Breederivier
Year 17 • 19 Maart 2013 | Tel. 023 626 5212
Noisy, but good boost to coffers DALEEN FOUCHÉ
Robertson was a hub of activity over the weekend as a result of the Swallows Motorbike Rally, which had some residents revved up about the noise. But the business community and tourism sectors hailed the rally a “big success” because of the financial injection into the town. Zahid Hassan, one of the rally’s organisers, says over 5 000 people attended the rally. The participants “loved” Robertson. Hassan said there were no incidents during the rally. “It was the easiest rally we have hosted so far.” Lettie van Zyl, manager of Roberson Tourism, said all Robertson accommodation was fully booked. She has received good feedback from members and added that the Swal-
lows donated R10 000 to the Breederiver Hospice. George Joanno, owner of the Pick n Pay in Robertson, had nothing but praise for the rally and said there was a “noticeable increase” in the shop’s turnover for the weekend. He added that the new coffee shop in Pick n Pay reached a “record turnover”. Joanno said he is aware of the complaints regarding the noise, but encouraged residents to consider the positive effects of the rally on the town and listed job creation as its most beneficial effect on the town. Joanno said he did not see any bikers “misbehave” and mentioned that the Wacky Wine Weekend caused more of a raucous than the Swallows Rally. Johan Muller, president of the Robertson Show committee, said he received good feedback from local
businesses and the organisers regarding the rally. He said he also received several noise complaints. He said the organisers will consider the feedback from their members and from locals when deciding if the rally will return to Robertson. But some resident are already petitioning to stop the Swallows from returning to Robertson. A petition titled, “Stop the noise in quiet Robertson”, has been created on Petitions24.com. The petition had nine signatures by the time of going to print. “The noise level of the event is totally unacceptable right in the middle of a neighbourhood,” reads the petition. Lt. Cynthia Mngcele, spokesperson for the Roberston Police, said although the police received several complaints regarding noise, there were no incidents of violence, accidents or other complaints.
Bikers line up to enter the Robertson showgrounds where the Swallows Motorcycle Rally was held over the weekend. PHOTO: ZELDA KLOPPERS
Ontploffing by fabriek eis gesinsman se lewe DALEEN FOUCHÉ
Hendrik Fuller (51).
’n Ontploffing by Langeberg Ashton Foods se fabriek op Ashton het die lewe van ’n bekende plaaslike inwoner geëis. Hendrik Fuller (51) het by die fabriek aan sy wonde beswyk nadat ’n ontploffing Sondag 17 Maart om 18:35 by die fabriek se stoomketel ontstaan het. Hy laat sy vrou, Sally, en twee dogters, Leonie (25) en Shané (22), agter. Nog ’n persoon is ligtelik beseer en vir skok behandel by die Montagu Hospitaal en dieselfde aand ontslaan.
Weer • Weather
Nassas Martallas, hoof uitvoerende beampte van Langeberg Ashton Foods, sê ’n interne ondersoek sal van stapel gestuur word om die oorsaak van die ontploffing vas te stel. Die departement van arbeid sal ook ondersoek instel. Nadat die ontploffing plaasgevind het, is die fabriek gesluit en teen druktyd nog nie heropen nie. Martallas sê daar word vermoed dat die ontploffing veroorsaak is deur ’n foutiewe klep by die stoomketel. “Dit is die eerste keer in die maatskappy se geskiedenis dat so ’n ongeluk gebeur,” sê hy. Martallas het Fuller se dood as ’n tragedie bestempel en sy simpatie teenoor die familie uitge-
DINSDAG / TUESDAY
WOENSDAG / WEDNESDAY
DONDERDAG / THURSDAY
VRYDAG / FRIDAY
Maks 27ºC
Maks 33ºC
Maks 35ºC
Maks 34ºC
spreek. Fuller werk al amper 30 jaar lank by die fabriek. Kollegas en vriende het hom beskryf as ’n gesins-man en getroue werknemer. Linda Gertse, Fuller se buurvrou, sê hy sou enigiets vir sy kinders doen en was baie lief vir sy gesin. “In die 20 jaar wat ek hom ken, het ek nog nooit gesien dat hy lelik optree teenoor enigiemand nie.” Sy sê hy was baie lief vir sy werk en het gereeld vir sy kollegas ingestaan indien hulle nie kon werk nie. Volgens Fuller se dogter, Leonie, het haar pa die Sondagoggend op pad kerk toe aan sy gesin vertel dat hy ’n dankbare lewe voor die Here lei.
Naweek: Die naweek sal gedeeltelik bewolk wees met temrature wat styg tot 27°C
2
Breederivier Gazette
) Geniet ’n heerlike stuk melktert met tee of koffie op die laaste Vrydag van elke maand om 10:00 by die Joubert-huis, Montagu. Groepe is welkom, maar slegs met ’n bespreking minstens ’n week voor die tyd. Bespreek nou by 023 614 1774. ) The Salt and Light night market takes place on the last Friday of every month at the KWV courtyard on the corner of Long and Kohler Street, Montagu. The next market will be on Friday 29 March. ) The next Robertson Farmers’ Market will take place on Saturday 30 March next to the tourism office in Reitz Street. ) Die Hervormde Konferensie Pinksterkerke bied van 29 tot 31 Maart ’n gesamentlike konferensie in die Barnard-saal, Ashton aan. Lede van die publiek, asook alle kerke word uitgenooi om die konferensie by te woon. Gassprekers is Apostel Pieter Siegelaar (voorheen van Bonnievale) en Apostel Kiro Willemse (boorling van Ashton). Vir meer inligting, bel Siegelaar by 082 579 0671 of Willemse by 076 935 7643. ) Geniet pannekoek en koffie elke eerste Saterdag van die maand by die Museum-mark op Robertson. Daar is ook stalletjies waar tuisgebak, boeke en snuisterye verkoop word. Die volgende mark en teetuin is Saterdag 6 April vanaf 09:00. ) The Robertson Literary Society will host their next talk on 8 April. Martinique Stilwell will talk about her book Thinking up a Hurricane. For more information, contact Vivienne Milner at manalone@telkomsa.net. ) Send the details of your events to Daleen Fouché via email at gazette@breede.com. The deadline for all diary items is 10:00 on Fridays.
General - Algemeen
Dinsdag 19 Maart 2013
Die stalle by Outdoor Arena wat vir die perderit beskikbaar gestel word.
