Breederivier
Year 18 • 16 September 2014 | Tel. 023 626 5212
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi
Dis lente in die Langeberg
LENTENOOIENTJIES: Dis lente in die Langeberg en inwoners word oraloor begroet deur bloeisels en wingerde wat bot. Franzel (5) en Karen Kloppers (10) het ’n heerlike lentedag in die Agterkliphoogtearea geniet.FOTO: ZELDA KLOPPERS
Boer sterf week ná wrede aanval HILDERINE SCHRÖDER Die Bonnievale-polisie ondersoek ’n bykomende saak van moord ná die slagoffer van ’n plaasaanval in die Drew-distrik verlede Donderdag aan sy beserings beswyk het. Helmut Wohlfarter (73) was vir ’n week in ’n koma in die Tygerberghospitaal nadat hy onder meer ernstige breinbeserings in die aanval op 4 September opgedoen het. Hy is vermoedelik met ’n panga aangeval. Die aanval het nie net die kollig fel op veiligheid in veral landelike ge-
biede geplaas nie, maar is ook skerp vanuit talle oorde veroordeel. Diana Gagiano, uitvoerende burgemeester en sélf ’n inwoner van Bonnievale, het haar skok oor die voorval uitgespreek. “Dit is skokkend dat dit in ons pragtige landelike gebied plaasgevind het. Dit is só hartseer, maar is ’n oproep op ons hele gemeenskap om meer bewus te wees van wat in jou omgewing aangaan, om paraat te wees en ingestel te wees op jou en die gemeenskap waarvan jy deel is se veiligheid.” Gagiano het haar meegevoel aan die Wohlfarter-gesin betuig en ter-
selfdertyd die hoop uitgespreek dat diegene verantwoordelik vir die aanval spoedig aan die pen sal ry. “Niemand kan skotvry kom wat ander se lewe op so ’n wreedaardige manier bedreig, omverwerp of tot ’n einde laat kom nie.” Volgens Carl Opperman, hoof- uitvoerende beampte van Agri WesKaap, is dié organisasie geskok oor die wreedheid van die aanval op Wohlfarter. “Enige plaasaanval is een aanval te veel,” het hy gesê. Hy het ’n beroep gedoen op die gemeenskap om waaksaam te wees en enige verdagte mense of voertuie wat hulle
in die omgewing sien, by die plaaslike polisie aan te meld. “Dit kan van kritieke waarde wees as mense ’n foto van die verdagte mense of voertuie kan neem, selfs al is dit net met hul selfone.” Volgens Opperman is dit belangrik dat mense in die landelike gebied hul roetine aanpas en hul veiligheidstrukture so ver moontlik opskerp. Volgens Tarien Cooks, veiligheidkoördineerder van Afriforum, blyk dit uit dié aanval dat voorvalle van geweld in die Wes-Kaap aan die toeneem is. Daar was sedert die begin van die jaar 92 plaasaanvalle en 43
plaasmoorde in die land, aldus Cooks. In die Wes-Kaap, sê sy, was daar vanjaar reeds vyf aanvalle. “Dit wil voorkom of daar ’n styging is in die moorde aangesien daar in 2013 vir die volle jaar nie meer as 43 moorde was nie.” Niemand is al in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en die Bonnievale-polisie doen ’n dringende beroep op enigeen met inligting om na vore te kom. Alle inligting sal vertroulik hanteer word. Bel die Bonnievale-polisie by 023 615 8060. Die Wohlfarter-familie kon nie vir kommentaar bereik word nie.
2
Breederivier Gazette
General - Algemeen
Dinsdag 16 September 2014
7 – 11 OKTOBER
harmonic Orchestra at 16:30 at the Dutch Reformed Church hall, Montagu. Concert is free. Meal tickets: R50 (adults) or R25 (scholars). Enquiries: ruralartsdev@gmail.com.
) Robertson Lenteskou. Navrae: Chresna Schoonwinkel, 0 023 626 2512.
