Breederivier Gazette 16 Oct 2012

Page 1

Breederivier

Robertson

Amstel Handies 24 x 330ml

R109 99

per case

Vanaf 16 Okt - 20 Okt 4212 1BT3FGF8F

T: 023 626 1552 | F: 023 626 1554 Trading hours: Mon - Sun: 7 am - 8 pm

Year 16 • 16 Oktober 2012 | Tel. 023 626 5212

Vroue span saam vir Sunflower Fonds Die vroue van die Round Table het Saterdag 13 Oktober ’n damestee gehou, met die doel om fondse in te samel vir die Sunflower Fund en bewusmaking van beenmurgkanker te bevorder. Anzette du Preez het haar ervaring met beenmurgversaking en beenmurgoorplanting gedeel. ’n Groepie leerlinge van Swellendam het die vroue ook vermaak met ’n interessante opvoering oor die lewe van ’n 16-jarige. Saam met Anzette du Preez (heel links) is die groep leerlinge en die Round Table-vroue.

Skouer aan die wiel ná staking DALEEN FOUCHÉ EN CHARLOTTE LESCH

I

N die afgelope drie weke het verskeie plaaslike besighede benoude oomblikke beleef tydens die staking van vragmotorbestuurders en meen dat indien die staking nie nou tot ’n einde gekom het nie, sou dit krisisafmetings aanneem. Die Padvragbestuursvereniging (RFEA) het begin staak nadat werkgewers geweier het om tot ’n salarisverhoging van meer as 9% toe te stem, terwyl vragmotorbestuurders 12% geëis het. ’n Loonooreenkoms is Vrydag bereik. Die rand het vir die eerste keer vandat die staking begin het teenoor die dollar versterk. Die eenheid is op R8,61/dollar vasgestel kort nadat die aankondiging gemaak is.

Verdere verligting het gekom nadat Satawu (SA Transport and Allied Workers’ Union) aangekondig het dat die beplande sekondêre staking deur Transnet-werkers die week gekanselleer is. Dié staking sou ’n impak op treinvervoer en hawens gehad het. George Joannou, eienaar van Robertson Pick n Pay, sê die staking het ’n groot invloed op Pick n Pay gehad. Hy verduidelik dat omdat baie vervoervragmotors Robertson slegs op ’n weeklikse basis besoek, was daar ’n tekort aan sekere goedere soos hondekos en kookolie. Hy sê daar was geen probleme met vars produkte nie, aangesien Pick n Pay van plaaslike boere kon koop. Joannou sê Robertson Pick n Pay beskik oor groot stoorkamers wat vol was voordat die staking begin het, maar dat die voorraadsituasie begin sleg lyk het aan die einde van verlede

week. Hy sê die situasie is nou besig om weer na normaal terug te keer. Tog sê hy dat baie besighede en winkels nou ’n agterstand moet uitwis met items wat nie verkry kon word tydens die staking nie. Montagu Dried Fruit and Nuts vermeld dat hul produksieproses ietwat opgehou is, nadat produkte in Johannesburg nie na Montagu vervoer kon word tydens die staking nie. Maar De Wet van Rooyen, operasionele direkteur van Montagu Dried Fruits, sê hulle is reeds Donderdag in kennis gestel dat die goedere weer vervoer kan word. Hy sê die goedere het reeds in Montagu aangekom. Van Rooyen sê nie een van hul eie vragmotorbestuurders het melding gemaak van gewelddadige voorvalle of intimidasie in die WesKaap nie. Fanie Pretorius van Ashton Langeberg

Foods het geen ernstige probleme tydens die staking ervaar nie en sê geen afwesigheid van vragmotorbestuurders is aangemeld nie. Tog sê Pretorius dat hy wel bekommerd was dat hul drywers geïntimideer sou word. Pretorius se grootste bekommernis was die invloed van ’n moontlike staking by die hawe en die impak wat só ’n staking kon hê. Pretorius sê 85% van Ashton Langeberg Foods se goedere word uitgevoer en ’n moontlike staking by die hawe sal nie net die besigheid nie, maar ook die land se beeld beskadig. Mariëtte Kotze van Hortgro, die bedryfsliggaam vir die kern- en die steenvrugbedryf, sê sy was baie bekommerd oor die staking. Kotze het luidens ’n persverklaring gesê die vrugtebedryf speel veral ’n belangrike rol in Suid-Afrika se ekonomie en is heeltemal afhanklik van ’n betroubare vervoerstelsel.


2

Breederivier Gazette

General - Algemeen

Gaze upon garden beauty The gorgeous gardens of McGregor will unfold for everyone during McGregor Open Gardens this Saturday and Sunday. This year there will be nine gardens open to the public from 10:00 to 16:00 on both days. “Come and see and learn how the keen gardeners of McGregor cope with the semi-Karoo conditions,” a spokesperson invites. Entrance to the gardens is free. The garden at De Kaap, a restaurant outside the village on the Robertson road, is mainly indigenous, but includes other plants such as lavender and iceberg lettuce. The restaurant kitchen uses vegetables, salad greens and herbs from its courtyard garden daily. The large garden behind the historic cottage at 11 Kantoor Street is always a popular attraction during Open Gardens, as are the tranquil temenos gardens, where the roses will be in full bloom. For the first time the gardens of the two cob houses built by Jill Hogan will be on view. Based on permaculture principles, features such as an earthworm farm, composting system and solar cookers can be seen. The other gardens range from the water-wise and indigenous to the more formal and colourful. “So as well as enjoying Wine on the River this weekend, we suggest a visit to the gardens in McGregor will be well worthwhile,” the

) Geniet ’n heerlike stuk melktert saam met tee of koffie elke laaste Vrydag van die maand om 10:00 by Jouberthuis, Montagu. Groepe word ook ontvang, maar slegs by bespreking van ten minste ’n week voor die tyd. Bespreek by 0 023 614 1774. In Desember sal daar nie melktert bedien word nie, maar weer in Januarie 2013. ) Enjoy a cup of coffee or tea with homebaked goodies at the Nature Garden in Montagu for only R15 from 10:00 to 11:30 every Tuesday until 30 October. ) The Montagu Village Market is held every Saturday morning from early until 12:30 at the Euvrard Park, Bath Street. ) The McGregor Market takes place every Saturday from 08:45 on the corner of Voortrekker and Church Street. ) The ever-popular Wine on the River will be held at Goudmyn from 19 to 21 October. Visit www.wineonriver.com if you’d like to find out more. ) The Montagu Rose show takes place on 25 to 27 October at the Dutch Reformed Church Hall in Montagu. Entrance costs R20 for adults and R10 for children. For more information phone Nelda or Kathy at Chas Everitt on 0 023 614 3279, or Marion Morrell on 0 079 968 8700. ) The Montagu Pass Fun Walk and Run will take place on 27 October from 09:00. The walk will cover a distance of 12 km. For any further information, give George a call on 0 079 011 6830.