Perdeplesier vir Herfsvreugde Herfsvreugde, ’n aftreeoord in Bonnievale, bied vir die eerste keer ’n plesier-perderit as geldinsamelingspoging aan. Die Herfsvreugde Route 62 Plesierrit behels ’n perderit en markdag die naweek van 17 Mei. Daar sal twee roetes wees – een van 20 km en een van 30 km – en ruiters kan teen hulle eie pas ry. Dié rit is maar een van Herfsvreugde se verskeie projekte waarmee hulle probeer om aan die tehuis se toenemende finansiële vereistes te voldoen en dit suksesvol te onderhou. Slegs 40 perde sal toegelaat word om te oor-
nag by die Outdoor Arena-stalle, maar dagbesoekers met perde is almal welkom. Die rit begin die Saterdagoggend om 10:00 by Outdoor Arena. JJ Terblanche, organiseerder van die projek, sê die langtermynplan is om die plesierrit te kombineer met ’n kuns- en musiekfees en dit ’n jaarlikse instelling te maak. Daar is ’n spesiale naweekpakket van R500 vir families wat kampeer of in ’n woonwa bly. Die koste sluit die kampeer- of karavaanstaanplek in asook huisvesting vir een perd vir die naweek. Koffie en beskuit die Saterdagoggend asook aandete (’n snoekbraai) vir twee is inge-
sluit by die prys. Vir addisionele perde kan reëlings getref word teen R100 per perd. Koffie en beskuit en die aandete vir die ruiter is dan ook ingesluit. Buiten die perderit die Saterdag word ’n hengelkompetisie vir kinders onder 18 aangebied. Terblanche nooi die plaaslike gemeenskap om die dag saam te geniet. “Mense wat hulle eie produkte vervaardig en verkoop, word ook uitgenooi om ’n stalletjie op te slaan.” Terblanche sê daar word steeds borge benodig. Vir navrae, bel hom by 083 260 4937 of stuur e-pos na info@bar-valley.co.za.
Kinderhuis hou suksesvolle kermis
MUSIEK-OPTREDE: Hilandi du Toit tree op 12 April van 18:30 af by die Highlands Yearlingstalle, Goree op. Kaartjies kos R100 per persoon en kinders onder 12 kan gratis ingaan. Wyn en CD’s sal verkoop word ten bate van die Baba Elizabeth Jordaan Trust. Kaartjies is beskikbaar by La Verne by 023 626 4314.
Die Herberg Kinderhuis se jaarlikse kermis op 2 Maart het stalletjie-eienaars en organiseerders van douvoordag af laat werskaf. Terwyl die vroegoggend-pretstap sommige kermisgangers besig gehou het, is daar op die kermisterrein gewerskaf om al die produkte uit te pak en stalletjies op te slaan. Van die produkte was al vroeg uitverkoop, soos die gewilde roosterkoeke en wors van Napier. Die vleistafel het ook groot byval gevind. Petro Uren, bemarker van die Herberg Kinderhuis, sê die personeel en kinders is opreg dankbaar teenoor almal wat die dag ondersteun het en dit ’n suksesvolle kermis gemaak het, ten spyte van die moeilike ekonomiese klimaat. “Die kermis is die afgelope vier jaar vir die kinderhuis hul laaste groot fondsinsamelingsprojek van die finansiële jaar en al die personeel sowel as kinders geniet die skakeling met die publiek wat hulle baie ondersteun.”
’n Ondersteuner van die Herberg Kinderhuis se kermis koop plaaslike varsprodukte.
Besoek Rooiberg se rooi stoel Rooiberg Wynkelder nooi inwoners om die hoogste stoel in Afrika by dié kelder te besoek. Die eerste twee wyne in die nuwe Red Chairwynreeks sal op 27 Maart bekend gestel word en lede van die publiek word uitgenooi om dié dag van 10:00 tot 17:00 die kelder se nuutgeboude, indrukwekkende rooi stoel te besigtig. Elke besoeker wat ’n bottel van die Red Chair-wyn koop, kan saam met die drie kunstenaars wat by die geleentheid gaan optree op die stoel klim, hulle ontmoet, hul wynbottels laat onderteken en saam met hulle foto’s neem op die stoel. Danie Niehaus en Christo en Cobus Snyman sal die gaskunstenaars wees.
Christo en Cobus Snyman
Dinsdag 19 Maart 2013
News - Nuus
VET KASKARPRET: Robertson Voorbereidingskool het op Saterdag 16 Maart hulle jaarlikse kaskarkompetisie aangebied. Die kaskarwedren is die skool se enigste geldinsamelingsprojek en is as ’n groot sukses bestempel. FOTO: DEON VAN DEVENTER
New trading hours for liquor outlets DALEEN FOUCHÉ New liquor trading times for the Langeberg municipal area will take effect from 1 April 2013 in accordance with the provincial Liquor Act. The new trading hours will follow stipulations of the municipal bylaw published on Thursday 14 March. The provincial Liquor Act took effect on 1 April 2012 and provided for a one-year transitional period in which municipalities could finalise their bylaws. The bylaw applies to both on- and off-site liquor traders. ) The trading days and hours for sale of liquor from licensed premises for consumption off site, including wine shops, grocery stores and cellars in town, are restricted to six days a week, from Monday to Saturday, from 09:00 to 20:00 and on a Sunday from 09:00 to 17:00. ) Bottle stores can trade on weekdays from
09:00 to 20:00 and on Saturdays from 09:00 to 18:00. Trading on Sundays is not allowed. ) The trading days and hours for sale and consumption of liquor on licensed premises (on-site) are subject to the kind of establishment. ) The bylaw stipulates that a licensee may sell liquor for consumption on licensed premises on any day of the week. The bylaw stipulates different trading times for different kinds of establishments, depending whether they are located in a residential or business area. ) For on-site consumption, liquor traders such as taverns, pubs and restaurants in residential areas can trade daily from 11:00 to 23:00. Trading hours in business areas are from 11:00 to 24:00 and trading hours in industrial areas are from 11:00 to 01:00. ) Traders may serve sparkling wine on licensed premises with a meal daily from 08:00. A licensee who contravenes the bylaw is subject to a fine or imprisonment of no longer than three years.