VRYDAG 19 SEPTEMBER
SATERDAG 11 OKTOBER ) Steve Hofmeyr tree by die Robertson Lenteskou op. Navrae: 0 023 626 2512.
) Teetuin en oggendmark by die Robertsonmuseum se anneks. Navrae: 0 023 626 3681.
) Die film Death on the Nile word in die anneks van die Robertson-museum vertoon. Dié Agatha Christie-verhaal is ’n tydlose treffer en speel tussen die historiese monumente van Egipte af. Die vertoning begin om 18:30 vir 19:00. Verversings sal voor die vertoning geniet word. Navrae: 0 023 626 3681.
SECOND THURSDAY OF EACH MONTH
SATERDAG 20 SEPTEMBER
EERSTE SATERDAG VAN ELKE MAAND
) Montagu Alzheimer’s Support Group meets at 15:00 in the bottom lounge of Huis Uitvlucht, Montagu.
THURSDAY 18 SEPTEMBER ) Soup & Symphony with the Cape Town Phil-
) Hoërskool Robertson-gholfdag. Anschen, 0 082 876 9706.
Navrae:
) Wine on the River. Navrae: 023 626 3176. Valleikalender: 0 023 626 5212 of 2 gazette@breede.com.
DONDERDAG 25 SEPTEMBER ) Lollos kom kuier by die NG kerk RobertsonOos. Navrae: 0 082 221 6653.
RSG KUIER IN VALLEI: Die Rooiberg Kelder het onlangs gasheer gespeel vir RSG toe dié ’n buite-uitsending van hiér aangebied het. By dié geleentheid was (agter, van links) Johan du Preez (hoofbestuurder van Rooiberg) die Adagio-sangers van Wellington wat opgetree het en Zaine Pritchard (Rooiberg se bemarkingsbestuurder). Voor is die res van die Adagio-groep met, in die middel, Danie Niehaus, wat ook opgetree het.
McGregor to host festival for poets The McGregor Poetry Festival is fast approaching and this event from 24 to 26 October promises to yet again be an unforgettable weekend of fun, laughter and celebration of the written word. Visitors to the festival will enjoy the opportunity to engage with a number of well-known South African poets in a relaxed atmosphere. The festival embraces the entire town using venues at Temenos, Wahnfried, The Edna Fourie Gallery, local restaurants, pubs and homes.
17 – 19 OKTOBER
Besides the three-day programme of readings, talks and workshops with well-established and new talent, there will be a wide variety of fun events all over the village. Budding or undiscovered poets are invited to join the festival’s openmic sessions. For more information, contact Jennifer Johnson, the festival coordinator, on 023 625 1908 or send an email to info@mcgregorpoetryfestival.co.za for more information. Tickets for the various shows can be booked at Computicket.
Some more great variety is on the menu at Nu Metro Mountain Mill this week. Use this schedule for 12 to 18 September to plan your trip to the movies: • Begin Again (16L) Tuesday 16 September to Thursday 18 September 11:45, 15:15, 17:30, 20:00. • Die Spook van Uniondale (7-9PG) Tuesday to Thursday 11:30, 14:00, 16:45, 19:15. • Tammy (16LV) Tuesday to Thursday 12:00, 14:30, 17:00, 19:30. • Lucy (16V) Tuesday to Thursday 12:00, 14:30, 17:00, 19:45. • Suurlemoen (PGL) Tuesday to Thursday 12:15, 14:45, 17:15, 20:00. Visit the Nu Metro Mountain Mill ticket counter or www.numetro.co.za for more information. Schedules are subject to change without prior notice. Visit www.worcesterstandard.com and click on “tell your story” to upload a review and stand a chance to win two movie tickets.
Dinsdag 16 September 2014
News - Nuus
Breederivier Gazette
Moordenaar gevonnis NET DIE BESTE is GOED GENOEG! Montagu Spar het n dinamiese span by hul slaghuis-afdeling. Hulle loop altyd die ekstra myl om aan elke kliënt se behoefte te voorsien met net die beste graad vleisprodukte. Van links is Beatrix Lengoba, Devron Conradie, Haygar Koch, James Jacobs, Roseline Fredericks, Emily Klein en Bothwell Munhuwani.