Visit some of the lovely McGregor gardens spokesperson says. Brochures, which include a map, are available at the McGregor Tourism Bureau. Call the bureau on 0 023 625 1954.

) The Montagu Pass Hill Climb, following a 9 km trail that starts at the Old Toll House, begins at 09:00 on 27 October. For further information phone 0 079 011 6830. ) Geniet ’n heerlike ontbyt terwyl jy luister na drie talentvolle sprekers tydens die Robertson Kermark in die Robertson Oos Kerksaal op Maandag 29 Oktober van 09:00. Monica van Niekerk sal praat oor tekstiel ontwerp; Hannalie Bruwer, ’n voorkomskonsultant, praat oor stylpersoonlikheid; en Conrad Fouche praat oor idees vir die Kerstafel. Vir meer inligting bel Mariaan Marais op 0 082 715 6967. Send your event details to Daleen Fouché at gazette@breede.com. The deadline for all items is 10:00 on Friday.

ROCK LEGEND TO VISIT ROBERTSON: Mel Botes, one of South Africa’s top musicians, will play a tribute to Dire Straits at Wolfkloof Wine Cellar on 19 and 20 October at 19:30. Tickets cost R150 and include a light meal. To book, phone 0 083 722 2189.

Dinsdag 16 Oktober 2012

Dit is Bonanza tyd in Bonnievale DIE Bonnievale Bonanza Buitelugfees het weereens die jaar ’n propvol program vir families. Die fees vind plaas van 2 tot 4 November op die Hoerskool Bonnievale se sportgronde. Saterdag 3 November is daar ’n 5km-pretdraf/ stap, drie padfietsroetes van 9,8 km, 35 km en 60 km, en twee bergfietswedrenne van 30 km en 42 km. ’n Motorfiets en Quad Ope Dag en ’n 4x4-roete word ook aangebied. Van die Vrydag tot die Sondag is daar stalletjies, hope kompetisies, kindervermaak. Bekende kunstenaars soos Snotkop, Andriette Norman, Wicus van der

Merwe, Ray Dillon en Shaun Tait tree ook op. Sondagoggend sal daar ’n plaaslike kosmark by Bonnievale-wynkelder wees met musiek, vars gebakte brode, olywe, kaas, tuisgemaakte konfyte, heerlike vleisprodukte, wegneemetes en organiese sappe. ’n Nuwe bergfietsroete word ook op Sondag aangebied met die wegspring en eindpunt by die Bonnievale-kelder. Vir inskrywings, die program, verblyf en meer inligting oor die Bonanza, besoek gerus die webwerf by www.bonnievalebonanza.co.za of kontak Huipie by 0 082 921 4463 of stuur ’n epos na huipie@barvallei.co.za.

Daar sal ’n groot verskeidenheid van kindervermaak by vanjaar se Bonnievale Bonanza wees.

Wake up and smell Montagu’s roses It seems that spring is definitely doing its best to arrive despite the wave of cold fronts and oscillating temperatures. The roses of Montagu are starting to wake up from their long winter sleep, just in time to look their best for the 24th annual Montagu Rose Show, which takes place from 25 to 27 October at the Dutch Reformed Church hall. The theme for this year is the Olympic rose, which ties in with the Olympic Games in London a couple of months ago, as well as with Rosafrica, a global rose show being hosted by South Africa this year. The organisers say they would “love to see lots of participation from the many talented and dedicated gardeners in the area, and to that effect we have opened a couple of new categories and new prizes”. Any novices or newcomers to showing may enter any category as a novice and stand a chance of winning a prize. Youngsters are also encouraged to enter – both high school and primary school children may enter roses in any category and stand a chance of winning a prize as junior participants. Businesses will also have their time to shine, and may participate with displays either relating to this year’s theme or to their business. Advertising, flyers and business cards may be placed with the display. The show will be open to the public on Thurs-

There is still time to enter the Montague Rose Show. day 25 October from 17:00 to 19:00; everybody is invited to enjoy a glass of wine while delighting in Montagu’s outstanding roses. Entry forms can be downloaded from www.montagu-ashton.info (look under “coming events”), and are available from the Tourism Office, the Library, Spar and Shoprite.

Nuwe mark vir Montagu Salt and Light Trading Company is ’n nuwe buitelug aandmark wat elke Vrydag van die maand agter die KWV-gebou in Montagu plaasvind. Die eerste mark begin om 17:00 op Vrydag 26 Oktober.

Kom geniet ’n aand vol pret vir die hele gesin. Vir meer inligting bel 0 083 494 0661 of stuur ’n e-pos na saltandlighttrading@gmail.com of besoek www.saltandlighttrading.com.


Dinsdag 16 Oktober 2012

News - Nuus

Breederivier Gazette

3

Market in Montagu for entrepreneurs DALEEN FOUCHÉ THE Langeberg, which already boasts several farmers’ markets, is adding a new monthly market to the list to give micro businesses a platform to exhibit and expand. Salt and Light Trading is the brainchild of Montagu local, Melody Mitchell, who is passionate about supporting small businesses through various platforms. The market will make its debut on Friday evening, 26 October at the KWV Courtyard in Montagu. Mitchell says the idea behind the market is to create a unique and creative platform that is different from a farmers’ market. With this market, the intention is to give entrepreneurs the opportunity to showcase their goods and grow their businesses.