Breederivier Gazette
Bemarking speel sentrale rol in plaaslike wynbedryf DALEEN FOUCHÉ Die bemarking van wynprodukte is steeds ’n noodsaaklike aktiwiteit vir kelders wat deesdae dit op ’n innoverende wyse aanpak. Groot rooi stoele, klassieke wynproduk-bemarking en ervarings-pakkette word deur plaaslike kelders gebruik om wynverkope te bevorder en meer voete na die vallei te lok. Mariaan Lochner, bemarker van Rooiberg, sê die plaaslike wynlandskap het sowat 15 jaar gelede begin verander. Volgens haar was daar voorheen minder kelders en was dit baie makliker om pryse te wen. Sedertdien het die getal kelders egter toegeneem en is dit moeiliker om die kelders op ’n bemarkingsvlak van mekaar te onderskei. “Rooiberg het dus met innoverende projekte vorendag gekom wat die kelder onderskei van die res.” Lochner verduidelik dat hul ligging langs die besige R60 “ideaal” vir bemarking is, aangesien talle voertuie verby Rooiberg ry. Sy sê die ligging word ten volle benut. ’n Voorbeeld daarvan is die massiewe rooi stoel wat op die perseel gebou is en as die “grootste stoel in Afrika” bemark word. ’n Nuwe wynreeks met dieselfde tema word ook nou bekend gestel. “Ons bemarking het ’n kunsinslag.” Voorheen het Strijdom van der Merwe, ’n wêreldbekende landskapskunstenaar, die omliggende omgewing van die Rooiberg-kelder bedek met rooi vlae as een van sy kunswerke. Rooiberg het toe ook ’n wynreeks bekend gestel om dieselfde te-
ma uit te beeld. Lochner sê gewoonlik is ’n nuwe wynreeks ’n bemarkingsinisiatief, soos met die rooistoel-reeks, maar af en toe sal ’n wynmaker ’n nuwe wynreeks ook identifiseer. Lourens van der Westhuizen van Arendsig sê omdat Arendsig ’n boetiekkelder is, moet hulle juis hul wyne bemark. Hy sê bemarking vind hoofsaaklik plaas deur ’n ervaring vir die kliënt aan te bied. Arendsig hou Wine and Dine-aande, waar kos en Arendsig-wyn saam op die Arendsig-perseel aangebied word om voete na die kelder te lok. Van der Westhuizen sê hul teikenmark is wyn-fynproewers. Steyn Fullard, bemarker van Weltevrede, glo ook die bemarking van wyn is baie nodig. Hy sê produkontwikkeling word as essensiële bemarking beskou. Weltevrede se teikenmark is wynliefhebbers wat begin om geure in wyn te identifiseer. Dus is die nuwe wyne soos Cherrychoc Merlot en Cigarbox Shiraz in dié kelder se Strikingly Simplisticreeks gepas vir die teikenmark, omdat die geure maklik uitgeken kan word. Vir Fullard is die bemarkingsaktiwiteite en feeste van die Robertson Wynvallei ’n baie goeie bemarkingstrategie. Elizma Botha, bestuurder van die Robertson Wynvallei, sê ervarings-bemarking is deesdae ’n baie gewilde tendens. “Ek dink dit is iets wat die Robertson Wynvallei baie goed regkry, veral tydens die feeste.” Ervarings-bemarking stel die kliënt nie slegs aan die produk bloot nie, maar bied ook ’n ervaring aan, soos ’n ete, druiwepars, of selfs deelname aan die maak van die wyn.
3
4
Breederivier Gazette
News - Nuus
Dinsdag 19 Maart 2013
Leopard project in final stage The Robertson Leopard Corridor Project is close to being completed and most of the cameras have been removed for data analysis. The project aims to determine how many leopards are in the area, by installing cameras on privately owned land and studying the data. The data collected will help identify population densities, prey availability and how land use influences potential leopard corridors. During the project’s recent data processing it was noted that some camera stations which had not picked up leopards previously, have now captured some wonderful shots of both leopards that were previously identified and newly identified leopards. The cameras also captured many species and photographed several African wild cat kittens and bat-eared fox pups, along with Cape fox and, to many landowners’ surprise, some massive bushpigs. On 30 January the Landmark Foundation held a presentation to introduce the preliminary results of the project. It was held at the Graham Beck Skills Centre auditorium and had a great turnout with over 100 seats filled. Initiated in April 2012, the survey area spans about 250 000 hectares and the area serves as a vital corridor between the Langeberg and Riviersonderend mountain ranges. To date 23 leopards have been recorded, and some individuals are crossing the Breede River. This confirms the possibility of movement in a north-south corridor between the two mountain ranges. The Landmark Foundation team thanks all the landowners in the region for their continued support and involvement.
PLEEGOUERS BEDERF: Die ACVV Robertson het hul pleegouerdag op 6 Maart gehou deur aan alle pleegouers van kinders wat deur die ACVV se maatskaplike werkers bedien word, ’n ontspanne kuierdag te bied. Die ACVV en al die pleegouers bedank graag die borge wat die dag moontlik gemaak het – Pick n Pay, Fresh Market, Groentemark, E. Conradie (Klipbos), Robertson Vrugtepakkers (RVP) en NC Loubser (Goree).
A leopard crosses the view of a Landmark Foundation camera.
An African wild cat walks past the Landmark Foundation’s camera with it’s prey.
PECKERS: Peckers is reeds twee jaar bekend vir die rustige atmosfeer en heerlike kos. Hier kan kliënte ligte etes geniet soos Peckers se bekende gevulde pannekoeke, rooibos-cappuccino’s en melkskommels. Peckers het ’n heerlike atmosfeer veral wanneer jy iemand wil bederf. Besoek ook die winkel vir unieke geskenk-idees, die mooiste toedraaipapier en vele meer!
The local Landmark cameras captured this aardwolf.
DRUMMING IN PROTEST: McGregor residents came out in their numbers, despite pouring rain, on Friday 8 March for International Women’s Day proceedings at the McGregor Primary School and joined a worldwide drumming and candlelight vigil in protest against rape and abuse. McGregor’s brass band and men’s choir also took part in the vigil.
WIMPY: Die Robertson Wimpy loop behoorlik oor van opgewondenheid oor hul nuwe spyskaart wat 19 Maart bekend gestel word. ’n Nuwe omelet-ontbyt gaan ook die lig sien. Die kinders sal voortaan die Tom & Jerry-speelgoedreeks by hul disse kan geniet. Daar is ’n springkasteel vir vermaak en Wimpy spog ook met die heerlikste koffie in die Langeberg. Besoek hulle gerus in die R62-winkelsentrum of kontak hulle vir wegneem-etes.