SAKPAS-KWALITEIT: Robertson Spar se slaghuisafdeling is propvol gepak met kwaliteit-graad vleisprodukte. Met ’n groot verskeidenheid delikatesse- en gourmetprodukte, sowel as die immergewilde produkte, sal jy altyd sakpas-vleis kry. Nelis, die slagter, voorsien ook in alle vleisbehoeftes. BILTONG HEAVEN: No braai or rugby game is the same without the South African favourite biltong. Make sure you stock up on your biltong supply for National Braai Day at Regester Biltong at Breaking Bread, 9 Adderley Street, Robertson. Only the highest quality beef and game is used to produce, in house, Regester Biltong’s excellent biltong, droëwors, Cabanossis and chilli and chutney bites. To top this all, products are available at factory prices. Trade enquires are welcome.
HILDERINE SCHRÖDER Die man wat twee jaar gelede op Nuwejaarsdag ’n vrou van Robertson verkrag en toe vermoor het, is verlede week lewenslange tronkstraf opgelê. Jaylin Karelse (20) is deur DNA met die verkragting en moord op Marlene Standaar (47) verbind. Hy het ingevolge ’n pleitooreenkoms met die staat skuld beken op aanklagte van moord, poging tot moord, verkragting, poging tot verkragting, huisbraak en diefstal. Die Gazette het in Januarie 2012 berig oor die moord op Standaar. Dit was die tweede keer dat Karelse op haar toegeslaan het. Hy het twee maande voor dié voorval, op 21 Oktober, ’n venster gebreek om toegang tot haar huis te kry en het haar in haar slaapkamer probeer verkrag.
Sy het egter verbete teruggeveg en kon daarin slaag om los te ruk en na haar bure te vlug. Karelse het van die toneel gevlug. Hy het egter op Nuwejaarsdag na Standaar se huis teruggekeer en ook dié keer deur ’n venster toegang daartoe verkry. Karelse het Standaar verkrag. Hy het haar noodkrete probeer stilmaak deur ’n lap om haar nek te draai en dit te knoop, het Die Burger verlede week berig. Toe hy sien sy sukkel om asem te haal, het hy probeer om die lap te verwyder, maar die knope was te styf. Karelse het met ’n goue polshorlosie en selfoon van die toneel gevlug. Kapt. Marcel Klaasten, woordvoerder van die Robertson-polisie, het die vonnis verwelkom. “Ons is baie bly. Die ondersoekbeamptes verdien beslis baie krediet, hulle het baie hard gewerk om dié uitslag te verseker.”
3
4
News - Nuus
Breederivier Gazette
Bekende wynboer oorlede
’n Groot seder het geval in Robertson se landbou- en breër gemeenskap.
