Breederivier
X1PM7B05-BZ200115
Year 19 • 20 Januarie 2015 | Tel. 023 626 5212
www.bolandgazette.co.za
Oudinwoners van die Herberg Kinderhuis het Vrydag heliumballonne met boodskappe op losgelaat ter nagedagtenis aan die oudhoof van die kinderhuis, Johann Enslin.
FOTO: HILDERINE SCHRÖDER
Herberg neem afskeid HILDERINE SCHRÖDER
Hy het nooit ’n kind weggewys nie en het altyd alles in sy vermoë gedoen om die beste terapie en versorging vir die kinders in sy sorg te verseker. Só is die eertydse hoof van die Herberg Kinderhuis, Johann Enslin, verlede week tydens ’n roudiens vanuit die
NG kerk Robertson-Oos onthou. Enslin, wat vir 20 jaar hoof van Herberg was, het op 9 Januarie, kort voor sy 63ste verjaardag, sy stryd teen kanker verloor. Die diens is gekenmerk deur musiek en staaltjies, gekleur deur humor. Volgens Louise Theron, wat jare lank met Enslin saamgewerk het, sal hy veral
onthou word vir sy passie vir musiek en die natuur. Volgens Theron het Enslin nooit geskroom om die ekstra myl af te lê ter wille van die kinders van Herberg nie. Dieselfde, het sy bygevoeg, het gegeld vir sy gesin, familie, vriende en kollegas. “Hy het altyd moeite gedoen om die detail van mense se lewens te leer en het alles wat hy aangepak het met
erns en aandag hanteer.” Dit was veral die kinders van Herberg wat hom na aan die hart gelê het. “Hy het moeite gedoen met gesinskonferensies en het altyd besluite in die beste belang van die kind geneem. “Hy sou altyd doen wat hy kon om te sorg dat die kind ’n plek kry.” Op sy beurt het Altus van Niekerk, ook ’n vriend van
Enslin, gesê hy sal onthou word as ’n belese man met ’n fyn sin vir humor. “Elke kind in Herberg was vir hom belangrik; selfs die stoutes,” het Van Niekerk gesê. Enslin, wat ná sy aftrede na Struisbaai verhuis het, se vrou, Annette, het hom reeds ontval. Hy laat sy drie seuns, ’n dogter, ’n skoonseun, ’n kleinkind en broer agter.
Johann Enslin
2
Entertainment - Vermaak
Breederivier Gazette
Iets om nie te mis nie Soek jy ’n dag van gesinspret terwyl jy sommer ook van die beste varsprodukte in die geweste kan aanskaf? Dan is die Herberg Kinderhuis se jaarlikse kermis nét die geleentheid vir jou! Valleiers sal ver moet soek vir ’n beter geleentheid om ’n prettige dag te geniet en op die koop toe ook te kan rondsnuffel tussen ’n reuse verskeidenheid produkte teen pryse wat beslis nie maklik geklop sal word nie. Die kermis is een van Herberg se grootste plaaslike geldinsamelingspogings en net soos in die verlede kan Valleiers uitsien na ’n rits stalletjies met veral die vleistafel wat beloof om ’n wenner te wees.
Vir vars groente en vrugte, direk van die plaas, is die groente- en vrugtestalletjies ’n moet en danksy skenkings wat van oral instroom sal ’n wye verskeidenheid ander produkte, waaronder olyfolie en konfyt, teen ’n appel en ei te koop wees. Die dag is die ideale uitstappie vir die hele gesin met aktiwiteite vir oud en jonk, met onder meer perdekarritte en gesigverf vir die kleinspan. Sou die hongerpyne knaag, is daar meer as genoeg om aan te knibbel, van pannekoek, boereworsrolle en Herberg se beroemde roosterkoeke, tot iets soet vir nagereg. Die kermis begin om 09:00. Vir meer inligting of bydraes, bel Petro Uren, bemarker by Herberg, by 023 626 3140.
SATURDAY 24 JANUARY
SATERDAG 14 FEBRUARIE
)James Mundey will be performing at Mulligans, Montagu. Enquiries: 2 janeym@hotmail.co.za or James or Janey at Mulligans: 023 614 3013.
) Valentyn-gesinspiekniek by Overhex buite Worcester. Van 17:00 tot laat met hope vermaak vir die kinders. Navrae: Christal Meiring, 0 023 347 5012.
ELKE DINSDAG
SUNDAY 25 JANUARY
) Die Christelike Afhanklikheidsdiens (CAD) vergader om 19:00 by die Thusong-sentrum. Navrae: 0 082 666 9884 of 023 626 1337.
)Celebrate Burns Night at 18:30 at the Burgundy Gherkin, Montagu. As part of the celebration of the Scottish poet Robert Burns’ life and poems, there will also be a three course supper, which will include haggis, neeps and tattles and the obligatory dram of whisky followed by coffee and Scottish shortbread. All of this will be accompanied by readings of Burns’ poetry, and piping. After dinner there will be Scottish tunes to tap the feet to and all round good cheer. Tickets: R180 each. Enquiries: The Burgundy Gherkin: 0 023 614 3734 or 084 875 7698 or 2 burgundygherkin@gmail.com
ELKE DONDERDAG
Die Herberg Kinderhuis se jaarlikse kermis is om die draai. Moenie jou kans verspeel om heerlike vars produkte teen sakpaspryse aan te skaf nie.FOTO: HILDERINE SCHRÖDER
Dinsdag 20 Januarie 2015
) Alkoholiste Anoniem vergader om 19:30 in die Eeufeessaal (ingang by parkeerplek agter Stadsaal) op Robertson.