DIE BAKKERIJ: Die Bakkerij het bewys dat ’n klein bakkery wêreldklas-status kan bereik met die heerlikste varsgebak soos rolletjies en brood. Regte boerekos-disse is hier beskikbaar, of kom geniet net die heerlike koffie en koek in die rustige atmosfeer van De Bakkerij.
KITCHEN CAFÉ @ PICK N PAY: Met u volgende inkopieuitstappie by Pick n Pay, besoek gerus die Kitchen Café. Hierdie splinternuwe eetplek in die hartjie van Pick n Pay het ’n uitstekende reputasie, kwaliteitprodukte, is bekostigbaar en ag gesondheid as hul topprioriteit. Kitchen Café het ’n huislike atmosfeer en bied billike ontbyt, ligte soesji-etes en nagereg. Plaaslike bestanddele word gebruik. Knyp gerus ’n tydjie af in u besige skedule en besoek hulle gerus. Die personeel is Michael He, Ignatius Gunda, Henriette Carolus en Aaron Powell.
Dinsdag 19 Maart 2013
News - Nuus
The organising committee members for the campaign were (back, from left) Sr Edith Pengelli, operational manager at the Montagu Clinic, and Dr Dirk Smit, Registrar in Community Dentistry; (front) Dr Rob Barrie, outreach coordinator of the Faculty of Dentistry, UWC, Dr Luise Lunnon, medical manager in Robertson and Montagu, Surina Neethling, Prof Attie Louw, head of the Department of Community Oral Health, UWC; Natalie Gordon, lecturer in oral hygiene UWC; Prof. Neil Myberg, Department of Community Oral Health, UWC.
Montagu’s dental patients smile broadly More than 350 Montagu residents recently received free dental healthcare thanks to an initiative by the Western Cape Department of Health in the Cape Winelands and the Faculty of Dentistry at the University of the Western Cape (UWC). From 7 to 9 March, the Montagu Clinic served as the dental surgery, where dentistry students and their lecturers provided fillings, extractions, scaling and polishing to 365 children and adults living in the area. The oral hygiene The equipment, such as oral health. autoclaves, instrumentation, specialised portable chairs and all consumables, were provided by the university. These were transported to the clinic and installed on the Friday, to allow for early setting-up and preparation. The children who benefited had been identified earlier by the department’s oral health team in the Montagu subdistrict during screenings at schools. The adults were served on a first-come-firstserved basis after community care workers and clinics in the area informed patients of the outreach. The team of dentists treated 216 patients on Saturday and 133 on Sunday. A further 16 children, younger than five years, were seen at Montagu Hospital where their extractions were done under anaesthetics. “Local community members started queuing early in the morning and it was heartbreaking to have to turn away so many patients,” said Dr Rob Barrie, outreach coordinator of the university’s Faculty of Dentistry. A total of 916 teeth were extracted, 23 fillings were placed and a further 16 patients had scaling and polishing done. According to the department, the average
) A 35-year-old man was arrested on suspicion of murder on Sunday 10 March. He allegedly stabbed a 27-year-old man during an argument in Nkqubela. The victim was taken to Robertson Hospital but died from his wounds later the same day. The suspect appeared in the Robertson magistrate’s court on 12 March and was denied bail. ) The Robertson police will hold a community meeting (imbizo) on Tuesday 19 March at 19:00 at the Nkqubela community centre. For more information, phone the station on 023 626 8340.
team took time to educate children in Montagu on cost of an extraction in the private sector could amount to R300. Based on this figure, the outreach did extractions alone to the value of R274 800. The faculty’s oral hygiene students also used the opportunity to visit crèches and schools in the area to promote oral health by demonstrating brushing technique and by explaining the importance of healthy teeth. The Cape Winelands district has a population of 750 000 people of whom 82% are reliant on public health services. The oral health team consists of seven permanent and two community service dentists, as well one dentist on contract and five oral hygienists. The oral hygienists focus on preschools and schools, as well as clinical work in an effort to improve oral health from a young age. The department stated in a press release that the outreach assisted it in reaching many patients in one go, thus relieving the pressure on the regular service. The outreach team is planning a second outreach in May. This outreach will be specifically aimed at patients who had to be turned away during the last campaign.
Breederivier Gazette
5
6
Breederivier Gazette
Advertisement - Advertensie
Dinsdag 19 Maart 2013
Dinsdag 19 Maart 2013
Advertisement - Advertensie
Breederivier Gazette
7
8
Leader - Hoofartikel
Breederivier Gazette
Dinsdag 19 Maart 2013
Herberg sê dankie
Rubriek
Dié bende is geen gevaar
Dis ’n reg Met Menseregtedag wat eerskomende Donderdag (21 Maart) herdenk word, moet ons as SuidAfrikaners weer stilstaan by dié regte waarvoor miljoene Suid-Afrikaners jare lank geveg het, en wat ons elkeen tog as vanselfsprekend wil aanvaar. Een daarvan is die reg om regverdig behandel te word, sonder dat jou velkleur raakgesien word. Dit was die afgelope tyd in veral die sosiale media en aanlyn-kletskamers opmerklik hoe maklik velkleur nog gebruik word as ’n manier om ’n medemens te kwets. Maar daar was ook ’n intuïtiewe gevoel dat, selfs in die formele media, mense makliker ’n verwysing na ras hier en daar inwerk. Dis so asof ons sensitiwiteit vir die onregte van die verlede besig is om afgestomp te raak. In ’n land soos Suid-Afrika was dit net danksy hierdie sensitiwiteit dat ons ’n vreedsame oorgang kon beleef. Ons moenie ons greep daarop verloor nie, maar elke dag verdraagsaamheid bly beoefen.
