Breederivier gazette 21 oct 2014

Page 1

Breederivier

X1PBM6AD-BZ211014

Year 18 • 21 Oktober 2014 | Tel. 023 626 5212

www.bolandgazette.co.za

Vier lewend uit dié wrak

HILDERINE SCHRÖDER Vier insittendes van ’n Fidelitypantservoertuig het verlede Dinsdag (14 Oktober) wonderbaarlik aan die dood ontkom toe hulle in ’n botsing met twee vragmotors betrokke was. Volgens lt. Cynthia Ndabeni, woordvoerder van die Robertson-polisie, was die pantservoertuig van Worcester na Robertson op pad toe

dit sowat 1 km ná die afdraai na Graham Beck ’n vragmotor probeer verbysteek het en dit eers teen dié voertuig vasgery het voordat dit voor ’n aankomende vragmotor beland het. Dit is steeds onduidelik wat tot die ongeluk gelei het, hoewel die vermoede bestaan die bestuurder van die pantservoertuig is deur die opkomende son verblind. Die insittendes moes deur nooddienspersoneel uit die wrak van die voertuig bevry word en is met ernsti-

ge beserings na die Worcester-hospitaal gehaas. Een insittende is steeds in ’n ernstige toestand in die Mediclinic Worcester. Die insittendes van die vragmotors het geen ernstige beserings in die voorval opgedoen nie. Dié gedeelte van die roete is vir ure lank gesluit terwyl die toneel opgeruim is. Verkeer is via die Goree-pad herlei. Die polisie ondersoek ’n saak van roekelose en nalatige bestuur.

Vier mense is ernstig beseer in ’n ongeluk tussen ’n Fidelity-pantservoertuig en twee vragmotors. Die kappie van die pantservoertuig is in die geweld van die botsing van die voertuig losgeruk. FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER

X1PBMQCH-BZ211014


2

Entertainment - Vermaak

Breederivier Gazette

Dinsdag 21 Oktober 2014

SATERDAG 8 NOVEMBER ) Die Methodistekerk in Loopstraat, Robertson, hou ’n musiek- en sangaand. Kaartjies: R30. Navrae: 0 023 626 2634. ) Robertson Touchies by die Laerskool Robertson. Inskrywings: R175 per span. Navrae: ds. Ken Pritchard, 0 072 431 0343.

EERSTE SATERDAG VAN ELKE MAAND

VRYDAG 14 NOVEMBER

) Teetuin en oggendmark by die Robertson-museum se anneks (gebruik Le Rouxstraat-ingang). Navrae: 0 023 626 3681

SECOND THURSDAY OF EACH MONTH ) Montagu Alzheimer’s Support Group meets at 15:00 in the bottom lounge of Huis Uitvlucht, Montagu.

FRIDAY 24 OKTOBER ) Violin and piano recital by the sister and brother Bushakevitz Duo, Avigail (violin) and Ammiel (piano) at Wahnfried, McGregor, at 17:30. Admission: R100 (including wine). Reservations: 2 wahnfried27@gmail.com. The recital forms part of the McGregor Poetry Festival Weekend, so seats may be in great demand.

23 OKTOBER – 1 NOVEMBER ) Robertson-Oos Kerk hou sy jaarlikse Feesmark daagliks van 09:00 tot 20:00. Onder die interessanthede tel ’n restaurant en vars gebak, demonstrasies en juwele, Kers- en kindergeskenke, dekor en kreatiewe idees. Navrae: 0 083 564 2446.

) Zorba the 0 023 626 6622.

Greek.

Navrae:

SATERDAG 15 NOVEMBER ) Klub 8 hou sy jaarlikse dans in die Robertson-stadsaal. Navrae: 0 084 626 1193.

DONDERDAG 27 NOVEMBER ) Flowers@Work by die Robertson-stadsaal. Navrae: 0 079 517 1852.

VRYDAG 5 DESEMBER ) Buitelug Kerskonsert met Francois en Elizabeth Fourie by Robertson Voorbereidingskool.

SATERDAG 6 DESEMBER ) Die Breederivier Gazette bied om 17:00 ’n Gospelkonsert met plaaslike kunstenaars en die Dumisani-gospelgroep as gaskunstenaar in die Langeberg Sekondêre Skool se saal aan. Deure maak reeds om 16:15 oop. Kaartjies: R40 vir volwassenes, R20 vir kinders. Beskikbaar by die Gazette se kantore. Navrae: Annelda Grootboom, 023 626 5212 of 076 677 5686.

DINSDAG 28 OKTOBER

DONDERDAG 25 DESEMBER

) Die MAG-opleidingsentrum hou sy algemene jaarvergadering by Sultanasingel 6, Montagu. Navrae: Tim Banda, 0 023 614 3938, gedurende kantoorure.

) Kersfees-buffet by Bon Cap. Navrae: 0 023 626 6622. Valleikalender: 0 023 626 5212 of 2 gazette@breede.com.