EERSTE SATERDAG VAN ELKE MAAND ) Teetuin en oggendmark by die Robertson-museum se anneks. Gebruik Le Rouxstraat-ingang. Navrae: 0 023 626 3681.
SECOND THURSDAY OF EACH MONTH ) Montagu Alzheimers Support Group meets at 15:00 in the bottom lounge of Huis Uitvlucht, Montagu.
SATERDAG 7 FEBRUARIE – SONDAG 29 MAART ) Hands-on-Harvest. Besoekers kan uitsien na druiwe pluk en trap, wynproe, ’n reuse verskeidenheid stalletjies en trekkerritte Navrae: 0 023 626 3167.
SATERDAG 28 FEBRUARIE ) Herberg Kinderhuis se jaarlikse kermis. ’n Groot verskeidenheid vars produkte, gebak en vele meer sal oudergewoonte beskikbaar wees.
SUNDAY 1 MARCH ) Car boot sale and flea market from 10:00 – 13:00 at the KWV Art Gallery, Montagu. Bring the whole family and spend the morning searching for treasures, having great coffee, home baked biscuits, good food and summer sun. Enquiries: Mareletta van Zyl: (082 444 3927) or Jannie Uitlander (073 030 7240).
SATURDAY 7 MARCH )Alf Boyley at Mulligans, Montagu. Enquiries: 2 janeym@hotmail.co.za or James or Janey at Mulligans: 023 614 3013. Valleikalender: 0 023 626 5212 of 2 gazette@breede.com.
Heidelberg hou skou Maak gereed vir ’n week volgepak met pret en plesier wat by die jaarlikse Heidelberg Landbouskou wag. Die skou, wat van 6 tot 14 Februarie plaasvind, vier vanjaar sy 70ste bestaansjaar en in die lig hiervan kan skougangers uitsien na ’n behoorlike makietie. Die verrigtinge skop af met die skoudans op 6 Februarie om 19:00. Die tema is “Old Hollywood Glam” en daar is opwindende pryse op die spel vir die beste kostuums. Besoekers kan uitsien na ’n lekker dans en heerlike kos. Die kroning van die nuwe skoukoningin sal ook by hierdie geleentheid plaasvind. Kaartjies kos R140. Vir besprekings, bel 084 823 9948. Die skou hou ook sy eie Skouspel op 9 Februarie om 19:00 by die skougronde. Gewilde sangers Andriëtte Norman en Die Broers gaan konsertgangers bekoor met hulle gewilde musiek. Kaartjies kos R125. Bespreek by 071 227 6987.
Die skoner geslag kan weereens uitsien na ’n heerlike damesoggend op 12 Februarie om 09:30 by die Human Willemse-saal. Daar gaan ’n inspirerende gasspreker wees en smullekker eetgoed. Kaartjies kos R100 en is beskikbaar by 084 548 7149. Die Steakhouse sal lafenis bied vir diegene wat iets lekkers soek om te drink en te eet. Dit is ook die ideale plek om saam met vriende te kuier en te dans. Vir die jongspan sal daar, ter viering van die skou se besondere mylpaal, ook ekstra vermaak wees. Dit sluit ballondiere, trompoppies, ’n vuurvertoning, kulkunsies, raakrugby, aflos en ’n interskole-toutrekkompetisie in. Clanwilliam se rieldansers gaan Vrydag en Saterdag dans dat die stof so staan. Die kersie op die koek is die skou se wye verskeidenheid stalletjies. Daar beloof om iets vir almal te wees, van mooigoed en blinkgoed tot eetgoed en speelgoed.
Book your tickets now for a weekend of fabulous music at the Up the Creek Festival.
Fabulous music at Up the Creek If you are a fan of rock and open air fun you better clear your diary for 29 January to 1 February. With big names in the lineup this year’s Up the Creek Festival is one you definitely would not want to miss. Amongst the performances music lovers can look forward to are Zebra
& Giraffe, Aking, Beatenberg, Al Bairre, Gerald Clark and Piet Botha and the Lyzyrd Kyngs. Apart from a fabulous music variety there will also be a variety of delectable eats, from snacks and spitbraais to all sorts of vegan delights as well as cocktails, gourmet coffee and cold-drinks.
Full weekend tickets cost R750 online or R800 at the gates. No Saturday or Sunday tickets will be available. Children under the age of 18 will not be allowed. For more information or a full festival guide, visit the official festival webpage at www.upthecreek.co.za.
X1PM6Y95-BZ200115
X1PLHLF5-BZ200115
X1PM7A41-BZ200115
X1PM7ADD-BZ200115
Dinsdag 20 Januarie 2015
News - Nuus
Montagu se topmatrikulant HILDERINE SCHRÖDER Sukses val nie bloot in jou skoot nie. Dit verg harde werk en deursettingsvermoë. Dít sal Lourens Strauss jou kan vertel ná hy as die Hoërskool Montagu se topmatrikulant vir 2014 aangewys is. Hy het ’n gemiddeld van 93,4% in sy eindeksamen behaal. Met só ’n prestasie agter sy naam sou jy verwag het dat Lourens bietjie breëbors sal loop, maar, vind jy gou uit, sy voete is nog ferm in Moeder Aarde se grond geplant. Hy was, om die waarheid te sê (verklap hy), aanvanklik onseker oor hoe hy in sy finale eksamen gevaar het. Hy het egter duidelik geen rede tot kommer gehad nie! Met ’n slaagpersentasie van bo 90% in ses van sy agt vakke het sy harde werk deur die loop van die jaar duidelik vrugte gedra. Gevra of hy ’n geheim tot sy sukses gehad het, lag Lourens net. Van só iets, verseker hy jou gou, was daar glad nie sprake nie. Al wat dit geverg het was lang ure agter die boeke en harde werk. Spesiale studiemetodes of iets dergelik was glad nie deel van die prentjie nie. “Ek dink dit het baie gehelp dat ek goed opgelet het in die klas en gelet het op wenke wat onderwysers deur die loop van die jaar gegee het. Dít en die feit dat ek my opsommings deurlopend op datum gehou het.” Benewens sy prestasie in die finale eksamen het Lourens boonop ook verbeter op sy gemiddeld wat hy in sy Junie- sowel as proefeksamen behaal het.