Ons kom ál nader aan die einde van Maart en dis amptelik die einde van ’n baie warm somer. Dank die Goeie Vader! Vandat ek ’n sekere ouderdomsgroep ge-join het, is die warmte vir my ’n skrikwekkende ding. Almal is deesdae bewus van die euwel van bendes in ons buurte. Dis jammer dat sulke euwels die rustige strate van ons pragtige dorp bevuil. Ek ry nou die dag deur die dorp en ek let op dat die somerhitte die ontstaan van ’n nuwe “bende” meegebring het. Nog ’n bende in ons dorp. Voordat u nou paniekerig word, wil ek u gerusstel dat hierdie nuwe bende heeltemal skadeloos en glad nie gevaarlik is nie. Inteendeel. Ek sou hierdie bende verwelkom in ons midde. Die meeste bendes het uitkentekens soos sekere tatoeëermerke, sekere kleure, sekere kleur serpe, ensovoorts. Hierdie bende het ook hul eie kentekens. Hierdie nuwe bende bestaan net uit vroue en hul kentekens is waslappe. Ons noem hulle “die Waslap-bende”. Hierdie bende moor nie, verkrag nie, steel nie en beroof ook niemand nie. Hierdie versengende hitte van ons somers het
vroue oral oor na nat waslappe laat gryp. Hulle dra die nat waslappe agterom die nek om bietjie lafenis te soek teen die hitte wanneer hulle die strate trotseer. Die mense wat die meeste baat by die dra van waslappe, is die winkels wat waslappe verkoop. Ek moet erken dit lyk nogal mooi, hierdie gekleurde waslappe, agterom die nek. Baiekeer wonder ek of die waslap regtig help en of dit nie sielkundig is nie, want die waslap is al lankal droog maar bly op sy plek sonder om weer natgemaak te word. Hoe dit ookal sy, solank die waslap op sy plek is, is die “bendelid” gelukkig. Die somer is verby en so sal ons seker ook nou mettertyd tot siens moet sê aan ons vreedsame waslapbende. Dit was goed om hulle te kon hê en ons waardeer die pragtige voorbeeld van vreedsaamheid wat hulle stel. Ander bendes kan beslis by hulle leer hoe om te oorleef, want die lewenswyses van die ander bendes bedreig beslis hul lewens. Vir eers salueer en groet ons die besondere groep mense. Tot siens, Waslap-bende, mooi loop tot die einde van die jaar. ) Deur Rosie Jansen
Ons kinders en personeel van die Herberg Kinderhuis wil uit die diepte van ons hart dankie sê aan elkeen wat ons genomineer het om as instansie die R50 000-toekenning te wen vir die Golden Valley Casino en Breederivier Gazette se Fietsryers vir Liefdadigheid kompetisie. Die feit dat so baie mense van oral ons benoem het, beteken vir ons baie. Die positiewe motivering vervat in die benoemings is ook vir ons baie bemoedigend. In ons beroep en bedryf raak ons soms moedeloos, veral omdat die uitgawes altyd die inkomste oorskry. Ons moet heeltyds in 122 kinders se behoeftes voorsien. Hierdie toekenning inspireer ons om voort te bou aan elke kind hier se lewe en te weet daar is altyd mense wat ons deur hul bydraes motiveer om ’n verskil op die kinders in ons sorg se lewenspad te maak. Kinders se skoolklere en benodigdhede vir skool is ’n groot uitgawe. Die ruim geldskenking sal hoofsaaklik daarvoor aangewend word. Dankie aan elkeen wat dit vir ons moontlik maak om voort te gaan met die versorging van die kinders in die Herberg Kinderhuis.
PETRO UREN, Bemarker en fondswerwer vir die Herberg Kinderhuis
Truck noise: our complaints are valid A comment on the letter in last week’s Gazette, regarding truck/road noise (“More on heavy vehicles in suburb”, 12 March 2013): I wonder when Mr Mokweni will take heed of the valid complaints of the rate-paying citizens of Robertson? This issue has been brought to his attention many times in the last few years by many different people, and every time he ignores it. He says that we have no reason to complain, or that no law is being broken, or gives other excuses. I would like to invite him to stay for 24 hours in our guest bedroom (facing the street) on any given day of the week. When his windows rattle from the boom boxes and the very foundations shake from the passing 18-wheeler trucks, then perhaps he will take our concerns seriously!
GEESTELIKE DANSERS: Seuns en meisies tot die ouderdom van 17 jaar word genooi om hulle aan te sluit by die Gospel Harvest Timejeuggroep wat geestelike danse beoefen. Dié agttal vorm tans die groep en oefen op Maandae en Woensdae om 19:00, asook Saterdae om 15:00. Belangstellendes kan Edward Pietersen (agter), die groep se afrigter, by 071 629 9832 bel. Elsie Pietersen is die voorsitter.
JENNI SWEET, Robertson
) The Langeberg Municipality did not comment on the letter by the time of going to print.
Saamrygeleentheid na KKNK benodig Ek het dubbelkaartjies gewen na die Klein-Karoo Nasionale Kunstefees en soek nou ’n saamrygeleentheid. Indien iemand bereid is om twee mense op 30 Maart ’n saamrygeleentheid van Robertson na Oudtshoorn te gee, bel my asseblief by 072 396 8209.
CHRISSANDRA ISAACS, Robertson
Kansa sê dankie Rubriek
Vind ’n ridder en sit hom op ‘speed dial’
Daar is ’n paar dinge waaroor ek heeltemal clueless is. Dis nou dinge soos beleggings, aandelemarkte, motors, rekenaars en alle ander moderne elektroniese gedoentes. Dis nou nie dat ek myself as dom beskou nie, maar dit is dinge wat my soos ’n idioot laat voel. Die oplossing – kry mense wat kenners op dié gebiede is en lys hul nommers onder speed dial op jou selfoon. Dit is danksy sulke kenner-werktuigkundiges dat my “wiele” nog loop. Het die ou wit Golfie al vanaf 1998 en moes hom juis weer, soos menige ander motoreienaar, dié week laat versien. (Ek is voorheen al ’n paar keer ingeloop deur swak tegnici wie se brouwerk my op die ou end met die regmaakslag meer geld uit die sak gejaag het as wat ek hulle vir hul swak diens moes betaal het; vandaar my beleid om altyd ’n goeie “mekêniek” te vind.) Ook so ’n paar weke terug het die speed dial handig te pas gekom toe ek my peetkind
se motor na dieselfde werktuigkundige toe moes vat, want daar is ’n knaende geraas wanneer sy ry. Met sy ondersoek bevind hy dat die vorige werktuigkundige (wat onlangs aan die kar gewerk en ’n helse klomp geld gevra het) onderdele van ’n swak gehalte gebruik het. By navraag het die werktuigkundige glo gesê hulle kan nie hul werk waarborg nie. Dié skaarste aan eerbaarheid is ook elders te vind. Daar is goeie bouers, messelaars en ander kundiges wat eerlik werk, maar daar is ook diegene wat werk aanvaar, vooruit betaal wil word en dan bak en brou en verdwyn. Vriende het ’n ruk gelede hul huis laat opknap. Alles het vreeslik mooi gelyk en die man is weg met sy geld. Binne ’n paar weke
het die herstelde mure weer begin bars en die verf afgedop. Oproepe na die betrokke man het niks opgelewer nie. So kan ’n mens aangaan – rekenaars kom met groter probleme terug as waarmee jy dit na die kenner toe geneem het; herstelwerk aan ander toerusting en geboue hou nie lank nie. En die uiteinde is dat jy dubbel soveel moet betaal om ander se brouwerk te laat herstel. Bestaan daar nie meer iets soos werketiek nie? Is mense dan nie gesteld op ’n goeie werkreputasie nie? Of is dit net ’n geval van “solank ek die geld kry, is my brouwerk nie my probleem nie”? Ek vra maar net . . . en besef hoe belangrik daardie speed dial is as jy die dag die eerbare kenner raakloop!