She says that consumers show an increasing need to communicate with the producer or creator of products and goods, and that this market will offer the opportunity for relationships to grow between consumers and producers. Mitchell encourages consumers to “invest in moms-and-pops businesses, because then one re-invests into the community”. As many micro businesses cannot afford expensive retail spaces, she emphasises that this market will be offering an affordable platform for entrepreneurs to display and sell their wares. Salt and Light Trading will take place on the last Friday of every month and already has 15 traders. Mitchell says the KWV courtyard has space for up to 50 traders and expects the market to grow. “It is a fun, family activity for Friday evenings and will be child-friendly.”

Rotary honoured by visit THE Breede River Winelands Rotary Club was privileged to host visiting Rotary District 9350 governor, Mike Ochse and his wife Freda, as well as the assistant governor Geraldine Nicol, at its meeting on 9 October. Rotary in the Western Cape, as well as the Breede River Winelands (BRW) Club have some exciting projects in the pipeline. This year has seen the launch of the BRW Club’s Here (from the left) is Geraldine Nicol (assistant-governor, Rotary District Skills Development Project, 9350), Nelda Wiese (president elect, Breede River Winelands Rotary a joint intiative with Mon- Club), Gert Lubbe (president, Breede River Winelands Rotary Club), tagu-Ashton Tourism Asso- Mike Ochse (District 9350 governor) and his wife Freda Ochse ciation. The focus of this project is on teaching basic sills (entry level) ship this last year and now boasts 28 memto some of the many unemployed in the bers. The BRW Club meets on Tuesdays every Langeberg community. Part of the skills development project is to also research the pos- week. Members of the public who are interestsibility of the further development and ex- ed in the work that Rotary does, can attend pansion of food security gardens in the com- any of the club’s meetings by contacting the club secretary. Visit the Rotary website on munity. Since the introduction of the club’s newest www.rotarybreederiver.co.za, click on the associate membership category, the BRW Ro- “Meeting Schedule” link on the Homepage to tary Club has seen a rapid growth in member- find information on each week’s meeting.

Neem deel aan ons babafoto-kompetisie DIE Breederivier Gazette beplan ’n babakompetisie wat van 2 tot 30 Oktober sal plaasvind. Die koste per inskrywing (van ’n foto) is R50. Inskrywings kan gedoen word by die Gazette se kantoor by Kerkstraat 22. Daar is ’n kategorie vir babas van 0 tot 12 maande en peuters 12 tot 36 maande. Goeie pryse kan gewen word. Vir meer besonderhede bel Annelda Grootboom by 0 023 626 5212.

A typical scene of the Montagu Village Market on a Saturday morning.

Trendy Langeberg markets DALEEN FOUCHÉ INTERNATIONAL trends like the slow food movement and buying local and organic food are some of the trends that the Langeberg communities are actively promoting through the various markets in the area. Mareletta van Zyl-Wohlfarter, chairperson of the Montagu Ashton Tourism Association, says the market is more than just a way of making money. “We consider ourselves on the cutting edge of a world movement.” She explains that there is a trend worldwide to “scale down, to move back to the country from big, frenetic cities, and to live a simpler, slower life”. She says that with this tendency, there is also a change in eating habits and fashions. “Slow food has taken off, and people are visiting organic and farmers’ markets looking for real food to cook for their families. They are looking for inspiration and recipes that make the most of the best ingredients. Grandma’s recipe book and Grandpa’s home grown vegetables are suddenly very much in vogue.” The Montagu Village Market has between 35 and 40 stalls per week, with roughly between 350 to 500 visitors on a “normal weekend”. However, during a long weekend or a holiday there can be up to 1 000 visitors in a morning. Van Zyl-Wohlfarter says traders are doing well financially. “Some traders’ only income is the Saturday market, while others use the market to supplement their income. They do well, especially in this tough economic climate.” The Robertson Farmers Market has between 10 and 20 stalls offering a wide variety of goods. Lisa van Zyl Jones, chairperson of the Robert-

son Farmers Market, says unlike the Montagu Village Market, most Robertson Market customers consist of a “small but loyal and local crowd”. Van Zyl Jones says more and more people are realising that there is money to be made with local markets, especially now that jobs are becoming scarce. She says in Cape Town, some markets have waiting lists of up to six months for exhibitors to display their wares. However, Van Zyl Jones says that in order to be successful at a market, one has to be consistent. “The onus is on the stall-holder to make a success of it.” She says that if a stall-holder can find a “gap in the market” and “stick to it”, they can be successful. “The market forms part of an important income for me.” Van Zyl Jones and Van Zyl-Wohlfarter both agree that the recent winter was financially “slow”, because of the many rainy Saturdays. Van Zyl Jones says she is looking forward to the summer when more people will visit the market.


4

Breederivier Gazette

General - Algemeen

Dinsdag 16 Oktober 2012

Sterkte matrieks Die Breederivier Gazette het verlede week die verkeerde skoolname by skoolfoto’s geplaas in die promosie om matrieks sterkte toe te wens met die finale eksamen. Ons is jammer oor die fout.

Hoërskool Montagu matriekklas 2012

Logos Christian School matriekklas 2012

Langeberg Sekondêr matriekklas 2012

Hoërskool Bonnievale matriekklas 2012

Hoërskool Robertson matriekklas 2012

Hout haal was ’n ekspedisie Ek het onlangs ’n bundeltjie kontreiverhale ontvang van Chris Nezar van Stilbaai. Ek het hom leer ken toe hy my genader het vir hulp met sy skryfwerk. Die bundeltjie, getiteld, Waar my hart lê, is verhale wat jou laat verlang na dae lank gelede. Met sy toestemming vertel ek die verhaaltjie oor. Ons moes gereeld vuurmaakhout gaan haal. Ma het op ’n koolstoof kos gemaak en ons waswater is ook daar warm gemaak. Die stoof was in die wintermaande ons kaggel. Die beste plek om te sit, was reg langs die stoof op die houtkas. Jy kon so onder jou boude uit hout aangee vir die stoof. Om hout te haal, was groot werk. Vir drie dae voor die tyd het die mans die berg uitgeklim om op die plato hout bymekaar te maak. Ons kon net met die ossewa die hout gaan haal. Dit was met daardie ekspedisies dat ek onder die indruk gekom het van hoe die