Gazette se Piekniekdag is om die draai. Ashley Wenn en sy groep Key-5 sal onder die kunstenaars wees wat vir die vermaak sal sorg..Ashley Wenn en sy groep Key-5

Piekniekdag om die draai Die Gazette se Piekniekdag is om die draai, dus as jy teen dié tyd nog nie ’n kaartjie het nie, beter jy wikkel! Kom ontspan op Saterdag 25 Oktober op Viljoensdrift se lowergroen grasperk terwyl die dag se gaskunstenaars, Ashley Wenn en sy groep Key-5 sowel as Mujahid George, saam met sy orkes vir die vermaak sal sorg. Key-5 se repertoire sluit jazz, rock, R&B en vele meer in. Wenn, die hoofsanger, het al plaaslik sowel as oorsee naam gemaak as sanger en liedjieskrywer. Nóg ’n kunstenaar wat geen bekendstel-

ling nodig het nie is Queeny Madikizelamalema wat piekniekgangers sonder twyfel met haar pittige kwinkslae sal laat skater. Kaartjieverkope vir die piekniek op die oewer van die Breederivier vorder reeds fluks en diegene wat nog op die oewer van die Breederivier wil kom saamkuier sal moet spring om hul plekke te verseker. Buiten vermaak uit die boonste rakke sal piekniekgangers ook kan smul aan die eetgoed in die piekniekmandjies wat vir hulle voorberei sal word. Boonop sal Viljoensdrift se proelokaal en deli oop wees vir diegene wat wil wyn

proe of nog heerlike eetgoed geniet. Die wynverkope-afdeling sal ook oop wees vir dié wat ’n bottel of wat wyn wil saamneem huis toe. Buiten eetgoed om van te smul sluit jou piekniekkaartjie ook ’n bootrit vir vier mense in. Die Piekniekdag is die ideale geleentheid vir die hele gesin of vir groepe vriende om ’n bietjie gehaltetyd saam in die natuur deur te bring. Maak seker jy bespreek nou al jou plek. Kaartjies vir die dag, wat die bootrit en piekniekmandjie insluit, kos R250. Vir besprekings of meer inligting, bel Annelda Grootboom by 023 626 5212.

Blinkwater wil sy sukses op drie G’s bou ) Wat is jou naam en van? Benjamin van den Berg ) Wat is jou onderneming se naam en waar is dit geleë? Blinkwater Veevoer en Verspreiders. Die is in Robertson op die hoek van Barry- en Le Rouxstraat. ) Watter tipe onderneming besit jy? Ek verkoop voer soos lusernpille, varkmeel, geel meel, hoender- en duiwekos, asook ’n ver-

skeidenheid saad. Ek verkoop ook kos vir huishoudelike diere soos honde- en katpille, hamster- en konynkos asook vir koi- en gewone visse. ’n Reeks duiwemedikasie is ook nou beskikbaar. Grootmaat bestellings kan afgelewer word. ) Wat is jou gunsteling produk of diens? Ek vind die voer- en saadbedryf verskriklik interessant. Elke dag is daar nuwe feite wat ek leer so al die produkte hier is my gunsteling.

Ek geniet dit om my kliënte te help en raad te gee oor die verskillende voere en aanbevelings. ) Wanneer en hoe is jou onderneming begin? Blinkwater veevoer het hierdie jaar September sy deure geopen met die ondersteuning van vriende en familie asook die genade van Bo ) Waar sien jy jou besigheid in vyf jaar? Ek glo en vertrou dat Blinkwater die volgende paar jaar sal uitbrei en ’n groter verskeidenheid produkte sal bied wat in elke kliënt se behoeftes sal voorsien, betroubare en goeie diens sal lewer met my kennis wat ek daagliks opbou ) Wat is jou onderneming se slagspreuk? Die drie “G’s”: Goeie Diens, Goeie Kwaliteit Produkte en Goeie Prys.

Benjamin van den Berg

X1PBN9JH-BZ211014

X1NR0U3W-BZ211014

X1PBM7VD-BZ211014

X1PBLHKW-BZ211014

X1PBVE89-BZ211014


Dinsdag 21 Oktober 2014

General - Algemeen

A fest of poetry and arts Make sure you head to McGregor this week. The long-awaited McGregor Poetry Festival is finally here! The sleepy little village will come alive from 24 October with scores of well-known poets who will share their works and knowledge with festival goers. The festival will offer a wide variety of activities for lovers of the written word as well as music. Tickets are also available at the doors and Computicket.

This local group will present its Next Step Showcase which will enthrall festival goers with a combination of poetry and dance, musical theatre, contemporary dance, African dance and Hip Hop. The McGregor Waldorf School has been nurturing the creative, imaginative and artistic expression in children for the past 20 years. Working with stories, poetry, drama, rhythm, colour, music and song form part of the educational process on a daily basis.

Montagu A Cappella is a group of joyfully amateur singers, based in Montagu, who meet weekly for the love and challenge of harmony singing. In addition to the sacred songs of Taize, they also perform toe-tapping Beatles classics, and are about to begin rehearsing their Christmas Carols repertoire.

Breederivier Gazette

3

New art gallery in Montagu A new art gallery is opening in Montagu, and it will be packed full of superb original art works by local artists. The gallery in the Brandy Hall, next to the KWV building in Long Street, will be opening its doors to the public on Friday 24 October from 17:30 with wine and snacks. The Montagu Art Association (MAA) has, in recent times, grown from strength to strength under the guidance of Deoni van Rensburg and now boasts no fewer than forty active members. The MAA has finally found a permanent home in a very pleasant venue, which can only add to the enthusiasm of members of the group to continue producing quality art. Be sure to attend the opening of a new art gallery in MontaAnyone who is appreciative of art will gu’s Brandy Hall. be pleasantly surprised by the quality of the exhibiting artists’ works. Many of those exhibiting have sold works locally and also in various parts of the world, so locals could find themselves purchasing a masterpiece at a bargain price.

