sê om ’n jagter toe te rus met ’n geweer en teleskoop sal R14 000 kos, 20 patrone nog R300, ’n broek R600 en ’n hemp R300. “Die manne spandeer nogal goed geld op klere en ammunisie.” Geld is egter nie onbeperk nie. “Om te jag is ’n duur stokperdjie, want ’n mens het goeie wapens nodig. Lisensies, permitte en die jagplase se tariewe wissel natuurlik ook,” sê Arie Shepherd van Napier, wat al die afgelope 30 jaar jag. “Ek skiet gewoonlik twee koedoes en vyf springbokke per jagtog en as reiskostes, jagplaas- en jagtersfooie hierby ingesluit word, kan dit maklik in die omgewing van R8 000 tot R10 000 beloop.” Shepherd meen daar moet egter in aanmerking geneem word dat
die wildboer geld nodig het om terug te ploeg in sy plaas en om nuwe wild aan te koop vir sy bedryf. Volgens Relihan is daar tans sowat 10 000 wildplase in die land in private besit. “Baie boere het die afgelope paar jaar oorgeskakel na wildboerdery omdat die aanbod vir wild soveel groter is.” Roux sê op sy beurt dat ’n jagtog, afgesien van vervoerkoste, nie veel duurder geraak het sedert verlede jaar nie. “Ek gaan jag gewoonlik in Koës in Namibië, asook in die Karoo. Daar is gewoonlik so ses van ons om die koste te deel. As mens in Namibië gaan jag, is die koste effens hoër as gevolg van die afstand en petrol begin nou ’n rol speel; die ander kostes is nie soveel hoër nie.” En waar gaan die vleis heen wat saam met die jagters terugkom? Lede skiet bloot omdat hulle lief is vir die sport én die vleis, en bring dit dus terug huis toe, sê Relihan. Hy meen amateurjagters het eenvoudig nie die kundigheid en toerusting om wild op ’n kommersiële basis te skiet nie, en boonop moet kommersiële “oesspanne” voldoen aan baie reëls en regulasies, en moet wildsvleis deur ’n gespesialiseerde veearts ondersoek en deur ’n abattoir geprosesseer word wanneer wild vir supermarkte geskiet word. “Ons lede skiet net wild vir eie gebruik.”
5
6
Breederivier Gazette
Advertisement - Advertensie
Dinsdag 16 Julie 2013
Dinsdag 16 Julie 2013
Advertisement - Advertensie
Breederivier Gazette
7
8
Breederivier Gazette
General - Algemeen
Dinsdag 16 Julie 2013
Looking for recipient of letters from the past DALEEN FOUCHÉ A few kilometres outside Robertson lies the dusty turn-off to the small farming community Klaasvoogds, at the foot of the Langeberg Mountains. It is here, on the side of the road on a farm called Assegaai’s Rest, that a pile of letters dating back to the 1940s and addressed to a Paarl resident was found abandoned and thrown away. The letters were discovered by Jackie Bond, who hopes that some of the mystery that surrounds her discovery will be solved. Bond says her life partner, Andre Bush, drove past a heap of discarded rubbish on the side of the road and decided to pick it up and throw the “unsightly mess” away. When Bond removed the papers from the car to throw them away, she noticed an old stamp on an envelope. She decided to carefully clean the letters, which were covered in dirt, and to her delight, discovered that they dated back to the late 1940s. The letters are all addressed to a man called J. Roux who lived in Northern Paarl. From the letters, Bond has deducted that J. Roux was the proprietor of a shop called the Blue House Cafe. The documents include a letter from the South African Retailers Combine, Fairmore Radio Supplies (Pty) Ltd. and Drakenstein Motors Bpk Ltd., all requesting that outstanding accounts be settled. Also among the documents is a chequebook
These are the old stamps that caught Bond's attention.
Jacky Bond seen here with the letter from Drakenstein Motors.
stub. Bond, however, says the real jewel among the documents is a beautiful wedding invitation to the wedding of Jacobus Heneke of Ida's Valley to Rachel Aysley from Ladysmith. Bond says although she has is not particularly interested in history, these letters have set her imagination on the run. “How did the letters end up on a farm outside Robertson?” she wonders. Bond says she has asked around, but none of the locals seem to know of a Roux family living in the Robertson area.
Johanita Kirsten, lecturer in Afrikaans and Netherlands Linguistics at the North West University, says letters like the ones that Bond found are of immense importance to historic linguists. The reason is that even formal letters undergo less editing than published works that are more easily accessible. She explains that the letters give the linguist an insight into the spoken language used at the time. Bond hopes to find a relative of the Roux family who may be interested in the letters, especially in the old wedding invitation. “I would be delighted to find my grandmother’s wedding
This is one of the letters found by Jacky Bond and is dated 1949. PHOTOS: DALEEN FOUCHÉ invitation.” Bond asks that anyone who may be able to shed some light on the letters contacts her on info@klaasvoogds.co.za or phones her on 023 626 6115.