Voortrekkers moes gesukkel het om oor die berge na die binneland te kom. Die droë bome is laag op die grond afgesaag en die takke is afgekap en in aparte stapels gepak. Die takke en fyn hout is laaste opgelaai. Hulle is tussen die stompe en takke ingedruk om die openinge vol te maak. Dit was moeilik om met die volgelaaide wa op die plato te ry. Die wa et gestamp en geskommel deur die klippe heen. Almal se hulp was nodig om die

wa regop te hou waar ons die laaste stuk na die dorpspad aangedurf het. Daar was die klippe die grootste. Ons het drie lang dubbele rieme aan elke kant van die wa vasgemaak en van weerskante oor die vrag gegooi. Die manne het drie aan die ’n kant saam met die wa gestap met die rieme in hulle hande. As die wa na links tuimel, het die manne aan die regterkant aan die vrag gerem. Die drywer het sy werk geken. Saam met die touleier kon hy die osse se pas beheer. Ander kere moes hy die osse aanspoor om te trek. Dit was net nodig om die sweep oor hulle heen te klap en te roep: “Vat hom nou! Vat hom!” Dan het die osse hulle rûe krom gebeur teen die juk. Almal het gesug van verligting wanneer die wa eindelik in die dorpspad is en ons kon opklim om huis toe te ry. Miskien was die osse die blyste van almal.

Jan Publiek sal die septer swaai Aangaande die brief “A sad day for Bonnievale” (4 September 2012). Theuns jy slaan die spyker op sy kop. Ja, aan arrogansie skort daar niks met die senior amptenare van die munisipaliteit nie en is dit ironies dat die politieke hooffigure, die DA, dit toelaat dat Jan Publiek soos kinders behandel word. Die amptenare ontgeld dit netso onder hierdie “diktators”. As hul nie geskors word nie (met volle salarisse en byvoordele), word hulle dissiplinêr aangekla of geviktimiseer tot van hulle maar

besluit om ander weivelde te soek. Besef hierdie senior amptenare en raadslede dat hulle in diens staan van die Langeberg-area se gemeenskap en is dit steeds ons belastingbetalers wat maandeliks hul vet salarisse en toelaes betaal? Wat hulle egter uit die oog verloor is dat hulle ook maar net kontrakwerkers is en die raadslede ook maar net geleende tyd het tot en met die volgende verkiesing. Dan breek oordeelsdag vir hulle aan. Die dag wat Jan Publiek die septer gaan swaai.

So inwoners van Langeberg munisipale area, skrik wakker, laat ons ’n verenigde front vorm teen hierdie verkeerde dinge wat by ons munisipaliteit aangaan. Laat ons seker aksies loods. Dit behoort immers aan ons en nie seker individue nie. ANONIEM ) Die Langeberg-munisipaliteit het verkies om nie kommentaar op die brief te lewer nie.


Dinsdag 16 Oktober 2012

) Die Montagu-polisie versoek die publiek se hulp om ’n horlosie op te spoor. Op 1 Oktober 2012 het die eienaar van ’n goudkleurige Tempo-horlosie ter waarde van R600 dit op sy bedkassie in sy woning neergesit. Hy het sy woning verlaat en later dieselfde dag toe hy terugkom by sy woning, het hy opgemerk dat die Tempo-horlosie nie meer op sy bedkassie lê nie, maar dat die goudkleurige armbandjie wat saam met die horlosie gekoop is, nog steeds daar is. Die horlosie het ’n nommer aan die onderkant van die horlosie se gesig. Dit is ’n manshorlosie met ’n goudkleurige gesiggie en ’n goudkleurige metaalbandjie. Dit is ’n syfer- en nie ’n digitale horlosie nie. Indien enige iemand inligting het oor waar die horlosie gevind kan word, bel asseblief vir Ao Frikkie Conradie by 0 023 614 8316 of 0 079 894 1784. ) Gedurende die maand van Augustus het die Montagu-polisie ’n swartkleurige DVDspeler en afstandbeheer-koorde opgetel in die omgewing van Stevenstraat, Montagu. Die fabrikaat en reeksnommer is beskikbaar op die DVD-speler. Die eienaar word versoek om die item uit te ken en bewys van eienaarskap te lewer. Kontak asseblief vir sers. Brendon Moses op 0 023 614 8316 gedurende kantoor-ure. ) The Robertson police warns residents against e-mail scams. Lt Cynthia Mngcele, spokesperson, says there has been an increase in cases relating to e-mail scams. She warns residents not to buy or pay money into an account as instructed in e-mails.

Die DVD-speler is in Stevenstraat, Montagu gevind.

The Robertson police are looking for the owner of a Bosch drill in a case and a grinder. If you can prove ownership of these stolen goods, please contact warrant officer Cliff Stemmet on 0 023 626 8340.

General - Algemeen

Breederivier Gazette

5


General - Algemeen

Breederivier Gazette

If it’s authenticity you are looking for, then come and enjoy good food at Piccolo Tesoro, where traditionally made pizzas are on offer. Customers can take advantage of the rustic interior or, on a sunny day, enjoy a glass of white wine outside under the pergola. Peter and his friendly staff look forward to meeting you at Piccolo.

Met jare se ondervinding in gehalte eindprodukte, verskaf Kootjie Laubscher gehalte biltong, droëwors en chili bites. Hy glo aan kwaliteit en droog die biltong en droëwors self op die perseel. Montagu Biltong verkoop ook wors, maalvleis en patties aan die publiek.

Curtain Design spesialiseer in die maak van blindings en gordyne volgens u spesifikasies. Die gesogte Taylor Blinds is ook hier beskikbaar. Net die beste kwaliteit in binnenshuis-materiaal word gebruik vir produkte, en kan ook hier gekoop word. Besoek gerus Curtain Design vir ’n kwotasie. Geen werk is te klein of te groot nie!

By R62 Fish Shoppe word daar daagliks vars gebakte vis en skyfies gemaak. Net die beste kwaliteit bestanddele word gebruik om die heerlikste vis, skyfies en Russians te bedien. Diens is flink en personeel vriendelik.

Wolle is alom bekend vir sy verskeidenheid wol asook hekel en brei benodighede. Glaudina help graag met advies as dit kom by hierdie bekende tydverdryf – van die brei van ’n pragtige serp tot die hekel van ’n blokkieskombers.