Wamuwi Mbao is a literary critic and cultural theorist. He is the project coordinator of SLiPNet, a literary website and community project. He teaches English fiction at Stellenbosch University. His writing has been published in the Sunday Times, and on Aerodrome. His story The Bath was included in the Department of Arts and Culture’s Twenty in 20 list of the best South African short fiction published in English during the past two decades of democracy. X1PBA62H-WS161014

X1PBQQY5-BZ211014

X1PBKJJ5-BZ211014


4

Breederivier Gazette

General - Algemeen

Dinsdag 21 Oktober 2014

Ysterkind ’n inspirasie ZELDA KLOPPERS

BANDANA-PRET: Die Laerskool Robertson het sy solidariteit met die stryd teen kanker gewys met leerders van dié skool wat in hul massas aan Bandana-dag deelgeneem het. FOTO: ZELDA KLOPPERS

VEG SAAM TEEN KANKER: Oktober is nie net een van die mooiste maande nie. Dit is ook Nasionale Borskankermaand. As deel van sy veldtog om bewusmaking te kweek ten opsigte van kanker en kankervoorkoming het Elizabeth Basson, van die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) se Bonnievale-skakelkomitee, 124 musse aan leerders van die Bruintjiesrivier Primêre Skool oorhandig. Saam met haar en van die leerders is (heel links) Martie Jones, wat 100 musse gebrei het, en A. Willemse (hoof).

Basson het ook ’n mus aan Nellie Job, ’n kankeroorwinnaar, oorhandig.

X1PBVHY1-BZ211014

Vegter is hy beslis. Nie net op die sportveld nie, maar onlangs het Reynecke Crous, seun van Karin en Pieter Crous en gr. 6-leerder aan die Laerskool Robertson, die grootste trauma oorwin met ’n massiewe en gekompliseerde breinoperasie. Vir sy ouers is Reynecke net soos enige ander woelige 12-jarige seun, maar hulle het begin oplet dat sy konsentrasie verswak, hy vergeetagtig is en gereeld moeg is. Eers het hulle gedink dat hy net aandagafleibaar of verstrooid is, totdat hy begin neul het oor gereelde hoofpyne. Die vermoede dat ligte harsingskudding tydens ’n rugbywedstryd twee weke tevore die oorsaak kan wees, het hulle besluit om hom dokter toe te neem. Teen hierdie tyd was die fokus in sy linkeroog só erg geaffekteer dat hy nie Reynecke Crous, hier ’n bal behoorlik kon vang nie. Hy is dadelik verwys na ’n oogspesialis/ chirurg op Worcester, wat op Vrydag 2 Mei om 19:00 ’n MRI-skandering aangevra het. ’n Gewas op die breinstam was die diagnose om 21:00 daardie Vrydagaand; woorde wat geen ouer voorbereid is om te hoor nie. Met verergerde simptome teen die volgende Maandag (5 Mei), het hierdie groot operasie glad nie vir Reynecke onder gekry nie, behalwe dat sy groot liefde, rugby, eers opsy geskuif moes word. ’n Drie-uur-lange operasie is op Dinsdag 6 Mei suksesvol uitgevoer in Mediclinic Vergelegen. Karin vertel dat hierdie die mees senutergende ure van haar en Pieter se lewens was. Die operasie is uitgevoer deur die enigste neurochirurg wat spesialiseer in hierdie deel van die brein (die breinstam), dr. Wessels (73). Drie dae ná die operasie en pas uit die intensiewe sorgeenheid ontslaan, het Reynecke geweldige skietpyne in sy kop begin ervaar. ’n CT-skandering is aangevra waarna vasgestel is dat daar vog is wat in die brein opgebou het. ’n Noodoperasie is uitgevoer op 10 Mei, waar die vog verwyder is en hy ’n dreineringspypie (shunt) gekry het wat enige oortollige vog sal dreineer. Reynecke het met altesaam 42 steke op sy drie wonde by sy vriende gespog. Die gewas was nie kwaadaardig nie en dus

by sy ma, Karin. nie kankeragtig nie, maar Reynecke moes bestraling ontvang om te verhoed dat die gewas (wat nie verwyder kon word nie weens die gevaarlike ligging) nie weer groei nie. Hy het 28 dae se bestraling met ’n glimlag en duim in die lug deurgemaak en as Vincent Palotti se superpasiënt bekend gestaan. Met ’n totaal van vyftig dae afwesig by sy skool, is hy tog onder die top 20 vir akademie en beoefen hy reeds weer ligte kontaksport. Hy het tydens die SOS-kamp aan sy ouers bewys dat hy slaggereed is om weer te klim en klouter en haal weer sy ou streke by die huis uit. Die Crouse het ’n geweldige groot ondersteuningsnetwerk van vriende en Reynecke is deesdae ’n groot inspirasie vir almal, groot en klein. Karin en Pieter wil graag die Tafelronde bedank vir die bydrae met vervoerkostes vir die 28 ritte Kaap toe, asook die vriende wat een keer per week vir Karin afgelos het om te ry, Kings Church en KCI se vroue-selgroep wat vir 28 etes gereed gestaan het en wat ons bederf het met lekkernye. Vir elke SMS, oproep, geldelike bydrae, kospakkies en veral gebede van vriende, familie en onbekendes. “Gebed het ons hierdeur gedra elke liewe dag. Uit ’n ma se hart. Die Here het my ysterkind geroep vir groot dinge, en hom ’n tweede kans op lewe gegee.”