Breederivier Gazette
3
Slimkop glo in balans HILDERINE SCHRÖDER
nie! “Ek is baie lief vir sport: rugby, atletiek en krieket,” verHy het gehoop tel hy. “Dan het om dalk ’n geek ook tyd gemiddeld van maak vir kul90% te kry, maar tuur en CSV. My het gedink dié geloof is vir my mikpunt is dalk baie belangrik.” effe te hoog. Hy Benewens al het nie in sy dié aktiwiteite wildste drome het hy ook deurgedink dat hy gaans ’n punt uiteindelik ’n daarvan gepersentasie van maak om tyd te 93,28% sou losmaak vir sy slaan nie. vriende en famiSó sê Dehan Stipp, toppres- Dehan Stipp, die toppresteerder aan die lie. “Dit is beteerder van die Hoërskool Robertson, het ’n gemiddeld langrik om ’n Hoërskool Ro- van 93,28% in die matriekeindeksamen goeie balans te bertson oor die behaal. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER handhaaf,” sê hy. “Tydsbeafgelope mastuur het nogal baie gehelp.” triekeindeksamen. Volgens Dehan het sy tyd in die Volgens Dehan, wat agt vakke in matriek gehad het, was hy heelte- middae hoofsaaklik aan sport gemal oorbluf toe hy sy uitslae kry. gaan. “Ek het maar saans geswot,” “Ek het dit regtig nooit verwag nie. vertel hy. Dehan gaan dié jaar medies aan Dit was ’n groot verrassing, maar die Universiteit van Stellenbosch ek is geweldig dankbaar,” sê hy. Sy prestasie, verklap Dehan, studeer. “Ek kom nou net terug van die skryf hy aan harde werk, deursettingsvermoë en sy sterk geloof toe. eerstejaarskamp af en het ook al En moenie dink hy het perma- met ’n paar seniors gesels. Ek is genent met sy neus in ’n boek gesit weldig opgewonde oor wat voorlê.”
Lourens Strauss is, met ’n gemiddeld van 93,4%, Hoërskool Montagu se topmatrikulant.
FOTO: HILDERINE SCHRÖDER
Hieroor is hy nogal in sy noppies. As jy dink Lourens het gedurende sy matriekjaar permanent met sy neus in ’n boek gesit, maak jy ’n groot fout. “Ek het tyd gehad vir heelwat ander dinge ook. Ek het gereeld gaan
draf en rugby en krieket gespeel. Ek het selfs vakansie gehou!” lag hy. Lourens gaan vanjaar siviele ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch studeer en sien reeds baie uit na dié nuwe uitdaging sowel as die studentelewe wat lok.
AAAAAA-BZ200115
Bonnievale-GPF hou verkiesing Die Bonnievale-gemeenskapspolisiëringsforum hou 29 Januarie om 19:00 sy algemene jaarvergadering en verkiesing in die
Bonnievale-dienssentrum oorkant die polisiekantoor. Alle belangstellendes is welkom.
X1PMBBKR-BZ200115
4
News - Nuus
Breederivier Gazette
Dinsdag 20 Januarie 2015
Robertson se hotel wen weer spogtoekenning HILDERINE SCHRÖDER Min klein dorpies kan spog met die eer dat hulle die beste plattelandse hotel in hul midde het. Dít is egter iets wat Robertson op sy lysie van dinge om mee te spog kan sit. Dít boonop nou vir die vierde keer agtereenvolgend. Dit kom na die Robertson Small Hotel onlangs opnuut weggestap het met die Best Country Hotel in South Africa-toekenning in die jaarlikse World Luxury Hotel and Spa Awards. “Ons is absoluut in die wolke oor die toekenning,” sê Charmaine Haig, algemene bestuurder van die Robertson Small Hotel. “Dit maak al daardie ekstra myle wat elke personeellid daagliks stap deur en deur die moeite werd.” Wat die hotel se prestasie soveel meer besonders maak, is die feit dat hy eers in Augustus 2009 sy deure geopen het. Hy het nie in 2010 vir die kompetisie ingeskryf nie, maar wel in 2011 en sedertdien was daar geen keer aan sy sukses nie. Die hotel het die toekenning vir die beste plattelandse hotel sedert 2011 elke jaar losgeslaan. Dié prestasie is nie net ’n pluimpie vir die hotel sélf nie, reken Haig, maar ook vir Robertson. Boonop word die wenners nie deur ’n paneel beoordelaars aangewys soos dikwels die geval in kompetisies is nie, maar
deur gaste wat die hotel besoek het. Gaste kry die kans om vir hul gunsteling hotel te stem wat beteken dat die Robertson Small Hotel die afgelope paar jaar heelwat gelukkige gaste met hul vertrek gegroet het. Volgens Haig kan die hotel se sukses in geheel voor die deur van sy personeel gelê word. “Ons het regtig ’n ongelooflike span. As die span nie vriendelik en effektief was nie sou ons dit nooit kon doen nie. Dit is alles aan spanwerk te danke,” sê sy. Die hotel stel ook hoë standaarde aan homself en hou deurlopend daarby. Gaste, sê Haig, is dikwels verbaas wanneer hulle die eerste keer oor die Robertson Die Robertson Small Hotel het opnuut die streek se naam hoog gehou toe hy in ’n nasionale kompetisie aangewys is as die beste plattelandse Small Hotel se drumpel hotel in Suid-Afrika. Op die foto is die hotel se personeel wat, danksy hul toewyding en harde werk, dié prestasie moontlik gemaak het.FOTO: tree. “Hulle verwag nie HILDERINE SCHRÖDER ’n vyfsterhotel in ’n weer wen,” sê Haig. En nie die toestra myl loop te beloon. klein dorpie soos Robertson nie,” sê te slaan. Met die hangplek in sy voorportaal kenning vir die beste plattelandse Die World Luxury Hotel and Spa sy met ’n laggie. Dit is die hotel se ouwêreldse sjarme – die gebou is ’n Awards het op Suid-Afrikaanse bo- wat begin min word, sal die Robert- hotel in die land nie, maar sommer nasionale monument – gemeng met dem ontstaan en word beskou as een son Small Hotel dalk aanstons ’n plan die een vir die beste plattelandse hovan die topprestasies in dienslewe- moet maak om al sy toekennings uit tel op die kontinent én die een vir die klassieke weelde wat hulle opval. Die hotel mik nou reeds daarna om ring. Dié toekennings is daarop ge- te stal. Nie dat hy hom deur dié nie- beste algemene bestuurder, voeg sy die toekenning hierdie jaar weer los mik om hotelle en spa’s wat die ek- tigheid sal laat stuit nie. “Ons wil met ’n knipoog by.