Besoek gerus vir Jan Butler van CBR Verwe vir u volgende verfprojek. Hier vind u ’n wye reeks in huisen dekor-verf, insluitend die kwaliteit produk, Dekro-verwe. Motorspuitverf is ook hier beskikbaar.

Christine Laubscher is bekend vir uitstekende diens selfs na verkope. Sy verstaan kliënte se behoeftes en bied ondersteuning tydens en ná die koop of verkoop van eiendom. Resultate toon dat sy ’n voorloper in verkope in die plaaslike residensiële mark is. Sy bedank graag haar kliënte vir hul vertroue en lojaliteit teenoor haar.

Montagu Country Hotel is reeds van 1875 af Montagu se eie hotel. Met unieke Art Deco-argitektuur wat in die 1930’s aangebring is, is dit die enigste oorspronklike Art Deco-hotel in Suid Afrika, ’n ware landmerk. Met ’n vol a la carte restaurant, gesondheidsentrum en konferensiefasiliteite is Montagu Country Hotel beslis ’n besoek werd

60 Badstraat Montagu Tel: 023 614 2240 Faks: 023 614 1077

4312 RC 1BTMUK08M

6

Dinsdag 16 Oktober 2012

Carina’s se klerewinkel bedien oud en jonk met die nuutste modes. Kwaliteit handelsname soos Quiksilver, Volcom, Fox, Jeep, Lizzard, Crocs en vele meer is beskikbaar by Carina’s. Dit is hoegenaamd nie nodig om oor die berg te ry vir kwaliteit klere teen bekostigbare pryse nie.

Have your precious items professionally framed. All quotes and consultations are free! We look forward to meeting you and discussing your framing requirements. Please feel free to make a private appointment and let us show you how to reflect your personality through your artworks and surroundings. With more than 400 mouldings to choose from, there is something for all tastes.

American Tobacco shares premises with Montagu Books and CD’s, a long-established second-hand bookshop. They stock a variety of pipes and RYO tobaccos, pipes and cigars of all sizes, common and uncommon brands of cigarettes.

Die Montagu Ashton Inligting kantoor het onlangs die prys vir beste toerismekantoor in die Wynland distriksmunisipaliteit se Mayoral Awards gewen. Die kantoor bied vriendelike diens aan toeriste en plaaslike mense.


Dinsdag 16 Oktober 2012

Montagu Apteek bied professionele, vriendelike diens en goeie raad. Besoek hulle gerus ook vir oorspronklike idees vir geskenke. Montagu Apteek is ook ingeskakel by die meeste mediese fondse.

Disa Tronics specialises in the installation and repair of DSTV and antenna systems. Disa Tronics have been in Montagu for 18 years and do work in Montagu, Ashton, Robertson, McGregor, Bonnievale and Barrydale. Disa Tronics is Multichoice accredited. A must see is the new gift and art shop that has opened at the same premises

General - Algemeen

Geniet ’n bederf in huislike atmosfeer, met heerlike kos en gasvryheid soos min! Bring jou vriende, jou familie en geniet die beste eisbein in ons area! Docks bied ook wegneem-etes en spesiale aanbiedinge. Kontak Peter gerus vir funksies, verjaardagpartytjies of net ’n lekker aandjie uit.

Koos Cooper van Montagu bied volledige boedelbeplanning en finansiële ontleding van kliënte se huidige finansiële posisie. Cooper maak dan aanbevelings om kliënte se boedel likied te maak. Verder bied hy inligting oor aftree-beplanning, korttermyn-versekering en stel kliente bekend aan ’n mediese fonds -makelaarsmaatskappy.

Kaap Agri is n landboudiensgroep wat ’n verskeidenheid produkte en dienste aanbied, hoofsaaklik vir die landbousektor, maar ook vir die algemene publiek. Hulle hou ook gereeld kompetisies waar groot pryse gewen kan word.

Jacobs Oogkundige is reeds bekend in die vallei vir bekostigbare maar professionele oogsorg. Hulle beskik oor ’n wye reeks ontwerpersrame asook sonbrille en bied die opsie van n 6-maande, rentevrye afbetaling. Besoek hulle gerus by hul tak in Montagu of Robertson.

’n Pragtige ou Victoriaanse huis verwelkom jou na Jessica’s restaurant. Hier geniet gaste graag kerslig-etes onder die sterre of verfrissende disse in die tuin. Binne is dit snoesig en die mure is versier met kunswerke van plaaslike kunstenaars. Persoonlike diens en aandag is ’n prioriteit.

Andre Novella van Gelderblom Bande is reeds 28 jaar in die bande-bedryf en glo in persoonlike en hands on-kliëntediens.Gelderblom Bande verkoop alle handelsnaam bande en beskik oor ’n vertoonkamer en werkswinkel. Hulle bied ook ’n volledige motorwas- en -skoonmaakdiens aan. Op die foto by Andre is sy vrou Elmarie.

Breederivier Gazette

Kwaliteit handelsname in elektriese en huisware asook meubels is net ’n paar items wat by Montspa te kry is. Hul dienste behels die lê van volvloermatte en gelamineerde houtvloere en die installering van blindings en LG-lugversorgers. Montspa bied kwaliteit produkte teen die beste pryse aan.

Supa Quick is gefokus op goeie klientediens en bied die beste kwaliteit diens en pryse vir batterye, skokbrekers, uitlaatstelsels en top handelsname in bande. Diens en produkte is gewaarborg en word geinstalleer deur ’n opgeleide span.

7

Montagu Finansiële Dienste bied belastingsadvies, finansiële boekhoudienste, korttermynversekering en lewensversekering – alles onder een dak. Weskaap Rek en Montagu Makelaars met lewensversekeringskonsultant Francois Pieterse, help graag met enige navrae.

“Flippen Lekka Take-aways,” is nie net ’n slagspreuk nie, want by die Shack vind u smaaklike kos teen weggee-pryse. As hoofbestuurder van een van die grootste familierestaurante en eienaar van De Shack, ken Andre Paxton die elemente van goeie en smaaklike disse. Voorwaar van die sappigste burgers nog!