X1PBMR5H-BZ211014

X1PBXB35-BZ211014

X1PBQ54R-BZ211014

X1PBXA71-BZ211014


Dinsdag 21 Oktober 2014

General - Algemeen

Breederivier Gazette

5

Kansa-geleentheid ’n groot sukses Sowat 180 vroue het hulle verlede Woensdag (15 Oktober) in pienk uitgedos vir die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) se Splash of Pink-geleentheid wat in die Robertsonstadsaal gehou is. Dié geleentheid was nie net ter bewusma-

king van Borskankermaand wat gedurende Oktober gevier word nie, maar was ook die afskopgeleentheid van die jaarlikse Relay for Life wat van 28 Februarie tot 1 Maart gehou word. Henelie Botha, streeksbestuurder van Kansa in die Bolandstreek, het by die geleent-

heid onder meer gepraat oor die dienste wat dié instansie lewer. Haar praatjie het ook op die bewusmaking van kanker gefokus. Die gassprekers was Elsabé Aldrich en Riaan Hunter met veral Aldrich wat gaste met haar spitsvondigheid laat skater het.

Manien Matthys beywer haar vir die bewusmaking van kanker na sy self dié gevreesde siekte oorwin het.

Bly positief teen kanker ANNELDA GROOTBOOM Ná haar eie stryd en as ’n oorwinnaar teen borskanker reik Manien Matthys uit na ander kankerpasiente om hulle bewus te maak ’n mens moet positief wees. “Vir die eerste keer het ek die knop in my regterbors gevoel en dit het my nogal gepla,” vertel Matthys. Dit was die oggend van 3 September 2011 wat sy die knop ontdek het. Sy het haar man, Marshall, vertel en is dokter toe waar hul haar verwys het na die hospitaal en die dokter op sy beurt baie bekommerd was oor die grootte van die knop wat alreeds 5 cm was. Daar is onmiddellik by Worcester-hospitaal ’n afspraak gemaak waar die vog uit haar bors getrek is en op 13 September is ’n mammogram gedoen waar hul uitgevind het dat die knop wel kwaadaardig was. Maar nie vir een oomblik was dié sterk vrou bang vir die uitslag nie en was voorberei vir dit wat moet gebeur, hoewel haar man baie verslae en stukkend was. Vandat sy uitgevind het op 3 September tot die mastektomie op 28 September het sy nooit regtig pyn ervaar nie. Volgens haar het die verpleegpersoneel ná die operasie vir haar pynpille gebring, maar sy het nie eens nodig gehad om dit te drink nie. Vir die ses weke wat sy in Tygerberg-hospitaal opgeneem is vir bestraling het sy die teenwoordigheid en nabyheid van die Here gevoel. Met die chemoterapie wat sy vier keer gekry het, het sy ook geen komplikasies ervaar soos naarheid nie en het ook nie hare verloor nie. Die dag nadat sy chemoterapie ontvang het, het sy gaan werk. Die ondersteuning van haar gesin, familie en in besonder haar werkskollegas by Klipdrift Brandewyn-restaurant, het gemaak dat sy uithouvermoë het en kon deurdruk. Nou het Matthys net een ding voor oë, sy wil deur haar positiwiteit, bewusmaking oor borskanker by vroue kweek. Want, volgens haar, is baie mense skaam en teruggetrokke om te praat oor kanker want baie sien rooi gevaarligte.

X1PBVLVR-BZ211014

X1PBLPQR-BZ211014

X1PBLMGW-BZ211014


6

General - Algemeen

Breederivier Gazette

Dinsdag 21 Oktober 2014

Robertson Logos Christian School

Hoërskool Bonnievale Hoërskool Robertson

Masakheke High School

McGregor High School

Hoërskool Montagu

X1PBMPGD-BZ211014

X1PBKULR-BZ211014

X1PBKTXW-BZ211014

X1PBXAGD-BZ211014

X1PBLA39-BZ211014

X1PBL9DD-BZ211014

X1PBW1CR-BZ211014

X1PBN9QR-BZ211014

X1PBLEN5-BZ211014


Dinsdag 21 Oktober 2014

General - Algemeen

Breederivier Gazette

7

Herberg maak eie planne vir inkomste HILDERINE SCHRÖDER

Gee ’n bietjie verjaardagvreugde vir ’n kind by Herberg Kinderhuis deur deel te neem aan die Herberg Skoenboksprojek.

Valleiers kan help met ’n verjaardagpakkie vir ’n kind HILDERINE SCHRÖDER Dink so bietjie terug aan jou kinderdae. Dit is ’n paar dae voor jou verjaardag en jy kan nie wag om te sien watter wonderlike geskenke alles dié jaar op jou wag nie. En wanneer die groot dag aanbreek vlieg jy al vroegoggend uit die bed om die helderkleurige pakkies oop te skeur. Dink nou hoe jy sou voel as dié dag soos enige ander deur die jaar was met geen geskenkie om jou spesiaal en geliefd te laat voel nie. Vir baie kinders is dít ’n realiteit

en juis daarom wil die Herberg Kinderhuis op Robertson nou ’n nuwe projek van stapel stuur om vir die 122 kinders by dié instansie hierdie hartseer en teleurstelling op hul verjaardae te spaar. Valleiers kan maklik by die Herberg Skoenboks-projek betrokke raak en só help om ’n kindjie se verjaardag spesiaal te maak. Deur Herberg te kontak kan weldoeners die besonderhede van een van die kinderhuis se kinders kry. Dié besonderhede sal allerhande feite, waaronder die kind se naam en ouderdom, kleregrootte en belangstellings insluit. Wat jy in die ge-

skenkpakkie sit is jou keuse, sê Petro Uren, bemarker by die Herberg Kinderhuis. “Jy kan enigiets insit behalwe bederfbare produkte.” Die geskenkpakkies, met elke kindsenaamop,salnoureedsbymekaar gemaak word en gebêre word tot dié kind se verjaardag. Om seker te maak daar is genoeg geskenke vir al die kinders moet belangstellendes die pakkies voor of op 5 Desember by Herberg afgee. Vir meer inligting oor dié projek, of om die besonderhede van ’n kind te verkry, bel Uren by 023 626 3140 of stuur ’n e-pos na petro@herberg.cp.za.