Lifelong financial planning Financial planning should be done throughout life. Here is an easy plan to follow. The plan for your 20s Chances are you have just finished higher education and have just started working. You may even have to start paying back your study loans. The sooner you start and the more you pay, the sooner you settle your debt and the less you pay over time. Do not blow all your extra money, but maximise savings as you do not have any dependants. The plan for your 30s Replenish your savings. At this stage you may have used some of your savings to buy a house, furniture, a car or pay for the wedding. Try and replenish the savings after each
event. One should have at least three months of expenses as emergency savings.. Review your insurance to protect yourself, your partner and your children. As soon as your children are born, start saving for their education. The plan for your 40s Expenses start increasing as your children start school and you may possibly buy a bigger home for your growing family. At the same time, your salary may increase significantly as you experience promotions. Avoid the temptation to squander your additional income on a flashy lifestyle. Plan to be mortgage free. Before you buy the bigger house, make sure you can afford to pay it off by the time
you are 55. The plan for your 50s By this stage, you should have paid off most of your debt. The last thing you need is to retire while still in debt, or worse, have to continue working because you are in debt and your savings are not enough for you to live on. The plan for your 60s Remember that your retirement savings may have to sustain you for a very long time, in some cases, longer that your working years. If you retire at age 55 and live until 100, you need to fund 45 years of retirement! It is imperative that you ensure that you have enough money saved so you do not need to downscale your lifestyle.
Dinsdag 16 Julie 2013
Winelands Winter Queen finalist Lize-Mari Neethling hands out food to local children in Bonnievale.
Cansa project launched in Bonnievale On Friday 12 July the first Cansa Change4Change event was launched in Mountain View, Bonnievale. Winelands Winter Queen finalist LizeMari Neethling initiated the Change4Change project and handed out free hot dogs, cold drinks and sweets to about twenty local children. The money for the food was sponsored by Neethling Construction. Neethling says this day was only the beginning of the Change4Change initiative. She says the idea of the project is to alleviate some of the immediate needs of people in the area effectively. Residents are asked to look out for the Change4Change collecting tins put out at strategic places in Bonnievale. The money raised through the cans, along with any sponsored items, will be used towards the Change4Changed project, or donated to Cansa. Neethling hopes to start a feeding scheme every second Friday in Bonnievale. People or businesses who would like to sponsor food for the project are welcome to contact her on 084 500 6563.
Donate Afrikaans books for good cause Studies show that there is a strong link between a child’s reading ability and their access to books at home, says representatives of the Anna Foundation. They say for children who live on farms and in rural areas of the Western Cape, seeing reading books at home is not the norm. In their quest to improve and increase reading among their learners, also in the Langeberg area, the Anna Foundation aims to collect 700 new Afrikaans reading books by the end of September so that each child in the organisation from Grade R – 12 can have their very own book to keep. If you would like to support this cause you can purchase new Afrikaans reading books and drop them off at the Bargain Books stores in Canal Walk, Somerset West, Stellenbosch, Paarl and Worcester. Alternatively, buy a book online or make a donation. All details for the Anna Foundation Book Drive are on www.annafoundation.com. Also phone Carolyn on 021 809 1225.
General - Algemeen
Breederivier Gazette
9
Geklassifiseerd
Ontmoet ’n danser van Robertson
Musicals brought to life on stage
Wat is jou naam en van? Marcelle Rosser. Op watter dorp woon jy en hoe lank woon jy al hier? Ek woon al die afgelope ses jaar op Robertson. Wat maak die Langeberg vir jou spesiaal? Marcelle Rosser van RoDie ongelooflike bertson Dance Studio. mooi berge wat ek FOTO: JOHAN CLOETE elke oggend sien wanneer ek opstaan en by die venster uitkyk, en natuurlik ook die rustigheid. Wat sou jy in die Langeberg wou verander? Ek wens ek kan elke kind van die straat af kry. As jy nie hier gewoon het nie, waar sou jy wou woon? Oostenryk. Ek was al voorheen daar en dis net so ongelooflik mooi. Watter soort werk doen jy en waarom geniet jy dit? Ek is die dansonderwyser van Robertson Dance Studio. Om met kinders te kan werk, is ’n voorreg. Om hulle te sien met ’n sprankel in hul ogies wanneer hulle dans en hoe hulle dit geniet, is net die ongelooflikste gevoel. Dit maak my hart so bly! Watter drie mense sou jy graag vir ete wou nooi (hede of verlede) en waarom? Eerstens vir Marilyn Monroe, want sy is so interessant. Tweedens vir John Lennon. Hy was en is nog steeds ’n musieklegende en ikoon en ek het grootgeword met die Beatles se musiek. Laastens sal ek Mia Michaels kies. Sy is ’n ongelooflike choreograaf en as danser is dit iemand wat ek bitter graag sou wou ontmoet. Wat is die beste raad wat jy al ooit gegee of ontvang het? Dis ’n boekmerk wat ek by my ma gekry het met ’n aanhaling daarop wat sê: “There are short-cuts to happiness and dancing is one of them.” Dis so waar!