8

General - Algemeen

Breederivier Gazette

El Shaddai Begrafnisdienste help kliënte met die uitneem van begrafnispolisse, begrafnisdienste en die verkoop van kranse en kiste. Valentina Schrader (links) is die bestuurder van El Shaddai en Brennelda Philander is assistent by El Shaddai. Hulle lewer deernisvolle en vriendelik diens.

Occuvision in Montagu het hul deure in November 2011 te Badstraat 50 oopgemaak. Occuvision bied uitstekende diens en gehalte oogsorg vir die gemeenskap. Kom loer gerus na Occuvision se wye verskeidenheid rame of besoek hulle vir meer inligting.

Chas Everitt now offers the full spectrum of property management, including quarterly inspections, feedback to tenants and landlords, garden- and maid service, project management for repairs and maintenance and liaison with security companies. “We strongly believe in duty of care to the owner.”

For the best Italian sit-down or takeaway in town, visit The Burgundy Gherkin for freshly prepared food, cold beer and winning wines. The Burgundy Gherkin has a great vibe and kids have their own playroom.

Professional Studio for Slimming and Toning is gerig op persone wat om gesondheidsredes oefening wil doen. ’n Reeks oefenmasjiene soos loopband-, roei- en skudmasjiene is beskikbaar. Die ateljee het ’n gesellige atmosfeer vir mense wat hul daaglikse stres wil weg oefen.

Dinsdag 16 Oktober 2012

TPS has been operating in the Langeberg municipal area since 1997 and is headed up by Ron Brunings, a registered town and regional planner, with 20 years practical experience. TPS offers town planning services, which include applications for rezoning, consent use, subdivision (rural and urban) and design, as well as applications for environmental authorisation, heritage approval and water use registration.

Overberg Rekenaardienste spesialiseer in die verkoop asook herstel van rekenaars. Raad op enige tegniese vlak is professioneel en hulle help graag met enige probleem. Hulle voorsien en hervul drukkersink en verkoop ’n wye reeks van rekenaartoerusting en benodigdhede.

Montagu Wimpy word geniet deur plaaslike kliënte en toeriste. Montagu Wimpy streef daarna om almal tuis te laat voel. ’n Werkerstasie met kragproppe is beskikbaar vir kliënte om skootrekenaars te gebruik terwyl u n heerlike koppie koffie geniet. Personeel is vriendelik en diens is flink.

Chockbox is ’n prettige koffiewinkel wat ’n groot verskeidenheid soetgoed en gebak verkoop. Chockbox bedien ligte etes soos pannekoeke, muffins en slaaie. Heerlike koeke kan dáár geniet of weggeneem word. Geen soettand sal Chockbox se handgemaakte sjokolade kan weerstaan nie.


Dinsdag 16 Oktober 2012

General - Algemeen

Breederivier Gazette

Jong tuiniers van hoë kaliber DALEEN FOUCHÉ

“O

NS plant Afrikanertjies langs die spinasie, sodat die goggas eerder die blomme eet en nie die groente nie.” So verduidelik Rayll Jacobs (10) van Vergesig Primêr tydens ’n toer van die skool se organiese kos- en vetplanttuine. Die vier leerlinge, wat lede van die skool se tuinbouklub is, wys elke plant noukeurig uit en noem elke plant op sy regte naam. Die leerlinge verduidelik dat van hul gunstelinggroente uie en wortels is. Die skool is onlangs aangewys as provinsiale wenner van EduPlant se skole kompetisie, wat skole vir hul kostuin-projekte vereer. Nog ’n plaaslike skool, Wardia Primêr buite Montagu, is as een van 60 finaliste aangewys uit die 450 skole wat vir die EduPlant kompetisie ingeskryf het. EduPlant is ’n landwye kompetisie wat die afgelope tien jaar skole vereer vir hoë standaarde in skool-kostuine. Die jong tuiniers van Vergesig Primêr se tuinbouklub het verlede jaar begin met hul tuine onder die leiding van Inge Scholz, wat Engels by die

skool aanbied. Drie leerlinge is saam met Scholz Johannersburg toe, waar die leerlinge ’n voorlegging van die skool se kostuin gemaak het. “Ons was baie senuweeagtig,” sê Taryn Jansen (10). “Dis nie nodig dat ’n skool soos ’n tronk moet lyk nie,” meen Scholz. Die tuinklub het klein begin en Dié leerlinge (van links) Monray Katoor (11), Rayll Jacobs (10), vetplanttuine met Justin Cooksen en Taryn Jansen (10) is deel van Vergesig Primêr steggies begin se tuinbouklub. FOTO: DALEEN FOUCHÉ maak. Die tuinklub kom twee keer ’n week in die middae was die tuine gereeld gevandaliseer, bymekaar om tuin te maak en spog maar sê die leerlinge en selfs ondernou met ’n organiese permaculture wysers begin nou besef wat die waarde van die kostuin is. kostuin en pragtige vetplant-tuine. Sy sê dit is wonderlik om te sien hoe Reënwater word in tenks opgevang en vir die tuin gebruik terwyl alle leerlinge en onderwysers nou by hulle tuin- en groente-afval van die voe- huise ook begin met kostuine. Daar is tans 30 leerling in die tuindingsprojek na die komposhoop toe gaan. Scholz sê die leerlinge in die bouklub, wat verantwoordelik is vir tuinbouklub leer van plante, bewa- die tuine. Die leerlinge maak bedring, waterbesparing, verantwoorde- dings, plant steggies en saailinge, trek likheid en bowenal, respek. Sy verdui- bossies uit die tuin en maak seker dat delik dat aan die begin van die projek die plante genoeg water kry.