In nypende ekonomiese tye kos dit kreatiewe planne om geld in te samel en aan kreatiwiteit het die Herberg Kinderhuis op Robertson geen tekort nie. Met 122 kinders wat permanent by Herberg woon, kan dié instansie nie net op donasies staatmaak om kop bo water te hou nie en met donateurs wat self ál meer noustrop trek, het Herberg met ’n rits planne vorendag gekom om op eie stoom geld in te samel. Een hiervan is Herberg se Neseiertjie, ’n winkeltjie waar Valleiers ’n verskeidenheid items teen sakpaspryse kan opraap. Hierdeur, sê Petro Uren, bemarker by die Herberg Kinderhuis, probeer die instansie ook ’n diens aan armer mense in die gemeenskap lewer. Terwyl die Neseiertjie al ’n geruime tyd ingespan word om geld in te samel, het Herberg ook onlangs ’n nuwe projek van stapel gestuur. Enige instansie wat sy oog het op produk- of ondernemingsbemarking (branding) hoef nie verder te soek nie. Herberg bied nou, in samewerking met ’n Kaapse maatskappy, ’n handelsmerkbemarkingsdiens. Enige on-

derneming, of dit nou ’n skool of plaas is, kan by Herberg aanklop om hul naam op ’n wye reeks produkte, van penne tot baniere of klere, te laat plaas. Dié druk- en borduurwerk, sê Uren, is van uitstaande gehalte. Belangstellendes kan by Herberg aanklop om voorbeelde van die produkte te sien, of om bestellings te plaas. Die diens is ideaal vir enige onderneming of instansie wat wil seker maak hy word raakgesien, of dit nou deur middel van vlae of baniere is, of op die klere van sy personeel. Nog ’n diens wat Herberg aan die gemeenskap bied is spyseniering. Met jaareinde-geleenthede om die draai is Herberg net die plek om aan te klop vir heerlike eetgoed. Herberg het al met groot sukses die spyseniering vir ’n hele aantal plaaslike instansies behartig, sê Uren. “Die terugvoering wat ons tot nou toe gekry het is absoluut ongelooflik.” Volgens Uren staan Herberg gereed om die spyseniering van enige soort geleentheid te behartig, van troues en verjaardae, tot ’n matriekafskeid of jaareindgeleentheid. Bel die Herberg Kinderhuis by 023 626 3140 of stuur ’n e-pos na petro@herberg.cp.za.

Met die ekonomie wat deesdae ál meer knyp, moet die Herberg Kinderhuis deesdae na innoverende maniere kyk om geld vir dié instansie in te samel.


8

General - Algemeen

Breederivier Gazette

Dinsdag 21 Oktober 2014

Jolyt langs die Breederivier Heerlike sonskynweer, goeie wyn en meer as genoeg smaaklike eetgoed. Besoekers aan die afgelope naweek se Wine on the River kon nie vir beter gevra het nie! Besoekers het die naweek in

hul massas op Robertson toegesak om op die oewer van die Breederivier te kom ontspan, sommige was selfs van so ver as Gauteng! Die Gazette was daar om ’n paar oomblikke vas te vang.

My Tibetaanse katjie maak geskiedenis Ek het die wonderlike ondervinding gehad verlede Saterdag (11 Oktober) om vyf van my katte ten toon te stel by die katskou wat by

Amrita

die Robertson Lenteskou gehou is. Eerstens, wat ’n ondervinding! Die mense is supervriendelik, het ons met ope arms ontvang en my dag fantasties gemaak! Ek het witblits geproe, toe ’n groene gemaak met groen vyeblare en is toe lekker om die bos gelei deur ’n vreeslike vriendelike man wat wou hê ek moes iets “proe”. Natuurlik het ek geweet daar is iewers ’n slang in die gras, want hierdie klein heerlike happie kan nie iets doodgewoon wees nie. Ek het eerste happie geneem en baie versigtig gevra of dit slang is (ek sou net daar gedood het!). Nee, sê hy toe en ek sien die vonkel in sy oog. Ek reken toe, wel dit ís skaapwereld, so vra toe of dit skaapstert is. Toe is ek warm op pad en na my derde en laaste happie met ’n breë glimlag ingelig dat ek so pas ’n arme afgestorwe skaapram se privaat deeltjies geëet het. Wel! Ek het toe maar die skaap bedank omdat hy sy lewe vir my opgeoffer het (in my hart is ek ’n vegetariër, maar ai, die braaivleis). Later het ek darem my skok kon lawe met die heerlikste lietsjie slushy. Ek soek daardie resep. Intussen het my arme ou kaftan die gees gegee, en ek kon net twee speldjies vind om my toe te maak, maar nou ja, the show must go