Ernst Bruwer, ’n bekende wynboer van Mont Blois, Robertson, is verlede Dinsdag (9 September) in die ouderdom van 88 jaar oorlede. Bruwer, die vierde geslag Bruwer op Mont Blois, was in hart en siel ’n wynboer en het die wynbedryf van sy streek op verskillende terreine verteenwoordig. Hy het die boerdery op dié plaas op ’n gevorderde ouderdom oorgeneem ná sy seun, Pieter, se tragiese dood. Dít was ’n taak wat hy met uitnemendheid gedoen het tot sy kleinseun, Ernst, en sy vrou, Nina, hulle op Mont Blois kom aansluit het. Bruwer het sedert 1968 die Robertsonstreek vir 28 jaar op die KWV-direksie verteenwoordig. Hy is opgevolg deur Danie de Wet van De Wetshof. Lourens Jonker, oudvoorsitter van die KWV, was vir 15 jaar saam met Bruwer op die direksie waarvan die laaste twee jaar onder sy voorsitterskap was. Hy beskryf Bruwer as ’n fyn oplettende
Ernst Bruwer persoon met ’n ongelooflike waarnemingsvermoë. “Hy kon telkens ’n situa-
sie ontlont met die kennis wat hy gehad het,” aldus Jonker. Volgens Danie de Wet, ’n jarelange vriend, was Bruwer ’n persoon met visie wat op die kleinste detail kon fokus, juis vanweë sy ongelooflike verstand en geheue, eienskappe wat hy tot met sy dood nog gehad het. Bruwer, sê Jonker, was nooit bang om te kritiseer of mense te konfronteer nie. “Hy was ’n geweldige lojale mens en het sy boere se belange op die hart gedra.” Bruwer het die landbougemeenskap ook op talle ander liggame verteenwoordig, soos waterrade asook die destydse Afdelingsraad Wynland. Hy was ook president van die vereniging van afdelingsrade. Bruwer was geweldig lief vir die Kruger Wildtuin en het jaarliks daar besoek afgelê saam met sy vrou, Anna, wat hom ’n aantal jare gelede ontval het. Bruwer laat twee dogters, Hanli Schröder van Stellenbosch en Agnes Davin van Ceres, skoondogter Estelle Vosloo, nege kleinkinders en ses agterkleinkinders agter. Sy begrafnis was gister (15 September) vanuit die NG kerk Robertson-Oos.
Dinsdag 16 September 2014
Ons 12 bruide by gala-aand Die Gazette se Bruidskompetisie, wat in samewerking met die Robertson Lenteskou aangebied word, is nou amptelik gesluit. ’n Hele aantal van die Langeberg se pragtige bruide het ingeskryf vir dié kompetisie waarin daar groot pryse op die spel is, terwyl lesers in hul massas gestem het vir hul gunsteling bruide. Die 12 finaliste in die kompetisie sal nou by ’n glansryke gala-aand op 10 Oktober teen mekaar te staan kom om as Bruid van die Jaar aangewys te word aangewys gaan word. By hierdie geleentheid sal die finaliste uitgerus word in bruidsrokke deur die bruidsontwerpers Liz Coitire en
Graham T Brown. ’n Naweek vir twee tel onder die groot aantal lekker pryse wat vir die Bruid van die Jaar op die spel is. Ander pryse is onder meer ’n gratis bootreis van Viljoensdrift, geskenkbewyse deur AP Stipp, Country Styles, Robertson Apteek en Peckers/Bon Appetit, ’n vrugtemandjie van Locarno Droëvrugte, twee bottels Four Cousins-vonkelwyn en ’n ysbak van Van Loveren, gratis was- en blaassessies by Cathy & Sarah’s Hair, ’n uur lange fotosessie van C Photography, ’n geskenkbewys van Cara-Le Linne ter waarde van R500 en ’n wegbreeknaweek van Rivierzichtrivieroord.
Leana Stevens van Olyfberg met haar SA Olive Mentorskap-toekenning. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER
Olyfberg-werker kry mentor-toekenning HILDERINE SCHRÖDER Sommer met die intrapslag voel jy tuis in Leana Stevens se geselskap. Haar breë glimlag laat die dag se hikke en knikke soos mis voor die son verdwyn en skielik sien jy kans vir enige uitdaging. Leana (28), wat by Olyfberg buite Robertson werk, is sélf iemand wat nie maklik vir ’n uitdaging trustaan nie. Sy het onlangs 113 deelnemers wat vir vanjaar se SA Olive Mentorskap-program geregistreer was, uitgestof om met die Mentorskaptoekenning gekroon te word. Vra jy uit na haar posbeskrywing lag Leana maar net met ’n skud van die kop. ’n Presiese beskrywing is effe moeilik want sy hanteer enigiets van administrasie en lone tot bestellings en kliëntenavrae. Sy het glad nie die toekenning verwag nie, vertel sy nederig. “Maar ek is ongelooflik dankbaar. Dit (die toekenning) kan baie deure vir my oopmaak en dit het my selfvertroue ongelooflik baie geboost.” Die mentorskapprogram is in 2008 van stapel gestuur as deel van SA Olive se verbintenis tot die mentorskap van ’n nuwe generasie olyfen olyfolieprodusente. As deel van die program het deelnemers onder meer persoonlike ontwikkelings- en bestuurskursusse gevolg. Leana sê veral die persoonlike ontwikkelingskursus het ’n reuse-impak op haar gehad. Sy het heeltemal toevallig in haar huidige pos beland, vertel Leana wat, ná sy aan die Esselenpark Sekondêre Skool op Worcester gematrikuleer het, in voorskoolse opvoeding aan Boland Kollege gestudeer het. Ná die voltooiing van haar studies het sy ’n crèche op Olyfberg oopgemaak, maar kort voor lank het die eienaars van die plaas by haar kom aanklop om uit te help met die administrasie van die kantoor. Die res is geskiedenis. Sy geniet haar werk geweldig, vertel Leana, veral omdat elke dag anders is. Oor haar toekoms is sy ook positief. “Ek wil eendag in ’n bestuurspos wees en ek dink ek is op pad soontoe. Ek moet net moed hou, hard werk en deursettingsvermoë hê.”