Serendipity will soon present the local production The Magic of the Musicals on behalf of the ACVV. The production will be performed on 27 July at 19:00 for 19:30 at the ACVV Dienssentrum, situated on the corner of Paul Kruger Street and Truter Street. Tickets cost R50 each. For more information, phone Lynne Brown on 023 626 2804.
Dinsdag 16 Julie 2013
11
In Memoriam
FAMILIEKENNISGEWINGS FAMILY NOTICES 08
ALGEMENE DIENSTE GENERAL SERVICES 1141
Sterfgevalle Death Notices
STEVENS KATHY Geb.20/08/1949Gest.15/07/2013 Heengegaan Maandag, 15 Julie 2013. Begrafnisdiens vind plaas Sondag, 21 Julie om 11vm by die huis in Cestrumlaan 9, Môreson en 12nm in die Langeberg skoolsaal. Sal onthou word deur 4 kinders, skoonseun en kleinkinders.
2913 EW 1CBI4SV60
Breederivier Gazette
2913 EW 1CBI47V60
10
FORTUIN AUGUS Geb.14/07/1967Gest.12/03/2013 14 Julie, was jou eerste verjaarsdag by ons Hemelse Vader en reeds 4 maande weg van ons. Mis jou baie.Van jou vrou Elsie, kinders Mario, Maria en Augusta (Gussie).
Algemene Dienste General Services
KOM geniet die avontuur en ontspanning van perdry by die Robertson Ryskool.* Ons bied verskeidenheid van rylesse vir kinders en grootmense vir beginners en ervare ruiters *Outrides tussen die wingerde en langs die Breërivier * Wynproë op ‘n perd se rug of met die waentjie by Majors Hill en Springfield. * Perdrykampe vir kinders gedurende skoolvakansies * Mini kommando’s op Saterdae* Kinderpartytjies. Skakel ons gerus by 072 291 7631 of 082 402 7088.
MOTORS VEHICLES 159
Motors te Koop Vehicles for Sale HOFFMAN ANTHONY Geb.4/10/1972Gest.21/7/2012 Jy is ’n jaar van ons weggeneem.Die vermisting is baie groot en ons weet jy is veilig by ons Hemelse Vader. Rus in vrede. Jou dogter, susters, broers tantes en ooms.
24/7 Cash of your bakkie or car. Just SMS or PHONE 072 620 1126.
Dinsdag 16 Julie 2013
General - Algemeen
Breederivier Gazette
11
Kommando-ritte herleef in Robertson se strate DALEEN FOUCHÉ Perdry-entoesiaste van regoor die Kaapse Wynland was verheug dat die weer Saterdag 13 Julie saamgespeel het, sodat die jaarlikse Kommando-perderitte kon voortgaan. Dié perderitte is ’n jarelange tradisie in Robertson wat, ten spyte van vele uitdagings, steeds deelnemers na die Robertson-skouterrein lok. Vanjaar het 37 perderuiters aan die familienaweek deelgeneem. Ruiters het vroeg Saterdagoggend by die skouterrein bymekaargekom vir ’n warm koppie koffie, voordat hulle die 20 km-roete aangepak het. Maydene de Villiers, bestuurder van die skou se perde-afdeling, sê die Kommando-rit het in 2012 en 2011 uitgereën. De Villiers was ingenome om te sien hoe ou vriende vanjaar weereens bymekaargekom het om saam te ry. Sy sê die Kommando-perderitte skep die perfekte geleentheid vir ruiters om saam ’n dag van perdry te geniet. De Villiers is self van kleintyd ’n deelnemer aan die Kommando. Die Kommando-perderitte is in 1968 begin
en is destyds beskryf as Robertson se hoogtepunt van die jaar. Volgens De Villiers was tussen 100 en 120 ruiters met hul perde in die verlede deel van die Kommando. Die ruiters was gewoonlik vergesel deur baie dorpsmense wat saam met die ruiters middagete in die veld geniet het. Ruiters het ook verby die ouetehuis gery waar inwoners van die stoep af na die perde kon kyk. De Villiers onthou nog die groot “Cowboypartytjies” wat op die Saterdag gehou is ná die prysuitdeling. Die gewildheid van die Kommando het egter drasties afgeneem oor die jare. Minder mense kan deesdae die sport bekostig en organiseerders sukkel om borge te vind. Maar, sê De Villiers, daar word weer nuwe lewe in die Kommando geblaas sedert die stigting van die Robertson-ryskool. “Die jong klomp steek mekaar aan en reël vir mekaar perde.” Hoewel baie van die Kommando-tradisies weggeval het, is De Villiers dankbaar dat daar hernude belangstelling is. Sy sê dié jaar se Kommando was ’n groot sukses en sy nooi die Robertson-inwoners uit om volgende jaar weer saam met die deelnemers die dag te kom geniet.