KERSVREUGDE: Inwoners van Huis Herfsvreugde op Bonnievale kon die feesgety vanjaar met ’n bietjie meer vreugde ingaan danksy ’n skenking van Bonnievale Wines. Laasgenoemde hou jaarliks ’n Kersmark waartydens daar geld vir die tehuis ingesamel word. Die geleentheid is einde verlede jaar vir die vyfde keer aangebied en altesaam R10 000 is vir die tehuis ingesamel. Dié inwoners was by tydens die oorhandiging. Van links is Koos Conradie, Barnie Steenkamp, Robyn-Anne WoodCallander (Bonnievale Wines) en Kobus Barnard.
X1PM7BJW-BZ200115
X1PM7C8R-BZ200115
AAAAAA-BZ200115
X1PM748H-BZ200115
Dinsdag 20 Januarie 2015
News - Nuus
Montagu water at 75% capacity The Langeberg Municipality is urging Montagu residents to use water sparingly.
The Langeberg Municipality is urging residents in the Montagu to save water where possible until a problem at one of its plants has been resolved.
This follows after a sand filter at one of its plants sustained damage due to erosion. According to a statement by the municipality, the problem will take about two weeks to fix. The situation, however, means that water delivery is running at roughly 75% capacity. This means that the current demand cannot be met. The municipality is urging the community to conserve water where possible to ensure the reservoir can be kept at optimum levels. Those who have experienced brown water recently, did so as a result of the reservoir’s supply being depleted. This, the municipality says, should improve soon. Meanwhile residents can do their bit by saving as much water as possible. Ways to do this include: ) Turning off the tap while brushing teeth, shaving or soaping hands. ) Sweeping outside areas instead of hosing with water. ) Always using a plugged-sink or bowl instead of a running tap.
) Shower instead of bath and keep showers short. ) Use less water in the bath. ) Bathe young children together. ) Flush the toilet only when odours make it necessary. ) Put a brick in your cistern to reduce water use. ) Cut back on washing your towels and linen. ) Match the size of your laundry load with water volume. ) Only turn the dishwasher on when it’s full. ) Use a plugged sink to wash dishes instead of a running tap. ) Use less dish-washing liquid to reduce the need for rinsing. ) Use a plugged sink to rinse vegetables instead of a running tap. ) Use the water you used to rinse fruit and vegetables to water plants. ) Keep a bottle of tap water in the fridge to avoid running the tap until the water is cold. ) Don’t use running water to defrost food. Water saving tips sourced from www.fortheloveofwater.co.za
Breederivier Gazette
5
Saacks oorlede Een van Robertson se bekendste inwoners, Rebecca Norma Saacks, beter bekend as tannie Becky, is die afgelope naweek in die ouderdom van 86 jaar in Highlands Home in Kaapstad oorlede. Saacks, ’n oud-onderwyseres, was sedert die 1970’s die dryfveer agter die stigting en opbou van die Ro- Becky Saacks bertson Museum en was die museum se ere-kurator sowel as ’n lewenspresident van die Robertson Literêre vereniging. Saacksisin2006deurRobertsonseToerismekantoor aangestel as ’n ambassadeur vir die dorp. Haar kennis van die dorp se mense en geskiedenis was legendaries. Saacks en haar man, Leslie, was ook nou betrokke by die dorp se Joodse gemeenskap. Hulle het Robertson in 2008 verlaat om hulle in die Kaap te vestig. Saacks se man het haar in 2008 ontval. Sy is die afgelope naweek ter ruste gelê.