WENUITSTALLING: Die Wes-Kaapse-polisie se uitstalling by die onlangse Robertson Lenteskou het die toekenning losgeslaan vir die beste opvoedkundige stalletjie. Die stalletjie het nie net met sy eie misdaadtoneel gespog nie, maar het ook die verskeie onderafdelings in die polisiediens uitgebeeld waar besoekers heelwat inligting kon kry. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

on! Buiten die mense was die pragtige ou motors vir my ’n belewenis. Ek het twee goeie ou vriende gesien (twee wat my pa donkiejare gelede gehad het). Ek kon ongelukkig nie veel meer van die skou belewe nie. My hart het met ’n punt na die perde getrek. Ek wou hulle so graag aan een vat, maar intussen was ek druk besit met die drie katskoue wat gehou is. Dit is spannende werk, want ons wil mos wen! Hier kom ek by my laaste punt. Ek was in die verstommende, gelukkige posisie om die laaste skou te wen. En hier is ’n pluspunt vir Robertson en Suid-Afrika. My katjie, Tripple Champion Loeloeraai Amrita, wat net vyf maande oud is, is die eerste Tibetaanse katjie wat wêreldwyd ’n skou gewen het, so my dag op Robertson het perfek geëindig. Ons het geskiedenis gemaak, Robertson! Volgende jaar is ek terug. Báie dankie vir ’n onvergeetlike dag.

JEANINE GROBBELAAR, Loeloeraai Tonkinese & Tibetans

Graag spreek ek my ontevredenheid uit oor die SABC se onvermoë om voldoende dekking te gee op alle SABC-kanale hier in Montagu. Vir ’n geruime tyd is daar geen SABC1 nie. Onlangs tydens die MTN Top 8-finaal kon ek nie die wedstryd regstreeks sien nie. Enige tyd, sonder enige aanduiding, is daar ’n onderbreking in uitsending, dan moet ons maar gedweë wag tot ons weer ontvangs het. Dis onaanvaarbaar. Die SABC verwag ’n volle R250 jaarlikse fooi, terwyl ons met powere diens tevrede moet wees. – E.F.Jacobs, Montagu


Dinsdag 21 Oktober 2014

General - Algemeen

CIRCUS IN TOWN! Prepare to be thrilled and amazed! Brian Boswell’s Circus is back in town. Jugglers, stunt horse riders, perky poodles, ponies, camels, tightrope walkers, trapeze artists, acrobats and clowns will be entertaining the crowd in Montagu (corner of Ismail and Buitenkant Streets) and Robertson (showgrounds) on 30 October and 1 November. Book early to avoid disappointment. Bookings at 083 629 7799 or www.boswell.co.za. All registered charities are invited to contact the Brian Boswell’s Circus Cyber Lions Club to arrange a free visit to the circus.

) The Robertson Police is hosting a CBD Imbizo on 21 October at 19:00 in the Robertson City Hall. Topics which will be discussed include crimeinthecentralbusinessarea.Themeeting will also be attended by the Community Policing Forum. Any interested party is welcome to attend. ) Die Robertson-gemeenskapspolisiëringsforum hou 29 Oktober om 19:00 sy algemene jaarvergadering in die gemeenskapsaal in Hospitaallaan. By dié geleentheid sal misdaad in die area bespreek word en aksieplanne om dit hok te slaan. Kies van nuwe forum sal ook plaasvind. Alle instansies word genooi om aansoekvorms in te dien. Alle belangstellendes is welkom om die vergadering by te woon. ) Die Bonnievale-gemeenskapspolisiëringsforum sal op 27 Oktober om 19:00 by die dienssentrum in Forreststraat sy algemene jaarvergadering hou. Alle belangstellendes is welkom om dié geleentheid by te woon. ) Die Montagu-gemeenskapspolisiëringsforum sal 25 November om 19:00 sy algemene jaarvergadering hou. Enigeen wat aan ’n instansie behoort, moet ’n aansoek voltooi waarby ’n grondwet aangeheg word. Die voorsitter van die betrokke instansie moet ook magtiging aan ’n afgevaardigde gee om die instansie te verteenwoordig. Aansoeke moet teen 24 Oktober om 16:00 by sers. Suria Meyer by die Montagu-polisie ingehandig word.