Ashton United verras Villagers Ashton United het Montagu Villagers Saterdag 13 Julie met die kous oor die kop huis toe gestuur nadat hulle die Rooibontes in ’n Superliga-Oos-rugbywedstryd van die Boland-rugbyunie op Ashton met 27-13 verslaan het. Villagers is tans die voorlopers in die Superliga-oos-afdeling terwyl Ashton die laaste plek in die liga beklee. Maar die Ashton-manne in hul maroentruie het Saterdag goed vertoon en het met oorgawe gespeel, terwyl Villagers seker hul swak-
ste vertoning van die seisoen tot dusver gelewer het. Ashton het in ’n groot mate die wedstryd oorheers. In die skrums het hulle die besoekers ’n moeilike tyd gegee, terwyl hul losskakel met sy giftige skopvoet die telbord aan die rol gehou het soos hy die een strafskop na die ander deur die pale gejaag het. By die afbreekpunte was die gashere ook beter daaraan toe as hulle besoekers.
Deelnemers aan vanjaar se Kommando-perderitte begin hulle 20 km-roete by die Robertson-skouterrein.
FOTO: DALEEN FOUCHÉ
Breederivier
Year 17 • 16 Julie 2013 | Tel. 023 626 5212
MTB rides during Robertson Slow The scenic landscapes of Van Loveren Family Vineyards will be the setting for this year’s exciting Java Mountain Bike (MTB) Challenge. Comprising a series of mountain bike rides accommodating riders of all skill levels and age groups, the family-friendly event takes place as part of the Robertson Slow festival during the long weekend from 9 to 11 August. Topping the list for avid mountain bikers is the Java MTB Challenge on Saturday 10 August. The event offers three circular trails, including a fun 8 km route along the Van Loveren vineyards, ideal for children from seven years of age and families. There is also a 30 km route aimed at the rider of average skill who will love the climbing, single track and jeep track sections. The third is the white-knuckle 70 km ride along undulating hills and rocky terrain through portions of the Langeberg Mountains. The latter route is an all-new trail which will see riders travel through
farmlands and join up with sections of the 2012 ABSA Cape Epic route, climb 1 450 m and return to be welcomed home by the Van Loveren team. For enquiries about the Java MTB Challenge, visit www.vanloveren.co.za/java or send an email to java@vanloveren.co.za or call Vera or Sanri on 079 520 4441 or 082 6426 303. Online entries can be made with the Pedal Power Association at www.ppa.org.za. All proceeds of the day will be donated to Robertson Preparatory School. Robertson Pick n Pay and HiQ Robertson are sponsors of the event. Van Loveren itself will be a hive of activity on the day with food stalls, music and activities for the whole family. Van Loveren has put together eight exciting food and wine pairings – including a non-alcoholic pairing for children. For more information about Van Loveren Family Vineyards, visit www.vanloveren.co.za. For more information about Robertson Slow, visit www.robertsonslow.com.
Cyclists taking part in the 2012 ABSA Cape Epic are seen here on the Van Loveren trail. PHOTO SUPPLIED
Gholfwenk vir hierdie week Vandeesweek se gholfwenk van plaaslike professionele gholfspeler Jacquin Hess is om doelgerig te oefen. “Dit help nie jy slaan 1 000 balle, maar doen dit sonder ’n doel nie. As jy op ’n baan speel wat lank is, moet jy jou lang ysters (3–5-ysters) oefen, omdat langer houe nodig is om nader aan die setperk te kom. Wan- Jacquin Hess neer die baan groot setperke het soos Robert- sigheid. Oefen altyd met son-gholfklub, moet jy ’n doel voor oë. ) Hess bied professiolang sethoue oefen omdat dié baan dit vereis. nele gholflesse aan om Die setstok is die een geld in te samel wat hom wat die meeste gebruik in staat sal stel om aan word, dus moet gholfers die Sunshine-reeks deel die meeste met dié stok te neem. Vir meer inligting, bel oefen. Die wenk geld vir enige ander sport en be- hom by 076 629 6390.