Road deaths down by 2% ESTELLE VOSLOO Donald Lakey, director of Traffic Law Enforcement for the Western Cape, says he would like to commend traffic officers, the police, military, the provincial Department of Transport and Public Works, road safety activists, emergency medical services and health practitioners and all transport stakeholders for their hard work in improving the safety of the province’s roads during the 2014/2015 festive season. Speaking to the Gazette’s sister paper, Worcester Standard, Lakey said: “The festive season from 1 December to 13 January still paints a gloomy picture of road safety. “During this period we registered 162 fatalities in the province, of which 75 were pedestrians. During the same period last year we had 184 fatalities (77 pedestrians), a reduction of less than 2%. “Though we halfheartedly welcome this improvement, we have no cause to celebrate, as people are still being killed on our roads by irresponsible, murderous road users. Beside the fact that some road users did not behave, I would like to recognise
and thank those who stayed within the law and made our road network.” He says the department conducted numerous law enforcement actions across the province, that included roadblocks and road safety interventions, during which 164 drunk and eight reckless drivers were arrested. Lakey added that the majority of the province’s road deaths affect “vulnerable road users” – pedestrians, bicycle riders and motorcyclists. The department deems extent of road deaths and injuries in the Western Cape as unacceptable. “Most of these accidents are avoidable if we all behave as responsible, law-abiding citizens.” He added that the department will continue to intensify interventions during 2015, focusing on road safety education, regular and visible law enforcement to deal decisively with drunk driving, moving violations, fatigue and related factors. “I also want to call on all road users to partner with us in eliminating this scourge from our roads,” he said.
X1PMEDUH-BZ200115
X1PMEDUJ-BZ200115
X1PM7ARW-BZ200115
X1PL7BUJ-BZ200115
6
General - Algemeen
Breederivier Gazette
Dinsdag 20 Januarie 2015
Groot belangstelling in MIV/vigs-bewusmaking Die stryd teen MIV/vigs het onlangs onder die loep gekom tydens ’n bewusmakingsdag wat by die Callie de Wet-sportgronde in Robertson gehou is. Gedurende dié geleentheid het verskeie instansies met die Wes-Kaapse departement van gesondheid kragte saamgesnoer om die gemeenskap se aandag te fokus op die oorsake van
MIV/Vigs, die behandeling daarvan en die steun wat beskikbaar is aan vigslyers sowel as hul families. Verskeie plaaslike sang- en dramagroepe het ook by die geleentheid opgetree terwyl verskeie instansies, waaronder die Breederivier-hospies, plaaslike ACVV, departement van onderwys en departement van korrektiewe dienste stalletjies gehad het.
Besoekers aan die onlangse Vigsdag wat by die Callie de Wet-stadion gehou is, is deur ’n plaaslike trom-orkes verwelkom.
Verskeie plaaslike dans- en sanggroepe, soos die Agape-dansgroep, het by die geleentheid opgetree.
Die ACVV se helderkleurige stalletjie het dadelik die oog gevang.
Die departement van onderwys het ook ’n stalletjie gehad.
Die Bram-sentrum, wat baie tyd en sorg aan pasiënte in die Langeberg-streek bestee, het tydens die uitstalling ’n tydjie afgeknyp om vir die kamera te glimlag.
Die Chakalaka Boys het die gehoor se voete laat wikkel.
Die Breederivier-hospies se stalletjie het onder meer gefokus op al die dienste wat hy bied.
Dinsdag 20 Januarie 2015
Movies at
With the festivities behind us, there’s no need to stop going to the movies. Here’s the schedule for shows at Nu Metro Mountain Mill in Worcester until Thursday 22 January. • 3D: Tinker Bell and the Legend of the Neverbeast (TBC) Tuesday 20 to Thursday 22 January 12:30, 14:45, 17:00, 19:30. • Taken 3 (TBC) Tuesday to Thursday 12:15, 15:00, 17:30, 20:00. • Seventh Son (13V) Tuesday to Thursday 12:30, 15:00, 17:30, 20:00. • Knysna (10-12 PG L) Tuesday to Thursday 12:15, 14:30, 17:00, 19:30. • Night at the Museum: Secret of the Tomb (7-9 PG) Tuesday to Thursday 12:30, 14:45, 17:15, 19:45. Please note that times are subject to change without prior notice. Visit the ticket counter or www.numetro.co.za for more information. Visit www.worcesterstandard.com and click on “tell your story” to upload a review and stand a chance to win two movie tickets.
General - Algemeen
Breederivier Gazette
7
8
General - Algemeen
Breederivier Gazette
Valleiers se voorspellings vir 2015
’n Mens weet nie wat voorlê nie, sê Charlene Wildschut, maar, voeg sy by, sy is baie positief oor 2015 en glo dit gaan ’n goeie jaar wees.
Andries Arendse, van Bonnievale, reken dit gaan ’n goeie jaar wees. “My jaar het reeds goed begin, so ek is oortuig dit gaan ’n mooi jaar wees,” sê hy. FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER
Louisa Hoffman is vol vertroue dat dit ’n mooi jaar gaan wees. “Ek het vir myself ’n motto opgestel en deur die Here se genade sal dit ’n beter jaar wees as verlede jaar.”
Gerald Prinsloo is baie positief oor die jaar wat voorlê. “2014 was ’n swaar jaar, so ek glo hierdie jaar gaan beter wees. ’n Mens moenie net die sleg sien nie, maar ook bou op die positiewe.”
Volgens Eldin Swanepoel is hy onseker oor die jaar wat voorlê. Beurtkrag, sê hy, het ’n baie nadelige effek. “Die feit dat dit so onvoorspelbaar is, raak baie besighede.”
Hoewel sy reken dat 2015 ’n baie goeie jaar sal wees, voel Dalizia Arendse dat beurtkrag dalk ’n negatiewe impak kan hê. Die feit dat daar nie by tye gehou word soos voorspel nie is onregverdig teenoor ondernemings en die gemeenskap, meen sy. “Die regering moet ingryp om die stelsel te verbeter.”
Dinsdag 20 Januarie 2015 HILDERINE SCHRÖDER Daar was al goeie nuus met die aankondiging van brandstofprysverlagings en dan was daar die slegte nuus dat Eskom Suid-Afrikaners dalk hierdie jaar by tye in die duister kan laat. Ekonome se voorspellings oor die jaar wat wag is uiteenlopend. Sommige is positief, ander minder so. Die Gazette het vir ’n paar Valleiers gevra hoe hulle voel oor die jaar wat voorlê.