Dinsdag 16 September 2014
VERMIS: Die Montagu-polisie soek enige inligting wat kan lei tot die opsporing van Filander Minnaar (81). Minnaar het op 25 Augustus omstreeks 07:00 sy woning by Du Preezstraat 9, Montagu verlaat sonder om te sê waarheen hy gaan. Hy is sedertdien nie weer gesien nie. Minnaar is 1,70 m lank en weeg sowat 70 kg. Hy loop krom en het grys hare, ’n grys snor en is bles. Die dag van sy verdwyning het hy ’n pienk trui en ’n netjiese broek gedra. Enigiemand wat Minnaar gesien het of weet waar hy hom bevind word versoek om ao. Corné van Wyk, 082 522 1838 te bel.
Regstelling oor klagtes teen man Die Gazette is verlede week verkeerdelik ingelig dat die beskuldigde in die berig “Klagte laat man in die sop” aangekla word van die mikrovervaardiging en verkoop van alkohol sonder die nodige permit. Die beskuldigde word slegs vir die mikrovervaardiging van alkohol sonder ’n permit aangekla. Die Gazette vra om verskoning vir enige ongerief vooroorsaak deur dié foutiewe inligting.
News - Nuus
Breederivier Gazette
5
6
General - Algemeen
Breederivier Gazette
PERSOONLIKE DIENSTE
SAKE
VOERTUIE
LENINGS
DIENSTE
MOTORS TE KOOP
1445
2420
LENINGS tot R200 000. Konsilidasies beskikbaar, 5 minute goedkeuring. Fiona 082 422 2271
3025
HONDA Ballade Luxline silwer. Skakel 023 6151956 saans na 8 uur.
TE KOOP
KLERASIE 1615
CLEARING out cupboards? Moving House. Please spare a though for Bram Care Centre and donate any unwanted clothing and household goods to this worthy cause. Phone Minnie James 0236152163 or Margaret Peach 0236151524
DIENSTE 2420
Dinsdag 16 September 2014
Dinsdag 16 September 2014
General - Algemeen
Breederivier Gazette
7
Beamptes beloon vir lang diens Verskeie polisiebeamptes van die streek is onlangs vereer vir hul toewyding en jare diens aan hul beroep sowel as die gemeenskap.
OPENING GEVIER: Roots Lifestyle Centre en Fine & Country Property in Voortrekkerweg, Robertson is stylvol op 3 September geopen. Onder die gaste by dié geleentheid was (van links) Dirkie en Emma Human en Pieter en Mariaan Jacobs. FOTO’S: ZELDA KLOPPERS
Riaan Kruger en Linda Erasmus saam met van gaste, Dawie Visser en Johnny Steenkamp, wat die openingsgeleentheid bygewoon het.