Die 2012 Veritas Toekennings is op 6 Oktober by ’n gala-geleentheid by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum aangekondig. Klipdrift het die Breederivier se naam hoog gehou met een dubbelgoud medalje vir hul Klipdrift Gold. Hier (van links) is Pieter de Bod (KWV), Brink Liebenberg (Oude Meester), Christelle Reade-Jahn (direkteur van die SA Brandewynstigting), Marlene Bester (Van Ryn’s), Johan Venter (Klipdrift) en Riaan Bredell (Flight of the Fish Eagle). FOTO: BARRY LAMPRECHT

EPIC CELEBS IN MONTAGU: On Friday 28 September, the ABSA Cape Epic Celebrity riders visited Ashbury primary school in Montagu. R10 000 was donated towards building a new class for remedial students. Joel Stransky, one of the celebrity riders also promised to provide the rest of the funds needed for the new classroom through his charity organisation, LumoHawk. 50% of the 1 147 pupils at Ashbury Primary suffer from foetal alcohol syndrome (FAS) and require special attention in the classroom. Some of the celebrity riders included Joel Stransky, Corne Krige, Vanessa Haywood, Ernst Viljoen, Tiaan Strauss, Gugu Zulu, André Ross, Clayton Duckworth, Letshego Mosheou and Owen Hannie. PHOTO: JON MEINKING | ISHOTIMAGES

9


10

Classifieds

Breederivier Gazette

Dinsdag 16 Oktober 2012

Court swings foster grant axe

T

he South Gauteng High Court ruled in August that orphaned children in the custody of family members who have a “legal obligation” to care for them may not be eligible for foster care grants.

Because they are considered duty-bound to support the child, guardians such as such as grandparents and siblings may be dealt a crushing financial blow by the ruling. While the ruling only binds magistrates courts in Gauteng, it could be used as a reference by magistrates in the Western Cape when interpreting the law. Paula Proudlock of the Children’s Institute at UCT says the ruling should only affect the foster parents of orphans, and that foster parents of children who have been removed from their parents due to abuse or neglect will still be eligible for grants. Shivani Wahab, senior manager for communications and marketing at the South African Social Security Agency (SASSA) in the Western Cape, says caregivers only qualify for foster care grants if a court order gives the child foster status. This is granted when the child has been orphaned or abandoned and has no obvious means of support. Caregivers can receive a child support grant

or a foster care grant, but not both. Proudlock says any primary caregiver can get a child support grant, but foster parents have to be appointed by the court. Wahab says there have been 20 000 foster care grants and 82 000 child support grants given out in the province. Proudlock says nationally there are 350 000 orphans living with relatives who receive a foster care grant. The majority of these relatives are grandparents, Proudlock adds. Trix Marais, acting national executive director of Child Welfare South Africa, says the matter is under consideration by the national Department of Social Development, and declined to comment further. Proudlock says, “The likely effect of the judgment will be that when grandparents have to have their foster care orders reviewed, they will lose their foster child grants. They will then have to rely on the lower child support grant. “It will also mean that hundreds of thousands of orphans being cared for by grandparents and adult siblings hoping to apply, or in the process of applying, for foster child grants will no longer be eligible.” Wahab says a child support grant amounts to R280 per month, while a foster child grant totals R770. “Grandparents who cannot access the foster child grant have the option of applying for the child support grant for their grandchildren,” she says.

18

FAMILIEKENNISGEWINGS FAMILY NOTICES

Sterfgevalle (laat) Death Notices (late)

CAPITAL

07 Gelukwensing Congratulations

SIMPSON JUNAIDE Baie geluk met jou 2de verjaarsdag. Ons is baie lief vir jou. Van jou Ma, Pa en Boeta.

LOANS approved R1000 up, to R100 000. Blacklisted & garnish welcome. latest payslip, 2 months bank statement and copy of ID. 10 minutes approval. Contact 076 682 2723 or sms.

SECURITY

MOURIES, DAWID Geb.22/10/1951Gest.13/10/2012 Die roudiens vind plaas Woensdag 17 Oktober om 7nm te Jasmynstraat 59 en begrafnisdiens is Sondag 21 /10/2012 by die huis in Jasmynstraat 1nm en 2nm in die VGK Robertson- Oos kerk. Sal ontghou word deur sy vrou, kinders, kleinkinders en familie.

TE KOOP FOR SALE

Tel: 023 347 3827/8 of 023 626 5655

• 24 uur telefoon/radio monitor • 24 uur gewapende reaksie • 24 uur beheerkamer • SIRA goedgekeur • CCTV • Afstandbeheer/ paniekalarms • Alarminstallasies • Wagte • Toegangsbeheerstelsels • SAIDSA goedgekeur • Poligraaf toetse

4112 RC

NICOLE MCCAIN

"Knowledge is the key to safety"

77

Meubels/Furniture

11

1X Sitkamerstel R1 000, 1xmat (rooi) R250, 1x wall uniot R350, 2x koffietafels R 250. Indien belangstel bel 078 853 2202/073 149 6072. Le Rouxstraat 41, Robertson.

In Memoriam

ALGEMENE DIENSTE GENERAL SERVICES 1141

Hier is Mornè Roos by sy vrou Esterine en hul twee seuns.

Nuwe koshuisvader vir Hoërskool Montagu Mornè Roos is sedert die begin van Oktober die nuwe koshuisvader van Hoërskool Montagu se koshuis, Huis van Velden. Roos het grootgeword op Klerksdorp enhet sy BA MBK en HOD aan die Universiteit van die Noordwes in Potchefstroom behaal. Hy het begin skoolhou aan die Hoërskool Montagu en is vanjaar vir sy twintigste jaar verbonde aan die skool. Hy doen reeds vir tien jaar lank diens

in die koshuis en het ook voorheen daar ingewoon. In sy vrye tyd speel hy met sy twee seuntjies en kyk hy graag sport. Roos wil graag ’n huislike atmosfeer skep waar leerlinge hulself ten volle kan uitleef en die koshuislewe kan geniet, en sien uit na al die nuwe uitdagings wat vir hom voorlê. Ons wens hom alle voorspoed toe en hoop hy en sy gesin gaan baie gelukkig in die koshuis wees.

DE BRUIN, FLORIS CALVIN (Pops) Geb.30/11/1983Gest.15/10/2011 ‘n Jaar het verby gegaan, maar die hartseer en verlange is nog groot. Osn as familie sal jou altyd onthou en in ons harte dra. R.I.P (Pops). Van: Mammie, suster, broer, De Bruin familie, niggies, neefs en vriende.

Algemene Dienste General Services KOM geniet die avontuur en ontspanning van perdry by die Robertson Ryskool.* Ons bied verskeidenheid van rylesse vir kinders en grootmense vir beginners en ervare ruiters *Outrides tussen die wingerde en langs die Breërivier * Wynproë op ‘n perd se rug of met die waentjie by Majors Hill en Springfield. * Perdrykampe vir kinders gedurende skoolvakansies * Mini kommando’s op Saterdae* Kinderpartytjies. Skakel ons gerus by 072 291 7631 of 082 402 7088.