Kansa wil alle deelnemers, vrywilligers en borge bedank vir hul bydrae gedurende ons Shavathon wat op 2 Maart 2013 plaasgevind het by die Route 62-inkopiesentrum op Robertson. Die dag was baie suksesvol en mense kon weer die boodskap van hoop en solidariteit uitdra teenoor kankerpasiënte. ’n Bedrag van R4 656 is by die Shavathon op Robertson ingesamel. Baie dankie vir jul bydrae en positiewe gesindheid teenoor Kansa.
JURENE HORNE, Gemeenskapmobiliseerder van Kansa in die Boland en Overberg
VERMIS: My ring het vroeër vanjaar vermis geraak. Ek bied ’n beloning van R500 aan vir die persoon wat dit aan my kan terugbesorg. Bel my by 082 823 6703. – Anoniem
Dinsdag 19 Maart 2013
Schools - Skole
MASTERS: The Fun Easter Tennis Tournament held annually in the BAR Valley, was held this year on Saturday 9 March at the Robertson tennis courts. It was well supported by players from across the region and the organisation Tennis is for Life. The winners of the tournament were Danell Crous, Lillian de Wet and Jana Waso. With them is Enid Crous, the convenor.
BOLAND-ATLEET: Furnull Sauls van die Concordia Primêre Skool in die Koo-Vallei in Montagu het die Boland-atletiekspan gehaal danksy sy vertoning in die seuns o.11 1 200 m. Hy het op Stellenbosch aan die Wes-Kaapse byeenkoms deelgeneem.
KOPSTUKKE GEPRAAT: Twee leerlinge van Robertson Voorbereidingskool, Nina Ellis (gr. 1) en Carli Prins (gr. 2), het verlede Vrydag aan die ATKV Wes-Kaap se redenaarskompetisie deelgeneem. Dit is by Laerskool De Kuilen in Kuilsrivier aangebied. Altwee is deur na die ATKV-semi-finale wat gehou word op 25 Mei.
MAKLIK OOR ’N DWARSLAT: Amber Joseph van Laerskool Dagbreek is in die Boland-atletiekspan opgeneem om aan die o.13-hoogspring-item deel te neem.
ONGELUKKIG BESEER: Aliza Rossouw van Laerskool Robertson het tydens die Boland-kampioenskaptoernooi ’n eerste plek in hoogspring vir meisies o.11 behaal. Sy is in die Boland-span opgeneem wat aan die Wes-Kaap-kampioenskaptoernooi sou deelneem, maar het haar regterpols tydens ’n oefening gebreek en kon gevolglik nie meer deelneem nie.
Breederivier Gazette
9
RUNNERS-UP: The runners-up are (back) Joshua Barry, André Nel and Muller Bruwer, and (front) Kelli McMahan, Kristen Slaney, Arabella Winshaw and Daniel Grobler.
BOLAND-ATLETE: Regs: Fregan Fortuin (3 000 m), Vinlicya Titus (naellope), Sandri du Plessis (3 000 m) en Anro van Eeden (spiesgooi) van die Hoërskool Montagu is onlangs in die Bolandatletiekspan opgeneem. SWEMMERS: By die seshoekige interskole-gala wat op 19 Februarie in Worcester gehou is, het Johan van Molendorff (seuns o.16) ’n tweede plek in die 50 m-borsslag behaal, ’n eerste plek in die 100 m-vryslag (nuwe rekord), ’n eerste plek in die 50 m-vlinderslag en ’n tweede plek in die 50 m-vryslag. Johann van Dyk (seuns o.16) het die tweede plek in die 100 m-vryslag behaal, die tweede plek in die 50 m-rugslag en die derde plek in die 50 m-vryslag. Mali Marais (meisies o.19) het die vierde plek behaal in die 50 m-borsslag en die derde plek in die 50 m-vryslag. Pierre-Albert van der Merwe (seuns o.14) het vierde in die 50 m-rugslag gekom.
10
Classifieds
Breederivier Gazette
Dinsdag 19 Maart 2013
Gazette soek kinders se kreatiewe prente Die Breederivier Gazette bied ’n pretkompetisie vir kinderlesers aan. Al die Gazette-maatjies word genooi om hul kleurkryt en inkleurpotlode uit te haal en die prentjie hieronder in te kleur. Die prent kan dan uitgeknip en by die Gazette-kantoor (Kerkstraat 22, Robertson) ingedien word. Kinders tussen die ouderdomme van 6 en 12 kan inskryf. Prente kan tot en met Woensdag 27
Maart om 16:00 by die Gazette-kantoor ingedien word. Die kompetisie sal beoordeel word deur die Gazette-span en hul besluit is finaal. Die wenner van die kompetisie se ingekleurde prent sal in die Gazette-uitgawe van 2 April verskyn. Die wenner sal bederf word met ’n mandjie vol Paaseiers, net betyds vir Paasfees. Vir meer inligting, bel Annelda Grootboom by 023 626 6299.
12 Dankbetuigings Thanks
FAMILIEKENNISGEWINGS FAMILY NOTICES
MILLER , ROMNEY BAIE geluk met jou 5de verjaarsdag op 18 Maart 2013. Ons dank God vir nog ‘n jaar by jou lewe en ons hoop vir nog vele. Van: Daddie, Mammie, ouma, oupa en familie.