Bridget Slingers is nie baie positief oor 2015 nie. Daar is te veel misdaad, meen sy, terwyl pryse hoog is en Eskom landsburgers te veel in die duister laat, wat veiligheidsrisiko’s inhou. Ondanks doemprofete se voorspellings sien hy baie uit na die jaar, sê Attie van Zyl. “Wat gebeur moet maar gebeur.”
Hierdie jaar gaan ’n goeie jaar wees, meen Margaret Mpendukana. “Die feit dat die brandstofprysreedsafgekomhethelpklaar!”
When he was first taken in by the Winelands SPCA, Snoebels, a German Shepherd, was emaciated and almost hairless.
Volgens Jacobus Mouries is daar heelwat onsekerhede wat knaag ten opsigte van die nuwe jaar. Hy is veral bekommerd oor misdaad in die land. “As mens so na alles kyk lyk dit nie of die gesag in ons landswette afgedwing word nie. Dit laat dit lyk of die toekoms vir ons kinders donker is, maar met die Lewende Here glo ek dat verandering in ons land bewerkstellig kan word. Daar is hoop.”
After much care and attention Snoebels is now a happy and healthy dog.
Snoebels needs a new home Despite the advanced state of his skin condition, Snoebels made steady progress and today he is a fat, fully-furred and happy dog. “The only treatment that was required was medication to treat the dermatitis he was suffering from and small and Snoebels’ plight was frequent meals of good first brought to the Winequality dog food. lands SPCA’s attention “The condition he when a concerned resident approached their This friendly dog is in need of a loving found himself in could so easily have been preventmobile clinic in Robert- home. ed with a little care and atson in September last tention from his owner,” says Bevis-Challiyear. nor. What they found was horrible. Meanwhile the case against the dog’s Snoebels was in a pitiful condition, says Lesley Bevis-Challinor, Winelands SPCA owner is going ahead. The first hearing inspector. “It was hardly recognisable as will take place on 28 January. Snoebels has now been in a kennel envia dog, let alone a specimen of this handronment for four months and is in urgent some breed.” According to Bevis-Challinor, the dog need of a new home. He is friendly and afwas emaciated, with crusty, discharging fectionate and shows no aggression toeyes and hair missing from 70% of his body. wards people or other dogs. “He is a big, “The resident had been concerned about strong, lively dog and would appreciate an the dog’s deteriorating condition for a peri- energetic owner who is able to take him od of months and had tried to persuade his for walks or a home on a property with plenowner to seek help. She finally agreed to ty of space. After all that he has been allow the concerned neighbour to hand the through, Snoebels thoroughly deserves a second chance in life.” dog over to the SPCA.” Anyone interested in adopting Snoebels After being picked up by the SPCA, a veterinarian examined Snoebels and agreed can phone the Winelands SPCA on to support a prosecution against his owner. 023 415 2241. When he was first rescued, Snoebels hardly looked like a dog, but thanks to some loving care and attention this friendly German Shepherd is now healthy and eagerly awaiting a new home.
X1PM73MR-BZ200115
Dinsdag 20 Januarie 2015
Schools - Skole
Breederivier Gazette
9
AAAAAA-BZ200115
Die Wes-Kaapse departement van onderwys is slaggereed vir die nuwe skooljaar.
Slaggereed vir skooljaar Meer as een miljoen leerders in die WesKaap sal môre (Woensdag 21 Januarie) na die skoolbanke terugkeer. Volgens die Wes-Kaapse minister van onderwys, Debbie Schäfer, is skole regoor die provinsie slaggereed vir die taak wat vanjaar op hul wag ná voorbereidings hiervoor reeds verlede jaar al begin het. Volgens Schäfer het gereedheidsplanne ingesluit dat handboeke reeds vroeër in 2014 bestel is met die gevolg dat die meeste handboeke reeds voor die einde van die jaar by skole afgelewer is. Uitstaande handboeke, voeg sy by, sal van dié week af afgelewer word en in gevalle waar skole onverwagte groei getoon het, sal addisionele handboeke bestel word. Reëlings vir lessenaars en stoele is reeds afgehandel terwyl roosters reeds voor die sluiting van skole verlede jaar gefinaliseer is, aldus Schäfer. Onderwys in die provinsie behoort, volgens Schäfer, ook ’n beduidende hupstoot te kry danksy ’n toename van 676 onderwysposte om die aantal onderwysposte in die provinsie op 32 003 te staan te bring. Volgens Schäfer ontvang skole jaarliks laat inskrywings. Die departement, sê sy, het beamptes wat skole bystaan om dié inskrywings te akkommodeer. Die departement het verlede jaar ’n nuwe inligtingbestuurstelsel uitgerol wat aan hom
duidelike inligting verskaf aangaande watter skole reeds vol is en by watter daar nog plekke beskikbaar is. Volgens Schäfer is mobiele klaskamers op bystand geplaas om moontlike onverwagte groei in leerdergetalle in die provinsie te akkommodeer. Schäfer raai ouers wat nog nie hul kinders ingeskryf het nie, aan om hul naaste skool te besoek aangesien daar gedurende die afgelope skoolvakansie moontlike kansellasies kon wees. Indien ouers nie by skole geholpe raak nie, word hulle aangeraai om by hul naaste distrikskantoor aan te klop. Die Kaapse Wynland onderwysdistrikskantoor is in Worcester geleë. Na verwagting gaan sowat 109 000 kleingoed vanjaar hul gr. 1-jaar in die Wes-Kaap aanpak met 34 535 kindertjies wat reeds suksesvol vir hul gr- R-jaar ingeskryf is. Volgens Schäfer vorm kinders se gr. R-opvoeding ’n belangrike bousteen in kinders se opvoeding en gee dit aan hulle ’n aansienlike voorsprong in hul verdere skoolloopbaan. In die lig hiervan, voeg sy by, het die departement die afgelope jare baie in gr. R-opvoeding belê met meer as 406 klaskamers wat die afgelope vier jaar gebou is. Schäfer doen ’n beroep op ouers om aktief betrokke te wees by hul kinders se opvoeding. “Kinders kan soveel meer bereik met ondersteunende belangstellende ouers. Daarsonder kan hul toekoms geskaad word,” sê sy. X1PM9755-BZ200115
10
Schools - Skole
Breederivier Gazette
FAMILIEKENNISGEWINGS
PERSOONLIKE DIENSTE
STERFGEVALLE
LENINGS
1005
1445
EN DIE HARE WAAI WEER! Dr. Japie Spies, hoof van die Hoërskool Montagu, is weer sy hare kwyt. Dít na die skool se matrieks verlede jaar opnuut ’n 100% slaagsyfer gehandhaaf het. Elk van die matrieks het ’n beurt gekry om ’n stukkie van sy hare af te skeer. Hiér by hom is die afgelope jaar se A-kandidate. Van links is Edrich Carstens, Heleen Kriel, Stephan van Rensburg, Alrich Sauer en Lourens Strauss.