X1PBVMY5-BZ211014

Breederivier Gazette

9


10

General - Algemeen

Breederivier Gazette

Dinsdag 21 Oktober 2014

Skydivers put on a display

’n Man met talente ZELDA KLOPPERS

Sy begeerte is om kinders te help om hul kuns te ontdek en uit te leef. Hy glo Beskeie soos hy dat kuns, in watter mag voorkom, sal vorm ook al, die William Uithaler leemte in lewens jou ’n ding of twee kan vul. kan leer van déSy eie verskeie coupage, die bou vorms van kuns van klimrame en skuif hy maar eentuinuitleg tot die kant toe om tyd te kuns van bonzai. maak vir vensterMaar hierdie is versierings, asook maar net ’n kort lyvir sy polistireenfisie van sy vele talente wat hy van sy William Uithaler FOTO: ZELDA gure, ook gedoen met die vrye hand. oorlede vader, ’n KLOPPERS Hy het pas ’n paar bekende kunsonderwyser en groot figuur by die skeppings vir instansies gelewer, eertydse Eisteddfod and Exhibiti- asook kinderkamers opgetooi. Hy on, nou bekend as die Graham- kan enige gunsteling-karakter in ’n oogwink optower! stadfees, geërf het. Ou naamborde van besighede William gee hom eintlik uit as ’n vensterverfkunstenaar. Hy het doen hy graag oor en bied gratis al verskeie besighede op die dorp instandhoudingswerk as hy oplet se aanbiedinge, kennisgewings dat dit verbleik het. Benewens dié talente is hy ook en swartborde geverf. Dít alles ’n kranige sanger en musikant. boonop vryhand! William is oorspronklik van Afgesien van al die instrumente Port Elizabeth en het vir SA Brou- wat hy kan bespeel, is hy alombeerye en Pick n Pay se grafiese kend in Port Elizabeth en Johankunsdepartement gewerk. “Dees- nesburg vir sy liedjies wat hy self dae maak hierdie groot besighede skryf en sing. Hy werk tans aan gebruik van rekenaardrukwerk, sy eerste CD. Kontak Uithaler indien jy jou so ek het besluit om dit waarvoor ek ’n talent en liefde het elders uit winkelvenster hierdie feestyd wil versier, soos wat hy onlangs gete oefen,” vertel hy. Hy het toe besluit op Robertson, doen het met die Gazette se venwaar hy sy tweede vrou, Dorothy, ster. Besoek hom by sy klein “atelontmoet het, en hiér wil hy graag jee” langs die Dros in Kromhoutstraat. ’n verskil maak.

Skydive Robertson recently welcomed a group of residents from Huis le Roux for morning tea and to spend an hour or so watching the parachutes glide in. This event marks the first in a number of organised outings scheduled for the summer season. The Huis le Roux group decided to start their visit with a tour of the hangar. The first load of jumpers were packing their parachutes while the second load taxied out towards the runway for take-off. There was some concern about the small size of the aircraft (it is a Cessna 206) and it was explained that it can take six jumpers at a time. “And a very small pilot” came the joking response. Tea and cake was up next, along with some relaxation in the shade of the trees. Just as tea was served, the canopies started to land. The majority of jumpers landed quite some distance away in the main landing area. The most experienced can land right in front of the clubhouse. One canopy came down with a great deal of forward speed, right in front of the excited ladies and gents. The skydiver took a bow and received a round of applause for his efforts. No formal presentation had been planned, but the informal question and answer session came close to one. The concept of a parachute being able to open automatically for a first-time jumper really caught the imagination of the visitors. Before long, the gear was out and one of the

Pam Russell, club instructor at the Robertson Skydive Club, demonstrates the static line deployment procedure to residents of Huis le Roux during their visit to the club. club instructors demonstrated the opening procedure, which involves a static line attached to a strong point in the aircraft. With curiosity satisfied (for all but one brave soul who is planning her tandem jump), the ten ladies and three gentlemen packed up and were driven home again, hopefully with a few tales to tell. The event went down so well that Skydive Robertson would like to do it regularly and have tentatively

booked the next date with Huis le Roux for autumn. They are already in the process of inviting other groups for a similar excursion. If anyone is interested in making arrangements for such a visit, please feel free to contact the club on 083 462 5666 or on bookings@skydive.co.za. Club members all have regular daytime jobs and respond on a volunteer basis, but all enquiries are answered within a few days.

FAMILIEKENNISGEWINGS

GELUKWENSINGS

ALGEMENE KENNISGEWINGS

DIENSTE

SAKE

2420

1030

GEMEENSKAPSKENNISGEWINGS

IN MEMORIAM

1210

1015

DIENSTE 2420

VAN STADE DAN Geb: 16/10/1929 Gest: 18/09/2008 Met verlange dink ons aan Pappa wat al ses jaar op 'n beter plek is. Pappa se gesang "Wees my Leidsman o, Jehovah" sal ons altyd bybly. Dankie Pappa dat u ons verseker het, dat die Leidsman ons altyd sal vergesel deur watter omstandighede ookal. Ons as kinders dank die Here dat ons u die blomme kon gee toe u met ons was. Van: u kinders, skoondogters, skoonseuns en kleinkinders.

JAGERS JOHANNA Mamma, dit is vandag jou 2de verjaarsdag weg van ons, hoe graag sou ons geluk wou sê. Ons mis jou baie, jou lag en grappe met jou kleinkinders. Maar ons weet daar waar jy vandag is lag en sing jy. Lekker verjaar Mamma. Van jou man, kinders, kleinkinders en agterkleinkinders.

RAAI WIE IS 21 op 21 Oktober 2014? Lakey Kerwin. Baie geluk met jou verjaarsdag, mag die Here jou seën op jou lewenspad. Van jou ouers pa Koos en ma Elmarie, suster Natasha en Chadlinne.

PERSOONLIKE DIENSTE

LENINGS 1445

LENINGS tot R200 000. Konsilidasies beskikbaar, 5 minute goedkeuring. Fiona 082 422 2271

DIENSTE 2420

X1PBM6GM-BZ211014


Dinsdag 21 Oktober 2014

Schools - Skole

Breederivier Gazette

11

LEERDERRAAD: Die Hoërskool Robertson se leerderraad vir 2015 is onlangs aangewys. Agter (nie in volgorde) is Francois Conradie, Zian de Kock, Sumari Naudé, Johan van Molendorff, Carike Joubert, Jan-Willem Bruwer, Sanette de Villiers, Stephanie Kriel, Anke Barnard, Zelda Adams en Andreas Cilliers. Voor is Danwill Fortuin, Lynn-Mari Solomon en Louis Wentzel.