08 Sterfgevalle Death Notices
Voertuie te Koop Gevra Vehicles Wanted to Buy 24/7 CASH for your bakkie or car. Just SMS or PHONE 072 6201126
24/7 Cash of your bakkie or car. Just SMS or PHONE 072 620 1126. VAN WYK ANNIE 1. Vir haar wat in die hemel is wat ons geleer het om onvoorwaardelik lief te hê en haar geloof-voetspore agter gelaat het. Dankie ons VADER vir ‘n ma, suster en vriendin soos Annie wat deur U hand van keurmetaal gemaak is. 2. Die geestelike versorging deur predikante Ds Paul Geertsema, Ds AJ Zietsman (Almo), DS KJ Pritchaerd (KEN) en Pastoor Mark Lilly. Die NG Kerk-Oos gemeente vir die gebruik van die kerk en fasiliteite. 3. Die gebede van die Christelike familie in SuidAfrika en ook buite die grense. 4. Die groep vriende van "whats-up" met al die bemoedigende boodskappe wat enige tyd van dag en nag deurgekom het. 5. Aan al die inwoners van Robertson wat Annie so getrou besoek het, u het ‘n spesiale plek in haar hart gehad, en ook in ons harte. 6. Aan Hospice wat met ‘n toegewyde span Annie versorg het. Dr Sonia van der Spuy, suster Marlene van der Westhuizen, suster Myrtle le Roux, Mellisin Issel, Kate Koert en Charlotte Sampson. 7. Die van Wyk en van Staden-families (Kaapstad, Namibië, Gauteng , Ellisras en van oor al) wat voortdurend en onvoorwaardelik nog altyd daar was. 8. Dankie aan Annie se kosbare vriende van Ellisras. 9. Die onkoloë van Panorama en Tygerberg hospitaal wat haar behandel het. 10. Van Hendri: Aan Sampie vir al die ondersteuning en deernis tydens my ma se siekte die afgelope 4 en ‘n half jaar. My tyd op aarde is verby; My lewe is afgemeet, en jul moet agterbly; Ek is in die hemel nou en ek wil nêrens anders wees, want hier is ek gelukkig. Ek is nou die engel, wat sy vlerke om jul hou!
ALGEMENE DIENSTE GENERAL SERVICES FORTUIN AUGUS Geb. 14/07/1967 Gest. 12/03/2013 Dis met hartseer dat ons afskeid neem van ‘n geliefde man, pa, oom en vriend. Roudiens vind plaas Woensdag om 7 nm in die AGS-sentrum. Begrafnisdiens vind plaas Sondag, 24 Maart, om 12 nm by die huis in Jasmynstraat 37 en 1 nm in AGS-sentrum. Sal met liefde onthou word deur sy vrou, kinders en familie.
145
Motors te Koop Vehicles for Sale
Gelukwensing Congratulations
ISAACS CASSIDY Geluk met ons sonstraal se 2de verjaarsdag 21 Maart. Hoop jy gaan jou dag geniet. Van Mammie, ouma, oupa, tannies en ooms.
MOTORS VEHICLES
159
07
AFRICA ELIZE Baie geluk met jou verjaarsdag op Donderdag, 21 Maart. Jy moet onthou ek bid vir jou vir seën en voorspoed op jou pad vorentoe. Geniet jou dag en lekker verjaar. Van: Mammie en gesin.
KOM geniet die avontuur en ontspanning van perdry by die Robertson Ryskool. * Ons bied verskeidenheid van rylesse vir kinders en grootmense vir beginners en ervare ruiters * Outrides tussen die wingerde en langs die Breërivier * Wynproë op ’n perd se rug of met die waentjie by Majors Hill en Springfield. * Perdrykampe vir kinders gedurende skoolvakansies * Mini kommando’s op Saterdae * Kinderpartytjies. Skakel ons gerus by 072 291 7631 of 082 402 7088.
1141
Algemene Dienste General Services G-STRING Live Dans Band. Beskikbaar vir alle funksies. Troues, debutantes, danse ens. Kontak Juven 078 136 8481. BONNIEVALE. GRATIS wingerd stompies aan publiek en so spoedig as moontlik weggery word. Skakel 082 789 3638.
Dinsdag 19 Maart 2013
NETBALKLINIEK: Hierdie groep meisies van Laerskool Robertson het ’n twee dae lange netbalkliniek op Montagu bygewoon.
General - Algemeen
Breederivier Gazette
EXCELLENCE AWARD: Robertson Primary School received a literacy and numeracy award at a gala evening of the Department of Education’s Cape Winelands district. The award was for overall excellence amongst the school’s Grade 6 pupils. Sally Bredell and Elizma Kellermann proudly show off the golden award. Stephen Weyers, principal of Robertson Primary School, says he is proud of this achievement, seeing that the Grade 6 classes are the biggest.
11
BESTE BEMARKER: Freddie Toorn van Fern Funerals op Robertson is aangewys as die onderneming se beste bemarker vir 2012 en 2013.
Breederivier
Year 17 • 19 Maart 2013 | Tel. 023 626 5212
Kavaliers pak SWD Arende in Robertson Die Regent Boland Kavaliers sal eerskomende Saterdag se Vodacombeker-wedstryd teen die Suidwestelike Distrikte (SWD) Arende op Robertson met selfvertroue aandurf nadat hulle die afgelope naweek ’n sterk Vrystaat XV met 27-23 verslaan het in Bloemfontein. Dié oorwinning volg op die gelykopuitslag (17-17) twee naweke gelede teen die Westelike Provinsie. Die wedstryd is op Ceres beslis. “Dit was ’n goeie wen oor Vrystaat”, meen Abe Davids, hoofafrigter van die Regent Boland Kavaliers, “veral aangesien ons dit op hul tuisveld behaal het. Enige weg-oorwinning is altyd welkom. “Ons vertoning was egter nie volmaak nie en die span het net sowat 70% van hul potensiaal bereik. Maar die belangrikste is die feit dat ons gewen het.” Volgens Davids sien hy en sy span uit daarna om SWD op die Callie de Wet Sportgronde in Robertson die stryd aan te sê. “Ek voel ons skuld vir Robertson ’n wedstryd en sommer ook ’n goeie wen. Ons het lanklaas ’n Vodacombeker-wedstryd daar aangebied en hul mense ondersteun ons al-
tyd baie goed. Die span is baie opgewonde om daar te speel. “Ons gaan nie die Arende ligtelik opneem nie en sal die week hard moet skaaf om ons foute reg te stel. SWD beskik oor ’n goeie span en kan op enige gegewe dag moeilikheid vir sy opponent besorg.” Davids glo as die Kavaliers net hou by hul strukture, behoort sy span die Arende te kan klop. “Ons beoog beslis ook om ’n verrassingtjie of twee op hulle los te laat en het reeds besluit om in elk geval nuwe talent ook op die Arende los te laat”. Volgens Davids sit die Kavaliers met ’n paar beserings aan sleutelspelers, maar dié spelers word goed gemonitor. Die wedstryd tussen die Regent Boland Kavaliers en die SWD Arende skop Saterdag om 16:00 af op Robertson op die Callie de Wet-sportveld. Die eerste voorwedstryd is tussen Rooiberg Rugbyvoetbalklub (RVK) en Montagu RVK om 12:00 en om 13:00 speel Young Good Hopes teen Robertson Rangers. Om 14:00 speel Robertson RVK teen Ashton RVK Toegang beloop R20 vir volwassenes, R5 vir kinders en R5 vir voertuie.