My Nagina Take-Aways 57 Churh Street (Next to Mr Price), Robertson, Tel. 023 626 5700 * New Mac Chicken Burger with free tin Coke: R25 * Mince Salomies (roti with curry): R20 * Grilled ¼ chicken + chips: R25 * Large Penny Polony Gatsby: R55 * Snoek and Chips parcel (large): R35 * Stock fish and chips parcel (large): R35 * Samosas and Airtime available!

4312 RC 1BTQ4ZA

SWANEPOEL, MARSHA SHIMONE Congrats with your 21st birthday. Love: Grandma, Felicity, uncle's & cousins.


Dinsdag 16 Oktober 2012

Classifieds

Breederivier Gazette

11


Breederivier

Year 16 • 16 Oktober 2012 | Tel. 023 626 5212

Local speedster wins championship Altus de Wet has done it again – true to form, the sterling off-road motorcyclist claimed his third OR2 (250 cc class) title at the 2012 South African National Off-road Motorcycle Championship. De Wet had already confirmed his championship title at the penultimate round of the 2012 tourney, and rounded a successful off-road racing season off by finishing second behind team-mate Louwrens Mahoney at the recent Ventersdorp 400. This result will see him crowned as the 2012 South African national OR2 champion; he will compete with the number-three plate for the 2013 season (he finished third in the overall standings). De Wet posted the fourth fastest time after the 60 km time-trial on Friday 5 October, before Saturday’s main race, and started seven seconds behind main rival Chris Webster. The time-trial started in Ventersdorp and followed a circular route of 60 km out of town. De Wet crashed once during timetrial, damaging his KTM somewhat, but he went on to complete this section in 01:01:49,952. De Wet headed into the Ventersdorp 400 in third place on the overall standings.

Altus De Wet in action in Ventersdorp

PHOTO: ELZA THIART

He moved into the second position quite rapidly, passing Webster before the halfway mark. His teammate, Riaan van Niekerk, started second but experienced mechanical problems and had to retire. The race consisted of three different loops of 60 km each, and competitors had to complete each loop

twice for a total of 360 km on the day. De Wet did well to maintain his high level of fitness ahead of the gruelling championship. “I enjoyed the race,” he says, “and although I knew I had the OR2 championship all wrapped up, the possibility was still there to finish second overall for the season.”

RUGBYTOERNOOI: Roan Lourens van Hoërskool Bonnievale het tydens die vakansie deelgeneem aan ’n rugbytoernooi. Ná afloop van dié toernooi sal ’n Boland elite-groep aangewys word. Hierdie groep sal in die volgende maande afrigting ontvang om hulle gereed te maak vir die volgende seisoen.

HOËRSKOOL ROBERTSON SE VOORSTE PRESTEERDERS: Pryswenners vir 2012 is (agter van links) Anri Uren (hokkiespeler van die jaar), Shani Retief (mees uitsonderlike prestasie op kultuurgebied), Inus van Huyssteen (sportman van die jaar – buitesport), Wayne Marais (sportman van die jaar – buitesport), Dehan Stipp (veelsydigste o. 16-seun akademies, kultuur- en sportgebied, bes geklede leerling), Brand Taljard (rugbyspeler van die jaar), Pierre-Juan Paulsen (beste voorspeler - rugby), (sportman van die jaar – binnesport, meeste vordering in o. 15 rugby), Duane Michaels (krieket se beste kolwer en bouler), Johan van Dyk (beste swemmer), Férol-Jon Davids (beste volgehoue prestasie in musiek, beste punt in Unisa se praktiese eksamen, hoogste punt in Unisa-musiekteorie, beste senior instrumentalis by Montagu Jeugkunstefees) en Kelsey-Leigh Netherton (sportvrou van die jaar – binnesport). Voor van links is Madré Booysen (beste netbalspeler), Francelle Naudé (swem Victrix Ludorum, beste meisie-tweekampatleet), Dewald Müller (Dux-leerder, leierskap-toekenning, beste senior redenaar, beste hokkie-eerstespanspeler), Sanmarie van Eeden (leierskap-toekenning), Francois Jansen van Rensburg (veelsydigste sportman, leerling wat die meeste leiding op geestelike gebied geneem het, beste seuns tweekampatleet), André Hansen (senior Victor Ludorum, rugbyspeler van die jaar) en Kyle McMahon (hokkiespeler van die jaar).

NETBALSPAN KUIER IN DIE KAAP: Die o. 13A netbalspan van Hoërskool Bonnievale was vir ’n naweek Kaapstad toe vir hul netbalafsluiting. Hulle het teen Laerskool Aristea gespeel en gaan uiteet en ysskaats – ’n lekker manier om ’n suksesvolle netbalseisoen af te sluit. Dié span het gesorg vir ’n baie opwindende wedstryd by hul interskole teen Goudini en gewen. Hier is (agter van links) Janie Redelinghuys, Jana Wessels, Jenna Roseveare, Chante Human, Luane Wessels en Hilda Jonker. Voor is Beaunique Harris en Nereen Goodman.

SKOOLKOERANT PRESTEER: Voorwaarts, die skoolkoerant van Hoërskool Bonnievale, is aangewys as die tweede beste skoolkoerant landswyd in die nasionale skoolkoerant-kompetisie van Media 24. Dit is voorwaar ’n prestasie om op trots te wees! Hier (agter van links) is Marianne Steyn, Thea Stemmet, Lize-Mare Viljoen, Stefan Prins (skakelonderwyser), Michael Rodriques en Laubscher vd Merwe; (middel) Bea Wentzel, Annelie Wessels, Philip Jonker, Leana van Graan en Nika Brink; (voor) Suzaan Marais, Lelani Oosthuizen en Johani Bantjes; (heel voor) Lizaan Viljoen (sub-redakteur) en Renette Opperman (redakteur). Chameron Hansen, Nicholas Jonker, Jana vd Merwe en Mare Schreuder was afwesig met die neem van die foto.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.