MERVIN VAN ZYL Gest: 13/01/2014. Mervin, op 13 Januarie 2015 was jy 'n jaar weggeneem. Ons sal altyd lief wees vir jou. Van jou ma, suster, broer, tannie en ouma. JOHN WILLIAM MAZETA BEUKMAN. Geb: 15/09/1973 Gest: 02/01/2015 Die besigtiging van die liggaam vind om 09h00 plaas en die Begrafnisdiens by die huis om 10h00 te Hibiscuslaan 21, Môreson en om 11.vm in die AGSKerk Coetzeestraat, Roberson. Sal met liefde onthou word deur susters, broer en familie. IN MEMORIAM 1015
Dinsdag 20 Januarie 2015
GELUKWENSINGS 1030
RAAI WIE WAS 50 OP 14/01/2015? Siljeur Annie. Baie geluk met Mammie se verjaarsdag, mag God se seëninge op u lewe rus. Dien die Here met alles wat in u is. Van u man, kinders en familie.
TE KOOP
ELEKTRONIES & DIGITAAL 1625
STOKKE SWAAI TEN BATE VAN SKOOL: Die Montagu Preprimêre Skool se gholfdag verlede jaar het met hope pret en plesier gepaard gegaan. Oud en jonk het hand bygesit om van dié geleentheid ’n sukses te maak. Die wenners van die gholfdag was die pa-en-seunspan Johan en Willem Rossouw. Op die foto is (van links) Annabe de Wet (skoolhoof), Henk du Toit (Quariga: hoofborg) en Johan, Willem en Jaco Erasmus (ook van Quariga).
COMPUTER SPECIALS. Pentium 4's from R1299,00. Refurbished with warranty. Call Dolf Uys 072 705 8577.
PADIACHY CATHLEEN KATRINA. Mamma, vandag is jy een jaar van ons af weggeneem. Die verlange en gemis sal altyd daar wees. Van jou man, kinders, kleinkinders en agterkleinkinders.
BETREKKINGS 3600
ALGEMEEN 3680
HONDE GROOMER met goeie ondervinding gesoek in Worcester. Faks CV na 086 730 5692 of Kontak 082 075 6001. PROFESSIONEEL/ BESTUUR 3735
Deelnemers en toeskouers het beslis nie honger gely nie. Hier is twee van die talle gewillige hande, Janine Beukes en Jean Rall, besig om hamburgers te smeer.
Die skool se leerdertjies het ook hul kant gebring en gholfballe gewas.
POPULAR RESTAURANT requires the services of a Manager, two days a week. Kindly send CV to info@caferosa.co.za X1PM75E1-BZ200115
UITKLOPHOU! Anro Nel van die Laerskool Montagu het verlede jaar aan die Boland-tennisproewe in Stellenbosch deelgeneem. Hy hetaltesaam sewe wedstryde gespeel waarvan hy al sewe gewen het. Hy is boonop ook as die nr. 1-speler vir die Boland o. 11-groep aangewys.
Dinsdag 20 Januarie 2015
Sport
Breederivier Gazette
11
Sport-uitslae Gholf: Bonnievale (72): Enkel-Stableford – K. Jordaan 43, D. Swart 40, H. van Zyl 35, P. Dreyer 33, J. Smit 32, J. Lockem 31. Montagu (72): Enkel-Stableford – D. Thornton 42, R. Bruwer 42, C. Crafford 42, A. Nel 40, J. Kriel 39, E. Stemmett 39, B. Wiese 39, W. Rossouw 38, A. Swart 37, J. Nolan 37, R. van Eeden 37, L. Marryatt 37. Robertson (72): Samespel-syferplus – J. Muller en D. van Rensburg +15, O. Rabie en F.
Bruwer +15, E. Deyzel en N. Marais +12, D. Cloete en A. Hayman +10, C. Griffin en B. Griffin +10, J. du Plessis en I. van der Westhuizen +10, G. James en K. Bence +9, W. Retief en W. Nel +9.
ERRATUM: Die Gazette het verlede week verkeerdelik berig dat die Pumas-vlakkiekrieketspan van Montagu se hemde deur Pep Stores geborg word. Die hemde word inderwaarheid deur Jet Stores, Montagu, geborg. Die Gazette vra om verskoning vir enige ongerief veroorsaak.