PRESTEERDERS: Hoërskool Montagu het onlangs sy jaarlikse prysuitdeling gehou waar Lourens Strauss (links) as die Dux-leerder aangewys is. Lourens, ’n gr. 12-leerder, het ’n gemiddeld van 92% deur die jaar behaal. Randy Januarie het die Willem Lourens-trofee ontvang. Sy het haar onderskei op die gebied van leierskap, entoesiasme, verantwoordelikheid, toewyding en veelsydigheid met sterk morele waardes en deursettingsvermoë.

MEDALJE-OES: ’n Groep van 10 inwoners van die Herberg Kinderhuis het onlangs aan die Future Champions-atletiekbyeenkoms in Parow deelgeneem. Dit was die tiende jaar wat dié kompetisie tussen 10 kinderhuise in die Wes- Kaap. (ongeveer 900 kinders) plaasgevind het. Die Herberg-span het altesaam 10 goue medaljes, 12 silwer- en ses bronsmedaljes losgeslaan. Herberg het ook die beker gewen vir die groep leerders wat die beste gedrag by die byeenkoms gehad het. X1PBVMMR-BZ211014

X1PBN961-BZ211014


Breederivier

Year 18 • 21 Oktober 2014 | Tel. 023 626 5212

Hy tower met biljartstok HILDERINE SCHRÖDER Moenie hom uitvra oor sy suksesresep met die biljartstok nie. Dít is digbewaarde geheim en een wat Gerovan Otto nie sommer sal verklap nie. Dié 14-jarige potspelfenomeen is op ’n skrale 14 jaar die nommer een o.18-potspelspeler in die land en het by die onlangse Suid-Afrikaanse Nasionale Junior Potspelkampioenskap op Worcester opnuut gewys dat dinamiet in klein pakkies kom. Die Gazette het vroeër vanjaar berig oor Gerovan wat Gerovan Otto deel was van die Suid-Afrikaanse span wat aan die junior wêreldkampioenskappe in Engeland gaan deelneem het. En nou het hy dié prestasie herhaal. Gerovan is nie net opnuut vir die junior span gekies wat weer aanstaande jaar in Engeland gaan kragte meet teen die wêreld se beste potspelspelers nie, maar is boonop ook as die kampioen aangewys by die SA kampioenskapstoernooi op Worcester waar altesaam 117 spelers

meegeding het. Hy het boonop ook die Beste Speler- en Team Events Top-trofee losgepot. Gerovan sê sy deelname aan die wêreldkampioenskap in Junie vanjaar beslis daartoe bygedra dat hy baie ondervinding opgedoen het. “Die kompetisie was geweldig straf daar.” Sy lang lys prestasies op die potspeltafel het Gerovan die Langeberg Sekondêre Skool, waar hy ’n leerder is, se Sportman van die Jaar-titel besorg. Hiervoor het hy ’n goue medalje en vier diplomas gewen. “Die vertoonkas begin nou ernstig vol raak,” spot Gerovan se trotse pa, ook Gerovan. Met die meeste van die groot wedstryde nou agter die blad sou jy dink Gerovan sal bietjie van ’n blaaskans neem, maar nie dié mannetjie nie. Die plaaslike Sondagliga is nog aan die gang, so hy het nog ’n titel om te verdedig, dít nogal teen ’n klomp hardebaarde. “Hy is nog steeds die nommer een. Mens kan hom nie inhaal nie!” sê sy pa.

LANGASEM: Robertson se William Kaptein (middel met blou) sal die onlangse Gun Run nog lank onthou. Nie net het dié atleet van die Robertson-atletiekklub eerste oor die wenstreep genael en só stof in die oë van die sowat 20 000 ander deelnemers geskop nie, maar hy het ook met 01:03:19 sy beste persoonlike tyd opgestel. Saam met hom is van sy mededeelnemers.

RANGERS KLIM LIGALEER: Rangers Robertson is in die wolke ná die klub gepromoveer is na die Superliga ná hy Velddrif onlangs in ’n halfeindronde-wedstryd in die Presidentsliga met 27-25 geklop het. Die span moes egter die afgelope naweek die knie buig toe hy met 26-28 vasgeval het teen Tulbagh.

ROLBAL: Die tweede Envar Buys Gedenktoernooi wat onlangs op Oudtshoorn aangebied is, het nie minder nie as 70 jong deelnemers uit vier Kaapse rolbaldistrikte, waaronder ook Robertson, gelok. Hierdie distrikte (Westelike Provinsie, Eden (voorheen Suid-Kaap), Grens en Boland) het die room van hul jong spelers gekeur. Boland het met 28 spelers gepronk, waarvan die oorgrote meerderheid vir die eerste keer die kans gehad het om teen gedugte spelers uit ander distrikte mee te ding.

Dié jong spelers is na afloop van die toernooi gekies vir die Bolandspan. Agter is Marshall Smith en Franklin Nel. Voor is Elzandro van der Bank en Percivill Jansen. Al vier seuns is leerders aan die Langeberg Sekondêre Skool.

JUKSKEI: Die Robertson-jukskeiklub het die nuwe seisoen op ’n goeie noot begin deur silwermedaljes by die Wynland se openingstoernooi die afgelope Saterdag (11 Oktober) te wen. Op die foto is (agter, van links) Willem Kruger en Elize van Zyl. Voor is René van As en Hester Maritz.

X1PBLC4W-BZ211014

X1PBQWXH-BZ211014


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.