Lt.gen. Arno Lamoer, provinsiale polisiekommissaris, het tydens ’n seremonie in die Worcester Stadsaal medaljes oorhandig aan beamptes wat 10, 15, 20 en 30 jaar ononderbroke in die diens van die polisie was. Tydens dié geleentheid, het die Gazette se susterskoerant, die Standard, berig, het Lamoer beamptes daaraan herinner dat hulle ’n gedragskode onderteken en ’n eed afgelê het om ’n polisiebeampte te wees en dat hulle te alle tye daarvolgens moet optree. As alle beamptes die gedragskode gehoorsaam is daar geen rede waarom die polisiediens nié professioneel sal wees nie, het Lamoer bygevoeg. Lamoer het ook hulde gebring aan die ses beamptes wat sedert die begin van die jaar hul lewe in die provinsie verloor het terwyl hulle aan diens was. Hy het die gevalle beamptes se families bedank dat hulle toegelaat het dat hul geliefdes in die polisiediens kon staan. Agt beamptes van die Ashton-polisie en 16 beamptes van die Robertson-polisie is met langdiens-medaljes vereer.
Ashton-beamptes wat vir lang diens vereer is, is (agter, van links) ao. Aubey Cupido (10 jaar), sers. Gaynor Pretorius (10 jaar), speursers. Llewllyn Cupido (10 jaar), sers. Lindsay Hamilton (10 jaar) en ao. Sylvester Joseph (10 en 20 jaar). Voor is ao. Cecile Groenewald (10 en 20 jaar), kapt. Sylvan Smith (10 jaar), en ao. Riana Truter (20 jaar).
Riaan en Stefanie Kruger, eienaars van Roots Lifestyle Centre, waar heerlike etes en unieke geskenke te kry is.
Riaan Kruger met Linda Erasmus, prinsipaal van Fine & Country.
KLEINGOED BEDERF: Agtien kleingoed van die Trippel Toontjies ACVV skool vir gestremdes op Robertson is heerlik bederf toe hulle die plaaslike Dros op Loslitdag (5 September) besoek het. Hiér is hulle met liplekker pizza, roomys en koeldrank trakteer. FOTO: ZELDA KLOPPERS
Dié beamptes van die Robertson-polisie het onlangs medaljes vir hul lang diensjare ontvang. Agter (van links) is sers. Johnwayne Jones (10 jaar), kapt. Patrick Abrahams (20 jaar), sers. Bertus Basson (10 jaar), ao. Julian Stevens (10 en 20 jaar), ao. Aubrey Setera (20 jaar), sers. Cathleen Mercuur (10 jaar) en ao. Ivan Douw (30 jaar). Voor is maj. Mkhize (areakommissaris), sers. Crispen Slingers (10 jaar), lt. Desré Jonas (20 jaar), ao. Moses Sauls (10 en 20 jaar), lt.gen. Arno Lamoer (provinsiale bevelvoerder), kol. John Alexander (stasiekommissaris), sers Cindy Africa (10 jaar), sers. Jeffrey Voigt (10 en 20 jaar) en sers. Fanie Jeneke (10 jaar).
Breederivier
Year 18 • 16 September 2014 | Tel. 023 626 5212
Sportuitslae Gholf: Bonnievale (72): Enkel-Stableford – D. van Eeden 38, A. van Wyk 35, H. van der Riet 31, L. Wentzel 30. Montagu (72): Samespel-Stableford – W. Rossouw en J. Rossouw 50, P. Conradie en H. Gous 49, A. Swart en K. Esterhuyse 47, M. Bruintjies en S. Baartman 47, L. Mitchell en G. Delderfield 47, W. van der Toorn en P. Rossouw 46, J. van Tonder en P. Oshea 46, H. Volgraaff en S. Volgraaff 46, W. Stemmet en W. Jeneke 45, G. Lambrechts en T. Erasmus 45. Robertson (72): Houespel – C. du Toit 65, A. Deacon 67, H. Doms 67, M. Swart 69, L. Vercuiel 69. Rugby: Premierliga: Vredenburg 42, Robertson 39. Superliga-Oos: Hamlets 33, Montagu Villagers 25; Ashton United 27, Safcol 25.