Môreson doof All Stars se lig uit Daar is geen keer aan die Môreson United-dominoklub wat onlangs die All Stars-dominoklub geklop het nie. Martha Demas en Anne George het die voortou geneem en met ’n telling van 1 teenoor 0 die stryd vir Môreson beklink. Daarna was Carlo Demas en Klaas Kemoetoe aan die beurt, wat die telling op 2 teenoor 3 in die guns van All Stars te staan gebring het. Goeie spel later deur die Môresonners het uiteindelik die wedstryd in hulle guns laat draai wat die eindtelling op 5 teenoor 3 te staan gebring het. Ria Mathys, Susan Koopman, Anrew Esau en Lo-wayden Siegelaar is ander spelers wat goed presteer het.
Die lede van die Môreson United-dominoklub.
The View klop Likkewaan The View-dominoklub van Droëheuwel het op Sondag 10 Maart teen die voorloper in die Robertson-dominoliga, Likkewaan van Dorpsig, gespeel. Likkewaan het die wedstryd goed afgeskop en gelyk of hulle gaan oorheers toe hulle met 3 teenoor 1 voorgeloop het. The View het teruggeveg met twee topspelers wat die telling ingehaal en gesorg het vir ’n oorwinning van 5 teenoor 3.
Die spelers van The View-dominoklub.
Local athletes to compete nationally Three athletes from local schools were chosen for the Boland athletics team which will compete on a national level. Carla Mulder from Hoërskool Robertson was chosen for the girls’ youth team, Donovan Kawula from Hoërskool Bonnievale for the boys youth team and Johannes Jansen from Langeberg Secondary School for the junior men’s team. Boland Athletics announced its biggest youth, junior and u.23 team in the history of Boland Athletics last week. A team of 82 athletes will represent Boland Athletics at the 2013 SA Youth, Junior and u.23
championships from 4 to 6 April in Pretoria. A youth and junior team consisting of 20 athletes will also represent Boland Athletics at the ASA Combined Events and Race Walking Championships that will take place on 22 and 23 March at the Germiston athletics stadium. Dr Harold Adams, president of Boland Athletics, said that this achievement is remarkable considering that Boland Athletics have the highest qualifying standard in South Africa. “We now have to find an additional R100 000 to assist the team to the championships, but this is a challenge we take up with pleasure. Our children come first.”
Ondersteun groot rugby dié naweek DRAWWERS: Whito Mouries, Elroy Makok, Danzel Minnaar en Francois Soldaat van die Montagu-atletiekklub het op Saterdag 9 Maart aan die Rainbow 10 km Boland-kwalifiserende wedloop in Worcester deelgeneem.
’n Fees van rugby wag hierdie naweek op sportliefhebbers van die Langeberg. In ’n voorloper tot die Vodacombekerwedstryd tussen die Boland en Suid-Westelike Distrikte (SWD) wat Saterdag by die Callie De Wet-veld sal plaasvind, sal die o.19 en o.21 Langeberg-rugbyspanne speel teen
hulle eweknie van Witzenberg. Die wedstryd vind plaas op Vrydagaand 22 Maart om 18:30 en die publiek word gevra om hierdie opkomende sterre te ondersteun. Vir meer inligting, bel Allen Williams by 079 818 0371 of Lionel Hendricks by 082 709 3657. Toegang is gratis.
SWD gee eer aan hul oudspelers Alle oudrugbyspelers van Suidwestelike Distrikte (SWD) word uitgenooi na ’n erkenningsfunksie wat op Saterdag 23 Maart om 11:30 in die Callie de Wet-saal in Robertson gehou word. Die funksie sal behartig word deur die president van SWD, Hennie Baartman, wat erkenning aan lede sal gee wat tot in 1992 vir die unie gespeel het voor eenwording met spanne soos Robertson Town, Ashton United, Montagu Villagers en Montagu Athletics. Edgar Siljeur by 023 626 3453 of 084 562 6345 kan meer inligting gee. Indien van die lede ou SWD-foto’s het, word hulle gevra om dit asseblief saam te bring.
HENGELAAR VAN FORMAAT: Juan van Tonder het verlede naweek aan die Adrenalin Struisbaai 5 Spesie-hengelkompetisie deelgeneem. Hy het weggestap met die eerste prys in die junior afdeling met sy galjoen van 1,25kg.
VROUE-RYERS: Lede van die Wacky Wheelers-fietsryklub van Robertson het weer eens vanjaar die Pick n Pay Argusfietsrytoer in Kaapstad aangepak. Van hulle was Abrie Senekal, Hettie Henn, Sanri Immelman, Sonja Mostert en Rone Martinin.
BERGFIETS-DEELNEMERS: Drie van die fietsryers het die bergfietstoer aangepak. Ruohan Cronje se tyd was 3:13, Ernst Bruwer se tyd 3:28 en André Immelman s’n 3:45. Cronje is hier in aksie
JONG DEELNEMER: Jano Venter van Hoërskool Robertson het hierdie jaar vir die eerste keer aan die Pick ’n Pay Argus-fietstoer deelgeneem en dit voltooi in ’n tyd van 3:24:40, wat hom 3 158ste uit 31 305 fietsryers geplaas het.