Krieket: Premierliga: Robertson t. Victoriane: Victoriane 147 (Johan Koegelenberg 32, Uli Bonzart 31; J. Hopp 3/24). Robertson 151/3 (Danico Philmon 76). Robertson wen met 7 paaltjies.
X1PM73V1-BZ200115
X1PM73FH-BZ200115
Breederivier
Year 19 • 20 Januarie 2015 | Tel. 023 626 5212
Ryan se droom in weegskaal HILDERINE SCHRÖDER
danksy ’n ouer wat hom by ’n krieketwedstryd op Ryan George droom Worcester raakgesien groot en aan talent het hy het, dat sy krieketloopgeen tekort nie, maar tusbaan vlam gevat het. sen hom en sy droom om “Die man het hom genolater vanjaar op internamineer vir die proewe en sionale vlak in kriekettoe word hy by die Noordkragmetings mee te ding, Boland-span ingesluit,” lê ’n enorme bedrag geld vertel Jerome trots. Seen die tyd om dit in te sadertdien was daar geen mel is min. keer aan Ryan nie en het hy al hoër teen die prestaIn die klein sitkamertjie sieleer begin klim. van hul huis in Montagu In die proses was daar kos dit aanmoediging om heelwat opofferings. RyRyan so ver te kry om te gean het onder meer sy sels oor sy droom wat nou maats op Montagu geheel moontlik in die weeggroet om na die Worceskaal lê. ster-Noord Primêre Hy is gekies as deel van Skool op Worcester, ’n die o. 14 Wes-Kaapse uitnosterk skool op krieketgedigingspan wat later vanbied, te gaan. Hy gaan jaar na Sri-Lanka gaan reis vanjaar ook na Worcester om teen spanne van dié Gimnasium om sy krieland kragte te meet. Hy sou ketdroom na te jaag. kaptein van die span geIn sy kort loopbaan het wees het, maar dié groot geRyan al vier vyftigtalle leentheid is moontlik daaraangeteken. Sy hoogste mee heen na hy en sy ouers, lopietal só ver, vertel hy, ondanks verskeie pogings, was 74. Hoewel hy net so nie genoeg geld bymekaar tuis is met die bal en kolf kon skraap vir sy toer nie. in die hand as wat hy as Terwyl die kans skraal is veldwerker is, verkies hy dat hy binne die volgende dit om te kolf, vertel hy. paar weke die R25 000 wat Sy groot helde, vertel hy hy nodig het bymekaar ge- Ryan George se droom om in Maart vanjaar saam met die met ’n glinster in die oog, skraap gaan kry, bly Ryan Wes-Kaapse uitnodigingspan na Sri-Lanka te reis hang in is Faf du Plessis en Hashoopvol. Maar, sê hy met die weegskaal tensy hy blitsig geld vir dié reis bymekaar him Amla. Hy droom neergeslane oë, sou dit nie kan kry. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER groot en hoop om eendag so gebeur nie sal hy maar net soos hulle professiomoeilik gegaan om die nodige geld neel krieket te speel. by die noodlot berus. Vir Pa Jerome, ’n ambulans- in te samel. Die gesin het verskeie Volgens Shafiek Jacobs, die beman, is dit net so moeilik om sy geldinsamelingspogings van sta- stuurder van die uitnodigingspan, seun se teleurstelling te aanskou. pel gestuur, maar uiteindelik moes sal dit ’n groot tragedie wees in“Ons het saam gesit en lank gesels hulle diep in hul spaargeld delf om dien Ryan nie die toer kan meeoor die moontlikheid dat hy nie op Ryan se reiskoste by te bring. Die maak nie. die toer kan gaan nie. Geld is knap, dat daar dié keer eenvoudig nie ge“Hy is ’n ongelooflike talentvolle hy gaan dié jaar hoërskool toe en noeg geld is nie, verduidelik Jero- speler en daar wag beslis baie groot die onkostes is maar groot,” sê hy. me. dinge op hom,” reken hy. “Hy kan Ryan het sy krieketbuiging op die land se volgende Jonty Rhodes Dit is nie die eerste keer dat Ryan se krieketvernuf hom ’n plek in die tienjarige ouderdom in vlakkie- wees.” uitnodigingspan besorg het nie. krieket gemaak. As leerder aan die Enigiemand wat ’n bydra tot RyVerlede jaar is hy vir die uitnodi- Laerskool Montagu het hy hom an se reiskoste wil maak kan Jerogingspan gekies wat na Indië is. aanvanklik op rugby, waarin hy me by 084 552 9227 bel of e-pos stuur Tóé al, se Jerome, het dit bitter ook uitblink, toegespits. Dit was na jeromegeorge9@gmail.com.
X1PM55J9-BZ200115
GOLF TIP OF THE WEEK: Turn your belt buckle to the target. It will help you to turn your hips as well as to turn with your lower body on the downswing. This will also improve you leg drive and will lead to better and longer shorts.
Hess Invitational this month Golf enthusiasts are invited to the Jacquin Hess Invitational on 24 January at the Robertson Golf Club. This is an opportunity to play a top class golf course with fantastic greens and great fairways. Entry for this Fourball is R1 000 while beginners can take part in a putting competition for R20. Springbok rugby legends Breyton Paulse and Bolla Conradie will also
take part in the event. Many prizes will be up for grabs. Players will receive a light snack after nine holes and lunch after the 18 holes. To book your fourball, call the Proshop on 023 626 1090 or Hess on 076 629 6390. Hess is also offering readers of the Breederivier Gazette a free golf lesson. All you need to do is present the Gazette of 20 January to him.