Hierdie drawwer wil Robertson trots maak HILDERINE SCHRÖDER
Nigel Abrahams van Robertson doen daagliks ’n balanseertoertjie om twee belangrike take te vervul. Hy is onder meer rakpakker om die pot aan die kook te hou, en smiddae, ná uitvaltyd, is dit hy, sy drafskoene en die langpad. Vir Abrahams (41) is hardloop so natuurlik soos asemhaal. Dis nie net ’n stokperdjie nie, dis sy passie, vertel hy. Met verskeie marathons reeds agter die blad, slyp Abrahams nou sy tande vir ’n nuwe uitdaging: die Sanlam Kaapstad-marathon van 42,2 km wat dié Sondag (21 September) plaasvind. Dit sal die eerste keer wees wat hy aan dié marathon deelneem, vertel dié rateltaai atleet wat al die Twee Oseane- en Voet van Afrika-marathon meer as een keer gepak het. Hy het op skool al begin hardloop, vertel
Abrahams, maar hy het hom die afgelope tyd toenemend aan sy sport gewy ná hy gesien het wat ander atlete in die sportkode bereik het. “Ek het hulle op televisie gesien en uitgevind dat jy dinge kan bereik as jy sukses behaal.” Dit is na sukses wat Abrahams sedertdien streef. “Ek beskou dit as ’n uitdaging,” voeg hy by. Sy prestasies wat hy reeds bereik het kom nie sonder opoffering nie en Abrahams bring weekliks ure op die langpad deur. Sy familie, sê hy, staan bankvas agter hom en inspireer hom. Ander bronne van inspirasie is die tweeling wat reeds die Comrades ultramarathon gewen het en ook Robertson se eie atletiekheld, William Kaptein. En ja, sê Abrahams, vir daardie groot marathon sien hy ook kans. “Ek wil baie graag volgende jaar die Comrades hardloop.” Vir nou beoog hy egter om die streek se naam hoog te hou by die komende Kaapstad-marathon. “Ek beoog om ’n tyd van minder as 03:30:00 te hardloop.”
Nigel Abrahams
Skryf nou in vir Van Loveren-bergfietsrit
KARATE: Dié leerders van die Hoërskool Montagu het onlangs aan die SA karatekampioenskappe in Johannesburg deelgeneem waar hulle almal bronsmedaljes verower het. Van links is Cameron Shaw, Alexa Esterhuyse, Nicole van Zyl en Jason Benjamin.
Begroet die lente met ’n uitstappie in die vars lug deur in te skryf vir die opwindende Van Loveren Java Bergfietsuitdaging. Dié geleentheid, wat vanjaar vir die tweede keer aangebied word, vind op 4 Oktober by Van Loveren Familiewingerde in die Robertson-vallei plaas. Dié geleentheid is nie tot fietsryers beperk nie. Drawwers kan ook deelneem deur in te skryf vir ’n nuwe 10 km-wingerdroete oor die plaas. Ryers kan kies tussen vier verskillende bergfietsroetes wat wissel in afstand, terrein en tegniese moeilikheidsgraad, geskik vir alle vlakke – van kinders en begin-
ners tot die mees ervare bergfietsryers. Java MTB is ’n Pedal Power Association (PPA)-gesteunde geleentheid en is verlede jaar aangewys as die Beste Nuwe PPA-geleentheid. Dit word aangebied om geld in te samel vir ’n hele aantal begunstigdes, waarvan Robertson Voorbereidingskool die belangrikste is. Ander is die Laerskool Robertson, Herberg Kinderhuis en Hoërskool Robertson wat hulp verleen op die dag. Vir meer inligting oor die uitdaging en vir inskrywings besoek www.javamtb.co.za. Vir navrae, bel Bonita by Van Loveren by 023 615 1505.
Klub vergader Die Robertson-krieketklub hou op 21 September om 14:00 sy spesiale jaarlikse vergadering in die klubhuis by die Van Zylstraat-sportterrein. Alle belangstellendes is welkom.